Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 188 ontvang op 2 Julie 2014

“Skryf nou Lukaas en skryf en spreek My woorde sagkens tot die harte van hulle wat na My luister, hulle wie Ek so liefhet.”

“Vir hulle wat nie na My luister nie, julle dink dat hierdie winter nie daardie winter is wat voorspel is nie, as gevolg van die baie warm dae waarmee Ek julle geseën het?”

“Julle moet nie dink dat die vrygewigheid van My liefde vir julle, omdat Ek die groeitydperk verleng het, soos wat ook voorspel is, nie ook deel is van die koue van hierdie winter nie.”

“Die tyd is naby vir die koue van hierdie winter, onbekend in die harte en gedagtes van hierdie geslag, ‘n koue wat sal kom van die natuur soos wat Ek julle gewaarsku en gesê het dat dit sal kom.”

“Een koue van een winter van die harte van hulle wat nie na My luister nie, word nou die bitter koue van daardie winter van die natuur en die benoudheid wat dit oor hierdie nasie van MY Suid-Afrika sal bring.”

“Onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou dat selfs al bring hierdie winter die bitter koue, sal Ek aanhou om julle te seën en julle te behoed soos wat Ek julle reeds vertel het.”

“Dit is nie My wil dat julle moet ly nie, tog is daar diegene van My volk wat nie voorberei het vir die bitter koue wat sal kom en hierdie lande tref nie.”

“Dit is daardie winter; dit is daardie winter en hierdie winter, hierdie bitter koue winter wat naby aan julle is, onbekend aan hierdie geslag, wat daarmee saam ‘n benoudheid oor hierdie lande sal bring soos wat daar nog nooit was nie, ‘n benoudheid wat My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal verenig.”

“Die benoudheid van hierdie winter sal uiteindelik die hindernisse verwyder wat Ek so lank gelede op julle harte geplaas het om julle geskei te hou tot in hierdie tye.”

“Ja, hierdie hindernisse sal uiteindelik verwyder word, so groot sal hierdie benoudheid wees wat uiteindelik sal veroorsaak dat julle in julle behoeftes sal verenig om die komende benoudheid te oorleef “

“Soos wat die hart van Farao teen My verhard het gedurende die tye van Moses, so het julle harte teen My verhard, as gevolg van al julle ellende, deurgegee van geslag tot geslag, beginnend met die bitterheid van julle vernederende nederlaag in ‘n oorlog, byna grafstil in die geskiedenis van die nasies van die aarde, maar ‘n oorlog wat steeds voortgaan om daagliks na My uit te roep om geregtigheid, ‘n oorlog en `n tragiese weemoedige nederlaag wat geen rus of verligting ken in die gemartelde harte van hulle wat onthou hoe bitter dit was nie. “

“Julle moet nie nou of ooit dink nie, o My Huis van Israel en o My Dogter van Sion, julle moet nie nou of ooit dink dat hierdie bitter winter wat nou naby julle is, ‘n vervloeking, oordeel of straf van My is nie. “

“Die winter het oor julle gekom om julle voor te berei vir daardie seëninge wat die Profete voorspel het vir die tye van die herstel.”

“Soos wat die hart van Farao teen My verhard het gedurende die tye van Moses, so het julle harte teen My verhard gedurende hierdie tye en so het hierdie winter met sy benoudheid oor julle gekom om julle te verenig in My naam, EK IS wat Ek IS JaHshua, EK IS wat EK IS Ne’eman V’Yashar, getroue en ware een, Ek het julle so lief.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 187 ontvang op 13 Junie 2014

“Jy moet nou haastig skryf aan My Boere, skryf nou met alle haas, want dit is daardie winter waaroor hulle gewaarsku is en My Boere moet weet en My Boere moet voorberei.”

“Jy moet nou skryf aan My Huis van Israel en jy moet nou skryf aan My Dogter van Sion, skryf met alle haas, want daar is baie van die volk wat verkeerd verstaan en baie mense wat nie glo dat hierdie winter daardie winter is waaroor hulle gewaarsku is dat dit oor hierdie lande van MY Suid-Afrika sou kom nie.”

“Waarsku hulle en sê vir hulle, almal van hierdie Huis en almal van My Dogter, waarsku hulle en waarsku al My kinders wie Ek so liefhet.”

“Waarsku hulle om voor te berei vir hierdie winter, want dit is daardie winter waaroor hulle gewaarsku is en waarsku hulle om hul huise en hul plase voor te berei.”

“‘n Sterfte, ‘n sterfte van My wesens wat hulle in hul wingerde versorg, sal oor hierdie lande van My Suid-Afrika kom.”

“Baie van hierdie wesens wat hulle versorg, sal sterf.”

“Hierdie sterftes is die begin van die benoudheid waaroor julle gewaarsku is oor die koudheid van die harte van julle valse broers en susters van daardie valse Huis van Israel wat julle so verraai het, en wat ook nou selfvoldaan spot met die woorde wat alreeds aan julle gegee is.”

“Hierdie sterftes is die begin van die benoudheid waaroor julle gewaarsku is en wat die koudheid van die harte reflekteer van julle valse broers en susters wat die mag gehad het om die hand van hierdie winter af te wend, as hulle maar net hulle harte na My sou gewend het.”

“Hierdie sterftes is die begin van die benoudheid waaroor julle gewaarsku is, wat ook oor hierdie valse Huis sal kom wat dink dat hulle beskerm is teen die vloek van hierdie winter, wat hulle na hierdie lande gebring het, as gevolg van hulle leuenagtige skynheiligheid en vroom eiegereg­tigheid, op die wyses waarop hulle My en My volk dien.”

“Hulle van daardie valse Huis dink dat hulle veilig is binne die mure van die groot rykdom wat aan hulle hul gerief voorsien, rykdom gesteel uit die swoeg, sweet en bloed My volk.”

“Tog sal hierdie benoudheid van hierdie winter kom oor hierdie valse Huis wanneer hierdie winter hul ware aard sal verraai aan MY Huis van Israel en My Dogter van Sion en al MY kinders in My Suid-Afrika.”

“Sodat hulle kan weet dat EK IS en sodat hulle kan weet dat hierdie woorde myne is, vertel hulle, vertel hulle, vertel MY Boere, vertel hulle, vertel MY Huis van Israel en vertel hulle, vertel MY kinders, dat baie voëls van die lug, dit wat hulle nie aanhou nie, ‘n skielike dood sal sterf as gevolg van hierdie koue waarvoor hulle nie voorberei het nie, voordat die erge koue van hierdie winter oor hulle gaan kom.”

“Baie voëls, wee hulle, `n skielike dood van die voëls van die lug wat sal sterf vanaf die begin van hierdie ernstige koue wat oor hierdie lande sal kom.”

“Berei voor, o My Huis van Israel, berei voor, My Dogter van Sion, vir hierdie koue, ‘n ernstige koue, vergete in menseheugenis en vergete deur hulle wat nou lewe, so erg sal hierdie koue van hierdie winter wees.”

“Meer woorde het Ek vir julle voorberei en meer woorde sal Ek aan julle gee oor hierdie koue gedurende die tye van hierdie winter en gedurende die tye van daardie plekke wat Ek voorberei het vir My planne en vir My doeleindes, sommige woorde opgestel deur hierdie dienaar en sommige woorde deur My woorde wat direk tot die harte gespreek sal word van hulle wat hierdie antwoorde van My af sal soek.”

“Dit moet so wees vir My planne en vir My doeleindes.”

“Julle moet My nou soek, julle Vader wat julle so liefhet, julle moet My nou soek in die saak van My woorde, want Ek het woorde vir elkeen van julle wat My soek, in voorbereiding vir hierdie winter, hierdie winter van dood wat oor hierdie lande gaan kom.”

“As julle My in hierdie aangeleenthede soek, sal Ek julle antwoord deur My Heilige Gees waarmee Ek direk tot julle harte sal spreek; doen soos wat My Heilige Gees tot julle harte spreek om te doen en altyd in ooreenstemming met My lewende, geskrewe en gesproke woord, soos wat Ek julle gewys het om te doen en wat julle geleer om te doen toe Ek met julle was as JaHshua.”

“Dit is daardie winter, die winter waaroor julle gewaarsku is en ook wanneer Ek koud gaan wees, en julle sal My sal verwarm deur hulle wie Ek na julle sal stuur om te versorg.”

“Dit is daardie tyd toe Ek met julle as JaHshua gespreek het deur die gelykenis van die kleed.”

“Gee ook vir My julle kleed gedurende hierdie winter, wanneer Ek `n kleed soek deur hulle wie Ek na julle sal stuur.”

EK IS wat EK IS, EK IS julle liefdevolle Vader wat so vir julle omgee en Ek sal nou en altyd met julle wees en deur hierdie winter, daardie winter waaroor julle gewaarsku is.”

“EK IS wat EK IS, EK IS die lewende, geskrewe en gesproke woord.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 186 ontvang op 9 Junie 2014

Vals Huis af Israel, die Elohim van julle vaders, die Elohim van Israel, Isak en Abraham, Hy wat is, was en vir ewig sal wees en wat vir ewig leef; sowaar as wat Ek leef, sal My woord uitkom, soos reeds deur die profete van julle voorvaders sowel as die profete, My profete wat nou lewe, gespreek is.”

“Vals Huis van Israel, weet julle nie of verstaan julle nie dat alles wat EK IS, IS EK en dat Ek binne-in julle leef, soos wat julle in My lewe nie.”

“Vals Huis van Israel, weet julle nie of besef of verstaan julle nie dat dit wat in My woon, soos wat alle dinge doen, nooit op hul eie kan gaan of geskei kan word van My en My liefde nie, omdat My liefde lewe en dit wat nie liefhet nie, is dood.”

“Julle kan nie binne-in My lewe nie, want julle is die dood en My wese, alles wat EK IS, soos wat Ek gesê het, is lewe en woon in My as liefde.”

“Dit wat dood is, grief My lewende gees van hierdie liefde.”

“Dit wat dood is, sal hul eie einde vind, omdat dit nie ooit in My kan of sal lewe verby die tyd wat Ek daaraan gegee het om te leef vir My planne en My doeleindes nie.”

“Tog is daar ‘n klein vonkie van My en My liefde wat in julle woon, tog is daar ‘n klein vonkie van My en My liefde wat in julle lewe.”

“Bedink daardie mosterdboom waaroor Ek reeds gespreek het, dit weet nie wat sy doel is wanneer hy eers as ‘n saad geleef het nie.”

“Dit weet nie wat dit gaan word of wat dit sal wees nie en of dit wel ‘n begin of ‘n einde het en soos wat Ek alreeds vir julle gesê het, deur die Goddelike woorde wat Ek deur hierdie dienaar gespreek het om aan julle te skrywe, was hierdie saad geen voorafdenke binne My nie, want sy tyd was bepaal in die nimmereindigende skeppende krag van My wese wat in volmaakte harmonie en volmaakte kreatiwiteit van alle dinge ontvou volgens My wil, want EK IS.”

“Die mosterdboom groei en die mosterdboom lewe en die mosterdboom doen alles wat My kreatiwiteit daarvoor bepaal het, tot op daardie tye wanneer sy doel voltooi is.”

“Hierdie boom sterf en word dan net nog ‘n deel van My nimmereindigende skeppingskrag van alles wat is volgens My wil, My wil wat selfs My wil aanhoudend dien, selfs verby die ewigheid van die ewighede tot in die oneindigheid van oneindighede.”

“Hierdie krag, My kreatiewe krag in die liefde, ‘n krag wat die mensdom maar net kan begin om in hierdie lewe te verstaan, is soos ‘n wiel wat in beweging gestel word, ‘n nimmereindigende wiel wat sonder einde aanhoudend in die rondte draai.”

“Die hele skepping wat is en sal wees, is soos hierdie wiel wat vir ewig spin, en dit het met My woorde begin, ‘Laat daar lig wees en daar was lig’ en soos wat hierdie lig eerste na julle wêreld toe gekom het as die lig van die son en die maan, so het dit toe in My vorm gekom, as JaHshua.”

“Hierdie lig sal voortgaan om selfs nog meer lig te word en sal selfs nog groter lig word, soos wat My skepping sal voortgaan om vir ewig in die oneindigheid te ontvou.”

“Vir ewig en tot in die oneindigheid sal hierdie lig haarself herdefinieer in nuwe lig en wat nog onbekend is vir die mens, lig in ander vorme as toe daar lig vir die eerste keer voortgekom het vanuit daardie heel eerste woorde wat Ek gespreek het, ‘Laat daar lig wees’.”

“Soos wat Ek reeds vir julle gesê het, dat daar geen voorafdenke in die gedagte van My kreatiewe krag is nie, selfs die woorde wat Ek gespreek en sal spreek, vereis geen voorafdenke nie, so groot en kragtig is My kreatiewe wil om My te dien.”

“Alle dinge dien My en My wil vir My planne en vir My doeleindes, selfs My woorde dien My.”

“My woorde is lewe en My woorde leef en My woorde gaan vanuit My en sal vir ewig uit My voortspruit volgens My wil en sonder voorafdenke, want selfs My woorde verstaan My wil en doen My wil.”

“Vals Huis van Israel wat My en My volk so verraai, hierdie is nog ‘n finale waarskuwing aan julle, ‘n waarskuwing in liefde aan julle, want Ek het julle nog so lief.”

“Dit is nie My wil dat julle verlore gaan nie, as julle julleself maar net in liefde, vertroue en geloof na My sal wend.”

“As julle julleself maar net na My sal wend in hierdie liefde, vertroue en geloof, dan sal Ek julle tegemoet hardloop, Ek sal julle in My arms hou en Ek, ja Ek, Skepper en Hemelse Vader, Ek sal julle liefhê, meer as wat julle van liefde kan verstaan, Ek sal julle so liefhê.”

“Ek sal julle seën en julle bewaar met al die beloftes wat Ek alreeds aan die mensdom gegee het en nog soveel meer, as julle julleself maar net na My sal wend, op My vertrou en My sal liefhê soos wat Ek julle liefhet.”

“Ja, dit is ‘n waarskuwing aan julle, nog ‘n waarskuwing van finale waarskuwings in liefde, ‘n waarskuwing van finale waarskuwings voordat Ek geheel en al ophou met My waarskuwings aan julle en julle word soos daardie mosterdsaad wat sy doel gedien het en eenmaal dood, verwyder word, uitgegooi word en dit word wat dit word, in die nuwigheid van My kreatiwiteit.”

“Vals Huis van Israel, keer terug na My in liefde, keer terug na My in geloof, keer terug na My in vertroue en Ek sal die oë van julle harte open en julle seën soos wat Ek reeds gesê het.”

“Selfs nou pleit My Heilige Gees met julle verharde harte”

“Selfs nou skreeu My Heilige Gees binne-in julle ‘n stille en sagte gefluister van My liefde, om julle harte, julle verstande, julle siele en julle geeste te open vir My en My liefde”

“Selfs nou staan Ek as JaHshua by die deure van julle harte, soos wat Ek keer op keer gestaan het, pleitend en klop Ek sagkens aan die deure van julle harte om My in te laat in en om My toe te laat om julle lief te hê en te bewaar volgens die beloftes in My woorde, lewend, geskrewe en gesproke.”

“Besef julle nie, vals Huis van Israel, besef julle nie dat julle, ja julle, die mag het om die kwelling van die bitter koue winter oor hierdie land van My Suid-Afrika te verhoed, as julle maar net berou sal hê oor julle boosheid en na My sal terugkeer, dan sal Ek die kwelling van My volk laat ophou rakende die bitter koue winter wat na hierdie lande van My Suid-Afrika sal kom.”

“Vals huis van Israel, julle lewe binne-in My as die dood en soos wat die dood van julle dooie lewe My gees grief, soos wat Ek julle reeds gesê het dat julle nog in My leef omdat Ek toelaat dat julle in My leef, vir My planne en vir My doeleindes, want Ek het julle nog so lief.”

“Tog is daar ‘n klein vonkie van My en My liefde wat in julle woon, tog is daar ‘n klein vonkie van My en My liefde wat in julle lewe.”

“Julle lewe binne My, want daar is diegene wat julle dink nie My ware Huis van Israel in julle is nie en op die vasgestelde tyd sal hulle vanuit julle kom in My Naam, EK IS wat EK IS, hulle sal vanuit julle kom en julle in julle aangesig vervloek, voor My huis van Israel en voor die hele wêreld sal hulle kom, My ware Huis van Israel, wat vanuit julle sal kom op die vasgestelde tye, wanneer Ek hulle vanuit julle midde uitroep.”

“Hulle wat binne-in julle lewe as hierdie ware Huis van Israel is daardie lewe, daardie klein vonk van lewe en My liefde wat julle lewe voortsit in My.”

“Wanneer Ek hulle uiteindelik onder julle sal uitroep, almal binne-in julle wwieat My vals Huis van Israel is, wanneer Ek hulle sal uitroep onder julle uit, dan sal julle waarlik sterwe en soos daardie mosterdboom wat gegroei het tot sulke hoogtes en majesteit, sal julle sterwe en wegkwyn in die nietigheid van julle voormalige wese.”

“Soos die mosterdboom wat sterf en waarvan die blare en takke wegkwyn, so sal julle eie einde wees en julle sal sterf soos die mosterdboom wat eens hooggeag was deur al diegene wat sy heerlikheid en skoonheid aanskou het, so sal julle sterf en verwelk tot die kleinste kiem en die diepste wortel, so sal julle sterf en julle sal vir ewig sterf.”

“Julle en al julle takke, julle en al julle blare, sal verwelk en sterf en as brandstof geneem word, as vuurmaakhout en nie meer onthou word nie.”

“Vals Huis van Israel, onthou hierdie woorde en oorweeg hierdie woorde deeglik, want hierdie woorde is finale woorde aan julle tot aan die tyd wanneer daar geen meer woorde aan julle gegee sal word nie, behalwe daardie woorde van die leuenagtige lippe en die leuenagtige tonge van julle vals profete, wie Ek aan julle openbaar het, maar wie julle voortgaan om in elk geval blindelings te volg.”

“As julle hierdie valse profete in julle gekose blindheid wil volg, buite My wil en My liefde en My woorde, dan sal julle hulle woorde volg wanneer hulle julle lei na die ewige dood.”

“Julle sal hierdie oes van ewige dood maai, wat julle met julle eie hand so roekeloos bewerk, geplant en geoes het en julle sal deur julle eie hand sterwe.”

“Daar is niks meer vir vandag, hierdie oomblik, hierdie uur nie, vals Huis van Israel: EK IS wat EK IS”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 185 ontvang op 8 Junie 2014

“In twee weke het die winter oor die lande van MY Afrika neergedaal.”

“Soos wat hierdie winter oor My Suid-Afrika neergedaal het, so sal hierdie winter van die harte van daardie Huis van Israel wees, so sal hierdie winter van die harte van daardie Huis van Israel wees, as gevolg van die koudheid van hulle harte teenoor My en My uitverkorenes.”

“In twee weke, valse Huis van Israel, in twee weke het die koudheid van julle harte nou gekom.”

“Julle sal koud wees, Huis van Israel, ‘n koudheid, ‘n bitter koudheid wat die koue en ware koudheid rakende die ware aard van julle opstandige harte sal weerspieël, sodat julle so sal wees en sodat julle so sal optree om selfs nog kouer in julle donker harte te word, as wat julle reeds was en julle sal voortgaan so te wees, sodat julle geopenbaar sal word aan My uitverkorenes vir My planne en vir My doeleindes.”

“Dit is nog ‘n waarskuwing van My af, wederstrewige Huis van Israel wat nie na My luister nie, dit is nog ‘n waarskuwing van My af.”

“Dit is nog ‘n waarskuwing, ‘n waarskuwing van My af, julle Vader, en dit is ‘n waarskuwing, ‘n waarskuwing van finale waarskuwings voordat Ek geheel en al ophou met My waarskuwings aan julle.”

“Huis van Israel, wederstrewige Huis van Israel, julle moet nou luister en julle moet nou verstaan dat hierdie waarskuwing van My, julle Vader, hierdie waarskuwing is My streng waarskuwing aan julle, koue Huis van Israel wat nie na My luister nie en die woorde bespot wat Ek so liefdevol vir julle voorberei het vanuit die profete en boodskappers van julle voorvaders.”

“Huis van Israel, wederstrewige Huis van Israel, julle moet nou luister en verstaan dat hierdie waarskuwing van My, julle Vader, hierdie waarskuwing is My streng waarskuwing aan julle, koue Huis van Israel wat nie na My luister nie en wat die woorde bespot wat Ek bevestig vanuit die profete en die boodskappers van julle voorvaders, tot by die profete en die boodskappers van hierdie tye, en nie net bespot julle hulle onder julle eie volk in hierdie land nie, maar ook hulle wat Ek met My eie hand van ander oewers geneem het en regstreeks aan julle gegee het, sodat julle sou glo en sodat julle na My sou luister, maar julle luister nie na My nie en tog het julle, o koue Huis van Israel, selfs diegene geminag van ander oewers.”

“Ten spyte van die opstandigheid van julle verharde harte, het Ek met die grootste sorg en die grootste liefde en die grootste verdraagsaamheid nog steeds voortgegaan om julle harte, julle verstande, julle geeste en julle siele voor te berei om hierdie woorde te ontvang deur My Heilige Gees, werkend in, tot en buite julle harte, julle verstande, julle geeste en julle siele om die woorde van My profete en My boodskappers te ontvang.”

“Ja, vals Huis van Israel, ten spyte van die opstandigheid van julle verharde harte, het Ek met die grootste sorg en die grootste liefde en die grootste verdraagsaamheid voortgegaan om julle voor te berei om hierdie woorde te ontvang, MY WOORDE, wat Ek direk spreek tot die harte van My profete en My boodskappers vir julle, want Ek het julle nog altyd so lief, selfs al het julle My verwerp en My bespot en die werke van My hande deur My Heilige Gees gehoon.”

“Selfs in die opstandigheid van julle verharde harte het Ek met die grootste verdraagsaamheid voortgegaan om julle voor te berei, maar julle het julle harte, siele, verstande en geeste nog meer teen My Heilige Gees en teen My boodskappers en teen My profete verhard, wie Ek so liefdevol en versigtig voorberei het vir julle!”

“Weet julle nie of het julle nog nooit gedink dat hulle wie Ek gekies het om na julle toe te stuur, gekies is voordat die wêreld was en dat hulle vir julle berei is vandat hulle hul eerste asemteug van lewe in hierdie wêreld geneem het?”

“Hul totale lewens in hierdie wêreld, totdat Ek hulle geroep het tot My diens vir My Huis van Israel, het Ek, julle liefdevolle Vader hulle voorberei vir julle, Huis van Israel in hierdie lande van My Suid-Afrika.

“Het julle nog nooit eers hierdie dinge in diepte deurdink nie?”

“Deur hul hele lewens in hierdie wêreld, het Ek hulle getoets en hulle versoek en aan sommige selfs meer beproewings toegelaat as wat hulle gedink het hulle kon dra en selfs meer as wat baie van julle ooit kon dra, so het Ek hulle versigtig voorberei vir julle in hierdie lande van My Suid-Afrika, vir My Huis van Israel, as My geskenk van liefde vir julle in hierdie tye en die tye wat nog moet kom, maar julle bespot My in My aangesig deur hulle wat Ek so liefdevol en so versigtig voorberei het vir julle.”

“Julle het hulle verwerp, ook My gawes van My liefde vir julle, soos wat julle voorvaders My verwerp het as JaHshua, toe Ek My hemelse troon verlaat het en My goddelike krag eenkant geplaas het om in liefde onder julle te woon.”

“Vroom en eiegeregtig het julle julle harte vir My woorde gesluit, die woorde van ‘n liefdevolle Vader wat julle steeds so liefhet en slegs begeer om julle te seën.”

“Vroom en eiegeregtig het julle julle harte, julle gedagtes, julle geeste en julle siele gesluit vir hulle wie Ek so noukeurig vir julle voorberei en wie na julle gestuur is en julle, valse Huis van Israel, JULLE laat My berou kry oor die tyd en pogings wat My Heilige Gees gedurende hierdie vele jare aangewend het in julle en julle harte, om hulle te ontvang, soos wat voorspel is deur die profete en die boodskappers van julle voorvaders.”

“Julle, valse Huis van Israel, ja, julle sal hierdie eerste profete en boodskappers van aangesig tot aangesig ontmoet op daardie dag wanneer elkeen voor My sal staan en julle sal ‘n groot treurmare aanhef wanneer selfs My siener, Pieter Johannes, voor julle sal treur en julle sal vra waarom julle nie na hierdie woorde geluister het nie en waarom julle dit nie verstaan het wat aan hom gegee was vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom nie, ja hy, hy, Pieter Johannes sal treur, ‘n groot en vreeslike treurmare oor die verlies van so baie siele, as gevolg van julle, valse Huis van Israel.”

“Die koudheid van hierdie winter sal die koudheid van julle harte weerspieël, valse Huis van Israel, want dit sal ‘n bitter koue winter wees vir julle.”

“Hierdie winter sal die koudheid van julle harte weerspieël, ‘n koudheid wat nog nie deur die oë van die mens gesien is nie, so koud sal dit wees.”

“My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle sal ook die benoudheid van die bitter koue van die winter moet ervaar, sodat julle kan kennis neem en verstaan dat daardie huis van Israel nie aan My behoort nie.”

“Die valsheid van hierdie Huis moet aan julle geopenbaar word in voorbereiding vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Ek het die bitter koue van hierdie winter gestuur en voorberei om die vlak en die diepte van die koudheid van die harte van daardie huis van Israel wat My en My uitverkorenes verraai het, meer as wat bekend is, verstaan is, begryp is of selfs oorweeg kan word deur My Huis van Israel en My Dogter van Sion, so groot, geslepe en bedrieglik was hierdie verraad gewees.”

“Die koue van hierdie winter, die bittere koudheid van hierdie winter, hierdie koudheid sal ‘n koudheid wees wat nog nooit gesien is sedert baie van hulle wat nou lewe, hul kan herinner nie, so koud sal die winter van hierdie seisoen wees in My Suid-Afrika.”

“Hierdie koudheid sal plaasvind, omdat Ek gespreek het en wanneer Ek gespreek het en soos wat Ek alreeds vir julle gesê het dat die woorde wat uit My mond uitgaan, lewende woorde is wat die vorm aanneem van dit wat Ek reeds binne My gees geskape het vir My planne en vir My doeleindes.”

“Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en hierdie woorde wat tot die hart van hierdie dienaar gespreek is, in diepte deurdink.” “Neem kennis dat hierdie woorde Goddelike woorde is. Soos wat Ek, Wie alle dinge geskep het, soos wat Ek die enigste Godesh is, die Heilige Een, soos wat Ek spreek, so sal alles word wat Ek spreek.” “Julle moet weet, julle moet verstaan en hierdie woorde tot die hart van hierdie dienaar diep deurdink.” “Neem kennis dat hierdie woorde Goddelike woorde is.”

“`Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en julle moet hierdie Goddelike woorde diep deurdink, julle moet weet dat daar geen vooruitbeskouing is in die Goddelike skepping van My gedagte nie, want alles wat was en alles wat is en alles wat sal wees, en alles wat kan wees, is alreeds in die saad van My gedagtes en soos die saad van ‘n mosterdboom wat in My vrugbare grond geplant is, sal hierdie saad groei tot ‘n magtige boom, wat reeds vooraf aangewys is vir haar doeleindes vir My planne tot aan die einde van haar tyd, soos wat beskik is.”

“Hierdie waarskuwing aan daardie huis van Israel is ‘n waarskuwing van laaste waarskuwings, ‘n ernstige waarskuwing van laaste en finale waarskuwings van ‘n Vader, ‘n streng Vader aan Sy kinders van daardie huis van Israel en ook ‘n waarskuwing aan julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, dat julle moet ophou met en julleself afskei van daardie vals huis van Israel wat julle so verraai.”

“Hierdie koudheid moet so wees en hierdie koudheid sal so wees, sodat julle meer sal verstaan as dit wat op daardie vals huis se aangesigte weerspieël word as vriendskap, verdraagsaamheid of aanvaarding van julle, sodat julle sal sien dis onwaar, dis slinkse bedrog deur die valsheid van hul aangesigte, van hul glimlagte en van daardie huis se valse vriendskappe, soos wat hulle julle verraai, julle bespot en julle hoonlag vanuit die geheime plekke van hul harte en die geheime plekke wat aan hulle bekend is en wat hulle gedink het verborge is.”

“Julle sal onder hierdie koudheid moet ly, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle sal moet ly, maar nie as ‘n bedreiging, tugtiging of straf nie, maar sodat julle kan verstaan, daarom moet hierdie koudheid so wees en daarom sal julle ly onder hierdie koudheid.”

“Berei julleself voor, My Huis van Israel!”

“Berei julleself voor, My Dogter van Sion!”

“Berei julleself voor vir hierdie koudheid, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion, berei julleself voor vir hierdie koudheid, want hierdie koudheid sal ‘n bittere koue wees soos wat Ek aan julle gesê het, julle sal ly onder hierdie koudheid, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, julle liefdevolle Vader, Ek sal aan julle dink, o My geliefde, My geliefde Dogter, My Dogter van Sion, o My geliefde, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, Ek sal aan julle dink gedurende hierdie seisoen van bitter koue.”

Berei julleself voor vir hierdie koudheid, Huis van Israel, MY Huis van Israel, berei julleself voor vir hierdie koudheid, want hierdie koue sal ‘n bitter koudheid wees soos wat Ek aan julle gesê het, julle sal ly onder hierdie koudheid, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, julle liefdevolle Vader, Ek sal aan julle dink, o My geliefde, My geliefde Huis van Israel, My Huis van Israel, o My geliefde, nogtans sal Ek, die Skepper, Ek, EK IS wat EK IS, HaElohim, Ek sal aan julle dink gedurende hierdie seisoen van bittere koue.”

“Ek sal aan julle dink, DOGTER VAN SION, EK SAL AAN JULLE DINK, MY HUIS VAN ISRAEL!”

“Ek sal julle hou in die hart van My liefdevolle hande van My Heilige Gees en sal voortgaan om julle te seën en om julle te bewaar gedurende die seisoen van hierdie koue. Ek sal julle vashou en Ek sal julle bewaar, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, Meester, Ehyeh Asher Ehyeh, Skepper, EK IS wat EK IS, die enigste HaElohim, Ek sal aan julle dink!”

“Dogter van Sion, ‘n seën van brandstof en hout het Ek, die Vader, Wie so lief is vir julle, ‘n seën, ‘n groot seën van brandstof en hout vir julle vure en brandstof vir julle lewensonderhoud het Ek vir julle voorberei vir hierdie seisoen van bitter koudheid.

“Berei julleself voor om hierdie seën te ontvang, want hierdie seën sal van baie kom.”

“Berei voor om hierdie seëninge in te samel en maak hierdie seëninge vinnig bymekaar, want hierdie seëninge sal kom voor hierdie bittere koudheid, hierdie bittere koudheid wat nog nooit in My Suid-Afrika gesien is nie, wat Ek oor op die lande van My Suid-Afrika gaan stuur.”

“Julle moet onthou, My Huis van Israel en julle moet onthou, My Dogter van Sion, onthou dat in die bittere koue van hierdie winter wat gaan kom, Ek sal voortgaan om julle te seën, EK SAL VOORTGAAN OM JULLE LIEF TE HÊ, Ek sal voortgaan om julle te bewaar, en Ek sal regdeur die tydperk van hierdie bittere koudheid aan julle dink!

“Onthou hierdie woorde van troos van My, HaRo’eh HaTov, DIE GOEIE HERDER, onthou hierdie woorde!”

“Johannesburg, jou bose en verraderlike dogter wie Ek ryklik geseën het.”

“Johannesburg, die setel van die grootste verraad teenoor My en My volk, sal meer in hierdie koue ly as haar susters, vir haar boosheid teen My en My Huis van Israel.”

“Ek sal My rug draai op hierdie dogter oor haar boosheid, verraad en weiering om na My te luister.”

“Johannesburg, bose en verraderlike dogter, luister nou na My, luister na My stem, die stem van ‘n streng en toornige Vader Wie julle so liefgehad het, julle so geseën het, selfs meer as jou susters het Ek jou geseën en jou selfs geseën vanaf die einste hart van My lewende wêreld van die lewende siel van hierdie aarde, MY AARDE, het Ek jou geseën en met julle harte gepleit gedurende hierdie vele, vele jare.”

“Luister nou na My nou, Johannesburg, luister nou na My, luister na My stem, die stem van ‘n streng en toornige Vader Wie julle so liefgehad het en julle so geseën het, julle sal My nou hoor, julle Vader en julle SKEPPER.”

“Jy sal ly, ‘n ontstellende lyding van hierdie bitter koue, ‘n lyding en kommer van sneeu sal hierdie dogter, My dogter Johannesburg ly.

“Jy sal ly Johannesburg, jy sal ly en kwelling hê van sneeu soos wat nog nooit gesien is of waarvan selfs onthou kan word in die harte van die mens van hierdie dogter nie, so ‘n groot en vreesaanjaend sal hierdie sneeu wees wat Ek oor hierdie slegte dogter sal stuur, oor haar boosheid teen MY HUIS en as ‘n teken aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion dat My hand, die hand van Ehyeh Asher Ehyeh, Skepper, is op hierdie lande, soos voorspel deur My profete en boodskappers.”

“My hand sal voortgaan om op hierdie lande van My Suid-Afrika te wees, volgens die woorde van My profete en boodskappers van die voortye en die woorde van My profete en boodskappers in hierdie tye en die tye wat nog moet kom, sal My hand voortgaan om op hierdie lande te wees, soos wat reeds voorspel is.”

“My hand sal voortgaan om op hierdie lande van My Suid-Afrika te wees volgens die woorde, die woorde wat Ek aan My boodskappers en My profete van hierdie tye en die tye wat nog moet kom, sal gee om vir My te skryf of te spreek vir My planne en vir My doeleindes.”

“EK IS wat EK IS, Ehyeh Asher Ehyeh, Suid-Afrika, MY Suid-Afrika!”

“EK IS wat EK IS, HaRo’eh HaTov, die goeie herder vir die Huis van Israel, My Huis van Israel!”

“EK IS wat EK IS, Lechem Shamayim, die brood van die hemel, Dogter van Sion!”

“EK IS wat EK IS, Hu Haba ‘, die een wat kom!”

“EK IS wat EK IS, Ek is Ha-Aryei Mishevet Yehudah, Ek is die Leeu van Juda!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 184 ontvang op 24 Mei 2014

“Jy kan vir hulle sê, Lukaas, dat waarheid, dat goddelike waarheid in hierdie oomblik aan jou hart geopenbaar word.”

“Alles wat bestaan, almal wat mag bestaan en alles wat vir ewig sal bestaan regdeur die ewigheid, vanaf die geringste van My skepping tot die by grootste van My skepping, is niks meer as My gedagtes wat binne My bewussyn lewe nie, ‘n ewige bewussyn wat begin en wat die hele skepping oortref en ‘n bewussyn wat alles bevat wat EK IS, HeChai, die Lewende Een.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 183 ontvang op 24 Mei 2014

“Skryf My woorde, die tyd is min.”

“Huis van Israel, My Huis van Israel, Dogter van Sion, My Dogter van Sion, waarom is so baie van julle nog skugter vir My liefde wat Ek in oorvloed vir julle aanbied, meer as wat die mensdom selfs kan begin om te begryp in hierdie lewe?”

“Ek is egter net in staat om glimpe van hierdie liefde met julle te deel, wil graag met julle deel en sal nog meer met julle wil deel, soos wat julle in staat is om te dra en te soek.”

“My liefde is ook My woorde aan julle.”

“Het ons nie gepraat oor My geestelike en Goddelike waarhede en dat Ek hierdie deure tot, binne en buite julle harte geopen het, sodat julle hierdie waarhede kan vind nie?”

“Glo, vertrou en weet dat hierdie deure binne, buite en in julle harte deur My geopen is, julle liefdevolle Vader.”

“Huis van Israel, My Huis van Israel, Dogter van Sion, My Dogter van Sion, My Seun en My Dogter, is My tuin nie ook aan julle getoon deur die woorde wat Ek deur ander gegee het en wat Ek nou herhaal en bevestig in hierdie woorde wat Ek op hierdie oomblik aan julle gee nie?”

“Ek het hierdie dag van dae gekies, MY HEILIGE EN AFGESONDERDE SABBAT om hierdie woorde tot die hart van hierdie dienskneg te spreek om My woorde aan julle te skrywe.”

“Hierdie woorde word vandag in dieselfde gees aan julle gegee, as toe Ek, EK IS wat EK IS JaHshua daarop gerus het van My skeppingswerk, verheug en na alles gekyk het wat geskep is!”

“Hierdie woorde word aan julle gegee in daardie selfde gees van My geestelike en goddelike liefde van die skepping, sodat julle kan leer om in My liefde te vertrou en om uit te reik na My liefde en om die dieper geestelike en Goddelike waarhede te verstaan op hierdie dag wat aan julle gegee is, deur hierdie dienskneg.”

“Huis van Israel, My Huis van Israel, Dogter van Sion, My Dogter van Sion, My Seun en My Dogter, kom nou saam met My en Ek, Ek IS wat EK IS, Devar HaChayim, die Woord van die Lewe, Ek sal julle met My eie hand lei deur hierdie deure na My Geestelike en Goddelike ryke toe.”

“Kom hierdie oomblik in geloof en vertroue saam met My en Ek sal julle deur daardie deure lei, innerlik, buite en op julle harte na My tuin, My geestelike Getsemané, waarin julle My, My vrede en My liefde altyd sal vind, deur hierdie deure wat in julle harte geopen is.”

“Volg My op hierdie pad van My liefde wat groter is as enige mag, volg My, EK IS wat EK IS, JaHshua, want dit is in hierdie tuin waar Ek met julle sal wandel en met julle sal spreek en die wonders van My geestelike en Goddelike waarhede sal deel, wat julle nie ken nie en wat julle nie weet julle soek nie.”

“Kom saam met My, My Seun en My Dogter, wandel saam met My, terwyl ons praat oor hierdie aangeleenthede, sit saam met My langs die koel waters van die lewe wat van onder My boom van die lewe uitvloei en drink saam met My hierdie geestelike en Goddelike water van die lewe, wysheid en kennis wat Ek so graag vir julle wil gee en altyd met julle sal deel!”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle al die woorde vergeet wat Ek tot die hart van My kneg Dawid gespreek het, dat Ek julle sal lei deur groen weivelde en stille waters om julle siele te herstel?”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle al hierdie woorde vergeet?”

“My dienskneg Dawid het van My tuin geweet en van My tuin geskryf!”

“Is dit nie in die boek van die Psalms geskryf nie?”

“Hoe is dit, kleine kinders, dat daardie woorde wat van My tuin getuig, julle so ontwyk het?”

“Kan julle nou begin sien en kan julle nou begin verstaan, deur die geestelike en deur die Goddelike, dat daardie woorde wat tot die hart van Dawid gespreek was, meer was as die groen weivelde en stil waters van hierdie wêreld?”

“Kan julle nou begin sien en nou begin verstaan, deur die geestelike en die goddelike, dat daardie woorde meer was as ‘n letterlike, sekulêre metafoor of allegorie?”

“Daardie woorde het gespreek van My tuin, My geestelike en Goddelike Getsemané, wat ‘n tuin is wat die oog nie kan ophou om in verrukking na te kyk of aan te staar nie, as gevolg van die voortgesette skoonheid wat voor daardie einste oog ontvou.”

“Hierdie aangeleenthede waaroor ons nou oor moet praat, moet deur julle verstaan word en dit is My wil dat hierdie aangeleenthede deur julle verstaan word in My geestelike en selfs in My Goddelike Getsemané.”

“My Huis van Israel en My Dogter van Sion, het die profete en selfs My boodskappers nie tot op die huidige dag vir julle gesê en aan julle bevestig dat julle volke herstel moet word, en hierdie volke ‘n Heilige Volk vir My sal wees nie?”

“Het die profete en selfs My boodskappers tot op hierdie huidige dag, julle nie hierdie dinge vertel en aan julle bevestig nie?”

“Kom, My Seun en kom, My Dogter, wandel saam met My in hierdie tuin en kyk met die oë van julle harte na wat Ek in daardie tye vir julle berei het rakende die herstel van julle volke as My Heilige Volk.”

“Het Ek nie vir julle gesê dat gedurende daardie tye, My aarde haarself aan julle sal gee, soos wat `n moeder haar pasgebore kind voed nie?”

“Het Ek julle nie gesê van die wingerde waarin julle sal plant, oes en saai nie?”

“Is al hierdie dinge nie reeds bespreek en bevestig deur My geskrifte en deur My profete en deur My boodskappers, selfs tot vandag toe nie?”

“Open die oë van julle harte en sien die wingerde wat Ek so liefdevol vir julle voorberei het vir julle vreugde, julle arbeid, julle rus, julle vrede en julle feesviering saam met My op die Sabbatte wat kom, en van die wonders van My skepping wat Ek vir julle in My liefdevolle hande hou vir daardie tye en wat Ek gehou het, voordat die fondamente van hierdie wêreld gelê is!”

“Het julle dit nog nooit oorweeg of ooit verstaan dat gedurende die tye van die herstel van julle volke, dat Ek die werke van hierdie herstel vir julle gereserveer het, sodat julle jul sal verlustig in die herbouing van julle volke, My Heilige Volk wanneer Ek hierdie wêreld as Jahshua regeer?”

“Kom, My Seun en kom, My Dogter, sit saam met My en drink van die water van die lewe en verstaan hierdie dinge.”

“Julle moet weet en julle moet verstaan dat dit met groot hartseer en geween sal wees dat julle jul volke uit My hand sal ontvang, want hierdie volke sal vir julle teen ‘n groot koste kom gedurende hierdie tye voor My duisendjarige vrederyk.”

In hierdie tye van smart en die tye wat nog moet kom van selfs nog groter smarte en ellende, sal My Huis van Israel en My Dogter van Sion `n klaaglied hef oor haar kinders, so groot sal hul lewensverliese wees.

Hierdie dinge moet so wees, My Seun en My Dogter, hierdie volke moet met daardie prys gekoop word, sodat julle harte met My nederigheid voorberei kan word, wanneer julle gaan begin om julle volke te herbou.”

“Hierdie dinge moet so wees, My Seun en My Dogter; hierdie dinge moet so wees om die oë van julle harte nog dieper vir die geloof te open, sodat julle My deure herken en nie aarsel om hierdie deure te soek wat tot My geestelike en My Goddelike waarhede lei nie.”

“Dit was nog nooit My wil dat julle nou of ooit sou ly nie, tog moet hierdie dinge so wees, as gevolg van daardie tye toe julle jul harte van My afgewend het.”

“Julle moet kennis neem en verstaan dat die oes van daardie sade wat julle met julle eie hand geplant het, nou op julle is!”

“Dit was nooit My wil nie en dit sou nooit gebeur het nie, as julle maar net binne My woord gebly het.”

“Julle moet My woorde onthou wat aan julle gegee is, julle moet dit bedink en julle moet daaroor mediteer, sodat julle met die oë van julle harte kan sien deur die boosheid en kwaad van hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Julle moet onthou, oorweeg, en mediteer oor hierdie woorde wat aan julle gegee word, sodat julle met die oë van julle hart hierdie beloftes kan sien van die duisendjarige vrederyk wat nog moet kom.”

“Julle moet onthou, oorweeg, en mediteer oor hierdie woorde wat aan julle gegee word, sodat julle met die oë van julle harte My koninkryk in julle harte kan sien, sowel as die koninkryk wat moet kom, wat die Seun op die horison is.”

“Julle moet onthou, oorweeg, en mediteer oor hierdie geestelike en Goddelike deure, julle moet onthou, julle moet oorweeg en in diepte verstaan dat elke baksteen wat julle in hierdie heropbou lê, elke plan wat julle bedink, en selfs die messelklei wat julle meng vir hierdie herbou, al hierdie dinge sal bitter soet herinnering bring van daardie tye waar julle so gely om julle volke te ontvang.”

“My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle sal ween soos wat julle jul volke herbou in hierdie herinneringe, maar dit sal ‘n geween van liefde wees en soos wat Ek julle vertel het: EK IS met julle en Ek sal die trane met My eie hand van julle oë afvee.”

“Stel julle gedagtes, julle harte, julle geeste en julle siele in op dit wat in My duisendjarige vrederyk gaan kom.”

“Kleine kinders, wees nie bevrees of ontsteld oor hierdie woorde nie, hierdie woorde is maar net ‘n tydperk aan die einde van ‘n nimmereindigende volume van boeke van die vreugdes wat Ek vir julle voorberei het in die tye wat moet kom van My Duisendjarige Koninkryk. Ek het julle so lief.

EK IS wat EK IS, EK IS HaChayim EK IS die Lewe.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 182 ontvang op 22 Mei 2014

“Blaas die Ramshoring regdeur My wêreld!”

“Blaas die Ramshoring vir My volk en My Huis van Israel oorkant die grense van My Suid-Afrika.”

“Blaas die Ramshoring met die ewige asemteug van My Heilige Gees, met ‘n geween, gerou en bitterheid wat onblusbaar en ontroosbaar sal wees in die tye wat kom, wanneer My volk en My Huis van Israel oorkant die grense van Suid-Afrika, en hulle regoor die hele wêreld sal kyk na die onuitspreeklike sterftes wat nie kan en nie teruggehou sal word vir die oë van die mensdom nie, wanneer al hierdie gruwels waaroor julle gewaarsku is, met die nasie sal gebeur wat My volk so teister oorkant die grense van My Suid-Afrika.”

“Blaas die Ramshoring, ‘n geween, `n gerou, bitterheid, onblusbaar en ontroosbaar in daardie tye wat moet kom onder My volk en My Huis van Israel oorkant die grense van My Suid-Afrika, wanneer hulle uiteindelik sal sien, as gevolg van die ontwaking wat Ek vir hulle voorberei het.”

“Blaas die Ramshoring, ‘n gehuil, ‘n gerou, bitterheid, onblusbaar en ontroosbaar gedurende daardie tye wat kom.

“Aan My volk en aan My Huis van Israel oorkant die grense van My Suid-Afrika, wat woon en hul woning gemaak het in ander nasies, julle moet in diepte kennis neem en verstaan, deur daardie poorte wat Ek in julle harte geopen het, neem kennis en verstaan deeglik dat Ek hierdie waarhede van julle harte weggehou het en dat Ek aan hulle oorkant hierdie grense se gedagtes gesluit het vir hierdie waarhede, vir My planne en vir My doeleindes, want in daardie ure van hierdie onblusbare en ontroosbare geween en rou, sal My Heilige Gees julle harte open om hierdie waarhede te sien, soos nog nooit tevore nie, in daardie tye wanneer Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS aan julle die oë van julle harte sal gee waarmee julle sal sien.”

“In daardie oomblikke en in daardie ure van julle geween, gerou en bitterheid wat onblusbaar en ontroosbaar sal lyk, sal julle ontwaak en gevul word deur My Heilige Gees tot, binne en buite julle harte met groot krag, wysheid en kennis om uit te praat oor die dood van My volk en My Huis van Israel in daardie land wat My so tart in hulle bose sameswerings, om dit te neem en te steel WAT AAN MY BEHOORT en DIT WAT EK GEGEE HET aan hulle aan wie Ek dit gegee het.”

“Julle sal uitroep in julle verontwaardiging, julle sal uitroep met groot woede, My woede in die toorn van die gees van die Saksiese bloed en binne die Saksiese bloed wat Ek alreeds binne julle harte, gees en siele geplaas het, soos nog nooit tevore nie.”

“Julle moet weet en verstaan dat julle My vergifnis sal vind, omdat julle nie gedoen het wat julle geweet het om te doen, in die lig van hierdie verskriklike gruwels in daardie lande van daardie Farao, wat sy hart en die harte van sy volk soos yster verhard het teen My en My wil vir My volk en My Huis van Israel, julle moet weet en verstaan dat julle My vergifnis sal vind.”

“Ek het julle harte, julle verstande, julle siele, en julle geeste in My eie hand gehou om julle te weerhou van hierdie ontwaking voordat daardie tye aanbreek wanneer julle, My volk en My Huis van Israel oorkant die grense van My Suid-Afrika in julle verontwaardiging sal ontwaak.”

“Julle moet hierdie woorde in diepte ken, verstaan en onthou, voordat julle oorkom word deur julle hartseer en julle skuld dat dit My wil was om julle so te hou tot by MY vasgestelde tye. Dit was My wil!”

“Gaan en plaas hierdie woorde, daar is niks meer in hierdie uur nie, gaan plaas hierdie woorde, alvorens My verontwaardiging, My heilige verontwaardiging, My toorn, My Heilige toorn selfs meer word in My oë in hierdie oomblikke in My Getsemané soos wat Ek My en My leërskare voorberei.

EK IS

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 181 ontvang op 21 Mei 2014

“Sal Ek, die Skepper en liefdevolle Vader, nie My kinders met My woorde voed so lank as wat hulle dit mag nodig hê nie?”

“Watter ouer onder julle sal ooit nalaat om woorde aan sy kinders te gee, veral in tye van vrees, ellende en dood?”

“Sou enige ouer onder julle ophou om hul kinders te waarsku van die verskrikking en ellende wat binnekort oor hulle gaan kom?”

“EK IS wat EK IS en Ek is die brood van die lewe, Ek sal julle altyd voed, altyd!”

“Hulle wat julle anders leer, is van hul vader, die duiwel; vlug van hulle af, want hulle dien nie My wil nie, ook glo hulle nie in My EK IS, nie”

“Vertel My Huis van Israel en My Dogter van Sion, vertel hulle dat die woorde waaragtig is en spruit uit die geestelike en uit die goddelike begrip, hierdie woorde;

“en dink nie om vir julleself te sê, ons het Abraham as vader nie, want Ek sê vir julle dat Elohim in staat is om kinders vir Abraham uit hierdie klippe te verwek.”

“Ja, My Huis van Israel, My WARE Huis van Israel was verborge was vir die oë van die mens en vanuit die mensdom, sommige is van die lande van hulle voorouers na ander lande, sommige is deur hul lyne van afkoms versteek en het soos ander geword, omdat Ek die woorde gespreek het om dit so te laat plaasvind, want dit was My wil om geestelik en goddelik die harte, die gedagtes, die geeste, die liggame en die siele te deurdring van die wat My sou soek, en hulle wie Ek sal roep om te wees soos kinders van My Huis van Israel.”

“Skryf My woorde aan hulle en vertel My Huis van Israel dat My Huis van Israel altyd sal bestaan en sal nie nou of ooit misluk nie, omdat My Huis van Israel Myne is.”

“Ek het hierdie Huis geskep om My wil te dien vir My planne en vir My doeleindes in hierdie wêreld vir die tye wat verby is, in hierdie tye, die tye wat nog moet kom, die tye van die duisendjarige koninkryk tot aan die tye van die nuwe hemel en die nuwe aarde en selfs verder tot in die goddelike ryke het Ek hierdie Huis geskape om My wil te dien vir My planne en vir My doeleindes.”

“My Huis van Israel moet bestaan en My Huis van Israel sal bestaan vir My planne en vir My doeleindes in alles wat Ek voorberei het en wat Ek so graag vir julle wil gee en met julle wil deel, My Huis van Israel, tot in alle ewigheid.”

“Stap saam met My, My Israel en praat vandag met My, kom laat ons die saak met mekaar uitmaak, in die geestelike en in die heilige gebied van begrip, wat Ek op julle harte skryf en wat Ek julle lei om te verstaan.”

“Onthou, EK IS julle liefdevolle Vader, Israel, EK IS julle liefdevolle Vader, dink deeglik daaroor toe Ek met daardie eerste Huis gespreek het en soos wat Ek julle in hierdie tye vertel het, dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dat Ek nog ‘n Huis van Israel sal verwek as hierdie Huis My sal faal.”

“Julle moet nie nou of ooit dink dat daardie eerste Huis wat My so verraai het, selfs tot op hierdie dag en selfs nog meer nadat My verbond met hulle beëindig is, glo nie dat dit My Huis van Israel is nie, hulle wat My verraai het vanuit hul eie voorsate en voorvaders.”

“Hulle, baie van hulle, het daardie sinagoge van Satan geword waarteen julle gewaarsku is en hulle wie My en My kinders verraai het, is laer in My oë as die mees veragtelikste wesens.”

“My verbond met daardie Huis het geëindig as gevolg van hul verraad teenoor My lewende, geskrewe en gesproke woord.”

“My verbond met daardie Huis het geëindig, omdat hulle die liefde van hierdie lewe verkies het in stede van die liefde vir My lewende, geskrewe en gesproke woord, wat gevind word deur die geestelike en goddelike geloof wat Ek so verlang het om aan hulle te gee, maar die woeker van hul eie harte was groter.”

“My verbond word slegs herstel of gegee aan die harte, die verstande, die geeste, die liggame en die siele van hulle wat My soek deur My geskrewe, lewende en gesproke woord, hulle wat poog om My wil te doen, en hulle wat My deur die geestelike en deur die goddelike soek!”

“Daar is geen ander Huis as My natuurlike, geestelike en goddelike Huis van Israel nie en dan slegs soos wat Ek sal kies om te definieer of om te skep.”

“Julle moet dit nou en altyd onthou, dat My Huis van Israel bestaan en woon binne die natuurlike, geestelike en die goddelike, soos wat Ek wil!”

“Laat julle harte nie nou of ooit vermoei of afgemat raak oor hierdie aangeleenthede nie, want selfs nou al is die bose een en sy leërskare besig om hulle met groot geleerdheid, wysheid en kennis van hierdie wêreld, voor te berei om julle uit te daag in hierdie geloof as My Huis van Israel.”

“Baie sal val en baie sal faal en baie sal My Huis van Israel verraai, omdat hulle verkies het om hierdie begrippe nie deur die geestelike en deur die goddelike deure, wat Ek van binne en van buite julle harte met My eie hand geopen het, te soek nie, wanneer julle My in hierdie aangeleenthede sal soek.”

“Onthou, want Ek het julle reeds gesê dat Ek My woorde aan julle sal gee om in julle uur van beproewing te spreek!”

“Julle moet ook onthou en dit in diepte deurdink dat My Huis van Israel My wil doen, wie ookal, wanneer ookal en hoe ookal Ek DIT WIL!”

“EK IS ‘N JALOERSE ELOHIM, en EK IS jaloers oor julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

“Geen ding, geen mens, niemand kan ooit sê dat die Huis van Israel aan hulle behoort en aan hulle alleen nie, want DIT IS MY HUIS VAN ISRAEL.”

“Hulle wat sulke dinge sê, wat dit leer en wat dit doen, gaan voort om die vader van hul voorsate en hul voorvaders, die duiwel, te dien, die eerste leuenaar, die eerste dief en die eerste moordenaar.

“Hulle het die valse geestelike en leuenagtige diewe van die siel geword en dink dat hulle MY Huis van Israel van My kan steel, netsoos wat Satan gedink het dat hy My troon vir hom kon toe-eien!”

“Onthou, MY HUIS VAN ISRAEL, ONTHOU, deur geloof is julle geroep, en julle kan nie en julle sal nooit in My Huis van Israel ingeroep word nie, TENSY EK JULLE DEUR JULLE HARTE GEROEP HET OM TE WORD, TE WEES EN TE LEEF AS MY HUIS VAN ISRAEL!”

“Dit is waarom Ek vir julle gesê het: Uit hierdie klippe is Ek in staat om die saad van Abraham op te wek!”

“Kom Israel, wandel saam met My, laat ons die saak met mekaar uitmaak soos Vader en Seun.”

“Was My woorde, al My woorde, lewend, geskrewe en gesproke, was al My woorde nie met julle sedert die eerste asemtog nie, tog faal baie van julle nog steeds om selfs die eenvoudigste begrippe van hierdie geestelike en goddelike geloof te verstaan, dat EK IS en Ek julle sal lei.

“Dit is die eenvoudige geloof, wetende dat EK IS en dat alle dinge, ALLE DINGE moontlik is deur My en dat alle dinge aan MY behoort, ALLE DINGE!”

“Onthou Israel, My seun, onthou, alle dinge dien My wil en alle dinge dien My planne vir My doeleindes, alle dinge word wat Ek wil hê hulle moet word, sommige word natuurlik, sommige word geestelik, sommige word goddelik en sommige word al hierdie en sommige word selfs meer, want anderkant die goddelike is My gedagtes, wat, as dit eers begin het, nooit kan of sal eindig nie, ook nooit niks sal word of ooit vergeet sal word nie.”

“My gedagtes dra lewe, want My gedagte is die begin van die lewe en die begin van die skepping.”

“Israel, seun, julle moet nie nou of ooit vrees deur hierdie tye, die tye wat nog moet kom, en selfs tot by die millennium koninkryk, moet julle nie vrees as My Huis van Israel wat is en sal word wat Ek wil nie.”

“Israel, julle moet van hierdie woorde kennis neem, dit verstaan en in diepte oorweeg, want baie, baie meer sal nog as My Huis van Israel kom uit hierdie klippe van die mens, soos wat Ek hulle sal vervul om dit te word.”

“Onthou, Israel, julle moet nie nou of ooit vergelyk word met daardie Huis van Israel wat ‘n sinagoge van Satan geword het, omdat hulle gekies het om nie My lewende, geskrewe en gesproke woord te verstaan nie, selfs toe Ek as JaHshua na hierdie wêreld gekom het, na daardie Huis wat Ek so liefgehad het nog liefhet, en hulle My so verraai het.”

“Onthou, DIT IS MY WIL, MYNE en MYNE ALLEEN om met alle dinge te doen wat Ek ookal kies om daarmee te doen!”

“Israel, My Huis van Israel en My Dogter, Dogter van Sion, julle moet nie nou of ooit deur hierdie tye, die tye wat kom en selfs tot by die millennium koninkryk vrees nie, julle moet nie vrees as My Huis van Israel wat is en sal kom soos wat Ek dit wil nie, want Ek ken julle harte en het met My eie oë gesien, met My eie oë het Ek My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika gesien wat My soek en My so liefhet.”

“Het julle al vergeet dat Ek vir julle gesê om uit te kyk vir My en My leërskare, soos wat die finale voorbereidings vir My Suid-Afrika gemaak word?”

“Het julle al vergeet dat Ek vir julle gesê het dat Ek in jul midde wandel in My Suid-Afrika gedurende hierdie laaste oorsig?”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en julle moet dit in diepte deurdink dat Ek julle werke GESIEN HET en dat Ek die groot offers gesien het wat vir My, My volk en My Huis van Israel gemaak is.”

“Israel, My seun, julle moet weet, verstaan en hierdie woorde in diepte deurdink, want alhoewel Ek nodig gehad het om julle te vermaan en te tugtig, sal My Huis van Israel My hierdie keer nie faal nie, want dit is My wil om julle daardie Heilige Volk te maak waarvan die profete gespreek het oor al die dinge wat Ek in julle harte gesien het, wat julle doen om My wil en My kinders in liefde te dien.”

“Onthou Israel, My seun, jy moet van hierdie woorde in diepte kennis neem, verstaan en oorweeg, want Ek, EK IS, EK IS wat EK IS wandel binne en buite julle harte.”

“Die tyd is min, My seun en My Dogter, die tyd is min, die skadu`s van hierdie nasie is lank na sononder, hou op om te twis en gaan voort om My met julle harte te soek in My woorde, elkeen van hulle, want soos wat Ek reeds vir julle gesê het, het Ek baie waarheid, wysheid en kennis in My woorde verberg vir hierdie tye, die tye wat nog moet kom, tot by die duisendjarige koninkryk en daarna, het Ek baie waarheid, wysheid en kennis binne My woorde versteek, ONTHOU!”

“Julle moet onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle moet onthou en dit deeglik oorweeg dat Ek baie waarheid, wysheid en kennis binne My woorde verberg het, op dieselfde wyse waarop Ek My Huis van Israel verberg het.”

“Soek en julle sal vind!”

“Julle moet onthou, My Huis van Israel, onthou, soos wat Ek julle reeds gesê het, julle moet soek, julle moet soek, julle moet hulle soek wie Ek vir julle gemeentes voorberei het, wie en waar hulle ookal mag wees, hulle wat welbekend is vir hul geestelike en goddelike geregtigheid, hul godsvrug, hul betrokkenheid, hulle liefde en hul toewyding aan My en aan julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle moet na hulle soek.”

“Onthou, Ek het hulle met My eie hand gekies en voorberei om My woorde met julle te spreek en te skryf in die tye ná die vlug.”

“Neem kennis en verstaan dat Ek alreeds tot hul harte gespreek het oor hierdie aangeleenthede en hulle wag net om gevind te word in daardie vasgestelde tye.”

“Onthou, daar bly maar net ‘n paar korrels in hierdie uurglas, soek en berei voor, soek en berei voor, soek en berei voor, die tyd is min, EK IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 180 ontvang op 19 Mei 2014

“Aan My Huis van Israel buite die grense van My Suid-Afrika en aan daardie Farao wat My volk so teister.”

“Jy moet nou skryf, dienskneg van diensknegte, jy moet nou met groot haas skryf en jy moet nie vir een oomblik ophou om My woorde te skryf wat deur My op jou hart beveel word in hierdie uur nie, so vreeslik is die tye wat moet kom vir hierdie Huis van Israel en My volk in daardie lande.”

“JY moet nou hierdie woorde skryf, My woorde, want die tye is kort vir My Huis van Israel en My volk buite die grense van My Suid-Afrika.”

“Jy moet nou skryf en waarsku My Huis van Israel wat Ek so liefhet en koester en My volk wat Ek so liefhet en koester, jy moet nou skryf en hulle waarsku, want die woorde wat Farao in daardie lande teen My volk gespreek het, om te neem wat nie hulle s’n is nie, sal gebeur en sal uitgevoer word soos wat Ek gespreek het.”

“Ek ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het dit wat gaan kom toegelaat, met baie jare van waarskuwing, met baie jare van waarskuwing het Ek toegelaat wat nou gaan gebeur, vir My planne en vir My doeleindes waarvan Ek dikwels met julle spreek, My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika en My Dogter van Sion.”

“Nou sal julle begin om die hand te sien van ‘n angswekkende en vergeldende EK IS!”

“Nou sal julle en nou sal die hele mensdom deur hierdie gebeure begin om die toorn, My toorn, die vreesaanjaende en skrikwekkende toorn van ‘n woedende Vader sien teen hulle wat My hele volk so geteister het!”

“Luister nou na My, rebelse en hardnekkige wêreld, MY WÊRELD, luister nou na My, met vreesaanjaende, angswekkende en ontsagwekkende verwondering deur hierdie woorde, direk tot die hart van hierdie dienskneg gespreek.”

“Gee gehoor aan hierdie finale waarskuwings van My en aan daardie Farao wat My volk so teister!”

“Gee gehoor aan hierdie waarskuwings en luister na hierdie woorde wat Ek reeds tot julle gespreek het deur baie van My diensknegte en selfs uit die mond van hulle wat die bose een dien, gee ag op hierdie waarskuwings en luister na hierdie woorde, want hierdie tye van dood en verwoesting sal in daardie lande plaasvind.”

“Hulle van My Huis van Israel en hulle van My volk wat nie binne hierdie toegelate ontsnaptyd gaan vlug nie, verskriklik, vreeslik en ellendig is die verdrukking, verskriklik, vreeslik en ellendig is die verdrukking wat gaan kom en wat op hulle sal neerkom!”

“Hulle sal baie ly, omdat hulle nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie!”

“Hulle sal baie ly, omdat hulle nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie!”

“Hulle sal baie ly, omdat hulle nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie!”

“Berei julle nou met alle haas voor, BEREI JULLE NOU VOOR en streef nou daarna om te vlug vanaf hierdie Farao van daardie lande, want Ek het tot sy hart gespreek en het sy hart keer op keer gedurende hierdie vele jare versterk vir My en vir My volk, vir My planne en vir My doelwitte, maar hy sal nie na My luister nie, nóg sal sy volk na My luister, so donker en boos het hul harte van despotiese gierigheid teen My, My Huis van Israel en My volk geword in daardie lande.”

“Hulle sal daardie Sprinkane word waarvan Ek julle alreeds gewaarsku het, om as ‘n voorbeeld te dien van wat moet kom in daardie tye wanneer die swerms sprinkane die lande gaan verteer.”

“Hierdie tye van hierdie verskriklike ellende moet gebeur en hierdie tye van hierdie vreesaanjaende en vreeslike ellende sal gebeur sodat die Huis van Israel, My Huis van Israel, en My volk regoor die hele wêreld sal begin verstaan en begin kennis neem en uiteindelik sal begin voorberei vir dit wat moet kom, slegs deur hul geloof in My, EK IS Jahshua.

“Hierdie tye van hierdie verskriklike ellende moet plaasvind en hierdie tye van hierdie vreesaanjaende en vreeslike ellende sal plaasvind, sodat die Huis van Israel, My Huis van Israel en My volk regoor die hele wêreld uiteindelik sal begin om hulle geloof voor te berei vir daardie groter verdrukking en beproewing in hierdie grootste ure van julle beproewing en verdrukking wat nog moet kom!”

“GEE AG OP HIERDIE WAARSKUWINGS en doen soos wat Ek beveel het, naamlik om te vlug vanuit daardie lande van daardie Farao!”

“Ek het die hart van daardie Farao versterk en Ek het gedurende baie jare oor en oor deur My Heilige Gees ‘n beroep tot die hart van daardie Farao gedoen vir My Huis van Israel en vir My volk in daardie lande, vir My planne en vir My doeleindes!”

“Daardie Farao en sy volk het hulle harte vermakerig en arrogant verhard teen My en My Heilige Gees.”

“Daardie Farao en sy volk het vermakerig en arrogant op My woord getrap en gespoeg.”

“Daardie Farao en sy volk het My as Jahshua vermakerig en arrogant onder hulle voete vertrap”

“Daardie Farao en sy volk het My heil vermakerig en arrogant geweier.”

“Daardie Farao en sy volk het My Heilige Gees vermakerig en arrogant geweier, wat gedurende hierdie baie, baie jare tot hul harte gepleit het.”

“Al hierdie dinge het daardie Farao en sy volk direk in My aangesig gedoen, teen My wil wat hierdie baie, baie jare tot hulle harte gespreek het om hulle te waarsku.”

“Soos wat hulle My verloën het, so sal Ek hulle verloën.”

“Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en al hierdie woorde in diepte en in gebed deurdink, deur daardie geestelike en Goddelike poorte wat Ek in julle harte geopen het, julle moet kennis neem, julle moet verstaan en julle moet al hierdie woorde in diepte deurdink!”

“Ek het versterk en Ek het ‘n beroep gedoen op die hart van Farao en sy volk deur My Heilige Gees gedurende hierdie baie, baie jare, sodat hierdie wêreld, MY WÊRELD sal weet dat Ek, ja EK IS, die wêreld SAL weet dat EK IS.”

“Ek het versterk en Ek het ‘n beroep deur My Heilige Gees op die hart van Farao en sy volk gedoen gedurende hierdie baie, baie jare, sodat hierdie wêreld, MY WÊRELD sal weet en sal verstaan dat selfs met hierdie laaste korrels sand in die uurglas vir daardie Farao, sy land en sy volk, dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek die Aleph v’Tav, Alpha en Omega, Ek, die Rosh vaSof, begin en die einde, Ek ja Ek, EK IS, Tsemach Tsedakah, SPRUIT VAN GEREGTIGHEID, het hulle gewaarsku, ALMAL VAN HULLE, selfs tot op hierdie laaste oomblikke het EK IS hulle gewaarsku om as ‘n voorbeeld vir MY WÊRELD te dien!”

“Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en julle moet al hierdie woorde in diepte in gebed deurdink, deur daardie geestelike en Goddelike poorte wat Ek in julle harte geopen het!”

“Na hierdie vlug en gedurende daardie tye van verdrukking en vervolging van hulle van My Huis van Israel en My volk wat nie na My woorde geluister het om gered te word en hierdie verskriklike en vreeslike ellende gespaar te gebly het nie, na hierdie vlug, sal Ek daardie Farao oordeel, sy land en sy volk as ‘n laaste en finale waarskuwing aan die Farao’s van Suid-Afrika en selfs tot die ander Farao`s van hierdie Afrika, MY AFRIKA en die Farao’s van hierdie wêreld, MY WÊRELD, en sal hierdie oordele plaasvind om hulle te waarsku!”

“Julle moet nie nou of ooit in julle vergeefse blindheid en arrogansie van julle slegte en bose harte dink, Farao’s, dat My hand ooit in al die sake van die mens sal faal nie!”

“Julle moet nie nou of ooit hierdie dinge dink nie, want My Hand, JA MY HAND, raak aan AL die sake van hierdie wêreld, MY WÊRELD, MY HAND RAAK AAN AL DIE SAKE VAN DIE MENSDOM EN AAN AL DIE SAKE VAN HIERDIE WÊRELD en deur My eie hand sal Ek die gees van Abáddon vrylaat, die verwoester oor hierdie lande van daardie Farao wat My volk so teister.”

“Ja, Ek sal die gees van Abáddon, die verwoester, vrylaat oor hierdie lande van daardie Farao wat My volk so teister.”

“In daardie dae en in daardie tyd sal Abaddon rondswerwe en vernietig en verslind wat hy ookal wil en wat hy ookal begeer, want Ek sal dit toelaat!”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en al hierdie woorde in gebed in diepte deurdink deur die geestelike en Goddelike poorte wat Ek in julle harte geopen het!”

“In daardie dae en in daardie tyd sal hierdie bose volk en hierdie bose Farao warrelwinde maai van oeste van die saad van vernietiging wat hulle met hul eie hande, teen My wil, geplant het.”

“In hierdie lande sal daardie Farao en sy volk TEN VOLLE kennis neem en in hierdie lande sal hulle My bely, EK IS wat EK IS Jahshua!

“In daardie dae en in daardie voorafbepaalde tyd sal hierdie bose volk en hierdie bose Farao buig voor My en bely dat EK IS wat EK IS Jahshua.

“Gaan nou vinnig weg van My en gee hierdie woorde soos wat Ek jou beveel het om te doen.”

Ek IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 179 ontvang op 16 Mei 2014

“Wat sê julle, Huis van Israel, My Huis van Israel wat binne en buite My Suid-Afrika lê?”

“Wat sê julle vir My op hierdie oomblik, hierdie dag, hierdie selfde uur?”

“Het julle al begin om die geestelike en goddelike waarhede in My geskrifte en die woorde wat Ek vryelik aan die mensdom gee, soos wat Ek wil, te oorweeg, My Huis van Israel en My Dogter van Sion?”

“Het julle?”

“Het julle die tyd afgestaan om My woorde aan julle te deurdink, rakende die historiese Huis van Israel?”

“In daardie woorde is maar net ‘n klein gedeelte van die menigte geestelike en goddelike waarhede, wysheid en kennis wat Ek so verlang om aan julle te gee en wat weggesteek is binne al My woorde.”

“Julle moet weet en julle moet verstaan dat die krag van My geestelike en goddelike kennis van hierdie waarhede binne daardie woorde lê wat vir die vleeslike oë en die vleeslike geloof weggesteek is.”

“Verstaan julle nog nie dat daardie eenvoudige geestelike en goddelike waarhede wat aan julle geopenbaar is in daardie Skrifte, rakende My historiese Huis van Israel, is maar slegs die begin van die werk wat in julle harte voltooi moet word, sodat julle vertroue in julle geloof en julle vertroue in julle oortuigings van My volkome sal word in alles wat Ek vir julle beplan het, en moet beplan vir julle, om julle in hierdie tye te verlos tot aan die tye van My duisendjarige Koninkryk, wanneer die werk in die herstel van julle volke gaan begin?

“Dit is My wil vir julle!”

“Dit moet so wees, want soos wat Ek julle reeds vertel het, die tye wat nou vinnig nader kom, die tye wat moet kom, is nou die dagbreek voor die oggend van die grootste ure van julle beproewings en versoekings wat oor julle en hierdie wêreld gaan kom, die Aarde, wanneer die hele mensdom, gered of verlore, sal weet dat EK IS.”

“Is dit ‘n maatstaf van julle geloof dat julle daarna streef om julle eie harte te oordeel in die begin van hierdie voorbereidings?”

“Dan sal Ek vanuit die Skrif vir julle een van die vele maatstawwe gee waarmee julle die vlak en graad van julle geloof en julle geloof in My en My woorde kan oordeel, want as julle geloof nie voor hierdie woorde vanuit My Skrifte kan staan nie, hoe kan julle geloof en julle oortuigings staan in die tye wat moet kom, wanneer die mensdom die demoniese leërskare moet konfronteer in hierdie finale ure van die wêreld, soos wat julle haar ken.”

“Is dit ‘n maatstaf van julle karakter dat julle sal streef om julle eie harte te oordeel in die begin van hierdie voorbereidings?”

“Dan sal Ek vanuit die Skrifte een van die vele maatstawwe aan julle gee, waarmee julle julleself en julle eie harte kan oordeel, om te sien of julle waarlik My woord bewaar het en My wil gedoen het vir My volk, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

Esegiël 18:1-19 (Boek van Herinnering)

Vereistes vir ‘n regverdige.

1 VERDER het die Woord van JaHWeH na my gekom en gesê:

2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die Adamah [die adamiet se Aarde] van JisraEl, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

3 So waar as Ek leef, spreek My Meester JaHWeH, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in JisraEl te gebruik nie.

4 Kyk, al die siele is Myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun – hulle is Myne; die siel wat oortree, sy moet sterwe.

5 Maar as ‘n man regverdig is en Reg en Geregtigheid doen;

6 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drek-idole van die huis van JisraEl en die vrou van sy naaste nie besoedel en ‘n vrou nie nader as sy menstrueer nie,

7 en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy Brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek;

8 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike Regspraak oefen tussen man en man;

9 in My Insettinge wandel en My Regsprake onderhou om eerlik te handel – hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek My Meester JaHWeH.

10 En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen –

11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie – as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste besoedel,

12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drek-idole, gruwelike dinge doen,

13 op rente leen en woeker neem – sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.

14 Maar kyk, as hy ‘n seun verwek wat al die oortredinge van sy vader sien wat hy begaan het – dit sien en sulke dinge nie doen nie:

15 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drek-idole van die huis van JisraEl nie, die vrou van sy naaste nie besoedel

16 en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ‘n kleed toedek die wat naak is,

17 sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, My Regsprake volbring en in My Insettinge wandel – hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

18 Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie suiwer is nie – kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.

19 Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die straf vir ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het Reg en Geregtigheid gedoen [en] al My Insettinge onderhou en haar volbring – hy sal sekerlik lewe!

“Huis van Israel, My Huis van Israel, wanneer julle geloof in My, julle liefdevolle Vader, sal wees soos die voëls wat in die lug spring, wetend dat hulle sal vlieg, dan sal julle weet dat julle geloof die ware geloof is wat Ek aan julle gegee het, slegs deur die krag van My Heilige Gees, wat julle hierdie geloof tot, binne en buite julle harte kan gee.”

“Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en dit in diepte deurdink dat die geloof wat baie in My Huis van Israel nou het, is die geloof deur hul eie toedoen, ‘n geloof in hulle eie werke en ‘n geloof in hul eie hande.”

“Hierdie geloof is ‘n gevaarlike en verraderlike geloof, wat die bose een subtiel en met bedrog aan die mens gegee het.”

“Hierdie geloof is vleeslike geloof, dieselfde leuenagtige, selfsugtige en eiegeloof, wat hy wat My teenstaan besit en waarmee hy wat My teenstaan gedink het groter as My goddelike geloof te wees, in sy poging om My troon vir hom aan te matig.”

“Hierdie vleeslike geloof in julle eie werke is maar ‘n blote sandkasteel wat wag op die golf wat dit sal wegspoel, asof dit nooit bestaan het nie en hierdie vleeslike geloof sal julle faal wanneer geloof al is wat julle sal besit en al wat julle die meeste nodig sal hê vir die tye wat kom, ja, hierdie vleeslike geloof sal julle faal.”

“Moenie dink, My seergeliefde Huis van Israel, julle moenie nou dink of ooit dink dat hierdie woorde die harde of streng woorde van veroordeling of oordeel is van ‘n wrede of hartelose Vader nie, nee, hierdie woorde kom van die lippe van ‘n liefdevolle Vader wat weet van die verskrikkinge wat oor sy kinders gaan kom.”

“Hierdie is die woorde van ‘n liefdevolle Vader wat baie bekommerd is oor die welsyn van sy kinders wat alreeds so ly.”

“Meer woorde sal nog gegee word en meer woorde sal deur al My boodskappers en al My profete gegee word in hierdie voorbereidings van My goddelike geloof, soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle vleeslike geloof vir ewig verwyder.”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat hierdie geloof wat Ek julle sal gee, goddelik is en deel is van My wese wat My Heilige Gees alreeds in julle harte begin het.”

“Hierdie geloof wat Ek aan julle sal gee, is daardie mosterdsaad waarvan Ek julle alreeds vertel het.”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat in die tye wanneer julle harte My goddelike geloof ten volle ontvang het, tot, binne, en buite julle harte, dan sal julle hierdie gelykenis van die mosterdsaad verstaan.”

“Wat, het julle gedink dat Ek opgehou het met My inventaris van die Aarde en alles wat binne sy grense en fondamente lê?”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle al vergeet dat Ek gesê het dat My liefde vir julle selfs die aantal hare op julle kop tel?”

“So is dit met hierdie wêreld, die aarde waarvan Ek die inventaris is.”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat soos wat Ek My wêreld besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, bly dit soos wat dit gebly het, met maar net ‘n paar wat die geloof gevind het waarvan Ek spreek.”

“Soos wat Ek hierdie wêreld besigtig en soos wat Ek wandel tussen die berge, die seë en die lande, sien Ek slegs die dade van JULLE geloof!”

“My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en ‘n gebrek aan My goddelike geloof, goddelike geloof wat baie van die herders en geestelike leiers, sedert die val, gefaal het om aan My volk en My Huis van Israel te leer.”

“In stede daarvan is aan hulle die vleeslike geloof van die mensdom geleer, wat slegs die behoeftes en verwagtinge van die fisiese wêreld sien en faal hulle om te sien en faal hulle om te verstaan dat daar alreeds in hierdie fisiese behoeftes voorsien is.”

“Verstaan julle nie daardie gebed wat Ek aan julle gegee het as JaHshua nie, ‘Onse Vader…’?”

“In daardie een gebed is daar meer geestelike en goddelike waarheid en kennis wat julle nagelaat het om te sien, omdat julle met ‘n vleeslike geloof sien en verstaan.”

“Daardie gebed is ‘n gebed van danksegging in die geestelike en die goddelike begrip dat al wat nodig is, is danksegging vir die dinge van hierdie fisiese wêreld wat Ek reeds vir julle gedoen het en reeds vir julle voorberei het in die band wat Ek dit aan julle gee.”

“Wat, het julle gedink dat gebed slegs woorde is om oor en oor te resiteer, soos wat baie van julle doen, en julle faal om die geestelike en goddelike begrip van daardie gebed te verstaan?”

“Tog is daardie gebed nog ‘n voorbeeld van die vlak en die graad van julle vleeslike geloof, want as julle geloof geestelik en goddelik sou gewees het, deur My Heilige Gees, dan sou julle verstaan het en dan sou julle gebede altyd danksegging gewees het!”

“Ek ken julle fisiese behoeftes, en wanneer julle My in hierdie aangeleenthede soek, begin met gebede van danksegging, wetend dat My antwoord aan julle, vir My planne en vir My doeleindes, reeds voorberei en voltooi is vir julle!”

“Huis van Israel, weer Ek sê aan julle, staak julle vergeefse herhalings, wat slegs mense beïndruk en soek My en My geestelike en goddelike kennis en waarhede binne die privaatheid van julle harte, deur My Heilige Gees.”

“Goddelike geloof verstaan dit.”

“Goddelike geloof weet om buite die fisiese te soek, tot in die geestelike en die goddelike behoeftes vir die verstand, die liggaam, die gees, die hart en die siel.”

“Hierdie goddelike geloof is daardie geloof wat oor die krag beskik, deur My Heilige Gees, om die verstand, die liggaam, die gees, die hart en die siel te genees.”

“Dink julle julle het hierdie geloof?”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en dit in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat soos wat Ek My wêreld besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, sien Ek dat hierdie wêreld bly soos wat dit nog altyd was, met dade van JULLE geloof.”

“Wie van julle kan met die hand uitreik, ‘n gebed, of selfs woorde en die fisiese siekes genees?”

“Wie van julle kan met die hand uitreik, ‘n gebed of selfs woorde en aan die lamme sê, staan op en loop?”

“Wie van julle kan uitreik met die hand, ‘n gebed, of selfs woorde en vir die blinde sê, maak oop jou oë en sien?”

“Onthou, My Huis van Israel, verstaan en deurdink dit in diepte dat Ek dit doen en voort sal gaan om My wêreld te besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, die wêreld wat bly soos wat dit nog altyd was, met dade van JULLE geloof.”

“Soos wat Ek hierdie wêreld besigtig en soos wat Ek tussen die berge, die seë en die lande wandel, wat Ek dikwels doen, sien Ek steeds hierdie dade van JULLE geloof!”

“Julle moet weet, julle moet verstaan en dit in diepte deurdink, My Huis van Israel, dat soos wat Ek My wêreld besigtig wat Ek aan julle gegee het om te bewerk, bly hierdie wêreld nog altyd soos wat dit was, met dade van JULLE geloof, julle geloof wat maar min vermag het, buiten die groot verwoesting wat JULLE geloof oor hierdie wêreld gebring het regdeur die geskiedenis, MY WÊRELD.”

“Soos wat Ek hierdie wêreld besigtig en soos wat Ek tussen die berge, die seë en die lande wandel, is dit My geloof wat Ek so verlang om aan julle te gee, vir julle vrede en vir julle veiligheid, wat Ek grootliks verlang om in julle harte te sien in julle wêreld, wanneer Ek

wandel tussen die berge, die seë en die lande.”

“Dit is My wil, My wil dat julle in die lug sal spring in volkome geloof, oortuiging en vertroue, soos wat die voëls dit doen, wetend dat julle alles deur My kan doen en met die wete dat Ek julle sal antwoord, as julle maar net My werke deur My Heilige Gees sal toelaat in julle harte, om daardie korrel van ‘n mosterdsaad van My geloof aan julle te gee.”

EK IS wat EK IS.