Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 148 ontvang op 25 Januarie 2014

Die bitter oes van druiwe in die Huis van Israel

“Hierdie woorde sal jy slegs hier skryf vir diegene wat na My gekom het in hul geloof en in hul vertroue in My, hulle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS.”

“Jy moet nie nou of ooit vrees oor die getalle van hulle wat My wil navolg nie.”

“Dit was nog altyd so dat wanneer die mens op sy swakste is, My krag vervolmaak word onder julle!”

“Alles moet gebeur en alles sal wees vir My planne en vir My doeleindes in My tyd vir My Huis van Israel”

“In die voleinding van tyd, gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, sal Ek, ja Ek, jou liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, jou ten volle deur My Heilige Gees laat verstaan waarom hierdie dinge so moes gewees het.”

“Soos wat Ek baie keer vir jou gesê het en nooit sal ophou om jou te vertel nie, sal My woorde lewend, geskrewe en gesproke altyd met julle wees!”

“Het Ek julle nie alreeds gesê van die bitter en salpeter oes van die Boland nie?”

“Het Ek nie vir julle gesê om die waarheid van My woorde met julle harte te soek en om te soek vir hierdie geestelike waarhede wat Ek in My woorde vir julle weggesteek het nie?”

“Ek het beide van die wyn van die oes van druiwe en die oes van die wyn van die siele van die Huis van Israel binne My Suid-Afrika gespreek.”

“Hierdie versameling van die Huis van Israel voor Farao is vir My planne en vir My doelwitte om hierdie Huis van Israel te laat ontwaak van hul sluimering van die vettigheid van hul slawerny wat hulle bind om slawe te bly in hierdie Egipte.”

“Ja, dit is ‘n bitter en salpeter oes van hulle wat slegs met hulle monde voorgee dat hul begeerte is om vry van Egipte te wees, maar hulle harte begeer om slawe te bly en hul harte gaan voort om die valse gode van Egipte te begeer. Maar neem kennis en verstaan dat dit slegs blyk om ‘n bitter en salpeter oes te wees.”

“Selfs wanneer die druiwe in asyn verander, dien die asyn nog sy doel en so sal die asyn van hierdie bitter en onsmaaklike oes sy doel vir My dien.”

“Ek is die meester van hierdie wingerd en hierdie druiwe in My wingerd, wie julle is, bevat meer wyn van My waarhede as wanneer julle miljoene was.”

“Nou ontwaak My Huis van Israel ‘n bietjie meer en nou verstaan My Huis van Israel selfs nog meer van My woorde vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hierdie versameling voor My en in My tyd sal hierdie getalle selfs meer en meer en meer word, soos wat Ek wil in My tyd vir My Huis van Israel.”

“Moenie vrees nie, kleine kinders, vrees nie, EK IS met julle in al hierdie aangeleenthede en sal voortgaan om altyd met julle te wees.”

“Vrees nie nou nie, My liewe kinders, vrees nie nou of wees nie ontsteld nie, nooit nie!”

“Hierdie dinge moet so wees vir My planne en vir My doel; en neem eerder groot vreugde in die wete dat dit nog een stap is wat nodig is vir My wil om bekend te word in My Huis van Israel.”

“Neem kennis en verstaan dat al hierdie stappe besig is om te werk in die harte van My Huis van Israel, binne en buite My Suid-Afrika.”

“Neem kennis en verstaan dat hierdie vertroue in My woorde aan julle moet op die waarheid gebou word, wat Ek aan julle gee deur My Heilige Gees, soos wat julle in staat is om hierdie waarhede en My woorde te dra.”

“Neem kennis en verstaan dat al hierdie stappe om My wil te bereik vir My Huis van Israel nooit tevergeefs is nie!

“Neem kennis en verstaan dat elke dag self nog meer van My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika, wie nog onbekend is vir julle, ontwaak tot My woorde, ja My woorde, Ek, Ek, EK IS wat EK IS!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 147 ontvang op 24 Januarie 2014

Trooswoorde vir die tye wat moet kom

“Spreek met My Huis van Israel en spreek met My Dogter van Sion vanuit My woord van baie woorde.”

“Spreek met hulle en troos My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne My Suid-Afrika.”

“Spreek met My Huis van Israel en spreek met My Dogter van Sion.”

“Troos My Huis van Israel en troos My Dogter van Sion met My woorde van My beloftes en woorde van My liefde.”

Jeremia 31:1-9 (Boek van Herinnering)

1 IN dié tyd, spreek JaHWeH, sal Ek vir al die families van JisraEl `n Elohim wees, en hulle sal vir My `n volk wees.

2 So sê JaHWeH: Die volk van diegene wat van die swaard oorgebly het, het Barmhartigheid gevind in die wildernis, op weg om sy rus te geniet, naamlik JisraEl.

3 JaHWeH het aan My verskyn uit die verte: Ja, Ek het Jou liefgehad met `n ewige liefde; daarom het Ek Jou getrek met Medelye.

4 Ek sal Jou weer bou, en Jy sal gebou word, o Maagd van JisraEl! Jy sal Jou weer versier met Jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.

5 Jy sal weer Wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet.

6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na JaHWeH onse Elohey.

7 Want so sê JaHWeH: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die Hoof van die nasies; laat Haar hoor, sing lof en sê: o JaHWeH, verlos U volk, die oorblyfsel van JisraEl!

8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Aarde van die Noorde en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die Aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in `n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.

9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op `n gelyk pad in haar sal hulle nie struikel nie; want Ek is vir JisraEl `n Vader, en Efraim is My eersgeborene.

“Troos My Huis van Israel met hierdie woorde, My woorde van My beloftes en woorde van My liefde vir My Huis van Israel en vir My Dogter van Sion.”

“Troos My Huis van Israel en My Dogter van Sion met hierdie woorde, want daardie tye en die tye wat nog moet kom is byna op hulle.”

“Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou hierdie woorde, My woorde, sodat hierdie woorde voor julle kan wees in daardie tye wat moet kom en die tye daarna, sodat julle kan glo en geloof hê in wat te wagte is vir julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

“Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou hierdie woorde, My woorde, sodat hierdie woorde vir julle vertroosting kan bring in daardie tye wat moet kom en die tye daarna, onthou die beloftes van hierdie woorde!”

“Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou hierdie woorde, My woorde, EK IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 146 ontvang op 24 Januarie 2014

Pasop vir die valse leraars in die valse Huis van Israel

“Hoe lief is hulle nie om deur die mens gesien te word nie, hierdie valse leraars!”

“Hoe geniet hulle nie die guns van die mens nie, hierdie valse leraars!”

“Hoe lief is hulle nie om te roem in hulle eiegeregtigheid nie, hierdie valse leraars!”

“Hoe lief is hulle nie om te roem in hul valse hovaardigheid nie, hierdie valse leraars!”

“O, hoe lief is hulle nie om in hul ydelheid der ydelhede verwaand te roem in hul self geskepte beeld nie, deurdat hulle dink dat hulle so hoog begunstig word deur My en die mens, hierdie valse leraars!”

“Ag, hoe lief is hulle nie om deur die mens gesien te word nie!”

“Ag, hoe lief is hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel nie om deur die mens gesien te word nie!”

“Met groot prag en praal en met groot welsprekendheid in hul woorde van lering wandel hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel onder julle en beweer dat hulle My verteenwoordig en beweer dat hulle vir My spreek en skryf en in My Naam doen hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel al hierdie dinge en dink dat hul hoogs begunstig word deur My en die mens!”

“Julle sal hierdie valse leraars herken deur hul werke, want in hul werke woon geen liefde in hulle bose en verdorwe harte nie, maar slegs oordeel, kritiek en veroordeling kom van hul valse lippe en van hul valse tonge af.”

“Hoe roem hierdie valse leraars nie in hul eiegeregtigheid nie, hierdie valse leraars van hierdie lasterlike vals Huis van Israel, wat onder julle wandel en My en alles wat EK IS ontken, terwyl hulle poog om hulself in hierdie aangeleenthede in posisies van geestelike gesag oor My kinders te vestig!”

“Julle sal hierdie valse leraars herken deur hul werke, want in hul werke woon geen liefde in hulle bose en verdorwe harte nie, slegs oordeel, kritiek en veroordeling kom van hul valse lippe en van hul valse tonge af.”

“Wie is hierdie valse leraars onder julle wat dit durf waag om te veronderstel en wat dit durf waag om My plek en slegs My plek van geestelike gesag as JaHshua aanmatigend te aanvaar as die wyse waarop die mensdom My en My geestelike waarhede mag soek?”

“Wie is hierdie verwaande en verdorwe sterflike en valse leraars, gebore vanuit die mens, wie is hierdie verwaande en verdorwe sterflike en valse leraars wat dit durf waag om dit te veronderstel en wat dit durf waag om hierdie geestelike gesag te aanvaar wat slegs aan My behoort, EK IS wat EK IS?”

“Wie is hierdie verwaande en verdorwe sterflike en valse leraars, gebore uit die mens, wat dit durf waag om te veronderstel en wat dit durf waag om hierdie geestelike gesag oor My Huis van Israel te aanvaar, wat net Ek besit?”

“Selfs nou wandel hierdie verwaande en verdorwe valse leraars onder julle, listig, slinks en bedrieglik en versprei hulle hul verdoemlike leuens en versprei hulle hul verdoemlike dwalings teen My en teen die diensknegte wat Ek met My woord na julle gestuur het en teen My woord wandel hierdie valse leraars onder julle en versprei hulle hul verdoemlike leuens en versprei hulle hul verdoemlike dwalings teen My en teen die diensknegte wat Ek liefdevol en met die grootste sorg en liefde gevind en na julle gestuur het!”

“Julle sal hierdie valse leraars deur hul werke herken, want in hul werke woon geen liefde in hulle bose en verdorwe harte nie, slegs oordeel, kritiek en veroordeling kom van hul valse lippe en van hul leuenagtige tonge af.”

“Het Ek julle nie alreeds vertel nie, kleine kinders, of het julle al vergeet dat Ek julle vertel het deur My geskrewe, lewende en gesproke woord dat wanneer jy My met jou hele hart en siel sal soek, jy My sal vind nie?” “Het Ek julle nie alreeds al hierdie dinge vertel nie, sodat julle nie mislei word nie?”

“Waarom soek julle My en My geestelike waarhede dan deur hierdie verdorwe en valse leraars van hierdie valse Huis van Israel, hierdie verdorwe en vals leraars wat slegs hul ydele eer soek in hulle bose verbeelding van hul aanvaarding van My geestelike gesag as JaHshua?”

“Julle moet My soek, My Huis van Israel, julle moet My soek met julle hele hart en siel moet julle My soek en slegs vir My, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS!”

“Ek is die meester van hierdie wingerd en EK IS Hy waaruit alle kennis vloei, julle moet My dus so soek en slegs vir My!”

“Neem kennis en verstaan deeglik deur My Heilige Gees, neem kennis en verstaan deeglik en oorweeg deeglik dat met allerhande verleiding van ongeregtigheid gaan hierdie valse leraars en hierdie valse Huis van Israel voort om My kinders te mislei deur vergeefs te verkondig en vergeefs te verklaar dat die woorde van die eerste en die nuwe verbond die enigste woorde van My, EK IS wat EK IS is!”

“Wie is hierdie sterflike en verdorwe leraars onder julle, My Huis van Israel, wat dit durf waag om julle te leer dat My woorde aan My Huis van Israel geëindig het met die verbonde?”

“Verklaar die hemele en die aarde nie My woorde aan julle vir ewig en altyd nie?”

“Hoor julle My nog nie, of is julle nog so blind dat julle My nie kan sien of hoor wanneer My woorde tot julle harte spreek deur My Heilige Gees, elke enkele oomblik van elke enkele uur van elke enkele dag nie, en deur elke moontlike en denkbare wyse spreek Ek My woorde tot julle harte deur My Heilige Gees!”

“Julle moet My soek deur My Heilige Gees, kleine kinders, soek My met julle hele hart en siel, en julle sal My vind soos wat Ek belowe het dat julle My sal vind en soos wat Ek met julle gespreek het en soos wat Ek hierdie eenvoudige waarheid oor en oor aan julle verklaar het, dat julle My sal vind as julle My en My koninkryk maar net wil soek met julle hele hart en siel!”

“Julle moet dit nou staak, My Huis van Israel, staak dit nou om My te soek deur hierdie valse leraars wat dit durf waag om te veronderstel en dit durf waag om My geestelike gesag as JaHshua te aanvaar en wat ook durf waag om My karakter as JaHshua te aanvaar!”

“Ja, julle moet dit nou staak, My Huis van Israel, staak dit nou om My deur hierdie valse leraars te soek!”

“Neem kennis en verstaan, My Huis van Israel, neem kennis en verstaan dat hierdie valse leraars met die gees van die Antichris beset is deur die onderrig en doen van hierdie dwalings!” “Daardeur dien hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel hul meester, die duiwel, deur so baie mense te mislei om te dink dat Ek nie met My kinders spreek nie!”

“Hierdie valse leraars van hierdie valse Huis van Israel sal hulle belonings by My kry op My dag van oordeel; ja, hulle sal hulle loon van My kry vir die onderrig van hierdie groot afvalligheid en bose dwalings.”

“Onthou, kleine kinders, onthou, Ek is altyd met julle en sal altyd met julle spreek deur My diensknegte wat Ek met die grootste liefde en sorg vir julle vind, Ek sal altyd met julle spreek!”

“Julle sal altyd hulle wie Ek stuur herken deur hul liefde waarmee My Heilige Gees hul harte met My liefde vervul, ja, julle sal hulle herken deur hierdie liefde wat Ek op en in hul harte sal plaas deur My Heilige Gees”

“Wend julle ore en wend julle harte, verstand, gees en siel, wend julle af van al hierdie valse leraars en wend julle af van enige van hulle wat hierdie fabels leer dat Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge, nie met My kinders spreek nie!” “Ja, wend julle af van almal wat hierdie fabels leer!”

“Wend julle af, My Huis van Israel; draai weg, My kinders, van al hierdie valse leraars en enigeen van hulle wat hierdie verdoemlike en gruwelike dwalings leer!” “Wend julle af om hulle nooit in enige saak te hoor nie, want hulle is van hulle vader, die duiwel en daar is geen waarheid in hulle bose en verdorwe harte nie.”

“Onthou, kleine kinders, onthou, Ek is altyd met julle en sal altyd met julle spreek deur alle moontlike middele wat is, was en sal wees, want EK IS liefde, EK IS wat EK IS, EK IS liefde!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 145 ontvang op 24 Januarie 2014

Lees My Woorde met jou hart. Dood voorspel van `n geestelike leier in Israel

“Huis van Israel, waarom lees julle My woorde net met julle oë?”

“Waarom lees julle, Huis van Israel, My woorde net met julle oë en lees julle My woorde sonder om diep oorweging te skenk aan My waarhede wat Ek openbaar deur My Heilige Gees aan enigeen van julle wat maar net wil vra?”

“Huis van Israel, waarom lees julle My woorde net met julle oë?”

“Huis van Israel, julle moet My woorde met JULLE HARTE lees, julle moet al My woorde met julle harte lees!”

“Waarom, Huis van Israel, lees julle My woorde net met julle oë en lees julle My woorde sonder om diep oorweging te skenk van waar hierdie woorde tot julle harte kom?”

“Hierdie woorde is My woorde, die woorde van ‘n liefdevolle Vader tot en in die hart van hierdie dienskneg, gespreek deur My Heilige Gees, om alles te skryf wat aan hom getoon is om aan julle te skryf, vir My Huis van Israel.”

“Huis van Israel, almal van julle, oordink dit, oordink dit baie deeglik dat al hierdie woorde wat tot die hart van hierdie dienskneg gespreek is om aan julle te skryf, van My af kom, EK IS wat EK IS, Hy wat is en wat was en Hy wat altyd sal wees en wat alles is wat liefde is en Hy wat liefde is!”

“Ja, oordink al hierdie woorde wat tot die hart van hierdie dienskneg gespreek is baie sterk en oordink dit diep binne julle harte!”

“Huis van Israel, oordink dit sterk, almal van julle, oordink dit sterk dat al hierdie woorde vir ewig voortvloei diep vanuit alles wat EK IS en diep vanuit alles wat EK IS in My liefde doen; al hierdie woorde vloei voort vanuit My en My liefde vir ewig en ewig in hierdie uitdrukkings van My geskrewe woorde aan julle.”

“Huis van Israel, dink daaraan, almal van julle, dink ernstig daaraan dat al hierdie woorde en al My woorde lewend is!”

” Ja, al hierdie woorde en al My woorde is lewend as deel van My en woon en leef in My en in My liefde en is Ek as geskrewe woorde aan julle in hierdie liefde.”

“Huis van Israel, dink diep daaroor na dat al My woorde nog altyd was en altyd ‘n lewende deel van My en My liefde sal wees, toe, nou en vir ewig sal al My woorde ‘n lewende deel van My en My liefde wees, blywend vir ewig en ewig!”

“Huis van Israel, julle moet My woorde deeglik met julle harte deurdink wanneer julle My woorde lees en die lewende liefde van al My woorde verstaan wat aan julle gegee word deur My, julle liefdevolle Vader.”

“Oordink My woorde ernstig, altyd en met die wete en begrip dat ieder en elke een van hierdie woorde is Ek en My liefde, geskrywe as woorde aan julle, My Huis van Israel.”

“Oordink My woorde baie ernstig, altyd en met die wete en begrip dat julle, My Huis van Israel, geliefd is met ‘n liefde so onpeilbaar, dat daar geen grense of dieptes bestaan wat hierdie liefde begrens nie, so grensloos is My liefde vir julle, My Huis van Israel!”

“Neem kennis en verstaan deeglik, My Huis van Israel, neem kennis en verstaan deeglik dat hierdie geskrewe woorde aan julle LEWE SOOS LIEFDE in My, julle Skepper en liefdevolle Vader!”

“Neem kennis en verstaan goed, My Huis van Israel, neem kennis en verstaan goed, My Huis van Israel, dat selfs daardie woorde, “My Huis van Israel”, neem kennis en verstaan goed dat daardie woorde kosbaar is vir My en wanneer Ek oor daardie woorde dink wanneer Ek daardie woorde spreek en My woorde aan My diensknegte gee om te skryf of te spreek met julle, sien Ek almal van julle en alles wat julle is, ineens, My Huis van Israel.”

“Ja, Ek sien almal van julle en alles wat julle is ineens wanneer Ek, EK IS wat EK IS daardie woorde betrag soos wat dit geskryf en gespreek is, daardie woorde, “My Huis van Israel”, so kosbaar is julle vir My.”

“Ek spreek dikwels van My liefde vir julle, My Huis van Israel en sal voortgaan om met julle te spreek van My liefde vir julle, veral vandag, sodat julle altyd sal weet en altyd sal verstaan dat My liefde altyd met julle is, selfs in daardie tye wanneer My liefde ver weg blyk te wees.”

“Gedurende daardie tye blyk My liefde net ver weg van julle te wees, My gekoester Huis van Israel en My gekoester Dogter van Sion, ja My liefde blyk net ver weg te wees van julle gedurende daardie tye, maar tog, wanneer dit in daardie tye blyk dat My liefde ver weg is, is My liefde selfs nog nader aan julle!”

“Ek spreek vandag van My liefde, My Huis van Israel, veral vandag, sodat julle altyd sal weet en sodat julle altyd My liefde sal verstaan, want ‘n tydperk is nou op hande, ‘n tydperk waarvan daar in die hart van hierdie dienskneg gespreek is om voor te berei om hierdie woorde te skryf, alhoewel in daardie tyd wat dit aan hierdie dienskneg getoon is, het hierdie dinge al lank gelede plaasgevind.” “Tog het Ek die hart van hierdie dienskneg voorberei om hierdie woorde te skryf, want die tyd het nou aangebreek.”

“Berei julle voor, My Huis van Israel, vir ‘n groot hartseer en ‘n groot smart in My Huis van Israel binne en buite Suid-Afrika.”

“Ja, berei julle voor vir hierdie groot rou en smart oor die verlies van een van julle geliefde persone, een van My diensknegte in My Suid-Afrika” “Sy tyd is naby en dit is My wil dat hy by My sal woon in My koninkryk.” “EK IS gaan hom binnekort huis toe roep.”

“Onthou, My Huis van Israel, onthou altyd My liefde en onthou altyd My liefde in al My woorde wat Ek aan julle gee deur al My diensknegte wat My woorde aan julle bring!”

“Onthou, My Huis van Israel, onthou dat My woorde nog altyd was en nog altyd sal wees en My woorde leef as Ekself in My liefde!”

“Ek sal met julle wees in julle tyd van rou en hartseer vir hom wie Ek huis toe bring.” “Ja, Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek sal by julle wees in julle tyd van rou en hartseer vir hom wie Ek huis toe roep.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 144 ontvang op 22 Januarie 2014

Dogter van Sion word getroos

“Troos My Dogter as gevolg van haar benoudheid, ja, troos My Dogter met My woorde, die woorde van haar liefdevolle Vader.”

“Liewe Dogter, ja, My liefdevolle en seer geliefde Dogter, kan jy nie onthou of het jy vergeet dat Ek vir jou gesê het dat jou naam meer bekend sal word en nog meer bekend as wat dit ooit was?”

“Luister na My, My geliefde Dogter, terwyl Ek jou in jou benoudheid aanhoor!”

“Kan jy nie onthou of het jy vergeet dat Ek vir jou gesê het dat jou naam meer bekend sal word as voorheen en op ‘n onverwagte en onvoorsiene wyse as die wyses waarop dit nou bekend geword het?”

“En so het jou naam bekend geword en meer as voorheen en op baie maniere wat jy nie verwag het nie, het jou naam regdeur My Huis van Israel bekend geword, binne en buite My Suid-Afrika, net soos wat Ek vir jou gesê het dit sal gebeur!

“Dit is My wil en dit is deur My toedoen vir My planne en vir My doelwitte vir jou, My Dogter van Sion.”

“Jou naam, My Dogter, het bekend geword en meer nog as voorheen en op baie wyses wat nog aan jou onbekend is, so bekend het jou naam geword en jou naam sal selfs nog meer bekend word!”

“Hierdie is My wil en hierdie gebeur deur My toedoen vir My planne en vir My doelwitte vir jou, My Dogter van Sion.”

“Dit moet so wees, soos wat Ek jou reeds gesê het, want baie, baie meer van binne en buite My Huis van Israel en van binne en van buite Suid-Afrika, sal hulle na jou wend en soos wat Ek reeds vir jou gesê het, sal baie van hulle wat binnekort gaan kom, jou seën en hulle sal jou seën op wyses waarop jy nog nooit vantevore geseën is nie!”

“Hierdie is My seëninge aan jou deur hulle wat Ek voorberei om na jou toe te stuur.”

“Dit is My bevestigings aan jou vir die groot werke wat jy deur hierdie vele jare vir My Huis van Israel gedoen het.”

“Hulle wat gaan kom, is hulle van die visioen wat Ek so lank gelede aan jou gegee het.”

“En hulle sal jou seën met allerhande seëninge soos wat Ek, EK IS wat EK IS My seëninge sal uitgiet aan julle in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna en selfs ook die tye na die tye wat moet kom, sal hierdie seëninge kom om jou, My Dogter, voor te berei vir al hierdie tye en vir die menigtes van My kinders wat My Heilige Gees selfs nou in hul harte voorberei om na jou te soek en om na jou toe te kom.”

“Dit is My wil en dit is My toedoen vir My planne en vir My doelwitte vir jou, My Dogter van Sion.”

“Onthou altyd die oneindige, nimmereindigende en ewige liefde wat Ek vir jou het, My Dogter van Sion, gedra deur die mens, JY MOET DIT ALTYD ONTHOU!”

“Onthou My woorde aan jou, Dogter, dit sal nooit vir jou ophou nie en My woorde sal altyd met jou wees in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, so sal My woorde altyd met jou wees deur die vele wat Ek sal vind en aan jou sal stuur en met die grootste liefde en verdraagsaamheid sal My woorde altyd met jou wees!”

“Ek is met jou Dogter, ja EK, EK IS wat EK IS, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, EK IS altyd met jou, Dogter en op alle maniere, selfs in daardie tye waar jy so gewond is en selfs in daardie tye waar hulle jou gewond het, is Ek by jou, soos wat Ek jou vertel het dat Ek by jou sal wees om jou te toets en om jou te beproef, almal van julle, om jou voor te berei vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna!”

“Dogter, dit is werklik Ek, EK IS wat EK IS en Ek het nog nooit opgehou om jou te vertel van My liefde vir jou vir alles wat jy vir My en vir My Huis van Israel gedoen het nie!”

“Verwelkom My in al hierdie beproewinge en toetse, want elkeen daarvan is Ek, jou liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 143 ontvang op 22 Januarie 2014

Die groot hongersnode wat kom

“Min woorde gee Ek aan jou in hierdie nag oor die groot droefheid in die stemme van My Huis van Israel oor wat nog moet gebeur in die tye wat moet kom; alreeds klink hul lyding en pyn in My ore.”

“Waarsku hulle van die hongersnode wat gaan kom, sodat hulle nog tot bekering kan kom en My, hulle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, kan vind.”

“Waarsku hulle dat hulle in My Huis van Israel, binne en buite My Suid-Afrika, ja, waarsku hulle sodat hulle kan begin om te verstaan dat die sifting en suiwering van My Huis van Israel meer is as net blote woorde om ligtelik te oorweeg of om ligtelik daaroor na te dink.”

“Dit sifting en suiwering sal geweldig wees en kom nie van My, julle Vader af nie, maar eerder van die bose een en sy leërskare wat die harte van My kinders verdorwe het en hulle van My af weggedraai het.”

“Daardeur word My Heilige Gees onder diegene van My Huis van Israel verslaan om My werk te doen, omdat hulle geen honger of dors het nie.”

“Soek na My, Huis van Israel, terwyl Ek nog gevind kan word, soek na My!”

“Dit sifting en suiwering sal geweldig wees en kom nie van My, julle Vader af nie, maar eerder van die bose een en sy leërskare wat die harte van My kinders verdorwe het en het hulle van My af weggedraai het, sodat hulle geen honger meer het nie.”

“Soek My, Huis van Israel, terwyl Ek nog gevind kan word.”

“Dit sifting en suiwering sal geweldig wees en kom nie van My, julle Vader, af nie, maar eerder van die bose een en sy leërskare wat die harte van My kinders verdorwe het en hulle van My, hulle liefdevolle Vader af weggedraai het, wie treur en wie berou het om hierdie woorde aan My Huis van Israel in hierdie nag te gee.”

“Soek na My, Huis van Israel, terwyl Ek nog gevind kan word, soek na My!”

“Waarsku hulle, My Huis van Israel, ja, waarsku hulle ook van die groot troueloosheid en verraad wat My Huis van Israel sal sien vanuit hul eie broers en susters gedurende hierdie hongersnode!”

“Vir ‘n blote stukkie kos sal hulle eie broers en susters hulle op elke denkbare wyse verraai en op elke denkbare wyse sal hul eie broers en susters hulle verraai vir ‘n skamele stukkie kos, so erg sal hulle honger en dors wees.”

“Hierdie hongersnood van voedsel sal die siftings- en suiweringsproses van My Huis van Israel voortsit, maar hulle wat hulle geloof en vertroue in My plaas om hulle te voed, sal Ek, EK IS wat EK IS voed en die hongersnood van voedsel van hulle af weghou.”

“Oorweeg hierdie woorde baie deeglik, My Huis van Israel, ja, oorweeg en bedink hierdie woorde baie deeglik, My kinders wie Ek so liefhet, oorweeg en bedink hierdie woorde baie deeglik, want hierdie hongersnode is hongersnode as gevolg van die verlies van voedsel en hongersnode as gevolg van die verlies en afwesigheid van My; Hy, wie slegs begeer om julle lief te hê, ja, EK IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 142 ontvang op 19 Januarie 2014

Die teken van die Sprinkaan

“Wag op My!”

“Wag op My, wag op My!”

“Wag op My!”

“Wag op My, wag op My, wag op My, wag op My, Huis van Israel en Dogter van Sion, wag op My!”

“My Huis van Israel, My Dogter van Sion, moet nooit dink dat Ek ooit stil sal wees oor hierdie aangeleenthede nie!”

“Alles moet plaasvind in die tye en in die seisoene vir My planne en My doelwitte vir My huis van Israel en My Dogter van Sion!”

“In hierdie tye en in hierdie seisoene sal Ek dan met julle spreek oor My planne en My doelwitte deur My diensknegte, soos wat Ek julle reeds getoon het en soos wat Ek reeds opdrag gegee het dat Ek dit sal doen op die wyses waarop Ek julle sal antwoord.”

“Ek, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, neem kennis en verstaan dat in My tyd en in My seisoen vir hierdie tye en daardie tye van julle verlossing wat nog moet kom, ja, in My seisoen en in daardie tye van julle verlossing wat nog moet kom, sal My huis van Israel en My Dogter van Sion DEUR MY gelei word deur My Heilige Gees uit die einste hand van Farao!”

“Julle ken die seisoene, julle weet wanneer dit tyd is om te plant, julle weet wanneer dit tyd is om te groei, julle weet wanneer dit tyd is om af te oes en julle weet wanneer dit tyd is om te maai.”

“Julle moet baie goed dink aan die seisoenale Sprinkaan en al sy weë.” “Stil-stil neem sy getalle toe en stil-stil verorber hy alles binne sy bereik. Om geruisloos dit wat groei te verteer, is die weg van die sprinkaan!”

“Dink aan die sprinkaan, dink aan sy seisoen en oorweeg al sy weë baie deeglik!”

“Ja, Huis van Israel en die Dogter van Sion, dink aan die weë van die sprinkaan!”

“Dink aan die seisoene van die sprinkaan!”

“Dink goed na oor al die seisoene en al die weë van die sprinkaan!”

“Dink aan die sprinkaan en hoe dit weet wanneer dit tyd is om te swerm en om regoor die land neer te daal.”

“Die sprinkaan kom bymekaar saam met die sprinkane van die land en swerm in groot massas oor die lande om dit wat groei te verteer totdat hy homself uitgeput het.”

“Ja, dink aan die sprinkaan in sy seisoen van swerms maak (gewemel), dink aan die sprinkaan in sy tyd van swerms maak (gewemel)!”

“Jy, Huis van Israel en jy, Dogter van Sion, soek ‘n teken van My, EK IS wat EK IS, ja, julle soek ‘n teken van My.”

“Onthou julle nie, of het julle vergeet dat Ek julle gewaarsku het om nie tekens en wonders van My te soek nie?”

“Tekens en wonders, ja, tekens en wonders is wat die bose een gebruik om te mislei, julle moet versigtig wees en net dit van My te soek, wat Ek as JaHshua deur My woorde aan julle opdrag gegee het.”

“Ek het julle reeds geleer om My wil en My antwoorde vir julle te soek deur gebed, versoeke, dan in dankbetuiging, asof julle dit reeds ontvang het wat julle van My gevra het.”

“Ek hoor julle gebede!”

“Ek ken julle harte en Ek weet dit is met groot opregtheid, nederigheid en sorg vir julle volk dat julle hierdie teken soek.”

“Soek nooit ‘n teken van My in julle gebede met daardie woorde nie!” “Vra My net, julle liefdevolle, hemelse Vader, Hy wat woon as alles wat is en Wie die verpersoonliking is van alles wat liefde is, Hy wat Skepper is, die lewende wese van suiwer liefde, veral lief vir My kinders, van wie geen vraag of behoefte ongesiens verbygaan van hierdie opregte en nederige gebede aan My nie, EK IS wat EK IS.”

“Tog sal Ek julle antwoord, Huis van Israel en Dogter van Sion, tog sal Ek julle antwoord, want Ek het julle so lief.”

“Hier is My antwoord op hierdie gebed.”

“Dink aan die sprinkaan in sy tyd en in sy swerming (gewemel).”

“In sy tyd van swerming sal julle daardie tye herken waarop julle gewag het, en dat dit op julle is.”

“Julle sal baie van hierdie swerms oor die lande sien, in groter getalle as wat daar nog ooit voorheen was.”

“Kyk uit vir hierdie swerms, beide binne en buite Suid-Afrika”

“Kyk uit vir hierdie swerms regoor alle lande van Afrika, kyk uit vir hierdie swerms.”

“Hierdie swerms is My waarskuwing aan julle en My oordele in hierdie plaag en die plae wat nog moet kom teen hulle binne en buite MY Suid-Afrika wat in die lande van MY Afrika woon, en wie My kinders so laat ly.”

“Hou styf vas aan My en My liefde deur die plae wat moet kom, My huis van Israel en My Dogter van Sion, hou styf vas aan My en hou vas aan My liefde!”

“Hou vas aan My en My liefde, omdat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het julle in My liefde ingetrek ter voorbereiding vir daardie tye, dus, hou styf aan My vas en hou styf aan My liefde vas.”

“Julle moet My soek in hierdie liefde deur julle harte en luister na My sagte gefluister van My woorde en My liefde vir julle en weet dat EK IS in julle, en trek julle selfs nog dieper in My liefde in, waak oor julle, het julle lief, gee om vir julle en beskerm julle, Ek IS wat EK IS, Ek is met julle!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 141 ontvang op 15 Januarie 2014

Kyk oral en sien die leeu

“Is julle nog so blind dat julle nog nie sien dat Ek alreeds My woord vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne die grense van hierdie land, My land, MY SUID-AFRIKA, vervul het nie!”

“Tog kan julle nie hierdie oorwinning sien waarvan die profete gespreek het nie!”

“Alhoewel hierdie oorwinning elke dag voor julle oë is en word dit bevestig op menigte wyses, tog sien julle nie die oorwinning nie!

“Het Ek julle nie vertel van die diepte en breedte en wydte van My liefde wat geen grense ken nie en tog, al was daar grense, kan hierdie grense nie My liefde bevat nie, omdat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, EK IS LIEFDE en My omvang is ver buite die verste uithoek!”

“Omdat EK IS liefde is, stuur Ek nog altyd My woorde aan julle, want julle is sterflike mense en julle geloof val so vinnig weg en daarom moet Ek julle altyd op My vervulling van My woorde wys alvorens dit nog gebeur het, sodat julle kan voortgaan om te glo.”

“Julle moet nou oplet, kyk oral en sien die leeu, want dit was My teken aan julle, My Suid-Afrika.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 140 ontvang op 13 Januarie 2014

Oproep aan die gehoorsame diensknegte

“Gehoorsame diensknegte, ja gehoorsame diensknegte vir wie Ek so lief is, hou nie nou of ooit op om die woorde te spreek of te skryf op watter wyse My Heilige Gees tot en in julle harte beveel om te spreek en te skryf vir My, ja, vir My, EK IS wat EK IS, julle moet nooit ophou om My woorde te skryf en te spreek nie.”

“Ek ken julle smarte en Ek ken julle benoudheid en Ek weet van die twyfel waarmee baie probeer het om julle mee aan te val, selfs deur hul onsinnige praatjies val hulle julle aan, sodat julle My en die woorde wat My Heilige Gees in julle harte spreek om te skryf of te spreek vir My, EK IS wat EK IS, betwyfel, EK WEET!”

“Selfs van onder julle eie broers en susters sal hulle, deur middel van hul onsinnige praatjies, julle aanval oor hierdie dinge.”

“Julle sal struikel en baie keer hartseer wees gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hulle wie naaste aan julle is, julle sal baie keer struikel, tog sal Ek julle nooit laat val nie, omdat Ek altyd met julle is!”

“Julle sal baie keer ontsteld en beangs wees gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hulle wat naaste aan julle is, tog sal Ek julle nooit laat val nie, omdat Ek altyd met julle is!”

“Julle sal baie keer struikel gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, nogtans sal Ek julle nooit laat val of ooit verlaat nie!”

“My Heilige Gees sal altyd My woorde tot en in julle harte spreek, My woorde om te spreek of te skryf aan My Huis van Israel en aan My Dogter van Sion, so sal My Heilige Gees altyd tot julle harte spreek om te skryf of te spreek vir My, Ek IS wat EK IS.”

“Ek sal julle nooit verlaat of verstoot in hierdie werk nie, alhoewel ander probeer het om julle te laat glo dat Ek julle sal verlaat, My gehoorsame en seer geliefde diensknegte wat My wil doen.”

“Ek sal julle nooit verlaat nie, want julle is myne en julle was nog altyd Myne en sal altyd en ewig Myne wees in hierdie werk!”

“Selfs wanneer julle slaap is Ek by julle om oor julle te waak, te beskerm en Ek stuur My leërskare teen hulle wat begeer om julle te vernietig en wat julle lewens wil neem, EK IS met julle!”

“Soos wat baie van julle hierdie woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion geskryf het vir hulle vertroosting, so spreek Ek, ja Ek, julle liefdevolle Skepper en Vader, Ek, ja Ek, die EK IS wat EK IS, nou sagkens met julle, My gehoorsame diensknegte, deur die fluisteringe van die vertroosting van My liefde vir julle deur My Heilige Gees tot in julle harte.”

“Neem kennis en verstaan, groot sal julle droefheid wees tussen julle broers en julle susters, wie hierdie dinge teen julle sal doen gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, deurdat hulle sal dink dat hulle My wil doen; neem kennis en verstaan dat julle droefheid groot sal wees, maar EK IS is met julle.”

“Groot sal julle droefheid wees, tog moet hierdie dinge so wees vir My planne en vir My doelwitte wat op My tyd aan julle geopenbaar sal word en op My tyd in die harte van hulle wat julle kwaadwillig groot sulke groot skade sal aandoen.”

“Onthou My wanneer julle struikel, My gehoorsame diensknegte, onthou en weet altyd dat EK IS met julle is en al struikel julle, sal Ek julle nooit laat val nie, nooit!”

“Onthou My in julle benoudheid en onthou My in julle hartseer, julle moet nie nou of ooit ophou om die woorde op watter wyse ookal te skryf of te spreek wat My Heilige Gees op en in julle harte beveel om te spreek en te skryf vir My nie!”

“Onthou My in julle wee, want gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, wanneer die hekke van die hel blyk om julle te oorweldig, sal selfs meer woorde aan julle gegee word vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waarvan julle, My gehoorsame diensknegte, een is.”

“Onthou My in hierdie woorde; wanneer Ek en My koninkryk in liefde gevind is deur die harte van hulle wat My en My koninkryk in liefde soek, as Ek eers eenmaal gevind is deur hulle wat My soek en My gevind het, is hulle Myne vir ewig !” “Ek is jaloers oor hulle en sal hulle nooit laat gaan nie, NEE, nooit nie!”

“Onthou My in hierdie beproewing en onthou My in hierdie verdrukking, want in hierdie beproewing en verdrukking sal julle selfs groter troos vind van die woorde wat My Heilige Gees liefdevol tot en in julle harte sal spreek of skryf vir My aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waarvan almal van julle, My gehoorsame diensknegte, een is.”

“Dink aan My, gehoorsame diensknegte vir wie Ek so lief is, onthou, Ek hou julle harte altyd in My hande, EK IS wat EK IS, EK IS altyd met julle!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 139 ontvang op 13 Januarie 2014

Ek sal die seisoen van groei en oes vir ‘n tyd in My Suid-Afrika verleng

“Sodat hulle hierdie woorde wat My Heilige Gees tot en in die hart van hierdie dienskneg beveel om vir My te skryf, EK IS wat EK IS, sodat hulle kan weet dat dit My woorde is, sê aan hulle: Ek IS wat EK IS, ja Ek, EK IS die Alfa, EK IS die Omega EK IS voordat daar was en EK IS nadat daar was, Ek IS wat EK IS JaHshua!”

“Sê vir hulle dat dit My woorde is, sodat hulle My kan leer ken, Ek IS wat EK IS!”

“Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, EK IS wat EK IS, hierdie woorde wat My Heilige Gees beveel tot en in die hart van hierdie dienskneg om vir My te skryf, hierdie woorde is My woorde!”

“Sodat julle kan weet dat dit My woorde is, sal Ek die seisoen van groei en oes vir ‘n tyd in My Suid-Afrika verleng.”

“Ja Ek, EK IS wat EK IS, Hy wie alle dinge beveel, Ek sal hierdie seisoen van groei en oes vir ‘n tyd verleng in My Suid-Afrika.”

“EK IS wat EK IS en EK IS altyd en EK IS alle dinge.”