Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 78 ontvang op 7 November 2013

Julle leiers het versuim om te waarsku

Spreek nou van die dood, ja, die dooies wat deur My volk vermoor is. Skryf My woorde aan My volk, My huise van Israel, My Dogters van Sion, hulle wat woon in Suid-Afrika. Julle het gewonder waarom dit vir soveel dae stil was. Julle het gedink dat Ek nie meer woorde vir julle het nie. Julle was vertel van die vele mense wat Ek sou opwek en oproep om vir My te spreek, van lank gelede, selfs huidiglik en gedurende die tye wat gaan kom, sou Ek, EK IS wat EK IS baie opwek om vir My te spreek en te skryf, tog wanneer Ek, EK IS wat EK IS hierdie mense opwek en selfs van ander lande wek Ek hierdie mense op en gee hulle aan julle om te spreek en om My woorde aan julle te skryf, ontken julle My deur hulle. Vir My, ja vir My! Ek, EK IS WAT EK IS, JULLE ONTKEN MY IN MY AANGESIG! Soveel woorde het Ek aan julle regdeur julle geslagte gegee om julle te waarsku en julle voor te berei vir wat gaan kom en Ek, EK IS wat EK IS, ja, Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge van voordat tyd begin het en nadat tyd sal eindig, Ek, EK IS wat EK IS verklaar nou aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, Ek verklaar My ergernis met julle, omdat julle hierdie waarskuwings geïgnoreer het en My verontagsaam het asof Ek ‘n klippie onder julle voete was, ‘n kortstondige afleiding, om daarna maar weer verder te gaan en My onder julle voete te vertrap asof Ek, EK IS wat EK IS! niks meer as ‘n tydelike afleiding vir julle was nie! Onthou julle nie My woorde toe Ek hierdie dienskneg vanuit sy bed wakker gemaak het om julle te waarsku van die sterftes wat sou toeneem nie? Het Ek julle nie gewaarsku oor hierdie dinge nie? Tog het julle My gefaal deur julle ontrou en ongeloof in My. Deur julle ongeloof het julle My gefaal en baie meer van My volk is vermoor! Neem julle kennis dat op hierdie dag, Ek hulle bloed van julle hande sal eis vir julle versuim om My volk te waarsku en om nie alles in julle vermoë te gedoen het om My volk te waarsku nie. Dan kom julle, in julle vrome arrogansie en durf waag dit om tot My te bid vir julle verlossing? Ek het baie van julle as wagte en bewakers oor My kinders aangestel en het groot hulpbronne aan julle gegee om My kinders te waarsku, tog het julle hierdie waarskuwings geïgnoreer en julle eie pad ingeslaan. Ek, EK IS wat EK IS het alles gesien. Ek weet wie My gefaal het in hierdie sake, en Ek weet wie die moeite gedoen het om My volk te waar­sku. Alles is opgeteken in die boeke van die lewe en ja, selfs in die boek van herinnering is hierdie dade opgeteken. Tog sal Ek, EK IS wat EK IS, julle vergewe as julle julle nou sal bekeer en My volk waarsku, want hierdie sterftes sal nog meer toeneem as julle hulle nie waarsku nie! As julle al hierdie dinge sal doen wat Ek van julle vra, vanaf hierdie oomblik, hierdie uur, op hierdie dag, en as julle sal alles in julle vermoë sal doen om My volk te waarsku, dan sal Ek, EK IS wat EK IS berou hê oor My baie dae stilte tot julle deur hierdie dienskneg. My stilte was My teleur­stelling in julle om nie My stem te herken deur hierdie woorde nie en deur hierdie mislukking het soveel meer van My volk gesterf. Is dit so moeilik vir julle om te glo dat Ek, EK IS wat EK IS nie direk met julle kan spreek deur middel van hulle wat Ek na julle stuur om te spreek en My woorde te skryf nie? Is die skepping van alles wat was, is en sal wees, nie genoeg vir julle om te glo dat dit binne My vermoë is om tot julle te spreek en te skryf deur middel van hulle wat Ek versigtig gekies het om aan julle te gee nie? Het julle nie hierdie woorde gelees nie en nog steeds is julle nie in staat om My daardeur te hoor nie? Dikwels openbaar Ek waarhede in hierdie woorde wat slegs Ek, EK IS wat EK IS weet dat julle dit sal verstaan, en gee dit aan julle deur die hande van hierdie dienskneg, wat nie veel van hierdie waarhede weet nie, sodat julle sal weet dat dit Ek! EK IS WAT EK IS is wat deur hierdie hande spreek! Tog hoor julle My nie, so hard het julle harte geword. Julle bitterheid, hoogmoed, en vroom eiegeregtig­heid as ‘n volk het julle struikelblokke geword. Julle is meer opstandig en hardnekkig as julle voorvaders wat in My Israel gewoon het! Julle het My huise van Israel in hierdie land gebou asof hulle aan julle behoort! Julle het hierdie huise van Israel gebou asof julle die enigste huis van Israel in die wêreld is en wil nie eens van die ander huise van Israel hoor nie, so vol van julle eie ydelheid het julle geraak! In julle bitterheid, hoogmoed en vroom eiegeregtigheid het julle hierdie valse huise gebou vir julle glorie! Wat? Omdat Ek julle gekies het om die lig in die laaste dae en ‘n baken van waarheid vir die wêreld te wees, dink julle nou dat julle My enigste huis van Israel is? Vanwaar dink julle sal hulle vandaan kom wat aan julle strande sal land? MY ANDER HUISE VAN ISRAEL WAT EK, EK IS WAT EK IS besig is om selfs nou al op te wek om tot julle redding en verlossing te kom! Doen nie meer hierdie dinge aan julle broers en susters, hierdie huise van Israel nie! HULLE IS JULLE BROERDERS EN SUS­TERS! Hulle is ook My kinders, My volk, My Dogters van Sion! Luister na My woorde deur hierdie hande, op hierdie oomblik, hierdie uur, hierdie dag, want Ek, EK IS wat EK IS spreek direk tot julle deur hierdie hande! Daar is meer as ‘n skud en `n sifting wat na My volk op pad is. Ek, EK IS wat EK IS gaan hierdie vals huise van Israel afbreek en Ek, EK IS wat EK IS sal hulle afbreek en hierdie huise herbou deur hulle wat Ek sal lei na die geestelike woestyne van Sinai, waar hulle en Ek, EK IS wat EK IS saam sal redeneer, buiten hulle wat My en hulle broers verraai het. Ek sal alles van hulle neem, sodat hulle afgebreek kan word en slegs met hul geloof gelaat word om My nederig te soek in alle dinge en in ‘n voortdurende toestand van berou sal Ek hierdie huise van Israel in hierdie land bou vir My doeleindes, My planne en My heerlikheid sal Ek hierdie huise van Israel herbou. Julle, julle vals huise van Israel, dink julle dat julle die demoniese magte sal oorleef wat oor julle volk gaan kom met die liederlike vodde wat julle geregtigheid noem! En met hierdie liederlike vodde van vals aanbidding, ontkenning van My ander huise van Israel en Dogters van Sion, dink julle dat julle die mag sal hê om te seëvier! Julle krag sal tot niet gaan, elkeen van julle wat My en die krag ontken wat Ek, EK IS wat EK IS julle mee wou geseën het en grootliks daarna verlang het om My Gees oor julle uit te giet! Maar julle wil My nie eens hoor nie, so verhard van hart en ongelowig het julle geword, deur julle verheffing in julle eie krag, vroom eiegereg­tigheid en eie eer, asof dit van My af kom! Soos wat julle My ontken het, so ontken Ek julle nou. My huise van Israel sal deur My hand gereinig word, deur My Heilige Gees wat nou op die punt is om oor julle land te kom. Soos ‘n allesverterende vuur sal My Heilige Gees neerdaal op Suid-Afrika om hierdie vals huise van Israel te verwyder, hierdie vals wagters en vals bewakers van My volk, wat My so verraai het en so baie van My volk mislei het wat na hierdie woorde kon geluister het, as julle net My stem kon gehoor het en My woorde deurgegee het aan My volk. Bekeer julle van hierdie groot boosheid wat julle gedoen het en Ek, EK IS wat EK IS sal na julle luister! Dit is nie My wil om julle te verwyder nie! Ek is lief vir julle en Ek wil julle baie graag lei met My liefde, om My volk te lei, om oor hulle te waak en om My volk van die bose weg te hou gedurende die tye wat gaan kom. Kom tot inkeer en keer terug na My en Ek sal na julle luister en julle ontvang! EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 77 ontvang op 3 November 2013

Valse Vrede

Dit is die laaste woorde wat jy vanaand aan My volk moet skryf. Soek hulle nie op wat na My, Ek, EK IS wat EK IS roep vir vrede onder die nasies nie. Vir vrede onder die nasies huil hulle groot riviere van leuenagtige trane voor die mensdom. Voor die mens­dom pleit en bedel hulle vir vrede onder die nasies, in weerwil van My woord deur My Skrifte. Valslik en met groot bedrog vir hul eie selfverheerliking smeek hulle vir hierdie vrede. Hulle uitroepe, hul trane, hul gepleit maak MY siek, want tevergeefs en valslik pleit hulle in hulle nietige selfverheerliking, aansien, eer van die mens en vir hul eie gewin, so pleit hulle valslik vir hierdie vrede. Het Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua julle nie vertel dat Ek het nie gekom het om vrede aan hierdie wêreld te bring nie, maar ‘n swaard, ‘n swaard van waarheid en geregtigheid. As ‘n Swaard wat die boosheid wat in die harte van die mens woon stukkend slaan, het Ek, EK IS wat EK IS hierdie swaard gebring. ‘n Swaard wat seuns van vaders skei en dogters van moeders skei, so verdeel hierdie swaard van waarheid en geregtigheid die volke van die aarde. Wend jou af van hierdie valse herders, wend jou af van hierdie valse leraars wat hierdie gruwels van vrede leer, want soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle alreeds gesê het, sal daar nooit vrede wees nie, net soos wat Ek gespreek het in die woorde van My geskrifte. Vrede sal slegs kom wanneer Ek, EK IS wat EK IS sal terugkeer as JaHshua om My koninkryk op aarde te vestig en vanaf My heilige stad sal Ek, EK IS wat EK IS die nasies van die aarde regeer, dan en slegs dan sal daar vrede, MY VREDE, in die wêreld onder die nasies wees. Hierdie woorde gee Ek aan julle sodat julle kan begin om die waarheid van My woorde te onderskei om diegene onder julle te identifiseer wat julle mislei en om julle terug te bring na My waarheid soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle verklaar het deur die woorde van My Woord en My geskrifte, want so het Ek, EK IS wat EK IS hierdie waarhede met julle gespreek. Soos wat julle voorvaders eens die groot Babilon onderskei het, wat probeer het om hulle te verteer en te vernietig en hulle gelei is om na hierdie kus te vlug, so nou moet julle nou vlug vanaf die vele Babilons wat My valslik aan julle voorstel. Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie gewaarsku dat die magte van die duisternis gedurende die einde van tye grootliks sal vermeerder in die wêreld nie? Hierdie magte van duisternis het die harte van hierdie valse leraars ingeneem en giet hul misleiding in hulle verstande in om hulle leuens en misleiding aan julle te gee om julle te mislei, net soos wat hierdie selfde magte van die duisternis ook gespreek het met die een derde van engele wat uitgewerp is, so groot is hul kennis en hul vermoë om te bedrieg. Hulle ken julle verlange na vrede en veiligheid en gebruik die verstande van hierdie mense om julle te mislei om te dink dat vrede moontlik is, terwyl dit nie is nie. Deur middel van hierdie vele valse leermeesters van die vele Babylons word hierdie groot misleiding in die verstande van hierdie valse leraars geplaas, om julle van My en My waarheid weg te hou en julle te lei na die dood. Open julle harte vir My en vra vir My geestelike onderskeiding, sodat julle kan begin om al hierdie valse leraars te onderskei, want die magte van die duisternis sal voortgaan met hul misleiding deur hierdie mense en deur hierdie mense sal die magte van die duisternis selfs groter geslepenheid spreek en sal selfs meer kragtiger woorde van oortuiging spreek, vergesel van valse tekens en wonderwerke, in hul pogings om julle te mislei. Baie sal mislei word en baie sal val en nog vele meer sal die vyande van My volk word, deurdat hulle dink dat hulle in My Naam geregtigheid doen, so groot sal hulle misleiding wees. Hulle sal My volk met geslepenheid en bedrog verraai en onder die dekmantel van vriendskap en broederskap in My Naam, sal hulle My volk verraai. Dit is oor hierdie redes dat Ek, EK IS wat EK IS nou gereedstaan om deur My Heilige Gees, hierdie geestelike onderskeiding aan julle te gee om hulle te onderskei wat vals is onder julle, sodat julle gespaar kan word van hulle verraad teenoor julle. In die uur wat julle hulle wat nie van My is nie, moet onderskei, vra hierdie onderskeiding en bevestig dit met My, en daarna moet julle nooit weer iets met hulle te doen hê nie en verwyder julleself uit hul teenwoordigheid op alle wyses wat julle hulle ken, skei julleself af van hulle! EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 76 ontvang op 3 November 2013

Die tyd van die Martelare het gekom!

Waarsku My volk, waarsku My volk, waarsku My volk, Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees spreek met hierdie hande om aan julle te skryf. Die tyd van die Martelare het gekom, die tyd van die Martelare het gekom, ja, die tyd van die Martelare het gekom. Alhoewel hierdie tye julle in groot benoudheid sal bring, moet dit so wees om die koring te sif en die kaf te verwyder wat My volk van binne en buite hul wonings vernietig. Moses het van die berg af gekom met My wet in sy hart en in sy hand, so het Moses van die berg afgekom. Moses staan nou op die toppe van die kranse en aanskou die groot boosheid van hierdie kaf tussen die kampe van My volk en die goue kalf wat hulle weer besig is om binne hierdie kampe te bou, in al hierdie kampe regdeur My kinders van Israel bou hulle hierdie goue kalwers van valse aanbidding, afgodery van elke soort, diefstal, leuens en bedrog bou hulle hierdie kalf. Tog sal hierdie kaf verwyder word en met groot krag sal hierdie kaf verwyder word, maar voordat dit verwyder is, sal baie van My volk en baie van My uitverkorenes oorgelewer word in die hande van die vyande van My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Die bloedlus van die vyande van My volk is sonder rede en in hulle vrees vir My, wat hulle sien in die gesigte van My volk, sal hulle daarna soek om diegene te vernietig wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee en gestuur het, julle, My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Alreeds word baie van hulle wat Ek gekies het, in verraad oorgelewer in die hande van hierdie vyande van My volk. Tog sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie verraaiers openbaar en hierdie verraaiers sal onder die kaf wees wat uitgewerp sal word vanuit My volk op daardie dag wanneer Ek deur My Heilige Gees met Moses sal spreek en hy aan julle sal verklaar; “maak op hierdie dag julle keuse om te staan met EK IS wat EK IS of met Baal”, en dan sal hulle hul keuse maak, soos wat My Heilige Gees sal veroorsaak dat hulle hul keuse maak, gedwing deur My Heilige Gees om die waarheid te bely wie hulle werklik dien. Dan sal hulle uitgewerp word vanuit die midde van My volk en dan sal Ek, EK IS wat EK IS begin met die vervolmaking van My volk. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle vertel het van My verlossing vir julle, so sal Ek, EK IS wat EK IS hulle verlos wat verraai is. EK IS wat EK IS, onthou hierdie woorde, want EK IS wat EK IS het nog maar net begin om op te staan vir My volk en in die dag wat Ek My mag ten volle sal openbaar aan die wêreld, in daardie dae, al daardie dae wat Ek, EK IS wat EK IS saam met My volk sal opstaan, sal die wêreld en die vyande van My volk bewe met ‘n groot vrees, want hulle sal weet dat EK IS wat EK IS lewe en hulle sal weet dat dit Ek, EK IS wat EK IS is wat hulle in My aangesig beveg het. Dan sal hulle vlug van My aangesig, Ek, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 75 ontvang op 3 November 2013

Die blindes weier om te sien

Meer woorde moet jy skryf, vir My, Ek, EK IS wat EK IS, moet jy hierdie woorde skryf aan hulle wat nie met My geestelike sien oë kan sien nie en omdat hulle nie met My geestelike oë kan sien nie, ook het hulle nie gevra om My geestelike oë te ontvang deur My Heilige Gees nie, faal hulle om hierdie woorde te verstaan, al hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS vir jou gee om vir My te skryf. Het Ek julle nie gesê nie, tog versuim julle om te verstaan dat elke woord, elke gedagte, elke daad in die boeke opgeskryf is vir die dag van oordeel en op die dag van die oordeel sal hierdie boeke geopen word. Dit is vanuit hierdie boeke en van dit wat opgeteken is oor die werke van die mensdom en die werke en dade van elke persoon, sowel as ieder en elke nasie van die mensdom, waarmee die nasies van hierdie wêreld geoordeel sal word, volgens die woorde wat in hierdie boeke geskryf is deur die onsigbare hand van My opname engele, wat al die werke van die mens elke oomblik opneem, elke uur en elke dag en tot aan die tyd van die einde sal hierdie engele die dade van die mensdom afneem. Op hierdie dag sal Ek, EK IS wat EK IS weer probeer om julle oë te open om hierdie woorde te verstaan. Hierdie woorde wat aan hierdie dienskneg gegee is om aan julle te skryf, om julle te waarsku en te spaar van die oordeel, almal van julle aan wie hierdie woorde geskryf en aangeteken is in die boeke van die werke en dade van die mensdom, wat ‘n getuienis sal wees dat selfs gedurende hierdie tye van oordeel en vergelding het Ek, EK IS wat EK IS die mensdom gewaarsku teen hierdie oordeel en vergelding wat gaan kom. In daardie dag en daardie uur wanneer alle volke, nasies, stamme en tale voor My sal staan, Ek, Ek is wat Ek is, sal die boeke oopgemaak word en niemand sal staan met enige verskoning of rede nie, omdat hulle werke en dade, almal van hulle, sowel as My woorde, My Skrif en al My waarskuwings aan die mensdom sedert Adam deur hulle onthou sal word en met hul eie tale sal hulle bely dat hulle skuldig is aan al hul dade en werke waarteen Ek, EK IS wat EK IS gepoog het om hulle herhaaldelik teen te waarsku. Ek, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 74 ontvang op 3 November 2013

Skryf aan die goeie kinders van Gam

Spreek nou sagkens, spreek sagkens deur hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS in jou hart spreek om te skryf aan die goeie kinders van Gam as My, ja as My, Ek, EK IS wat EK IS, My Heilige Gees waarmee Ek jou mee gesalf het, en jy sal skryf en jy sal skryf en doen soos wat My Heilige Gees in jou hart gee om te doen, alle en enige van My woorde wat Ek, EK IS wat EK IS in jou hart spreek deur My Heilige Gees, dit sal jy doen. Goeie kinders van Gam, het Ek, EK IS wat EK IS julle nie baie, baie seëninge gestuur nie? Het Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge, julle nie baie woorde van troos en baie woorde van instruksie en lering gestuur sodat julle kan voortgaan om die seëninge te geniet wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gee en wat Ek deur My volk aan julle gee, hierdie seëninge dat julle die vettigheid van die land sal geniet as julle maar net sal luister na My woorde nie? Hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het sedert Noag is en sal waar wees tot aan die einde van die wêreld. Hierdie woorde wat met Noag begin het, hierdie woorde wat bevestig en uitgelê is deur vele regdeur die geskie­denis van die mensdom, staan vas soos wat hulle staan sedert hulle die eerste keer aan julle gespreek is. Ek ken julle harte. Ek weet dat daar groot vrees en wanbegrip tussen julle en julle nasies heers. Hierdie verwarring, hierdie gees van verwar­ring kom van die bose een en sy dienaars wat spreek tot die harte van hulle wat My teenstaan en hulle wat valslik geestelike waarhede vir julle aanbied, direk gegee in hulle harte uit die mond van die bose een, die Satan, hy wat uitgewerp is, en hy wat ‘n derde van My hemelse leërskare bedrieg het. Hierdie bose het regdeur die geskiedenis van die mensdom in baie, baie harte gespreek sedert hierdie woorde van My seëninge en planne vir julle vir die eerste keer gespreek is tot julle stamvaders en julle voorvaders. Hierdie bose een gaan voort met sy leuens en misleiding en selfs tot vandag toe spreek hy sy leuens en misleiding tot julle en deur die monde van vele spreek die bose een. Die woorde het begin met My woord deur Noag wat gesê het, “jy sal ‘n dienskneg wees”. Tog het die mens, regdeur sy geskiedenis, hierdie woorde aan julle verkeerd geïnterpreteer vir sy eie persoonlike gewin, valslik en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die bedrog van hulle harte, het hulle hierdie woorde valslik aan julle gegee. Kinders van Gam, goeie kinders van Gam, luister nou na My deur die hande van hierdie dienskneg wat My dien op watter wyse Ek dit ookal in sy hart plaas om te skryf, so skryf hy en vrees hy geen mens nie en soos wat Ek, EK IS wat EK IS hom lei om te skryf, so skryf hy. Ja, goeie kinders van Gam, luister na My, na My, Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge wat was, sal wees en wat nog onbekend is vir die mensdom, dit het Ek alles geskep en sal voortgaan om alle dinge vir ewig en ewig te skep en selfs na die bestaan van tyd, sal Ek vir ewig voortgaan om alle dinge te skep. Ja Ek, EK IS wat EK IS, Hy wat staan as die Heerser en Koning van hierdie heelal en van daardie plekke wat nog onbekend is vir die mensdom, sal Ek, EK IS wat EK IS oor alle dinge heers, vir ewig. Luister julle nou en verstaan, die aarde wat Ek geskep het, die aarde wat Ek geseën het met lewende dinge van alle soorte en vanuit My mond het Ek, EK IS wat EK IS lewe gespreek aan alle lewende dinge, – hierdie aarde, hierdie planeet, hierdie wêreld is Myne. Dit is Ek, EK IS wat EK IS wat die mens uit die stof van die aarde geformeer het en uit die stof van die aarde het Ek, EK IS wat EK IS die eerste mens geskep en in hierdie lewelose liggaam het Ek, EK IS wat EK IS die eerste asem van die lewe in die mens ingeblaas en die mens het ‘n lewende wese geword. Dit was met die grootste liefde wat Ek, EK IS wat EK IS hierdie wêreld geskep het en hierdie wêreld oorhandig het aan die mens wat Ek geskep het om daaroor te heers en om hierdie wêreld te bestuur volgens My woorde en My wette, so was hierdie wêreld oorhandig aan die mens. Ek, EK IS wat EK IS is die Meester van hierdie wingerd wat Ek, EK IS wat EK IS die Aarde genoem het. Hierdie wêreld is een van die kroningsprestasies van alles wat Ek, EK IS wat EK IS geskep het en dit is geskep vir julle genot, julle plesier en om die hele mensdom te seën volgens My wil, My wette en My woorde. Ek, EK IS wat EK IS het die grense vasge­stel vir alle nasies van die mensdom op aarde en vir die ganse mensdom het Ek, EK IS wat EK IS hierdie grense vasgestel vir My planne en My doeleindes. Hierdie planne en hierdie doelein­des is Myne en op My tyd sal die mensdom ten volle verstaan waarom Ek, EK IS wat EK IS hierdie grense vasgestel het vir die nasies om daarbinne te woon en binne hierdie grense wat Ek vasgestel het, moes die nasies van die mensdom woon en in ooreenstemming met alles waarmee Ek, EK IS wat EK IS hierdie nasies sou rig, deur middel van hul leiers, om te doen volgens My wil en volgens My planne vir die mensdom. Dit is geskryf dat julle, die kinders van Gam, julle broers moes dien, maar nie volgens die manier wat valslik vir julle aangebied is, moes julle dien nie. Deur hierdie diens te doen, was jou broers, Sem en Jafet en hul afstammelinge, opdrag gegee om die vettigheid van die land te deel en aan jou te gee as jy sou aangehou het om hulle te dien, in ooreenstemming met My wil en My wette. Hoe moes jy jou broers dien? Het Ek, EK IS wat EK IS jou nie reeds hierdie diens getoon nie? Hierdie diens was nie om slawe te wees nie, hierdie diens was nie om onderdruk te word of om onmenslik teenoor jou te wees nie, nóg was hierdie diens ooit gegee om jou minder in My oë te maak, soos wat vele ander nasies jou valslik laat glo het. Julle moes bly binne die grense van julle nasies wat Ek aan julle gegee het. Julle moes My wil en My wette gevolg het. Jy moes jou broers, Sem en Jafet en hul nageslag erken het en jy moes jou broers dien op die volgende wyse. Julle moes dien as groot kunstenaars en bouers. Julle moes julle broers en hul nageslag dien met die kennis wat Ek, EK IS wat EK IS julle sou gee om julle broers, Sem en Jafet en hul afstammelinge te onderrig in die weë van die lande waarheen Ek, EK IS wat EK IS hulle sou lei, lande wat Ek, EK IS wat EK IS aan Abraham en sy nageslag belowe het. Soek nou die waarheid van hierdie woorde regdeur die geskiedenis van alle nasies en sien die kennis, die groot kennis wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het. Hierdie kennis is die grondslag van alle moderne ken­nis en op so vele maniere het Ek, EK IS wat EK IS julle hierdie kennis gegee, soos skrif, wiskunde, landbou, weefkuns, handel en gereedskap van alle soorte het Ek, EK IS wat EK IS julle gegee om hierdie kennis te deel met julle broers en hulle nageslag en julle het hierdie kennis gedeel. Dit was My wil hoe julle moes dien. Soveel kere as wat My woorde aan julle gegee was, so was My woorde aan hierdie afstammelinge van Noag en Abraham gegee om My wil te doen en om My wil te doen in ooreenstemming met alles wat Ek gespreek het deur die woorde van die Skrif, wat Ek deur die mond van My profete gegee het. In alle geregtigheid, waarheid, eerlikheid en in ooreenstemming met My wette moes hulle aan julle doen in alle korrektheid.

Aan Sem en aan die afstammelinge van Sem was dit deur My, Ek, EK IS wat EK IS gegee om My en My woord geestelik te verteenwoordig en regdeur die geskiedenis van die mensdom moes hulle My en My wil verteenwoordig, My woorde en My wette in alle geregtigheid oordra en hulle moes hierdie diens doen aan My, van My en vir My, om die mensdom te seën met My geregtig­heid, My liefde en in alles wat reg en goed was, moes hulle My verteenwoordig. Tog het Sem My gefaal. Sem het ‘n goue kalf onder die nasies gebou, ‘n goue kalf wat almal betower wat dit in verwondering en ontsag aanskou. Hierdie groot goue kalf is die grootste afvalligheid en huigelary (skynheiligheid) wat nog ooit bestaan het sedert die bose een My leërskare mislei het en hy uitgewerp is.

Jafet, aan wie gegee was om My te verteenwoordig in die wysheid van die wetenskappe en praktiese kennis, was dit ook gegee om deur middel van die kennis van die wetenskappe al die geslagte van die mensdom van die aarde te bedien. Selfs Jafet het My gefaal, wanneer hy hom nou in My plek in die mensdom veronderstel, om deur die verraad van die kennis van dit wat aan hom gegee is om die mensdom te seën, nou hierdie groot kennis gebruik om die mensdom met bedrog en ongeregtigheid te beheer, en so verraai Jafet My en die mensdom en het hy die gemoedere van sy broers vergiftig met hierdie groot kennis.

Baie is die woorde wat aan julle gegee is op hierdie oomblik, hierdie uur, hierdie dag en hierdie woorde is aan julle gegee sodat julle My woorde kan verstaan, My beloftes en My seëninge wat Ek, EK IS wat EK IS selfs nou aan julle gee. Selfs in die tye wat gaan kom, sal Ek, EK IS wat EK IS My beloftes aan julle onthou, as julle My sal onthou in alles wat Ek, EK IS wat EK IS julle gevra het om te doen deur My woorde en My wette. VREES VIR GEEN OOMBLIK NIE, VREES NIE! Want Ek, EK IS wat EK IS vertel julle op hierdie dag, dat julle en julle nasies voor My is, en ook diegene onder julle wat My wil, My woorde en My wette volg en julle sal voortgaan om daardie seëninge te geniet wat Ek aan julle gegee het en wat Ek beplan om aan julle te gee. Aan julle is gesê, soos wat aan die kinders van Israel gesê is, dat die uur van My vergelding en oordeel nou op hande is vir hierdie land Suid-Afrika en ook aan die nasies van die wêreld en dat dit so is. Dit sal binnekort ‘n tyd van groot uitwissing en verwarring wees, nie net onder die kinders van Israel wat woon in hierdie land van Suid-Afrika, soos wat Ek, EK IS wat EK IS hulle gelei het om daarbinne te woon in ooreenstemming met die beloftes wat aan hulle voorvader Abraham gemaak is nie, maar ook onder julle en julle nasies binne My, ja MY WINGERD, MY SUID-AFRIKA! Gedurende hierdie tyd sal baie van julle, die goeie kinders van Gam, My, My woorde en My wette soek en julle sal My woorde vind en julle sal My vind, Ek, EK IS wat EK IS. Onthou wat Ek aan julle gesê het deur hierdie hande wat aan julle skryf. Onthou hierdie, die afstammelinge van Israel, gedurende hierdie tye van dood en vernietiging. Help hulle op enige wyse wat hulle wil gedurende die tyd van vlug. Onthou dat hierdie kinders van Israel, die Boere, nooit julle vyand was nie. Aan julle en julle nasies was daar deur buitelanders gelieg, wat slegs die minerale rykdom van julle lande soek en selfs groter rykdom as wat aan julle vertel is. Hierdie buitelanders soek slegs die minerale rykdom van julle lande en sal dood en vernietiging aan julle bring, soos wat hulle reeds begin het om te doen en baie van julle broers en susters het alreeds die wrede hand gesien van hulle leuenagtige bedrog aan julle. Die Boere wou slegs plant en saai. Dit was nooit hul begeerte om hul rykdom te vergroot deur middel van hierdie groot minerale hulpbronne nie. Hulle, die Boere, het slegs na die groot geestelike rykdom en kennis van My, Ek, EK IS wat EK IS gesoek. Ek, EK IS wat EK IS het hulle, die Boere uitverkies, al voordat die fondamente van hierdie wêreld gelê is, om My wil te doen gedurende die einde van tye, vir die redding van baie regdeur die wêreld wat na hierdie kus sal kom. Hulle, die Boere, is ook deur My gekies as ‘n standaard waarmee alle ander nasies geoordeel sal word as gevolg van hul toewyding aan My, Ek, EK IS wat EK IS. Staan hulle by en seën hulle, want in die tyd wat Ek hulle nasies sal hervestig, sal hulle julle goeie dade onthou en die leiding van My Heilige Gees volg om julle te hou binne die lande wat Ek aan hulle sal wys om aan julle te gee om in te woon, sodat My seëninge vir julle en julle nasies kan voortgaan. As julle nie na My luister nie, en julle is ongehoorsaam aan My en as julle enige skade doen aan hierdie kinders van Israel, dan sal julle verwyder word van hierdie lande wat Ek, EK IS wat EK IS baie verlang om aan julle gee sodat Ek kan voortgaan om julle te seën, as julle maar net My woorde sal glo en volg wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gee op hierdie oomblik, hierdie uur, hierdie dag. EK IS wat EK IS en My woord en My woorde staan vir alle tye.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 73 ontvang op 2 November 2013

MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSÍN – Valse uitspraak in die Boeremag verhoor, 29 Oktober 2013

Julle het gelees, julle het gehoor, julle het gedink en dikwels het julle My woorde oorweeg; oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie, en as julle oordeel, oordeel regverdig. ‘n Regverdige oordeel, ‘n regverdige oordeel wat slegs deur My Heilige Gees kan kom, wat Ek, EK IS wat EK IS openbaar aan almal wat My oordele soek in die aangeleenthede van die mens soos wat Ek, Ek IS wat EK IS openbaar aan hulle wat My raad soek in daardie sake wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle gegee het. “MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSÍN” MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSÍN “MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSÍN”, woorde wat Ek, EK IS wat EK IS aan almal gewys het en die betekenis daarvan aan almal wie My ken. Het Ek, EK IS wat EK IS nie hierdie woorde elke keer gegee wanneer julle vir My volk gestaan het en vir My volk gestaan het om My te verteenwoordig nie, Ek, EK IS wat EK IS, om  regverdig te oordeel vir My volk en My mense nie? Het Ek, EK IS wat EK IS nie baie, baie maande gelede deur hierdie dienskneg gewaarsku oor hierdie waarskuwing van MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSÍN nie! Tog het julle hierdie woorde summier afgewys as die van ‘n besetene. Julle wat My volk valslik dien as herders, leiers en regters het hierdie woorde, MENÉ, MENÉ, TEKÉL UFARSÍN, geïgnoreer! Elke iedere oomblik toe julle hierdie besluite in die gesig moes staar vir en van My volk, het Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees in julle hart gespreek om regverdig te oordeel en op te tree vir en van My volk, My kinders, My Dogters van Sion, en My huise van Israel, het Ek, EK IS wat EK IS met julle harte gespreek om te doen wat reg en goed is voor My oë. Julle het My verraai toe Ek in julle harte gespreek het en vir julle eie skuldgevoel en sondes wat julle in die geheim gepleeg het, het julle My en My volk verraai en My volk verlei om hulle geboor­tereg weg te gee aan nasies wie Ek, EK IS wat EK IS julle verbied het om ooit te doen. Julle het My verraai en My volk bedrieg om hierdie geboortereg weg te gee, die geboortereg wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle voorvaders gegee het en aan Abra­ham en sy nageslag, so het julle hierdie groot boosheid gedoen. Het julle nie geweet of geglo dat as julle gedoen het wat Ek, EK IS wat EK IS julle in alle geregtigheid gewys het om vir My volk te doen en as julle in dié dag in geloof op My woord sou gestaan het, dat Ek, EK IS wat EK IS julle sou bygestaan en julle verlos het, maar julle was bang dat julle sondes bekend sou word voor die volk? Hierdie selfde sondes wat julle gelei het om My volk te bedreig om julle sondes verborge te hou en tog is dit in elk geval bekend? En nou, het julle My volk verraai en weer het julle vals en leuenagtig geoordeel teen die geregtigheid van My volk. Hierdie mense wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om My volk te verlos, het julle verraai met julle valse uitsprake teen My wil en woorde, het julle hulle verraai wat Ek uitverkies het om My volk te red. Julle dink dat julle My verslaan het, Ek, EK IS wat EK IS, in julle uitsprake teen hulle wie Ek, EK IS wat EK IS gekies het. Nee, o mens, wie is jy om te dink om My en My wil te oorweldig, Ek, EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS word deur geen mens bespot nie. Julle dink dat julle hierdie uitsprake in geregtig­heid gemaak het, tog was hierdie uitsprake nie in geregtigheid gemaak nie, hulle is gemaak om diegene wat julle nou dien, te paai, die vyande van My volk wat julle dien, vanuit julle eie vrese, alhoewel Ek met julle harte gespreek het deur My Heilige Gees om te doen wat reg en goed is voor My en die oë van julle wêreld. Dit was nie My wil dat julle geoordeel het soos wat julle geoordeel het nie, want deur die uitspreek van hierdie oordele, het julle nou die standaard en maat gestel waarop julle deur My geoordeel sal word, ja deur My, Ek, EK IS wat EK IS en My volk. Soos wat julle geoordeel het en soos wat die wêreld nou weet van hierdie oordele en ook getuie is, so sal julle geoordeel word, almal van julle wat julle teen My volk opgestel het, teen My kinders, My Dogters van Sion en My huise van Israel. Die woord wat julle met julle eie hand geskryf het, sal `n getuienis wees en sal nou teen julle getuig, nou in hierdie wêreld en teen julle voor My troon op die Dag van oordeel, en so sal julle geoordeel word. Aan diegene wat Ek uitverkies het om My wil te doen in hierdie dinge, julle het gedoen wat Ek, EK IS wat EK IS in julle harte geplaas het om deur My Heilige Gees te doen en om dit te doen vir My volk het Ek, EK IS wat EK IS dit in julle harte geplaas om te doen, sodat hierdie dag van oordeel wat teen julle was, bewerkstellig kon word om hierdie groter getuienis, testament en bewys teen die vyande van My volk te bewerkstellig. Weet en glo dat julle My wil, My wil, Ek, EK IS wat EK IS gedoen het en julle het My wil gedoen om hierdie getuienis, bewys en testament teen die vyande van My volk te bewerkstellig. Ek, EK IS wat EK IS, Ek is, ja, EK IS is met julle en weet dat Ek, EK IS wat EK IS staan saam met dié van julle wat standvastig vir My gestaan het in julle getuienis en bewys voor die mensdom, vir en van My volk. Julle het martelare vir My geword, ja vir My, Ek, EK IS wat EK IS. Weet en glo dat julle My wil gedoen het en weet en glo dat die weë van beproewing en verdrukking sal spreek tot die harte van julle broeders, om hulle voor te berei vir hulle take wat Ek, EK IS wat EK IS in hulle harte voorberei om te doen vir My volk, My kinders, My Dogters van Sion, en My huise van Israel, waar hulle ookal gevind sal word. Julle moed, oortuiging en krag wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle gegee het deur My Heilige Gees, is die grondslag waarop alle ander sal staan in hulle tyd van beproewing en verdrukking op hulle weë na martelaarskap, waar Ek, EK IS wat EK IS hulle ookal heen sal lei. Ja, julle het hierdie deur geopen en deur hierdie deur sal baie, baie meer van My volk nou deurstap en ook martelare vir My en My volk word, waar Ek, EK IS wat EK IS hulle heen mag lei. Weet dat Ek, EK IS wat EK IS saam met julle gestaan het in die uur van julle beproewinge en weet dat julle baie geliefd is en nie vergete nie, soek na My, Ek, EK IS wat EK IS, want Ek, EK IS wat EK IS sal vir julle kom en Ek, EK IS wat EK IS sal vir julle kom om julle te verlos op ‘n tyd en ‘n wyse waaraan julle nie eers kan dink nie. Julle, almal van julle wat opgestaan het teen die magte van die duisternis in die uur van julle versoeking, het My volk verlos op wyses wat nou eers sal begin om gesien en verstaan te word. So is My wysheid in die sake van die mens Ek, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 72 ontvang op 29 Oktober 2013

Boodskap vir Johannesburg, Bloemfontein en Filadelfia

Lukaas:

Vergewe My, Ek moet die wil van Vader doen om sy kinders te waarsku. Die plasing wat moet kom, kom met groot vrees en het My baie hartseer gelaat. Dit kon nie geplaas word alvorens die video nie gemaak is om hierdie plasing te vergesel soos deur Elohim opgedra as sy belofte aan ons volk gedurende die tye daarna en om julle hoop te gee deur die donker tye wat gaan kom.

EK IS wat EK IS:

Luister nou na My woorde, ja My woorde, Ek, EK IS wat EK IS speek hierdie woorde deur hierdie hande, hoe verskriklik hulle ookal blyk te wees. Vreeslik is hierdie woorde wat My berou, ja dit berou My, Ek, EK IS wat EK IS om My woorde te speek deur hierdie dienskneg wat aan julle gaan skryf, aan My volk, My kinders, My Dogters van Sion, My geliefde huise van Israel, almal van julle wat in hierdie stede woon. Stede wat EK IS wat EK IS liefgehad het vanaf hul begin en vanaf hulle begin het Ek, EK IS wat EK IS hul name liefdevol en met groot sorg gekies, wat in die harte van daardie mense geplaas was om hierdie stede te noem, My stede wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het om julle te seën en om My Naam te verheerlik.

Johannesburg, het Ek nie, het Ek, EK IS wat EK IS jou nie baie geseën en in alle dinge het Ek, EK IS wat EK IS hierdie groot stad geseën en met alle dinge het Ek, EK IS wat EK IS julle geseën en aan julle groot rykdomme van wysheid, kennis en rykdomme van elke soort het Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee. Tog het julle My verraai, My, Ek, EK IS wat EK IS en deur die jare het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku en julle gesmeek deur alles wat Ek aan julle gestuur het om julle te laat omdraai van julle verkeerde en bose weë, het Ek, EK IS wat EK IS julle gesmeek! Dag en nag het Ek julle gesmeek en saam met julle het Ek, EK IS wat EK IS julle gesmeek. Het jy nie geweet van My liefde vir jou nie, Johannesburg? Dit is gedaan, jy sal nie berou kry en bekeer nie, nóg sal jy My verder wil hoor nie, alhoewel Ek na jou geroep en gepleit het en jou gesmeek het om te bekeer, het jy My in My aangesig geweier en het jy My op elke moontlike manier verraai. Op elke moontlike manier het jy, Johannesburg, My verraai! Vir My, Ek, EK IS wat EK IS wat jou so liefgehad het! Ek het onder jou gewandel, Johannesburg, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Skepper het tussen julle gewandel en met My eie oë die boosheid gesien waaraan jy, Johannesburg jouself oorgegee het om My teenstander te dien en het jy op elke moont­like manier van My weggedraai om die teenstander te dien. Jy dien My teenstander doelbewus, vermakerig en arrogant en in My aangesig het jy van My af gedraai om die teenstander te dien en op elke denkbare wyse dien jy nou die teenstander. So groot het jou boosheid geword dat Ek, EK IS wat EK IS jou nie meer kan aanskou nie, as gevolg van hierdie groot boosheid wat elke uithoek van jou grense besmet en hierdie boosheid dring deur al jou grense en in al jou woonplekke. Van die geringste van hierdie wonings tot aan die grootste van hierdie wonings besmet hierdie boosheid jou grense en jou wonings. Teen My wil, My wil, Ek, EK IS wat EK IS het jy My verraai vanaf daardie eerste keer toe jy My liefde, My lyding en My dood verhandel het vir ‘n sak goud. Vir ‘n sak goud het jy My die eerste keer verraai, maar selfs gedurende daardie tyd het Ek, EK IS wat EK IS jou vergewe en het voortge­gaan om jou regdeur die jare te seën en het Ek, EK IS wat EK IS jou geseën met allerhande rykdomme, so groot was My seëninge wat Ek aan jou gegee het. Nog steeds wou jy nie na My luister nie, alhoewel Ek jou baie jare gegee het om berou te toon en te bekeer van jou weë en nou het jy hierdie stad, My stad, die stad wat Ek, EK IS wat EK IS persoonlik genoem het vir jou, self oorgegee aan die laagste soort buitelanders. Buitelanders wat Ek, EK IS wat EK IS in My wet verbied het om in te kom, het jy laat inkom en nou stink My geliefde stad, Johannesburg van hul boosheid, hulle towery en heksery, hul oortredings teenoor My wette en teenoor My volk. Hierdie stad stink van valse gelowe en van elke soort afgodery stink hierdie stad en sy stank van boos­heid vul My neusgate. EK IS wat EK IS onttrek van jou, Johan­nesburg, My stad, My geliefde stad Johannesburg. Dit berou My dat die profesieë nou in vervulling moet gaan, want soos wat Ek Nineve gespaar het, so sou Ek jou gespaar het, as jy My nie in My aangesig uitgedaag het nie. Maar Ek, EK IS wat EK IS, sal, as gevolg van My volk en hul vele gebede vir jou, jou vernietiging nie voltooi nie, totdat die einde van die wêreld aanbreek. JY sal val, Johannesburg, maar nie heeltemal nie, en ter wille van My volk sal Ek, EK IS wat EK IS jou spaar van totale vernietiging. Johannesburg, as jy net geweet het hoe diep My liefde vir jou is en hoe dit My berou om hierdie woorde aan jou te lewer op hierdie dag.

Bloemfontein, het jy geweet dat Ek, EK IS wat EK IS ook deur jou gewandel het en tussen julle het Ek, EK IS wat EK IS gewandel? Weet jy Bloemfontein, soos wat Ek die naam van Johannesburg in die harte van mense gespreek het om dit so te noem, so het Ek, EK IS wat EK IS ook in die harte van hulle gespreek wat jou genoem het. Bloemfontein, nog steeds soek jy na My, nog steeds roep jy na My en nog steeds weerstaan jy, Bloemfontein, die vyand na die beste van jou vermoë. Jy, ja jy, Bloemfontein, was en is nog steeds die hand wat My volk voed. In alle liefde voed jy My volk! In My Naam voed jy My volk en in My Naam en in My wil en in gehoorsaamheid aan My wette, kleef jy aan My om My volk te voed! Ek, EK IS wat EK IS sien jou werk vir My, alles daarvan. Ek, EK IS wat EK IS weet van al jou pogings om My volk te wek, beide binne en buite jou stad weet Ek, EK IS wat EK IS van hierdie pogings. Moeilikheid sal na jou toe kom, maar jy sal gespaar word en nie val nie, al sal jou moeilikheid groot wees. Hou vas aan My gedurende die tye wat kom. In die tye wat kom, hou vas aan My, EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS sal jou van die verwoesting spaar wat ander stede sal tref. In daardie dae en gedurende daardie tye moet julle wees soos die kinders van Israel rondom die mure van Jerigo, toe hulle My opdragte gehoorsaam het en in geloof alles gedoen het wat Ek, EK IS wat EK IS hul gevra het om te doen, dit het hulle gedoen. Bloemfontein, vrees nie en wees nie verskrik wanneer hierdie moeilikheid na jou toe kom nie. Bly in My en in My liefde en deur hierdie woorde wat Ek op hierdie dag aan jou gee, sal jy weet dat Ek, EK IS wat EK IS met jou sal wees. In voorbereiding vir daardie tye, berei Ek, EK IS wat EK IS die harte voor van hulle wat Ek vir My onder jou sal verwek om te bemoedig, te versterk, te spreek en te skryf, in jou uur van versoeking teen die magte van die duisternis en deur jou geloof in My, EK IS wat EK IS en deur middel van hulle wat Ek vir jou sal verwek, sal jy, Bloemfontein, verlos word en sal weer floreer as ‘n hart vir My volke. Vir jou geloof in My gedurende daardie tye wat kom, sal jy ‘n seën wees vir My volk en tot aan die einde van die wêreld sal jy jou altyd in My Naam verbly vir hierdie verlossing uit die hand van die teenstander. Bloemfontein, neem kennis en bind hierdie woorde aan jou hart dat jy guns in My gevind het, ja, My hart, Ek, EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS, is so lief vir jou.

Aan My stad, die stad van My liefde, My Broederlike Liefde. Het jy gedink dat Ek, EK IS wat EK IS jou vergeet het? Ek, EK IS wat EK IS het jou vir laaste gespaar in hierdie woorde, sodat jy hierdie woorde kan onthou, en weet dat Ek, EK IS wat EK IS met jou is. Alhoewel baie van jou geval het en My stad van broederlike liefde My wette en My wil gekompromitteer het, tog weerstaan groot getalle van jou nog die bose een. Tot vandag toe weerstaan groot getalle van jou die bose een en vanuit jou het vele gekom wat die bose een weerstaan het. Van jou Filadelfia, sal baie, baie meer opstaan teen die bose een! Ek ken jou hart, Filadelfia! Ek ken die daaglikse skande en hartseer wat jy dra wanneer jy kyk na die werke wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou gelewer het, ter nagedagtenis aan My, alles wat Ek, EK IS wat EK IS vir jou gedoen het en al daardie wat Ek, EK IS wat EK IS na jou gestuur het gedurende die voortye tot nou toe en nou sal Ek, EK IS wat EK IS voortgaan om hulle onder jou op te wek wat My wil in alle gehoorsaamheid sal nakom aan My, EK IS wat EK IS. Weet dat soos wat Ek, EK IS wat EK IS nou lewe en geleef het vanaf die begin en ook vir alle tye, weet dat Ek, EK IS wat EK IS ook met jou is en sal nie toelaat dat volledige vernietiging jou oorval nie. Die tye sal kom wanneer daar vernietiging binne en buite jou stad sal wees, maar weet dat Ek, EK IS wat EK IS, daardie tyd sal verkort en diegene wat jou ondergang soek, onder jou sal uitdryf en uit jou midde sal Ek, EK IS wat EK IS hulle met groot woede uitdryf en Ek, EK IS wat EK IS sal hulle met My eie hand en met die hande van hulle wat Ek sal opwek in My regverdige vergelding teen hulle, sal Ek, EK IS wat EK IS hulle met My woede uitdryf vanuit hierdie stad, My stad, die hart van My volke van My Dogters van Sion, en van My huise van Israel. Ek, Ek, EK IS wat EK IS sal hulle uitdryf vanuit My stad en met groot vreugde sal Ek hulle uitdryf uit My stad. Weet dat die verwoesting wat gaan kom, jou hartseer sal laat oor die werke van jou hande wat jy geskep het om jou volk en die werke van jou hande te gedenk tot My gedagtenis. Weet dat die vernietiging van hierdie werke groot hartseer en ontsteltenis vir jou sal bring, tog sal jy jou verbly in die bevryding vanuit die hand van die bose een wat Ek, EK IS wat EK IS met jou gespreek het op hierdie dag van jou bevryding, wanneer jy gedurende die tyd wat gaan kom, sal staan te midde van die verwoesting van hierdie werke, dan sal jy verheug wees in jou verlossing, so groot dit sal wees. Jy sal hierdie werke van jou hande herbou en sommige sal dele van die vernietiging moet bevat, om hierdie verlossing te onthou vanuit die hand van die bose een. In voorbereiding vir wat gaan kom, neem hierdie woorde wat lank gelede gegee is en bind hulle saam in jou geheue. Gedurende die tye van vernietiging wat gaan kom, sing hierdie lied vir My soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle sal verlos gedurende daardie tye.

Die Lied van Jong Suid-Afrika

En hoor jy die magtige dreuning?

Oor die veld kom dit wyd gesweef:

Die lied van ‘n volk se ontwaking

wat harte laat sidder en beef.

Van Kaapland tot bo in die Noorde

rys dawerend luid die akkoorde:

Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,

dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,

dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.

Die klop van die Voortrekkerwawiel

het die eeue se rus verstoor;

die klank van die voorlaaierskote

het klowe en kranse gehoor.

Die diere het stil staan en luister,

die bome het bewend gefluister:

Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,

dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,

dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.

Waar songloed in glorie die berge

oor hul fronsende voorhoof streel,

waar ruisende wind oor die vlaktes

met grassaad kerjakker en speel,

die land wat ons vaders gekoop het,

met bloed tot ons eie gedoop het:

Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,

dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,

dit is die LAND van Jong Suid-Afrika.

Die golwende veld is ons woning

en ons dak is die hemelblou;

die Vryheid alleen is ons koning,

sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.

Die stryd wat ons vaders begin het

sal woed tot ons sterf of oorwin het.

Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,

dit is die EED van Jong Suid-Afrika,

dit is die EED van Jong Suid-Afrika

In daardie dae en op daardie tyd Filadelfia, sal Ek, EK IS wat EK IS alles wat julle was, hernuwe en alles wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle begeer het, so groot is My liefde vir jou, My geliefde hart van My volke, Filadelfia. Onthou die woorde van hierdie lied, onthou hulle en bind hulle aan jou hart, almal van julle, My volk, My Dogters van Sion, My Huise van Israel, want in die dae van julle bevryding wanneer Ek, EK IS wat EK IS julle bevry het uit die hand van die teenstander, sal julle hierdie lied weer sing en julle sal met blydskap en vreugdevolle harte sing, wat julle gedink het al lank vergete was, so groot sal julle vreugde en blydskap wees. EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 71 ontvang op 29 Oktober 2013

Spreek met die goeie kinders van Gam

Alhoewel dit woede sal opwek vanuit sommige geledere van My volk, skryf My woorde wat Ek, EK IS wat EK IS met jou hart spreek aan die goeie kinders van Gam. Ek ken julle werke en julle ken reeds My woorde deur hierdie hande wat Ek, EK IS wat EK IS gespreek het. Vrees nie, want dit is nie My wil nie, Ek, EK IS wat EK IS, dat julle sal ly onder hulle wat julle verraai het vanuit julle eie nasies, volke en tale nie. Alhoewel julle grootliks geraak sal word deur die verkeerde optredes van julle bose broers en susters, spreek Ek, EK IS wat EK IS met julle in hierdie nag deur hierdie hande wat My woorde aan julle skryf, sodat julle troos kan vind in die wete dat Ek, EK IS wat EK IS ook plekke voorberei het in die noordelike en westelike lande van die see vir julle om in veiligheid te woon. Wanneer hierdie tye aanbreek waarteen julle gewaarsku is oor julle bose broers en susters en hulle begin om hulself te openbaar, berei voor om onder hulle uit te vlug, van onder die hordes uit wat na die noorde sal beweeg. Skei julleself af van hulle en Ek, EK IS wat EK IS sal julle lei en die gebiede toon wat Ek vir julle berei het om veilig in te woon tot aan die einde van julle dae. Uit julle midde het Ek, EK IS wat EK IS reeds van julle gekies en vele vanuit julle volke, nasies, stamme en tale weggestuur na hierdie gebiede. Uit die midde van hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies en gestuur het, sal hulle praat van hierdie plekke van skuiling in die gebiede wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle sal wys en julle daarheen lei. Aan hulle wat My stem nou hoor en aan hulle aan wie die middele gegee word om na hierdie gebiede te vlug, doen dit nou, in voorbereiding om diegene onder julle broers en susters te ontvang in die gebiede waarheen Ek julle sal stuur. Goeie kinders van Gam, luister nou na My, luister na My, Ek, EK IS wat EK IS, soos dit was in die dae van Jerusalem toe Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua My volk gewaarsku het om uit die stad te vlug wanneer hulle dit met leërs omsingel sien, so moet julle nou voorberei wees vir hierdie dinge. In daardie tyd het Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua, My volk vertel om te vlug wanneer hulle die stad deur leërs omsingel sien en toe hulle die stad deur leërs omsingel sien, het My volk voorberei om te vlug. In daardie tyd was hierdie leërs vir ‘n tyd onttrek en gedurende die tyd toe daardie leërs onttrek het, het My volk gevlug en nie een het omgekom nie. In daardie tye het die leërs later teruggekeer en die stad vernietig, My stad Jerusalem, maar geeneen van My volk het omgekom nie, omdat hulle ag geslaan het op My waarskuwings soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle nou ook waarsku. Julle weet reeds van daardie tye wat gaan kom, en dit sal wees gedurende daardie tye wat gaan kom, wanneer julle in staat sal wees om te vlug van die bedrog en verdeeldheid wat julle bose broers en susters sal teister. Wanneer hierdie tye voor die deur is en julle weet daarvan! VLUG!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 70 ontvang op 29 Oktober 2013

Tevergeefs soek die sprinkaan om ons te verslind

By die venster het julle gestaan, die vyande van My volk, by hierdie venster het julle gestaan en die lande na die noorde gesien en anderkant die lande sal julle, die vyande van My kinders, vyande van My volk, vyande van My Dogters van Sion, vyande van My huis van Israel, verdryf word, ja, julle sal verdryf word soos wat voorspel is en met die kragtige hand van My, EK IS wat EK IS, sal julle verdryf word en nie net deur My hand nie, maar deur hulle wat voorberei is vanuit My leërskare en ook vanuit die mens sal julle met ‘n kragtige hand van My vergelding weggedryf word en in al hierdie dinge sal julle verdryf word! EK IS wat EK IS het die einde van My geduld bereik en soos wat julle nou dink om My volk weg te dryf vanuit hierdie lande wat Ek, EK IS wat EK IS hulle heen gestuur het vir My beplanning en My doelwitte, so sal Ek, EK IS wat EK IS nou julle eie planne omdraai teen julle en vanuit julle eie volke en nasies, stamme en tale sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle My krag toon deur julle eie mense wat ‘n groot dwaling en verdeeldheid onder julle sal bring, ‘n dwaling en verdeeldheid van groot twis en onmin. In ‘n dwaling en verdeeldheid sonder begrip of doel sal julle, die een teen die ander draai en julle sal nou mislei en verstandloos word, en julle sal aangedrewe wees om sprinkane oor die land te word wat alles sal verslind in julle pad, in julle groot dwaling en verdeeld­heid. In daardie dae en in daardie tyd wanneer julle sal draai, die een teenoor die ander, sal My volk kom en hulle sal kom vanwaar Ek hulle ookal sal roep, vandaar sal hulle kom, vanuit alle hoeke van die aarde sal hulle kom om julle te verdryf na daardie lande toe wat Ek, EK IS wat EK IS julle heen sal stuur. Nie meer sal julle woon in die lande wat Ek, EK IS wat EK IS eens aan julle gegee het nie. Dit word geneem in julle vergelding soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku het dat hierdie dinge so sou gebeur. Maar julle het gelag, gespot en My in My aangesig gehoon. Berei voor vir hierdie reis, hierdie reis wat julle gedink het om My volk te vernietig, is nou julle reis en dit sal ‘n reis van trane en hartseer wees, want in daardie tyd sal julle arrogansie en hoogmoed verwyder word en julle sal verdryf word en sal in groot getalle vlug en julle sal gedryf word en vlug na die lande en tot by grense, wat verder na die noorde sal wees as wat julle gedink het en hierdie grense sal so wees, dat julle en die wêreld sal weet, Ek, EK IS wat EK IS stel die grense van volke vas. Hulle wat daarna sou streef om hierdie grense, volgens My wil en beloftes aan My volk, te verander, sal hul grense, hulle volke en hulle lande verloor en verdryf word waar ookal Ek, EK IS wat EK IS besluit om hulle heen te verdryf, en Ek sal hulle verdryf in My toorn en vergelding as gevolg van hul uittarting van My, My wette en My volk. EK IS wat EK IS en julle sal weet en julle sal sien en julle sal My en My Naam onthou, EK IS wat EK IS in hierdie wêreld. Hierdie wêreld, My wêreld, wat Ek geskape het vir My volk en vir hulle wat My sal volg en My wil en My wet sal doen, vir hulle het Ek hierdie wêreld gegee. Daar is geen verskoning vir enige van julle nie, want dit is geskrywe in die Skrif, My wil vir hierdie wêreld, deur die beloftes wat Ek, EK IS wat EK IS gemaak aan My volk en hul nageslag. Julle is ook weer en weer gewaar­sku, selfs tot in hierdie huidige tyd was julle gewaarsku. Na daardie tye wanneer julle vanuit hierdie lande weggedryf is wat Ek aan My volk gegee het en vanuit die lande wat Ek, EK IS wat EK IS van julle sal neem en gee aan My volk in My vergelding aan julle, selfs tot aan die einde van die wêreld, sal julle My Naam in vrees en bewing mompel en My onder julle volk verklaar en sê, ons ly as gevolg van ons uittarting van Ek, EK IS wat EK IS, hy wat was, is en vir ewig sal wees. EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 69 ontvang op 28 Oktober 2013

Beloftes vir Filadelfia

Aan My Dogters van Sion, aan My stad van broederlike liefde wat woon as My Dogter van Sion, weet julle in hierdie nag, hierdie oomblik, hierdie uur, nou tot aan die tyd van My wederkoms, dat Ek, EK IS wat EK IS met julle is, soos wat Ek vele kere vantevore aan julle gesê het. Soos wat julle gekies het om in My liefde te woon, sal Ek, EK IS wat EK IS woon binne-in julle met My liefde, EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS sal julle in My liefde intrek, selfs nog nader sal Ek julle dieper en dieper in My liefde intrek. Uit julle midde het Ek, EK IS wat EK IS vele harte voorberei om My Goddelike Liefde te ontvang en hulle sal in My Goddelike Liefde ingetrek word en by My bly om My wil te doen op watter wyse Ek, EK IS wat EK IS hulle sal wys om My wil te doen en My wil sal hulle doen. Gedurende die dag sal hulle My wil doen en gedurende die nag sal hulle My wil doen, en hulle sal My wil doen op watter tyd Ek hulle ookal sal vra om My wil te doen. Met die grootste liefde sal hierdie wat geroep is om in My Goddelike Liefde te woon, My wil doen, met My Liefde, My Liefde, My Goddelike Liefde, EK IS wat EK IS. Hierdie wie Ek, EK IS wat EK IS gekies het om in My Goddelike Liefde te woon, sal hierdie Goddelike Liefde op allerhande wyses weerspieël, hetsy om lief te hê, te genees, te onderrig, te vermaan of te bestraf, sal hulle My Goddelike Liefde doen. Ek sal hulle ‘n lig, ‘n lig van My Heilige Gees gee wat sal skyn vanuit My Heilige Gees deur hulle wat Ek gekies het, ‘n lig wat gesien sal word, gehoor en gevoel sal word deur My volk en nie net met die sintuie van die fisiese liggaam nie, maar met die sintuie van die gees, hart en siel sal My Goddelike Liefde gesien en gevoel word van hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om by te woon gedurende hierdie tyd en die tye wat nou op julle is en in die tye van die groot uitwissing en vrees wat sal kom oor hierdie land Suid-Afrika. Dit is My teken tussen julle, Dogter van Sion en My, dat Ek, EK IS wat EK IS, met julle is. Aan hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het en sal kies om My volk te lei gedurende hierdie tye, berei voor vir My geskenk van My nederigheid aan julle, want julle is op die punt om My nederigheid te ontvang op ‘n wyse wat julle nie poog nie. Wees nie bevrees of ontsteld oor hierdie nederigheid nie, alhoewel dit mag lyk of julle lewens en alles wat julle weet in julle geloof en oortuigings geskud sal word, so groot sal My nederigheid wees wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gaan gee. Ek het alreeds julle harte voorberei en het julle harte vir baie jare voorberei om hierdie nederigheid te ontvang. Dit moet so wees en dit sal altyd by julle wees om julle in alle nederigheid naby aan My te hou vir die fisiese en geestelike beskerming van My volk gedurende die tye wat nou oor julle kom en in daardie tye wat nog moet kom. Daardie tye, ja daardie tye wat My volk dink hulle ken, tog kan hulle nie eers begin om die groot boosheid, dood en verwoesting voor te stel wat hierdie tye sal bring nie. Hierdie einste oomblik nou, stuur Ek, EK IS wat EK IS My Heilige Gees vir die finale voorbereiding van julle harte om hierdie nederigheid en wysheid en begrip te ontvang van waarom dit so moet wees, so diep is hierdie nederigheid en geestelike wysheid en begrip wat in staat moet wees om hierdie nederigheid te dra. Dit is hierdeur, deur My nederigheid wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle sal gee, hierdie nederigheid wat My teenwoordigheid met julle sal verseker in alles wat julle poog om te doen in My wil en in My Naam vir My volk om hulle te beskerm in hierdie uur van dood en in hierdie uur van versoeking, om hulle fisies en geestelik te behou en te beskerm van die weë wat oor hierdie land gaan kom. Dit moet so wees, wagters van My volk. Dit moet so wees om julle te behoed teen die versoekings van die vlees en die ydelheid van die vlees, daarom moet dit so wees en altyd moet My nederigheid in julle gevind word in alles wat julle sal doen in My Naam en vir My kinders en vir My, EK IS wat EK IS.