Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 70 ontvang op 29 Oktober 2013

Tevergeefs soek die sprinkaan om ons te verslind

By die venster het julle gestaan, die vyande van My volk, by hierdie venster het julle gestaan en die lande na die noorde gesien en anderkant die lande sal julle, die vyande van My kinders, vyande van My volk, vyande van My Dogters van Sion, vyande van My huis van Israel, verdryf word, ja, julle sal verdryf word soos wat voorspel is en met die kragtige hand van My, EK IS wat EK IS, sal julle verdryf word en nie net deur My hand nie, maar deur hulle wat voorberei is vanuit My leërskare en ook vanuit die mens sal julle met ‘n kragtige hand van My vergelding weggedryf word en in al hierdie dinge sal julle verdryf word! EK IS wat EK IS het die einde van My geduld bereik en soos wat julle nou dink om My volk weg te dryf vanuit hierdie lande wat Ek, EK IS wat EK IS hulle heen gestuur het vir My beplanning en My doelwitte, so sal Ek, EK IS wat EK IS nou julle eie planne omdraai teen julle en vanuit julle eie volke en nasies, stamme en tale sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle My krag toon deur julle eie mense wat ‘n groot dwaling en verdeeldheid onder julle sal bring, ‘n dwaling en verdeeldheid van groot twis en onmin. In ‘n dwaling en verdeeldheid sonder begrip of doel sal julle, die een teen die ander draai en julle sal nou mislei en verstandloos word, en julle sal aangedrewe wees om sprinkane oor die land te word wat alles sal verslind in julle pad, in julle groot dwaling en verdeeld­heid. In daardie dae en in daardie tyd wanneer julle sal draai, die een teenoor die ander, sal My volk kom en hulle sal kom vanwaar Ek hulle ookal sal roep, vandaar sal hulle kom, vanuit alle hoeke van die aarde sal hulle kom om julle te verdryf na daardie lande toe wat Ek, EK IS wat EK IS julle heen sal stuur. Nie meer sal julle woon in die lande wat Ek, EK IS wat EK IS eens aan julle gegee het nie. Dit word geneem in julle vergelding soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku het dat hierdie dinge so sou gebeur. Maar julle het gelag, gespot en My in My aangesig gehoon. Berei voor vir hierdie reis, hierdie reis wat julle gedink het om My volk te vernietig, is nou julle reis en dit sal ‘n reis van trane en hartseer wees, want in daardie tyd sal julle arrogansie en hoogmoed verwyder word en julle sal verdryf word en sal in groot getalle vlug en julle sal gedryf word en vlug na die lande en tot by grense, wat verder na die noorde sal wees as wat julle gedink het en hierdie grense sal so wees, dat julle en die wêreld sal weet, Ek, EK IS wat EK IS stel die grense van volke vas. Hulle wat daarna sou streef om hierdie grense, volgens My wil en beloftes aan My volk, te verander, sal hul grense, hulle volke en hulle lande verloor en verdryf word waar ookal Ek, EK IS wat EK IS besluit om hulle heen te verdryf, en Ek sal hulle verdryf in My toorn en vergelding as gevolg van hul uittarting van My, My wette en My volk. EK IS wat EK IS en julle sal weet en julle sal sien en julle sal My en My Naam onthou, EK IS wat EK IS in hierdie wêreld. Hierdie wêreld, My wêreld, wat Ek geskape het vir My volk en vir hulle wat My sal volg en My wil en My wet sal doen, vir hulle het Ek hierdie wêreld gegee. Daar is geen verskoning vir enige van julle nie, want dit is geskrywe in die Skrif, My wil vir hierdie wêreld, deur die beloftes wat Ek, EK IS wat EK IS gemaak aan My volk en hul nageslag. Julle is ook weer en weer gewaar­sku, selfs tot in hierdie huidige tyd was julle gewaarsku. Na daardie tye wanneer julle vanuit hierdie lande weggedryf is wat Ek aan My volk gegee het en vanuit die lande wat Ek, EK IS wat EK IS van julle sal neem en gee aan My volk in My vergelding aan julle, selfs tot aan die einde van die wêreld, sal julle My Naam in vrees en bewing mompel en My onder julle volk verklaar en sê, ons ly as gevolg van ons uittarting van Ek, EK IS wat EK IS, hy wat was, is en vir ewig sal wees. EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 69 ontvang op 28 Oktober 2013

Beloftes vir Filadelfia

Aan My Dogters van Sion, aan My stad van broederlike liefde wat woon as My Dogter van Sion, weet julle in hierdie nag, hierdie oomblik, hierdie uur, nou tot aan die tyd van My wederkoms, dat Ek, EK IS wat EK IS met julle is, soos wat Ek vele kere vantevore aan julle gesê het. Soos wat julle gekies het om in My liefde te woon, sal Ek, EK IS wat EK IS woon binne-in julle met My liefde, EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS sal julle in My liefde intrek, selfs nog nader sal Ek julle dieper en dieper in My liefde intrek. Uit julle midde het Ek, EK IS wat EK IS vele harte voorberei om My Goddelike Liefde te ontvang en hulle sal in My Goddelike Liefde ingetrek word en by My bly om My wil te doen op watter wyse Ek, EK IS wat EK IS hulle sal wys om My wil te doen en My wil sal hulle doen. Gedurende die dag sal hulle My wil doen en gedurende die nag sal hulle My wil doen, en hulle sal My wil doen op watter tyd Ek hulle ookal sal vra om My wil te doen. Met die grootste liefde sal hierdie wat geroep is om in My Goddelike Liefde te woon, My wil doen, met My Liefde, My Liefde, My Goddelike Liefde, EK IS wat EK IS. Hierdie wie Ek, EK IS wat EK IS gekies het om in My Goddelike Liefde te woon, sal hierdie Goddelike Liefde op allerhande wyses weerspieël, hetsy om lief te hê, te genees, te onderrig, te vermaan of te bestraf, sal hulle My Goddelike Liefde doen. Ek sal hulle ‘n lig, ‘n lig van My Heilige Gees gee wat sal skyn vanuit My Heilige Gees deur hulle wat Ek gekies het, ‘n lig wat gesien sal word, gehoor en gevoel sal word deur My volk en nie net met die sintuie van die fisiese liggaam nie, maar met die sintuie van die gees, hart en siel sal My Goddelike Liefde gesien en gevoel word van hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om by te woon gedurende hierdie tyd en die tye wat nou op julle is en in die tye van die groot uitwissing en vrees wat sal kom oor hierdie land Suid-Afrika. Dit is My teken tussen julle, Dogter van Sion en My, dat Ek, EK IS wat EK IS, met julle is. Aan hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het en sal kies om My volk te lei gedurende hierdie tye, berei voor vir My geskenk van My nederigheid aan julle, want julle is op die punt om My nederigheid te ontvang op ‘n wyse wat julle nie poog nie. Wees nie bevrees of ontsteld oor hierdie nederigheid nie, alhoewel dit mag lyk of julle lewens en alles wat julle weet in julle geloof en oortuigings geskud sal word, so groot sal My nederigheid wees wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gaan gee. Ek het alreeds julle harte voorberei en het julle harte vir baie jare voorberei om hierdie nederigheid te ontvang. Dit moet so wees en dit sal altyd by julle wees om julle in alle nederigheid naby aan My te hou vir die fisiese en geestelike beskerming van My volk gedurende die tye wat nou oor julle kom en in daardie tye wat nog moet kom. Daardie tye, ja daardie tye wat My volk dink hulle ken, tog kan hulle nie eers begin om die groot boosheid, dood en verwoesting voor te stel wat hierdie tye sal bring nie. Hierdie einste oomblik nou, stuur Ek, EK IS wat EK IS My Heilige Gees vir die finale voorbereiding van julle harte om hierdie nederigheid en wysheid en begrip te ontvang van waarom dit so moet wees, so diep is hierdie nederigheid en geestelike wysheid en begrip wat in staat moet wees om hierdie nederigheid te dra. Dit is hierdeur, deur My nederigheid wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle sal gee, hierdie nederigheid wat My teenwoordigheid met julle sal verseker in alles wat julle poog om te doen in My wil en in My Naam vir My volk om hulle te beskerm in hierdie uur van dood en in hierdie uur van versoeking, om hulle fisies en geestelik te behou en te beskerm van die weë wat oor hierdie land gaan kom. Dit moet so wees, wagters van My volk. Dit moet so wees om julle te behoed teen die versoekings van die vlees en die ydelheid van die vlees, daarom moet dit so wees en altyd moet My nederigheid in julle gevind word in alles wat julle sal doen in My Naam en vir My kinders en vir My, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 68 ontvang op 28 Oktober 2013

Die Geelhoute van Houtbaai

EK IS wat EK IS, Ek is, Hy wat alle dinge openbaar aan My diensknegte deur wie ookal en deur watter middele Ek ookal kies, openbaar Ek, EK IS wat EK IS alle dinge. Sodat hulle kan glo, vertel hulle Lukaas, van die woude van geelhoute van Houtbaai wat eens was, laat dan hulle wat wysheid het, die betekenis van hierdie woorde verstaan vir hierdie en vir die tye wat gaan kom. EK IS wat EK IS, hulle sal weet en verstaan.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 67 ontvang op 28 Oktober 2013

Die storm oor Suid-Afrika kom!

Berei voor Suid-Afrika, berei voor, My volk, berei voor, al My Dogters van Sion, BEREI VOOR! BEREI VOOR! BEREI VOOR! EK IS wat EK IS spreek op hierdie oomblik deur hierdie hande van hierdie dienskneg om My wil te doen soos wat hy altyd My wil doen wanneer Ek, EK IS wat EK IS hom vra om My wil te doen, dan doen hy My wil. Vanaand bokant My berg, vanaand bokant My geliefde stad van broederlike liefde het julle die begin van My toorn gesien en deur die spoed en felheid van hierdie storm het julle My gesien en gehoor, Ek, EK IS wat EK IS. Dit was van My af, Ek, EK IS wat EK IS wat julle gesien en gehoor het wat spreek deur die weerlig en donderweer oor wat gaan kom en wat gaan kom, sal wees soos hierdie donder en weerlig, so verwoed sal dit wees gedurende die tye wat Ek, EK IS wat EK IS deur Suid-Afrika sal loop met My leërskare en met My leërskare sal Ek, EK IS wat EK IS My goddelike wraak bring oor almal van hulle wat My in My aangesig gehoon en bespot het. In daardie tyd en in daardie dae sal hulle weet dat Ek, EK IS wat EK IS loop deur Suid-Afrika en hulle, My vyande en die vyande van My volk sal vrees en bewe in My teenwoordigheid. Julle was gewaarsku en deur elke moontlike middel was julle gewaarsku, leef nou om My dade te sien, die dade van Ek, EK IS wat EK IS wat al lank gelede aan julle voorspel is deur al My profete, Siener van Rensburg, Johanna Brandt en vele, vele ander wat na julle gestuur is om julle te waarsku, om hierdie profesieë te bevestig en her te bevestig. EK IS wat EK IS, julle sal My Hand oor hierdie land sien, oor hierdie land sal julle My hand sien, EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 66 ontvang op 28 Oktober 2013

Julle wil nie na hierdie waarskuwings luister nie

Die sorge van vandag wat julle dink môre sal beïnvloed, is van geen waarde nie, want wat gaan kom, is net die begin van die smarte en die dinge wat vandag vir julle belangrik is, sal geen betekenis of invloed hê op die tye wat gaan kom nie. EK IS wat EK IS, hoeveel meer woorde het julle nodig? Hoeveel keer nog en op hoeveel meer maniere moet Ek, EK IS wat EK IS julle waarsku en vertel van hierdie dinge? Tog wil julle nie luister nie en gaan voort met julle lewens, al breek die water oor die boog van julle sinkende skepe! Genoeg woorde en genoeg waarsku­wings is reeds aan julle gegee! Soek nou julle geloof en soek julle vertroue in My, EK IS wat EK IS, met al die ywer van julle hart, gees en siel om julle hart, gees en siel voor te berei vir wat gaan kom, want wat gaan kom, sal hierdie sorge wat julle vandag het, betekenisloos maak en so betekenisloos sal dit word dat dit vergeet sal word in die tye wat gaan kom, so betekenisloos is hierdie sorge wat julle vandag bedink! Julle hart, julle gees, julle siel is soos woestyne en wildernisse, so dor is hulle weens die gebrek aan geloof en vertroue in My, EK IS wat EK IS, wat nodig sal wees om hierdie tye die hoof te bied en so dor is hulle van die waters van My lewe wat vrylik aan julle gegee was om vanuit te drink. Dit is as gevolg van hierdie dorheid dat baie, baie van julle sal sterf in die groot uitwissing wat gaan kom. So dikwels het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku deur alle moontlike middele, maar julle het gelag, julle het gespot en julle het My gehoon, Ek, EK IS wat EK IS, ja, julle het dit aan My gedoen.

Hoe het ons hierdie dinge aan U gedoen, Vader? Wanneer het ons gelag? Wanneer het ons gespot? Wanneer het ons gehoon? Het ons nie die volk gewaarsku nie? Het ons nie groot voorbe­reidings gemaak en die volk in U Naam voorberei nie?

EK IS wat EK IS! EK IS wat EK IS! EK IS wat EK IS! het vir julle gesê dat julle werke en julle geregtigheid soos vuil vodde is voor My! Al hierdie dinge wat julle gedoen het, was vir julle eie selfverheerliking, sodat julle onder die volk gesien kon word as redders van die volk, as leiers van die volk aan wie veel guns en glorie betoon moes word, maar dit was nooit deur My verorden nie. My volk sal omkom, omdat julle hulle nie met die woorde van My verlossing gevoed het nie, julle het hulle nie met die woorde van berou en vergifnis gevoed nie en julle het hulle nie met die woorde van geloof, vertroue en glo in My, EK IS wat EK IS nie, Hy wat persoonlik My volk sal lei en rig na die plek wat Ek, EK IS wat EK IS uitgekies het vir My volk. Julle valse leiers! Julle huig­elaars! Julle leuenaars en diewe van die gees, hart en siel van My volk! Julle het julle beloning ontvang en julle loon sal onthou word deur die groot uitwissing waarna julle diegene lei wat julle volg en wat julle vertrou het, in stede van om My, EK IS wat EK IS te volg en te vertrou! As gevolg van julle vergaan My volk van die pes van honger vir die geloof en vertroue in My, wat julle gefaal het om aan hulle te leer! As gevolg van julle het hulle hul vertroue in julle en die werke van julle hande sowel as die werke van hul eie hande geplaas en ten spyte van My woorde, het hulle hulle vertroue daarin geplaas! Ek, EK IS wat EK IS het alreeds gesê dat Ek julle sal verlos en Ek, EK IS wat EK IS het julle alreeds gesê hoe om voor te berei vir hierdie tye! As julle My net geglo en vertrou het, Ek, EK IS wat EK IS! As julle My maar net geglo en vertrou het dat Ek woon in die hart van die mens en het altyd en sal altyd die sake van die mens aanvoer, ELKE EEN DAARVAN! As julle maar net geglo en vertrou het in MY KRAG, EK IS wat EK IS, My krag om julle te bevry in hierdie tye wat gaan kom! Soos wat dit reeds voorspel is, sal sommige van julle hierdie groot uitwissing oorleef wat gaan kom, sodat julle die hartseer en verdriet vir die res van julle lewensdae sal dra, vir hierdie groot onheil wat julle in My Naam aan My volk gedoen het, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 65 ontvang op 24 Oktober 2013

Julle moet bekeer!

Julle moet bekeer, Ek, EK IS wat EK IS sal dit weer met liefde sê, met My Goddelike liefde, ‘n bekommerde liefde vir julle, julle moet julle bekeer. Dit is ‘n maklike ding om te doen, gee dit net vir My, vra My om julle te wys hoe, vra My, EK IS wat EK IS om julle ‘n berouvolle hart te gee. Het Ek, EK IS wat EK IS nie aan julle gesê om al julle laste aan My te gee nie en Ek, EK IS wat EK IS sal hulle vir julle dra en aan julle alles gee wat julle vra, selfs as julle My nie geken het nie? Julle moet dit slegs vir My gee en vir My sê, Ek ken U nie, EK IS wat EK IS, help My om U te ken en Ek, EK IS wat EK IS sal julle wys en Myself aan julle openbaar. In alle vrae, bekommernisse, klagtes en ja, selfs die grootste twyfel, GEE DIT VIR MY OM TE DRA en Ek, EK IS wat EK IS sal julle wys en selfs die geringste daarvan openbaar in My antwoorde aan julle! Bekeer julle van julle weë en keer terug na My, EK IS wat EK IS, want die tyd is kort. Omdat die tyd kort is, sal Ek, EK IS wat EK IS, die krag van My Heilige Gees laat toeneem in julle harte om die gees van berou vinnig te vind sodat Ek, EK IS wat EK IS, julle in My kan verseël. Sonder hierdie seël sal julle nie My koninkryk kan binnegaan nie, sonder hierdie seël sal julle na die teenstander val en die deur van redding sal vir ewig gesluit word vir julle. Het Ek julle nie gesê en vertel en op elke moontlike manier aan julle geopenbaar hoe lief Ek julle het nie! Dit is as gevolg van My liefde vir julle, My Goddelike Liefde vir julle, dat Ek nou ‘n beroep op julle doen en dat Ek die krag van My Heilige Gees in julle harte versterk om hierdie bekering te soek. In hierdie bekering sal julle die begin van die reise vind wat Ek, EK IS wat EK IS beplan en voorberei het vir julle sedert die begin en op hierdie reise sal Ek, EK IS wat EK IS waarhede van so ‘n omvang aan julle openbaar, dat julle geloof in My, julle vertroue in My en julle liefde in My, nooit geskud sal word nie, so groot sal dit wees en moet dit wees in hierdie en gedurende die tye wat gaan kom. Dit is geskryf dat in hierdie tye, die teenstander en sy leërskare sal toeneem en dat dit deur My toegelaat sal word om hul teenwoordigheid in julle wêreld te verhoog, sodat alles wat in die profesieë vir julle wêreld voorspel is, voltooi kan word. Soos wat dit geskryf en voorspel is vir hierdie tye, wanneer Ek, EK IS wat EK IS weer sal opstaan vir My volk en die hele wêreld sal weet dat EK IS, so sal die krag van die vyand en sy leërskare wees deur hul leuenagtige misleiding en leuenagtige wonderwerke wat hulle vir die wêreld aanbied en sal aanbied om die mensdom te betower. Bekeer julle en draai julle na My sodat Ek, EK IS wat EK IS julle kan red van die rampe en katastrofes wat nou oor julle wêreld gaan kom. Dit is nie My wil nie, dit is nie binne My Goddelike Liefde dat enigeen moet ly of vergaan nie. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS die mensdom sedert die val gewaarsku het en julle deur julle hele geskiedenis getoon het, dat hulle wat hulle afgewend het van My, vergaan het, omdat hulle gekies het om te vergaan, eerder as om My liefde te ontvang wat Ek so graag vir hulle wou gee, daarom waarsku Ek julle nou, EK IS wat EK IS, met die grootste Goddelike Liefde, keer terug na My, My volk, keer terug na My, My nasies, keer terug na My, My huise van Israel, want die finale voorbereidings word regdeur die hele wêreld getref om alles te bereik wat voorspel is tot aan die einde. EK IS wat EK IS, Ek het julle so lief, keer terug na My, keer terug na My, keer terug na My!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 64 ontvang op 24 Oktober 2013

Openbaring van die Goddelike Liefde

Dogter van Sion, Berg Sion, My hele volk, al My kinders, op die fondament van JaHshua, bou My woning van My Goddelike Liefde en woon daarin, saam met My, EK IS wat EK IS. Hierdie is My koninkryk, die koninkryk wat Ek julle altyd getoon het deur My woorde en geskrifte. Dit is Ek, EK IS wat EK IS en hierin woon Ek en Ek, EK IS wat EK IS nooi julle in hierdie woning in, deur die sleutel van My Heilige Gees wat slegs hierdie deur kan oopmaak na My Goddelike liefde. Dit is hierdie Goddelike Liefde wat Ek, EK IS wat EK IS bereid is om te deel en aan almal wat deur JaHshua vra, te gee en aan almal wat vra, hierdie geskenk van My Heilige Gees aan hulle geeste, harte en siele. Soos wat Ek hierdie kneg en baie, baie ander hierdie Goddelike Liefde gewys het, so sal Ek, EK IS wat EK IS julle nou wys! Dit is deur hierdie Goddelike Liefde wat selfs groter geestelike waarheid vir julle wag en selfs groter kennis op julle wag! Dit is hierdie selfde Goddelike Liefde wat Henog, Melgisédek, Moses, Elia, Jesaja, Jeremia, Daniël en ander in gewoon het, wat hulle gelei het na die groot waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS aan hulle gegee het en dit is hierdie selfde Goddelike Liefde wat Ek, EK IS wat EK IS bereid is om te gee en te deel met almal wie se geloof sterk genoeg is, wie berouvol genoeg is en nederig genoeg is om te soek, te aanvaar en te glo dat Ek, EK IS wat EK IS, hierdie groot geestelike waarhede en kennis sal deel. Wat? Sommige van julle dink nog steeds dat Ek, EK IS wat EK IS alles gesê het wat nodig was om te sê en dat Ek, EK IS wat EK IS niks meer het om te sê of te openbaar nie? Kom weg van hierdie valse vooroordele! Dit is die leuens wat die teenstander in julle gedagtes en harte ingefluister het, om julle weg te hou van hierdie Goddelike Liefde en al hierdie waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle voorberei het vir hierdie tye, daardie tye en die tye sal kom en tye wat nog nie eers gesien is nie. Dit is MY WIL, MY WIL, MY WIL dat My skepping van lewende wesens, en nie net die mens nie, maar van My leërskare regdeur die hemele, sal voortgaan om groter en groter geestelike waarhede en kennis te leer en regdeur die hele ewigheid sal hierdie waarhede voortgaan om uit te brei, na selfs nog groter hoogtes van kennis en geestelikheid, en vir ewig sal dit uitbrei! Dit sal uitbrei tot sulke hoogtes van kennis en waarheid dat daar nie eers begin kan word om daaraan te dink of dat dit aan julle oorgedra kan word nie, so groot is hierdie waarhede en kennis wat Ek, EK IS wat EK IS beplan en voorberei het vir al My skeppings. Hierdie selfde waarhede, hierdie selfde geestelike kennis, waartoe die teenstander eens toegang gehad het, hierdie selfde waarhede, geestelike kennis en vele kennis van die heelal en My koninkryk, het die teenstander eens geken en is dit geweier, nadat hy uitgewerp is uit die hemele. Dit is hierdie groot waarhede en kennis wat die teenstander teen die mensdom gebruik het, om die mensdom in duisternis en slawerny te hou, wat hy en sy demoniese leër weerhou het van die mensdom, sodat die mensdom nie die waarheid van die Goddelike Liefde sou ontdek en in hierdie Goddelike Liefde sou leer om al die werke van sy demoniese leërskare te herken nie. Dan sal die teenstander en sy demoniese leërskare verslaan word van die mensdom, deur hierdie kennis van Goddelike Liefde op al die maniere wat hy en sy leërskare dit leer ken het, deur middel van die kennis wat hulle gehad het, toe hulle uitgewerp is uit die hemele, hierdie selfde kennis wat die teenstander en sy demoniese leërskare teen die mensdom gebruik het sedert die val. Hierdie is deel van die stryd wat teen die mensdom gevoer is sedert die val in Eden en hierdie is die duisternis waarmee die teenstander die mensdom gevange gehou het, hierdie duisternis, – dis `n eenvoudige waarheid wat die lig en die sleutel is tot alles wat Ek, EK IS wat EK IS, – MY GODDELIKE LIEFDE wat alles openbaar!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 63 ontvang op 23 Oktober 2013

Dogter van Sion, berei nou voor om My te ontvang

Berg Sion, Dogter van Sion, berei nou voor om My te ontvang, EK IS wat EK IS. Ek het julle reeds gesê om op te pas vir hulle wat in My Naam sal kom as Myself en hulle wat valslik na julle toe sal kom. Berei julle nou voor om My deur hulle te ontvang, want EK IS deur hulle. Hierdie dinge moet so wees, want Ek toets julle met hierdie baie beproewinge om julle voor te berei vir die tye wat gaan kom. Wanneer hierdie werk voltooi is, sal julle wees soos die Drakensberge, so groot sal julle geloof en geestelike onder­skeiding wees. Verwag die eerste van hierdie besoeke binne sewe dae; binne sewe dae sal hierdie besoeke begin. Onthou egter dat, of hulle vir goed of boos is, is dit Ek, EK IS daarin, besig om My wil te doen, deur My wil, in hierdie sake, en dit sal onbekend wees aan sommige van hulle wie Ek vir julle sal stuur. Soos wat julle in staat is om te dra, Berg Sion en Dogter van Sion, sal Ek hierdie besoeke en hul felheid vermeerder, soos wat Ek ook die goeie van hulle sal vermeerder wat Ek vir julle sal stuur, om julle voorspoedig te maak en hulle sal julle voorspoedig maak, maar sommige, nie op die wyse waarop julle gedink het nie. Hulle wat goed aan julle sal doen op daardie maniere wat julle nie gedink het nie, sal julle baie voorspoedig maak in hierdie sake wat julle sal vind in julle ywerige soeke na hierdie sake deur My en My geskrifte en My woorde wat Ek aan julle sal gee op die maniere wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om hierdie antwoorde aan julle te gee. Julle is My liggaam en elke ledemaat het ‘n spesifieke funksie en hierdie liggaam moet getoets en geoefen word, sodat dit al sy lede kan leer en een kan word in My wil en een in al daardie dinge wat is en sal wees. Wees julle gereed en wees julle waaksaam, berei voor, berei voor, berei voor deur My woorde en My geskrifte, almal van hulle, berei voor. EK IS wat EK IS en Dogter, onthou die groot liefde wat Ek vir jou het en alles wat jy nou in My Naam doen vir My volk en wat jy gaan doen in die tye wat kom. In daardie dae en in daardie tyd sal julle ten volle verstaan, waarom hulle wie Ek aan julle sal stuur, toegelaat was om dit te doen, so sterk sal julle word in My Naam, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 62 ontvang op 22 Oktober 2013

Rus nou in My Liefde

Rus julle nou, My ware arbeiders, My ware herders, My ware leiers en My ware wagters op die mure, rus julle nou, want My woorde deur hierdie hande was baie op hierdie dag. Ek sien julle en sien alles wat julle vir My in My Naam doen en in My Naam sien Ek, EK IS wat EK IS julle en ken julle, almal van julle, selfs hulle wat My in die geheim dien om My volk te help, Ek, EK IS wat EK IS sien julle! Rus julle, al My arbeiders in hierdie groot oes van siele wat uitroep en honger is vir My woord waarvoor al My ware arbeiders arbei, eindeloos dag en nag om hierdie oes te oes en om My woord aan My volk, My kinders te gee. Rus julle in hierdie woning wat Ek deur middel van hierdie hande aan julle verkondig, My hande wat altyd My woorde skryf. Woon vanaf hierdie dag, hierdie oomblik nou en vir altyd, woon in My liefde. So diep is My liefde vir julle en vir alles wat julle doen vir My, Ek, EK IS wat EK IS. Oorweeg hierdie diepte van My liefde vir julle, bid en bepeins hierdie liefde van tyd tot tyd en so dikwels as wat julle moet van julle arbeid, bly daarin en maak julle woning in die diepte van My liefde vir julle. Die diepte van My liefde vir julle is soos ‘n oseaan, so groot soos ‘n oneindige heelal in sy diepte, so diep is dit. So diep is die diepte van hierdie oseaan van My liefde vir julle, dat die bodem van hierdie diepte nooit gevind sal kan word nie, so diep is dit. Bly in die diepte van hierdie liefde en maak julle woonplek in hierdie diepte van My liefde. Bid en bepeins hierdie liefde en in hierdie gebede en bepeinsings sal julle My vind, bereid om met julle te spreek en om julle lief te hê! Dit is in hierdie gebede en bepeinsings wat die geheim en verborgenheid van die geloof in My is en al wat Ek, IS wat EK IS is en wat gevind kan word in hierdie gebede en bepeinsings wanneer julle slegs aan My dink, ja My, Ek, EK IS wat EK IS! Dit is regtig nie ‘n groot geheim nie! Dink vir ‘n oomblik aan jou gevoelens en jou gedagtes wanneer jy aan ‘n geliefde dink en alles wat in jou verstand opkom oor hulle! Dit is wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle gesê in die Skrifte, om nie te dink aan die wêreld nie, maar om te dink aan hemelse dinge, doen dan nou so! Bid en bepeins oor My en My liefde en Ek sal jou die begeertes van jou gees, hart en siel toon, daardie begeertes wat jy na smag in jou soektog na My en in al die maniere wat jy na My soek. Het Ek julle nie vertel nie, soek eers die koninkryk? Dit was altyd so maklik! Dink aan hoe jy dink oor jou geliefdes! Jy ken hulle, hulle is in jou gedagtes, jy het hulle gesien, hulle aangeraak en met hulle gepraat! Jy het ook so aan My gedoen op so baie maniere! Wanneer jy aan die blom van ‘n roos raak, voel jy nie die fluweelagtige aanraking van My wat jou aanraak deur hierdie blomme nie? Wanneer jy hoor hoe die voëls van die hemele hulle liedjies sing, het jy dit nie herken as My stem wat My liefde vir jou sing nie? Glo in My egtheid! Glo dat Ek, EK IS wat EK IS met julle is op elke moontlike manier wat Ek kan vind, selfs in ‘n glimlag op ‘n gesig of in die warmte van die son is Ek, EK IS wat EK IS met julle! Soek My en julle sal My vind, ORAL! Oorweeg, bid en mediteer oor hierdie dinge en weet dat EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 61 ontvang op 22 Oktober 2013

Waarskuwing teen die valse leraars

Herders, wagters op die mure, hulle wat hulleself verklaar as geestelike leiers, julle wat vals is en vir My volk lieg met My woorde, geslepe het julle My volk, My kinders aan die slaap gemaak en hulle in ‘n diepe slaap gedwing teen My ware woorde! Julle het My op elke moontlike manier en op elke moontlike wyse verraai en weer bevestig Ek, EK IS wat EK IS My oordele en veroordelings teen julle! My kinders, My volk, My bruide sterf! My kinders, My volk, My bruide word verkrag! My kinders, My volk, My bruide word vermoor! My kinders, My volk, My bruide word beroof en op so ‘n wyse dat Ek, EK IS wat EK IS en My hele hemelse leërskare moet wegdraai van hierdie brutaliteit en wreedheid, want ons kan nie sulke dinge aanskou nie. Tog kyk julle openlik en vroom na sulke dinge en openlik en vroom weier julle om hierdie dinge te sien en My volk te waarsku soos wat Ek, EK IS wat EK IS, julle beveel het om te doen! Tog verkondig julle nog My woord verwaand, vroom, hooghartig en in alle valsheid onder die volk. Julle weier My in My aangesig deur julle minagting vir die woorde wat Ek deur My, ja, My vele hande en monde gespreek het om julle wakker te maak om te bekeer en My volk te waarsku, tog wil julle nie, julle weier My en julle weier My Heilige Gees wat tevergeefs gepleit het met julle bedrieglike en korrupte harte gedurende hierdie vele jare! JULLE wat Ek, EK IS wat EK IS geroep het tot My diens, Ek, EK IS wat EK IS het julle geroep om My kinders te lei en langs die pad het julle My ware woord verlaat vir julle eie selfsugtige begeertes en luste van julle harte, sosiale posisie en bekendheid het julle My, My Heilige Gees en My kinders verraai! Ek sien julle, eng sien Ek julle en eng oorweeg Ek julle voor My troon en Ek sien julle in julle vals huise van aanbidding, hierdie huise van Satan! Ek sien julle in julle binnekamers en julle vergadersale en in elke vorm van julle kommunikasie sien Ek julle en Ek sien julle in al die bose leuens van skynheiligheid en verdoemenis van My woorde waar julle My volk aan die slaap maak teen hierdie waansin en die waansin wat moet kom. Ek, EK IS wat EK IS en EK SIEN JULLE! Lees hierdie woorde en sien nie My woede nie, sien My siedende haat teen al julle valse werke wat tot die vernietiging van My volk en My land gelei het! Julle dink Ek is magteloos! Julle dink Satan is magte­loos! Julle dink dat hierdie teenstander `n mite en `n versinne­beelding is! Julle het My volk verraai om hierdie leuens te glo wat in julle ore gefluister is deur die einste mond van Satan! Selfs teen My woorde wat julle waarsku teen die teenstander, die Satan, hy wat die eerste leuen, die eerste sonde, die eerste dood, laat ontstaan het, hy wat My verraai het en ‘n derde van My hemelse leër mislei en baie verwoesting aangerig het in My koninkryk, het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku deur My woorde! Tog het julle My woorde geïgnoreer en hom met ‘n gewillige hart toegelaat om sy leuens in julle ore te fluister! Toe word julle die mond van die teenstander en spreek en skryf hierdie veragtelike misleiding aan My volk, My kinders en in MY NAAM het julle hierdie gruwelike boosheid gedoen! As gevolg daarvan en die diepe slaap wat julle die Satan toegelaat het om My volk mee te betower, met al hierdie valse woorde en demoniese leuens van ongekende misleiding, sal Ek die Satan en sy demoniese leër nou ten volle toelaat in julle vergaderings, onder julle gemeentes, in al julle vorme van kommunikasie, waar julle ookal en hoe julle ookal ontmoet en kommunikeer sal Ek, EK IS wat EK IS vir Satan en sy leërskare onder julle toelaat! Met al hul barbaarsheid en vuil versinsels binne hul vermoë en kennis, sal Ek, EK IS wat EK IS hulle nou loslaat onder julle. EK IS wat EK IS, EK SAL NIE MEE GESPOT WORD NIE! Hierdie dienaar wie se hande nou soos My eie is om My woorde aan julle te skrywe, hierdie selfde hande wat julle bespot en verag, hierdie hande, het Ek, EK IS wat EK IS doelbewus gekies. En uit ‘n ver land, uit die land van Efraim, het Ek het hierdie hande gekies. Hierdie selfde hande wat Ek in My krag gegee het aan My volk, My land, MY KINDERS, het Ek, EK IS wat EK IS doelbewus gekies om My woord te gee aan My volk en My kinders en het Ek, EK IS wat EK IS doelbewus gekies en Ek sal dit weer sê, EK HET HIERDIE HANDE GEKIES, want hierdie hande doen wat Ek beveel, wanneer Ek beveel en hoe Ek ookal beveel, staan hierdie hande van hierdie dienaar My by, EK IS wat EK IS, terwyl julle My nie bygestaan het in hierdie uur wat Ek julle geroep het nie, want in hierdie uur van groot nood onder My volk, het julle julle harte vir My gesluit vir julle eie selfsugtige begeertes van julle vuil en verdorwe harte. Hierdie hande staan My by, ongeag die koste, lyding, pyn en selfs die lewe van hierdie hande, staan hierdie hande My by! Hierdie selfde hande wat nooit die voordeel van die groot leerskole van julle wêreld gehad het nie, dieselfde hande wat die ervaring van ‘n klawerbord kort, dieselfde hande wat die geringste onder My volk is, hierdie hande, hierdie hande, hierdie hande van ‘n verbryselde en nederige sondaar, het Ek gekies om My woord oor te dra aan My volk, in weerwil van julle, vir al die boosheid wat julle aan My gedoen het in My Naam. Ek, EK IS wat EK IS het dit gedoen deur middel van hierdie hande om julle My krag en My heerlikheid te wys, dat selfs die swakste en die geringste in die koninkryk My wil sal doen, bloot omdat hierdie hande My glo en My stem gehoor het en met ‘n verbryselde en nederige hart My slegs wil dien in liefde vir My en My volk, My kinders, eerder as wat julle gekies het vir julle eie selfverheer­liking. Ek het julle voorheen gesê en Ek sal julle weer vertel dat Ek My woorde sal vermeerder deur hierdie gewillige hande en vermeerder sal Ek en Ek sal hulle buite die grense van hierdie volk vermeerder in die oordeel teen julle! EK IS wat EK IS, nou kom julle oordele soos wat dit geskryf is, en so sal dit gedoen word. EK IS wat EK IS.