Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 171 ontvang op 22 April 2014

“Jy sal My woorde op hierdie dag aan hulle skryf vir hulle begrip en vir hulle gerief.”

“Ek het julle vele gebede gehoor, Ek het julle pleidooie gehoor en Ek het julle versoeke en smekinge tot My gehoor; weet dat Ek julle liefhet en soos wat Ek julle beloof het, sal Ek julle altyd antwoord; gryp dus hierdie seëninge en julle herstel aan!”

“Ja, My Huis van Israel, julle sal deur die Rooi See gaan soos in die dae en in die tye van Moses toe My Huis van Israel deur die Rooi See gegaan het gedurende daardie tye.”

“Soos wat hulle op My bevel deur die Rooi See gegaan het, so sal julle op My bevel deur die Rooi See gaan.”

“Die Rooi See waardeur julle sal gaan, My Huis van Israel binne My Suid-Afrika, die Rooi See van hierdie tye is anders as die Rooi See in die tye van Moses, tog sal julle deur hierdie Rooi See gaan, hoe erg en gewelddadig dit ookal sal wees.”

“Julle sal deur hierdie Rooi See gaan na daardie plekke wat bekend en onbekend aan julle is en wat Ek aan julle sal toon, aan julle sal openbaar en julle na sal lei.”

“EK IS wat EK IS, laat die wyses onder julle hierdie woorde verstaan.”

“Soos wat julle vertel is en soos wat julle gewaarsku is oor die Sprinkane en die sprinkane, word julle nou gewaarsku oor hierdie Rooi See, want alreeds begin sy golwe verwoed teen die oewers te slaan.”

“Hierdie golwe gaan en hierdie golwe sal ‘n groot vrees en groot ontsteltenis veroorsaak in My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne My Suid-Afrika.”

“Ja ‘n groot vrees en ‘n groot ontsteltenis sal julle tref, Huis van Israel, want hierdie golwe is soortgelyk aan die weermagte van die Farao van Egipte, toe hulle My volk agtervolg het tot aan die oewers van die Rooi See.”

“EK IS wat EK IS, laat die wyses onder julle hierdie woorde verstaan.”

“In daardie dae en in daardie tye het Ek met My eie hand en met My eie krag ‘n pilaar van vuur geplaas om daardie Huis van Israel te beskerm en soos wat Ek dit in daardie tye gedoen het, sal Ek ‘n geestelike pilaar van vuur plaas om julle te beskerm in hierdie tye, en hierdie weermagte, hierdie golwe, sal slaan teen die oewers en sal teen mekaar gedraai word, die een teen die ander.”

“Hierdie geestelike pilaar van vuur sal onsigbaar wees vir julle oë en sal so bly, maar die golwe van hierdie moderne Rooi See sal daarvan vlug en julle nie oorwin nie!”

“Kyk dus met die oë van julle harte vir hierdie geestelike Pilaar van Vuur, want met die oë van julle harte sal julle hierdie geestelike pilaar van vuur aanskou.”

“Weet dat die tyd van die vlug en uittog nader en dat My finale bevel om te vlug sal kom vanaf die Heilige Gees, direk tot julle harte, soos wat Ek reeds met julle gespreek het deur My woorde deur die vele wat Ek na julle gestuur het en deur hulle wie Ek sal voortgaan om na julle te stuur.”

“Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou hierdie woorde, want Ek sal hierdie Rooi See in hierdie tye kloof op wyses wat selfs groter sal wees as die skeiding van die waters van die Rooi See in die tye van Moses.”

“EK IS wat EK IS, laat die wyses onder julle hierdie woorde verstaan.”

Meer woorde sal nog kom oor hierdie skeiding van die Rooi See en oor die uittog gedurende hierdie tye.”

“Ek sal julle lei en Ek sal julle beskerm!”

“Behalwe My is daar geen ander nie, luister en verstaan, O My Huis van Israel, EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Ariël Mishevet Jehudah!”

“Luister en verstaan, O My Dogter van Sion luister en verstaan, EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Ariël Mishevet Jehudah!”

“EK IS wat EK IS, EK IS Ha-Ariël Mishevet Jehudah!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 170 ontvang op 14 April 2014

“Hierdie dienaar is verhoed om baie van My woorde aan julle te skryf tot op hierdie dag, baie woorde, want in hierdie tyd van bevestiging is ander deur My uitverkies om My woord oor te dra aan My Boere en My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika; ja, dit was nodig dat hulle na vore sal kom en My woorde bevestig soos wat hulle gelei was, sodat My Boere en My Huis van Israel kan leer om My stem te herken deur almal wie Ek stuur.”

“Soos wat Ek jou vele, vele kere vertel het, sal My woorde, lewend, geskrewe en gesproke in vele vorms kom.”

“Aan sommige is dit gegee om die woorde te skryf wat deur My Heilige Gees tot hulle harte gespreek word, aan andere om My woorde te skryf en aan sommige deur middel van beelde, word My woorde onthul wat met almal gedeel moet word, en ook op vele, vele ander maniere word My woorde, lewend, geskrewe en gesproke aan My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion oorgedra.”

“Hierdie dinge moet so wees, want as My woorde slegs aan een persoon gegee word, sal My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion nooit leer om My stem te herken deur almal wie Ek aan hierdie volk, aan hierdie Huis en aan hierdie Dogter gestuur het nie.”

“As daar slegs een deur My gestuur was, sal My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion slegs na hierdie een stem kyk en My en al My woorde uit die oog verloor en slegs na hierdie een stem kyk.”

“Dit is waarom Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS JaHshua Lechem Shamayim (Brood van die Hemele), dit is waarom Ek so baie na julle toe stuur, sodat julle kan leer om My stem te herken deur almal van hulle en deur die kennis wat julle opdoen deur My stem te herken, sal julle, My Boere, julle, My Huis van Israel en jy, My Dogter van Sion, ook leer om die valse stemme te herken wie nie deur My gestuur is nie.”

“Jy hoef net My woorde wat gegee word te vergelyk met diegene wat vir My skryf of spreek, om My stem in al hierdie woorde te sien deur hul volmaakte kontinuïteit en gesinchroniseerde harmonie, terwyl dit onmoontlik is vir die bose een om hierdie volmaakte harmonie te bereik deur so baie woorde deur so baie mense.”

“Dit is hoe jy leer om My stem te herken deur almal van hulle wie Ek gestuur het, en dit is slegs die begin van die vele, vele meer wie Ek selfs nou besig is om voor te berei om te skryf en om My woorde te spreek, sodat daar nooit enige twyfel kan wees wanneer jy hierdie woorde vergelyk met dit wat gegee is nie.”

“Die tye van die rigters sal kom en dit is vir hulle stem waarvoor jou hart ook opgelei en voorberei word om My deur hulle van Melgisédek te hoor, wie Ek vir julle voorberei het vir die tye wat nog moet kom.”

“Julle moet luister na My woorde, leer om My stem te herken deur My woorde deur almal wie Ek stuur om My woorde te gee, sodat alle twyfel verwyder kan word, omdat in hierdie tye en die tye wat nog moet kom, daar nie enige twyfel kan wees nie, omdat jy jou lewe kan verloor, fisies of geestelik, omdat jy My woord in twyfel getrek het en op daardie oomblik van twyfel nie gehoor gegee het aan die boodskappe wat jou dalk sou gered het nie.”

“Die tye wat kom is swaar, soos wat julle vertel is, My Boere, My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika en My Dogter van Sion, ja SWAAR is die tye wat moet kom en jou afhanklikheid en geloof in My woorde, lewend, geskrewe en gesproke, moet volkome wees!”

“Neem kennis en verstaan, My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat My woorde altyd na julle toe sal kom in die uur en op die oomblik wanneer julle My woorde sal benodig, dan sal My woorde na julle toe kom soos wat Ek julle reeds oor en oor getoon het.”

“Dit moet so wees om die vyand voortdurend te verslaan.”

“Ek kan julle nie al die woorde wat julle benodig op een slag gee nie, omdat julle jul greep van geloof in My sal verloor om julle deur hierdie tye te lei, die tye wat moet kom, deur tot by die tye van Melgisédek.”

“Ja, My kinders wie Ek so liefhet, EK IS julle Vader, EK IS julle liefdevolle Vader Wie julle so koester en EK IS julle Vader wat julle persoonlik sal lei deur al hierdie tye deur almal wie Ek na julle sal stuur om My woorde met julle te spreek of aan julle te skryf.”

“My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, moenie dink dat Ek nie gesien het hoe julle harte, geeste, gedagtes en siele oopmaak vir My woorde en hoe sommige en baie van julle dit in die geheim gedoen het nie.”

“Ek sien en weet dat sommige en vele van julle My woorde in die verborgenheid hoor en ontvang vir wat julle in die verborgenheid doen; EK, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja EK, EK IS WAT EK IS, DIE ELOHIM VAN JULLE VADERS EN JULLE VOORVADERS, EK IS wat EK IS JaHshua Ne’eman V’Yashar (Lieflike Opregte), en wat julle in die verborgenheid gedoen het, het Ek gesien en vir wat julle in die verborgenheid gedoen het deur My woorde te ontvang, sal Ek julle grootliks en in die openbaar beloon, sodat julle sal weet dat dit Ek, EK IS wat EK IS is wat in die verborgenheid sien en in die openbaar beloon!”

“Diegene van julle wat ouers is, weet en verstaan hoe dierbaar dit is vir die hart van ‘n ouer, wanneer hulle kinders hulle woorde hoor, hul woorde ontvang en hulle woorde volg en so is dit met My en groot is My blydskap, ja My blydskap, groot is My vreugde, EK IS wat EK IS, Vader, Skepper van alles wat is en wat was, Ek, Ja EK IS wat EK IS, die lewende seël van My Sabbat van My skepping, EK IS bly dat julle My ontvang het en My gehoor het deur My woorde en wat op My woorde in geloof en in vertroue wag!”

“Dit is wat Ek begeer het om in julle te sien, want dit is die begin van Heiligheid en deur al hierdie dinge is julle, My Boere, julle, My Huis van Israel en julle, My Dogter van Sion, nou op een enkele pad om My Heilige Volk vir hierdie wêreld te word, soos wat Ek julle vertel het julle sal wees en soos wat Ek julle belowe dat julle sal wees en nou sien julle vir julleself die waarheid van hierdie aangeleenthede sowel as die begin van die vervulling van hierdie profesieë in, wat Ek so lank gelede aan julle gegee het om hierdie Heilige Volk vir My te word!”

“Hierdie profesieë is wat julle in julle soeke na My gehou het en in hierdie soeke het julle My uiteindelik begin vind!”

“Julle sou nie vir My of enige van hierdie dinge ooit gevind het nie, as dit nie was vir die menigtes van lyding wat julle verneder het en veroorsaak het dat julle My met berouvolle en bloeiende harte van bekering gesoek het nie.”

“Boere, My seer geliefde Boere, Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel, Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion, Ek sien, hoor en neem julle terug na My toe, EK IS wat EK IS, Ek neem julle terug na My toe met al die goddelike liefde van ‘n Skepper en Vader vir sy kinders.”

“Ek ontvang julle terug in die beloftes en seëninge wat aan julle voorvaders van Moses gemaak is en aan julle voorvaders van Andries Pretorius en nou sal julle My weer liefhê en My volk wees en nou sal Ek julle weer liefhê en julle Vader wees, soos wat Ek nog altyd was en soos wat ons mekaar liefgehad het by Bloedrivier toe julle, My Boere, Die Gelofte so lank gelede aan My gemaak het.”

“Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, die lewende ELOHIM, Ek het julle gemis, ja, Ek het julle met My hele hart en met My hele siel gemis, Ek het julle gemis en Ek het oor julle geween, meer as wat julle ooit sal weet!”

“My hart is nou gevul met oorvloedige en groot blydskap, hierdie blydskap dat julle na My toe teruggekeer het met nederige harte, huilend in julle gebede en smekinge tot My en vraend na My kwytskelding en vergifnis.”

“Ja, Ek het oor julle geween!”

“Kinders, My kinders, hoe kon julle ooit vergeet het of hoe kon julle ooit gedink het dat Ek julle sou verlaat of prysgee?”

“Hoe kon julle ooit gedink het dat Ek julle nie so liefhet nie!”

“Open julle geestelike harte nou vir My, open julle geestelike harte en oë en sien My, wie julle met ope arms terug­ontvang!”

“Ek vergewe julle, My Boere, My seer geliefde Boere, Ek vergewe julle, My Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel en Ek vergewe julle, My Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion!”

“Ek, julle hemelse en Ek, julle ewig liefde­volle Vader, vergewe julle en neem julle terug.”

“Boere, My seer geliefde Boere, Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel, Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion, ontvang nou My vergifnis vir ewig en vir ewighede, ontvang nou My vergifnis en ontvang nou My liefde.”

“Ontvang julle ook nou My ewige see van vergetelheid van daardie sonde waarvan julle weggedraai het, bely en berou oor gehad het teenoor My deur julle vele gebede, ontvang My vergetelheid en ons sal nooit meer spreek oor hierdie sondes nie, ook sal julle nooit meer hierdie skuld hoef te dra nie, want Ek het hierdie skuld van julle af weggeneem, en het reeds hierdie las vir julle gedra.”

“Het julle nie geweet nie, of het julle vergeet dat Ek reeds hierdie las vir julle by Golgotha gedra het?”

“Boere, My seer geliefde Boere, Huis van Israel, My seer geliefde Huis van Israel, Dogter van Sion, My seer geliefde Dogter van Sion, weet julle nou en verstaan julle nou die diepte, die oneindige diepte van My liefde vir julle in die dra van hierdie las vir julle vir al hierdie jare, OMDAT EK JULLE LIEFHET!”

“Ja, selfs aan die kruis het Ek, julle liefdevolle Vader, alreeds hierdie las van sonde en skuld vir julle gedra, omdat Ek julle so liefgehad het en geweet het dat julle nodig sou hê om te weet van hierdie groot liefde gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Soos wat Ek vir julle gesê het en soos wat julle vooraf gewaarsku is; die tye is swaar en hierdie tye en die tye wat nog moet kom dra droefheid wat nou in hierdie tyd onbegryplik is om te verstaan in die smart wat dit sal bring, veral vir hulle wat My nie ken nie of wat ook nie weet van My groot liefde nie, maar vir julle wat weet, sal My Heilige Gees met julle wees om die droefheid en pyn van hierdie tye en die tye daarna te verminder.”

“Al hierdie voorbereidings van julle harte gedurende hierdie vele jare was vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Soos wat Ek julle in die vorige woorde vertel het; hulle wat gedink het dat hulle sterk is apart van My, het geval.”

“Almal van hulle het geval en meer sal val wat nie deur My gestuur is nie.”

“Dit moet so wees, want slegs deur My leiding en deur My woorde deur diegene wie Ek uitverkies het om te spreek of om My woorde te skryf of om My volk te lei, slegs deur My leiding sal julle seëvier in hierdie tye en slegs deur My en deur diegene wie Ek gestuur het en sal stuur.”

“Neem kennis en verstaan dat in die tye wat kom, hierdie tye, hierdie tyd is naby soos wat Ek julle vertel het dat My Heilige Gees tot julle harte sal spreek oor die tye om te vlug, die tyd is naby.”

“Julle moet weet en verstaan dat julle vyande onder die bose kinders van Gam baie groot is en in hierdie tye moet My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion hierdie goddelose kinders van Gam wat saamspan teen hulle, duidelik kan sien, julle moet kennis neem en verstaan dat soos wat julle na hul aangesigte sal kyk, Ek hul gelaatstrekke grootliks sal oordryf vir die tydperk wat My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion dit nodig sal hê om hierdie vyande duidelik te sien en te herken.”

“Gedurende die tye wat Ek die gelaatstrekke van hierdie goddelose kinders van Gam vir julle sal oordryf en openbaar, moet julle nie toelaat dat dit bekend word onder hierdie goddelose kinders van Gam dat Ek hulle aan julle geopenbaar het nie.”

“Met tyd sal diegene onder die bose kinders van Gam agterkom dat hulle bekend gemaak is, maar dit sal na die tye wees wat My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion dit nodig gehad het om hierdie vyande te herken tydens hulle openbaring vir My planne en My doeleindes wat vooruit bekend was voordat die bose kinders van Gam kon agterkom dat hulle geopenbaar is.”

“Boere, MY Boere, Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion, berei voor, berei voor, berei voor, Ek IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 169 ontvang op 6 April 2014

“Ja, Ek, Ek, JaHWèshua,* EK IS wat EK IS, JaHWèshua Ha-Elohim, Ek het My Heilige Gees onder julle uitgestort en vanuit My Heilige Gees het al die dinge wat Ek in hierdie tye belowe het om vir julle te gee, nou begin sigbaar word onder julle.” (*Die Naam JaHWèshua in Hebreeus word verder gebruik ipv JaHshua in Aramees, `n Hebreeuse dialek, maar albei kan nog gebruik word)

“Vir sommige is dit gegee om te profeteer, aan ander om drome te droom en aan nog ander, om My woorde te spreek of te skryf soos wat Ek dit aan julle gee deur My Heilige Gees vir die mensdom en dat deur al hierdie gawes van die uitstorting van My Heilige Gees die mensdom geseën sou word, gestig sou word en teruggelei sou word na My, hulle liefdevolle Vader voor die einde van hierdie wêreld.”

“Soveel meer seëninge het Ek uitgestort onder die mensdom en soveel meer seëninge wil Ek nog uitstort in hierdie tye, die tye van die profete en die tye wat nog moet kom.”

“Hierdie uitstorting van My Heilige Gees onder julle moet ‘n tyd van groot vreugde en wonders wees, terwyl Ek die verlostes van hierdie aarde voorberei vir hierdie tyd, die tye van die profete en die tye wat nog moet kom, tot aan die einde van die wêreld”

“Ek spreek nou met diegene wat My seëninge deur hierdie groot uitstorting van My Heilige Gees ontvang het, hulle wat hierdie gawes ontvang het en hulle weggewend het van My.”

“Verstaan julle nie My gebooie nie?”

“Verstaan julle nie wat Ek vir julle van hierdie gebooie gesê het deur My lewende, geskrewe en gesproke woord nie?”

“Verstaan julle nie My gebooie nie, die gebooie van My, ja van My, EK IS wat EK IS, Skepper van alles wat is, MY GEBOOIE, die gebooie van die lewende Elohim?”

“Tog sal Ek hulle hier herhaal, want gewigtig is hierdie waarskuwing aan julle, julle wat hierdie seëninge van My Heilige Gees ontvang het en tog hierdie seëninge met julle voete vertrap deur julle sonde wat julle nie eers verberg nie, maar selfvoldaan toon vir almal om te sien hoe julle My gebooie oortree, alhoewel Ek julle grootliks geseën het deur die uitstorting van My Heilige Gees en julle geestelik verryk het.”

Exodus 20:1-7

20 TOE het die Elohim al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het.

3 Julle mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie,

4 jy mag vir jou geen gesnede afbeelding of enige beliggaming maak van wat bo in die Hemele is, of van wat in die Aarde is, of van wat in die waters onder die Aarde is nie,

5 jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohey, is ‘n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat.

6 En bewys Barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My Gebooie onderhou.

7 Julle mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie.

“Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat Ek nie die wêreld van Noag gespaar het nie, maar die hele mensdom van daardie tyd gestraf het vir hulle groot sondes voor My aangesig?”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat Ek Moses verhoed het om die Beloofde Land binne te gaan, omdat hy nie My gebooie gehou het nie?”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle vergeet dat Ek die engele wat teen My in opstand gekom het, nie gespaar en hulle uitgegooi het nie?”

“Wie is julle, o manne of vroue wat hierdie gawes van My ontvang het en dit in My gesig terug gespuug het deur julle openlike opstandigheid en voortgesette sonde om die Satan en al sy valse gode te dien, waar die ookal in julle lewens is?”

“Wie is julle?”

“Wie dink julle is julle dat julle dit durf waag om sulke dinge voor My aangesig te doen?”

“Julle het soos Lucifer geword op die dag toe hy arrogant verklaar het dat hy sy troon bo Myne sal verhef.”

“Julle wat hierdie gawes van My ontvang het!”

“Julle wat My getrou en eerbiedig sou verteenwoordig voor hulle na wie julle gestuur is!”

“Julle het die versoekings van hierdie lewe bo My gekies en ook alles wat Ek aan julle gegee het en soveel meer wou Ek aan julle gegee het, julle wat My gefaal het en van My weggedraai het vir die liefde van die sonde.”

“Moenie dink dat julle dade ongesiens verbygegaan het nie!”

“Julle het My verraai en julle het soos Judas en Lucifer vir My geword.”

“Julle het My verhandel vir ‘n sak silwer, ja, vir ‘n sak silwer het julle My verhandel en julle het veroorsaak dat alles wat Ek vir julle beplan het, deur julle wandade op niks uitgeloop het nie.”

“Julle het aanmatigend en vermakerig julle valse trone van sondes, versoekinge en afgode van hierdie wêreld bo My troon van oneindige genade en barmhartigheid geplaas!”

“Is julle nog so blind dat julle nie die groot gevaar kan of wil sien waarin julle julleself naak voor My troon van Oordeel geplaas het nie?

“Is julle nog so blind dat julle nie kan of nie wil sien dat Ek julle meer verantwoordelik sal hou omdat julle hierdie dinge voor My troon gedoen het nie, deur julle aanmatigende en vermakerige houding?

“Ja, Ek sal elkeen in die mensdom aanspreeklik hou vir die gawes wat aan hulle toevertrou is en hulle wat hulleself van My afgewend het en elkeen sal geoordeel, gestraf of beloon word volgens sy werke.”

“Tog sal Ek My Heilige Gees na julle harte stuur om met julle te pleit om terug te keer na My toe en na alles wat Ek vir julle beplan het, want Ek is lief vir julle.”

“Julle is My kinders en dit is My wil dat julle My sal terug ontvang in julle harte, julle verstande, julle geeste en julle siele!”

“Ja, dit is My wil, want julle weet nie van die groot afgrond nie, ‘n groot geestelike afgrond van die dood wat voor julle lê en wat julle geskep het deurdat julle My verraai het nie.”

“Waarom kies julle so bereidwillig die dood bo die oorvloedige, ewige lewe van liefde wat Ek so na verlang om aan julle te gee!”

“WAAROM, O WAAROM WIL JULLE HIERDIE EWIGE DOOD KIES?”

“Soek My nou met julle hele hart en met alles van julle siel.”

“Laat Ek, julle liefdevolle Vader, julle terug ontvang, voordat daardie een laaste tree julle oor die rand gaan neem en in die afgrond van duisternis en dood, waaruit daar geen terugkeer meer moontlik is nie.”

“Keer terug na My, My dwalende kinders, terwyl Ek nog te vinde is, want in die tye wat kom, wanneer die dood van die mensdom sal vlug, julle verraad teenoor My en julle verloëning van My deur hierdie woorde wat julle na My terug roep, erger sal wees as wat julle julleself kan indink, indien julle My nou weier.”

“In daardie tye wat nog moet kom, sal julle hierdie vlugtende dood daagliks soek, so groot sal julle berou wees omdat julle My verloën het en soos wat geskryf is, sal die dood van julle af wegvlug!”

“Soek My, My kleine kinders wie Ek so liefhet, soek My nou, want Ek wag nog om julle terug te ontvang en Ek sal julle herstel, Ek IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 168 ontvang op 12 Maart 2014

JUDA SAL BRUL! Die openbaring van die misdade teen Deutschland

(Juda is Deutschland)

“Die menigte, die groot menigtes van die bloed van die dooies van die kinders van JUDA roep in smart uit na My, met groot en droewige smart het hierdie menigtes na My uitgeroep.”

“Die menigte, die groot menigtes van die dooies van die kinders van JUDA roep uit na My soos wat hulle sekonde na sekonde na My uitgeroep het, minuut na minuut, uur na uur, dag vir dag en jaar na jaar het hierdie, die dooies van die kinders van Juda, uitgeroep na My.”

“Ek het hierdie groot droefheid al hierdie jare vir jou gedra, My seer geliefde Juda, ja, Ek het hierdie groot en verdrietige droefheid al die jare vir jou gedra, My seer geliefde Juda.”

“Die menigte, die groot menigtes van die bloed van die vergete dooies van die kinders van Juda roep uit na My vanuit hulle verborge grafte, soos wat hulle na My uitgeroep het vir geregtigheid, sedert daardie dae toe die hande van die broers van Juda hulle sonder genade en sonder deernis vernietig het en die menigtes van die kinders van Juda vermoor het en soos hul vader, Kain, die menigtes van hulle gemartelde liggame in die grond van My HEILIGE DEUTSCHLAND weggesteek het, vanwaar hulle bloed eindeloos en onophoudelik na My uitgeroep het!

MY HEILIGE DEUTSCHLAND!

“Die menigte, die groot menigtes van die bloed van die vergete dooies van die kinders van Juda roep uit na My!”

“Ja, hierdie menigte van hierdie bloed roep eindeloos en onophoudelik uit na My!

“Broers, julle valse en bose, leuenagtige en verraderlike broers van Juda, het julle gedink dat Ek blind en doof is vir hierdie werke van afgryse en onuitspreeklike verraad?“

“Dink julle regtig dat Ek blind en doof is?“

“Dink julle dat julle van My oordele, My vergelding en My toorn sal ontvlug oor hierdie menigtes wat julle vermoor en weggesteek het van die wêreld en van julle eie broer, Juda?”

“Julle het gedink dat Ek blind en doof is!

“Julle het selfs beangs na die hemel gekyk soos wat julle jul duister dade gepleeg het, welwetend hoe duister julle dade was, tog het julle voortgegaan teen My heilige geskrewe, lewende en gesproke woord en julle het die pleidooie van My Heilige Gees in julle harte verloën om genade en deernis te toon teenoor julle broer, Juda.”

“Dit was gedurende daardie oomblikke dat julle eie teerling gewerp is, maar selfs toe, in My genade en liefde wat Ek vir julle gegee het, het Ek julle menige geleenthede gegee om te bekeer van julle boosheid, maar julle liefde vir die sinagoge van satan en al die vermoëns van rykdom, mag en posisie onder die mens, wat hy julle beloof het, was groter as julle liefde vir My en julle het My in My aangesig verloën!

“JULLE HET MY IN MY AANGESIG VERLOËN!”

“Tog moet sommige dinge so wees vir My planne en My doeleindes om My wil te dien vir hierdie wêreld”

“Deel van hierdie planne en deel van hierdie doeleindes is om die sinagoge van satan ten volle te openbaar aan hierdie wêreld”

“In daardie dae en in daardie tye van julle duister dade wat julle gedink het dat dit weggesteek was en julle dit ontvlug het, het julle My wil gedoen vir hierdie tye!”

“Julle bose broers van Juda dien My en My wil om die sinagoge van satan aan die wêreld te openbaar.”

“Daar is nou geen ontvlugting van julle dade van duisternis nie!

“So boos is julle voor My en My leërskare, dat Ek nie eens My Naam tot julle sal spreek nie, behalwe om te sê dat die tye van My oordele, vergelding en toorn teenoor hierdie bose dade, wat julle gepleeg en verberg het vir Juda, JULLE BROER, ja, die tye van My oordele, vergelding en toorn oor hierdie bose dade wat julle gepleeg het, het aangebreek.”

“Ek sal hierdie grafte oopmaak vir die hele wêreld om julle onuitspreeklike en ellendige misdade te aanskou, wat julle in julle skynheiligheid gepleeg het om die sinagoge van satan te dien, bereidwillig gepleeg het teen julle broer Juda en soos wat Ek reeds julle gesê het; JUDAH SAL BRUL!

“JUDA SAL BRUL!

“JUDA SAL BRUL!

“Nadat Ek die grafte oopgemaak het en baie, baie meer as wat bekend is, sal Ek ook veroorsaak dat daardie werke van duisternis waarmee julle saamgesweer en wat julle gepleeg het teen julle broer Juda, en selfs tot aan hierdie einste uur, geopenbaar sal word, ja al julle bose dade, selfs dit wat julle slim verberg het en sommige wat vergete is, sal geopenbaar word aan die wêreld en aan Juda, en MY JUDAH SAL BRUL!”

“MY JUDA SAL BRUL!”

“MY JUDA SAL BRUL!”

“Staak jou skryfwerk, sodat Ek nie My toorn loslaat voor die vasgestelde tyd nie.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 167 ontvang op 5 Maart 2014

Die groot plae gaan begin!

“EK IS wat EK IS, dit is nooit My wil, ook nooit My begeerte, dat enigeen moet ly nie.”

“Vir lank was My verdraagsaamheid met hierdie nasie van Suid-Afrika, vir lank was My verdraagsaamheid.”

“Soos wat Ek julle gewaarsku het, sal Ek hierdie waarskuwing herhaal; die groot dood is op julle.”

 

Boodskap nr 154 te Lukaas van Hout op 7 Februarie 2014

(aanhaling)

“So spreek Ek vir julle in hierdie nag, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, nou sal Ek hierdie lande binne en buite Suid-Afrika vervloek vir al hulle ongeregtighede wat hulle teen My en My Huis van Israel begaan het, soos wat Ek gespreek het.”

“Ek sal hierdie lande vervloek met die plaag van groot dood in vergelding en oordeel teen hierdie bose en slegte kinders van Gam wat My kinders so kwel en wat weier om My volk te laat trek, sodat hulle My kan dien.”

“So spreek Ek vir julle in hierdie nag, ja Ek, EK IS wat EK IS, nou sal Ek hierdie lande van hierdie Suid-Afrika en die lande van Afrika vervloek en Ek sal hierdie vloek bring soos wat Ek gespreek het.”

“Hierdie vloek is die plaag van die groot dood wat nou sal kom van dit wat kruip, krioel, vlieg en swem.”

“Ja, hiervan sal die groot dood begin wat alreeds onder julle begin en versprei het regoor die lande van hierdie vloede waaroor julle gewaarsku is en nie net vloede van waters nie, maar alle soorte vloede, insluitend die vloede van die bose een en sy leërskare, die vloede van die bose een en sy leërskare deur die mens, die vloede van die gewemel van DIE Sprinkane en die vloede van die gewemel van sprinkane en alle soorte vloede het Ek voorberei vir hierdie Suid-Afrika en die ander lande van Afrika, omdat hulle My uittart.”

(einde aanhaling)

“Vir lank was My verdraagsaamheid met hierdie nasie van Suid-Afrika, vir lank was My verdraagsaamheid.”

“Luister na My, Huis van Israel, luister na My, die vas wat Ek beveel het, is die laaste tydperk van die drie tydperke van sewe dae wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS toegestaan en uitgebrei het aan hierdie bose en slegte Huis van Farao en daardie valse Huis van Israel, om My waarskuwings te oorweeg en om My woorde te oorweeg, sterk verlangend dat hulle berou sou toon en doen aan My Huis van Israel soos wat Ek beveel het deur My lewende, geskrewe en gesproke woord.”

“Julle, Huis van Farao en daardie vals Huis van Israel luister nie na My en oorweeg ook nie eens My woorde nie.”

“As gevolg van jou uittarting, Farao, as gevolg van jou uittarting en weiering om My woorde selfs te oorweeg, verleen Ek hierdie laaste tydperk van sewe dae van vas aan My Huis van Israel en aan hulle alleen om My en hulle verlossing te soek.”

“Geen meer tyd word aan jou toegestaan om My woorde te oorweeg nie, Huis van Farao, geen meer tyd word aan jou toegestaan nie.”

“Omdat julle My uitgetart het, daardie vals Huis van Israel, omdat julle My uitgetart het, laat Ek julle verlate van My woorde vir ‘n seisoen.”

“Met groot rou en verdriet van hart sal julle My woorde soek en hulle nie vind nie.”

“Julle sal My woorde soek en hulle nie vind nie en hulle nie vind wanneer julle My woorde soek nie, totdat julle My woorde met julle hele wese sal soek.”

“Dan en slegs dan sal My woorde terugkeer na julle.”

“Huis van Israel, My Huis van Israel, julle mag op geen wyse hoegenaamd julle verlossing van Farao soek nie.”

Julle verlossing is in My hand en sal alleenlik in My wil gedoen word en in My wil alleen.”

“Hierdie Farao, hierdie Huis van Farao sal nie na My luister nie, ook sal hulle julle nie laat gaan nie, as gevolg van die hardheid van hulle harte.”

“Soos wat Ek julle belowe het, sal Ek julle in My tyd verlos, vir My planne en vir My doeleindes, soos wat Ek reeds gespreek het.”

“Julle verlossing is vir die tye wat nog moet kom, soos wat Ek julle reeds gesê het.”

Boodskap Geen 160 Lukaas van Hout op 20 Februarie 2014

(aanhaling)

“In daardie dae en in daardie tyd sal jy hardloop om My wil te doen, Huis van Farao van MY SUID-AFRIKA, ja jy sal hardloop om My wil te doen en jy, Huis van Farao, jy sal gewillig en met groot bitterheid oor die smarte wat jou oorgekom het, sal jy hulle met jou eie hand vrystel wie Ek uitverkies het om My volk te lei, jy sal hulle vrylaat, EK IS wat EK IS, jy sal hulle vrylaat en jy sal My leer ken, EK IS wat EK IS!”

(einde aanhaling)

“My Huis van Israel, neem kennis en verstaan dat daar nog veel gedoen moet word ter voorbereiding vir die tye wat moet kom, wanneer Juda ontwaak en begin brul, baie moet nog gedoen word, maar Ek sal julle verlos, soos wat Ek julle belowe het dat Ek julle sal verlos, My Huis van Israel.”

“Onthou, My Huis van Israel, onthou, julle ken My woorde, julle ken My profesieë, julle weet dat Ek, die ewige lewende Een nog altyd My woord en My beloftes aan die mens gehou het.”

“Die Huis van Farao is nou in My hand van oordeel en vergelding en in My wil en Ek, ja Ek, Skepper, Ek sal aan hulle doen soos wat hulle verdien, in ooreenstemming met al die woorde van waarskuwings wat Ek deur My profete en deur My boodskappers gespreek het.”

“Hul beker van ongeregtighede loop oor, so groot is hul ongeregtighede voor My troon en voor My aangesig.”

“Hierdie woorde en al die woorde wat Ek tot hierdie hart gespreek het om vir My te skryf, al hierdie woorde sal staan as ‘n getuienis en as ‘n testament teen almal wat My, My woorde en My genade geweier het vir die Dag van die Oordeel. יהוה

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 165 ontvang op 2 Maart 2014

Boodskap vir Suidwes-Afrika

“Suidwes-Afrika, My Huis van Israel, ja Ek, EK IS wat EK IS het julle nie vergeet nie!”

“Die tye het nog nie aangebreek om My woorde vir julle te gee nie, alhoewel hulle baie is en meer as wat julle dink.”

“Neem kennis en verstaan dat julle aardse Vader en Ek, julle hemelse Vader, EK IS wat EK IS, JaHshua, julle nie vergeet het nie en is met julle, en op groter wyses as wat julle nou kan dink!”

“Neem kennis en verstaan dat hierdie aardse Vader julle veral naby in sy hart hou!”

“Neem kennis en verstaan dat jy, Suidwes-Afrika, altyd in sy gedagtes is vir sy planne en sy doelwitte wat EK IS in sy hart beplan vir My planne en vir My doeleindes, EK IS wat EK IS Suidwes-Afrika en EK IS met julle!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 164 ontvang op 2 Maart 2014

Boodskap vir die Wagters van Israel

“Skryf Lukaas, met alle dienstigheid en haas, want die tye is ernstig en die uur is kort!”

“Daardie tye waarvan Ek reeds gespreek het om My Huis van Israel en My Dogter van Sion te waarsku is nou, hierdie tye.”

“Skryf haastig aan My Huis van Israel in My Suid-Afrika en skryf aan hulle buite hierdie huis wat nog met My Huis van Israel bevriend is.”

“Die tye waar baie van My boodskappers van hierdie bladsye in hierdie gemeenskap gaan ophou, nader sy einde.”

“Huis van Israel, My Huis van Israel, julle moet luister na die Wagters wat Ek vir My Huis van Israel aangestel het, julle moet luister, My Huis van Israel, julle moet luister na die Wagters vanuit julle eie volk en ander wat Ek na julle sal stuur in My tyd vir My planne en vir My doeleindes, julle moet luister na hierdie Wagters wat Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua vir julle aangestel het!”

“Wagters, luister na My deur hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua beveel aan hierdie dienskneg om hierdie woorde aan julle te skrywe, want hierdie woorde is van groot belang vir My Wagters vir My Huis van Israel!”

“Wagters, julle moet nou in My Heilige Gees in beweeg, want Ek het die boodskappe vir My Huis van Israel voorberei wat hulle nou soek, in hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Julle moet nou in My tempel ingaan, die Allerheiligste binne julle harte, om hierdie woorde van My te ontvang vir My Huis van Israel, julle moet NOU in My tempel ingaan in julle harte!”

“Wend julle nie af van hierdie woorde nie, wend julle nie af nie, want hierdie woorde aan julle, Wagters, sal aan julle gegee word deur My Heilige Gees, direk tot julle harte en die oomblik wat julle My woorde ontvang, doen soos wat julle opdrag gegee is om vir My Huis van Israel te doen, soos wat My Heilige Gees julle opdrag gee, so moet julle doen om My woorde oor te dra aan My Huis van Israel!”

“In daardie uur wanneer julle My en My woorde verloën, sal Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua julle verloën en Ek sal julle, Wagters, Ek sal julle verantwoordelik hou vir die bloed van die wat sal val, omdat julle versuim het om aan My gehoor te gee en versuim het om My woorde oor te dra aan My Huis van Israel!”

“Ek sal julle verantwoordelik hou vir hulle bloed, omdat julle nie na My woorde deur My Heilige Gees geluister het waarmee Ek julle reeds deur My woorde gewaarsku het dat die Wagters verantwoordelik gehou sal word, as hulle geen ag sal slaan op My woorde om My volk te waarsku nie!”

“Onthou, My Huis van Israel, EK IS met julle deur die vele boodskappers en wagters wat Ek vir julle voorberei het vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom, wanneer baie van My boodskappers van hierdie bladsye in hierdie gemeenskap sal ophou!

“Julle Wagters moet dag en nag gereedstaan om My woorde vir My Huis van Israel te ontvang, julle moet altyd gereedstaan om My woorde te ontvang, al My woorde wat My Heilige Gees tot julle harte sal spreek om aan My Huis van Israel deur te gee; EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 163 ontvang op 27 Februarie 2014

Die tye van die Bevestigings

“Die tye van die bevestigings moet daar wees, die tye van die bevestigings moet daar wees, My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika, die tye van die bevestigings moet daar wees!”

“Hierdie tye van die bevestigings sal vir ‘n tyd voortgaan en wel vir ‘n kort seisoen, sodat My Huis van Israel diep kan nadink oor die woorde wat deur My aan hulle gegee is, EK IS.”

“Hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is, openbaar vele waarhede, beloftes, waarskuwings en gebeure wat julle moet ken, glo en verstaan!”

“Hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is, openbaar vele waarhede, beloftes, waarskuwings en gebeure wat julle moet ken, glo en verstaan!”

“Hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is, openbaar vele waarhede, beloftes, waarskuwings en gebeure wat julle moet ken, glo en verstaan!”

“Dit moet so wees, want die tye wat nog kom en die tye wat nou op julle is, sal gevare en ellende bring wat erger sal wees as wat julle julleself kan indink!”

“In die tyd wat nog moet kom en die tye waarin julle nou woon, hierdie tye van bevestigings moet so wees, sodat My kinders sal weet en My stem sal hoor deur alles wat Ek voorberei om na hulle toe te stuur vir die tye en seisoene van gevaar en ellende.”

“My kinders en My Huis van Israel moet My stem ken, om hierdie keer teen die bose en sy leërskare te staan, wat hierdie seisoene van gevaar en ellende aanbring soos wat Ek vir My planne en vir My doeleindes in alle geregtigheid en liefde toegelaat het.”

“Hierdie is die tye waaroor julle gewaarsku is!”

“Hierdie is die tye waaroor julle gewaarsku is!”

“Hierdie is die tye waaroor julle gewaarsku is!”

“Hierdie is daardie tye wanneer My Huis van Israel gesuiwer en skoongemaak sal word, soos wat deur die profete gespreek is!”

“Luister nou na My, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, luister nou na My en soek My nou terwyl Ek nog gevind kan word!”

“Het Ek julle nie alreeds vertel dat My RAMSHORING geblaas het nie?”

“Het julle nie die betekenis van MY RAMSHORING geestelik en in diepte beskou nie?”

“Julle moet diep nadink daaroor, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, julle moet diep nadink oor daardie woorde, ‘MY RAMSHORING HET GEBLAAAS’, want net in daardie vier woorde lê volumes van geestelike wysheid, kennis en MY WAARHEDE verborge!”

“My Huis van Israel, en daardie Huis van Israel, draai weg, draai weg, julle moet wegdraai van almal onder julle wat hul groot leuens en godslasteringe teen My en My woorde geskrywe en gespreek het!”

“Ja, WEND JULLE NOU AF VAN HULLE, wend julle af van hulle, want die verlossing wat hulle aanbied en die verlossing wat hulle bring, is vanaf hul eie offer, ‘n valse en leuenagtige, misleidende offer en nie van My of My offer nie!”

“Die verlossing wat hulle bied, lei slegs tot vernietiging!”

“Die verlossing wat hulle bied, lei slegs tot vernietiging!”

“Die verlossing wat hulle bied, lei slegs tot vernietiging!”

“Wend julle nou na My en net na My en SOEK MY, en Ek sal My verlossing vir julle wys soos wat Ek julle belowe dat Ek julle My verlossing sou wys, so sal Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua, My verlossing vir julle wys!

“Waarom, o waarom, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, waarom, o waarom vertrou julle op ander vir so ‘n groot verlossing?

Waarom, o waarom, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, waarom, o waarom, vertrou julle so ‘n groot verlossing, gekoop met die hoë prys van My dood vir julle, waarom, o waarom, vertrou julle ander met so ‘n groot verlossing?

“Waarom, o waarom, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, waarom, o waarom, soek julle jul verlossing, so ‘n groot verlossing, van ander en NIE VAN MY NIE, Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader?”

“Het Ek julle nie op elke moontlike wyse en op elke moontlike manier vertel om My verlossing te soek deur My en deur My alleen nie, EK IS wat EK IS, JAHSHUA!

“Het Ek dit nie alreeds op so baie maniere vertel nie?”

“Hoe is dit dat die verlossing wat Ek julle aanbied, so gou vergete raak as Ek My verlossing so duidelik vir julle gemaak het?”

“Hoe en waarom is dit, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, WAAROM?”

“Julle, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, ja, julle is mislei deur julle verlossing te soek deur ander name, waarvan nie een van hierdie name, name is waardeur die mensdom gered kan word nie!”

“Deur alle soorte name is julle bedrieg, name wat julle verlossing gesteel het en julle slegs gered het vir die bose een en sy leërskare !”

“Baie is hierdie name wat julle mislei het, name van mans, name van vroue, name van kinders, name van gemeentes, name van vergaderings ensovoort, ensovoort is julle mislei vanuit julle verlossing deur al hierdie valse name, in stede van die een Naam wat EK AAN JULLE GEGEE HET!”

“BAIE MEER NAME MOET NOG KOM!”

“BAIE MEER NAME MOET NOG KOM!”

“BAIE MEER NAME MOET NOG KOM en in hierdie name, en binne hierdie name en buite hierdie name, hierdie name wat nog moet kom, word slegs die dood, vernietiging, wee en ellende en uiteindelik, ewige vernietiging gedra!”

“Hierdie name wat nog moet kom, sal selfs groter dood, vernietiging, wee en ellende en ewige vernietiging bring deur ‘n slinkse, leuenagtige en lasterlike bedrieëry, tans onbekend aan die mensdom, so groot sal hul kunstige bedrieëry wees!”

“My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, as julle nou nog nie eens hierdie bose mense kan sien wat nou onder julle is wat julle so belieg en bedrieg nie, selfs in die aangesig van die eenvoud van My woorde en waarhede, hoe sal julle ooit daardie name wat nog moet kom, herken?”

“Dit is waarom hierdie tye van DIE Bevestigings op julle is, sodat julle kan weet dat dit Ek is, EK IS wat EK IS wat hierdie dienaar deur My Heilige Gees opdrag gee om My woorde aan julle te skryf!”

“Dit is waarom hierdie tye van DIE Bevestigings op julle is, sodat julle die woorde wat EK IS aan julle gee deur al hierdie dienaars wat Ek reeds aan julle gegee het en aan julle sal gee vir die tye wat moet kom soos wat Ek julle belowe dat Ek dit sou doen, sodat julle dit sal weet, glo en vertrou!”

“Onthou, Ek het julle gesê dat Ek altyd saam met julle sal wees, tot aan die einde van die wêreld sal Ek met julle wees deur My eie en deur daardie onder julle wat Ek aan julle sal gee in die tye en die seisoene wat Ek hulle aan julle sal gee, EK IS en Ek sal met julle wees!”

“My Huis van Israel, en daardie Huis van Israel, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, kom laat ons die saak met mekaar uitmaak soos wat ‘n pa met sy kinders in liefde spreek, oordink julle dit nou diep en deurdink julle dit nou geestelik; weet, verstaan en glo dat JAHSHUA DIE ENIGSTE NAAM IS, MY NAAM WAT EK AAN DIE MENSDOM GEGEE HET, JAHSHUA IS DIE ENIGSTE NAAM WAARDEUR DIE MENSDOM GERED KAN WORD!

“Ja, My kinders, My Huis van Israel, en daardie Huis van Israel, ja baie is hierdie name wat julle mislei het, name van mans, name van vroue, name van kinders, name van gemeentes, name van vergaderings, ja, baie is die name wat julle mislei het en wat sal voortgaan om te poog om julle te mislei deur die krag wat aan hulle gegee is deur die vader wat hulle dien, die satan.”

“Hierdie name, hierdie meesters van bedrog, hierdie name dien slegs hulle eie wil, hul eie begeertes en die begeertes van hul eie harte wat die bose een voortdurend in hul wese ingiet op elke moontlike manier waartoe hy in staat is, giet hierdie bose kinders hierdie begeertes in hierdie bose mense, hierdie name, hierdie valse herders, hierdie valse leiers en enigeen van hulle wat My mense mislei en bedrieg met hul lastertaal en bedrog!”

“Hulle eie wil, luste en die begeertes van hulle harte word voortdurend en kunstig in hul gedagtes, harte, geeste en siele ingefluister!”

“Hierdie name, hierdie valse herders, hierdie valse leiers en enigeen van hulle wat My volk mislei en bedrieg, hulle het hulleself vrywillig oorgegee aan die stem van hulle vader, die satan en sy leërskare.”

“Hulle het die dienaars van satan, hul Vader geword, die stem waarna hulle geluister het in stede van die liefdevolle, fluisterstem van die pleidooie van My Heilige Gees wat met hul harte gespreek het en wat stilgemaak was, as gevolg van hul bereidwilligheid om slegs te luister na hul eie wil, luste en die begeertes van hulle harte wat kunstig in hul gedagtes, harte, geeste en siele ingefluister was deur die satan.”

“Hulle het die bewakers geword van daardie poort en daardie pad wat lei na die vernietiging van die siel.”

“Hulle wink en roep na My Huis van Israel en na daardie Huis van Israel met verleidelike, wellustige, berouvolle en verdrietige pleidooie om My volk te verlei met hulle valse woorde en godslasteringe.”

“Hulle het die sirenes van julle mites geword in hierdie wink en roep en het baie gelei na die skeepswrak van hulle siele op die verborge riwwe en sandbanke van sonde en bedrog.”

“Julle moet omdraai, draai weg, draai weg van hulle, want soos Ek reeds baie, baie keer aan julle gesê het, My Heilige Gees sal nie vir ewig met julle hart pleit nie!”

“Soos wat Ek julle reeds vertel het, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, soos wat Ek julle reeds vertel het, Ek sal en het alreeds begin om My gees te onttrek uit hierdie bose harte soos ‘n stil, ongehoorde fluistering.”

“Ja, soos ‘n stil, ongehoorde gefluister sal Ek en het Ek begin om My gees te onttrek uit hulle harte.”

“Julle moet dit nou oordink, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, ja, julle moet nou al die woorde oordink wat aan julle gegee is, julle moet nou hierdie woorde diep en geestelik oordink in hierdie tye van DIE Bevestiginge!”

“Roep uit na MY, ABBA VADER, ROEP UIT NA MY, EK IS wat EK IS, JaHshua, ROEP UIT NA MY en My Heilige Gees sal julle oë, julle gedagtes, julle harte, julle geeste en julle siele open, sodat julle hierdie bevestigings sal kan sien en weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, met julle spreek!”

“Weer sal Ek uit My eie uit en nie omdat julle tekens soek nie, sal Ek My Heilige Gees uitstuur om hierdie valse leiers en enigeen van hulle wat My volk mislei en bedrieg; Ek sal My Heilige Gees uitstuur en hulle woorde laat spreek wat baie sal verstom en laat ontwaak, as gevolg van die valsheid van hierdie woorde wat Ek in hul monde sal sit, so groot sal hierdie valse woorde wees waarmee Ek hulle sal laat spreek en wat hulle ware aard, hul ware meester en hul ware harte van duisternis, boosheid en kwaad sal openbaar, EK IS wat EK IS!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 162 ontvang op 22 Februarie 2014

“Skryf nou My woorde aan My Boere.”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle alreeds vergeet dat Ek vir julle gesê dat daar ‘n seisoen is vir alle dinge en dat die seisoen om julle ploegskare in swaarde te smee en julle snoeimesse in spiese, byna op julle is?”

“Kan julle nie onthou of het julle alreeds vergeet dat Ek gesê het dat julle alles vir My moet gee van dit wat Ek aan julle gegee het, insluitend julle wingerde en dat Ek selfs nog meer vir julle sal herstel en aan julle nog groter wingerde as voorheen sal gee nie?”

“Kan julle nie onthou nie, of het julle alreeds hierdie woorde vergeet?”

“Gaan julle nou, My Boere, gaan julle nou na julle lande, gaan julle nou julle vee, gaan nou na julle velde, alles wat binne julle wingerde is, gaan julle nou en in julle harte gee al hierdie wingerde vir My, EK IS wat EK IS, gee al julle wingerde vir My, sodat julle geestelik voorberei kan wees vir dit wat gaan kom en wat sal kom vir die bevryding van My Huis van Israel, gee al julle wingerde aan My.”

“Onthou My belofte aan julle, Boere, onthou My belofte aan julle dat in die tye wat nog moet kom na julle verlossing, sal Ek hierdie wingerde aan julle herstel, meer en groter as voorheen sal Ek hierdie wingerde aan julle herstel!”

“Kan julle nie onthou of julle alreeds vergeet dat EK IS julle liefdevolle Vader!”

“EK IS julle liefdevolle Vader!”

“EK IS julle liefdevolle Vader!”

“Ek weet dat daardie woorde op daardie tydstip met groot angs en met groot ontsteltenis ontvang was!”

“Het julle gedink dat Ek julle met daardie gedagtes sou laat?”

“Het julle regtig hierdie dinge gedink, My Boere, so geliefd deur My, het julle regtig gedink dat Ek die keuse om My in My wil te dien vir My Huis van Israel vir julle sal moeilik maak?

“Kan julle nie onthou of het julle alreeds vergeet dat Ek julle op elke moontlike manier vertel het dat Ek julle liefhet en dat My laste lig is?”

“So was dit My wil vir My planne en vir My doeleindes vir My Huis van Israel; so was dit My wil vir My planne en vir My doeleindes vir My Huis van Israel om aan julle tyd te gee om My woorde te oorweeg.”

“Ek het vir julle hierdie tyd gegee om My woorde te oorweeg om julle voor te berei vir hierdie harte van haat en die verstande, die siele en die geeste wie EK IS nou deur My Heilige Gees vir julle voorberei vir die tye wat moet kom.”

“Kan julle nie onthou nie of het julle alreeds My woorde vergeet?

“Julle moet hierdie woorde vanuit die mens diep deurdink;

DIE GRIMMIGHEID VAN DIE ONTWAAKTE SAKSER

deur Rudyard Kipling (vertaal)

Dit was nie deel van hul bloed,

Dit het baie laat na hul gekom,

Lank agterstallig om te vergoed,

Toe die Sakser begin haat.

Hulle het nie maklik beweeg,

Hulle was ysig – bereid om te wag

Tot elke aanklag is bewys,

Toe die Sakser begin haat.

Hul stemme was eenders en sag.

Hul blik vas en stip.

Daar was geen teken of vertoon,

Toe die Sakser begin haat.

Dit was nie vir die skare gepreek.

Dit was nie deur die staat geleer.

Geen mens het dit hardop gespreek,

Toe die Sakser begin haat.

Dit was nie skielik gebore.

Dit sal nie vinnig verflou.

Deur die ysige jare wat voorlê,

Wanneer Tyd sal tel vanaf hierdie dag,

Toe die Sakser begin haat.

“Het julle nie hierdie woorde in diepte deurdink, soos wat Ek julle gevra het om te doen?”

“Waar in My koninkryk kan sulke haat ooit wees, wanneer EK IS liefde is?”

“Ken julle My nog nie, of kan julle nie My woorde verstaan nie?”

“Hierdie is nie die haat soos wat die wêreld haat ken nie!”

“Dit is My toorn en dit is My verontwaardiging waarteen die mensdom en hierdie boosdoeners gewaarsku is!”

“Dit is My apokaliptiese (voorspelde) toorn en dit is My apokaliptiese (voorspelde) verontwaardiging!”

“Dit is die haat, die toorn, die toorn van verontwaardiging van ‘n regverdige en Heilige Elohim van Liefde teen alles en almal wat My teenstaan en hulle wat My kinders onderdruk!”

“Dit is die haat, die toorn, die toorn van verontwaardiging van ‘n regverdige en Heilige Elohim van Liefde wat elke enkele lyding van die mensdom gedra het sedert die val!”

“Soos wat die wêreld reeds vertel is, vir meer as tweeduisend jaar het Ek My liefde en My genade met die mensdom gedeel en met die grootste ONBEREKENBARE liefde en met die grootste ONBEREKENBARE verdraagsaamheid het Ek My gramskap teruggehou teenoor die onuitspreeklike lyding van My volk deur hulle van die bose een wat My volk so teister.”

“Vir meer as tweeduisend jaar het Ek met die harte van die mensdom gepleit waarom hulle My moet liefhê en waarom die mensdom My liefde moet soek!”

“Nou sal die mensdom begin verstaan waarom hulle My moet vrees, JA EK, EK IS WAT EK IS, nou sal die mensdom begin verstaan waarom hulle My moet vrees!”

“Julle moet dit diep deurdink en verstaan dat dit nie haat is soos wat die wêreld haat ken nie!”

“Dit is My toorn, MY REGVERDIGE TOORN, die toorn van ‘n regverdige en Heilige Elohim van Liefde, ‘n toorn van ‘n liefdevolle Vader wat Ek in julle harte sal plaas om My wil te bereik vir My planne en vir My doeleindes vir My Huis van Israel binne en buite MY SUID-AFRIKA!”

“Hierdie toorn, MY TOORN, wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, hierdie toorn, MY TOORN, DIE TOORN VAN ‘N LIEFDEVOLLE VADER, sal begin binne die seisoen van rou binne jul harte en binne hierdie seisoen van rou sal julle, My Boere, uitroep na MY in die groot pyn van julle angs en nood oor hierdie groot dood en met ‘n magtige stem verklaar, GENOEG!”

“In daardie dag en in daardie tyd sal julle gewillig en met groot woede, My woede, sal julle gewillig julle ploegskare tot swaarde smee en julle snoeimesse tot spiese en met groot haas sal julle jul ploegskare tot swaarde smee en julle snoeimesse tot spiese.”

“In daardie dag en in daardie tyd sal julle gewillig en met vreugde al daardie dinge vir My gee wat Ek julle gevra het om vir My te gee, so groot sal die gramskap wees wat Ek in julle harte sal plaas, teen hulle wie My volk so teister.”

“Die Boere van julle groot oorlog sal weer wees, en hierdie keer sal die Boere gevul wees en bemagtig wees deur My Heilige Gees en My leërskare wat saam met My Boere sal wees, EK IS wat EK IS, EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 161 ontvang op 22 Februarie 2014

Belofte van ons Vader se Liefde

“Lukaas, so sagkens soos wat ‘n warm somersbriesie ‘n wang streel, so moet jy nou My woorde skryf aan My Huis van Israel en aan My Dogter van Sion binne en buite My Suid-Afrika.”

“Skryf My woorde so sagkens en met die grootste liefde van My, EK IS wat EK IS, Die Vader.”

“Weet julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion hoe daardie woorde: ‘My Huis van Israel en My Dogter van Sion,’ lewe?”

“Ja, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, hierdie woorde lewe, want Ek is die lewende woord en al My woorde en alles wat uit My voortspruit, LEWE!”

“Weet julle dat wanneer Ek die woorde spreek, ‘My Huis van Israel en My Dogter van Sion’, weet julle dat wanneer Ek die woorde spreek, dit soos heuning in My mond is, so soet is daardie woorde vir My?”

“Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion.”

“Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion.”

“‘Huis van Israel, MY Huis van Israel, Dogter van Sion, MY Dogter van Sion’ hoe lief het Ek julle nie, hoe sal Ek julle nie altyd liefhê nie en hoe sal daardie woorde nie altyd uit My mond kom soos wat die dou op die grond val nie, so wonderlik is daardie woorde vir My om uit te spreek!”

“Ek spreek nou met julle van liefde, My liefde, Ek wie liefde is, Ek spreek met julle van liefde, sodat julle hierdie woorde kan onthou vir die tye wat moet kom.”

“Die tye van die profete, waarvoor julle hierdie baie, baie jare met groot verwagting en hoop gewag het, is maar net ‘n seisoen weg!”

“Onthou hierdie woorde van My liefde en al die beloftes wat Ek gespreek het deur die vele, vele mense wat Ek na julle gestuur het, want hierdie tye van die profete kom met ‘n groot prys!”

“Hierdie tye van die profete sal ‘n tyd van rou bring soos wat Ek julle soveel maande gelede gewaarsku het, ‘n tyd van groot rou wanneer alles wat julle van julle lewens in daardie tye geweet het, sal oorgaan in geskiedenis vir die tye van die profete om vervul te word.”

“Ja, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ‘n tyd, ‘n seisoen van groot rou lê nog voor julle.”

“Onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou, Ek en My leërskare sal saam met julle treur en daar is nie een wee te klein wat Ek en My leërskare nie met julle sal deel in alles wat oor julle sal kom wanneer die tye van die profete vervul sal word nie.”

“Ja, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wie Ek so liefhet, alles wat julle sal ly, elke enkele wee wat julle sal ly, sal Ek en My leërskare saam met julle ly.”

“‘n Nuwe belofte gee Ek aan julle en hierdie nuwe belofte is dat Ek die wee van hierdie groot rou en wee van julle sal herstel met vreugde en blydskap 7 maal, 7 maal sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie rou en wee herstel, 7 maal met vreugde en blydskap aan die einde van die tye van die profete.”

“En nog ‘n belofte maak Ek aan julle vir hierdie tyd van rou en wee, onthou My in die tyd van rou en in die tye van wee, roep uit na My en Ek sal julle troos met My Heilige Teenwoordigheid deur My Heilige Gees.”

“In daardie oomblikke van julle diepste wanhoop in hierdie rou en wee wanneer julle na My uitroep, sal julle weet dat EK IS met julle is.”

“Julle sal deur julle hele wese omhels word deur My Heilige Teenwoordigheid deur My Heilige Gees.”

“Julle sal weet EK IS met julle!”

“Julle sal weet EK IS met julle!”

“Julle sal weet EK IS met julle!”

“EK IS wat EK IS, My Huis van Israel en MY Dogter van Sion, EK IS wat EK IS en julle sal weet EK IS met julle.”