Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 108 ontvang op 6 Desember 2013

Sal Ek swakkelinge stuur om My werk te doen?

Ek het jou gebede gehoor en Ek hoor jou gebede te alle tye wanneer jy tot My bid, smekende tot My vir My wil vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion en in die ander sake hoor Ek, EK IS wat EK IS jou gebede. Nee, jy kan dit nie aan hulle in My volk, My kinders, en My huise van Israel sê nie, want hulle moet die antwoord vanuit hulself soek. Tog weet sommige reeds, maar hulle vrees hulle broers en susters en sal nie in My Naam spreek van wat hulle weet en van dit wat aan jou en aan hulle getoon is in hierdie saak nie. Sê vir hulle dat EK IS wat EK IS met julle is en EK IS wat EK IS sal voortgaan om met julle te wees en sal met julle wees in die tye wat kom, want daar is nog baie meer werk wat julle vir hulle moet doen, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogter van Sion. Julle mag hierdie woorde vir hulle sê, EK IS wat EK IS, JaHshua en soos wat EK IS wat EK IS, JaHshua vir hulle sê, is daar niemand so blind as hulle wat sien, maar weier om te sien nie! Daar is niemand so doof soos hulle wat hoor, maar weier om te hoor nie! Om hierdie rede en vir hierdie saak en as gevolg van hierdie ongeloof en troueloosheid onder My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, sal Ek, EK IS wat EK IS die woorde selfs vermeerder, wat Ek deur My Heilige Gees spreek tot die hart van hierdie dienskneg om vir My te skryf, JA VIR MY, EK IS WAT EK IS. Hierdie dienskneg sal vir My skryf, My woorde, My, JA EK! EK IS WAT EK IS! Enige tyd van die dag of nag sal hierdie dienskneg vir My skryf, want ten spyte van die baie vervloekinge en verdoemenis wat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, wie My teenstaan, op hierdie dienskneg plaas, soek hierdie dienskneg My nog nederig en voortdurend om My sy verpligting teenoor My en teenoor alles wat Ek vir hierdie dienskneg gevra het om vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te doen! Wat? Ek ken julle harte! Ek weet wat baie van julle dink van hierdie dienskneg. Het julle gedink dat diegene wie Ek stuur, swakkelinge sou wees? Hierdie swakkes onder julle is reeds geopenbaar gedurende hierdie afgelope jare en baie van hulle wie Ek nie gestuur het nie, maar wie uit hulself gekom het, selfs onder julle eie volk, het uitgeval as gevolg van hulle troueloosheid en ongeloof. Tog het hierdie kneg en diegene wie Ek, EK IS wat EK IS, gekies het, ja, hulle het hul fondament op My gebou, soos wat Ek hulle beveel het deur My woorde as JaHshua. Julle! Ja, julle wat poog om hulle wie Ek gekies het, af te skud en te beweeg vanaf hierdie fondament van My, sal nooit oorwin nie, omdat Ek gekies het en Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en alles wat is. Ek het hulle gekies en op My het hulle hul fondament gebou! Nooit sal julle hulle afskud van My nie. Wat? Het julle gedink dat Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, het julle gedink dat Ek hulle nie sou vind en dat Ek nie My diensknegte vir julle sou voorberei nie? Ek het hul hele leeftye spandeer om hulle voor te berei vir hierdie take en in die leeftye van hulle wie Ek gekies het, het Ek, ja EK! EK IS wat EK IS, het Ek toegelaat dat beproewinge en versoekings in die lewens gekom het van hulle wie Ek gekies het, van sodanige omvang en proporsie, dat die meeste lank gelede al die gees sou verlaat het of hierdie reis opgegee het oor hierdie lewens van smart wat hulle moes verduur. Julle moet nooit dink om hulle van My, EK IS wat EK IS los te skud nie, want EK IS, ja, Ek, EK IS wat EK IS, is hul soliede rots en EK IS wat EK IS is hul soliede fondament en soos wat Ek vir ewig leef en van voordat daar iets was, sal julle nooit die oorhand kry teen hulle wie Ek gekies het om te gee, ja vrylik aan julle te gee nie, en nie net van My af het Ek hulle vir julle gegee nie, maar hulle het hierdie take nederig aanvaar en vooraf geweet van die vervloekinge wat teen hulle opgestapel sou word, omdat hulle hierdie take vir My, EK IS wat EK IS sou doen. Gedurende hul baie jare van beproewing en gedurende hul baie jare van verdrukking en gedurende hul baie jare van alle soorte lyding, het Ek, EK IS wat EK IS hulle voorberei vir hierdie take in My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion! Gedu­rende hul baie jare van beproewing en gedurende hul baie jare van verdrukking en gedurende hul baie jare van alle soorte lyding, het Ek, EK IS wat EK IS hulle vir ewig aan My gebind in My woning van liefde en hulle gevul met My krag en My moed om vir ewig al die aanvalle van die bose een te weerstaan en ook al die aanvalle van die bose een deur hulle wat My teenstaan in My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Wat? Het julle gedink dat Ek die wat swak van hart is vir julle sou stuur? Wat? Het julle gedink dat Ek hulle aan julle sou stuur wat maklik van die pad af sou gaan met die geringste sweempie van teenspoed, of dat hulle sou uitval deur die gedagte om uitgeworpenes van julle in My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te wees, julle wie My teenstaan en hulle wie Ek voorberei en gestuur het en sal stuur in die tye wat kom, verdoem en vervloek? HULLE WIE EK UITVERKIES HET, IS REEDS UITGEWORPENES EN HULLE WIE UITGE­WERP IS, WAS HULLE HELE LEWE LANK UITGEWORPENES! Hulle is nie bang om uitgeworpenes te wees nie! Hulle vrees nie die mens nie! Hulle vrees nie die bose een of sy leërskare nie! Maar wat meer is, o mans en vroue, julle versuim om My wysheid te sien in hierdie sake, want hulle wie Ek vir julle uitverkies het, ja hulle, baie van hulle wie Ek uitverkies het, het leeftye van meer woede en toorn op hul reise van beproewinge en versoeking tot op hierdie oomblik verduur, as wat enigeen van julle ooit in staat kan wees om hulle mee te belas met julle vervloekinge, so groot was hulle beproewing en verdrukking gewees! Hul lewens was hul afwagting vir hierdie tye, en regdeur die afwagting van hul lewens het hulle My nog steeds liefgehad en soek hulle na My en is hulle lief vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ookal gevind kan word en waar hulle ookal woon, het hulle My lief en soek hulle My wil vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Hulle woon in My liefde, en hulle wandel in My, in My Naam en binne-in My en elke oomblik van hulle dae woon en wandel hulle wie Ek vir julle gekies het, binne-in My liefde, in My Naam en binne-in My, EK IS wat EK IS. Ja, jy wat hierdie woorde vir My skryf, ja, Ek het jou gebede gehoor en dit is die woorde wat Ek aan jou gegee het om deur My Heilige Gees te skryf, Wie My woorde op en in jou hart plaas om vir My te skryf, EK IS wat EK IS. Hierdie woorde wat jy geskryf het, sal die antwoord op jou gebed wees in hierdie saak. EK IS wat EK IS, hulle weet, maar sal nie sien nie! Hulle hoor, maar sal nie luister nie, hulle skreeu hulle profete van die dakke af, hulle betuig die woorde van hulle profete aan enigeen en almal wat dit wil ontvang, tog wil hulle nie al die woorde glo van die profete van lank gelede nie, wie Ek, EK IS wat EK IS aan hulle gestuur het. In die volheid van tyd sal baie van hulle die antwoord in alle opregtheid van hart soek. Dit moet so wees, sodat hulle in hul verbasing en in hul verbystering en in hul vrees vir My krag, hulle nederig en in alle opregtheid hul harte sal oopmaak en hul monde sal open om My Naam te verheerlik en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te verhoog waar hulle ookal gevind kan word en waar hulle ookal woon, wanneer die antwoord na hulle toe kom vir hierdie werke en vir die werke van ander wat Ek in My Naam na hulle gestuur het, EK IS wat EK IS. Hierdie woorde, ja HIERDIE EN BAIE ANDER WOORDE EN WOORDE WAT NOG MOET KOM was en sal gegee word aan hierdie dienskneg, deur My Heilige Gees wat op en in sy hart spreek om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 107 ontvang op 6 Desember 2013

Ek gaan julle uitlei uit Egipte

Aan hulle wat agterbly onder die hand van Farao in kettings van slawerny, onthou vir Josef! EK IS wat EK IS en EK IS kom julle haal! Julle moet nou bid en bid sonder ophou om julle harte voor te berei vir My, ja vir My, julle liefdevolle, barmhartige en genadige Vader, vir My, EK IS wat EK IS, Hy Wie alle dinge geskep het en Hy wie geminag, bespot en uitgelag word in die bose en slegte uittarting van hulle wat My in My gesig uittart en hulle wat hulle vuis teen My en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion ophef en bal, JA, DIT IS EK! EK IS WAT EK IS! EK IS WAT EK IS! EK IS WAT EK IS! EK IS en saam en deur My leërskare gaan ons kom om julle te red! Hulle wat julle gebonde hou, sal My leërskare sien wat julle sal verlos, ja, My leërskare, My leërskare van engele sal deur hulle wie julle gebind het, gesien word en nie net sal hulle met hul oë sien nie, maar hulle sal My leërskare sien met die kleinste deeltjie van hul wese, so sal hulle My leërskare sien wat gaan kom om julle te red! Met hul eie hand, sal hulle wat My leërskare sien, julle vrylaat, omdat EK IS wat EK IS ‘n groot vrees vir julle en kennis van julle in hul harte sal plaas en daarom sal hulle julle vrylaat. Hulle sal julle vrylaat en hulle sal julle aan My en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion oorgee waar hulle ookal woon en waarheen Ek julle ookal sal lei om te gaan. Op daardie dag en in daardie tyd moet julle jul heeltemal toewy aan My, EK IS wat EK IS en in alle dinge moet julle jul toewy aan My, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle en genadige Vader wat deure oopmaak, selfs daardie deure wat nie deur ‘n mens gesien kan word nie, maak Ek, EK IS wat EK IS hierdie en alle deure oop. Kyk uit vir My, Ek kom en Ek sal hierdie deure oopmaak op die wyse wat Ek deur hierdie dienskneg gespreek het, deur hierdie woorde wat My Heilige Gees op sy hart en in sy hart geplaas het om vir My te skryf, vir My, EK IS wat EK IS! KYK UIT VIR MY! Op daardie dag en in daardie tyd moet julle baie haastig wees, sonder die geringste huiwering van `n oomblik, wanneer EK IS met en deur My leërskare sal kom om julle te red! Dit sal ‘n wandeling van geloof wees in julle absolute afhanklik­heid van My om aan julle daardie plekke te wys wat Ek vir julle berei het om heen te gaan. Weet en verstaan dat baie van julle paaie verskillend en afsonderlik sal wees en julle moet nie poog om saam te koek nie, doen slegs soos wat Ek julle sal lei en wys deur My Heilige Gees, want julle is deur My, EK IS wat EK IS uitverkies vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion en waar hulle ookal sal woon, daarheen sal Ek julle lei. Dit wat julle weet en dit wat julle voorvaders geweet van My aarde, My lewende aarde, ja, My lewende Aarde, sal met julle spreek en sal in julle harte fluister wanneer die tyd van My verlossing deur My leërskare naby is aan julle! EK IS wat EK IS, kyk, luister en berei voor!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 106 ontvang op 5 Desember 2013

My volk, kom uit die groot hoer!

Staan op van jou bed, jy mag nog nie slaap nie, want die tyd is kort en jy moet hierdie woorde skryf wat Ek jou gee om te skryf, skryf vir My, EK IS wat EK IS. Jy moet nou skryf, want Ek het My Heilige Gees vooruitgestuur om die harte van hulle voor te berei wat My nog steeds sal hoor deur hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou gee om te skryf deur My Heilige Gees wat hierdie woorde in jou hart plaas om te skryf vir My, EK IS wat EK IS. Skryf jy nou aan daardie huis, ja, daardie groot huis wat baie huise van hulle wat vir My, EK IS wat EK IS gesoek het, bedrieg het. Skryf aan hulle en spreek My woorde: Kom uit hierdie huis, al My mense, ja almal van julle wat My, EK IS wat EK IS nog grootliks begeer en soek! Kom uit hierdie groot huis uit met groot haas, kom uit hierdie huis wat julle en hierdie baie huise van My volk verlei het om een huis, een groot huis te word! Kan julle nog nie sien nie en weet julle nog nie dat hierdie groot huis, ja hierdie groot huis die huis is van godslastering en afvalligheid waarteen Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku het en Ek het met julle gespreek daarvan deur die onthullings wat Ek aan My kneg op Patmos gegee het om aan julle te skryf? Vir meer as tweeduisend jaar was hierdie waarskuwing met julle, en nou het julle een geword met hierdie groot huis van afvalligheid! Ja, hierdie groot huis wat onder al die nasies van die aarde woon! Kom uit haar uit, My volk, kom uit haar uit, almal van julle wat nog na My waarhede van My geskrifte soek, al hierdie waarhede van daardie boeke wat julle die Ou en Nuwe Testament noem. Hierdie boeke is verkeerdelik genoem. Hierdie boeke is die verbond en die herbevestiging van die verbond. Soek My deur hierdie boeke, al hierdie boeke, soos wat julle hierdie boeke aangewys het as die Ou en Nuwe Testament. Onthou wat Ek, EK IS wat EK IS julle hierdie nag vertel het van hierdie boeke, hierdie boeke wat die verbond en die herbevestiging van My verbond is! Die groot bedrieër, ja, die Satan het julle valslik weggelei vanaf die eerste boek, die boek van die verbond tussen My en die mensdom en het julle valslik laat glo dat My eerste boek van die verbond met die mens, nie meer staan nie. Julle moet nou soek, terwyl daar nog tyd is, moet julle nou hierdie boek van die verbond soek en julle moet die waarheid met groot haas soek! In hierdie boek van die verbond sal julle My wette vind, almal van hulle en in hierdie boek sal julle vind dat hierdie wet My wet van liefde is om te beskerm, te onderrig en om die veiligheid van My volk te verseker binne My wet, My wet, My wet van liefde, My heilige wet, My koninklike, My verbond met die mensdom! Ja, hierdie verbond van My wet van liefde waarteen die Satan julle bedrieg het om te glo dat hierdie boek nie meer in hierdie tye spreek nie. Julle moet nou hierdie waarheid soek. Onthou dat Ek as JaHshua vir julle gesê het dat nie een jota en nie een titel van My wet verwyder sal word nie. Julle moet hierdie wysheid soek en julle moet hierdie waarheid soek, want Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het julle oor en oor deur hierdie boeke vertel dat My wet, ja My wet van liefde vir ewig staan. As dit nie so was nie, dan hoef Ek nooit na julle wêreld toe gekom het om die loon te betaal van die sondes van die mensdom wat die wet, ja My wet vereis het vir die sonde nie. Die enigste gedeelte van My wet wat geëindig het, was die tempeldienste van offer, want dit het by die kruis geëindig toe Ek, EK IS wat EK IS die vereiste van die wet vervul het deur My dood as JaHshua. Op daardie dag en op daardie tyd het Ek die gordyn geskeur tussen die Allerheiligste en die heilige van die tempel in Jerusalem wat gedui het op die einde van die tempeldienste van offers. As My wet nie vandag staan soos destyds nie, dan het die dood wat Ek vir julle gesterf het, geen betekenis nie. Die loon van die sonde is die dood. Die loon van die sonde sal altyd die dood bly en die kennis van sonde kom deur My wet. As daar was geen wet is nie, dan kan daar geen meer sonde wees nie. Die Satan het julle bedrieg met groot geslepe bedrog en met groot geslepe leuens. Alhoewel dit hom en sy leërskare eeue geneem het om die mensdom te mislei deur sy subtiele geslepenheid, tog het hy julle mislei om hierdie groot afvalligheid oor My wet te glo, ja, dat My wet nie meer deur die mens gehoorsaam moet word nie. Het julle nie gelees en weet julle nie van die Groot Oorlog in My koninkryk nie? Ja, hierdie groot oorlog wat teen My wet was! Die Satan het julle bedrieg soos wat hy My leërskare bedrieg het om dieselfde dinge te glo van My wet, My wet van liefde, My koninklike en heilige wet; dat dit nie gehoorsaam hoef te word nie! Dit is dieselfde leuen waarmee hy julle bedrieg het! As Ek nie die engele gespaar het wat teen My wet gesondig het nie, dink julle dat Ek enige van julle sterflike kinders van die mens sal spaar? Kom uit haar uit, My volk! Kom uit hierdie groot afvalligheid uit, want die tyd is kort en Ek, EK IS wat EK IS sal binnekort wegdraai van hierdie groot huis van afvalligheid en van al hierdie huise wat een geword het met hierdie groot huis sal Ek, EK IS wat EK IS Myself wegdraai. In daardie dae en in daardie tyd sal Ek, EK IS wat EK IS My Heilige Gees verwyder van al die harte van diegene wat binne hierdie huise en hierdie groot huis van afvalligheid woon. In daardie dae en in daardie tyd sal My Heilige Gees onttrek word en My Heilige Gees sal nie langer spreek tot die harte van hulle wat binne hierdie huise en in hierdie groot huis woon nie. In daardie dae en in daardie tyd, wanneer My Heilige Gees onttrek word uit hierdie groot huis en die huise wat binne hierdie groot huis woon, ja, in daardie dae en in daardie tyd sal die hart van hierdie groot huis en hierdie huise vir ewig van My afgewend word! Hierdie groot huis en hierdie huise sal die woning van die vlees word en met allerhande verleiding van ongeregtigheid sal hierdie groot huis verskyn as ‘n baken van groot lig en sal poog om die hele wêreld te mislei. Die harte van hierdie huise en die hart van hierdie groot huis sal verander word tot voortdurende boosheid teen My, EK IS wat EK IS, My Heilige Gees, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Kom uit haar uit, My volk, kom uit haar uit en soek My deur die Skrif van die verbond! In daardie dag en in daardie tyd wanneer julle uit hierdie groot afvallige huis en vervalle huise sal kom om My te soek, sal julle My vind deur die woorde wat reeds geskryf is deur My profete en in My wet, ja, My wet van liefde, My heilige wet, My koninklike wet, My verbond met die mensdom en julle sal My in alle waarheid en geregtigheid vind! Kom uit hierdie huis uit en kom uit hierdie huise uit want die tyd is kort, so baie kort, EK IS wat EK IS, soek My terwyl Ek nog gevind kan word!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 105 ontvang op 5 Desember 2013

Geestelike waarhede aan die Boer en die boere

EK IS wat EK IS, EK IS wat EK IS en EK IS spreek met die hart van hierdie dienskneg om hierdie woorde te skryf aan julle, My Boer en My boere van ander nasies. Skryf hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS in jou hart spreek deur My Heilige Gees om te skryf soos wat net My Boer en My boere die waarhede sal ken en verstaan wat Ek deur middel van hierdie dienskneg aan die wêreld wil geopenbaar. Ja, EK IS wat EK IS sal hierdie waarhede openbaar aan die Boer en die boere. Hierdie dienskneg weet maar min van hierdie kennis wat vir talle geslagte onder die Boere en die boere bekend is en was wat EK aan sy hart openbaar om aan julle te skryf, sodat julle kan weet dat dit Ek, Ek, ja, EK IS wat EK IS is wat spreek tot sy hart om My woorde aan My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te skryf. Vertel die wêreld dat die Boere en die boere weet van My Aarde, My lewende Aarde wat tot julle harte spreek gedurende alle tye van die versorging van julle wingerde. Vertel hulle hoe My Aarde, My lewende Aarde gedurende hierdie tyd tot julle spreek, My Boer en My boere. Vertel hulle hoe My Aarde julle lei in fluisteringe tot julle harte op alle maniere waarop die grond en die oorvloed van die aarde versorg moet word. Nie net van die kennis van die mens nie, maar soos wat die Aarde, My lewende Aarde spreek en fluister in die harte van My Boer en My boere gedurende die planttyd, die tye van groei tot by die tye van die oes. Ja, vertel die wêreld en maak hierdie waarhede bekend hoe My Aarde, My lewende Aarde tot julle harte spreek en fluister gedurende al hierdie tye. Vertel die wêreld hoe selfs die saailinge wat hulle groei afwag, dat hulle, ja selfs hierdie saailinge in die boesem van die aarde met julle spreek. Vertel hulle van die aarde, vertel hulle dat My Aarde leef en groot kennis spreek in die harte van My Boer en My boere, van haar grond en van dit wat binne haar grond groei. Vertel hulle hoe selfs dit wat julle plant en groei ook spreek en fluister tot julle harte en dat hulle met julle spreek van hul behoeftes soos wat julle dit versorg wat julle plant en groei. Vertel hulle hoe My Aarde, My lewende Aarde julle liefdevolle hande ken en hoe My Aarde, My lewende Aarde smag na julle hand op haar grond om te plant en te oes, want in die voortgesette sirkel van lewe smag My Aarde, My lewende Aarde na die hand van My Boer en My boere. Vertel die wêreld hoe tydens al hierdie tye julle een gees word met die gees van My Aarde, ja, My lewende Aarde. Vertel die wêreld van hierdie waarhede, My Boer en My boere, EK IS wat EK IS

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 104 ontvang op 4 Desember 2013

Die ongehoorsames word bestraf

Dit is nie vir jou gegee om die woorde van vermaning, bestraffing of teregwysing van My, EK IS wat EK IS te skryf aan hulle van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion nie, maar aan hulle, ja hulle, enigeen van hulle wat onder My volk in woord en daad skade doen aan My Dogters van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Hulle sal vermaan, bestraf en tereggewys word onder die gemeentes, vergaderings en huishoudings van My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ookal versamel is. Jy mag hierdie woorde van waarskuwing aan hulle skryf en hierdie is die woorde wat jy mag skryf soos wat Ek, EK IS wat EK IS dit in jou hart geplaas het om die woorde te skryf. Sê aan hulle wat aan hierdie Dogters skade doen, sê vir hulle met ‘n groot en ernstige waarskuwing van My, EK IS wat EK IS af, skryf aan hulle en vertel hulle dat uit My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, Ek, EK IS wat EK IS diegene sal oprig wat hulle sal vermaan, berispe en teregwys, wie ookal hierdie Dogters van My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion sal skade aandoen. Ja, waarsku hulle dat hierdie verma­nings, teregwysing en berisping sal kom en dat hulle wat skade aangerig het in woord en daad aan My Dogters, ernstig vermaan, berispe en tereggewys sal word voor die gemeentes, verga­derings en huishoudings van My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion waar hulle ookal sal vergader. EK IS wat EK IS, daar is niks meer vir jou om te skryf oor hierdie aangeleentheid nie.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 103 ontvang op 4 Desember 2013

My Dogters, Ek is altyd by julle

Dogters van My Dogter van Sion, dogters van My volk, My kinders en My huise van Israel, dink nie dat julle vergeet is in My woorde vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nie. Julle moet ook nooit dink dat julle ooit deur My, EK IS wat EK IS vergeet is in die woorde wat My Heilige Gees aan hierdie dienskneg gee om vir My te skryf nie. Onthou julle nie dat Ek veral moeders as baie geliefd beskou nie? Onthou julle nie dat Ek in My wette vereis het dat spesiale sorg aan die vroue, moeders en weduwees van My volk gegee word en dat mans veral beveel is om julle lief te hê en vir julle te sorg nie? Weet julle nog nie hoe baie Ek julle liefhet en hoe geliefd julle is deur My, EK IS wat EK IS nie? Almal van julle, ja almal van julle verteenwoordig My as My Dogter van Sion en My bruid. Dit is duidelik geopenbaar deur My woord en deur My Woord word almal verantwoordelik gehou vir hul optrede teenoor julle, My dogters van My Dogter van Sion en dogters van My volk, My kinders en My huise van Israel. Dikwels wandel Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader onder julle. Dikwels besoek Ek julle, beide in julle ontwaakte ure en gedurende die ure wat julle slaap. Dikwels het Ek julle laat weet van My teenwoordigheid. Dikwels het julle die aanraking van My liefde gevoel terwyl julle nog slaap en dikwels het Ek My liefde bevestig deur die vele mense wat Ek na julle toe gestuur het om voor te sorg en om lief te hê. Het julle nie geweet dat Ek onder diegene was wat besoek gebring het aan julle nie? Het julle My nog nie in almal van hulle gesien nie? Kyk na My in alle dinge en kyk na My groot liefde vir julle! Kyk na My en julle sal My sien op meer maniere as wat julle nou dink moontlik is, so sal julle My sien in My liefde vir julle. Onthou, onthou, onthou Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS besoek julle dikwels terwyl julle nog slaap en dikwels besoek My leërskare julle terwyl julle nog slaap om julle harte en geeste aan te raak en om My liedjies van My liefde vir julle te spreek en te sing terwyl julle nog slaap. Onthou julle nie hierdie dinge as julle wakker word nie? Dikwels het julle wakker geword met spesiale woorde van My aan julle in julle harte en dikwels het julle wakker geword met hierdie liedere in julle harte en op julle lippe. Dit was Ek, dogters, ja, dit was Ek, EK IS wat EK IS en dikwels was dit ook My leërskare wat al hierdie dinge in julle harte en liefdevol op julle lippe geplaas het, soos wat julle wakker geword het en soms hierdie woorde herhaal het en die liedjies gesing het wat ons met julle gespreek en gesing het van My liefde. Julle moet nooit dink dat julle deur My, EK IS wat EK IS vergeet sal word nie!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 102 ontvang op 4 Desember 2013

`n Ligbaken wat wink

Ja, vertel hulle van die visioen van die lig, ‘n groot lig, ‘n skitterende lig, ‘n baken wat gesien sal word, beide van die hart en gees sal hierdie lig gesien word. Hierdie lig, hierdie lig van My Heilige Gees, hierdie baken van My Heilige Gees, sal en het begin om bo My Dogter van Sion te skyn; dit kan gesien word, maar nie gesien word nie. Dit skyn, maar nog nie om te wink nie. Tog moet hierdie Dogter voorberei word vir hierdie tye, die tye wat gaan kom en die terugkeer van haar susters na haar toe, gedurende die tye wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, wat die tye voorberei het vir haar susters om te kom en vir sommige van haar susters om na haar toe terug te keer en saam met haar te woon, by hierdie Dogter van Sion, Berg Sion van My, My woning van liefde wat tans nog onbekend is vir baie, so groot soos wat dit is, hierdie Filadelfia van My ark, hierheen sal jou susters terugkeer. Sommige van hierdie susters is geklee in die mode van die wêreld, in die ydelheid en skoonheid van hierdie wêreld is sommige van hierdie susters geklee, maar nog weet hulle nie dat hulle harte leeg is nie en nog weet hulle nie dat hulle ongetroud is nie en dat hulle ver weg gewandel het van die waarheid van My lig, My winkende lig van My Heilige Gees wat hierdie susters van ver af sal sien en van ver af sal hulle begin om te kom om te soek na wat Ek, EK IS wat EK IS in hul harte geplaas het, dat My Ark van My Dogter van Sion dit bevat waarna hulle soek. Hierdie susters sal kom, beide van binne Suid-Afrika en van ander nasies af sal hulle kom, aangetrek en geklee in al hulle opsmuk en skoonheid van die wêreld, sal hulle kom om te soek na My wysheid, waarheid, kennis en bo alles, My liefde van hulle suster, Dogter van Sion. Dogter van Sion, Ek spreek nou direk met jou, op hierdie oomblik, deur hierdie dienskneg wat skryf soos wat My Heilige Gees hom lei om te skryf, spreek Ek, EK IS wat EK IS nou direk met jou. Weet en verstaan dat jou susters, hierdie ander Dogters van Sion, wat jou binnekort gaan besoek, ja, hierdie susters, aangetrek en geklee in al hulle opsmuk en skoonheid van die wêreld, dat hierdie opsmuk en skoonheid daardie leerstellings, oortuigings en tradisies is wat aan hulle gegee is deur die magte van die duisternis. In hulle ydelheid en met groot trots, pronk hulle deftig voor die wêreld, en glo dat hulle deur My geklee is. Wanneer hierdie susters jou besoek, sien nie hul opsmuk of hul skoonheid nie, begeer net om hulle te verwelkom as jou susters en begeer net om die groot liefde met hulle te deel wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou getoon het. Baie van hierdie susters sal glo, vele meer sal nie, sommige sal jou seën in die wêreld en sommige sal jou vervloek in die wêreld, maar weet Dogter van Sion, dit is vir My planne en My doeleindes soos wat Ek jou gesê het dat Ek jou ‘n lig in die wêreld sal maak en sodat jy bekendgemaak kan word aan die wêreld. Weet jy nog nie of verstaan jy nie dat jy deur My gekies is nie, EK IS wat EK IS? Ja, jy is deur My gekies as die begin van die woning van My, EK IS wat EK IS, My woord, My wet en die kennis van My, My heerlik­heid en My krag vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion en in die volheid van tyd, vir die wêreld! Het jy dit nog nooit bedink waarom jy na hierdie plek gelei is deur My, EK IS wat EK IS nie? Het jy dit nog nooit bedink dat jou huis naby die groot stad, die stad wat Ek uitverkies het, die stad wat was, is en ‘n ster sal wees onder julle nasies, ja hierdie stad wat My stad was om tekens aan julle te toon en om julle te leer van My, EK IS wat EK IS deur hierdie stad nie? Het jy nog nooit die simboliek van die lewende waters bedink wat Ek, EK IS wat EK IS na jou huis gestuur het nie? Al hierdie dinge en nog meer wat geopen­baar gaan word, is tekens en bevestigings van My af van hierdie groot roeping en bevestiging van My planne en My doelwitte vir jou, Dogter van Sion. Ja, Ek weet dat jy gewond is. Ek weet dat jy seergekry het en Ek weet dat jy ly as gevolg van hulle onder jou, jou geliefde en genooide gaste, ja hulle wat jou so gewond het. Jy mag nie bevrees of verskrik wees nie, Dogter van Sion. Hierdie dinge moet so wees om jou sonder gebrek te maak voor My aangesig en vir My planne en My doeleindes vir die tye wat nog moet kom. In daardie dae en in daardie tyd sal jy geseënd wees en geseënd op wyses wat jy nie eens kan begin om hierdie seëninge te bedink nie, seëninge van goedheid en seëninge van groot geestelike waarhede, wysheid en kennis. So groot sal hier­die geestelike seëninge wees, dat baie van julle plat op die aarde sal neerval en huil van groot blydskap oor alles wat Ek sal deel en aan jou sal openbaar, so groot sal dit wees wat Ek, EK IS wat EK IS beplan en voorberei het vir jou. Het jy alreeds vergeet of het jy nie onthou dat Ek jou gewaarsku het en jou altyd sal waarsku om voor te berei om teen die aanvalle van die bose een op te staan nie? Het jy al vergeet dat Ek vir jou gesê dat niks met jou sal gebeur wat Ek nie toelaat nie! Dit is om jou voor te berei vir dit wat gaan kom sodat jy die magte van die duisternis in alle vorme kan sien en ken. In daardie dae en in daardie tyd sal jou geloof in My so groot wees, dat daar nie die geringste twyfel of ‘n oomblik van huiwering tussen My en jou en die antwoorde wat Ek, EK IS wat EK IS, onmiddellik aan jou sal gee nie, so groot sal hierdie geestelike aanstaring wees tussen My en jou! Onthou jy nie en het jy al vergeet dat Ek gesê het dat hierdie tye van vermanings, teregwysing en berisping sou kom? Het jy ook nie onthou of het jy al vergeet dat Ek, EK IS wat EK IS ook aan jou woorde van bemoediging en troos sou stuur om voort te gaan en om jou te versterk nie? Kyk nou terug en kyk hoe ver jy reeds onder My Naam gekom het en hoe Ek, EK IS wat EK IS jou gebede beantwoord het! Vrees nie en wees nie verskrik nie, die laste van jou hart deur hierdie vermanings, berisping en teregwysing sal verminder en in die tye wat kom, sal jy hierdie vermanings, berisping en teregwysings met blydskap ontvang. Kyk jy nou en deel die visioen van jou susters met hierdie dienskneg, want Ek het My Heilige Gees onder jou gestuur om ook hierdie visioen van jou susters te sien, hierdie susters, geklee in al die opsmuk van die wêreld en ook die susters wat woon in die ellendige plekke en geklee is in bekleding van vodde en wat bedek is met die stof van hul pyn en angs. Sien hulle! Hierdie susters, hierdie ellendige susters sal na jou toe kom in groot nederigheid en opregtheid, want in hulle ellende was My Heilige Gees besig om hul harte ten volle vir jou oop te maak om die kennis, die groot geestelike waarhede en wysheid te ontvang wat Ek alreeds vir jou getoon het en Ek sal nog meer aan jou openbaar om met hierdie susters te deel en met hierdie suster alleen sal jy hierdie groot geestelike waarheid, kennis en wysheid deel. Hierdie susters, kyk jy nou met en deur die oë van My Heilige Gees, kyk nou met liefde en medelye en kyk hoe hulle vanuit die verte na jou toe kom, met groot hartseer en met groot angs dra hulle hul lyding, pyn en wee van die laste van die wêreld. Tog kom hierdie susters na jou toe met groot hoop in hul oë, want hulle kom reeds na jou en reik reeds uit na jou. Voed hulle, bemoedig hulle en bowe alles, wees lief vir hulle, want groot is hul pyn van die ellende wat die bose een hulle daagliks mee vervloek. Onthou dat hulle harte reeds voorberei is deur My Heilige Gees om My liefde te ontvang en hulle sal My liefde met groot blydskap en dankbaarheid ontvang. Onthou ook dat in die dae van hulle ellende, in die dae waarin hulle in vodde geklee was, het hulle groot kennis van die wêreld verwerf, kennis van die magte van die duisternis en ‘n groot geloof. Hulle bring hierdie kennis saam met hulle en deur My Heilige Gees sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie kennis vervolmaak. Hierdie kennis sal ‘n groot seën vir jou word en hierdie susters sal ‘n groot vreugde vir jou word in die volheid van tyd wanneer Ek, EK IS wat EK IS die ellende verwyder wat die bose een op hulle geplaas het, deurdat hy hulle in slawerny gehou het. Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sal ook die vodde van leuens van hul gemartelde lewens verwyder waarmee die bose een hulle in slawerny beklee het en Ek sal hulle aantrek met die tooisels van My woord en die skoonheid van My woord. In die volheid van tyd sal hierdie susters jou, jou groot vreugde verskaf, Dogter van Sion. Julle sal soos liefdevolle susters wees en julle sal julle verlustig in My woord en My liefde soos wat julle een Dogter van Sion word, My Dogter van Sion, My begin van My lig deur jou na die wêreld soos dit geskrywe is, so sal dit wees, EK IS wat EK IS

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 101 ontvang op 4 Desember 2013

`n Sifting en reiniging wat kom

Julle het gelees en julle het gehoor van die sifting en reiniging wat gaan kom. Julle het gelees en julle het gehoor dat hierdie sifting en reiniging alreeds begin het. Hierdie sifting en reiniging is maar ‘n voorloper van die sifting en reiniging wat nog moet kom. Hierdie sifting en reiniging wat julle reeds gesien het, is maar sag en mak, vergeleke met dit wat nog moet kom gedurende die tye wat voorlê, om julle ‘n heilige nasie te maak, ja MY HEILIGE NASIE om My te verteenwoordig, ja vir My, EK IS wat EK IS, die Skepper van alle dinge, aan die wêreld. Dink aan My, Ek, EK IS wat EK IS, julle Skepper, Wie heilig is en Hy wat as die liefde woon en Hy wat was voordat daar iets was, dink aan My deur al hierdie dinge, want Ek is lief vir julle en Ek is met julle. As julle liefdevolle Vader moet Ek julle nou waarsku van die krag en mag van hierdie sifting en reiniging wat gaan kom, hoor en verstaan, dink diep na oor hierdie woorde, want My Heilige Gees spreek met hierdie kneg om hierdie woorde te skryf, My woorde aan julle. Wees gewaarsku met ‘n groot waarskuwing, ‘n liefdevolle waar­skuwing, tog ‘n waarskuwing van My, EK IS wat EK IS, van wat julle deur My sal aanskou in My krag deur My Heilige Gees, soos wat Ek deur My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion sal beweeg om julle te sif en te reinig. In daardie dae en in daardie tyd sal die vuur van My Heilige Gees beweeg onder My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Ja, hierdie vuur, die vuur van My Heilige Gees, ‘n brullende en voortwoedende vuur, soos ‘n veldbrand, sal beweeg onder My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. My Heilige Gees, vergelykbaar met hierdie veldbrand, sal die harte van My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion sif en reinig. Dit sal ‘n sifting en reiniging wees anders as wat enigeen vir homself mag indink en weet julle My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, weet julle dat so graag as wat sommige van julle gesif en skoongemaak wil word, groot en pynlik sal hierdie sifting en reiniging wees en groot sal die verdriet wees van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wanneer hulle hierdie sifting en reiniging sal aanskou. Daar is baie onder julle wat gesif en gesuiwer sal word en daar is baie onder julle wat geopenbaar sal word vir watter meester hulle werklik dien. Daar is baie wat julle dink nie myne is nie, maar wel is, en daar is baie wat julle dink is, wat nie is nie. Vanuit My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion sal hierdie sifting en reiniging wees, sommige tot groot en berouvolle bekering en sommige tot groot wrewel en verontwaardiging. Baie van hulle sal vlug die oomblik wanneer hulle gesif en geopenbaar word deur My Heilige Gees. Ja, almal van hulle sal gesif en geopenbaar word en met groot hartseer onder My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion sal hulle gesif word. Sommige sal die sifting van My Heilige Gees aanvaar, soos wat dit hulle valse harte, hulle valse oortuigings en valse lering aan hulle openbaar en hulle sal grootliks bedroef wees in die kennis van die skade wat hulle veroorsaak het onder My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion oor hul valse harte, hulle valse oortuigings en hulle valse leringe, tog sal baie van hulle hul bekeer en terugkeer na My, in alle liefde en nederigheid sal hulle weer na My toe terugkeer. In daardie dae en in daardie tyd van hierdie veldbrand reiniging en sifting deur My Heilige Gees, sal baie ander nie hierdie sifting en die onthulling van My Heilige Gees aanvaar nie. Die oomblik wanneer hulle My Heilige Gees ontken in hul sifting en die onthulling van die valsheid van hul harte, oortuigings en leerstellings, sal baie van hulle gevul word met groot wrewel en verontwaardiging. Baie van hulle harte sal beset word deur allerhande bose geeste. Hulle sal My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion vervloek. Hulle sal My vervloek, My Heilige Gees, My koninkryk en My leërskare vir hierdie openbaring en reiniging van My Heilige Gees. Tog sal My Heilige Gees hulle verwyder vanuit My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. My Heilige Gees sal in hulle brand soos ‘n rooiwarm versengende yster en sal hulle dwing om te vlug vanuit My volk en dan sal hulle vlug, want My Heilige Gees sal die vrees en die skrik vir My en My geregtigheid in hulle harte plaas en in die diepste dele van hul geeste sal My Heilige Gees hierdie vrees plaas. Berei julle nou voor vir hierdie sifting en reiniging en berei ook voor vir diegene wat met groot geweld in woord en daad, My en My Heilige Gees gaan weerstaan. Hulle wat My Heilige Gees en hierdie sifting en reiniging weier en hulle wat My Heilige Gees uitdaag om hulle te verwyder vanuit die gemeentes en verga­derings van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, moet julle onder julle uit verwyder, want groot sal hulle geweld in woord en daad wees indien hulle nie verwyder word die moment wanneer hulle gewelddadig raak nie. Ek, EK IS wat EK IS sal toelaat dat sommige van hulle My Heilige Gees uitdaag deur hul weerstand, om julle te toets en om julle te beproef om te sien of julle My, EK IS wat EK IS, My woord, geskrewe, lewend en gesproke sal volg, asook My wette om hulle wat My teenstaan te verwyder vanuit julle midde, EK IS wat EK IS, om My wil te doen op alle wyses van My liefde, soos wat Ek julle gewys het om te doen.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 100 ontvang op 4 Desember 2013

Verbreking van My wette hou gevolge in. Leer My wette in liefde vir My volk

Spreek nou met My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Daar is baie van julle wat nog onder die Egiptenare woon en wag vir My oproep en tog is daar ook baie van julle wat vasgehou word in hierdie verskriklike ellende en slawerny. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle voortdurend herinner, onthou, onthou, onthou, dat Ek julle liefhet! Ek is met julle in alle dinge en in alle dinge is Ek met julle om al hierdie lyding saam met julle te dra, elkeen daarvan dra Ek, julle liefdevolle Vader en Ek dra nie net nie, maar Ek voel en Ek voel nie net My eie gevoelens nie, maar Ek dra en voel alles vir almal van julle gelyktydig! Tog sal Ek, EK IS wat EK IS altyd hierdie laste saam met julle dra en vir julle dra, omdat Ek julle liefdevolle Vader is! Julle moet altyd weet dat Ek julle liefhet om al die pyn en smart van die mensdom te dra, oomblik vir oomblik, dag vir dag, tot by die tyd van die einde, wanneer alles herstel sal word, sal Ek, EK IS wat EK IS altyd hierdie laste dra, elke enkele een daarvan, sodat julle kan weet en glo en kan begin om die nimmereindigende uitgestrektheid van My liefde vir julle te verstaan! Soos wat Ek die lyding en slawerny van Israel in Egipte gedra het, so sal Ek altyd julle laste in hierdie dae dra! Onthou julle My woorde wat Moses vir My geskryf het van die wet, My wette, ja elkeen van hulle het hy vir My geskryf, EK IS wat EK IS. Onthou julle die baie oorvloedige seëninge wat Ek aan Israel belowe as hulle maar net binne My liefde en My wet wou woon? En nie net die seëninge nie, maar die waarskuwings wat Ek met die grootste liefde en sorg aan Israel gegee het en Ek, EK IS wat EK IS het Israel sorgvuldig gewaarsku van die vloeke wat sou kom as hulle My wet nie sou gevolg het nie. Hierdie vloeke is die vloeke wat die gevolg is van My natuurlike wette as My wette nie gevolg word nie. Hierdie wette dek alle aspekte van die mens, vanaf die bewerking en versorging van die grond, voedselwette tot by My burgerlike wette en My Koninklike wet, My feeste, vieringe en so meer. Wanneer My wette, My natuurlike wette nie nagevolg word nie, dan word die mens geteister en nie net fisies nie, maar ook geestelik. Soos wat My natuurlike wette aanhou­dend verontagsaam word, vermeerder hierdie vloeke en dit sluit kwale van alle soorte in. Kwale wat die gees teister, kwale wat die siel teister, kwale wat die hart teister, kwale wat die gees teister en kwale wat die liggaam van mens teister asook die liggaam van die volk en al hierdie kwale sal My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion teister. Soos wat hierdie kwale toeneem, verduister hierdie kwale die weë van My Heilige Gees in julle harte en geeste. Hierdie selfde kwale open die deure vir die magte van die duisternis na julle gedagtes, harte en geeste! Hoe groter die duisternis van hierdie kwale, hoe minder is My Heilige Gees in staat om met julle harte te spreek en soveel groter is die krag van die duisternis om julle te beïnvloed op allerhande wyses en in die dinge van julle lewe! Soos wat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nog meer siek word deur hulle kwale, oefen hierdie magte en invloede van die duisternis selfs groter teistering uit onder julle as My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Dit is deels die rede waarom julle so verdeeld geraak het! Die duisternis van julle harte as gevolg van hierdie kwale verhoed dat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion die geestelike waarhede ontvang wat Ek so graag aan hulle wil openbaar! Vrees nie en wees nie ontsteld nie! Vrees nie en wees nie ontsteld nie! Vrees nie en wees nie ontsteld nie, Ek is julle liefdevolle Vader! Ek verstaan beter as wat julle ooit kan weet waarom hierdie dinge gebeur het! Ek verstaan hoe die Satan en sy leërskare julle mislei het om so ongehoorsaam aan My wette te wees, deur middel van hul bose en subtiele rede­nasies in julle harte. Vrees nie en wees nie ontsteld nie, hierdie tye is voorberei voordat die fondamente van die aarde bevestig is, so noukeurig en met die grootste liefde is hierdie tye voorberei! Nie eens die kleinste daad, aksie, woord of punt aan die einde van ‘n sin is oor die hoof gesien in die voorbereidings wat EK IS wat EK IS en My leërskare vir julle berei het teen die magte van die duisternis vir hierdie tye nie en in daardie tye wat nog moet kom! Onthou julle dat Ek Israel gewaarsku het dat indien hulle ongehoorsaam sou wees aan My in alles wat Ek hulle gevra het om te doen, hulle teruggevoer sou word in slawerny en met groot ellende sou hulle weer die Egiptenare dien? As My volk maar net na My geluister het en in hulle geslagte binne My wet van liefde geleef het, sou soveel wee hulle gespaar gebly het. Tog moet hierdie dinge so wees vir My planne en My doeleindes. Nietemin, Ek, EK IS wat EK IS, sien julle beproewing en dra julle beproewing en smarte in julle beproewing saam met julle. Vrees nie en wees ontsteld nie, want julle verlossing is binnekort hier en verseker sal dit kom! Berei julle nou voor vir die uittog soos wat Ek gespreek het. Hierdie dag sê Ek, EK IS wat EK IS, ja hierdie dag moet julle BEGIN terugkeer na My en My wette! Julle sal na My wet terugkeer met die grootste nederigheid en liefde. Julle sal terugkeer na My wet met die begrip van hierdie wet as ‘n wet van MY LIEFDE. My wet is nie bitter of swaar en ook sal julle My wet nie in enige vorm laat voorkom as ‘n vervloeking, as bitter of swaar vir My volk nie! Vanaf die oomblik wat My herders, leiers en nakomelinge van Sem hierdie woorde lees, ja, op daardie oomblik sal julle begin met die terugkeer van My volk na My wette van liefde. Op hierdie wyse sal julle My volk laat terugkeer na My wette. In julle gemeentes, in julle vergaderings, in julle huishou­dings en in julle eie harte sal julle begin om terug te keer na My wet van liefde. Julle sal dit doen, beginnende met My tien gebooie en julle sal My tien gebooie neerskryf. Julle sal hulle op papier skryf, julle sal hulle op karton skryf, speel-skryf hulle op hout, julle sal hulle op enige soort substansie skryf, en so sal My gebooie geskryf word. Dan moet julle hierdie gebooie vasmaak aan julle deurposte, beide binne en buite julle woonplekke, julle gemeentes en julle vergaderings sal julle hierdie gebooie skryf en vasmaak. Wanneer julle hulle lees, ja hierdie Tien Gebooie, lees hulle een op `n slag en net een elke liewe dag en julle sal dit doen, sodat hulle nie bitter en swaar vir julle word nie. Lees elke dag een van hierdie tien gebooie van My en oorweeg en mediteer gedurende die dag oor hierdie gebod wat julle gelees het en hoe hierdie gebod wat julle gelees het, beoefen en uitgedruk moet word in liefde en slegs in liefde, My liefde, ja My liefde, EK IS wat EK IS, mag julle en sal julle My tien gebooie in liefde oorweeg. Plaas My gebooie op julle harte, julle gees en in julle gedagtes in liefde, My liefde; plaas hulle in liefde op julle harte, julle gees en julle gedagtes. Op julle byeenkomste en in julle vergaderings sal julle begin om My wet terug te bring na My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion. Julle moet `n gedeelte van julle tyd wat julle spreek en skryf aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion en julle huisgesinne, afstaan om My wette te leer aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne op elkeen van julle byeenkomste wat en waar hulle ookal is, sal julle `n deel van hierdie tyd afstaan vir die onderrig van My wette aan My volk. Soos wat julle hierdie wet onderrig, ja hierdie wet, My wet, ja, My wet van liefde, soos wat julle My wet onderrig, sal julle dit opteken wat julle geleer het, wanneer julle hierdie lering gee, sodat julle `n herinnering het van wat julle geleer het van My wette om My volk, My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne na My wette te laat terugkeer. Julle mag nooit My wet te swaar of ‘n las maak vir My volk, soos wat julle voorvaders gedoen het nie. Julle moet altyd My wet in alle liefde, nederigheid en opregtheid van hart aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion leer. Julle mag nooit My wet smaakloos of met bestraffing onderrig nie. Julle mag nooit My wette van die liefde leer as wette van vervloeking of haat nie. Julle moet My wette leer met ‘n innemende stem van liefde, ‘n innemende stem van genade en ‘n innemende stem van nederigheid. As julle hierdie woorde sal volg en sal doen soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle opdrag gegee het om te doen deur middel van hierdie woorde, om My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne in alle liefde, nederigheid en opregtheid te leer, dan, so waar as wat Ek leef van ewigheid tot ewigheid, sal Ek, EK IS wat EK IS hul harte en geeste open deur My Heilige Gees om My wette te ontvang en deur My Heilige Gees sal Ek ‘n groot begeerte, ‘n groot honger en ‘n groot dors in hulle harte plaas vir My wet, My heilige wet, My wet van liefde. As julle weier om My wet in alle liefde, nederigheid en opregtheid te leer, of as julle My wet skaad of ‘n las maak vir My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion en julle huisgesinne, dan sal Ek, EK IS wat EK IS maak dat My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huisgesinne wegdraai van enigeen wat My wet op hierdie wyse leer. As julle weier om My wet in alle liefde, nederigheid en opregtheid te leer, of as julle My wet skaad of ‘n las maak vir My volk, soos wat julle voorvaders gedoen het, dan sal Ek deur My Heilige Gees, Ek, EK IS wat EK IS, MY VOLK WEGLEI VAN JULLE AF, JA, MY KINDERS EN MY HUISE VAN ISRAEL EN MY DOGTERS VAN SION, MYNE! JA ALMAL VAN HULLE IS MYNE EN MYNE ALLEEN EN BEHOORT AAN GEEN MAN NIE! EK, EK IS WAT EK IS SAL SELF VEROORSAAK DAT HULLE WEGDRAAI VAN DIE WAT MY WET ‘N SWAAR LAS MAAK EN SAL VAN HULLE AF WEGDRAAI OM `N ANDER TE SOEK. Begin nou, die oomblik wat julle hierdie woorde ontvang, begin nou om julle tyd op te deel in julle vergaderings, in julle gemeentes, julle huishoudings en onder mekaar, maak tyd om My wet van liefde te lees en die onderrig daarvan in te sluit. Soos wat julle My wet leer en lees, doen dit elke keer biddend op soek na die wysheid van My Heilige Gees om, nie net die grootste waarhede van My wet nie, maar om ook My liefde binne hierdie wette aan julle te openbaar. As julle hierdie woorde sal volg en hierdie woorde sal doen soos wat Ek julle gevra het om te doen, onthou, EK IS wat EK IS sal die harte en geeste van My hele volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en julle huishoudings open deur My Heilige Gees om die liefde, wysheid en kennis van My wette te ontvang en Ek sal dit deur My Heilige Gees in julle harte plaas as ‘n groot begeerte, honger en dors na My woord en My wet, My heilige wet, My wet van liefde. Dit moet so wees om hulle te openbaar onder julle wat vals is in hul uittarting van My wil deur My wet en om voort te gaan met die voorbereiding van julle harte vir die uittog wat moet kom, ‘n uittog groter as wat Israel in die gesig gestaar het tydens hul reis na My, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 99 ontvang op 4 Desember 2013

Soek bevestiging van hierdie woorde

Gedurende hierdie klompie dae het Ek, EK IS wat EK IS met jou hart gespreek deur My Heilige Gees, van die baie woorde wat vir jou sal kom om vir My te skryf, Ek, EK IS wat EK IS. Tog het die woorde nie gekom nie en jy het voor My gepleit vir My volk vir hierdie woorde om te kom, maar hulle het nie gekom nie, en tog het jy op My gewag, wetende dat Ek dit op My tyd aan jou sou gee, wanneer die oomblik reg was en wanneer alles in plek was om hierdie woorde vir My planne en My doeleindes te skryf. Elke dag en elke oomblik het Ek met jou hart gespreek om jou voor te berei om My woorde te skryf, want die tyd sou aanbreek om My woorde vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion te skryf. Die tyd het nou aangebreek. Spreek nou deur die woorde wat My Heilige Gees jou sal gee om te skryf, spreek woorde aan elkeen wie Ek, EK IS wat EK IS onder My volk ingestuur het. Ja, hulle wat Ek gestuur het om My waarsku­wings te gee aan My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, op watter wyse wat Ek hulle ookal gestuur het om hierdie woorde van My aan My volk te bring. Vir sommige is dit gegee om drome te droom, vir ander is dit gegee om te praat, vir ander om te skryf en aan ander, op watter wyse Ek ookal gekies het om My woorde te bring, doen hulle My wil. Spreek nou deur die woorde wat My Heilige Gees jou gee om te skryf en aan hulle skryf jy. Spreek nou met hulle wat My woorde dra en bevestiging soek daarvan rakende dieselfde dinge wat EK IS wat EK IS aan hierdie dienskneg toon. Aan almal van julle, groete in die grootste liefde van julle Vader, groete en dankbaarheid vanaf julle Hemelse Vader vir alles wat julle vir My in My Naam en vir My Naam gedoen het, sodat My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion geseën en gestig kon word deur al hierdie openbaringe wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle geopenbaar het, almal van julle. Julle moet nou soek vir die bevestiging vanaf almal wat Ek gekies het en hierdie bevestiging is wat Ek julle sal wys in die tye wat moet kom en nie vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nie, maar vir julle alleen. Bevestig dat Ek, EK IS wat EK IS baie paaie aan julle openbaar en dat hierdie paaie dit is wat kan wees of dalk nie wees nie, afhangende van die harte van diegene aan wie My boodskappe gegee is. Bevestig dat EK IS wat EK IS julle hierdie dinge altyd vooraf wys, sodat julle voorberei kan wees om My te volg op welke wyse Ek julle ookal sal kies in julle voortgesette diens aan My om My openbaringe deur te gee aan My volk. Bevestig dat Ek, EK IS wat EK IS julle hierdie paaie sal aantoon wat nog moet kom.