Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 98 ontvang op 1 Desember 2013

Hulp aan die gestorwenes

Het julle geweet dat wanneer julle treur oor die dood van julle geliefdes dat Ek, EK IS wat EK IS saam met julle treur? Dus, waarom treur julle? Ek ken hierdie sterftes, elkeen van hulle en soos wat Ek julle vertel het, is Ek saam met My leërskare teen­woordig by elkeen van hierdie sterftes. By elkeen van hierdie sterftes is Ek, EK IS wat EK IS met julle geliefdes! EK! JA EK, Skepper, Vader, die Heilige Gees, JaHshua en alomteenwoordig in elke deeltjie van die skepping, EK IS! Verstaan julle nog nie dat EK IS Liefde is nie! Dit is hierdie Liefde wat die hele skepping aanmekaar bind! Hierdie Liefde is Ek, EK IS wat EK IS, alomteenwoordig in alles wat is, was en alles wat nog moet wees, IS Ek alreeds! Gedurende hierdie oomblikke tydens die afsterwe van julle geliefde een is Ek teenwoordig in My liefde en dra alles wat julle geliefdes gely het. Hulle het nie alleen gesterf nie! Ek en My leërskare was met hulle gedurende die laaste oomblikke van hul lewens in hierdie wêreld! Ek het hulle huis toe geneem en hierdie sterftes toegelaat vir My planne en My doeleindes soos wat Ek julle reeds getoon het, maar verder as dit, het Ek hulle huis toe geneem om saam met My te wees in My koninkryk om dit te ontkom wat julle binnekort gaan tref! Ek ken die harte van die mens en Ek ken die geloof van die mens en Ek weet hoe ver die geloof van die mens elkeen van julle sal dra gedurende die tye wat kom! Dus is dit Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, wat mense se harte ken tot aan die einde van hul dae op die aarde en Ek ken die diepte, breedte en wydte van die harte van die mens en hulle geloof in My. Soos wat Ek julle reeds vertel het, Ek, EK IS wat EK IS sal geen las op enigiemand plaas wat meer is as wat hulle in staat is om te dra nie. Dus het Ek hulle van julle af weggeneem, wetende dat hulle geloof in My genoeg was vir My koninkryk, maar dat dit hulle nooit sou deurgedra het in die komende tye nie. Ek besit dieselfde kennis van elkeen van julle se geloof. Ek sal julle slegs so ver neem op hierdie reis, as wat julle in staat is om in die geloof te dra. Dan sal Ek julle huis toe neem na My hemelse koninkryk om saam met My te wees vir ewig. Hou goeie moed, kleintjies wie Ek so liefhet, julle geliefdes is slegs ‘n hartklop weg en julle sal weer saam met hulle by My troon verenig word. Almal van ons sal saam sit by die boom van die lewe en die lewende water drink van My wysheid, waarheid en geestelike kennis van daardie riviere wat van hierdie boom af vloei. Dus ja, soos wat julle treur, sal Ek saam met julle treur en onthou, kinders van My, MY KINDERS, onthou, ons sal dikwels saam sit by die boom van die lewe en vir ewig woon in My, My Liefde wat ewiglik geen grense of einde ken nie, EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 97 ontvang op 30 November 2013

Boodskap aan Sem

Sem! Sem! Sem! Waar is jy nou? Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS soek jou ywerig onder My volk en die hele wêreld met alles wat EK IS is, wat liefde is. Het jy vergeet van die groot seën en die groot opdrag wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou gegee het? Ja hierdie groot opdrag om die herders van My volk te wees regdeur die geslagte van die mens tot aan die einde van die wêreld en verder tot in die ewigheid in het Ek, EK IS wat EK IS hierdie groot opdrag aan jou gegee! So baie geestelike waarhede wou Ek deur jou aan die wêreld gee en nog sal Ek, EK IS wat EK IS steeds hierdie waarhede aan jou gee vir al My volke, as jy net jou hart vir My wil oopmaak en hierdie seëninge ontvang van hierdie opdrag en die waarhede wat Ek so graag met jou wil deel om aan die wêreld te gee. Verwerp alles wat hierdie wêreld jou geleer het van My. Verwerp alles wat jy dink jy van My af weet, ja verwerp al hierdie wêreldse kennis van My, want dit is tevergeefs en begeer slegs die fisiese voordele van hierdie tydelike wêreld en nie die ewige geestelike waarhede wat Ek met jou wil deel om aan die wêreld te gee nie. Werp alles opsy as jy My hoor, EK IS wat EK IS, as jy My nog een keer sal hoor. Werp alles daarvan eenkant toe asof jy nog nooit iets van My geweet het nie en soek My in afwesigheid van hierdie wêreldse kennis, asof jy My vir die eerste keer soek in alle reinheid en alle onskuld van hart, verstand en siel. Soek My soos wat ‘n kind My sal soek! Dan sal Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS jou hart oopmaak vir My ewige geestelike waarhede! En op daardie dag, ja op daardie einste oomblik, in daardie tyd wat jy jouself sal oopmaak vir My om hierdie waarhede te ontvang, sal jy al jou aardse besittings gewillig wegstoot wanneer jy sal ontdek dat hierdie waarhede was en groter is as enige aardse beloning wat jy gesoek het, deur jou te laat verlei deur Satan. Gewillig sal jy onder diegene sit wie jy as swak en ellendig beskou het, om hierdie waarhede te ontvang, so groot sal jou vreugde en verwondering in hierdie waarhede wees op daardie dag wanneer jy jou wêreldse kennis van My af wegwerp en My sal soek alle reinheid en alle onskuld van hart, verstand en siel. Kom terug na My, Sem, jou liefdevolle Vader, want Ek het so baie om aan jou te skenk vir hierdie wêreld! Hierdie is nie die laaste woorde nie en hierdie is nie die laaste appèl wat Ek, EK IS wat EK IS aan jou sal rig nie. Hierdie woorde is in die hart van hierdie dienaar gespreek deur My Heilige Gees om op hierdie Sabbatdag geskryf te word om jou voor te berei vir meer woorde wat gaan kom. Ja, dit is Ek wat met jou spreek Sem, deur hierdie hande, jou liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 96 ontvang op 30 November 2013

Hulp teen die aanval

Nog ‘n paar woorde moet jy vir My skryf, EK IS, nog ‘n paar woorde, want Ek het jou gebede vir My volk gehoor om My Heilige Gees te stuur om hulle voor te berei vir daardie aanvalle waarvan Ek, EK IS wat EK IS in jou hart gespreek het om vir My te skryf. Hou goeie moed, want op daardie oomblik wat jy My gesoek het, het Ek, EK IS wat EK IS reeds My Heilige Gees uitgestuur om te doen wat jy gevra het, toe jy My in hierdie oomblik opgesoek het. Ek het My Heilige Gees uitgestuur om hul harte voor te berei met My krag en My moed om die ontsteltenis te dra wat hierdie boos­doeners sal poog om hierdie Dogter van Sion mee te teister. Skryf My woorde aan hulle en vertel hulle om hierdie aanvalle met goeie moed te ontvang en weet dat My antwoorde wat hulle van My sal soek, reeds vir hulle voorberei is. Ek het hierdie vooraf gedoen, sodat My krag in die sake van die mens bekend mag word, veral vir My Dogter van Sion, hierdie Dogter waarvoor soveel dinge voorlê gedurende daardie tye wat moet kom. Ja, hierdie Dogter waardeur baie geseën en gered sal word en nie net in die gees nie, maar vir daardie tye wat gaan kom in die plek van toevlug wat hierdie Dogter sal word vir My volk, My kinders, My huise van Israel in hierdie Dogter van Sion, in My Naam, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 95 ontvang op 30 November 2013

Aanval word teen die Dogter van Sion beplan

Nog sal jy nie slaap nie, wagter vir hierdie huis van Israel, hierdie Israeliete, hierdie Dogter van Sion, lui die alarm, verhef die banier van My woord, lewend, geskrewe en gesproke! Lui die alarm, omdat die Satan en sy leërskare nog ‘n aanval beplan het teen hierdie huis! Berei voor en roep ‘n vergadering van gebed uit, maak hierdie alarm bekend op hierdie Sabbatdag, want My woorde van waarheid moet opgerig word onder My volk. My woorde, deur hierdie hande wat Ek, EK IS wat EK IS gekies het om My woorde vir My te skryf, EK IS wat EK IS, moet onder My volk bekend word as My ware woorde! Lui hierdie alarm vir hierdie huis van Israel, hierdie Dogter van Sion, berei voor vir dit en vir hierdie aanvalle deur mense gedryf deur die leërskare van Satan teen julle! Groot sal die ontsteltenis wees wat hierdie boos­doeners, wat hulle harte oorgegee het aan Satan, sal veroorsaak in hierdie huis! Tog hul aksies op niks uitloop nie. Dieselfde oomblik wanneer hierdie aan­valle bekend word, moet julle My onmiddellik en in aller yl opsoek in hierdie dinge. Die oomblik wanneer julle My in hierdie dinge soek, moet julle My hand vertrou om hierdie dinge tot niet te maak. In volle geloof moet julle My in hierdie dinge vertrou, EK IS wat EK IS en soek geen optrede waar mense kan sê dat dit deur hulle eie toedoen en hulle eie hand gekom het nie, sonder om My en die antwoorde wat Ek aan julle sal gee, eers op te soek nie. Ek sal julle die antwoorde gee wat julle soek om hierdie dinge te hanteer en julle sal hierdie dinge hanteer soos wat Ek julle sal wys om hierdie dinge te hanteer. Almal moet sien en weet dat EK IS wat EK IS julle geantwoord het en met My eie hand het Ek, EK IS wat EK IS hierdie dinge tot niet gemaak! Onthou, julle vertroue en geloof in My rakende hierdie dinge moet absoluut wees! Die oomblik wat julle julle na My toe wend en hierdie dinge aan My gee, ja vanaf daardie selfde oomblik moet julle geen aksies meer uit julleself loods nie, buiten die antwoorde wat Ek vir julle sal gee teen hierdie bose en slegte kinders van Satan. Wag, ja wag vir My antwoorde! Dit moet so wees om My woorde te vestig van hierdie hande wat vir My skryf, sodat hulle in My volk hierdie woorde kan begin glo en in hulle harte weet dat hierdie woorde Myne is en dat Ek met die hart van hierdie dienskneg spreek om vir My, EK IS wat EK IS, te skryf. Selfs meer haglike tye sal kom, waarvan Ek reeds gespreek het, en hierdie woorde moet tot op die kleinste jota vertrou word! EK IS wat EK IS, luister na My deur hierdie hande wat Ek gekies het!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 94 ontvang op 30 November 2013

Dogter van Sion, hou nog `n bietjie langer uit

Ja, Ek hoor julle gebede! Ja, Ek hoor julle smekinge tot My! “Wanneer Vader, wanneer sal hierdie dinge gebeur waaroor die profete van ouds gespreek het.” Daaglikse hoor Ek julle smekinge tot My! “Wanneer, O Vader, wanneer sal hierdie dinge gebeur? Ons onderdrukking is meer as wat ons kan dra! Ons volk word daagliks vermoor en daagliks sterf ons kultuur, ‘n bietjie hier ‘n bietjie daar en dit blyk dat al wat ons kan doen is om te wag.” Liewe kinders, luister na My, EK IS wat EK IS, dit is as gevolg van My liefde vir julle dat Ek die hierdie tye nog ‘n bietjie langer terug­gehou, terwyl Ek julle voorberei vir daardie tye wat moet kom, deur die tye wat nou is. Julle is nog nie in staat om dit te dra wat gaan kom nie, in die tye wat kom, waarvan gespreek is deur My profete Siener van Rensburg en Johanna Brandt. Daardie tye, ja, daardie tye sal julle laat verlang na hierdie tye wanneer hulle kom, want groot sal die las op julle harte wees gedurende daardie tye. Is julle nou in staat om die dood van julle volk en ja, die dood van julle kinders, broers, susters, moeders en vaders, voor julle oë te verdra, en dit by die duisende? Is julle in staat om die wrede aanvalle van die Satan en sy leërskare te dra wanneer hulle oor die land soos sprinkane gaan versprei, deur mense? Julle weet nog nie van hierdie groot gruwels wat nog moet kom wanneer die finale verdrukking teen My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion in hierdie, MY SUID-AFRIKA gaan plaasvind nie. Julle geloof en julle harte is nog nie in staat om te dra wat Ek, EK IS wat EK IS alreeds weet nie en Ek moet julle deur My Heilige Gees voorberei om dit te dra! Hierdie tye, alhoewel verskriklik en benoud, meer as waarvan Ek kan spreek, voordat Ek nog meer woedend word en teen My reeds geskrewe en gesproke woord ingaan en hierdie verdrukkers van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion in hierdie land te slag, ja, hierdie tye is daar om julle voor te berei vir die tye wat moet kom! In daardie dae en in daardie tyd, as gevolg van hierdie tye, sal julle geloof en vertroue in My, EK IS wat EK IS vervolmaak wees. In daardie dae en op daardie tyd sal julle in staat wees om die groot beproewings en verdrukkings te dra wat julle sal tref! Hierdie dinge moet so wees vir My planne en My doelwitte waaroor Ek julle vertel het! Julle sal ‘n getuie en ‘n lewende testament vir My word vir die wêreld en hierdie gebeure deur julle, sal skreeu en spreek tot die wêreld! Nog ‘n bietjie langer, My liewe kinders, nog ‘n bietjie langer moet hierdie tye aangaan soos wat dit is. Dink daaraan dat julle nie hierdie laste alleen dra nie! Ek het julle en sal julle vertel, so dikwels as wat julle My nodig het om julle te vertel, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal julle vertel dat julle nie hierdie laste alleen dra nie! Ek dra dit saam met julle! Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, julle Skepper, hy wat as suiwer liefde wandel, EK DRA HIERDIE LASTE SAAM MET JULLE! Ek dra al hierdie laste, beproewinge, en lyding saam met julle! Daar is nie `n geringste pyntjie wat Ek nie voel nie! Daar is nie die geringste onreg wat Ek nie ly nie! Daar is nie die geringste wreedheid wat Ek nie aanskou nie! Al hierdie, ja al hierdie dinge dra Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle JaHshua, byna tot die dood toe gegesel vir My liefde vir julle, dra Ek hierdie wreedhede altyd saam met julle in alle dinge! In die tye wat kom, ja daardie tye waarvoor Ek julle voorberei, sal Ek ook al hierdie laste en lyding dra. Ek het alreeds voor julle uitgegaan met My leërskare, in voorbereiding vir daardie tye, sodat daar niks in daardie tye sal wees wat Ek en My leërskare nie voorberei het vir julle nie. Groot is hierdie taak van julle voorbereiding, sodat julle in daardie tyd kan staan om aan My hierdie getuienis te bring in die wêreld. In daardie tye, soos wat Ek aan julle gesê het, sal julle getuig en julle sal getuig soos die kinders van Israel toe hulle uit die woestyn van Sinai uitgegaan het na die beloofde land. Ja, hulle het uit die woestyn gekom, `n vervolmaakte volk, ‘n geseënde volk en ‘n volk gesif en verfyn in groot skriftuurlike waarhede in hul onderwerping aan My en My wet in volmaakte liefde soos wat julle vir My sal word gedurende daardie tye. Weet dat EK IS wat EK IS met julle is! Vertrou My met hierdie reis wat EK IS vir julle voorberei, want dit is ‘n verraderlike en wrede reis van die Satan, waarvan julle nou net effens bewus is van al die soorte verraderlikheid en wreed­hede wat voor julle lê in die talle sterftes van julle volk! Onthou kleine kinders, My kinders, julle is almal MYNE! Onthou, EK IS JALOERS OOR JULLE, WANT JULLE IS MYNE! MYNE! MYNE! Almal van julle is MYNE en julle almal is geliefd bo enige liefde wat julle vir julleself kan bedink, so groot is hierdie liefde en My jaloersheid vir julle ,wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS vir julle het! Julle moet ook weet dat Ek voor julle uitgaan in hierdie reis! EK IS is reeds daar en dra reeds hierdie groot laste, verdrukkings en beproewings! EK HET JULLE ALREEDS VOORUITGEGAAN! Julle kan dit weet, dat soos wat EK IS wat EK IS, hierdie woord, ja, hierdie woord wat julle is, Boer, hierdie woord sal deur die hele wêreld bekend word wanneer My werk afgehandel is met julle. Julle sal bekend staan as die huis van Israel wat vir My opgestaan het, in en met My Naam, EK IS wat EK IS, teen die leër van Satan. As gevolg van julle, sal die wêreld tot My ontwaak as Ek, EK IS wat EK IS. Vertrou, glo en gehoorsaam My in liefde soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle eerste liefgehad het!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 93 ontvang op 29 November 2013

Versamel My kinders in Suid-Afrika

Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion!

Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion!

Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion!

Soos wat julle vertel is deur baie van My diensknegte wat uitverkies is om My woord aan julle te openbaar, die tye is op julle en ander tye moet nog kom. Die storms wat julle besoek het oor My stad van broederlike liefde, hierdie stad, My stad, die ster van julle volke, ja, daardie groot stad wat Ek oorvloedig geseën het en die stad wat Ek gekies het deur My kneg Marthinus Pretorius om te stig en te noem, dit is deur hierdie stad wat Ek, EK IS wat EK IS julle besoek het met baie tekens en waarskuwings vir julle volk en regdeur julle geslagte het Ek, EK IS wat EK IS hierdie stad gebruik vir My planne, My doelwitte en My tekens aan julle. Daardie storms wat julle gesien het, geweldig en gedug, is My tekens aan julle van die dreigende tye wat nog voorlê. Hierdie tyd wat nou voor julle lê is die tyd van die versameling van My kinders, My volk, My huise van Israel, My Dogters van Sion! Ja, dit is die tyd van versameling, beide in gees en in julle verga­derings en gemeentes, binne en buite. Onthou julle My volk wat onder die Egiptenare gewoon het en wat slawe van daardie verskriklike taakmeesters geword het, beide vanuit hulle eie volk en vanuit die Egiptenare? Kan julle nie onthou hoe verskriklik hulle met groot lyding en wee getref is vir baie geslagte nie? Vir baie geslagte het My volk gely onder die wrede hand van die Egiptenare en van onder hul eie broers en susters soos wat julle nou ook so ly! Gedurende die tye van hul lyding, het baie van hulle My uit die oog verloor en baie van hulle het hul kennis van My, EK IS wat EK IS verloor. Alhoewel hulle hulle kennis van My verloor het en baie geweier het om in My te glo, ja in My, EK IS wat EK IS, tog was Ek altyd saam met hulle en tog het Ek, hulle liefdevolle Vader, altyd hul gebede en smekinge tot My aange­hoor. Gedurende die tye van hul verslawing het baie van My volk verstrik en verdwaal geraak in die valse gelowe en valse gode van die Egiptenare en baie van hulle het hierdie gelowe getrou met hul kennis van My, in ‘n groot afvalligheid onder mekaar, so vals het hulle geloof geword. My woord was altyd onder hulle deur diegene wat aan My vasgehou het. Dit was nog altyd so, regdeur die geskiedenis van die mens. Alhoewel hulle broers en susters deurtrek was met valse oortuigings, dwaling en afvallig­heid, was daar nog altyd My volk wat besig was met My wil en wat geweet het dat My wil vervul sal word op die tyd wat Ek sou kies vir My planne en My doeleindes. So is dit nou met julle gedurende hierdie tye. My volk is deurtrek met valse oortuigings, dwaling en afvalligheid en baie van hulle het hierdie oortuigings getrou met hulle kennis van My tot ‘n dwaalleer, tog onthou baie nog vir My, die Elohim van hul voorvaders, die Elohim van Abraham en Jakob, Hy wat was, Hy wat is en Hy wat sal wees. Ja Ek, EK IS wat EK IS vanwaar My liefde vir My skepping uitvloei, nimmer­eindigend vanaf ewigheid tot ewigheid en van ewigheid tot ewigheid word hierdie liefde verwesenlik in nog groter manifes­tasies van My liefde as wat daar tevore was. My liefde, My Goddelike nimmer­eindigende ewige liefde was nog altyd met die mens, selfs wanneer die mens in hierdie groot dwa­linge, valse oortuigings en afvalligheid verval het. Ja, alhoewel baie verval het in hierdie valse geloofsisteme, onthou hulle My nog deur My liefde, EK IS wat EK IS. Dus versamel nou, versa­mel julle nou, net soos die kinders van Israel toe hulle groot uittog voor hulle gelê het! Want julle uittog gaan binnekort kom! Versamel My kinders, versamel My volk, versamel My huise van Israel en versamel My Dogters van Sion! Versamel My volk binne en buite hierdie vergaderings en gemeentes, versamel almal van hulle in My Naam, EK IS wat EK IS, en vlug na binne, na My woning van liefde en woon in hierdie woning saam met My, EK IS wat EK IS, sodat Ek julle kan voorberei vir die tye wat kom en julle kan verenig in My Naam, EK IS wat EK IS. Julle moet nie dink aan al die ander dinge wat julle verdeel nie, hierdie sisteme van dwaling, valse oortuiging en afvalligheid nie. Versamel vir My en doen soos wat Ek gespreek het as JaHshua, gee al julle laste vir My, ELKEEN VAN HULLE, ja elkeen van hulle, insluitend hierdie groot laste van dwaling, valse oortuiging en afvalligheid! Dink aan hierdie kinders van Israel soos wat hulle uit Egipte uitgelei is, waarin julle nou in hierdie dae woon! Onthou dat hierdie kinders van Israel ook in hierdie dwalinge, valse oortuigings en afvalligheid verval het! Tog het Ek, EK IS wat EK IS geeneen agtergelaat nie! Met ‘n sterke hand het Ek, EK IS wat EK IS hulle gelei uit die hand van Farao soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle sal lei! Versamel My volk in My Naam, net in My Naam, EK IS wat EK IS, dink nie aan hierdie ander laste nie! Dan, en op My roep, lei hulle almal in die uittog wat moet kom na die plekke wat Ek vir julle sal wys, waarvan sommige geestelik sal wees. Dink aan die kinders van Israel wat Ek verlos het uit die wrede hand van Farao! So sal Ek, EK IS wat EK IS julle verlos! Soos wat Ek gedoen het aan die kinders van Israel in die woestyne van Sinai, so sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle doen, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion! Ja, Ek sal aan julle doen soos wat Ek aan hulle gedoen het in die woestyne van Sinai. Ek sal My verbond en My wette herbevestig, elkeen daarvan sal Ek herbevestig met julle, sowaar as wat Ek geleef het voordat daar iets was en na dit wat tot vandag is, Ek, JA EK ALLEEN! EK IS WAT EK IS deur My Heilige Gees en soos wat Ek aan julle belowe het, sal Ek al hierdie valse oortuigings verwyder uit die harte van almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion! Ek, EK IS wat EK IS sal ook diegene onder julle verwyder wat My weier, en met ‘n magtige hand, soos wat Ek met die kinders van Israel gedoen het, so sal Ek dit ook doen in hierdie moderne woestyn van Sinai en hulle verwyder wat My onder julle weier! ONTHOU, EK SAL DIE HARTE VOORBEREI VAN MY HELE VOLK, AL MY KINDERS, AL MY HUISE VAN ISRAEL EN AL MY DOGTERS VAN SION! Ek sal dit doen en in daardie dae van die uittog, sal EK IS wat EK IS almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion verenig! In daardie dae en in daardie tyd sal Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees in julle harte spreek, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. In daardie dae en in daardie tyd sal almal van julle een huis van Israel en een Dogter van Sion word! In daardie dae en in daardie tyd sal julle die aanvang van My Goddelike liefde begin ken, ‘n liefde wat julle slegs begin het om van bewus te word in haar krag en in alles wat binne-in My is, EK IS wat EK IS. Berei julle nou voor vir die tweede bloeitydperk van die Jakaranda, berei julle nou voor, want dit sal slegs gesien word met die geestelike oë van julle hart in haar begrip en teenwoordigheid wat regdeur julle hele volk gesien sal word. Onthou die kleur van My Majesteit, want in hierdie kleur sal julle hierdie tweede bloeitydperk sien. Kleine kinders, Ek het julle so lief! Wees goed vir diegene wat Ek na julle toe stuur, want groot is die laste wat Ek op hulle harte geplaas het en wat slegs aan hulle bekend is. EK IS wat EK IS, buiten My is daar geen ander nie.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 92 ontvang op 28 November 2013

Die wandelende dooies

Dit was baie dae sedert Ek, EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees begin spreek het in jou hart om hierdie woorde aan My hele volk te skryf, elkeen van hulle. Tog, selfs toe jy begin het om hierdie woorde te skryf, so dikwels as wat dit in die verlede was met ander woorde, het jy na My stem geluister en opgehou skryf, wetende en in vertroue in My soos wat jy altyd doen, dat Ek die woorde sal gee wanneer die tyd, My tyd, ja My tyd, EK IS wat EK IS se tyd aangebreek hert om jou instruksie te gee om te skryf. Jy het getrou na My Heilige Gees geluister en het aandag gegee aan die dinge wat Ek deur My Heilige Gees in jou hart geplaas het om diens te verrig, eerstens vir My en dan aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Die tyd het aangebreek om hierdie woorde te skryf en skryf nou die woorde op wat Ek deur My Heilige Gees aan jou openbaar om te skryf, skryf hierdie woorde aan My hele volk. Vertel hulle van My wandelende dooies. Ja, vertel hulle van My wandelende dooies. Sommige weet reeds. Sommige is nog in die duisternis waarom hulle My wandelende dooies genoem word. Verras dit julle? Het Ek nie vele kere vir julle gesê dat Ek regdeur alle tye bestaan vanaf die verlede tot by die ewigheid der ewighede nie en tot hede toe weet en leef Ek, EK IS wat EK IS al die dinge van die mens, selfs deur die gebruik van hierdie woorde, My Wandelende Dooies. Lyk dit of hierdie woorde van julle wêreld, van My af, EK IS wat EK IS, dalk spreek van die herrese dooies? Nee, dit is nie die herrese dooies nie. Die dooies rus volgens My geskrewe woorde. Hierdie, die wandelende dooies onder julle, is hulle wat weet dat hulle fisiese liggame getref is deur siekte wat op tyd, My tyd, ja, My tyd, Myne, Ek, EK IS wat EK IS, op My tyd sal Ek hulle huis toe neem. Hulle weet dat hulle lewens op hierdie wêreld geëindig het, die dag toe hulle siekte aan hulle getoon is. Hulle weet dat hulle nou slegs deur My genade lewe en elke oomblik wat hulle leef, reken hulle hulleself geseënd, net vir hierdie ekstra oomblikke van lewe reken hulle hulleself geseënd en elke oomblik daarvan is hulle dankbaar vir al hierdie enkele oomblikke van lewe op hierdie wêreld. Hulle, My wandelende dooies, is gekies om My wandelende dooies te wees, want in hierdie kennis van hul naderende dood, deur hierdie siektes, word baie van hulle in nederige geloof aan My gebonde, wetende dat dit Ek, EK IS wat EK IS, is wat hulle dae verleng soos wat Ek kies om hul dae te verleng vir My planne en My doeleindes, nie net vir hulle nie, maar omdat Ek sommige van hulle gekies het om My lig te wees op enige wyse wat Ek aan hulle sal gee om hierdie lig te wees. Hulle sal hierdie lig wees aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. My wandelende dooies, hierdie woorde is vir julle en ja, vir almal wat hierdie woorde lees, sodat hulle die groot geloof kan verstaan wat Ek aan julle gegee het, My wandelende dooies. Hierdie woorde is ook vir diegene onder julle wat My nog nie ken nie, terwyl Ek, EK IS wat EK IS julle genadige en liefdevolle Vader is. Diegene wat My nog nie ken nie, Ek spreek met julle en diegene wat hierdie woorde ken, nogtans sal Ek herhaal sodat almal kan verstaan. Ek het hierdie tyd aan julle gegee om julle lewens te heroorweeg en julle lewens te verander soos wat Ek aan julle deur My Heilige Gees geopenbaar het. Ek het hierdie tyd aan julle gegee, want Ek, EK IS wat EK IS het julle harte deursoek en bevind dat hulle My ywerig gesoek het, nie net as gevolg van die siekte nie, maar in julle diens aan julle broers en susters het Ek julle werke gesien. Ander wat My nog nie ken nie en wonder waarom Ek julle lewens verleng het, dit is om dieselfde redes, want Ek, EK IS wat EK IS het ‘n magtige roeping vir julle, ja julle, My beminde en gekoes-terde wandelende dooies. Ek spreek tot julle as julle liefde­volle Vader om julle te help om te verstaan waarom julle lewens nou so is en waarom dit verleng is. Nou ken julle die dood en julle het die dood ontmoet deur julle vele beproewinge en verdrukking as gevolg van julle siekte. Julle het dood begin sien, nie as ‘n vyand nie, maar as ‘n vriend, hy, die dood wat in My Naam kom met die sagste genade en die grootste liefde om julle eendag huis toe te bring na My in My koninkryk, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS en na My koninkryk sal julle kom. Julle het die dood leer ken en in hierdie wete het baie van julle julle absolute geloof in My geplaas om die uur te bepaal waarin Ek julle huis toe moet bring. Dit is meer as net geloof alleen. Hierdie geloof omvat julle nederige aanvaarding en vertroue in My in alle aspekte van julle lewens. Dit is ook ‘n tyd wanneer julle die kwesbaarste, eerlikste en opregste is. Dit is hierdie selfde soort geloof, wanneer julle die kwesbaarste, eerlik­ste en opregste is in julle aanvaarding van My in hierdie nederige vertroue, wat die geskenke is wat Ek aan julle gegee het as gevolg van julle siekte. Baie van julle het tot My gebid en gevra vir die genesing van julle fisiese liggame en dit is hoe Ek julle genees het, deur hierdie geloof, soos wat Ek aan julle getoon het, deur hierdie woorde. In die tye wat kom, daardie tye wat voorspel is, sal baie van julle spreek van hierdie geloof wat geleer is deur julle naderende dood, sal julle alles spreek wat julle geleer het om julle broeders, wat nog nie die dood ken nie, van die vriend wat die dood is vir die mensdom in die uur wanneer die dood na hulle toe kom. In hierdie dood, is My liefdevolle leërskare daar om julle en almal van julle te ontvang wie Ek deur die dood huis toe roep en dan op die vasgestelde tyd in My koninkryk waar Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader, Skepper van alles wat is, was en sal wees, ja Ek! EK IS wat EK IS, Ek sal julle persoonlik verwelkom in My koninkryk, in My ewige omhelsing van liefde! Ek sal die trane van julle oë afvee en die pyn van julle aardse lewens en gewonde harte genees soos wat julle leer om met My in My koninkryk en in My woning van ewige liefde en ewig onthullende liefde te woon. Onthou My soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle altyd onthou, elke oomblik van elke uur van elke dag en nag onthou Ek, EK IS wat EK IS julle met liefde. EK IS wat EK IS, DINK AAN MY, Ek het julle so lief!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 91 ontvang op 23 November 2013

Woorde van teregwysing is My liefde

Waarom laat julle die bose een julle so versoek met skuldgevoelens en vrees oor My woorde? Sien julle nog nie hoe geslepe hy My beroepe op julle harte en innerlike geeste verdraai en dan hierdie liefdevolle beroepe van My aan julle verander in hierdie gevoelens van vrees en skuld nie? Liewe kinders! MY KINDERS! Waarom dink julle het Ek, EK IS wat EK IS hierdie Sabbat, My heilige Sabbat, My rusdag wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het, gebruik om daardie woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing te openbaar? Het julle gedink dat Ek hierdie vreugdevolle dag van dae sou laat verbygaan sonder enige verdere woorde van My om julle te troos en te bemoedig? Kan julle onthou wat Ek oor hierdie dag gesê het? Dit was op hierdie dag, die sewende dag, wat Ek, EK IS wat EK IS gerus het van al My arbeid in die skepping van julle wêreld en op hierdie dag het Ek gekyk en gesien dat alles goed was in My oë. Ek het hierdie dag geheilig, hierdie dag gewy en hierdie dag apart gestel as ‘n ewige herinnering van die dag waarop Ek gerus toe Ek hierdie wêreld, die aarde, geskep het. Ek het hierdie dag geskep, ‘n weeklikse dag, sodat almal voor My kan kom in herinnering van al hierdie goeie werke en om hierdie dag van rus saam met My te vier in die skepping van die aarde. Dit is waarom Ek besluit het op hierdie dag om die woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing te gee. Ek het hierdie dag, My heilige Sabbatsrus gekies om aan julle daardie woorde te gee, sodat julle kan verstaan dat dit met dieselfde liefde is waarmee Ek hierdie wêreld geskep het, ja met dieselfde liefde waarmee Ek die woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing aan julle gegee het. Dit is in liefde! Onthou julle nie die sewe-en-sewentig maal sewe nie? Wat het Ek aan julle gesê van My genade en vergifnis? Sewe-en-sewentig maal sewe en meer sal Ek, EK IS wat EK IS julle altyd vergewe, as julle berou toon en julle bekeer tot My, en die selfde oomblik wanneer julle berou toon en julle tot My bekeer, sal Ek julle altyd terug ontvang, ieder en elke keer! As Ek, julle liefdevolle Vader, kies om julle te tugtig, te vermaan of te bestraf, dan is dit met liefde! Watter ouer onder julle, met ‘n blinde kind, sal hierdie kind alleen in die woestyn laat waar woeste en wilde diere is? Nee, nie een van julle sal dit selfs oorweeg om so ‘n ding te doen nie! Tog is julle in ‘n woestyn, die woestyn van die bose een, wat sy wraak op julle uitoefen op elke moontlike manier wat hy en sy bose leërskare kan vind om julle te kwel in sy haat teenoor My. Daarom moet, Ek, EK IS wat EK IS julle tugtig, vermaan en bestraf, so dikwels as wat nodig is, om julle te behoed van hierdie wilde verskeurende diere. Deur My woorde te doen, sal My woorde julle skuldig bevind en julle tugtig, vermaan en bestraf, maar nooit in hierdie valse emosies waarmee die bose een wil julle van My af weg versoek nie! As My woorde julle harte aankla, onthou die sewe-en-sewentig maal sewe! Onthou dat My genade en vergifnis vir ewig is en dat wat julle ookal gedoen het, Ek dit sal vergeet in My oseaan van vergetelheid, daardie selfde oomblik wanneer julle berou het en na My terugkeer! Daar is geen skuld nie! Daar is geen vrees nie! Dit is leuens en misleiding van die bose een, om julle in te lei in `n gevoel van wanhoop, om julle verder weg te draai van My. Ontvang hierdie tugtiging, vermaning en teregwysing met ‘n oop hart, ontvang My tugtiging, vermaning en teregwysing met vreugde en blydskap, wetende dat Ek so lief is vir julle en dat Ek julle net versterk vir daardie tye wat nog moet kom. In daardie tye en op daardie dag sal julle verheug wees met groot vreugde en vrolikheid oor al hierdie tugtiging, vermaning en teregwysing, want in daardie dae en gedurende daardie tyd sal julle ten volle verstaan waarom hierdie dinge so moes gewees het! Onthou My Sabbat, om dit heilig te hou en onthou My Sabbat in hierdie tugtiging, vermaning en teregwysing, wetende dat hulle een en dieselfde is met dieselfde liefde en vreugde vir julle wat Ek, EK IS wat EK IS My verheug het oor die eerste sewende dag toe die aarde voor My was in al haar nuwigheid en Ek gekyk en gesien het dat dit goed was. Vrees nie meer My tugtiging, vermaning en teregwysing nie, ontvang dit eerder met vreugde en blydskap, soos wat julle My Sabbat ontvang en begeer My tugtiging, vermaning en teregwysing, want dit is My tekens tussen My en julle, sodat julle kan weet dat EK IS met julle is! EK IS wat EK IS en EK IS is altyd met julle in liefde!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 90 ontvang op 23 November 2013

Oorteding van My Wet is die dood

Dit is geskryf dat die loon van die sonde die dood is. Hierdie dood is die straf vir die verbreking van My wet! Ja, MY WET! Hierdie straf is onveranderlik, selfs deur My, EK IS en hierdie straf staan tot anderkant die ewigheid der ewighede, so onveranderlik is My wet! Dit is waarom Ek, EK IS wat EK IS na julle wêreld gekom het as JaHshua. Slegs een kon hierdie boete vir die hele skepping en vir die ganse mensdom betaal, Hy wat die wet geskep het, Ek, EK IS wat EK IS het hierdie wet geskep en Ek het na julle wêreld gekom as JaHshua, nie net om My wet in liefde aan julle te leer nie, maar om hierdie boete vir julle te betaal! Ek, EK IS wat EK IS het My koninkryk, My eer, My krag en alles wat Ek was, verlaat en met liefde wat alles oortref wat sedert die begin was , alles wat EK IS vir ewig is, Hy wat alles geskape het, ja EK IS, Ek het alles vir julle verlaat en het vir julle gesterf om die vereiste van die boete van die wet te betaal wat was, is en ewiglik die dood sal wees! Soos wat dit geskryf was, is die loon van die sonde die dood. Ek betoog vandag met julle op My Sabbat as julle liefdevolle Vader, alhoewel My teleurstelling in julle geweldig is. Het Ek julle nie op so baie maniere gewaarsku nie en nie net deur die Skrif nie, maar deur ander en deur die woorde wat Ek aan hulle gegee het om vir My te skryf? Selfs in die lewens van ander het Ek hierdie waarskuwings gegee? Tog bly baie van julle so hardnekkig, verhard van hart en hardkoppig soos voorheen en selfs meer so, omdat Ek julle weer en weer en weer gewaarsku het en julle nie na My geluister het nie. Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie versigtig en met groot sorg opdrag gegee rakende die sake van My kinders, My volk, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nie? Het Ek julle nie onderrig om My woord tot die kleinste jota en in alle geregtigheid na te volg in hierdie sake nie en was julle nie opdrag gegee om My woord en My wet te volg en bo alles met die grootste liefde en sorg met hierdie dinge van My volk en vir My volk om te gaan nie? Julle het My voor My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, en die wêreld beskaam, julle het My voor almal beskaam. Ja, julle het My beskaam, julle liefdevolle Vader, EK IS, Hy wat alles opgegee het en vir julle gesterf het, sodat julle kan lewe, julle het My beskaam! Het Ek, EK IS wat EK IS julle ook nie opdrag gegee om My woorde in diepte te oorweeg en te bepeins nie, al My woorde en om My Heilige Gees te soek om groter waarhede aan julle te openbaar nie? Ek spreek met julle as julle liefdevolle Vader, alhoewel My teleurstelling groot is, nogtans sal Ek My woede terughou, want My volk roep uit na MY in hulle geestelike pyn, wanhoop en angs oor hierdie dinge, en soos wat Ek wou gehad het dat julle aan hulle doen, so sal Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, ook aan julle doen, almal van julle wat My volk oppas en lei en ja, selfs My hele volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ook al gevind kan word, spreek Ek, EK IS wat EK IS met julle as julle liefdevolle Vader in hierdie dinge om julle sagkens te lei tot hierdie begrippe. O, mens! O dogter! O seuns van die mens! O Dogters van die mens! My kinders! Julle hoor My nie! Julle lees My woorde en vergeet hulle die volgende oomblik. In ‘n oomblik lees julle My woorde en dan vergeet julle dit, tot die volgende woorde wat julle lees en vergeet en lees en vergeet en lees en vergeet. Ek gee My woorde aan julle sodat julle dit in diepte kan oorweeg en daaroor bepeins, sodat julle die groter wysheid en kennis van hierdie woorde deur My Heilige Gees sal soek! As julle net My woorde in julle hart wil laat lewe! As julle maar net My eenvoudige instruksies sou volg deur My geskrifte en deur My woorde, van waar Ek dit ook al vir julle gestuur het! Soveel wee en smart sou julle gespaar gewees het! Tog soek baie van julle My, julle liefdevolle vader nie en die wee en angs neem toe en versprei onder julle soos ‘n verskeurende plaag, want baie van julle soek My nie deur My woorde nie! Baie van julle soek nie die lig van My woorde nie! Baie van julle soek nie die groot geestelike waarhede, wysheid en kennis wat Ek so graag vir julle wil gee deur hierdie woorde wat Ek reeds en met die grootste liefde en sorg aan julle gegee het nie! Deurdat julle dit gedoen het, is baie van julle soos blindes wat in die duister rondtas en wat nie dit van dat weet nie of dat van dit nie, totdat julle ‘n adder gryp en gebyt en vergiftig word deur sy slagtande van gif van leuens en misleiding. Nog is een byt nie genoeg nie en weer struikel julle rond in die duister, alhoewel die lig altyd voor julle is, struikel julle in hierdie duisternis en weier om die lig te sien of te verstaan en julle gryp in plaas daarvan weer die adder en so word julle weer en weer gebyt en word julle selfs vergiftig met nog meer bedrog en leuens. Weer en weer kies julle om in die duisternis te struikel en gryp julle adder na adder na adder en al word julle ‘n duisend maal vergiftig en gebyt, steeds struikel julle nog in die duisternis om hierdie adders gewillig te soek! Haat, wanorde, verdeeldheid, twis, woede en afguns loop moedswil onder julle, op soek om diegene in My gees en hulle sonder My gees te verslind, aange­vuur deur hul demoniese meesters wat listig hierdie donker, bose en sataniese kunste van Satan vir ontelbare eeue beoefen het. Ek het julle teen hierdie groot geestelik boosheid gewaarsku en van hul groot en geslepe kennis het Ek julle van hierdie demoniese magte wat hierdie donker kunste beoefen vir die bose een en sy planne teen My volk, My hele volk, gewaarsku. Ja, Ek, EK IS wat EK IS het onder julle gewandel soos wat Ek julle vertel het Ek sal en Ek, EK IS wat EK IS sien My kinders bloei van die wonde wat op hulle toegedien word deur hulle wat hulself aangestel het om take te doen wat nooit aan hulle deur My, Ek, EK IS wat EK IS gegee is nie, en soos ‘n wrede, hondsdol leeu het hulle onder My volk gewandel om oop te skeur, oop te sny en te wond. Haat, wanorde, verdeeldheid, twis, woede, afguns en soortgelyk broei nou onder My volk soos ongediertes! Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie duidelik hierdie eienskappe van die bose een en hulle wat hom dien, getoon nie? Het Ek julle nie hierdie dinge gewys nie? Ek het en Ek het julle hierdie dinge getoon, sodat julle hierdie boosdoeners maklik kon herken deurdat hulle die bose een dien, selfs hulle wat dit onwetend doen. Diegene wat Ek kies, vir watter doel Ek hulle ook al kies, Ek sal My keuses onder julle bevestig. Ek het julle hierdie dinge gewys sodat julle hierdie boosdoeners kan herken en bestraf hierdie boosdoeners in My Naam en in My Naam vermaan, bestraf en tugtig hierdie boosdoeners wat sulke dinge doen om hulle te toets en om hulle te beproef om te sien of hulle My sal volg, My wette en My wil. Ek spreek met julle in liefde, as julle Vader, wie julle harte smeek en wie julle geduldig opdrag gee in hierdie dinge, sodat julle die waarheid van hierdie dinge kan dra wanneer julle die waarheid van hierdie dinge van My sal soek deur My Heilige Gees. Ek het alreeds julle harte voorberei om hierdie kennis te ontvang, maar dit sal julle groot droefheid en hartseer bring wanneer hierdie vyande van My wil, My woord, My wet en My volk, almal van hulle, aan julle geopenbaar sal word deur My Heilige Gees. Is daar nie geskrywe dat julle voorvader Abraham ‘n vriend van My was nie? Maar selfs toe hy gesondig het, het Ek, EK IS wat EK IS hom nie gekasty vir sy oortredings nie? My kneg Moses, My kneg Moses, uitverkies om My volk vanaf die wrede hand van Farao te lei na die beloofde land, het ook teen My gesondig en Ek, EK IS wat EK IS sou sy lewe geneem het vir die verontagsaming van My wil, tog het sy vrou, Sippora, MY gehoorsaam en My instruksies nagekom en daardeur die lewe van haar man gered. In alle dinge staan My wet, My woord en My woorde vir ewig en in alle dinge is My hele volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion gelyk in al hierdie dinge. Hierdie dinge is vir julle geskryf om te verstaan en om te verhoed dat julle dieselfde foute sal maak. Julle het hierdie kennis, hierdie geskrifte, My woord en My woorde vir baie geslagte saam met julle en is sonder verskoning voor My. Geen wese, geen man, geen vrou, geen kind is bo die wet nie, My wet waarvoor Ek gesterf en die boete vir julle betaal het. My wet en My woord en My woorde staan vir ewig en vir alle tye, vir almal om gelyk te gehoorsaam, niemand is verskoon nie en niemand mag verskoon word nie. Nie eens die engele van die hemel is verskoon nie, maar is uitgewerp en wag op die finale oordeel wanneer hulle vir ewig sal vergaan saam met die mensdom wat geweier het om My wet, My woord en My woorde te volg. Ja, almal van hulle sal vir ewig verlore gaan omdat hulle My versaak het. Nou dus, liewe kinders, Ek pleit by julle as julle liefdevolle Vader, waarom doen julle dan, My liewe kinders, waarom doen julle nou en waarom gaan julle voort, My herders en leiers wat Ek vir hierdie tye gekies het, waarom wys julle nog voortrekkery en verskoon julle sommige van die wet en pas uitspraak van My wet ongelyk toe onder My volk! Een wet wat vir almal gelyk geld! EEN WET! My wet wat Ek, EK IS wat EK IS noukeurig en met die grootste liefde aan julle gegee het! Het Ek julle nie alreeds vertel dat julle familie en julle vriende, ja almal van hulle wat in My glo, EK IS wat EK IS, julle familie en vriende is nie! Ja hulle wat My wil doen, hulle wat My woorde doen en hulle wat My wet doen, hulle is julle familie en vriende! Hulle wat nie My wil doen nie, hulle wat nie My wet doen nie, hulle wat nie My woorde doen nie en hulle wat nie enige van hierdie dinge doen nie, ten spyte van My liefde, My woorde en My wet, hulle is nie julle vriende nie, hulle is nie julle familie nie! Hulle behoort aan en dien die bose een! Vir hul eie begeerlikhede van hulle harte soek hulle hul eie wil, om die luste en begeertes van hul eie vlees te dien. Laat julleself nie mislei of verblind deur julle wêreldse vriendskappe en familie nie! Hulle wat nie van My en met My is nie, is teen My! Nou spreek Ek as die Elohim van Moses toe Ek, EK IS wat EK IS, in My woede vir My volk met Moses gespreek het teen Farao. Nou sal Ek, EK IS wat EK IS spreek deur hierdie hande, in toorn teen die boosdoeners, hierdie verraaiers van My volk, elkeen van hulle! Luister na My, ja LUISTER NA MY, Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim van die huis van Israel, die Elohim van Jakob en Abraham, die EK IS, luister na My deur hierdie hande wat My woorde vir My skryf! Ja, hierdie selfde hande wat vir baie dae geweet het dat hierdie woorde aan die kom is en vir baie dae was sy hart siek en sy gees bedroef oor hierdie dinge. Met groot ontsetting het hy, My gehoorsame dienskneg, gevrees vir wat deur sy hande in My Naam, EK IS wat EK IS gespreek gaan word om aan julle te skryf, LUISTER NA MY! JY! Ja, jy, wat dit waag om jouself ‘n Israeliet te noem! Julle wat die Skrifte gehad het, julle wat My woord ken, julle wat My woorde ken en julle wat die hordes seëninge geniet het wat Ek uitgestort het onder My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en al My Dogters van Sion, luister na My deur hierdie woorde! Nou sal Ek My woede uitstort en spreek deur hierdie hande om My woorde aan julle te skrywe, aan die ellendige en wrede drywers van My volk wie dit durf waag om hulself Israeliete te noem, afstammelinge van Abraham en Jakob, ellendige drywers is julle wat na My volk kom, almal van hulle, as een van hulle en tog is julle dienaars van die bose een! Julle soek nie om My wil, My wet, of My volk te dien nie! Julle soek slegs om die begeertes en luste van julle bose en slegte harte te dien, julle is die seuns van Bileam, julle is dieselfde drywers van Egipte, vermom as My volk in al die geslepe verraad wat aan julle gegee is deur die bose een, om My volk te verlei om julle sade van haat, wanorde, verdeeldheid, twis, woede en afguns en dies meer onder My volk te plant vir die meester wie julle werklik dien, julle vader, die duiwel en sy doelwitte teen My volk, elkeen van hulle! Ek, EK IS wat EK IS en EK SIEN JULLE en deur My woorde wat alreeds aan My volk gegee is, het Ek julle alreeds ontbloot! Luister nou na My, julle ellendige drywers wat minder van ‘n kans het om in My koninkryk te kom as die Egiptiese drywers van ouds, LUISTER NA MY! Groot is julle verraad teenoor My en teenoor My volk en groot sal julle bestraffing wees! LUISTER NA MY op hierdie dag, Ek, EK IS wat EK IS! Op die dag, op die dag wat julle hierdie woorde sal lees, sal julle berou hê en julle groot sondes voor My volk bely, voor My volk en voor My herders en leiers sal julle bely oor julle verraad en wandade! As julle nie kan of nie wil nie, weet dan dat My oordeel vinnig is in hierdie dinge, My oordeel is vinnig en seker in hierdie dinge, en soos wat Ek, EK IS wat EK IS lewe van ewigheid tot ewigheid en soos wat Ek was en altyd sal wees, sal Ek, EK IS wat EK IS My wegwend van julle en toelaat dat julle uitgewerp word onder My volk uit, almal van hulle. Ek, EK IS wat EK IS sal My Heilige Gees stuur onder My leiers, My herders en My volk om sterk te wil dat julle uitgedryf word en met groot krag sal hulle julle uitwerp. Met groot krag sal hulle julle uitwerp! Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim van julle vaders en die Elohim van Israel, Abraham en Jakob, Ek, EK IS wat EK IS sal ook toelaat dat die bose een julle verteer en alles wat saam met julle is, as julle nie luister na My nie, julleself berouvol bekeer en julleself verneder voor My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion nie, waar hulle ook al gevind kan word. Ek sal julle neerwerp, Ek sal julle voor My verneder en Ek, EK IS wat EK IS sal drywers vir julle kies om in geestelike slawerny te dien, totdat julle bekeer en indien julle nie bekeer nie, dan sal julle hierdie wrede drywers dien wat Ek, EK IS wat EK IS julle aan sal oorlewer. Ek, EK IS wat EK IS, genoeg! My woede teen hierdie drywers wat My kinders martel met hul wrede woorde en wandade, hierdie verraaiers, maak My siek. GAAN WEG VAN MY, HANDE WAT MY WOORDE SKRYF, GAAN WEG VAN MY, dit berou My dat jy My op hierdie wyse moet sien, want Ek is so lief vir My kinders, EK IS wat EK IS

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 89 ontvang op 18 November 2013

Ek sal jou huistoe neem

Ek het meer woorde vir julle en meer woorde sal Ek, EK IS wat EK IS gee aan julle en nie net deur hierdie dienskneg nie, maar ook deur die vele ander wat My wil doen, deur watter roeping en bediening Ek hulle ookal gevra het om vir My, Ek, EK IS wat EK IS te doen. Het Ek julle nie vertel dat My woord, My woorde en Ek, EK IS wat EK IS altyd met julle sal wees nie? Glo en vertrou! EK IS met julle! Soek My deur alles wat Ek reeds in My Naam gestuur het, Ek spreek deur almal van hulle, deur sommige met woorde, deur sommige met aanhalings, deur sommige met prente en sang en deur sommige deur die werke van hul beroep spreek Ek, EK IS wat EK IS met julle. Oorweeg en bedink wat reeds aan julle gegee is, want daarin lê die vele fondamente van My waarheid, wysheid en kennis wat nodig is om julle te lei en voor te berei gedurende hierdie tye en in die tye wat kom en gedurende die tye tot aan die einde van die wêreld. ‘n Liefdevolle vader ken die behoeftes van sy kinders en ‘n liefdevolle vader ken die behoeftes van sy diensknegte. Wanneer Ek, EK IS wat EK IS stil is deur sommige van hulle, het Ek My redes en hierdie redes is bekend aan My en hulle. Nietemin, soos wat hulle verstil, sal Ek My woorde en My wil deur ander versterk vir daardie take wat Ek aan hulle opgedra het om te doen vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle ookal gevind sal word, daar sal Ek hierdie dinge doen. Reageer enige pa of ma nie in liefdevolle sorg teenoor hul kind in nood in watter vorm hierdie nood ookal mag wees nie, hardloop enige pa of ma nie om hul kinders by te staan in nood, so vinnig as wat hulle kan nie? So is dit met My, Ek, EK IS wat EK IS, hierdie liefdevolle vader en moeder wat niks meer sal plaas op enigiemand as wat hulle in staat is om te kan dra nie. Wanneer My kinders in hierdie bediening, wat Ek aan hulle gegee het om vir My uit te voer, uitroep na My in hul nood, dan hardloop Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, skepper van alle dinge, alreeds na hulle toe om hulle te help en te troos in hul nood. Dan sal Ek sommige van hulle vir ‘n tyd stilmaak en hulle nog dieper in My liefde intrek om te genees, te verfris, te troos, te versterk en Ek sal aanhou om hulle voor te berei vir hierdie take wat Ek aan hulle gegee het om vir My te doen, soos wat hulle in staat is om te dra. Ek is so lief vir julle, tog is soveel van hierdie menslike liggame wat My dien, op hierdie huidige oomblik te swak in die vlees om alles te ontvang wat Ek grootliks wil en begeer om aan julle te gee. Die tye sal aanbreek wanneer baie van hulle volkome vir My verseël sal word en hulle sal selfs groter ontvang, behalwe diegene wat Ek huis toe roep na My toe, maar totdat daardie tyd aanbreek, weet en verstaan dat hierdie verswakte liggame van My diensknegte net soveel van My kan dra voordat Ek, EK IS wat EK IS hulle beveel om te rus en alleen saam met My te bly in My woning van liefde, terwyl Ek hulle liefdevol en teer verkwik, soos wat hul eie vader en moeder hulle sou verkwik. EK IS wat EK IS.