Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 38 ontvang op 2 Oktober 2013

Die uitstorting van Elohim se Gees

Soos wat Ek, EK IS wat EK IS in hierdie dag vir julle gesê het, Ek giet nou My Gees uit oor die mensdom en My volk en My Dogter van Sion, wat in nederigheid en in liefde na My uitroep en wat ‘n doring dra, ‘n diep doring om haar vir ewig te herinner van My liefde en My ootmoed vir haar om met almal te deel wat Ek gestuur het om met haar te deel. Vertel hulle van My woorde Lukaas, vertel hulle dat jy getuienis is van die woorde wat Ek aan jou gee om te skryf, en so skryf jy die woorde wat Ek IS wat EK IS aan jou gee om te skryf. Vertel hulle dat baie spreek en skryf soos wat Ek hulle rig om te spreek en skryf en hulle spreek en skryf in ooreenstemming met My geskrewe woord, in ordentlik­heid en binne orde en altyd in liefde, onbaatsugtige liefde en in die liefde vir My volk en die liefde vir My waarheid en kennis het hulle alles gedoen wat Ek gevra het om te doen. Nou vertel hulle hierdie waarheid van hierdie openbaring. Daar is meer as die woorde wat woord vir woord uitkom, JA, VERTEL HULLE wat Ek jou vandag gewys het, omdat baie My woorde om te bely gehoor het en baie soek na My Heilige Gees om hulle oë, hulle harte en hul verstand te open vir hierdie openbaring wat sommige alreeds ken. Ek, EK IS wat EK IS maak selfs nou hulle gedagtes oop om hierdie woorde te ontvang en sal ook die gedagtes oopmaak van diegene wat nog sal kom vir hierdie openbaring. Vertel hulle, EK IS dat EK IS het meer as die enkele woorde om aan hulle te gee soos wat Ek dit woord vir woord aan jou gegee het. Agter die geskrewe woord is goddelike kennis en goddelike woorde, nie enkelwoorde nie, maar hele volumes van woorde van groot begrip, wysheid, kennis en soveel meer wat Ek sal ingiet in diegene wie se verstand voorberei is deur My Heilige Gees om hierdie hele volumes van woorde te ontvang, dan sal Ek, EK IS wat EK IS dit ingiet in hul verstand. ‘n Vloed van woorde, alles op een slag, soos wat Ek gesê het, sal Ek uitgiet in hulle verstand en hulle sal hele volumes van kennis, waarheid, wysheid en begrip alles op een slag verstaan! Vir sommige, binne ‘n oomblik, sal Ek hul gedagtes vul en Ek sal hulle gedagtes, diegene wat dit sal kan ontvang, met hierdie hele volumes van woorde vul, alles op een slag soos wat Ek gesê het. Vir ander sal hierdie selfde volumes, ‘n bietjie hier en ‘n bietjie daar gegee word, sodat My werk deur al hierdie wat die enkele woorde en die hele volumes van woorde ontvang om aan My volk te spreek en skryf, aan hulleself en aan die wêreld kan toon dat Ek, EK IS wat EK IS is en dat Ek spreek en skryf op enige manier wat Ek kies om aan die mensdom te gee en ja, in die hele volumes van woorde sal Ek tot die mensdom spreek wat gehoorsaam is, want die tyd is kort voordat hierdie tye Suid-Afrika en My huis van Israel sal oorval en ook vir die hele wêreld vir die laaste keer wanneer Ek terugkeer as JaHshua. Vertel hulle dat My woorde nooit leeg na My terugkeer nie en dat My woord deur al hierdie middele My wil sal bereik, selfs al kan sommige as kwaad voorkom. Dit is My wil om die kaf te skei van die koring en aan die wêreld te wys dat die bose My dien en nooit sal My woord die magte van die duisternis dien nie, al mag dit soms so lyk. In die volheid van die tyd sal My wil, die wil van EK IS wat EK IS ten volle verstaan word en dit sal ten volle verstaan word dat alle dinge My wil dien en dat alles myne is om te doen, soos wat Ek kies om te doen om My wil te volbring . Daar is baie meer om te kom Lukaas, en nie net deur jou nie, maar deur ander wat al weet en ander wat Ek sal roep in die tye wat Ek hul sal roep. Aan elkeen van julle wat Ek gestuur het om My woorde te spreek en te skryf en aan almal van julle wat Ek sal opwek wanneer Ek julle sal opwek, verklaar die EK IS; gee alles aan My oor en vergeet julleself, dan sal julle vir My My vaartuie word om My woorde aan die mensdom en aan My volk te gee in hierdie tye, asook in die tye wat moet kom. Berei voor om alles wat julle het en alles wat julle is, oor te gee, in die komende verlies van wie julle is, sodat My woord vervolmaak kan word in almal van julle en in almal van julle sal My werk dan vervolmaak word in perfekte orde en harmonie. Soek slegs My wil vir julle in die werk wat Ek aan julle gee om te doen en dink nie aan die ander werke wat Ek gee aan ander, sodat julle nie daardie werke oordeel of vergelyk met julle eie nie. Ontvang slegs dit en in dit wat Ek julle gee om te doen, doen dit. Ander sal My waarheid onderskei. Dit moet so wees, sodat My woorde aan jou wat Ek jou beveel het om te spreek en te skryf, suiwer en onaangeraak sal bly deur ander, in wat hulle dalk vir jou kan sê of diegene wat aan daardie wat van die bose een gestuur is om julle monde stil te maak of julle hand te keer om My woorde te speek, Ek IS wat EK IS.

In al hierdie dinge moet julle naamloos van gees word, sodat alle eer by My kan bly en as julle doen wat Ek, EK IS wat EK IS julle vra om te doen in hierdie vergeet van jouself, sal Ek julle My ootmoed gee en julle spaar van die arrogansie van ander wat geval het deur hoogmoed. Onthou, EK IS wat EK IS en soos wat julle vertel is deur die profete, sal die wêreld My sien soos wat hulle My in die dae van die ouds gesien het en hulle sal weet EK IS wat EK IS. EK IS wat EK IS en Ek leef soos wat Ek nog altyd geleef het van die begin tot die einde, wat weer die begin is, EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 37 ontvang op 2 Oktober 2013

Gee alles oor aan Vader

Skryf Lukaas, skryf. Luister na My, LUISTER NA MY, luister na My deur My Heilige Gees wat met julle harte spreek soos wat julle hierdie woorde lees. LUISTER NA MY, LUISTER NA MY STEM, die stem van die ewighede van die ewighede af, LUISTER NA MY. Sê aan My:

“Vader, Ek bely my arrogansie, Vader, ek bely my nietighede, Vader, ek bely al my verontwaardiging, vir al hierdie bely ek en vra ek om vergifnis. Vader, Ek gee alles wat ek is oor, ek gee my wil aan U wil oor en ek gee oor aan U liefde. Vader, maak my hart oop om U Heilige Gees te ontvang, maak my hart oop om U woorde te hoor deur elkeen wat U stuur en op enige wyse wat U stuur, open my hart dat ek kan sien en nie met die oë van ‘n mens nie, maar met die oë van U Heilige Gees wat alles sien en alles weet, tot die diepste geheime van die mens se hart. Maak hierdie oë oop en maak hierdie ore oop van U Heilige Gees binne my, sodat ek U en U wil kan dien in alles wat U my vra om te doen, vir U wil vir U volk.”

Sê vir hulle Lukaas, dat indien hulle net alles sal oorgee aan My, Ek, EK IS wat EK IS, Ek, ja, sal die EK IS doen soos wat Ek belowe het voordat tyd begin het. Ek sal hul harte open en met groot trane van blydskap sal hulle My Heilige Gees ontvang en op daardie oomblik wat hulle hul waarlik aan My sal oorgee, sal EK IS, Ek sal hul harte open en dit vul met My teenwoordigheid. Hulle sal weet EK IS. My kinders, ontvang My op hierdie dag, sodat Ek deur julle die baie werk vir My volk kan doen op die wyse wat Ek aan elkeen van julle sal wys vir die doel wat Ek julle sal wys om te doen.

Onthou dat Ek julle vertel het deur My woord, dat in hierdie, die eindtye, Ek My Heilige Gees sal uitstort oor die mensdom. Ek het begin om hierdie werk te doen en My Heilige Gees word uitgestort op die mensdom en meer so as ooit tevore, in My laaste desperate pleidooi aan My kinders, My volk, om hulle te red van hul verkeerde weë, voordat die tyd van oordeel moet kom! In daardie dae en in daardie tyd, het Ek julle ook gewaarsku dat, nadat Ek My volk verseël het, My Heilige Gees onttrek sal word uit die mensdom en die poort tot redding vir ewig sal sluit. Nou, nou is dit die tyd om My op te soek, nou is dit die tyd om alles aan My oor te gee, sodat My woord vervul en vervolmaak kan word in die verlostes van die mensdom, om in staat wees om te staan in hierdie allerboosste tye, teen al die magte van die duisternis wat probeer om julle op elke moontlike manier dood te maak, fisies en geestelik en deur ander, beide van hierdie wêreld en van die koninkryk van die duisternis, wat poog om julle te vernietig!

Psalm 91

HY wat in die skuilplek van die Hoogste El sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

.91.2 Ek sal tot JaHWeH se: My toevlug en My bergvesting, My Elohey op wie Ek vertrou.

91.3 Want dit is Hy wat U sal red uit die net van die voelvanger, van die verderflike pes.

91.4 Hy sal U dek met Sy Vlerke, en onder Sy Vleuels sal U skuil; Sy Waarheid is U Skild en Pantser.

91.5 U hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

91.6 ir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

91.7 Al val daar duisend aan U sy en tienduisend aan U regterhand – na U sal dit nie aankom nie.

91.8 Net met u oe sal U dit aanskou en die vergelding van die besoedelde sien.

91.9 Want U, JaHWeH, is My toevlug. Die Hoogste El het U U beskutting gemaak.

91.10 Geen besoedeling sal U tref en geen plaag naby U Tent kom nie;

91.11 want Hy sal Sy Boodskappers aangaande U bevel gee om U te bewaar op al U wee.

91.12 Hulle sal U op die handpalms dra, sodat U U voet teen geen klip stamp nie.

91.13 Op die leeu en die adder sal U trap, die jong leeu en die Draak vertrap.

91.14 Omdat Hy My liefhet, daarom sal Ek Hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat Hy My Naam ken.

.91.15 Hy sal My aanroep, en Ek sal Hom verhoor; in die nood sal Ek by Hom wees; Ek sal Hom uitred en Eer aan Hom gee.

91.16 Met lengte van dae sal Ek Hom versadig, en Ek sal Hom My Verlossing laat sien.

Vandag, My kinders, vandag, hierdie oomblik, ontvang My Heilige Gees en laat My, EK IS, woon in julle hart!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 36 ontvang op 2 Oktober 2013

Die Woorde sal vermeerder

Skryf Lukaas, skryf, EK IS ja, EK IS wat EK IS sal vandag ‘n raaisel aan julle toon. ‘n Geheim wat diegene met wysheid sal verstaan. Ek, EK IS wat EK IS het julle gesê dat Ek My woorde sal vermeerder deur hierdie dienaar Lukaas en vermeerder sal Ek, maar nie op wyses waarop julle dink nie. Dikwels het Ek met julle gespreek deur hierdie woorde wat EK deur hierdie dienaar gegee het om te te skryf en dikwels het julle dit gelees. Ander het dit gelees en deur die woorde in die wysheid ingesien wat EK IS wat EK IS weggesteek het binne-in hierdie woorde en slegs deur ‘n oop hart vir My Heilige Gees sal julle ooit in staat wees om hierdie wysheid in te sien.

Lewer My geskrewe woord aan hulle, Lukaas;

Spreuke 1:22-33

1.22        Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase Kennis haat?

.1.23      Wend julle tot My Teregwysing, dan laat Ek My Gees vir julle uitstroom, wil Ek My woorde aan julle bekend maak.

.1.24      Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek My Hand uitgestrek en niemand geluister het nie,

.1.25      en julle al My Raad nie opgevolg en van My Teregwysing nie wou geweet het nie,

.1.26      daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle verskrikking kom;

1.27        as julle verskrikking kom soos `n onweer, en julle ondergang soos `n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.

Spreuke.1.28      Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.

.1.29      Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie,

1.30        van My Raad nie wou weet nie, My Teregwysing verag het,

1.31        daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.

.1.32      Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;

.1.33      maar die wat na My luister, sal veilig woon en gerus wees teen die vrese van besoedeling.

Soos wat julle al deur hierdie dienaar en vele ander gewaarsku is, tensy julle berou het en My en My waarheid soek, deur watter maniere Ek ookal kies om dit aan julle te stuur, dan sal hierdie woorde van My geskrewe woord in vervulling gaan.

Spreuke.1.28      Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.

In daardie dae en in daardie tyd sal My Heilige Gees julle harte verlaat en met groot erns sal julle My soek en My nie vind nie. Selfs My woorde sal hul betekenis in julle harte verloor soos wat hulle (die harte) kouer as die koudste ys sal word en verhard sal hulle word vir My, en My woord, EK IS.

Spreuke.1.29      Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie,

Vertel hulle weer van My pleidooie aan hul harte, ja MY PLEIDOOIE, die EK IS wat EK IS pleit met hul harte om berou te hê en open julle harte vir My in vertroue en in liefde, sodat Ek hulle kan vul met Goddelike waarheid, Goddelike waarheid wat Ek so graag aan hulle wil gee en wat Ek soveel moes terughou, want hulle harte is gevul met hul eie nietighede. Open julle harte vir My sodat Ek julle kan vul met hierdie woorde wat Ek vir julle het! Ek wil hulle spreek en skryf onder julle eie volk deur julle eie volk, maar as julle nie gehoor wil gee nie, as julle My nie soek nie, as julle julle nie sal verneder in julle arrogansie en nietighede nie, dan, sowaar as Ek leef en asemhaal, sal al hierdie werk gegee word aan ander van ander volke en nasies om aan My volk te doen, wat julle in julle nydigheid weier om te doen. Ek hoor jou, Lukaas, Ek hoor jou bid en vra dat dit nie so moet wees nie en dat dit te veel is vir My volk, vir die Boere om te dra, as alles aan ander gegee moet word om te doen. Ek hoor jou en stem in om nog meer onder die Boere op te wek om te deel in hierdie werk. Ek, EK IS wat EK IS, sal die krag van My Heilige Gees selfs weer verhoog in hierdie verharde harte. En weer sal Ek My Heilige Gees in hulle harte verhoog, want dit is My wil dat baie moet deel in hierdie werk. Dit is My wil dat al My boodskappers My vertrou om hierdie werk te vervolmaak onder almal van julle, sodat in alle dinge, My woorde deur almal van julle in volmaakte orde en harmonie sal wees en dat die hele wêreld sal kan sien en weet, EK IS wat EK IS en dat deur My, My werk vervolmaak sal word onder My baie volke van ander nasies wat met een stem van die woorde van EK IS spreek en skryf.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 35 ontvang op 30 September 2013

Nog `n boodskap aan die goeie kinders van Gam

Aan MY, ja MY GOEIE KINDERS VAN GAM, MY KINDERS! Luister na My woorde soos gespreek deur die hart van hierdie dienaar, My kneg wat My gehoorsaam in alles wat Ek hom vra om te doen, luister na My woorde, luister na hulle wat Ek nou vir hom gee om vir julle te skryf.

Kinders van Gam, die hand van Elohim is op my soos wat ek hierdie woorde aan julle skryf, Elohim is met my en toon my die groot liefde wat Hy vir julle almal het wat probeer om Sy wil te doen en te doen wat reg is in Sy oë. Dit is ‘n groot en magtige liefde wat My tot trane bring, so groot is Sy liefde vir julle in alles wat julle doen vir sy huis van Israel in die land Suid-Afrika. Hy ken julle werke, Hy weet dat julle reg doen in Sy oë en hy weet hoe julle wil en van plan is om sy volk, die huis van Israel, in hierdie land te help.

Luister na hierdie dienaar, goeie kinders van Gam, Ek, EK IS wat EK IS het hom hierdie woorde gestuur om aan julle te skryf en om julle te herinner dat julle nie deur My vergeet is nie, Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge! Ek sal julle onthou in die tye wat kom en in die tye wat kom, sal Ek, EK IS wat EK IS met julle wees en julle harte voorberei in alles wat julle sal doen en soos wat Ek vele kere vir julle gesê het, groot is die seëninge wat Ek, EK IS wat EK IS gereed gemaak het vir julle. Onthou hierdie dinge, goeie kinders van Gam en hulle onder julle wat hierdie woorde van My lees deur hierdie dienaar, Lukaas, neem hierdie woorde na julle volk, sodat hulle alles kan weet wat Ek op hierdie dag deur My kneg Lukaas gespreek het. Ek het dit in sy hart geplaas om hierdie woorde in te sluit vir julle om in julle taal te skryf en om hierdie woorde tot My gedagtenis te sing, nou en vir die tye wat kom, moet julle hierdie woorde vir My sing;

Swahili;

Baba Yetu

Baba yetu, Yetu uliye

Mbinguni yetu, Yetu amina!

Baba yetu Yetu uliye

Jina lako e litukuzwe.

Utupe leo chakula chetu

Tunachohitaji utusamehe

Makosa yetu, hey!

Kama nasi tunavyowasamehe

Waliotukosea usitutie

Katika majaribu, lakini

Utuokoe, na yule, muovu e milele!

Ufalme wako ufike utakalo

Lifanyike duniani kama mbinguni. Amina.

 

Our Father

Our Father, who art

in Heaven. Amen!

Our Father,

Hallowed be thy name.

Give us this day our daily bread,

Forgive us of

our trespasses

As we forgive others

Who trespass against us

Lead us not into temptation, but

deliver us from the evil one forever.

Thy kingdom come, thy will be done

On Earth as it is in Heaven. Amen.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 34 ontvang op 29 September 2013

My Dogter, julle het My kneg ontvang

Hoor julle, julle sal My nou hoor, o huis van Israel en almal wat sal terugkeer na hierdie huis, hierdie huis van Israel in MY SUID-AFRIKA! Steeds veroordeel julle My kneg! Steeds vervloek julle sy naam! Steeds onteer julle My woord, MY WOORD EN MY WOORDE. Bly stil Lukaas, bly stil in nederige stilte vir ‘n tyd gedurende hierdie nag, want Ek is toornig op diegene wat jou so vervloek, ten spyte van al My pleidooie aan hulle harte deur My Heilige Gees wat hulle dag en nag grief deur hul veroordelings van jou. Meer woorde sal kom, Ek het jou gebede verhoor soos wat jy bid terwyl Ek met jou spreek en op dieselfde tyd en dieselfde oomblik hoor Ek jou gebede en verhoor hulle, maar Ek sal My hand terughou teen diegene wat jou so vervloek en ook sal Ek My toorn weerhou van hulle vir ‘n tyd. Ek hoor jou gebede en jou pleitstukke om My hand terug te hou en om hulle nog meer tyd toe te laat om na My woorde te luister, die woorde wat Ek, EK IS wat EK IS in jou hart plaas om aan My volk te skryf. Ja, Lukaas, die antwoord is ja, Ek sal My hand terughou. Skryf nou, want My toorn het bedaar. Vertel hulle, hulle wat jou vervloek, Ek sal My woorde aan My volk vermeerder deur jou en meer nog as wat Ek eers oorweeg het. Ek het bevind dat jy aan My getrou is in alles wat Ek jou vra om te doen en alles wat Ek jou gevra het om te doen, was in perfekte orde, sodat hulle met hul oë en harte My woorde kon sien. Nou sal Ek My woorde vermeerder deur jou, getroue dienaar, want jy het in hierdie nag aan My gesê, toe jy na My uitgeroep het, en Ek alles bevestig het wat Ek van jou sou vra om te doen, selfs dit wat steeds vir jou onbekend is, jy ingestem het om My wil te doen. Daarom sal Ek nou My woorde deur jou vermeerder. Hierdie woorde, hierdie woorde wat teruggehou is, want diegene aan wie Ek hulle in die verlede oorgedra het, wou dit nie vir My spreek of skryf nie, want hulle was bang vir die oordeel van die mens en die wat saam met hulle was. Ek sal deur hierdie dienaar spreek wanneer Ek ookal verkies om tot sy hart te spreek en Ek sal te alle tye tot sy hart spreek, dag of nag sal Ek spreek tot sy hart van die dinge wat hy vir My aan julle sal moet skryf, want toe Ek, EK IS wat EK IS hom gevra het van hierdie aanklag om hom te toets, om hom te toets om te sien of hy daarvan gebruik sou maak, het hierdie nederige dienaar eenvoudig geantwoord;, “ja Vader alles wat U My vra om dit te doen, sal Ek doen wanneer U My vra om dit te doen”. En selfs nou, terwyl EK hierdie dienaar na ‘n plek gebring het wat Ek lank gelede vir hom uitgekies het en deur baie, baie maande van toetse en beproewings, hom gebring na hierdie plek om aan julle My krag te toon om alles te doen, tog vervloek julle hom, hierdie dienaar wat EK IS wat EK IS liefdevol uitgekies het om aan julle te gee. Dogter van Sion, luister na My woorde, geseënd was julle in alle dinge, want daagliks het julle vrylik julle lofprysing en aanbidding vir My gegee en gewilliglik het julle hierdie dienskneg ontvang, wetende van die diep geheime van sy hart waaroor ander hom uit hul midde sou gewerp het, tog het julle hom in elk geval ingeneem. Soos wat julle Hom ontvang het, het julle My ontvang en diegene van julle wat hom vervloek, vervloek My. Dogter van Sion, Ek het baie vir julle berei vir alles wat julle in My Naam gedoen het vir al My mense, selfs aan hierdie vreemdeling van ‘n vreemde land, wat julle aan hom in alle liefde en vriendelikheid gedoen het, soos wat Ek julle gewys het om te doen en julle onderrig het om te doen toe Ek na hierdie wêreld gekom het as JaHshua. Soos wat julle My geseën deur julle werke, sal Ek julle nou seën en Ek, EK IS wat EK IS, sal julle nou seën op wyses wat julle nie gedink het moontlik is nie en op wyses wat julle nooit verwag het nie, sal Ek julle nou seën. Aan diegene wat My vervloek het deur hierdie dienskneg, selfs in sy nood en in die pyn van sy hart het hy vir julle gebid en My gevra om My toorn te weerhou teen julle, en Ek sal ter wille van hom en sy gebede My oordeel van julle weerhou en aan julle tyd gun om julle weë te heroorweeg. Dit is My wil, EK IS WAT EK IS, My wil dat julle almal sal deel in hierdie groot werk van die oordra van My woorde aan My volk. As julle My net wil vertrou en glo dat EK deur baie spreek en deur baie skryf en deur baie meer sal spreek en skryf, sal Ek julle terugontvang en My woord vervolmaak onder julle almal! Dit is My wil en groot sal hierdie werk word, met of sonder julle. Na die Ooste verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Weste verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Suide verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Noorde verklaar Ek, EK IS wat EK IS en die afmetings onbekend aan julle, verklaar Ek, EK IS wat EK IS al hierdie dinge aan julle in hierdie nag. Doen wat Ek, EK IS wat EK IS julle gevra het om hierdie nag te doen en hierdie nag verklaar Ek, EK IS wat EK IS groot seëninge en seëninge van woorde vir My volk aan julle deur middel van hulle wat Ek gekies het en sal kies. EK IS wat EK IS, daar is nie meer nie, Lukaas. Jou gebede het My hand teruggehou.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 33 ontvang op 2 September 2013

Die opdrag vir die oordeel byna hier

Dit is met groot berou oor wat gaan kom en wat sal wees, wanneer die opdrag uit My mond sal kom vir die dood om uiteindelik voort te gaan. Dit is met groot berou dat Ek, Ek IS wat EK IS hierdie opdrag gee. Dit moet so wees, My liewe kinders, dit moet wees, al berou dit My so. Hoe lank was Ek met julle om julle voor te berei vir hierdie en die tye wat gaan kom? Selfs nog voordat die aarde geskape is, betreur Ek hierdie dag wat moes kom. Weet dit liewe kinders, dat dit nooit My wil was dat sulke dinge moes gebeur nie, dit was nooit My wil nie. So baie betreur Ek hierdie tye, dat Ek nog huiwer om aan hierdie dienaar te gee, My getroue dienaar, om hierdie woorde aan julle te skryf in voorbereiding van julle harte vir dit wat gaan kom. Skryf sagkens aan hulle Lukaas, skryf sagkens aan hulle, vertel hulle dat selfs voordat die aarde geskape is, het Ek, EK IS wat EK IS ten volle geweet van hierdie dag en vertel hulle dat alles wat sou wees, alreeds aan My bekend was en groot het hierdie las op My hart gelê vir al hierdie eeue, ontelbare eeue wat Ek, EK IS wat EK IS saam met julle was. Al die tyd het Ek julle krete gehoor van die tye wat moes kom, en altyd het Ek al julle laste en smarte gevoel van hierdie tye wat moes kom. Dit was vir ewig teenwoordig binne My. Ek het julle so lief en het hierdie dag betreur wat amper op julle is! Dikwels het Ek vir julle gesê, moenie bang wees of verskrik word nie, neem nou die tyd om daardie woorde te verstaan met die opening van die Psalm wat Ek aan Dawid in sy hart gegee het om te skryf;

יהוה is my Herder;
יהוה is my Herder;
יהוה is my Herder;

Oorweeg dit baie diep, liewe kinders, wat ‘n Herder alles is, EK IS wat EK IS, is hierdie Herder vir almal van julle. Ek is met julle elke sekonde van elke minuut van elke uur van elke dag, vir ewig soos wat Ek met julle sal wees in hierdie, die tyd van die dood, wat binnekort gaan aanbreek. Onthou, EK IS, EK LEWE en deur almal wie ek na julle gestuur het, en na julle sal stuur, EK IS deur almal van hulle en EK IS met julle! Glo!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 32 ontvang op 29 September 2013

Gam se kinders, los die Dogter van Sion uit!

Kinders van Gam, EK IS spreek met julle! Julle ken My! Julle ken My woorde! Julle ken My beloftes wat aan julle oorgedra is! JULLE hoor My woorde meer as sommige van hierdie. Luister na hierdie woorde van My, EK IS wat EK IS, julle Vader van Vaders en julle Voorvader van Voorvaders! Neem hierdie woorde na julle hele volk, ALMAL VAN HULLE, sodat hulle My sal ken en hierdie woorde vrees wat in hierdie nag aan julle oorgedra word! Soek nie om leed te doen aan My Dogter van Sion nie, soek nie om saam te span met diegene wat die valse voorouers van die verdoemdes raadpleeg om My kinders te vervloek nie, want in die uur wat julle dit sal doen, sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie vloeke teen julle draai en dan sal Ek, EK IS wat EK IS persoonlik hierdie vloeke oor julle bring. Diegene van julle wat My wil en leiding soek en soek om dit te doen wat reg is, onthou hierdie woorde. EK IS wat EK IS is met julle, EK IS wat EK IS vertel wat julle nou om My volk en My Dogter van Sion vooraf te waarsku teen enige gevaar of boosheid wat dié van die besetenes poog om te doen aan My kinders deur Abraham! Ek, EK IS wat EK IS kla julle in hierdie nag aan met hierdie groot woorde van waarskuwing aan julle volk, om hulle te waarsku teen die boosheid wat hulle poog om te doen! EK IS wat EK IS spreek in julle harte met groot haas om hierdie woorde aan julle hoofde te lewer en aan julle oudstes en ja, selfs aan hulle wat die boses oproep wat valslik tot julle spreek as julle voorvaders. Weet dat wanneer julle hierdie woorde sal spreek aan hulle aan wie Ek julle getoon het om te spreek, hierdie woorde met groot verontwaardiging ontvang sal word deur sommige en hulle sal julle vervloek, maar sê eenvoudig vir hulle; “Elohiym, EK IS wat EK IS het in My hart gespreek en My gesê om hierdie woorde aan julle te gee. Dit is Sy woorde”, en gee dan vinnig pad uit hul teenwoordigheid in My Naam deur `n stille gebed van julle harte. Ek, EK IS wat EK IS, sal hul woede teenoor julle verwyder. Sodra julle hierdie woorde aan hulle gespreek het wat Ek aan julle getoon het, onthou wat Ek vir julle gesê het om te doen, want hul woede en toorn sal groot wees. Dit is nie hulle toorn en woede nie, maar die toorn en die woede van die boses wat onsigbaar spreek in die skadu’s van hul harte. Vertrek vinnig nadat julle gespreek het, soos wat Ek julle getoon het om te spreek en gaan voort om My beskerming te soek deur gebed en hou aan met hierdie gebede totdat julle weet dat hul woede teenoor julle afgeneem het. EK IS wat EK IS, vrees nie en wees nie bang nie, Ek wat alles gemaak het, is met julle.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 31 ontvang op 29 September 2013

Waarskuwing aan die Dogter van Sion

Dogter van Sion! Dogter van Sion! Dogter van Sion!

Hoor My stem, HOOR MY! EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees lewer hierdie woorde aan julle deur hierdie dienskneg, DIT IS MY WOORDE WAT EK, EK IS WAT EK IS IN SY HART GEPLAAS HET OM TE SKRYF! Hierdie woorde is van die allergrootste belang. Blaas die basuin! Lui die alarm! Roep die vergadering saam, roep die vergadering saam, roep die verga­dering saam, soos wat julle elke oggend doen en soos wat julle elke oggend doen, moet julle nou nooit ophou om My te loof in sang en aanbidding en die studie van My geskrewe woord nie, sowel as My woorde wat Ek sal spreek soos wat die Heilige Gees daardie sal lei om te spreek in hierdie vergaderings. Berei julle voor! Berei julle voor! En in die aand wanneer Ek, is EK IS wat EK IS julle vooraf waarsku deur hulle wie Ek gekies het om te spreek en My woorde te skryf, LUISTER NA DIE BOODSKAPPE! Die boses kom! Die boses wat wandel in die liggame van die besetenes kom! Dit is hulle oor wie julle reeds gewaarsku is. Dit is hulle wat deur Satan gestuur is en omring is deur demoniese geeste wat die woorde in hulle harte spreek wat hulle beplan om julle mee te vervloek en te oorweldig. Hulle sal begin om in klein groepies te vergader rondom julle kamp en om julle kamp sal hulle hierdie bose geeste oproep en diegene binne en buite julle laers vervloek. Moenie bang wees nie, EK IS met julle! Bid vir My beskerming tydens hierdie vergaderings, sing lofliedere vir My soos julle nog nooit voorheen gesing het nie en sing met ‘n harde stem uit na My in sang en lofprysing en Ek sal julle hoor!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 30 ontvang op 29 September 2013

Nog `n boodskap aan Elohim se gekose leiers

Skryf Lukaas, aan dié na wie jy deur My gestuur is, skryf aan hulle leiers, EK IS, EK IS wat EK IS. Aan hierdie leiers, weet dat Ek hulle harte voorberei het, en hulle sal nou na My woorde luister uit jou hand. Aan hulle, EK, EK IS wat EK IS sê vir julle; luister nou na My, julle Vader, Ek IS wat EK IS. Hierdie instruk­sies is vir julle, die bewaarders van My volk gedurende die tye wat kom. Ek ken julle harte, Ek ken julle vrae, vrese en vertwyfeling. Ek weet dat julle wag op My woord en dat in die aangesig van baie van My volk, ly julle deur hulle beskuldigings as skynbaar onwillig om die swaard te trek. Moenie bang wees nie! Dit is soos wat dit moet wees en altyd met julle was, My volk wat wag vir die woord van My af in alle dinge en volgens My woord vir alle geregtigheid. Soos wat EK, EK IS wat EK IS reeds aan julle deur Lukaas en baie ander vertel het, volg geen mens nie, volg geen mens of iemand wat sy troon bo My plaas in woord of aksie of daad nie. Volg geen mens of enigiemand wat beweer dat hulle alleen My woord ontvang en dat hulle alleen aangestel is om te bepaal wie Ek na julle gestuur het. Ek het reeds julle harte opdrag gegee in hierdie dinge, en deur My woord die enigste wyse waarop My boodskappers geopenbaar sal word. Hierdie woorde is die begin van nog vele meer wat Ek vir julle voorberei het, sommige deur Lukaas en meer deur middel van die wat Ek opdrag gegee het om te soek en om te vind en wie onder julle sal woon as My uitverkore stem aan julle in die tye wat kom. Onthou My woorde, onthou, onthou, onthou, wat julle behoeftes ookal sal wees in daardie tye, bid tot My soos wat Ek julle opdrag gegee het deur My woord en slegs op hierdie wyse mag julle bid tot My. Soek nie die antwoord van hulle wie Ek gekies het om My woorde en antwoorde aan julle te lewer nie. Ek sal, EK IS wat EK IS sal aan julle antwoorde gee op daardie vasgestelde tye. Soek hulle nie op nie! Bid vir My en wag op My antwoord van hulle af. Hierdie dinge moet so wees om My werk te voltooi volgens alle maniere van orde. Hierdie gebede wat julle vir My aanbied om antwoorde te soek, is dié wat die hele liggaam van My volk affekteer oor wie julle aangestel is as wagters. Daardie gebede wat julle tussen My en julle gebid het, moet voortgaan in julle daaglikse lewe soos voorheen en is apart van die gebede wat My volk as ‘n geheel beïnvloed. Gaan voort met julle persoonlike gebede aan My en Ek sal julle antwoord soos wat Ek altyd gedoen het en op die vasgestelde tye sal Ek julle antwoord. Hoor dan nou die opdragte direk van My woord en gee geen ag op `n mens wat julle sal lei of veroorsaak dat julle die swaard optel teen My wil nie. Julle het alreeds die waarskuwings ontvang van diegene wat groot geweld teen die kinders van Gam beplan vanuit julle eie volk en hoe hulle baie sal mislei met nog meer geweld in die valse woorde en beelde wat hulle aan die volk sal lewer in hul poging om die swaard op te tel teen My wil, soos wat Ek verklaar het deur My bekende profete onder julle.

Prediker 3:1-10

1 ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die Hemele is daar ‘n tyd:

2 ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant is,

3 ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou,

4 ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring,

5 ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing,

6 ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om verlore te laat gaan, ‘n tyd om te bewaar en ‘n tyd om weg te gooi,

7 ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd om te swyg en ‘n tyd om te spreek,

8 ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.

9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?

10 Ek het die taak gesien wat Elohim aan die seuns van adam gegee het om hulle daarmee te kwel.

Onthou en bestudeer hierdie woorde van die geskrewe woord versigtig. Die taak wat nou voor julle lê is ernstiger as wat julle dink in die enorme verantwoordelikheid vir die versorging van My volk waarvoor julle as leiers geroep is. Beskerm My dogters! Verneder julle voor My en My volk en berei julle harte voor vir die salwing wat sal kom van My, EK IS wat EK IS, ‘n salwing wat deur My boodskappers onder julle verklaar sal word en bevestig deur drome en aan diegene wat hierdie salwings sal spreek soos wat Ek hulle die mond sal gee om hierdie salwings te spreek, wanneer My Heilige Gees daal oor hulle wat sal spreek, sal hulle spreek. Onthou die wysheid van Jeanne d’Arc, laat hy wat wysheid het, verstaan. Ek is wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 29 ontvang op 29 September 2013

Oordeel en boodskap aan goeie kinders van Gam

Skryf Lukaas, daar is baie wat gesê moet word. Sal ‘n Vader ‘n opdrag gee wetende dat sy kinders sal sterf? As Ek huiwer of die tyd vertraag, wat is dit vir julle wat daarna soek om My hand te dwing oor dinge, soos die opdrag om die deur oop te maak van die groot dood en vernietiging wat moet kom? In julle selfsug en in julle vergeefse verbeelding wil julle dit bereik wat Ek deur die profete beloof het en soek julle gedurig daarna om My hand te forseer! Ek sal alle dinge lewer soos wat Ek belowe het en elk op die vasgestelde tyd sal Ek aan julle lewer! Daar is geen ander manier waarop hierdie dinge bereik kan word nie, aangesien My woord reeds hierdie dinge vasgestel het! Ek weet dat julle eie kinders, ouers, al julle geliefdes wat van julle afgeneem is, julle harte daagliks bedroef soos wat hierdie dinge My ook bedroef. Ek was daar saam met hulle tydens die oomblik van hulle dood en tydens die oomblik van enige dood is Ek en My engele saam met hulle! Ek deel alles met julle, hierdie groot laste van die hart en siel deel Ek met julle. Hierdie tye sal kom en kan slegs kom op die vasgestelde tyd en indien die vasgestelde tyd ook die vertraging is wat My hand en My mond terughou vir die opdrag vir die dood om uit te gaan, dan is dit so en moet dit so wees! Ek, EK IS wat EK IS weet hoe moeilik hierdie dinge vir julle is om te verstaan. Kry vrede in julle hart, verstand en siel en weet en glo dat in die volheid van die tye, dit aan julle gegee sal word om te verstaan en julle sal en dan sal julle julle verlustig en groot vreugde hê in die wete en verstaan waarom hierdie dinge so moes wees.

Skryf Lukaas, aan die goeie kinders van Gam, skryf hierdie woorde. Ek ken julle harte, Ek weet dat julle grootliks verlang na dit wat regverdig en reg is in My oë. EK IS, EK IS wat EK IS is ook met julle en soos wat Ek aan julle gesê het, sal Ek ook met julle wees tydens die groot dood wat julle land binnekort sal oorkom, ‘n tyd van dood en verwoesting soos wat julle nog nooit gesien het nie, so ‘n groot dit sal wees in sy basiese barbaars­heid. Moenie met julle broers en susters saamgaan nie, hulle wat gekies het om Satan in hul harte te volg en wat nou die bose kinders van Gam geword het, dienaars van Satan is hulle en hulle is reeds aan julle bekend deur hulle geheime vergaderings wat julle gesien het en waar julle saam met hulle gestaan het in hulle aanbidding van alles wat boos is. Wanneer die groot dood kom, vlug onder hulle uit en gaan julle eie weg. Ek het engele aangestel om julle weg te lei vanaf hierdie bose en slegte kinders van Gam, wat op hierdie land sal neerdaal soos sprinkane. Verskriklik sal hulle vernietiging wees, verskriklik sal hulle harte word, harte wat aan hulle gegee is en wat besete is van dié van die bose ryk wat deur hulle sal gil terwyl hulle neersak op die lande. Wanneer hulle julle by die hand sal neem om julle te dwing om saam met hulle te gaan, terwyl hulle poog om My volk te vernietig, VLUG UIT HULLE GELEDERE UIT EN KYK NIE OM NIE! Vertrou My en Ek, EK IS wat EK IS, die Vader van die Vaders en die Voorvader van die Voorvaders sal julle laat ontsnap deur My hemelse leërmag wat Ek sal stuur om julle uit te lei onder hierdie wesens uit! Woord is reeds aan julle gegee betreffende hulp aan My volk gedurende hierdie tye en daardie seëninge wat Ek vir julle voorbehou het gedurende die laaste tye wanneer julle lande in vrede sal rus en julle voed met die oorvloed van wat groei en deur julle geplant sal word en in groot oorvloed sal hierdie oeste wees. Weet dit, goeie kinders van Gam, dat dit die boosdoeners is waarvan daar met julle gespreek is in die herinneringe van julle volke, hulle wat in die skadu`s wandel en as mees gevreesde die liggame van julle broers en susters beset om die wil van hulle vader, aan My volk en sommige van julle bekend as die Satan, die boosste van alle boosheid, hy wat My verraai het, Ek IS wat EK IS wat julle ook sal verraai deur middel van hulle wat besete is deur hierdie bose geeste wat reeds onder julle bekend is. Onthou dat Ek gesê het dat Ek woorde het vir julle deur julle eie mense wat met julle sal spreek van My, EK IS wat EK IS.