Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 48 ontvang op 7 Oktober 2013

Gam se beswerings sal teen homself draai

Hoe durf julle nou in die donkerte van die nag, hoe durf julle nou in die lig van julle lasterlike rituele vure julle liedjies sing en daarop dans en teen My volk met bose beswerings omgaan saam met die magte van die duisternis? Sal Ek, EK IS wat EK IS, gespot word! Hoor julle nou My stem, bose, goddelose kinders van Gam, hoor nou My stem in hierdie nag, deur al die nagte en die nagte wat moet kom, tot aan die tyd van die einde, sal julle My stem hoor in hierdie gruwelike Sataniese rituele, waarin julle dink om My natuur te beveel, MY NATUUR, alle lewende dinge wat sluip en kruip en vlieg en swem dink julle in julle arrogansie om te beheer deur middel van julle besweringe van woorde wat aan julle gegee word om te dreunsing (chant) deur die bose geeste wat julle dink julle voorouers is. Luister na My, EK IS wat EK IS waarsku julle hierdie nag en openbaar deur My Heilige Gees aan julle dat dié wat voorgee om julle voorvaders te wees, is die mees veragtelikste wesens, deur groot boosheid en kwaad gedra, kom hulle na julle toe as julle voorvaders, om julle te verlei en te betower en met kragtige drogbeelde verlei hulle julle dag na dag en nag na nag verlei hulle julle en vul julle verstand met bose, met elke soort ondenkbare boosheid, tog kies julle en sal julle voortgaan om te kies om hierdie groot onheil en boosheid te volg, as gevolg van die korrupsie van julle dooie harte, harte wat korrup en siek geword het deur die skares bose geeste wat die huis van julle menslik liggame hul woonplek van duiwels gemaak het en heers oor die verstand van julle volk vanuit hierdie wonings, hierdie duiwelstempels binne-in julle liggame. Luister nou na My, Ek, EK IS wat EK IS, die diere van die aarde, almal van hulle wat kruip en sluip en vlieg en swem, al hierdie diere wat julle gedink het om te beheer, IS MYNE. Hulle, almal van hulle wat kruip en sluip en vlieg en swem, behoort aan My, EK IS, EK IS wat EK IS en al hierdie wesens van die aarde behoort aan My en doen My aanbieding wanneer en waar Ek hulle ookal so beveel, sal hulle My aanbieding doen. Hierdie nag Ek sê vir julle in julle aangesig en deur die duiwels wat voor julle dans in die lig van die vuur van julle demoniese danse en besweringe sê Ek aan julle, Ek, EK IS wat EK IS draai nou hierdie wesens teen julle. Nie langer sal Ek, EK IS wat EK IS toelaat dat die demone van die duisternis hulle in besit neem, om die wil van die legioene van die duisternis te doen nie. Hierdie nag sal Ek, EK IS wat EK IS volkome oor hulle heers en Ek sal hulle teen julle bose kinders van Gam draai. Hulle sal julle mislei en julle op elke moontlike manier op `n dwaalspoor bring en ‘n groot nood veroorsaak by julle om in alle geregtigheid My wil te bewerkstellig vir My volk. Julle sal hulle nie meer beheer of enige kennis of teken van hulle ontvang wat My plan en My doelwitte vir My volk onthul nie. Hierdie skepsels van My sal teen julle draai wanneer julle dit die minste verwag en sal ernstige nood in julle volk bring en hulle sal benoudheid oor julle bring en op alle moontlike middele en weë sal hulle julle benoud maak en aan julle groot skade bring. Hierdie wesens, almal van hulle wat kruip en sluip en vlieg en swem sal julle op `n dwaalweg lei en in die hande van die dood sal hulle julle lei, en julle, julle wat die mondstuk was van hierdie legioene demone aan julle volk, sal ‘n bespotting word en gehaat sal julle wees voor julle volk vir die groot en vreeslike leuens wat julle aan hulle geleer het vir baie geslagte. Hulle sal julle uitwerp en julle volkome vernietig, selfs al was julle nie van My nie. Hulle sal julle vernietig in hul woede as gevolg van die verraad wat aan hulle geopenbaar sal word deur My Heilige Gees van julle ware aard en vir al die lyding wat oor hulle sal kom as gevolg van julle deur My wesens, al My wesens, alles wat kruip en sluip en vlieg en swem, sal hulle gepynig word tot aan die tyd van die einde wanneer Ek, EK IS wat EK IS hulle beveel om teen julle te draai op die vasgestelde tyd en teen julle sal hulle draai. Vir julle, julle wat omgaan met die bose geeste van die duisternis en julle volk verraai, pasop vir die aapklou, die aapklou sal in julle drome gil en dit sal vir julle die einde van die tye gil om julle en tot aan julle dood van die ape klou gil vir julle om julle te vervloek oor al die kwaad wat julle gedoen het. Ek is wat Ek is en as dit is gepraat aan die hart van hierdie dienaar te skryf, so moet hulle teen die bose kinders van Gam wat arrogant My daag om My gesig in alles wat hulle doen, ten spyte van My baie jare van seëninge en waarskuwings vir hulle nie arrogant en mishandel hulle daag My na My gesig, Ek is dat Ek is en Ek sal nie bespot word nie!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 47 ontvang op 7 Oktober 2013

Goddelike minute is nou Goddelike sekondes

Die tyd het aangebreek, My kinders van die Huis van Israel in Suid-Afrika; Goddelike minute is nou Goddelike sekondes, tot by die tyd van vlug. Onthou die woorde, My woorde, EK IS wat EK IS wat julle sal lei en die paaie sal wys wat julle moet volg! Berei julle leiers en voogde van My volk voor en diegene wat op My woord bly wag, vanaf hierdie oomblik aan moet julle altyd in voortdurende gebed wees met My. Praat met My waar julle ookal is, Ek is langs julle om julle te lei en om julle die wysheid en die moed te gee om besluite te neem waarmee Ek julle nou sal lei om in My Naam te maak, Ek, EK IS wat EK IS en soos Ek, EK IS wat EK IS julle belowe het sedert die mensdom in hierdie wêreld begin het, sal Ek julle in alle dinge lei. Berei voor vir My bevel, berei voor om My bevel om te vlug te ontvang. Die Ramshoring het geblaas! Onthou, onthou, onthou, kyk nie regs of links nie, nie boontoe, ondertoe of agtertoe nie, kyk reguit vorentoe vir My Engele wat voorberei is om julle te lei deur die hordes wat probeer om julle pad te belemmer. Plaas julle hand op My, soos wat Jakob gedoen het, en laat julle hand wat julle in geloof op My geplaas het, nie los nie! As My Engele julle op ‘n ander manier lei as wat julle gedink het, volg hulle! Wanneer julle hierdie reis begin, wy julle huis aan My met hierdie teken, salf hulle met olie, met olie sal julle, julle huis salf sowel as almal wat saam met julle sal wees, want dit sal ‘n teken tussen My en julle wees. Bid voor hierdie salwing en na hierdie salwing en almal wat saam met julle is, moet nie ophou om te bid wanneer julle sal vlug na hierdie salwing nie! Ek sal My Heilige Gees in julle harte en gedagtes gee om julle vuriglik in gebed met My te bind. As julle gelei word om deur My Gees te sing, sing; as julle gelei word om My woorde te spreek, om die demoniese leër te beveel, spreek My woorde in daardie tye met groot gesag, wat Ek aan julle sal gee deur My Heilige Gees, spreek My woord teen hierdie demoniese geeste! En in My Naam, Ek, EK IS wat EK IS ken hierdie woorde aan julle toe wanneer hierdie hordes teen julle staan. Sê aan hulle: “In die Naam van ELOHIM, ELOHIM, ELOHIM, EK IS WAT EK IS, skepper van alle dinge, die Vader van die Vaders en die Voorvader van Voorvaders, beveel Ek julle om eenkant te staan en ons te laat deurgaan in die Naam van Sy eniggebore JaHshua, staan julle opsy! Julle wat beheer oor die swaard sal hê, het opdrag om My Dogters van Sion te beskerm, waar hulle ookal mag wees. Sommige sal in groot kampe staan, ander in klein kampe. Beskerm My dogters waarheen Ek julle ookal sal stuur en daarheen moet julle gaan! Julle sal soos wilde manne word in hierdie tye wat kom, wilde manne, troppe wolwe wanneer julle van kamp tot kamp sal gaan soos wat Ek julle sal lei. Vertoef vlugtig in hierdie plekke en wag op My woorde om julle te wys waarheen en wanneer Ek julle sal stuur na die volgende plek. Met baie slinkse planne sal julle vyande planne in werking stel om julle te vind, om julle bloot te stel en om julle te vang om julle dood te maak en sommige te dwing om die volk te verraai. Julle moet nooit lank vertoef in hierdie kampe waarheen Ek julle sal lei vir die verdediging daarvan of om julle te verfris nie. As julle langer sal vertoef as die tyd wat Ek aan julle gee, sal julle gevind word en in die hande van julle vyande oorgegee word en vele kampe sal weggedra word en in duister kettings sal hulle weggedra word, baie tot die dood en gevangenisstraf met misdade teen hulle in sulke barbaarsheid, dat dit nie beskryf kan word nie, so barbaars sal hierdie misdade teen hierdie volk wees. Onthou, Ek, EK IS wat EK IS is met julle en sal met julle wees deur middel van die vele wat Ek gestuur en voorberei het om te spreek en My woorde aan julle skryf, EK IS wat EK IS, hoor My O, My geliefde bruid, My geliefde Israel!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 46 ontvang op 5 Oktober 2013

Die vals leer –  Stad van die Filistyne

Skryf hierdie woorde aan die stad van die Filistyne. EK IS wat EK IS. Ek ken julle werke, Ek weet dat julle wandel met ‘n valse voorkoms as ‘n huis van Israel, tog dien julle Dagon en Baäl. Alhoewel julle trotse woorde spreek, wonderlik in hulle voorkoms, gevul met simboliek en obskure betekenisse om My volk te verlei, om hulle met hierdie woorde te betower en daardeur voor te gee dat julle My aanbid, tog ken Ek, EK IS wat EK IS julle werke en weet Ek wie julle dien. Julle het julleself verryk deur hierdie vele jare, – rykdomme van die volk, rykdomme van posisie, status en bekendheid en rykdomme van valse aanbidding, tog ken Ek julle werke. Ek het baie gestuur om julle te waarsku. Ek het keer op keer met julle harte gepleit en slegs as gevolg van die vurige gebede van julle broers en susters van My ware huis van Israel, het Ek My hand teruggehou. Tog weier julle My en My waar­skuwings en nou bedink julle ‘n slim, bose plan om My bood­skappers aan te val. Is julle nog steeds so blind en doof dat julle in My, EK IS wat EK IS, se krag twyfel om julle dade deur My Heilige Gees te openbaar aan My dienaars? Julle slinkse en onderduimse gewaad wat julle dra in julle vergeefse poging om My boodskappers te mislei, is aan hulle bekend en was al lankal aan hulle bekend, nog voordat julle sulke boosheid teen hulle, My uitverkorenes, bedink het. Ek, EK IS wat EK IS het hulle hart en gees voorberei om julle aanvalle te weerstaan die dag wanneer julle hulle openlik voor die volk sal aanval. Met groot woorde beplan julle om hulle, My uitverkorenes, aan te val. Ken julle nie My woord nie? Kan julle nie sien hoeveel keer Ek My volk, My profete en My boodskappers te hulp gekom het nie? Almal wat uitroep na My en My wil doen, die beskerm Ek. Onthou julle nie My woord nie? Weet julle nie dat in die tye wat My uitverkorenes aangeval word, Ek aan hulle die woorde sal gee wat hulle nodig sal hê in daardie tyd en in daardie tyd sal al die woorde waarmee julle hulle aanval, julle ware aard openbaar aan almal wat in die tyd sal kyk, sodat hulle in tye daarna sal weet wat julle gedoen het. In julle blindheid en misleiding van julle eie verbeelding vir eie gewin en krag, gee julle lering en bied My woord in geslepe valsheid aan sodat alles wat julle gespreek het, bedrieglik was. Wat julle gedoen het, het julle net vir julleself gedoen, sodat julle in hoogagting bevoordeel kon word by die volk, aanbid kon word deur hulle, want in ‘n valse aanbidding in My Naam het julle hierdie dinge gedoen om deur die volk gesien te word, sodat hulle kon sien dat julle hierdie werke gedoen het. Die woorde wat julle opgeneem het, in julle denke om My volk te mislei om te glo dat julle, met julle valse leerstellings, deur My gestuur was, hierdie einste woorde sal kom om julle te verdoem en te veroordeel in hul valsheid. Ek, EK IS wat EK IS maak nou die deur oop vir My Heilige Gees om onder die volk uit te gaan en dit sal veroorsaak dat hulle julle geskrewe woorde sal opsoek, sodat hulle, deur My Heilige Gees gelei, die valsheid van julle aangetekende woorde sal openbaar. Ek sal die gees en hart van Dawid en Simson in hulle harte in spreek. Met ‘n slingervel sal hierdie Dawids julle valse leerstellings platvee met die klippe van My woord. My baie Simsons sal met die krag van My woord in julle valse stad inkom en met die krag van My woord sal hulle die valse pilare van lering omgooi wat hierdie valse huis van Israel regop hou, hierdie stad van Filistyne, en julle stad sal val en almal van julle sal daarmee saam val, en hulle wat julle omgegooi het, sal vir julle lag en julle ondergang spot, so gruwelik sal hulle ontdek wie julle, julle werke en julle vals lering was. EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 45 ontvang op 4 Oktober 2013

Moet nie My boodskappe hoon nie

Durf julle lag vir My Ramshoring? Durf julle My Ramshoring minag en tart. Het ek nie die Ramshoring persoonlik aan julle gegee en julle lank gelede gewys hoe om dit te gebruik nie? En tog lag en spot julle My weer, Ek, EK IS wat EK IS, julle liefde­volle Vader wat julle slegs wil liefhê en beskerm, tog in julle hardnekkige, uitdagende rebellie gaan julle voort om nuwe maniere te vind om My te tart deur middel van al hierdie middele wat EK IS wat EK IS vir julle gesê het Ek na julle sal stuur, maar omdat dit nie kom soos wat julle begeer of verwag nie, spot julle daarmee en met hierdie bespotting spot julle ook vir My; nietemin hoor Ek die talle gebede van My volk wat selfs nou vir julle bid om julle harte oop te maak en soos wat Ek deur Moses gedoen het, toe hy met Farao gepraat het, so sal Ek nou aan julle doen en voortgaan om met julle harte te praat, julle, julle onder My Boere wat dink dat hulle waardiger en beter is as dié wat Ek liefdevol en versigtig gekies het om My wil te doen vir My volk. Maar tog sal Ek tot julle harte spreek met die stem van My Heilige Gees, weereens sal Ek met julle harte spreek en poog om julle wakker te maak vir My stem. Ek het My Ramshoring geblaas deur hulle wat ek gekies het, en hierdie Ramshoring is regoor die wêreld geblaas en omdat julle vir My gelag het om My Ramshoring te bespot, so ek sal nou sy klank verhoog en die getalle van diegene verhoog wat sal hoor en antwoord, om aan julle te wys dat Ek, EK IS wat EK IS is en dat Ek spreek soos wat Ek wil, en deur wie Ek ookal gekies het om te spreek, sal ek spreek. In groot getalle sal die geluid van My, ja My Ramshoring, die Ramshoring van EK IS wat EK IS gehoor word regoor die wêreld, so groot en vergroot sal dit nou word! Ek is wat EK IS, Ek sal altyd wees!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 44 ontvang op 4 Oktober 2013

Waak teen die Gamskinders in jul huise!

Klim uit jou bed uit, wagter op die muur en staan op met groot haas en waarskuwing en skryf hierdie woorde vir My volk. EK IS wat EK IS bring `n waarskuwing aan julle met hierdie woorde deur hierdie kneg. In hierdie nag bring Ek, EK IS wat EK IS ‘n groot en vreeslike waarskuwing aan julle. Die slagting sal toeneem in barbaarsheid. Versprei hierdie woord so vinnig as wat julle kan aan My hele volk, veral aan die Boer en die boere. Vertel hulle dat hulle moet waak van binne en van buite, want hul wonings word vir die dood gemerk deur die bose en slegte kinders van Gam wat hul doen en late dophou; wees veral waaksaam vir hierdie bediendes wat van die bose kinders van Gam is in julle huise en huishoudings. Groot is die boosheid onder hulle wanneer hulle die deure van julle huise en huishoudings oopsluit om julle te verraai in die hande van die wrede, bose kinders van Gam, wat selfs nou hul slagtings beplan. Versprei hierdie woord, lui die alarm voordat dit te laat sal wees vir sommige. Ek het by baie deure gedurende hierdie nag gestaan om `n waarskuwing te bring en het hierdie deure geslote gevind en nou is dit te laat vir sommige. Gaan en versprei hierdie woorde onder My volk, EK IS wat EK IS, LUISTER NA MY IN HIERDIE NAG!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 43 ontvang op 4 Oktober 2013

Die instruksie soos aan Moses

Vir diegene wat hierdie antwoord soek, diegene in hierdie huis van Israel in Suid-Afrika, vertel hulle vanuit My woord, EK IS wat EK IS; soos dit vir hulle was, so sal dit vir julle moet wees vir die tye wat kom en met hierdie wat na My kom om die werk te voltooi wat Ek, EK IS wat EK IS lank gelede met julle begin het. Volg hierdie selfde instruksies. Ek IS wat EK IS;

Exodus 18:7-27: (Boek van Herinnering)

Hier is die antwoord wat julle soek;

7 Daarop gaan Moshè uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

8 Moshè vertel toe aan sy skoonvader alles wat JaHWeH aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van JisraEl, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat JaHWeH hulle verlos het.

9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat JaHWeH aan JisraEl gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

10 Daarop sê Jetro: Geseënd is JaHWeH wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

11 Nou weet ek, groot is JaHWeH bo al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen julle.

12 Daarop het Jetro, Moshè se skoonvader, ‘n brandoffer en slagdiere [gebring] vir die Elohim. En Aäron en al die oudstes van JisraEl het gekom om saam met Moshè se skoonvader brood te eet voor die Aangesig van die Elohim.

13 En die volgende dag het Moshè gesit om Reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moshè gestaan van die môre tot die aand toe.

14 En toe Moshè se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?

15 En Moshè antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om Elohim te raadpleeg.

16 As hulle ‘n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspraak tussen volksgenote gee en die Insettinge van Elohim en Sy Wette bekend maak.

17 Maar Moshè se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.

18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.

19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en Elohim sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by die Elohim en bring jy die sake voor die Elohim,

20 en onderrig hulle in die Insettinge en die Wette, en maak hulle die Weg in haar bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.

21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat die Vrees van Elohim het, manne van Waarheid wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;

22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.

23 As jy dit doen en Elohim dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.

24 Moshè het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het –

25 Moshè het bekwame manne uit die hele JisraEl gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel – owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.

26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moshè gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.

27 Toe het Moshè sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy deel van die Aarde getrek.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 42 ontvang op 4 Oktober 2013

Belofte van talle gawes

Meer het Ek om te sê aan My beminde, My kinders, My huis van Israel, so deur die wêreld vergete. Troos hulle liggies in My Naam, EK IS wat EK IS. My liewe kinders, Ek ken die groot vrees wat baie van julle nog steeds in julle harte het. Hoe het Ek, EK IS wat EK IS julle lewende Elohim, julle Verlosser wat na julle toe gekom het as JaHshua, wat julle naby aan My hart gehou het in die grootste liefde soos wat My lewe op aarde uit My gegly het, julle gefaal? Hoe het Ek julle gefaal dat julle steeds so bang is? Weet of glo julle nog steeds nie hoeveel Ek julle liefhet en hoe naby Ek julle aan My hou nie! Weet julle dat Ek ‘n magdom gawes onder julle gestrooi het en nog steeds sien julle nie My liefde daardeur nie en deur die magdom gawes wat Ek aan julle gegee het vir hierdie en die tye wat kom om julle te herinner en om aan julle te toon dat EK IS wat EK IS en dat EK IS met JULLE is! Hierdie gawes was woorde deur sommige, visioene deur ander, gedigte en liedere en soveel meer!

Het julle nie My teenwoordigheid gevoel toe Ek langs julle gestaan het, terwyl julle soek om My wil te doen in al hierdie werke nie?

Hoe het Ek julle gefaal dat julle nog steeds bang is? Weet en glo, weet en glo dat EK IS wat EK IS, julle Vader, skepper van alle dinge MET JULLE IS! Gee elke dag oor aan My liefde, gee elke dag alles oor aan My en poog om alles te doen wat Ek julle vra om te doen, met die liefde wat Ek vir julle gee om te deel, deur middel van al hierdie werke soos wat julle gedoen het en weet dat in al hierdie dinge dit My liefdevolle hand op julle is wat julle lei om hierdie werke te doen en wanneer julle hierdie gedagtes oordink, sal julle My liefde ken en nooit weer sal julle in My twyfel nie. Open julle harte vir My en voordat julle daardie werke doen wat Ek julle gee om te doen, bid ieder en elke keer tot My, praat met My en soek My liefde in alles wat julle doen om My wil te volbring. Tot by die vasgestelde tyd sal Ek, EK IS wat EK IS steeds voortgaan om My Heilige Gees uit te stort onder julle en soos wat Ek in hierdie nag vir hierdie dienaar sê om hierdie woorde aan julle te skryf, weet dat EK IS wat EK IS My Heilige Gees in groot oorvloed onder julle sal vermeerder en daardie werke wat julle tot nou toe gesien het, sal groter word as wat julle dink My Heilige Gees in staat is om te doen, so groot sal hierdie uitstorting word en dit sal so word, sodat julle nie meer sal vrees nie, so groot is My liefde vir julle dat Ek gekies het om hierdie uitstorting van My Gees te vermeerder onder julle. EK IS wat EK IS en soos wat Ek vanaand aan hierdie hart sê met hierdie woorde, sal julle My teenwoordigheid voel wanneer julle My wil doen. EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 41 ontvang op 4 Oktober 2013

Julle oordeel my Volk wat vrolik is

Nog sal jy slaap nie, Lukaas, kneg van My volk, nog nie. Sê aan My volk, deur die woorde wat Ek jou gee om te skryf, EK IS wat EK IS en deur hierdie dienaar sal Ek My woorde spreek om aan My volk te skryf, almal daarvan, en aan wie Ek hom sal vra om te skryf, sal hy skryf sonder vraag of bekommernis, behalwe om te doen wat Ek hom vra om te doen om My wil te bereik. Skryf en vertel hulle nou en diegene wat moet kom, hulle wie My volk oordeel, hierdie huis van Israel, JA MY VOLK, MY HUIS VAN ISRAEL, HIERDIE HUIS IN SUID-AFRIKA! Durf julle nou en die tye wat kom, MY MENSE OORDEEL? JULLE wat hul ongekende lyding geïgnoreer en geminag het hierdie afgelope vele jare en nog oordeel julle hulle, omdat hulle vrolik is met wyn en sang om hul harte en siele te verlig van die verskriklike tye wat JULLE, DIE WÊRELD toegelaat het en steeds toelaat om met hulle gebeur? Hierdie huis van Israel staan op die rand van vernietiging en julle oordeel hulle omdat hulle vrolik is? Hoe en met watter maat durf julle om hulle selfs te begin oordeel, hulle wat slegs Goddelike minute vanaf die dood is? Nee, Ek sê vir julle en Ek sê dit in julle aangesig vir julle, die EK IS, en Ek sê vir julle dat met dieselfde oordeel, dieselfde maatstaf wat julle gebruik om My volk te oordeel, dat Ek My verlustig daarin dat julle so geoordeel sal word! Hoeveel keer het Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS nie vir julle gesê dat die OORDEEL MYNE is nie! EK SAL VERGELD! EK VIND VREUGDE DAARIN aan hulle wat deur al hul ellende vrolik is in die aangesig van Satan! Ten spyte van die vloeke van die wêreld teen hulle, ten spyte van die onuitspreeklike misdade wat teen hulle gepleeg is, hou hulle nog steeds vas aan My, en selfs wanneer hulle vrolik is, onthou hulle My. EK IS wat EK IS en EK IS wat EK IS sal die werk voltooi wat Ek begin het met hierdie uitverkorenes van My, Ek sal hierdie werk voltooi, en Ek sal hulle verfyn, meer as die suiwerste goud sal Ek hulle verfyn en Ek sal dit doen soos wat Ek dit nog altyd gedoen het, in liefde, genade en geduld. Gaan oordeel julleself en gaan vanuit My teenwoordigheid, julle valse regters deur Satan gestuur, dieselfdes wat My kneg Job versoek het en nou My Volk van Job versoek! Niks meer het Ek vir jou te sê vanaand nie. EK IS wat EK IS, ja, EK IS wat EK IS het nie die oordele van My geskape mens nodig om My werk te volbring nie!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 40 ontvang op 2 Oktober 2013

Toetse en beproewings op julle pad

Praat met die leiers van My volk, die huis van Israel in die huis van Suid-Afrika, praat sagkens met hulle en met My sagtheid soos ‘n Vader wat sy pasgebore baba vir die eerste keer vashou en spreek met hulle. Ek, EK IS wat EK IS, ja EK! EK IS het julle gebede verhoor! Ek weet dat baie van julle gedink het dat Ek julle sal verwyder as leiers. Julle is leiers van My volk, want Ek het julle uitverkies, julle wat nou tot My bid en My wil soek. Hulle wat dit nie doen nie, sal verwyder word, soos wat Ek deur ander woorde gespreek het as hulle My nie soek nie. Ek het julle gebede tot My gehoor en soos wat julle na My uitgereik het, so reik Ek reeds uit te na julle. Gaan voort om uit te reik na My. Ek ken julle pyn, Ek ken julle woede, Ek ken julle bitterheid soos dit eens met My was, toe Satan en sy demoniese engele met groot krag uit die hemel uitgegooi was. EK WEET! Gee dit alles vir My. Dit is deur hierdie duister emosies hoe Satan julle gyselaar gehou het en julle gedagtes verblind het vir alles wat Ek voorberei het vir julle om te doen, julle, die voogde van My volk in hierdie tyd en in die tye wat kom. Die reis wat voor julle lê, lê voor julle met vele paaie wat julle geloof en vertroue in My sal toets. Vrees nie en wees nie ontstel nie. Dit is om julle te toets en te verfyn Ek, EK IS wat EK IS is reeds op hierdie vele paaie, wat almal na My lei, om julle te lei en julle binne My woord en My waarheid te hou. Reik uit na My en julle sal My reeds daar vind! Dink aan My in alle dinge en roep na My in alle dinge en Ek sal julle die antwoorde gee op die wyse waarop julle reeds opdrag gegee is. Onthou hierdie woorde. Waar julle ookal sal moet gaan op die paaie wat voorlê, maak nie saak van die gevare, toetse en beproewings nie, EK IS wat EK IS is reeds daar met die antwoorde wat julle nodig sal hê gedurende hierdie tye wat julle dit nodig sal hê en Ek sal daar wees.

Matthëùs 20:25-28:

20.25: Maar JaHWeshua het hulle na Hom geroep en gesê. Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die magtiges oor hulle gesag uitoefen;

20.26: maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

20.27: En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

20.28: net soos die Seun van die Adam nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy Siel te gee as `n losprys vir baie.

Soos wat julle julle voor My verootmoedig het om ander te dien en om My woorde te ontvang deur die wat Ek gestuur het en sal stuur, sal Ek nou alles ten volle oopmaak wat Ek vir julle het! Gaan voort om julle harte vir My oop te maak en berei voor om groot wysheid, moed en krag te ontvang wat Ek voorbeskik het voordat hierdie wêreld geskape was, vir julle take wat voorlê. Dit is van die baie seëninge wat EK vir julle voorberei het, vir die verantwoordelikheid wat julle vir My kinders dra, en julle het nou begin om die belangrikheid daarvan te in te sien en te verstaan soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle getoon het deur My Heilige Gees wat alles onthul aan aan die harte van die mens, aan diegene wat My soek in alle nederigheid, vertroue en gehoor­saamheid aan My woord. ‘n Klag wat Ek aan julle gee vir hierdie Sabbat en alle Sabbatte tot by die tyd van die einde. En hierdie aanklag is dat julle sal onthou om My te loof en om My te prys vir hierdie woorde as bewys en voorkennis van wat gaan kom vir julle, My leiers! Onthou altyd, EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 39 ontvang op 2 Oktober 2013

Waarskuwings aan die Dogter van Sion

Dogter van Sion, onthou jy nog altyd die doring wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS diep in jou geplaas het om jou te herinner van My liefde vir jou en jou liefde vir My. Onthou Dogter van Sion, is daar geen ding in die skepping wat sy eie wil doen nie. Geen ding gebeur sonder My toestemming of voorkennis nie, alhoewel sommige nog steeds dink dat boosheid sy eie wil het. Alles is myne en dien My wil. Weet dit nou en vertel die kinders van Sion om voor te berei, want Ek gaan ‘n sluis oopmaak na julle woning. Hierdie sluis sal mense wees uit baie nasies en tale, sommige om by julle te woon en sommige om julle te seën deur middel van hul vaardighede en kennis en sommige om My woord aan julle te bring. Berei voor vir diegene wat kom om saam met julle te woon deur gebed, lofprysing, sang en smekinge aan My. Ek het ‘n deur oopgemaak tussen My en julle vir hierdie voortdurende gebede, lofprysing, liedere en smekinge en deur die Naam van JaHshua moet julle dit aanbied. Weet dat baie sal kom om saam met julle te woon en weet dat Ek, EK IS wat EK IS, sal omsien na julle behoeftes, en al julle behoeftes wat julle sal benodig in die land, sal Ek vir julle vind en julle wys en hulle na julle stuur om julle te seën met hierdie behoeftes. Gaan voort om hierdie behoeftes in My Naam te soek, deur die naam van JaHshua, en julle sal alles vind wat julle nodig het, afgesien van dit wat Ek vir julle stuur. Dogter van Sion, julle is gewaarsku oor die geeste van duisternis wat aan julle valse woorde sal bring, soek diegene onder julle uit wie se geestelike onderskeiding bekend is en dit is van My om hierdie woorde te onderskei en onthou, soek My waarheid, selfs van die bose woorde, want Ek, EK IS wat EK IS sal hulle bose woorde verwar en terwyl hulle nog dink dat hulle julle listig mislei, sal julle My woorde sien en My woorde sal waarheid bring en hierdie valse en bose boodskappers van Satan ontbloot. Vrees hulle nie en ook moet julle geen gedagte hê oor waar en wanneer nie. Ek het vir julle die skild van geloof gegee en in hierdie skild, My woord en in hierdie skild, My verweer.

Wees vol vreugde Dogter van Sion, want Ek begin net My werk in julle! Sê ook aan die volk Sion, MY KINDERS, kinders van Elohim, hierdie huis van Israel. Dink nie daaraan om julleself te verbeter deur julle eie wil nie, want deur dit te doen, sal julle misluk en dit sal net ontsteltenis vir julle bring. Wees eerder wie julle is, want Ek is lief vir julle net soos wat julle is. Onthou kinders, Ek het julle geken nog voor julle gebore is en dit is My wil dat julle bly soos wat julle is! Daardie sondes wat woon in julle harte en daardie aksies wat is sondig is en julle grief, GEE DIT VIR MY, en Ek sal julle harte genees, Ek sal die sonde genees binne en buite julle liggame. Kom na My toe, net soos wat julle is en weet hoe baie lief Ek julle het! Ek, EK IS wat EK IS ken die diep geheime van julle harte en baie wat julle nog privaat koester. Nooi My in die donker plekke van julle harte in wat Ek alreeds kan sien, nooi My in soos wat Ek julle wys met ieder en elke een van hulle. Moenie bang wees om My te nooi nie. Ek vra dat julle My innooi om julle te wys dat selfs in die donkerste dele van julle harte, Ek julle nog steeds liefhet! Wanneer julle My hierdie donker plekke sal wys en My innooi, dan weet Ek dat julle begeerte waar is om weg te draai vanuit hierdie donker plekke en My werk in julle lewens om julle te transformeer, kan begin. Begin nou om My binne te nooi en Ek sal begin om hierdie donker plekke in julle harte te genees. As julle val, soek My weer en weer, 77 x7 het Ek gesê dat Ek julle sal vergewe en julle elke keer sal terug ontvang, wanneer julle berou het. Onthou, ja onthou, EK IS!