Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 40 ontvang op 2 Oktober 2013

Toetse en beproewings op julle pad

Praat met die leiers van My volk, die huis van Israel in die huis van Suid-Afrika, praat sagkens met hulle en met My sagtheid soos ‘n Vader wat sy pasgebore baba vir die eerste keer vashou en spreek met hulle. Ek, EK IS wat EK IS, ja EK! EK IS het julle gebede verhoor! Ek weet dat baie van julle gedink het dat Ek julle sal verwyder as leiers. Julle is leiers van My volk, want Ek het julle uitverkies, julle wat nou tot My bid en My wil soek. Hulle wat dit nie doen nie, sal verwyder word, soos wat Ek deur ander woorde gespreek het as hulle My nie soek nie. Ek het julle gebede tot My gehoor en soos wat julle na My uitgereik het, so reik Ek reeds uit te na julle. Gaan voort om uit te reik na My. Ek ken julle pyn, Ek ken julle woede, Ek ken julle bitterheid soos dit eens met My was, toe Satan en sy demoniese engele met groot krag uit die hemel uitgegooi was. EK WEET! Gee dit alles vir My. Dit is deur hierdie duister emosies hoe Satan julle gyselaar gehou het en julle gedagtes verblind het vir alles wat Ek voorberei het vir julle om te doen, julle, die voogde van My volk in hierdie tyd en in die tye wat kom. Die reis wat voor julle lê, lê voor julle met vele paaie wat julle geloof en vertroue in My sal toets. Vrees nie en wees nie ontstel nie. Dit is om julle te toets en te verfyn Ek, EK IS wat EK IS is reeds op hierdie vele paaie, wat almal na My lei, om julle te lei en julle binne My woord en My waarheid te hou. Reik uit na My en julle sal My reeds daar vind! Dink aan My in alle dinge en roep na My in alle dinge en Ek sal julle die antwoorde gee op die wyse waarop julle reeds opdrag gegee is. Onthou hierdie woorde. Waar julle ookal sal moet gaan op die paaie wat voorlê, maak nie saak van die gevare, toetse en beproewings nie, EK IS wat EK IS is reeds daar met die antwoorde wat julle nodig sal hê gedurende hierdie tye wat julle dit nodig sal hê en Ek sal daar wees.

Matthëùs 20:25-28:

20.25: Maar JaHWeshua het hulle na Hom geroep en gesê. Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die magtiges oor hulle gesag uitoefen;

20.26: maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

20.27: En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

20.28: net soos die Seun van die Adam nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy Siel te gee as `n losprys vir baie.

Soos wat julle julle voor My verootmoedig het om ander te dien en om My woorde te ontvang deur die wat Ek gestuur het en sal stuur, sal Ek nou alles ten volle oopmaak wat Ek vir julle het! Gaan voort om julle harte vir My oop te maak en berei voor om groot wysheid, moed en krag te ontvang wat Ek voorbeskik het voordat hierdie wêreld geskape was, vir julle take wat voorlê. Dit is van die baie seëninge wat EK vir julle voorberei het, vir die verantwoordelikheid wat julle vir My kinders dra, en julle het nou begin om die belangrikheid daarvan te in te sien en te verstaan soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle getoon het deur My Heilige Gees wat alles onthul aan aan die harte van die mens, aan diegene wat My soek in alle nederigheid, vertroue en gehoor­saamheid aan My woord. ‘n Klag wat Ek aan julle gee vir hierdie Sabbat en alle Sabbatte tot by die tyd van die einde. En hierdie aanklag is dat julle sal onthou om My te loof en om My te prys vir hierdie woorde as bewys en voorkennis van wat gaan kom vir julle, My leiers! Onthou altyd, EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 39 ontvang op 2 Oktober 2013

Waarskuwings aan die Dogter van Sion

Dogter van Sion, onthou jy nog altyd die doring wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS diep in jou geplaas het om jou te herinner van My liefde vir jou en jou liefde vir My. Onthou Dogter van Sion, is daar geen ding in die skepping wat sy eie wil doen nie. Geen ding gebeur sonder My toestemming of voorkennis nie, alhoewel sommige nog steeds dink dat boosheid sy eie wil het. Alles is myne en dien My wil. Weet dit nou en vertel die kinders van Sion om voor te berei, want Ek gaan ‘n sluis oopmaak na julle woning. Hierdie sluis sal mense wees uit baie nasies en tale, sommige om by julle te woon en sommige om julle te seën deur middel van hul vaardighede en kennis en sommige om My woord aan julle te bring. Berei voor vir diegene wat kom om saam met julle te woon deur gebed, lofprysing, sang en smekinge aan My. Ek het ‘n deur oopgemaak tussen My en julle vir hierdie voortdurende gebede, lofprysing, liedere en smekinge en deur die Naam van JaHshua moet julle dit aanbied. Weet dat baie sal kom om saam met julle te woon en weet dat Ek, EK IS wat EK IS, sal omsien na julle behoeftes, en al julle behoeftes wat julle sal benodig in die land, sal Ek vir julle vind en julle wys en hulle na julle stuur om julle te seën met hierdie behoeftes. Gaan voort om hierdie behoeftes in My Naam te soek, deur die naam van JaHshua, en julle sal alles vind wat julle nodig het, afgesien van dit wat Ek vir julle stuur. Dogter van Sion, julle is gewaarsku oor die geeste van duisternis wat aan julle valse woorde sal bring, soek diegene onder julle uit wie se geestelike onderskeiding bekend is en dit is van My om hierdie woorde te onderskei en onthou, soek My waarheid, selfs van die bose woorde, want Ek, EK IS wat EK IS sal hulle bose woorde verwar en terwyl hulle nog dink dat hulle julle listig mislei, sal julle My woorde sien en My woorde sal waarheid bring en hierdie valse en bose boodskappers van Satan ontbloot. Vrees hulle nie en ook moet julle geen gedagte hê oor waar en wanneer nie. Ek het vir julle die skild van geloof gegee en in hierdie skild, My woord en in hierdie skild, My verweer.

Wees vol vreugde Dogter van Sion, want Ek begin net My werk in julle! Sê ook aan die volk Sion, MY KINDERS, kinders van Elohim, hierdie huis van Israel. Dink nie daaraan om julleself te verbeter deur julle eie wil nie, want deur dit te doen, sal julle misluk en dit sal net ontsteltenis vir julle bring. Wees eerder wie julle is, want Ek is lief vir julle net soos wat julle is. Onthou kinders, Ek het julle geken nog voor julle gebore is en dit is My wil dat julle bly soos wat julle is! Daardie sondes wat woon in julle harte en daardie aksies wat is sondig is en julle grief, GEE DIT VIR MY, en Ek sal julle harte genees, Ek sal die sonde genees binne en buite julle liggame. Kom na My toe, net soos wat julle is en weet hoe baie lief Ek julle het! Ek, EK IS wat EK IS ken die diep geheime van julle harte en baie wat julle nog privaat koester. Nooi My in die donker plekke van julle harte in wat Ek alreeds kan sien, nooi My in soos wat Ek julle wys met ieder en elke een van hulle. Moenie bang wees om My te nooi nie. Ek vra dat julle My innooi om julle te wys dat selfs in die donkerste dele van julle harte, Ek julle nog steeds liefhet! Wanneer julle My hierdie donker plekke sal wys en My innooi, dan weet Ek dat julle begeerte waar is om weg te draai vanuit hierdie donker plekke en My werk in julle lewens om julle te transformeer, kan begin. Begin nou om My binne te nooi en Ek sal begin om hierdie donker plekke in julle harte te genees. As julle val, soek My weer en weer, 77 x7 het Ek gesê dat Ek julle sal vergewe en julle elke keer sal terug ontvang, wanneer julle berou het. Onthou, ja onthou, EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 38 ontvang op 2 Oktober 2013

Die uitstorting van Elohim se Gees

Soos wat Ek, EK IS wat EK IS in hierdie dag vir julle gesê het, Ek giet nou My Gees uit oor die mensdom en My volk en My Dogter van Sion, wat in nederigheid en in liefde na My uitroep en wat ‘n doring dra, ‘n diep doring om haar vir ewig te herinner van My liefde en My ootmoed vir haar om met almal te deel wat Ek gestuur het om met haar te deel. Vertel hulle van My woorde Lukaas, vertel hulle dat jy getuienis is van die woorde wat Ek aan jou gee om te skryf, en so skryf jy die woorde wat Ek IS wat EK IS aan jou gee om te skryf. Vertel hulle dat baie spreek en skryf soos wat Ek hulle rig om te spreek en skryf en hulle spreek en skryf in ooreenstemming met My geskrewe woord, in ordentlik­heid en binne orde en altyd in liefde, onbaatsugtige liefde en in die liefde vir My volk en die liefde vir My waarheid en kennis het hulle alles gedoen wat Ek gevra het om te doen. Nou vertel hulle hierdie waarheid van hierdie openbaring. Daar is meer as die woorde wat woord vir woord uitkom, JA, VERTEL HULLE wat Ek jou vandag gewys het, omdat baie My woorde om te bely gehoor het en baie soek na My Heilige Gees om hulle oë, hulle harte en hul verstand te open vir hierdie openbaring wat sommige alreeds ken. Ek, EK IS wat EK IS maak selfs nou hulle gedagtes oop om hierdie woorde te ontvang en sal ook die gedagtes oopmaak van diegene wat nog sal kom vir hierdie openbaring. Vertel hulle, EK IS dat EK IS het meer as die enkele woorde om aan hulle te gee soos wat Ek dit woord vir woord aan jou gegee het. Agter die geskrewe woord is goddelike kennis en goddelike woorde, nie enkelwoorde nie, maar hele volumes van woorde van groot begrip, wysheid, kennis en soveel meer wat Ek sal ingiet in diegene wie se verstand voorberei is deur My Heilige Gees om hierdie hele volumes van woorde te ontvang, dan sal Ek, EK IS wat EK IS dit ingiet in hul verstand. ‘n Vloed van woorde, alles op een slag, soos wat Ek gesê het, sal Ek uitgiet in hulle verstand en hulle sal hele volumes van kennis, waarheid, wysheid en begrip alles op een slag verstaan! Vir sommige, binne ‘n oomblik, sal Ek hul gedagtes vul en Ek sal hulle gedagtes, diegene wat dit sal kan ontvang, met hierdie hele volumes van woorde vul, alles op een slag soos wat Ek gesê het. Vir ander sal hierdie selfde volumes, ‘n bietjie hier en ‘n bietjie daar gegee word, sodat My werk deur al hierdie wat die enkele woorde en die hele volumes van woorde ontvang om aan My volk te spreek en skryf, aan hulleself en aan die wêreld kan toon dat Ek, EK IS wat EK IS is en dat Ek spreek en skryf op enige manier wat Ek kies om aan die mensdom te gee en ja, in die hele volumes van woorde sal Ek tot die mensdom spreek wat gehoorsaam is, want die tyd is kort voordat hierdie tye Suid-Afrika en My huis van Israel sal oorval en ook vir die hele wêreld vir die laaste keer wanneer Ek terugkeer as JaHshua. Vertel hulle dat My woorde nooit leeg na My terugkeer nie en dat My woord deur al hierdie middele My wil sal bereik, selfs al kan sommige as kwaad voorkom. Dit is My wil om die kaf te skei van die koring en aan die wêreld te wys dat die bose My dien en nooit sal My woord die magte van die duisternis dien nie, al mag dit soms so lyk. In die volheid van die tyd sal My wil, die wil van EK IS wat EK IS ten volle verstaan word en dit sal ten volle verstaan word dat alle dinge My wil dien en dat alles myne is om te doen, soos wat Ek kies om te doen om My wil te volbring . Daar is baie meer om te kom Lukaas, en nie net deur jou nie, maar deur ander wat al weet en ander wat Ek sal roep in die tye wat Ek hul sal roep. Aan elkeen van julle wat Ek gestuur het om My woorde te spreek en te skryf en aan almal van julle wat Ek sal opwek wanneer Ek julle sal opwek, verklaar die EK IS; gee alles aan My oor en vergeet julleself, dan sal julle vir My My vaartuie word om My woorde aan die mensdom en aan My volk te gee in hierdie tye, asook in die tye wat moet kom. Berei voor om alles wat julle het en alles wat julle is, oor te gee, in die komende verlies van wie julle is, sodat My woord vervolmaak kan word in almal van julle en in almal van julle sal My werk dan vervolmaak word in perfekte orde en harmonie. Soek slegs My wil vir julle in die werk wat Ek aan julle gee om te doen en dink nie aan die ander werke wat Ek gee aan ander, sodat julle nie daardie werke oordeel of vergelyk met julle eie nie. Ontvang slegs dit en in dit wat Ek julle gee om te doen, doen dit. Ander sal My waarheid onderskei. Dit moet so wees, sodat My woorde aan jou wat Ek jou beveel het om te spreek en te skryf, suiwer en onaangeraak sal bly deur ander, in wat hulle dalk vir jou kan sê of diegene wat aan daardie wat van die bose een gestuur is om julle monde stil te maak of julle hand te keer om My woorde te speek, Ek IS wat EK IS.

In al hierdie dinge moet julle naamloos van gees word, sodat alle eer by My kan bly en as julle doen wat Ek, EK IS wat EK IS julle vra om te doen in hierdie vergeet van jouself, sal Ek julle My ootmoed gee en julle spaar van die arrogansie van ander wat geval het deur hoogmoed. Onthou, EK IS wat EK IS en soos wat julle vertel is deur die profete, sal die wêreld My sien soos wat hulle My in die dae van die ouds gesien het en hulle sal weet EK IS wat EK IS. EK IS wat EK IS en Ek leef soos wat Ek nog altyd geleef het van die begin tot die einde, wat weer die begin is, EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 37 ontvang op 2 Oktober 2013

Gee alles oor aan Vader

Skryf Lukaas, skryf. Luister na My, LUISTER NA MY, luister na My deur My Heilige Gees wat met julle harte spreek soos wat julle hierdie woorde lees. LUISTER NA MY, LUISTER NA MY STEM, die stem van die ewighede van die ewighede af, LUISTER NA MY. Sê aan My:

“Vader, Ek bely my arrogansie, Vader, ek bely my nietighede, Vader, ek bely al my verontwaardiging, vir al hierdie bely ek en vra ek om vergifnis. Vader, Ek gee alles wat ek is oor, ek gee my wil aan U wil oor en ek gee oor aan U liefde. Vader, maak my hart oop om U Heilige Gees te ontvang, maak my hart oop om U woorde te hoor deur elkeen wat U stuur en op enige wyse wat U stuur, open my hart dat ek kan sien en nie met die oë van ‘n mens nie, maar met die oë van U Heilige Gees wat alles sien en alles weet, tot die diepste geheime van die mens se hart. Maak hierdie oë oop en maak hierdie ore oop van U Heilige Gees binne my, sodat ek U en U wil kan dien in alles wat U my vra om te doen, vir U wil vir U volk.”

Sê vir hulle Lukaas, dat indien hulle net alles sal oorgee aan My, Ek, EK IS wat EK IS, Ek, ja, sal die EK IS doen soos wat Ek belowe het voordat tyd begin het. Ek sal hul harte open en met groot trane van blydskap sal hulle My Heilige Gees ontvang en op daardie oomblik wat hulle hul waarlik aan My sal oorgee, sal EK IS, Ek sal hul harte open en dit vul met My teenwoordigheid. Hulle sal weet EK IS. My kinders, ontvang My op hierdie dag, sodat Ek deur julle die baie werk vir My volk kan doen op die wyse wat Ek aan elkeen van julle sal wys vir die doel wat Ek julle sal wys om te doen.

Onthou dat Ek julle vertel het deur My woord, dat in hierdie, die eindtye, Ek My Heilige Gees sal uitstort oor die mensdom. Ek het begin om hierdie werk te doen en My Heilige Gees word uitgestort op die mensdom en meer so as ooit tevore, in My laaste desperate pleidooi aan My kinders, My volk, om hulle te red van hul verkeerde weë, voordat die tyd van oordeel moet kom! In daardie dae en in daardie tyd, het Ek julle ook gewaarsku dat, nadat Ek My volk verseël het, My Heilige Gees onttrek sal word uit die mensdom en die poort tot redding vir ewig sal sluit. Nou, nou is dit die tyd om My op te soek, nou is dit die tyd om alles aan My oor te gee, sodat My woord vervul en vervolmaak kan word in die verlostes van die mensdom, om in staat wees om te staan in hierdie allerboosste tye, teen al die magte van die duisternis wat probeer om julle op elke moontlike manier dood te maak, fisies en geestelik en deur ander, beide van hierdie wêreld en van die koninkryk van die duisternis, wat poog om julle te vernietig!

Psalm 91

HY wat in die skuilplek van die Hoogste El sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

.91.2 Ek sal tot JaHWeH se: My toevlug en My bergvesting, My Elohey op wie Ek vertrou.

91.3 Want dit is Hy wat U sal red uit die net van die voelvanger, van die verderflike pes.

91.4 Hy sal U dek met Sy Vlerke, en onder Sy Vleuels sal U skuil; Sy Waarheid is U Skild en Pantser.

91.5 U hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

91.6 ir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

91.7 Al val daar duisend aan U sy en tienduisend aan U regterhand – na U sal dit nie aankom nie.

91.8 Net met u oe sal U dit aanskou en die vergelding van die besoedelde sien.

91.9 Want U, JaHWeH, is My toevlug. Die Hoogste El het U U beskutting gemaak.

91.10 Geen besoedeling sal U tref en geen plaag naby U Tent kom nie;

91.11 want Hy sal Sy Boodskappers aangaande U bevel gee om U te bewaar op al U wee.

91.12 Hulle sal U op die handpalms dra, sodat U U voet teen geen klip stamp nie.

91.13 Op die leeu en die adder sal U trap, die jong leeu en die Draak vertrap.

91.14 Omdat Hy My liefhet, daarom sal Ek Hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat Hy My Naam ken.

.91.15 Hy sal My aanroep, en Ek sal Hom verhoor; in die nood sal Ek by Hom wees; Ek sal Hom uitred en Eer aan Hom gee.

91.16 Met lengte van dae sal Ek Hom versadig, en Ek sal Hom My Verlossing laat sien.

Vandag, My kinders, vandag, hierdie oomblik, ontvang My Heilige Gees en laat My, EK IS, woon in julle hart!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 36 ontvang op 2 Oktober 2013

Die Woorde sal vermeerder

Skryf Lukaas, skryf, EK IS ja, EK IS wat EK IS sal vandag ‘n raaisel aan julle toon. ‘n Geheim wat diegene met wysheid sal verstaan. Ek, EK IS wat EK IS het julle gesê dat Ek My woorde sal vermeerder deur hierdie dienaar Lukaas en vermeerder sal Ek, maar nie op wyses waarop julle dink nie. Dikwels het Ek met julle gespreek deur hierdie woorde wat EK deur hierdie dienaar gegee het om te te skryf en dikwels het julle dit gelees. Ander het dit gelees en deur die woorde in die wysheid ingesien wat EK IS wat EK IS weggesteek het binne-in hierdie woorde en slegs deur ‘n oop hart vir My Heilige Gees sal julle ooit in staat wees om hierdie wysheid in te sien.

Lewer My geskrewe woord aan hulle, Lukaas;

Spreuke 1:22-33

1.22        Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase Kennis haat?

.1.23      Wend julle tot My Teregwysing, dan laat Ek My Gees vir julle uitstroom, wil Ek My woorde aan julle bekend maak.

.1.24      Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek My Hand uitgestrek en niemand geluister het nie,

.1.25      en julle al My Raad nie opgevolg en van My Teregwysing nie wou geweet het nie,

.1.26      daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle verskrikking kom;

1.27        as julle verskrikking kom soos `n onweer, en julle ondergang soos `n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.

Spreuke.1.28      Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.

.1.29      Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie,

1.30        van My Raad nie wou weet nie, My Teregwysing verag het,

1.31        daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.

.1.32      Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;

.1.33      maar die wat na My luister, sal veilig woon en gerus wees teen die vrese van besoedeling.

Soos wat julle al deur hierdie dienaar en vele ander gewaarsku is, tensy julle berou het en My en My waarheid soek, deur watter maniere Ek ookal kies om dit aan julle te stuur, dan sal hierdie woorde van My geskrewe woord in vervulling gaan.

Spreuke.1.28      Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie.

In daardie dae en in daardie tyd sal My Heilige Gees julle harte verlaat en met groot erns sal julle My soek en My nie vind nie. Selfs My woorde sal hul betekenis in julle harte verloor soos wat hulle (die harte) kouer as die koudste ys sal word en verhard sal hulle word vir My, en My woord, EK IS.

Spreuke.1.29      Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie,

Vertel hulle weer van My pleidooie aan hul harte, ja MY PLEIDOOIE, die EK IS wat EK IS pleit met hul harte om berou te hê en open julle harte vir My in vertroue en in liefde, sodat Ek hulle kan vul met Goddelike waarheid, Goddelike waarheid wat Ek so graag aan hulle wil gee en wat Ek soveel moes terughou, want hulle harte is gevul met hul eie nietighede. Open julle harte vir My sodat Ek julle kan vul met hierdie woorde wat Ek vir julle het! Ek wil hulle spreek en skryf onder julle eie volk deur julle eie volk, maar as julle nie gehoor wil gee nie, as julle My nie soek nie, as julle julle nie sal verneder in julle arrogansie en nietighede nie, dan, sowaar as Ek leef en asemhaal, sal al hierdie werk gegee word aan ander van ander volke en nasies om aan My volk te doen, wat julle in julle nydigheid weier om te doen. Ek hoor jou, Lukaas, Ek hoor jou bid en vra dat dit nie so moet wees nie en dat dit te veel is vir My volk, vir die Boere om te dra, as alles aan ander gegee moet word om te doen. Ek hoor jou en stem in om nog meer onder die Boere op te wek om te deel in hierdie werk. Ek, EK IS wat EK IS, sal die krag van My Heilige Gees selfs weer verhoog in hierdie verharde harte. En weer sal Ek My Heilige Gees in hulle harte verhoog, want dit is My wil dat baie moet deel in hierdie werk. Dit is My wil dat al My boodskappers My vertrou om hierdie werk te vervolmaak onder almal van julle, sodat in alle dinge, My woorde deur almal van julle in volmaakte orde en harmonie sal wees en dat die hele wêreld sal kan sien en weet, EK IS wat EK IS en dat deur My, My werk vervolmaak sal word onder My baie volke van ander nasies wat met een stem van die woorde van EK IS spreek en skryf.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 35 ontvang op 30 September 2013

Nog `n boodskap aan die goeie kinders van Gam

Aan MY, ja MY GOEIE KINDERS VAN GAM, MY KINDERS! Luister na My woorde soos gespreek deur die hart van hierdie dienaar, My kneg wat My gehoorsaam in alles wat Ek hom vra om te doen, luister na My woorde, luister na hulle wat Ek nou vir hom gee om vir julle te skryf.

Kinders van Gam, die hand van Elohim is op my soos wat ek hierdie woorde aan julle skryf, Elohim is met my en toon my die groot liefde wat Hy vir julle almal het wat probeer om Sy wil te doen en te doen wat reg is in Sy oë. Dit is ‘n groot en magtige liefde wat My tot trane bring, so groot is Sy liefde vir julle in alles wat julle doen vir sy huis van Israel in die land Suid-Afrika. Hy ken julle werke, Hy weet dat julle reg doen in Sy oë en hy weet hoe julle wil en van plan is om sy volk, die huis van Israel, in hierdie land te help.

Luister na hierdie dienaar, goeie kinders van Gam, Ek, EK IS wat EK IS het hom hierdie woorde gestuur om aan julle te skryf en om julle te herinner dat julle nie deur My vergeet is nie, Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge! Ek sal julle onthou in die tye wat kom en in die tye wat kom, sal Ek, EK IS wat EK IS met julle wees en julle harte voorberei in alles wat julle sal doen en soos wat Ek vele kere vir julle gesê het, groot is die seëninge wat Ek, EK IS wat EK IS gereed gemaak het vir julle. Onthou hierdie dinge, goeie kinders van Gam en hulle onder julle wat hierdie woorde van My lees deur hierdie dienaar, Lukaas, neem hierdie woorde na julle volk, sodat hulle alles kan weet wat Ek op hierdie dag deur My kneg Lukaas gespreek het. Ek het dit in sy hart geplaas om hierdie woorde in te sluit vir julle om in julle taal te skryf en om hierdie woorde tot My gedagtenis te sing, nou en vir die tye wat kom, moet julle hierdie woorde vir My sing;

Swahili;

Baba Yetu

Baba yetu, Yetu uliye

Mbinguni yetu, Yetu amina!

Baba yetu Yetu uliye

Jina lako e litukuzwe.

Utupe leo chakula chetu

Tunachohitaji utusamehe

Makosa yetu, hey!

Kama nasi tunavyowasamehe

Waliotukosea usitutie

Katika majaribu, lakini

Utuokoe, na yule, muovu e milele!

Ufalme wako ufike utakalo

Lifanyike duniani kama mbinguni. Amina.

 

Our Father

Our Father, who art

in Heaven. Amen!

Our Father,

Hallowed be thy name.

Give us this day our daily bread,

Forgive us of

our trespasses

As we forgive others

Who trespass against us

Lead us not into temptation, but

deliver us from the evil one forever.

Thy kingdom come, thy will be done

On Earth as it is in Heaven. Amen.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 34 ontvang op 29 September 2013

My Dogter, julle het My kneg ontvang

Hoor julle, julle sal My nou hoor, o huis van Israel en almal wat sal terugkeer na hierdie huis, hierdie huis van Israel in MY SUID-AFRIKA! Steeds veroordeel julle My kneg! Steeds vervloek julle sy naam! Steeds onteer julle My woord, MY WOORD EN MY WOORDE. Bly stil Lukaas, bly stil in nederige stilte vir ‘n tyd gedurende hierdie nag, want Ek is toornig op diegene wat jou so vervloek, ten spyte van al My pleidooie aan hulle harte deur My Heilige Gees wat hulle dag en nag grief deur hul veroordelings van jou. Meer woorde sal kom, Ek het jou gebede verhoor soos wat jy bid terwyl Ek met jou spreek en op dieselfde tyd en dieselfde oomblik hoor Ek jou gebede en verhoor hulle, maar Ek sal My hand terughou teen diegene wat jou so vervloek en ook sal Ek My toorn weerhou van hulle vir ‘n tyd. Ek hoor jou gebede en jou pleitstukke om My hand terug te hou en om hulle nog meer tyd toe te laat om na My woorde te luister, die woorde wat Ek, EK IS wat EK IS in jou hart plaas om aan My volk te skryf. Ja, Lukaas, die antwoord is ja, Ek sal My hand terughou. Skryf nou, want My toorn het bedaar. Vertel hulle, hulle wat jou vervloek, Ek sal My woorde aan My volk vermeerder deur jou en meer nog as wat Ek eers oorweeg het. Ek het bevind dat jy aan My getrou is in alles wat Ek jou vra om te doen en alles wat Ek jou gevra het om te doen, was in perfekte orde, sodat hulle met hul oë en harte My woorde kon sien. Nou sal Ek My woorde vermeerder deur jou, getroue dienaar, want jy het in hierdie nag aan My gesê, toe jy na My uitgeroep het, en Ek alles bevestig het wat Ek van jou sou vra om te doen, selfs dit wat steeds vir jou onbekend is, jy ingestem het om My wil te doen. Daarom sal Ek nou My woorde deur jou vermeerder. Hierdie woorde, hierdie woorde wat teruggehou is, want diegene aan wie Ek hulle in die verlede oorgedra het, wou dit nie vir My spreek of skryf nie, want hulle was bang vir die oordeel van die mens en die wat saam met hulle was. Ek sal deur hierdie dienaar spreek wanneer Ek ookal verkies om tot sy hart te spreek en Ek sal te alle tye tot sy hart spreek, dag of nag sal Ek spreek tot sy hart van die dinge wat hy vir My aan julle sal moet skryf, want toe Ek, EK IS wat EK IS hom gevra het van hierdie aanklag om hom te toets, om hom te toets om te sien of hy daarvan gebruik sou maak, het hierdie nederige dienaar eenvoudig geantwoord;, “ja Vader alles wat U My vra om dit te doen, sal Ek doen wanneer U My vra om dit te doen”. En selfs nou, terwyl EK hierdie dienaar na ‘n plek gebring het wat Ek lank gelede vir hom uitgekies het en deur baie, baie maande van toetse en beproewings, hom gebring na hierdie plek om aan julle My krag te toon om alles te doen, tog vervloek julle hom, hierdie dienaar wat EK IS wat EK IS liefdevol uitgekies het om aan julle te gee. Dogter van Sion, luister na My woorde, geseënd was julle in alle dinge, want daagliks het julle vrylik julle lofprysing en aanbidding vir My gegee en gewilliglik het julle hierdie dienskneg ontvang, wetende van die diep geheime van sy hart waaroor ander hom uit hul midde sou gewerp het, tog het julle hom in elk geval ingeneem. Soos wat julle Hom ontvang het, het julle My ontvang en diegene van julle wat hom vervloek, vervloek My. Dogter van Sion, Ek het baie vir julle berei vir alles wat julle in My Naam gedoen het vir al My mense, selfs aan hierdie vreemdeling van ‘n vreemde land, wat julle aan hom in alle liefde en vriendelikheid gedoen het, soos wat Ek julle gewys het om te doen en julle onderrig het om te doen toe Ek na hierdie wêreld gekom het as JaHshua. Soos wat julle My geseën deur julle werke, sal Ek julle nou seën en Ek, EK IS wat EK IS, sal julle nou seën op wyses wat julle nie gedink het moontlik is nie en op wyses wat julle nooit verwag het nie, sal Ek julle nou seën. Aan diegene wat My vervloek het deur hierdie dienskneg, selfs in sy nood en in die pyn van sy hart het hy vir julle gebid en My gevra om My toorn te weerhou teen julle, en Ek sal ter wille van hom en sy gebede My oordeel van julle weerhou en aan julle tyd gun om julle weë te heroorweeg. Dit is My wil, EK IS WAT EK IS, My wil dat julle almal sal deel in hierdie groot werk van die oordra van My woorde aan My volk. As julle My net wil vertrou en glo dat EK deur baie spreek en deur baie skryf en deur baie meer sal spreek en skryf, sal Ek julle terugontvang en My woord vervolmaak onder julle almal! Dit is My wil en groot sal hierdie werk word, met of sonder julle. Na die Ooste verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Weste verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Suide verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Noorde verklaar Ek, EK IS wat EK IS en die afmetings onbekend aan julle, verklaar Ek, EK IS wat EK IS al hierdie dinge aan julle in hierdie nag. Doen wat Ek, EK IS wat EK IS julle gevra het om hierdie nag te doen en hierdie nag verklaar Ek, EK IS wat EK IS groot seëninge en seëninge van woorde vir My volk aan julle deur middel van hulle wat Ek gekies het en sal kies. EK IS wat EK IS, daar is nie meer nie, Lukaas. Jou gebede het My hand teruggehou.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 33 ontvang op 2 September 2013

Die opdrag vir die oordeel byna hier

Dit is met groot berou oor wat gaan kom en wat sal wees, wanneer die opdrag uit My mond sal kom vir die dood om uiteindelik voort te gaan. Dit is met groot berou dat Ek, Ek IS wat EK IS hierdie opdrag gee. Dit moet so wees, My liewe kinders, dit moet wees, al berou dit My so. Hoe lank was Ek met julle om julle voor te berei vir hierdie en die tye wat gaan kom? Selfs nog voordat die aarde geskape is, betreur Ek hierdie dag wat moes kom. Weet dit liewe kinders, dat dit nooit My wil was dat sulke dinge moes gebeur nie, dit was nooit My wil nie. So baie betreur Ek hierdie tye, dat Ek nog huiwer om aan hierdie dienaar te gee, My getroue dienaar, om hierdie woorde aan julle te skryf in voorbereiding van julle harte vir dit wat gaan kom. Skryf sagkens aan hulle Lukaas, skryf sagkens aan hulle, vertel hulle dat selfs voordat die aarde geskape is, het Ek, EK IS wat EK IS ten volle geweet van hierdie dag en vertel hulle dat alles wat sou wees, alreeds aan My bekend was en groot het hierdie las op My hart gelê vir al hierdie eeue, ontelbare eeue wat Ek, EK IS wat EK IS saam met julle was. Al die tyd het Ek julle krete gehoor van die tye wat moes kom, en altyd het Ek al julle laste en smarte gevoel van hierdie tye wat moes kom. Dit was vir ewig teenwoordig binne My. Ek het julle so lief en het hierdie dag betreur wat amper op julle is! Dikwels het Ek vir julle gesê, moenie bang wees of verskrik word nie, neem nou die tyd om daardie woorde te verstaan met die opening van die Psalm wat Ek aan Dawid in sy hart gegee het om te skryf;

יהוה is my Herder;
יהוה is my Herder;
יהוה is my Herder;

Oorweeg dit baie diep, liewe kinders, wat ‘n Herder alles is, EK IS wat EK IS, is hierdie Herder vir almal van julle. Ek is met julle elke sekonde van elke minuut van elke uur van elke dag, vir ewig soos wat Ek met julle sal wees in hierdie, die tyd van die dood, wat binnekort gaan aanbreek. Onthou, EK IS, EK LEWE en deur almal wie ek na julle gestuur het, en na julle sal stuur, EK IS deur almal van hulle en EK IS met julle! Glo!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 32 ontvang op 29 September 2013

Gam se kinders, los die Dogter van Sion uit!

Kinders van Gam, EK IS spreek met julle! Julle ken My! Julle ken My woorde! Julle ken My beloftes wat aan julle oorgedra is! JULLE hoor My woorde meer as sommige van hierdie. Luister na hierdie woorde van My, EK IS wat EK IS, julle Vader van Vaders en julle Voorvader van Voorvaders! Neem hierdie woorde na julle hele volk, ALMAL VAN HULLE, sodat hulle My sal ken en hierdie woorde vrees wat in hierdie nag aan julle oorgedra word! Soek nie om leed te doen aan My Dogter van Sion nie, soek nie om saam te span met diegene wat die valse voorouers van die verdoemdes raadpleeg om My kinders te vervloek nie, want in die uur wat julle dit sal doen, sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie vloeke teen julle draai en dan sal Ek, EK IS wat EK IS persoonlik hierdie vloeke oor julle bring. Diegene van julle wat My wil en leiding soek en soek om dit te doen wat reg is, onthou hierdie woorde. EK IS wat EK IS is met julle, EK IS wat EK IS vertel wat julle nou om My volk en My Dogter van Sion vooraf te waarsku teen enige gevaar of boosheid wat dié van die besetenes poog om te doen aan My kinders deur Abraham! Ek, EK IS wat EK IS kla julle in hierdie nag aan met hierdie groot woorde van waarskuwing aan julle volk, om hulle te waarsku teen die boosheid wat hulle poog om te doen! EK IS wat EK IS spreek in julle harte met groot haas om hierdie woorde aan julle hoofde te lewer en aan julle oudstes en ja, selfs aan hulle wat die boses oproep wat valslik tot julle spreek as julle voorvaders. Weet dat wanneer julle hierdie woorde sal spreek aan hulle aan wie Ek julle getoon het om te spreek, hierdie woorde met groot verontwaardiging ontvang sal word deur sommige en hulle sal julle vervloek, maar sê eenvoudig vir hulle; “Elohiym, EK IS wat EK IS het in My hart gespreek en My gesê om hierdie woorde aan julle te gee. Dit is Sy woorde”, en gee dan vinnig pad uit hul teenwoordigheid in My Naam deur `n stille gebed van julle harte. Ek, EK IS wat EK IS, sal hul woede teenoor julle verwyder. Sodra julle hierdie woorde aan hulle gespreek het wat Ek aan julle getoon het, onthou wat Ek vir julle gesê het om te doen, want hul woede en toorn sal groot wees. Dit is nie hulle toorn en woede nie, maar die toorn en die woede van die boses wat onsigbaar spreek in die skadu’s van hul harte. Vertrek vinnig nadat julle gespreek het, soos wat Ek julle getoon het om te spreek en gaan voort om My beskerming te soek deur gebed en hou aan met hierdie gebede totdat julle weet dat hul woede teenoor julle afgeneem het. EK IS wat EK IS, vrees nie en wees nie bang nie, Ek wat alles gemaak het, is met julle.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 31 ontvang op 29 September 2013

Waarskuwing aan die Dogter van Sion

Dogter van Sion! Dogter van Sion! Dogter van Sion!

Hoor My stem, HOOR MY! EK IS wat EK IS deur My Heilige Gees lewer hierdie woorde aan julle deur hierdie dienskneg, DIT IS MY WOORDE WAT EK, EK IS WAT EK IS IN SY HART GEPLAAS HET OM TE SKRYF! Hierdie woorde is van die allergrootste belang. Blaas die basuin! Lui die alarm! Roep die vergadering saam, roep die vergadering saam, roep die verga­dering saam, soos wat julle elke oggend doen en soos wat julle elke oggend doen, moet julle nou nooit ophou om My te loof in sang en aanbidding en die studie van My geskrewe woord nie, sowel as My woorde wat Ek sal spreek soos wat die Heilige Gees daardie sal lei om te spreek in hierdie vergaderings. Berei julle voor! Berei julle voor! En in die aand wanneer Ek, is EK IS wat EK IS julle vooraf waarsku deur hulle wie Ek gekies het om te spreek en My woorde te skryf, LUISTER NA DIE BOODSKAPPE! Die boses kom! Die boses wat wandel in die liggame van die besetenes kom! Dit is hulle oor wie julle reeds gewaarsku is. Dit is hulle wat deur Satan gestuur is en omring is deur demoniese geeste wat die woorde in hulle harte spreek wat hulle beplan om julle mee te vervloek en te oorweldig. Hulle sal begin om in klein groepies te vergader rondom julle kamp en om julle kamp sal hulle hierdie bose geeste oproep en diegene binne en buite julle laers vervloek. Moenie bang wees nie, EK IS met julle! Bid vir My beskerming tydens hierdie vergaderings, sing lofliedere vir My soos julle nog nooit voorheen gesing het nie en sing met ‘n harde stem uit na My in sang en lofprysing en Ek sal julle hoor!