Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 30 ontvang op 29 September 2013

Nog `n boodskap aan Elohim se gekose leiers

Skryf Lukaas, aan dié na wie jy deur My gestuur is, skryf aan hulle leiers, EK IS, EK IS wat EK IS. Aan hierdie leiers, weet dat Ek hulle harte voorberei het, en hulle sal nou na My woorde luister uit jou hand. Aan hulle, EK, EK IS wat EK IS sê vir julle; luister nou na My, julle Vader, Ek IS wat EK IS. Hierdie instruk­sies is vir julle, die bewaarders van My volk gedurende die tye wat kom. Ek ken julle harte, Ek ken julle vrae, vrese en vertwyfeling. Ek weet dat julle wag op My woord en dat in die aangesig van baie van My volk, ly julle deur hulle beskuldigings as skynbaar onwillig om die swaard te trek. Moenie bang wees nie! Dit is soos wat dit moet wees en altyd met julle was, My volk wat wag vir die woord van My af in alle dinge en volgens My woord vir alle geregtigheid. Soos wat EK, EK IS wat EK IS reeds aan julle deur Lukaas en baie ander vertel het, volg geen mens nie, volg geen mens of iemand wat sy troon bo My plaas in woord of aksie of daad nie. Volg geen mens of enigiemand wat beweer dat hulle alleen My woord ontvang en dat hulle alleen aangestel is om te bepaal wie Ek na julle gestuur het. Ek het reeds julle harte opdrag gegee in hierdie dinge, en deur My woord die enigste wyse waarop My boodskappers geopenbaar sal word. Hierdie woorde is die begin van nog vele meer wat Ek vir julle voorberei het, sommige deur Lukaas en meer deur middel van die wat Ek opdrag gegee het om te soek en om te vind en wie onder julle sal woon as My uitverkore stem aan julle in die tye wat kom. Onthou My woorde, onthou, onthou, onthou, wat julle behoeftes ookal sal wees in daardie tye, bid tot My soos wat Ek julle opdrag gegee het deur My woord en slegs op hierdie wyse mag julle bid tot My. Soek nie die antwoord van hulle wie Ek gekies het om My woorde en antwoorde aan julle te lewer nie. Ek sal, EK IS wat EK IS sal aan julle antwoorde gee op daardie vasgestelde tye. Soek hulle nie op nie! Bid vir My en wag op My antwoord van hulle af. Hierdie dinge moet so wees om My werk te voltooi volgens alle maniere van orde. Hierdie gebede wat julle vir My aanbied om antwoorde te soek, is dié wat die hele liggaam van My volk affekteer oor wie julle aangestel is as wagters. Daardie gebede wat julle tussen My en julle gebid het, moet voortgaan in julle daaglikse lewe soos voorheen en is apart van die gebede wat My volk as ‘n geheel beïnvloed. Gaan voort met julle persoonlike gebede aan My en Ek sal julle antwoord soos wat Ek altyd gedoen het en op die vasgestelde tye sal Ek julle antwoord. Hoor dan nou die opdragte direk van My woord en gee geen ag op `n mens wat julle sal lei of veroorsaak dat julle die swaard optel teen My wil nie. Julle het alreeds die waarskuwings ontvang van diegene wat groot geweld teen die kinders van Gam beplan vanuit julle eie volk en hoe hulle baie sal mislei met nog meer geweld in die valse woorde en beelde wat hulle aan die volk sal lewer in hul poging om die swaard op te tel teen My wil, soos wat Ek verklaar het deur My bekende profete onder julle.

Prediker 3:1-10

1 ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die Hemele is daar ‘n tyd:

2 ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant is,

3 ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou,

4 ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring,

5 ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing,

6 ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om verlore te laat gaan, ‘n tyd om te bewaar en ‘n tyd om weg te gooi,

7 ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd om te swyg en ‘n tyd om te spreek,

8 ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.

9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?

10 Ek het die taak gesien wat Elohim aan die seuns van adam gegee het om hulle daarmee te kwel.

Onthou en bestudeer hierdie woorde van die geskrewe woord versigtig. Die taak wat nou voor julle lê is ernstiger as wat julle dink in die enorme verantwoordelikheid vir die versorging van My volk waarvoor julle as leiers geroep is. Beskerm My dogters! Verneder julle voor My en My volk en berei julle harte voor vir die salwing wat sal kom van My, EK IS wat EK IS, ‘n salwing wat deur My boodskappers onder julle verklaar sal word en bevestig deur drome en aan diegene wat hierdie salwings sal spreek soos wat Ek hulle die mond sal gee om hierdie salwings te spreek, wanneer My Heilige Gees daal oor hulle wat sal spreek, sal hulle spreek. Onthou die wysheid van Jeanne d’Arc, laat hy wat wysheid het, verstaan. Ek is wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 29 ontvang op 29 September 2013

Oordeel en boodskap aan goeie kinders van Gam

Skryf Lukaas, daar is baie wat gesê moet word. Sal ‘n Vader ‘n opdrag gee wetende dat sy kinders sal sterf? As Ek huiwer of die tyd vertraag, wat is dit vir julle wat daarna soek om My hand te dwing oor dinge, soos die opdrag om die deur oop te maak van die groot dood en vernietiging wat moet kom? In julle selfsug en in julle vergeefse verbeelding wil julle dit bereik wat Ek deur die profete beloof het en soek julle gedurig daarna om My hand te forseer! Ek sal alle dinge lewer soos wat Ek belowe het en elk op die vasgestelde tyd sal Ek aan julle lewer! Daar is geen ander manier waarop hierdie dinge bereik kan word nie, aangesien My woord reeds hierdie dinge vasgestel het! Ek weet dat julle eie kinders, ouers, al julle geliefdes wat van julle afgeneem is, julle harte daagliks bedroef soos wat hierdie dinge My ook bedroef. Ek was daar saam met hulle tydens die oomblik van hulle dood en tydens die oomblik van enige dood is Ek en My engele saam met hulle! Ek deel alles met julle, hierdie groot laste van die hart en siel deel Ek met julle. Hierdie tye sal kom en kan slegs kom op die vasgestelde tyd en indien die vasgestelde tyd ook die vertraging is wat My hand en My mond terughou vir die opdrag vir die dood om uit te gaan, dan is dit so en moet dit so wees! Ek, EK IS wat EK IS weet hoe moeilik hierdie dinge vir julle is om te verstaan. Kry vrede in julle hart, verstand en siel en weet en glo dat in die volheid van die tye, dit aan julle gegee sal word om te verstaan en julle sal en dan sal julle julle verlustig en groot vreugde hê in die wete en verstaan waarom hierdie dinge so moes wees.

Skryf Lukaas, aan die goeie kinders van Gam, skryf hierdie woorde. Ek ken julle harte, Ek weet dat julle grootliks verlang na dit wat regverdig en reg is in My oë. EK IS, EK IS wat EK IS is ook met julle en soos wat Ek aan julle gesê het, sal Ek ook met julle wees tydens die groot dood wat julle land binnekort sal oorkom, ‘n tyd van dood en verwoesting soos wat julle nog nooit gesien het nie, so ‘n groot dit sal wees in sy basiese barbaars­heid. Moenie met julle broers en susters saamgaan nie, hulle wat gekies het om Satan in hul harte te volg en wat nou die bose kinders van Gam geword het, dienaars van Satan is hulle en hulle is reeds aan julle bekend deur hulle geheime vergaderings wat julle gesien het en waar julle saam met hulle gestaan het in hulle aanbidding van alles wat boos is. Wanneer die groot dood kom, vlug onder hulle uit en gaan julle eie weg. Ek het engele aangestel om julle weg te lei vanaf hierdie bose en slegte kinders van Gam, wat op hierdie land sal neerdaal soos sprinkane. Verskriklik sal hulle vernietiging wees, verskriklik sal hulle harte word, harte wat aan hulle gegee is en wat besete is van dié van die bose ryk wat deur hulle sal gil terwyl hulle neersak op die lande. Wanneer hulle julle by die hand sal neem om julle te dwing om saam met hulle te gaan, terwyl hulle poog om My volk te vernietig, VLUG UIT HULLE GELEDERE UIT EN KYK NIE OM NIE! Vertrou My en Ek, EK IS wat EK IS, die Vader van die Vaders en die Voorvader van die Voorvaders sal julle laat ontsnap deur My hemelse leërmag wat Ek sal stuur om julle uit te lei onder hierdie wesens uit! Woord is reeds aan julle gegee betreffende hulp aan My volk gedurende hierdie tye en daardie seëninge wat Ek vir julle voorbehou het gedurende die laaste tye wanneer julle lande in vrede sal rus en julle voed met die oorvloed van wat groei en deur julle geplant sal word en in groot oorvloed sal hierdie oeste wees. Weet dit, goeie kinders van Gam, dat dit die boosdoeners is waarvan daar met julle gespreek is in die herinneringe van julle volke, hulle wat in die skadu`s wandel en as mees gevreesde die liggame van julle broers en susters beset om die wil van hulle vader, aan My volk en sommige van julle bekend as die Satan, die boosste van alle boosheid, hy wat My verraai het, Ek IS wat EK IS wat julle ook sal verraai deur middel van hulle wat besete is deur hierdie bose geeste wat reeds onder julle bekend is. Onthou dat Ek gesê het dat Ek woorde het vir julle deur julle eie mense wat met julle sal spreek van My, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 28 ontvang op 28 September 2013

Boodskap vir Elohim se leiers

Skryf Lukaas, skryf haastig aan die leiers van My volk, EK IS wat EK IS het julle gebede verhoor. Soek diegene onder die volk uit wie se geloof onbevraagteken is. Vind diegene onder hulle wat My waarheid spreek en nie die waarheid wat verlang word nie. Vind hierdie mense wat onder julle woon. Vind hierdie mense en soek hulle nie op wanneer hulle onder julle woon nie, Ek sê weer, soek hulle nie op wanneer hulle onder julle woon nie. Ek sal hulle die antwoorde op julle vrae gee soos wat julle dit nodig mag hê. Gee ag op hierdie antwoorde, alhoewel sommige swaar sal wees om te verstaan. Onthou, Ek is julle liefdevolle Vader en Ek, EK IS wat EK IS het hierdie mense versigtig gekies, getoets, en vervol­maak vir julle. Julle sal hulle ken deur hul liefde en hul begeerte om My te dien en slegs vir My en hulle sal niks begeer van mense nie. Onthou My woorde, Ek, EK IS wat EK IS, soek hulle nie op wanneer hulle onder julle woon nie, dit sal My gees bedroef. Hulle sal spreek en skryf soos wat Ek dit vir hulle sal ingee om te spreek en skryf.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 27 ontvang op 27 September 2013

Weiering om Elohim se Woorde te glo

Hoekom is julle so verskrik en verontwaardig oor My werke? Hoekom grief julle My gees wat voortdurend pleit met julle harte om oop te maak vir My lig? Waarom staan julle in die oordeel van diegene wat deur MY, EK IS gestuur is?

Het julle nie My woorde gelees nie, My lewende woorde deur My gespreek as JaHshua nie? Het Ek julle vaders nie vertel dat die oordeel Myne is nie en dat Ek, EK IS wat EK IS sal vergeld nie? Tog het julle dieselfde gedoen as Satan, toe hy daarna gestreef het om My troon in sy nietigheid te bestyg en in sy nietigheid was boosheid gebore en nou soek julle dieselfde! Luister My kinders, luister na My Gees! Het Ek julle nie belowe dat My Heilige Gees alles sal openbaar en in alle dinge spreek My Heilige Gees vir My om aan julle alles te gee wat julle nodig het wanneer julle harte oop is vir My nie! Ek het baie na julle deure gestuur, net om hulle geslote te vind vir hulle wat Ek sorgvuldig gekies en probeer vervolmaak het. Elkeen wat deur My gekies is vir elkeen van julle en julle het hulle uitgewerp en in julle ongelowigheid het julle My en My krag ontken, My, EK IS wat EK IS, die Skepper van alle dinge wat was, is en sal wees en bo die ewigheid van ewighede, so sal Ek en My woord, lewend, gesproke en geskrewe wees soos wat dit was vanaf die begin af, toe uit My mond, die woorde vir die eerste keer gespreek is! Het julle My nie met julle eie oë gelees of gesien deur My skepping nie? Het julle nie gelees of gesien dat Ek alle dinge in My hand hou en alle dinge Myne is om te doen soos wat Ek behaag nie! Kan julle ‘n ster in die vakuum van die ruimte hang, ‘n ster, ‘n volmaakte saamgesmelte reaktor, om lig en lewe te bring aan al My wêrelde wat deur My geskape is? Kan julle, uit die niks van die vakuum van die ruimte, ‘n sterrestelsel laat ontstaan wat begin en groei vanuit sy kern van­uit niks? Weet julle nie dat dit Ek, Ek IS wat EK IS, is wat die heelal bind en alles wat daarmee saam is, in perfekte harmonie hou nie? Nou hoekom bevraagteken julle My vermoë om diegene onder MY VOLK te vind wat Ek vir julle met die grootste liefde en sorg voorberei het, sodat julle vele liggame van gelowiges gestig kan word en deur middel van hierdie werke My lig, My baken van lig helderder sal skyn in die gees as enige ster! Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, pleit vandag by julle, hierdie dag van alle dae pleit Ek met julle oor My liefde in hierdie sake. Vrees hulle nie wat deur die bose een gestuur is nie! Ek sal hulle aan julle openbaar as julle My net sal vertrou om dit te doen! Ek het baie ligte om regdeur julle hele wêreld te stuur en elkeen, soos wat Ek vir julle gesê het, is verhoor, getoets en vervolmaak om My wil te doen soos wat Ek hulle wys om te doen. Laat los, My kinders, laat los julle verontwaardiging, jaloesie en griewe, deurdat julle dink dat Ek een bo die ander sal begunstig. Open julle harte om diegene te ontvang wat Ek vir julle voorberei het, sodat julle almal kan deel in hierdie wonderlike werke wat deur julle gedoen gaan word vir My volk. As julle nie kan nie, of weier om julle harte vir My oop te maak om hulle te ontvang wat Ek aan julle sal stuur, dan sal My gees van julle wyk en hierdie deure sal sluit. Dit is nie My wil om hierdie deure te sluit nie. Dit is deur julle eie uitdaging in My aangesig en deur julle eie minagting van My uitverkorenes dat hierdie deure sal toemaak deur julle eie toedoen. Onthou julle nie My waarskuwing om nie My Heilige Gees te bedroef nie? Selfs Moses, wat in onkunde en onder die valse gode van Egipte grootgemaak is, het My stem geken en in die woestyn van Midian het hy My lig in die berg gesien. En toe hy die berg opgeklim en na die brandende bos gekyk het, het hy My geken en sonder om te twyfel sy skoene op My bevel afgeruk van sy voete en het hy op sy gesig in My teenwoordigheid neer­geval. En hoe het hy My geken? En hoe het al hierdie ander My geken en My geglo? Hulle het My geken deur hulle gehoor­saamheid aan My en hul liefde vir die waarheid in die leer en soeke in My woord na groter begrippe soos wat hulle gelei is deur My Heilige Gees. Dit is dieselfde Heilige Gees, dieselfde vandag as wat dit gister was en vir ewig sal wees in die tye wat kom, dieselfde, vrylik bied Ek My Heilige Gees aan julle en vrylik sal Ek aan almal gee wat enigiets sal vra wat My Heilige Gees in hulle harte sal plaas om aan My vra, so sal Ek gee en het reeds gegee, as julle maar net wil glo, uitreik en hierdie gawes aanvaar wat Ek vir so lank in My hande vir julle gehou het. Wanneer julle glo, glo waarlik, wanneer julle alles oorgee, gee werklik alles oor aan My en My liefde en Ek sal julle My Heilige Gees gee om aan julle hart al die antwoorde wat julle soek, te openbaar, selfs om die bose mense onder julle volk te onderskei. EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader. Vertrou My!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 26 ontvang op 27 September 2013

My liewe Dogter van Sion

Skryf Lukaas, skryf aan My Dogter van Sion en vertel haar, hoe dit My soveel vreugde gee, Ek, EK IS wat EK IS om haar naam te spreek, My liewe Dogter, jy is My Dogter en jy is so geliefd van bo, dieselfde liefde wat enigeen van julle voel vir julle eie dogters, so is dit met My. Dogter van Sion, Dogter van Sion, ja, Dogter van Sion! EK IS wat EK IS het al jou werke gesien, wat jy in My naam doen, waar jy hierdie werke doen in alles waarin Ek jou gestuur het om te doen, dit doen jy. Het jy geweet My Dogter, dat Ek dikwels deur jou kamp loop? Sommige het geweet en My teenwoordigheid gevoel. Het jy geweet, Dogter van Sion, dat Ek een van daardie was wat gekleed was in die gewaad van die armes en tog het jy My ingeneem en My versorg. Jy het My gevoed en My geklee en My liefgehad, selfs in daardie tye waar Ek jou getrouheid getoets het as een van die opruiers, tog het jy alles vir My gedoen wat jy kon doen en met My geredeneer. Het jy nie die glimlag op My gesig gesien gedurende daardie tye van toets nie? Het jy nie die vonkel in My oë gesien wanneer jy My vermaan het nie? Hoe het Ek My nie in jou liefde en teregwysing verbly nie, altyd in die soeke om My wil te doen vir My verlorenes, My armes en My gebrokenes van hart en gees, en tog het jy nog altyd gepoog om My wil te doen in My geregtigheid deur My woord. Weet dit, Dogter van Sion, dat in hulle, die gebrokenes, die verdruktes en die uitgeworpenes, Ek, EK IS wat EK IS jou dikwels sal besoek as een van hulle gedurende die tye wat kom, en as een van hulle sal Ek saam met jou vir ‘n tydlank vertoef. Dogter van Sion, Ek ken jou beproewinge, Ek ken jou verdrukking, Ek ken die lang reis wat jou gelei het na hierdie tye en na die tye wat moet kom.

Aanskou, aanskou, Ek begin ‘n nuwe werk in jou, ‘n nuwe werk van My liefde. Ek berei die eerste van vele ligte voor wat Ek na jou sal stuur. Jy sal hierdie eerste lig herken, soos wat hierdie lig My liefde vir My volk sal weerspieël en die teenwoordigheid van My Heilige Gees sal skyn van hierdie lig en die ligte wat sal kom. Wees waaksaam vir hierdie lig. Hierdie lig sal op `n onverwagse wyse kom. Dogter van Sion, berei voor vir dit en vir die ligte wat sal kom deur My liefde, want deur My liefde sal jy hulle vind en slegs deur My liefde sal hulle aan jou geopenbaar word. Gee alles oor aan My in My Naam JaHshua, gee elke dag oor aan My liefde! Ek IS wat EK IS, Dogter van Sion, EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 25 ontvang op 27 September 2013

Woorde van Waarheid

Vertel hulle van My woorde Lukaas, vertel hulle van My woorde soos wat Ek dit aan jou en ander getoon het. Vertel hulle van die grootsheid van My woorde wat Ek so graag aan hulle wil gee. Vertel hulle dat hierdie woorde oseane van woorde is en ‘n menigte van woorde wat net wag vir ‘n nederige houer om ‘n hart te open vir My, sodat Ek deur hulle kan spreek en skryf. Vertel hulle van die baie volumes van woorde wat teruggehou word, want die arbeiders is so min! Sê vir hulle dat as hulle net hul harte vir My sal oopmaak, dat Ek, EK IS wat EK IS, ook deur hulle hierdie baie, baie woorde van wonder sal spreek en skryf wat Ek vir hulle het. Woorde van waarheid, woorde van verligting, woor­de van vermaning en liefde en soveel meer dat daar nie eens begin kan word met die skryf van al die woorde wat Ek vir die mensdom het nie, sulke groot volumes beslaan hulle! Vertel hulle, vertel hulle om hierdie woorde te deel, want Ek, EK IS wat EK IS weet dat daar nederige harte is in al die nasies van die mens wat hierdie woorde sal hoor en daarna sal soek om My woorde te deel met My volk volgens elke wyse wat Ek hul vrylik sal gee om te deel, as hulle in nederigheid en geloof sal vra. Sê vir hulle Lukaas, sê vir hulle, die tyd is min en Ek het baie woorde wat gespreek moet word vir die mensdom.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 24 ontvang op 27 September 2013

Boodskap aan My Volk in Suid-Afrika

Skryf Lukaas, skryf, alhoewel hierdie woorde groot nood en ontsteltenis sal bring vir julle. Julle beproewinge en verdrukking is net die begin van hierdie geestelike stryd tussen skeppings. Skryf hierdie woorde aan My volk, My volk van Suid-Afrika, skryf aan hulle, die Afrikaner, die Boer en die hele volk, skryf aan hulle die woorde wat Ek nou vir julle gee om te skryf en gedurende die tye wat moet kom, tot op die dag wanneer Ek julle sal neem vanuit die mens. Hierdie woorde wat Ek jou gegee het om te skryf, nou en in die tye wat kom, sal baie wees, sommige om My volk te bemoedig, sommige om My volk te vermaan, sommige om hulle te herinner aan die profesieë deur My profete en uiteindelik, sommige, erge woorde van oordeel of veroordeling van My, EK IS wat EK IS. Dit moet so wees Lukaas, alhoewel Ek weet hoe jy daaroor treur, tog weet Ek ook dat alles wat Ek jou gevra het om te doen, jy dit gedoen het, en in alle dinge het jy altyd gepoog om My wil te doen. In al hierdie dinge was jy gekies, omdat jy van ‘n ander land gekom het en in al hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS vir jou gegee het om aan My volk te skryf, het jy geskryf, wetende dat vele dit sou teenstaan, veroordeel, kritiseer en jou uitwerp omdat jy van ‘n ander land af kom. Dit was maklik vir hulle om hulle valse opvattings van hul onbaatsugtigheid na te volg in sake wat hulle dink slegs aan hulle behoort. Dit was My doel. Ek weet dat jy onverskrokke is in alles wat jy vir My doen in My Naam. Ek het jou hierdie onverskrokke hart gegee toe Satan probeer het om jou te verdruk en elke keer wat hy jou verdruk het, jy altyd uitgeroep na My. Dit was Ek, Lukaas, Ek, EK IS wat EK IS, wat die hart wat jy nou het, vervolmaak het om My te dien in My wil vir My volk. Ek het geweet dat, afgesien van die feit dat jy geweet het wat sou gebeur toe Ek jou hierdie dinge gewys het aan die begin van hierdie reis, jy dit bevestig het en ingestem om My wil getrou te doen. So het Ek, EK IS wat EK IS jou op jou voormalige pad beskerm van alle dinge en het Ek jou nou gebring na die plek wat Ek jou so lank gelede gewys het, alhoewel jy dit nie gedurende daardie tyd verstaan het nie en gedurende jou reis het Ek, EK IS wat EK IS herinneringe in werking gestel wat Ek vir jou ingegee het, sodat jy hierdie hawe en heiligdom sou herken wanneer Ek jou in hulle hand sou oorhandig, hierdie plek, My Dogter van Sion, het Ek teer en deeglik voorberei vir jou en baie, baie ander vir My doeleindes in alles wat Ek aan jou sal toon deur hierdie wagters van My volk. Berei julle voor My volk, berei julle voor My Afrikaner, berei julle voor My Boere, want Ek, EK IS wat EK IS, EK sal aan Lukaas die volgende deel van sy reis gee. Berei julle harte voor deur My Heilige Gees om al hierdie woorde te hoor, te verstaan en te interpreteer wat Ek met Lukaas in sy hart sal spreek om aan julle te skryf, of om te spreek soos wat Ek hom sal beveel om te spreek gedurende daardie tye wanneer My Heilige Gees My woorde deur hom sal spreek. Onthou My kin­ders, onthou, onthou, en onthou, hierdie is MY DIENSKNEG, MY BOODSKAPPER, MY MOND EN HANDE OM DEEGLIK TE SPREEK EN TE SKRYF soos deur die Heilige Gees gelei en hierdie man is Myne! Hy sal My wil doen in alles wat Ek hom vra om te doen en alhoewel sommige boodskappe so vuurwarm soos ‘n versengende brandyster kan wees, soek diep na My liefde vir julle in elkeen van hulle. EK IS wat EK IS het die siftingsproses begin en Lukaas is slegs een ONDER VELE ANDER wat sal spreek en skryf wanneer My Gees hulle sal lei om al My woorde te spreek en te skryf wat Ek vir julle sal hê vir hierdie volgende reis, hierdie toets van vuur in die oond van My smelkroes, om julle te verfyn tot geestelike goud, geestelike goud wat so suiwer sal wees dat dit soos deurskynende goud sal wees, so suiwer sal julle gees wees. Onthou hierdie nederige dienaar Lukaas, aan wie Ek My liefde vir julle getoon het en hy was slegs in staat om ‘n klein deel van My liefde te dra. Hy is slegs die boodskapper om My wil te doen soos wat Ek hom toon om te doen. Wees lief vir hom, sorg vir hom, want sy reis is asof kaalvoet op ‘n pad van dorings. Tog sal hy altyd My wil doen tot sy laaste asemteug, so groot is sy liefde vir My volk en met elke hou en vervloeking sal sy liefde vir My volk meer en meer toeneem. Hy was geroep en is aan die Boere gestuur vir My doeleindes, maar tog sal die woorde wat Ek aan hom sal gee om te skryf gedurende die tye wat kom, soos ook gedurende die tye wat verby is, wees vir ander soos wat dit Ek mag kies. Berei voor My volk, berei vir die woorde wat moet kom. EK IS wat EK IS, en hoewel sommige van hierdie woorde sal wees soos ‘n vuurstorm van vuurstorms om julle te reinig, weet dat Ek, EK IS wat EK IS, met julle is om ook hierdie woorde te dra! EK IS sal met julle wees deur al die dinge gedurende hierdie tye wat sal kom en sal deel in al hierdie laste. Onthou, gee al hierdie laste vir My, Ek sal dit vir julle dra soos wat Ek gedoen het op Golgota, en vertrou My, EK IS wat EK IS om julle te reinig en voor te berei om te staan in die dag van onheil, ‘n dag so boos, dat as daardie tye nie verkort sou word nie, baie sal val, so groot is die boosheid van demoniese geeste deur die mensdom wat sal kom. Berei voor, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 23 ontvang op 26 September 2013

Die Grootsheid van ons Skepper

Skryf aan hulle Lukaas, sodat hulle kan begin om EK IS te verstaan, die groot ontwerp van My skepping en die versorging van alle dinge wat deur My geskep is, EK IS wat EK IS, sodat die mensdom My kan leer ken deur middel van hierdie skepping en met My kan jubel in die eenvoudige vreugde om te lewe te midde van al hierdie dinge wat Ek slegs geskep vir die plesier en genot van My lewendes! Vertel hulle van die groot kreatiewe krag van EK IS wat EK IS, van al die horisonne van My koninkryk wat uitreik tot verby die ewigheid, tot by die kleinste partikel wat met My, EK IS begin! Vanaf hierdie koninkryk tot by die uitgestrekt­heid van die ewige heelal van hemelliggame wat geskep is, met die grootste sorg en liefde, IS EK! Vanaf hierdie heelal tot by die talle sterrestelsels van elke soort en nog vele op vele, nog onbe­kend in hul ontwerp, sterrestelsels wat vir My en die lewendes sing, IS EK! Vanaf hierdie sterrestelsel tot by hul sonnestelsels, noukeurig ontwerp vir hul skoonheid en alles wat hulle bevat in hulle planete, sonne en wentelende voorwerpe wat julle nog net begin om te verstaan in al hul kompleksiteit en verhoudings tot die skepping; EK IS het dit geskep met die grootste liefde vir julle vreugde! Vanaf hierdie planete van oorvloedige lewe, volgens elke moontlike vorm, bekend en onbekend aan die mensdom en soveel meer wat nog moet kom, IS EK! Vanaf hierdie vorms van lewe tot by hul komplekse organe en lewenstelsels, sommige bekend en vele, vele wat nog bekendgestel moet word, IS EK! Uit hierdie lewenstelsels van lewende organismes tot by hul sellulêre vlak, is dit nog steeds EK IS! Vanuit hierdie selle, onsigbaar vir die menslike oog en alles wat hulle bevat vir lewe, EK IS, EK IS, EK IS, EK IS en het dit alles geskep vir julle kennis en begrip van My en My skeppende krag wat Ek, ja EK IS wat EK IS met julle sal deel in die lewe wat kom! Ek wil, EK IS wat EK IS sal die geheime van die lewe deel met die verlostes van die mensdom! Vanaf die genetiese strukture van hierdie lewendes, geskep vir die voortbestaan van spesies en wie se kompleksiteit nog steeds buite die bereik is van die mensdom, sal dit net nog ‘n eenvoudige opdrag van My wees, EK IS! Vanaf hierdie tot by die molekulêre vlak, molekules van lewe wat selfs nog kleiner lewende strukture van lewe in die subatomiese wêreld van My koninkryk in die vlakke van skepping is, is EK IS wat EK IS, selfs nog, EK IS. Vanaf hierdie kleiner strukture, atome, kwarke en selfs nog kleiner, is EK IS wat EK IS wat EK IS. EK IS wat EK IS, is die begin van waar die kleinste deeltjies van alle dinge begin, JA, EK IS wat EK IS, is die begin en ook die einde, soos wat Ek julle vertel het deur My woord, die begin en die einde van alle dinge en begin en eindig weer en weer vir ewig en ewig in dit wat anderkant die ewigheid is, in hierdie groot siklus van lewe. Alle dinge is een en een is alle dinge deur My, EK IS. My koninkryk is waarlik in julle, soos wat Ek julle vertel het, My kinders, EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 22 ontvang op 26 September 2013

Blymoedige boodskap vir die Boerevolk

Jy mag nie gaan nie Lukaas, Ek het meer woorde wat jy moet neerskryf om aan My volk oor te dra. Kom na My toe, kinders, kom sit en gesels met My soos wat julle met enige vader sou doen wat julle so liefhet. Ek het so baie om met julle te deel deur My dienaars wat My woorde aan julle spreek en skryf, maar hulle is min vir hierdie groot oes. Tog is Ek, EK IS wat EK IS besig om nog meer op te wek om My woorde aan julle te spreek en te skryf. Skryf Lukaas, en skryf die woorde wat Ek in jou hart plaas om te skryf en hierdie woorde wat Ek nou vir jou gee om te skryf is vir hierdie stam van Israel, die Boere. My kinders, Ek is lief vir julle! Is julle nog steeds so sonder geloof dat julle nie weet dat Ek in alles woon wat was, is en sal wees op enige gegewe tyd nie? Ek ken julle behoeftes, elkeen daarvan! Ek het julle behoeftes nog altyd geken en het julle altyd gewys dat Ek hierdie behoeftes ken. Ek vra julle net om My te vertrou en in My te glo en dat deur My, soos wat Ek julle deur die eeue heen gewys het, alle dinge deur My moontlik is en dat deur My geen ding onmoontlik is nie. Daar is geen ding buite My bereik wat Ek nie bereid is om vir julle te doen nie en om julle te wys en om julle te leer in hierdie reis en in die finale reis na My koninkryk toe, wanneer Ek julle dan tuis sal verwelkom en in die nuwe wêreld wat sal kom. Ek het soveel vir julle beplan gedurende daardie tyd. Ek is reeds saam met julle gedurende daardie tyd, ja, Ek is reeds by julle gedurende daardie tye en selfs na die millennium koninkryk wanneer alles nuut gemaak sal word. JA! EK IS wat EK IS, is terselfdertyd met julle almal en was nog altyd in die verlede saam met julle, ook in die hede en in die toekoms. Ek sien en weet alles wat was, is, wat sal kom en anderkant dit wat sal kom! Vertrou My, en weet dat tot selfs die kleinste van die dinge wat julle dink Ek in staat is, groter dinge Ek vir julle berei het in die tye wat moet kom en daarna en met elke verbygaande millennium en elke verbygaande eon en anderkant die eons sal Ek voortgaan om groter openbaringe aan julle te toon, elke keer groter as voorheen. Gedurende daardie tye sal Ons Onsself saam verlustig in hierdie openbaringe en waarhede wat nog moet kom. Vertrou My, glo in My, gehoorsaam My en wees lief vir My en al hierdie dinge en nog baie meer sal plaasvind en dit sal plaasvind in ‘n tyd waar hierdie lewe nie meer aan gedink sal word nie! My kinders, My Boere, julle het julle ver van My afgeskei. Daaglikse stry julle oor die korrekte Naam, die korrekte geskrewe Woord, die korrekte interpretasie. Watter groep dien die regte manier, al hierdie dinge het Ek, julle liefdevolle Vader, wat in julle hart woon, en altyd saam met julle is, vir julle gevra om dit aan My te gee, ALLES DAARVAN, al julle twis, hartseer, woede, geskille en enige ander saak, gee dit vir My! Ek sal dit vir julle oplos en julle in julle harte wys wat vir My verblydend is. Vertrou My om dit vir julle te doen. Julle kan dit nie doen sonder dat My Heilige Gees julle harte oopmaak en hulle voorberei vir hierdie openbaringe en waarhede nie. Julle ken reeds My woord, julle weet reeds van die tye wat kom. Dit is My wil dat julle voortgaan om voor te berei en betrokke te raak met hierdie geestelike voorbereidings en om MY TE VERTROU en die res AAN MY oor te laat! Stry nie meer van hierdie dag af oor wat die regte Naam is vir My of wat die regte boek is nie, gee al hierdie twiste vir My en Ek belowe julle, EK IS wat EK IS beloof julle, dat Ek al hierdie dinge vir julle sal skik. Van hierdie dag af aan, kom ywerig na My toe in gebed, op soek na My Heilige Gees om julle harte voor te berei vir My waarhede en openbaringe. Weet dat in die tye wat kom, wanneer Ek julle na die vele plekke van vlug sal neem, bekend en onbekend aan julle, dat dit daar is waar Ek al hierdie dinge vir julle sal wys en die waarhede van die dinge waarna julle soek. Gedurende daardie tye en in daardie plekke van vlug, sal Ek by julle woon en dit sal julle en Ek, EK IS wat EK IS wees, deur allerlei bodes, waar ons met mekaar in liefde sal redeneer om by hierdie waarhede en die kennis van dit waarna julle soek oor My, uit te kom. Kom in My omhelsing in, My kinders, My Boere, woon in My liefde en weet dat Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, reeds met julle is in daardie plekke van vlug en Ek wag net op julle aankoms, sodat julle julleself kan verlustig in die kennis van die vele waarhede wat Ek vir julle voorberei het om te ontvang. Onthou, liewe kinders, waarheen julle ookal wil gaan in My Naam, EK IS wat EK IS, is en sal altyd wees, reeds daar, wagtend vir julle!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 21 ontvang op 26 September 2013

Dogter van Sion, pasop vir vals leiers

EK IS wat EK IS van voor die ewigheid af, voordat daar ‘n vantevore was en EK IS wat EK IS is anderkant die ewigheid der ewighede wat julle dink om te ken. Vandat die mens geskep is, deur die eeue heen, was Ek met julle en was Ek met julle deur al die dinge van die mens, al het julle gedink dat Ek nie was nie. Ek spreek met julle op maniere wat julle verstand nie eers kan begin om te peil nie, so groot en kragtig in sy stilte om te spreek, is My vele stemme wat julle bereik. Ek was met julle en het met julle gespreek deur allerlei soorte profete, dié wat Ek gestuur het en diegene wat van hulleself gepraat het en wat gelei was deur hom wat My teenstaan, hy wie se naam My vul met wanhoop, selfs wanneer Ek dit uiter. Ek het julle belowe dat Ek altyd by julle sal wees, Ek het julle belowe dat daar altyd profete sal wees wat deur My gestuur is en Ek het gewaarsku teen diegene wat deur die gevalle engel gestuur is, hy wat die mensdom tot op hierdie dag mislei. Keer op keer het Ek My profete, boodskappers, leraars, dromers en dié van sang na julle gestuur om julle te leer van My liefde en My woorde vir julle en keer op keer was alle opgeteken in geskrewe boeke wat die mensdom sou stig, sodat julle My stem sou ken en vertrou deur almal wie Ek gestuur het, en sodat julle diegene vanaf die bose sou herken en keer op keer het Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku teen julle hardnekkige opstandigheid! Ek het julle gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs toe Ek na julle gekom het deur JaHshua, hierdie suurdeeg van eiegeregtigheid en selfverheerliking en selfsugtig­heid en My wet. My wet moes ‘n baken van lig van verlossing vir die wêreld wees, ‘n lig om gees en liggaam te genees, ‘n lig op die pad na verlossing en soveel meer en soveel groter waarheid sou Ek aan julle openbaar, as julle maar net na My stem geluister het deur almal wie deur My gestuur is. Julle het gekies om dit nie te doen nie en het My verraai deur julle selfsugtige onselfsug­tigheid en begeertes vir groot aansien in posisie en eer; so verwronge is julle opinie van My as julle dienskneg, dat Ek julle moet dien waar, hoe en wanneer dit julle pas.

Heerlikheid wat Myne was, heerlikheid wat vele sou gered het, heerlikheid wat julle van My, EK IS wat EK IS, gesteel het en veroorsaak het dat baie geval en gestruikel het. Die struikelblok van ouds het nou die struikelblok van nou geword en selfs groter het hierdie struikelblok geword, want julle het My, My woord en diegene wat deur My gestuur is, geweier. En nou het hierdie, die groot aanspraakmakers op die koninkryk, hulle wat hulself opgestel het om te lyk asof hulle die enigste baken van lig en weg na die koninkryk en waarheid is, dieselfde moordenaars van ouds geword wie diegene wat deur My gestuur is, gedood het, hulle met klippe bestook het en diegene deur My gestuur, geslaan en gegesel het, – nou doen julle dit met verskriklike woorde van laster teen My geliefde, My bruid. Julle het die Naam van JaHshua ontheilig, die enigste Naam deur wie die mensdom gered kan word en het hierdie Naam vervang met julle eie, so erg het julle My uitgetart. Julle het nie ag geslaan op die lesse van die verlede nie, lesse waardeur Ek gehoop het dat julle iets daaruit sou leer en hulle ontvang wie Ek so versigtig gekies het om na julle te stuur. Maar julle verwerp dit en ontken dit soos wat julle voorvaders vanouds gedoen het. Soos wat julle aan hulle gedoen het, so sal dit nou aan julle gedoen word. EK IS, ja, EK IS, en Ek sal weer vir julle sê, EK IS wat EK IS wat EK IS, wetende dat dit julle hart verhard, wetende dat dit julle vul met ‘n groot toorn teenoor hierdie dienskneg, wie julle openlik en blatant ontken as deur My gestuur, net soos wat julle doen aan ander dienaars wat EK IS wat EK IS wat Ek IS wat EK IS die wêreld deurgesoek het vir julle. Maar tog is julle blind en doof en sal nie My hand op hulle harte sien nie, so blind het julle geword deur julle selfsugtigheid en eiegeregtigheid. Ook sal julle nie die woorde hoor nie, so doof het julle geword in julle ydelheid, My woorde wat gespreek en geskryf is deur hierdie nederige dienaars, wie slegs poog om My wil te doen vir die liefde van My volk soos wat Ek, EK IS wat EK IS hulle wys hoe om dit te doen. My woorde, JA, MY WOORDE. DIE WOORDE VAN EK IS WAT EK IS. Soos wat voorspel is, sal dié wat nie deur My gestuur is nie, voortgaan om in verontwaar­diging teenoor My dienaars op te tree en die verontwaardiging sal voortgaan om te groei en te groei en sal boser word in hulle verbeelding, soos wat die bose aksieplanne en woorde teen My dienaars ontwerp word! Die struikelblok van ouds het nou die hoeksteen van julle vernietiging geword. Julle verontwaardiging sal so groot word, dat diegene wat julle eens gesien het en julle met eer en respek behandel het, sal die boosheid van julle weë sien en sonder enige twyfel en met dieselfde verontwaardiging wat julle teen My dienaars opgetree het, so sal hulle julle uitwerp vanuit My volk.

Dogter van Sion, Dogter van Sion, Dogter van Sion, julle sal van baie kante aangeval word gedurende die tye wat kom, deur die erge boosheid en bose intriges in die denke van hierdie mense, deurdat Satan sy gedagtes in hulle s’n sal plaas om sy doel te bereik teen julle. Vrees nie, vrees nie, wees nie bang of verskrik nie. EK IS met julle en het vele gestuur om met julle te spreek en My woorde neer te skryf vir julle deur hierdie tye. Daar is diegene onder julle wie se harte reeds voorberei word vir hierdie take, sowel diegene wat Ek reeds na julle gestuur het. Soos wat julle dit elke oggend gedoen het, sing vir My in vreugde en lof, lees vanuit My boek, My Boek van Herinnering en hou vas aan die geloof, wetende dat EK IS saam met julle is. Dit was reeds aan hom getoon, My dienskneg, JA, MY DIENSKNEG, DIE DIENS­KNEG VAN EK IS WAT EK IS WAT EK IS, WIE EK VAN VER GEKIES HET, Lukaas, dat hulle sal probeer om hierdie Dogter van Sion te bespot en hulle sal probeer en probeer en probeer, maar sal niks meer bereik nie, as die woorde wat hul ware aard aan My volk sal openbaar, wie hulle sal uitdryf oor hulle bose dade. Onthou, My bruid onder My bruide, Dogter van Sion onder My Dogters van Sion, Ek IS wat EK IS, ja My, EK IS wat EK IS, altyd EK IS en soos wat Ek met Lukaas was op sy reis om julle te vind, so sal Ek met julle wees deur al hierdie tye van tye. Sy getuie, sy getuienis is daar om aan julle te toon hoe groot My begeerte is om julle te seën, lief te hê en hoe groot My krag is om julle te verlos en aan al diegene wat eenvoudig en in alle nederigheid na My toe sal kom in liefde, My liefde ontvang en aan My, EK IS wat EK IS, sê. “Vader, ek weet dat ek gesondig het, ek weet dat my sondes groot is, Vader vergewe my en op hierdie dag gee ek my oor aan U en gee ek aan U alles terug wat ek is. Vader, hierdie dag ek gee my wil aan U oor soos wat U dit aan ons getoon het toe U met ons was as JaHshua. Laat ek U liefde ontvang, Vader, laat ek U liefde verstaan, Vader en laat ek die wêreld en enigeen en almal wys dat U my hierdie liefde gestuur het op watter wyse U my ookal sal wys om hierdie liefde te deel. Laastens Vader, sal ek alles doen wat U my in hierdie liefde vra om te doen, selfs tot die dood toe.”

Lukaas, jy het My wil gedien bo jou wildste drome, deur die skryf van hierdie woorde wat Ek aan My volk gestuur het en jou wie Ek aan My volk oorgelewer het – hierdie woorde wat Ek aan jou gegee het om te skryf, alhoewel jy nie veel daarvan verstaan het nie, soos wat dit My doel was, vir sommige ‘n lig, ‘n baken van hoop en van My liefde. Vir ander het hierdie woorde hul harte deurboor, óf vir My of teen My en staan dit soos wat Ek bedoel het, in en gedurende die sifting wat begin het. So sal die wat diegene laster wie Ek gestuur het, nou begin om te val.

Aan My ander dienaars, bekend en onbekend aan jou, Lukaas, skryf aan hulle in hierdie woorde; Nicolaas, Phillip en die ander, ONTVANG MY WOORDE WAT EK IN JULLE HARTE PLAAS EN OPENBAAR DIT AAN MY VOLK SOOS WAT EK JULLE ROEP OM DIT AAN MY VOLK TE OPENBAAR, DAG OF NAG SAL EK JULLE ROEP OM DIT TE VERKONDIG AAN MY VOLK, NOU EN TOT AAN DIE TYD WANNEER EK SOMMIGE VAN JULLE TUIS SAL BRING NA MY IN MY KONINKRYK! Die tyd het aangebreek! Die tyd het aangebreek! Die tyd het aangebreek!