Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 20 ontvang op 21 September 2013

Die wat nie luister nie, sal doodskrete hoor

Staan op Lukaas, staan op, Ek het vir jou gesê om op te staan en te skryf, nou staan jy op en skryf, Lukaas, skryf met die nodige haas, die rou, ‘n groot rou, My roepstem aan die kinders van die mens. Julle hoor nie My stem deur almal van hulle wie Ek gekies het om te spreek en My woorde neer te skryf nie. Die tyd is min, die basuin het geblaas, die deur na die ark maak toe. As julle nie na hulle wil luister nie, as julle nie die woorde wil lees wat Ek, EK IS wat EK IS deur hulle gespreek het of hulle beveel het om vir julle te skryf om te lees nie, as julle harte nou te verhard geword het om hierdie baie woorde te hoor wat Ek gestuur het in hierdie laaste uur voor die dood van julle beskawing, dan sal julle dit hoor deur julle kinders, maar in ‘n groot rou sal julle My woorde hoor, maar nie van waarskuwings nie, julle het dié reeds gehad en geweier om daarna te luister. Die stem wat julle sal hoor is My stem van rou soos wat julle sal vergaan saam met julle beskawing. Ek, EK IS wat EK IS pleit, nee, Ek smeek My kinders om te luister na My baie, baie woorde van waarskuwing deur middel van hulle wat Ek keer op keer weer gestuur het. HOOR MY, O HUIS VAN ISRAEL, HOOR MY! Maak julleself gereed, huis van Israel en open julle harte vir die waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS na julle gestuur het hierdie afgelope vele jare, hoor My en wees gehoorsaam, of kry julle gereed deur julle blind harte, vir die rou wat sal kom uit die monde van julle kinders wanneer hulle omkom voor julle oë, want julle het nie die liefde van die waarheid gekies sodat julle gered kon word nie! Sê vir hulle Lukaas, vertel hulle hoe lief Ek hulle het en selfs met die dood van hul kinders sal Ek, EK IS wat EK IS saam met hulle wees, tog was dit nooit My wil dat hulle so moes ly nie. Daar is niks meer nie, Lukaas, My hart is gegrief oor die kinders en Ek ween.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 19 ontvang op 18 September 2013

Waarskuwing aanEdomiete oor Sy skryfkneg

Veragtelike adder saadlyn van die mensdom, veragtelike Edomiete, kinders van Kain, EK IS, skryf Lukaas; EK IS wat EK IS. Het julle gedink dat toe julle Lukaas van My af weggeneem het as ‘n klein kindjie, dat Ek hom onkundig sou gelaat het? Ek het hom aan julle gegee en julle het hom geteister met elke denkbare boosheid, weer en weer het julle My kneg Lukaas geteister. Met elke soort dood en ellende het julle hom verdruk en elke keer het hy na My teruggekom. Julle het gedink dat julle hom verswak het, julle het gedink dat sy gees en sy bereidwilligheid om My te dien, vernietig is, julle het gedink om sy gedagtes te vul met valse leerstellings van julle duiwels en `n vals begrip van My wil vir die mensdom en tog het Ek hom elke keer gehoor wanneer hy “ABBA VADER” uitgeroep het en elke keer het Ek hom terug ontvang, want Ek het sy hart geken, die hart wat EK IS wat EK IS vir hom gegee het om te volhard, ten spyte van alles wat julle aan hom gedoen het, en toe dit blyk dat sy lewe beëindig is, het Ek, EK IS wat EK IS na hom geroep en ten spyte van alles wat aan hom gedoen is, het hy geantwoord: “Vader, alles wat U My vra om te doen, sal Ek doen.

Deur al die jare wat julle hom geteister het met elke denkbare boosheid, het hy MY WIL gedoen. Lukaas, My seun, uit ‘n mens gebore, is vervolmaak deur al hierdie boosheid wat julle aan hom gedoen het en vrees niemand of enige gees nie! Hy ken julle nou deeglik, want in julle arrogansie, soos wat julle hom geteister het, het julle meer van julle armsalige boosheid geopenbaar as wat julle ooit aan enige persoon openbaar het en soos wat Ek julle ken, so ken hy julle ook. Lukaas ken reeds die dood en nie net `n vreedsame dood nie, maar `n verskriklike dood en hy vrees dit nie, want hy weet hy wandel saam met My, nou en in die koninkryk wat kom. Lukaas sal teen julle saadlyn van adders en teen julle Edomiete getuig, hy sal in My Naam teen julle getuig en julle aan baie openbaar. Ek het hom met My woorde verseël, met ‘n versengende warm yster het Ek hom verseël om My woorde te spreek. EK IS wat EK IS, Ek sal hom neem wanneer EK IS gereed is om hom te neem, en geen hand sal die weg wat Ek vir hom uitgelê het, aanraak nie, tot op daardie dag wanneer Ek hom sal neem. Ontvang jy nou hierdie warm versengende yster van My woord op jou hart, al ken jy die groot beproewing wat na jou sal kom, Lukaas. “Ek sal Vader, selfs tot die dood toe sal Ek alles doen wat U van my verwag en in die teenwoordigheid van al hierdie getuies, aanvaar ek U wil in My lewe.”

Psalm 118:5-14 (Boek van Herinnering)

5 Uit die benoudheid het Ek JaHH aangeroep; JaHH het My verhoor in die ruimte.

6 JaHWeH is vír My; Ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n adamiet My aandoen?

7 JaHWeH is vír My as My Helper; so sal Ek dan neersien op die wat My haat.

8 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op `n adamiet te vertrou.

9 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op edeles te vertrou.

10 Alle nasies het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.

11 Hulle het My omsingel, ja, hulle het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.

12 Hulle het My omsingel soos bye – hulle is uitgeblus soos ‘n doringtakvuur; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.

13 Jy het My hard gestamp om My te laat val, maar JaHWeH het My gehelp.

14 JaHH is My sterkte en lofprysing, en het My Verlossing geword.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 18 ontvang op 17 September 2013

Waarskuwing teen valse leiers

Skryf Lukaas, Ek het jou gebed gehoor, vertel hulle dat EK IS wat EK IS wie nie verander nie, het alreeds die volk gewaarsku teen die volging van hierdie valse leiers. Dit berou My dat hierdie dinge so moet wees deur die dood van baie. Hierdie dinge moet so wees, sodat My woord en My planne aan die wêreld geopenbaar kan word. Nietemin Ek het jou gebede vir My volk gehoor; en sê nou aan hulle in My Naam, EK IS wat EK IS, vir ewig en altyd, dat julle hemelse Vader, die Skepper van alle dinge, weer My gees sal stuur onder diegene wat hierdie valse leiers volg, sodat hulle sal ontwaak in hulle dwaasheid. Nog een maal sal My Gees tot hul verharde harte spreek, maar dra aan hulle hierdie woorde van My direk oor: My kinders, My uitverkorenes, luister na My, julle Vader, EK IS wat EK IS dra aan julle hierdie waarskuwing oor van hierdie dienaar Lukaas, wat My dien in alle dinge wat Ek hom gelas om te doen, luister na My woorde! Liewe kinders, dit is nie My wil dat enige van julle moet ly of sterf nie, dit is My wil dat julle die lewe sal vind en dit in oorvloed vind. Hierdie leiers wat julle gekies het om te volg, is geen getuienis van My nie. Stel hulle op die proef en vra julleself, is hierdie ‘n persoon van My Vader? Is dit die tipe persoon wat My Vader sal stuur om te lei? Dien hierdie persoon My Vader soos wat Sy woord leiers gelas om te volg? My kinders, My kinders, elke uur van elke dag en elke nag reik Ek My hand uit na julle met soveel liefde, tog draai julle weg van My en hardloop die ander pad na hulle wat julle valslik lei. Hardloop nou na My, laat Ek julle met My liefde, My woord en My waarheid omhels. Laat vaar julle harde harte wat so geword deur bitterheid, vrees en woede, laat vaar en gee oor aan My liefde en Ek, EK IS wat EK IS belowe julle dat Ek hierdie waarhede vir julle sal wys en alle twyfel sal verwyder. Dit grief My tot in My innerlike kern van My bestaan, dat so baie van julle hierdie valse leiers gekies het bo My en dit grief My as Ek die baie sterftes sien wat binnekort gaan kom, wat dalk nooit sou gebeur het, as julle maar oorgegee het aan My liefde nie. Nietemin, Ek, EK IS wat EK IS, sal steeds met julle wees, al kies julle hierdie valse leiers en Ek, EK IS wat EK IS, sal daar wees om julle in die koninkryk te verwelkom wanneer die dood julle vind in daardie plekke waar julle valslik heen gelei was. Ek is so lief vir julle, My kinders, Ek is so lief vir julle. Onthou dat Ek, EK IS wat EK IS julle so liefhet en sal elke dood betreur.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 17 ontvang op 16 September 2013

Vals haters van Elohim se knegte

Weer DAAG EK JULLE IN JULLE AANGESIG IN DIE NAAM VAN JAHH! JULLE wat die volk van Elohim valslik lei en wie van Satan en sy agente is, hoor die woord van Elohim. EK IS wat EK IS spreek, Ek sal julle afbreek en julle lewe spaar, sodat julle geopenbaar kan word onder My volk vir al die boosheid wat julle in My Naam gedoen het. Julle sal ‘n skandvlek onder My volk word, so groot sal hul weersin wees om selfs julle naam te hoor. Julle dink om My kneg, My kneg Lukaas, ‘n boodskapper wat Ek gekies het, te diskrediteer. Dit is vir My, EK IS wat EK IS wie julle diskrediteer in al julle boosheid wat julle doen deur julle agente in hierdie plek. Ek sien alles en weet alles en wandel onder julle! Julle dink Ek is blind, julle dink Ek is dood en dat Ek niks weet nie, en in julle harte lag julle vir My en spot met My en My diensknegte. Julle tyd van gemak en status nader sy einde en hulle wie julle valslik gelei het, sal julle eenparig en met groot woede uitwerp. Met groot woede sal hulle julle uitdryf! Op hierdie dag brandmerk Ek My kneg Lukaas, ‘n eenvoudige boodskapper, met My brandmerk, ‘n vuurwarm versengende merk van hierdie woorde, sodat almal mag weet dat Ek EK IS wat EK IS hom gestuur het! Wat julle doen aan hom, doen julle aan My en Ek sal dit honderdvoudig vergeld!

Psalm 118:5-14 (Boek van Herinnering)

5 Uit die benoudheid het Ek JaHH aangeroep; JaHH het My verhoor in die ruimte.

6 JaHWeH is vír My; Ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n adamiet My aandoen?

7 JaHWeH is vír My as My Helper; so sal Ek dan neersien op die wat My haat.

8 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op `n adamiet te vertrou.

9 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op edeles te vertrou.

10 Alle nasies het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.

11 Hulle het My omsingel, ja, hulle het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.

12 Hulle het My omsingel soos bye – hulle is uitgeblus soos ‘n doringtakvuur; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.

13 Jy het My hard gestamp om My te laat val, maar JaHWeH het My gehelp.

14 JaHH is My sterkte en lofprysing, en het My Verlossing geword.

EK IS wat EK IS, julle sal nou My stem hoor, alhoewel julle in die verlede weerstand gebied het deur hierdie en enige ander kneg deur wie Ek gekies het om met My volk te spreek, My woord wat Ek kies, te enige tyd wanneer Ek dit kies, sal julle My stem hoor, selfs al skeur dit julle siel. EK IS wat EK IS sal nou julle haat vir My knegte vergroot en julle sal nie huiwer om julle drif teen My knegte te spreek nie, sodat almal die bose haat van julle armsalige siele kan sien en julle sal leer ken vir wie julle waarlik is, naamlik die dienaars van Satan. EK IS wat EK IS, EK IS WAT EK IS! Genoeg Lukaas, My woede is vuurwarm teen hierdie bose kwaaddoeners. GAAN!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 16 ontvang op 16 September 2013

Boodskap aan die goeie kinders van Gam

Skryf Lukaas, jy sal skryf, al sal daar baie wees wat hierdie woorde sal weerstaan, skryf, want die goeie kinders van Gam moet weet van My liefde vir hulle. Goeie kinders van Gam, nie My liewe kinders nie, My goeie kinders van Gam, luister na hierdie woorde van My boodskapper Lukaas, wat My gehoorsaam as My boodskapper in alles wat Ek hom vra om te doen, want dit word direk aan julle geskryf deur hierdie nederige dienaar, sodat julle kan weet en glo Ek, EK IS wat EK IS, Hy wat is, was en ewig sal wees, Skepper van alle dinge, julle hemelse Vader van Vaders, is ook saam met julle in hierdie moeilike tye! Selfs nou stuur Ek My Heilige Gees aan julle en soos wat julle hierdie woorde lees, kan julle weet dit is Ek, EK IS wat EK IS wat spreek tot julle harte. Goeie kinders van Gam, waarom twyfel julle aan My liefde vir julle? Waarom dink julle dat Ek julle sou vergeet? Ek weet van julle vrees en bewing. Ek weet dat julle bose broers en susters julle wil verlei met verskriklike woede en bedreigings. Vrees nie en Ek sê weer: VREES NIE. EK IS met julle! In hierdie tye wat kom, sal Ek die vrees vir julle plaas in die harte van hierdie bose kinders en hulle sal julle vrees wanneer hulle My in julle sien! Ek sal ook My engele stuur om julle te beskerm. Baie van julle is gekies om hierdie lewe te verlaat deur hulle hand. Dit is My wil en nie om julle te straf nie. Dit is vir My doeleindes en My planne vir hierdie tye. Diegene van julle wat Ek uit hierdie lewe neem, sal sit aan die tafel van Abraham, deur My genooi vir daardie werke wat julle gedoen het en sal doen om My volk te help gedurende hierdie tye. VREES NIE! EK IS WAT EK IS sê aan julle op hierdie dag, VREES NIE en gee oor aan My wil en liefde, sodat Ek julle kan lei gedurende hierdie tye wat voorlê om die werk te doen waarvoor Ek julle voorberei het om te doen, want dit is ‘n magtige werk, ‘n magtige werk wat julle sal doen vir My volk in hulle uur van nood. Verneder julle nou voor My en laat vaar al julle woede en bitterheid, want Ek het ook groot seëninge vir julle berei na hierdie tye en julle sal in vrede en veiligheid woon in julle lande, soos wat julle nog nooit tevore geken het nie. Soos wat Ek vir julle gesê het in die ander woorde, is Ek selfs nou besig om My boodskappers in julle eie volk op te rig, wat hierdie woorde sal bevestig vir julle en julle sal weet dat dit van My gestuur is. My lig, My lig van waarheid en My Heilige Gees sal skyn van hul aangesigte en so groot sal hulle liefde wees, dat julle sal ween van blydskap om My woorde te hoor soos wat Ek dit sal spreek deur hierdie boodskappers wat Ek na julle sal stuur. Wanneer hierdie bose en Ek sê dit weer vir julle vanuit My eie Mond, BOSE KINDERS die opdrag gee om My volk uit te roei, LUISTER NIE NA HULLE NIE EN DRAAI WEG VAN HUL WEE, sonder julle af van hulle af en gaan julle eie weg waarop Ek julle sal lei en wys. Julle mag niks te doen hê met hulle werke, wat kom uit die hand van Satan nie, anders sal julle onder die oordele kom wat Ek, EK IS wat EK IS selfs nou voorberei vir hierdie bose kinders. Wanneer hierdie doodsbevel teen My volk kom vanuit die monde van hierdie bose kinders, is dit ook My woord wat julle vertel om My kinders by te staan en om aan hulle hulp te verleen op watter wyse julle ookal kan. Goeie kinders van Gam, in daardie tye sal julle sien wat baie van julle voorouers by Bloedrivier gesien het. Julle sal My engele sien staan onder My volk, VREES NIE, hulle is nie daar om julle seer te maak nie, hulle is aangestel om My volk te beskerm. Julle mag nie naby hulle gaan nie, hulle is aan­gestel om hul opgelegde take te doen. Ek sal julle oë open om hierdie dinge te sien, as nog ‘n bevestiging dat EK IS wat EK IS met julle is. Gaan in vrede, verkondig die goeie nuus onder julle volk, die Vader van die Vaders, die Voorvader van die Voorvaders is ook met julle en is lief vir julle!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 15

Baie gaan die Innerlike woord hoor

Nog mag jy nie gaan slaap nie, Lukaas, want die tyd is te kort en jy moet hierdie woorde neerskryf. EK IS wat EK IS en EK SAL SPREEK DEUR WIE EK OOKAL KIES OM DEUR TE SPREEK! En op die vasgestelde tyd sal hulle, ja, almal van hulle wat Ek gekies het om op te staan vir My volk, opstaan wanneer Ek roep, en hulle sal My woord direk aan My volk spreek soos wat Ek My woord vir hulle sal gee om te spreek. Hulle wat Ek uitverkies het, is reeds onder diegene wat vlug na die plekke wat Ek vir julle gekies het. In daardie tyd sal hulle monde geopen word deur My, EK IS, om My woorde direk met julle te spreek in al hierdie gemeentes van My volk in dié plekke van veiligheid regoor die land, sodat julle sal weet dat EK IS wat EK IS met julle is, deur hulle wie Ek uitverkies het om by julle te wees. Hulle wie Ek gekies het sal woorde spreek, My woorde en van My woord sal hulle met groot gesag spreek, wysheid en liefde wat Ek aan hulle sal gee om met julle te spreek. Sommige van hulle sal val en hulle wat val, sal vervang word. Nooit sal enige van My gemeen­tes in daardie toevlugsoorde sonder My woord wees deur een wie Ek verwek het nie. Die tye wat nou oor julle gaan kom, sal swaarder wees as wat julle ooit kan dink en groot lyding sal deur almal gedeel word. Hulle wat deur My uitgekies is, sal julle wys dat EK IS wat EK IS persoonlik met julle is deur hulle wie Ek gekies het, en Ek sal met julle wees gedurende daardie tye, soos wat Ek nog altyd was. Ek sal aan julle elke definisie van die woord liefde toon deur hulle wat gekies is om My woorde te spreek aan My volk en julle sal weet hoe groot die liefde van ‘n skepper vir sy kinders is. EK IS wat EK IS, reik uit na My. EK IS met jou, glo net!

Slaap Lukaas, slaap en rus. Daar is baie meer vir jou om te doen.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 14 ontvang op 13 September 2013

Ek woon nie net in die geskrewe woord nie

Ontwaak en skryf Lukaas, hulle weet wie EK IS is. Skryf aan dié wat slegs wandel op die geskrewe woord as die enigste woord wat Ek deur my profete gespreek het. Ek woon in watter woorde wat Ek ookal gespreek het, Ek woon in en buite en deur wie Ek ookal kies om my woord oor te dra aan my volk wanneer Ek so kies. My profete, My leraars, My boodskappers en elkeen van hulle wat My ken, hoor My stem wanneer Ek met hulle spreek en op welke tyd Ek kies om met hulle te spreek, hoor hulle My stem. Dit is hulle wat My liefhet en My dien met `n volle bereidwillige hart en siel. Dit is hulle wat Ek uitverkies het as gevolg van hul getrouheid, want hulle het My geglo toe Ek met hulle hul woord, hul doel, hul missie gespreek het. Dit is hulle wat, toe hul lewespad aan hulle getoon is, en alles wat van hulle verwag sal word, geantwoord het: Ja Vader, ek sal alles doen wat U my vra om te doen vir U volk. Ja, dit is hulle wat My nie net liefhet nie, maar wat My liefde vir My volk ontvang het en wil slegs My wil doen vir hierdie liefde wat Ek aan hulle getoon het. Dit is hulle wat My daagliks vra om My wil te doen, ongeag die koste; liefdevolle en sagte dienaars is hulle. Dit is hulle wat nie huiwer om ‘n boodskap van straf of vermaning van My te gee nie, wetend dat hierdie woorde hulle ongewild, verwerp en gehaat sal maak, tog soos altyd, doen hulle My wil, ongeag die verwerping wat hulle ervaar deur dit te doen. Dit is hulle wat alles opoffer, slegs om My wil te doen en vra slegs vir My moed, Krag en Wysheid om daardie take te voltooi wat Ek hulle gestuur het om te doen. Hulle is myne en Ek het dit in julle harte geplaas om diegene wat Ek gestuur het, te ken. Ek het dit maklik gemaak vir julle; julle sal hulle ken deur hul liefde en hulle groot opoffering vir My doeleindes. Die ander spreek van hul valsheid deur hul eie lewens en deur hul eie lewens openbaar hulle hul valsheid en leuens. Aan hierdie wat Ek nie gestuur het nie, se sonde sal Ek sigbaar vermeerder, sodat julle kan weet dat hierdie woorde waar is. Ek IS wat EK IS, daar is geen ander nie, luister na My woorde deur diegene wat Ek gestuur het en sal stuur. Die tyd raak min en My volk moet My hoor deur hulle wat Ek gekies het om My woord aan hulle te bring in hierdie tye van duisternis en groot gevaar wat op julle is.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 13

Boodskap aan die vals herders

Skryf Lukaas skryf, wee die herders, wee! Ek, EK IS wat EK IS is toornig vandag, EK IS wat EK IS spreek nou direk tot die herders wat My vele kuddes mislei het gedurende hierdie baie jare. Spreek met hulle Lukaas en skryf, wee aan julle, wee julle herders wat gelieg en My volk mislei het, want My oordeel is nou op julle. Vir baie jare het Ek in julle harte gespreek oor die woorde en boodskappe wat julle vir My volk moes bring, om hulle voor te berei vir hierdie tye wat nou oor hulle sal kom. Julle het geweet dat die woorde van My af gekom het! Julle het geweet! Elke keer wat Ek in julle harte gespreek het, was die bevestigings onmiddellik oor die dringendheid van hierdie woorde en bood­skappe wat Ek, EK IS wat EK IS gegee het, vrylik en verniet gegee het om aan My kinders oor te dra, maar julle het My verloën! Julle het My verloën, want julle was bang vir die verlies van die valse gemeentes wat My huis besmet het, julle het My verloën, want julle was bang vir die verlies van julle sosiale status, julle het My verloën, omdat julle bang was vir die verlies van julle inkomste en was bang vir die armoede wat julle in julle ydele verbeelding geskep het, en wat nooit so sou gewees het, as julle slegs My wil gedoen het om die woorde wat Ek vir julle gegee het om te spreek om My volk te waarsku nie! Baie het verlore gegaan oor julle, julle vuil herders en nou is julle beker van verderflikheid voor My. Julle was ‘n tyd gegee om te bekeer en julle het nie bekeer nie, hoor dan nou die oordele teen julle van My, EK IS wat EK IS. My woord sal nou van julle vlug en nooit weer sal julle in My woord troos vind nie. My woord vertrek van julle af en laat julle in ‘n veld agter, sonder riviere van kennis en waarheid wat Ek so graag vir julle wou gegee het, so leeg sal My woord nou vir julle wees. Julle sal My woord met julle hele hart en siel soek en sal net oordeel en vervolging vind van My woord. Sommige sal hierdie woorde hoor en My tog vind en diegene wat My sal vind, sal My woord spreek soos wat Ek hulle sal lei om te spreek, en ongeag watter uur Ek hulle sal vra om te spreek, sal hulle spreek, dag of nag sal hulle spreek, en op enige oomblik wat Ek hulle opdrag gee om te spreek sal hulle spreek en nie meer sal hulle terughou om te spreek nie, so groot sal hulle skuld wees omdat hulle My, EK IS wat EK IS verloën het. Met smart sal hulle spreek, tog sal Ek hulle dra met My krag en My moed; so groot sal hulle skuld wees met die volle bewuswording van die vele kere wat hulle My verloën het oor die vele jare waar Ek My woorde aan hulle gegee het; hulle aangesig sal hulle hartseer weerspieël, hulle stemme sal hulle hartseer weerspieël, maar hulle sal My woorde spreek en sal hulle in ‘n nederigheid van smarte spreek. Hulle sal lewe op grond van die uitsluitlike besluitneming van My volk, deur hulle te voed en te versorg, waar Ek hulle ookal heen sal stuur en hulle sal in suiwer nederigheid alles ontvang wat deur My volk aan hulle gegee sal word, sodat hulle sal kan lewe.

EK IS wat EK IS, meer woorde sal na jou toe kom en ook van ander. Daar is niks meer nie, Lukaas, dit is genoeg vir nou.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 12 ontvang op 30 Augustus 2013

Lukaas geroep om Elohim se woorde te skryf

Lukaas van Hout praat:

Hierdie woorde is byna twee weke gelede gegee. Ek was verhinder om hulle te plaas totdat bevestiging gekom het en dit het van baie mense af gekom.

Daardie mense wat hierdie woorde bevestig het, sal die volgende lees en nou verstaan waarom daardie boodskappe na hulle toe gekom het om vir my te gee.

Daarom plaas ek dit nou sodat almal die hand van Elohim kan sien en hoe Hy volmaak deur Sy volk werk.

Hierdie woorde dra ek met selfs groter nederigheid, in die verstandhouding dat ek net dit wat van my gevra was om vir ons volk te doen, sal doen, sodat die Naam van Elohim geprys en verheerlik sal word deur Sy hele skepping.

Onthou, die oes is waarlik groot en die arbeiders min; Elohim het diegene nodig wat bereid is om sy boodskappe uit te dra na die wêreld, ongeag persoonlike koste, – jy moet net daarvoor bid en vra.

Boodskap:

Die hand van EK IS wat EK IS is op my in hierdie, die grootste oomblik van Sy verlossing.

Skryf Lukaas, dit is tyd dat almal mag weet dat Ek, EK IS wat EK IS jou van ver geroep het en van ver af het jy ag geslaan op My roepstem en het begin om My woorde neer te skryf soos wat Ek dit vir jou gegee het om te skryf. Lank was jou reis Lukaas, belaai met baie gevaar, eensaamheid, hartseer en alle tipes verraad, maar in al hierdie dinge het Ek jou vooraf gewaarsku en in al hierdie dinge het jy in jou angs uitgeroep na My, ABBA VADER en het jy voortgegaan met die reis, alhoewel dit jou alles gekos het wat jy eens in jou vorige lewe geken het. Skryf Lukaas, sodat ander kan weet van My Krag en dat Ek lewe in die sake van die mens. Ek het alles van jou weggeneem en jou op ‘n pad deur die donker vallei geplaas en met elke tree wat jy geneem het, was Ek saam met jou en het jy uitgeroep na My en geglo. Ek het jou krete van droefheid gehoor, elkeen daarvan, dit gesien en in die baie trane gedeel wat jy vir My volk gestort het en in sweet, bloed en geswoeg het jy vir My gearbei, terwyl alles waarin jy gelei was, skynbaar eindeloos gevoel het. Ek was daar toe Satan jou van alle kante aangeval het en jou weer en weer versoek het om te misluk. En in daardie tye van groot versoeking, het Ek jou elke keer die oorwinning gegee, omdat jy na My gekom het, jou sondes bely het en daarvan weggedraai het. Ek was daar toe diegene van jou familie jou op elke moontlike manier verraai het en jou bloeiend van hart en siel in daardie wildernis van angs en wanhoop gelaat het, waar Ek jou naby aan My gehou het, totdat jy My krag deur My Heilige Gees gevind het om voort te gaan met daardie take waarvoor Ek jou aangestel het. EK IS wat EK IS het daardie tye van diep en donker wanhoop gedeel, toe jou familie deur Satan gespreek het en jou onregverdig beskuldig het met vuil en morsige woorde met beskuldigings waarin jy onregverdig beskuldig was voor My troon, maar jy het geweet dat Ek saam met jou was en dat Ek toegelaat het dat hierdie dinge in jou hart gespreek word, want dit was My wil vir jou. Dit was My toets en jy het My nie gefaal nie. Daarvoor is jy gesalf om met My volk te spreek, nou en vir alle tye, in My Naam, Ek IS wat EK IS, so lieflik is jou weë, Lukaas. Dit was ook My wil dat jy hierdie pad alleen geloop het gedurende daardie vorige tye, alhoewel Ek saam met jou was om jou geloof in al hierdie dinge te toets. Lukaas, My hand is op jou en sal jou nooit laat gaan nie, net soos wat My hand op My volk, die Boere, is. Nou kom die bevestigings, want Ek stuur hulle wat jou sal bevestig en hulle het. `n Nuwe lewe gee Ek aan jou Lukaas, in My Suid-Afrika en daardie vorige dinge wat jou so diep seergemaak het, sal in jou geheue vervaag. Ek hou diegene van jou familie wat jou verraai het in My hand en op My tyd sal Ek, EK IS wat EK IS, hulle almal wys wat Ek vir jou gedoen het. Sommige sal jy weer by die troon van genade ontmoet.

Spreek nou met volke van die wêreld Lukaas, deur die woorde wat Ek, EK IS wat EK IS jou gee om te skryf, spreek met die volke, alle volke, nasies en stamme en tale, hulle wat deur My Heilige Gees voorberei is om My woorde aan te neem. Die uittog na My lande van Suid-Afrika sal kom, moenie vrees of ontsteld wees nie. Ek, EK IS wat EK IS sal al hierdie weë vir julle oop­maak gedurende die tye van die uittog na Suid-Afrika. Julle sal wag vir My oproep en Ek sal julle elkeen in tyd en plek roep waarin Ek julle opgeroep het. Julle sal My stem hoor as My getuies. Lukaas het My stem gehoor en gedoen soos wat Ek hom geroep het om te doen, sodat julle kan weet en glo dat alle dinge deur My moontlik is en dat julle op daardie oomblik sonder haas sal kom. Julle moet wees soos Lot toe hy Sodom standvastig verlaat en slegs My leiding gesoek het, daarom moet julle nooit terugdraai nie. Neem net dit wat julle nodig sal hê vir die reis. Ek sal alles voorsien wat julle nodig sal hê op die pad. Julle mag nie terugdraai nie, want in die uur wat julle dit sal doen, sal die pad wat Ek vir julle gekies het, sluit en julle lyding bring wat nooit My wil vir julle was nie. Lukaas is My getuie oor die gemak waarop Ek deure tussen nasies oopmaak en soos wat Ek dit vir hom gedoen het, so sal Ek dit vir julle doen. Glo in My en My krag, Ek IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 11 ontvang op 3 September 2013

Gam se misleiding met Uhuru

Nog ‘n waarheid sal Ek nou gee aan hierdie dienaar Lukaas. Julle het gedink om die dood van wie dit voorspel was dat hy sou sterf, weg te steek. Julle het gedink om hierdie tyd te gebruik vir julle bose plan van misleiding teen My volk, wat gebruik moes gewees het om sy dood vreedsaam te betreur, en julle het probeer om die woorde van My profeet Siener van Rensburg stil te maak, waaroor hy van hierdie tye gepraat het. Julle het gedink om veilig­heid en vrede te verseker in hierdie bespotting wat julle gedink het om op te rig om My volk te verneder en verleë te maak wanneer Uhuru nie plaasvind nie. Julle het baie tyd en moeite in hierdie groot plan gesit wat julle so langdradig uitgedink het om elke detail te dek, omdat julle julleself bo My gedink het in julle ontkenning van My. Hierdie is My wêreld en alles wat daarin is, is Myne. Ek sal nie bespot of gehoon word of verleë gemaak word deur julle, bose en slegte kinders van Gam nie.

Soos wat Ek, EK IS wat EK IS oor en oor verklaar het, wat julle doen aan die geringste van hierdie, het julle aan My gedoen en elke woord, elke bespotting, elke aksie, elke gedagte wat julle gedoen het, het julle aan My gedoen, EK IS, in My aangesig, ‘n arrogansie wat so groot is dat slegs My voorspelde woord My hand weerhou van julle vernietiging. Soos wat dit geskryf en voorspel is, so moet dit gedoen word volgens die woorde wat Ek alreeds gegee het. En tog sal Ek nog ‘n ander waarheid gee vir hierdie dienaar om te skryf. Julle het gedink om julle plan van die dood van My volk te bedek, soos dit was, ‘n paar hier en ‘n paar daar wat julle moor en slag en poog dan om dit vir die wêreld aan te bied as toevallige dade, sodat julle julle slagtings kan voortsit soos voorheen. En soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan die lig gebring het, sal Uhuru gebeur, maar nie deur My nie. Die rede (redenasievermoë) van julle verstand wat julle eens gehad het, was die rede dat Ek aan julle gegee het om goed te doen aan My kinders en aan julle volk. Julle het dit aan die Satan en sy magte van die duisternis oorgegee en soek voortdurend net boosheid. Niemand kan twee meesters dien nie en soos wat julle gekies het om die Satan te dien, so sal julle dit nou doen. My rede verlaat julle. EK IS wat EK IS.