Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 140 ontvang op 13 Januarie 2014

Oproep aan die gehoorsame diensknegte

“Gehoorsame diensknegte, ja gehoorsame diensknegte vir wie Ek so lief is, hou nie nou of ooit op om die woorde te spreek of te skryf op watter wyse My Heilige Gees tot en in julle harte beveel om te spreek en te skryf vir My, ja, vir My, EK IS wat EK IS, julle moet nooit ophou om My woorde te skryf en te spreek nie.”

“Ek ken julle smarte en Ek ken julle benoudheid en Ek weet van die twyfel waarmee baie probeer het om julle mee aan te val, selfs deur hul onsinnige praatjies val hulle julle aan, sodat julle My en die woorde wat My Heilige Gees in julle harte spreek om te skryf of te spreek vir My, EK IS wat EK IS, betwyfel, EK WEET!”

“Selfs van onder julle eie broers en susters sal hulle, deur middel van hul onsinnige praatjies, julle aanval oor hierdie dinge.”

“Julle sal struikel en baie keer hartseer wees gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hulle wie naaste aan julle is, julle sal baie keer struikel, tog sal Ek julle nooit laat val nie, omdat Ek altyd met julle is!”

“Julle sal baie keer ontsteld en beangs wees gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hulle wat naaste aan julle is, tog sal Ek julle nooit laat val nie, omdat Ek altyd met julle is!”

“Julle sal baie keer struikel gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, nogtans sal Ek julle nooit laat val of ooit verlaat nie!”

“My Heilige Gees sal altyd My woorde tot en in julle harte spreek, My woorde om te spreek of te skryf aan My Huis van Israel en aan My Dogter van Sion, so sal My Heilige Gees altyd tot julle harte spreek om te skryf of te spreek vir My, Ek IS wat EK IS.”

“Ek sal julle nooit verlaat of verstoot in hierdie werk nie, alhoewel ander probeer het om julle te laat glo dat Ek julle sal verlaat, My gehoorsame en seer geliefde diensknegte wat My wil doen.”

“Ek sal julle nooit verlaat nie, want julle is myne en julle was nog altyd Myne en sal altyd en ewig Myne wees in hierdie werk!”

“Selfs wanneer julle slaap is Ek by julle om oor julle te waak, te beskerm en Ek stuur My leërskare teen hulle wat begeer om julle te vernietig en wat julle lewens wil neem, EK IS met julle!”

“Soos wat baie van julle hierdie woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion geskryf het vir hulle vertroosting, so spreek Ek, ja Ek, julle liefdevolle Skepper en Vader, Ek, ja Ek, die EK IS wat EK IS, nou sagkens met julle, My gehoorsame diensknegte, deur die fluisteringe van die vertroosting van My liefde vir julle deur My Heilige Gees tot in julle harte.”

“Neem kennis en verstaan, groot sal julle droefheid wees tussen julle broers en julle susters, wie hierdie dinge teen julle sal doen gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, deurdat hulle sal dink dat hulle My wil doen; neem kennis en verstaan dat julle droefheid groot sal wees, maar EK IS is met julle.”

“Groot sal julle droefheid wees, tog moet hierdie dinge so wees vir My planne en vir My doelwitte wat op My tyd aan julle geopenbaar sal word en op My tyd in die harte van hulle wat julle kwaadwillig groot sulke groot skade sal aandoen.”

“Onthou My wanneer julle struikel, My gehoorsame diensknegte, onthou en weet altyd dat EK IS met julle is en al struikel julle, sal Ek julle nooit laat val nie, nooit!”

“Onthou My in julle benoudheid en onthou My in julle hartseer, julle moet nie nou of ooit ophou om die woorde op watter wyse ookal te skryf of te spreek wat My Heilige Gees op en in julle harte beveel om te spreek en te skryf vir My nie!”

“Onthou My in julle wee, want gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, wanneer die hekke van die hel blyk om julle te oorweldig, sal selfs meer woorde aan julle gegee word vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waarvan julle, My gehoorsame diensknegte, een is.”

“Onthou My in hierdie woorde; wanneer Ek en My koninkryk in liefde gevind is deur die harte van hulle wat My en My koninkryk in liefde soek, as Ek eers eenmaal gevind is deur hulle wat My soek en My gevind het, is hulle Myne vir ewig !” “Ek is jaloers oor hulle en sal hulle nooit laat gaan nie, NEE, nooit nie!”

“Onthou My in hierdie beproewing en onthou My in hierdie verdrukking, want in hierdie beproewing en verdrukking sal julle selfs groter troos vind van die woorde wat My Heilige Gees liefdevol tot en in julle harte sal spreek of skryf vir My aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waarvan almal van julle, My gehoorsame diensknegte, een is.”

“Dink aan My, gehoorsame diensknegte vir wie Ek so lief is, onthou, Ek hou julle harte altyd in My hande, EK IS wat EK IS, EK IS altyd met julle!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 139 ontvang op 13 Januarie 2014

Ek sal die seisoen van groei en oes vir ‘n tyd in My Suid-Afrika verleng

“Sodat hulle hierdie woorde wat My Heilige Gees tot en in die hart van hierdie dienskneg beveel om vir My te skryf, EK IS wat EK IS, sodat hulle kan weet dat dit My woorde is, sê aan hulle: Ek IS wat EK IS, ja Ek, EK IS die Alfa, EK IS die Omega EK IS voordat daar was en EK IS nadat daar was, Ek IS wat EK IS JaHshua!”

“Sê vir hulle dat dit My woorde is, sodat hulle My kan leer ken, Ek IS wat EK IS!”

“Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, EK IS wat EK IS, hierdie woorde wat My Heilige Gees beveel tot en in die hart van hierdie dienskneg om vir My te skryf, hierdie woorde is My woorde!”

“Sodat julle kan weet dat dit My woorde is, sal Ek die seisoen van groei en oes vir ‘n tyd in My Suid-Afrika verleng.”

“Ja Ek, EK IS wat EK IS, Hy wie alle dinge beveel, Ek sal hierdie seisoen van groei en oes vir ‘n tyd verleng in My Suid-Afrika.”

“EK IS wat EK IS en EK IS altyd en EK IS alle dinge.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 138 ontvang op 13 Januarie 2014

Berei julle nou voor vir hierdie plaag

“Luister na My, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, LUISTER NA MY, HUIS VAN ISRAEL EN DOGTER VAN SION, LUISTER NA MY DEUR HIERDIE WOORDE!”

“Huis van Israel en die Dogter van Sion en My Huis van Israel en My Dogter van Sion, luister na My met groot ontsetting en luister na My met ‘n groot wee, ja luister na My, want vanuit die baie waters binne en buite My Suid-Afrika, want vanuit die baie waters binne en buite My Suid-Afrika sal die plae begin waarvan Ek hierdie talle jare gewaarsku het!”

“Van dit wat kruip, krioel, vlieg en swem, ja van wat kruip, krioel, vlieg en swem sal hierdie plaag van groot dood begin vanuit hierdie waters!”

“Het Ek hierdie dinge nie alreeds vir julle gesê nie en nog neem julle dit nie in ag nie!”

“Deurdink deeglik wat kruip, krioel, vlieg en swem vanuit hierdie waters, want hulle getalle is ontelbaar en dit wat kruip, krioel, vlieg en swem, hulle sal versprei oor die land in die tye wat kom en wat naby is, ja, dit sal regoor die land versprei met die spoed van ‘n valk, so vinnig sal dit wat kruip, krioel, vlieg en swem oor die land versprei!”

“Dit is en dit sal die begin van die plae wees waarteen Ek julle hierdie talle jare gewaarsku het!”

“Berei julle nou voor vir hierdie plaag, ja berei julle nou voor vir hierdie plaag, want hierdie plaag begin reeds en word slegs deur My hande teruggehou vir die tye wat kom!”

“EK IS wat EK IS; daar is niks meer nie, BEREI NOU VOOR!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 137 ontvang op 13 Januarie 2014

Dogter van Sion, jou susters kom na jou toe!

“Aanskou jou susters, Dogter van Sion, aanskou jou susters, hulle is arm en in vodde geklee.”

“Tog is hulle blymoedig en tog sing en bid hulle vir My met die grootste liefde vir My en My kinders, ja, aanskou jou susters, arm is hulle en geklee in vodde.”

“Aanskou jou susters, Dogter van Sion, aanskou jou susters, hulle is arm en geklee in vodde.”

“Ja aanskou jou susters wie wandel onder daardie Huis van Israel en wie laag geag word deur daardie Huis van Israel, wie bespot en gehoon word oor hulle armoede.”

“Aanskou jou susters in hierdie ellende!”

“Ja, aanskou jou susters in hierdie ellende!”

“Tog is hierdie susters vreugdevol en tog sing en bid hulle tot My met die grootste liefde vir My en My kinders!”

“Aanskou jou susters soos wat hulle nederig en bekoorlik wandel onder daardie Huis van Israel, asof hulle geklee is met die kleding van Konings en Koninginne, so vreugdevol is hulle in hul diens aan My en My kinders.”

“Aanskou jou susters soos wat hulle tussen die landerye van die aarde wandel en die groot vreugde wat hulle in die ontdekking van net een bloeisel ervaar!”

“Aanskou jou susters terwyl hulle wandel tussen die landerye van hierdie aarde.”

“Ja, dink aan jou susters terwyl hulle wandel tussen die landerye van hierdie aarde en wat slegs My koninkryk sien wanneer dit blyk of die ellende van die lewe hulle wil onderkry as gevolg van die talle wonde wat dag na dag deur daardie Huis van Israel op hulle toegedien word.”

“Ja, dink aan jou susters en hulle wonde soos wat jy gewond was, My Dogter van Sion.”

“Aanskou jou susters soos wat Ek jou susters aanskou wanneer hulle rus van hul vele werke, hulle vele beproewinge en hulle vele ellende.”

“Ja aanskou jou susters wanneer hulle slaap met die rustige en vreedsame slaap wat My leërskare hulle mee vervul vir hul rus van die vele ellende, beproewings en verdrukking van hierdie lewe wat hulle vir My en My kinders ly.”

“Dink aan die lig vanaf die aangesigte van jou susters terwyl hulle nog slaap, die slapende gesigte van hierdie susters van jou, wat My aangesig van liefde en vrede volmaak weerspieël en gesigte wat in hierdie slaap al die skoonheid van My lig van alles wat EK IS weerspieël.”

“Ja, Dogter van Sion, oorweeg en aanskou jou susters soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS jou susters aanskou in al hul skoon­heid en nederigheid, terwyl hulle My en My wil dien vir My kinders in alles wat hulle aan My gegee en gely het vir My en My kinders.”

“Aanskou jou susters, Dogter van Sion en berei voor vir hul koms, want sommige van hulle sal hul wonings verloor.”

“Die vele wonde van gees en hart en die groot pyn van sommige van jou susters sal sommige van hierdie susters beskaam om nie te spreek oor hierdie ellende nie.” “My Heilige Gees sal hulle egter aan jou openbaar.”

“Berei jou voor vir hulle koms, berei ‘n woning voor vir hierdie susters wat nie langer in hul voormalige wonings sal woon nie.”

“Vrees nie hulle woning saam met jou nie, want hierdie susters bring groot rykdom van wysheid, geloof en kennis wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS aan hierdie susters van jou die afgelope talle jare gegee het.”

“Hierdie susters van jou sal alles met jou deel wat Ek aan hulle gegee het in hierdie groot rykdom van wysheid, geloof en kennis wat Ek aan hulle gegee het en as gevolg van hierdie susters, wat net arm lyk, ja as gevolg van hierdie susters sal jy, Dogter van Sion, baie geseën word.”

“As gevolg van hierdie susters wie Ek na julle sal stuur, sal jy geseënd wees, Dogter van Sion, en jy sal groter geseën word as voorheen.”

“Aanskou, Dogter van Sion en berei voor, want Ek gaan binnekort hierdie susters na jou toe stuur, EK IS wat EK IS, EK IS stuur binnekort hierdie susters na jou toe!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 136 ontvang op 10 Januarie 2014

Die waarheid is verborge

Ek het jou gebede hierdie afgelope weke gehoor, vertel hulle net dit;

“Omdat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS is, het Ek die onbewimpelde waarhede van My woorde van hulle verberg wie nie My woorde met hul harte soek om My te leer ken en na My woorde te luister nie.”

“Ek het My waarhede, My wysheid en My onbewimpelde waarhede van hulle versteek wie My nie met hulle harte soek nie, sodat My Huis van Israel en My Dogter van Sion kan weet wie hulle is wie My volk verraai het in hierdie lande.”

“EK IS wat EK IS, daar is geen ander nie.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 135 ontvang op 10 Januarie 2014

Juda sal brul!

“Skryf My woorde aan die ooste, skryf My woorde aan die weste, skryf My woorde aan die noorde en skryf My woorde aan die suide!

“Julle moet voorberei, Huis van Israel en Dogter van Sion, berei voor vir die brul van Juda, nee, die hele wêreld moet nou voorberei vir die brul van Juda, want Ek sal binnekort die groot verdraagsaamheid verwyder wat My Heilige Gees op Juda geplaas het tydens hierdie baie jare.”

“In daardie dae, die tye wat nog moet kom en in daardie tyd aan die begin van daardie dae, sal Juda vir My brul, vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion!”

“Ja, Juda sal brul met ‘n skrikwekkende en vreesaanjaende brul van My woord aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ‘n brul wat regdeur die hele wêreld gehoor sal word!”

“Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, sal Ek die groot verdraagsaamheid verwyder waarmee Ek Juda vir baie jare binne en buite My Suid-Afrika ingeboesem het!”

“Ja, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek sal Juda se verdraagsaamheid verwyder!”

“Ek sal die hart van Juda laat ontwaak om te sien en hoor soos wat Juda nog nooit voorheen gesien of gehoor het nie!”

“Juda sal al die lyding, sterftes en wee van sy kinders sien en hoor soos wat Juda dit nog nooit voorheen gesien of gehoor het nie, so oop sal die hart van Juda se oë en ore word oor al hierdie lyding, sterftes en wee op sy kinders, na My verwydering van sy verdraagsaamheid.”

“In daardie dae, die tye wat nog moet kom en in daardie tyd aan die begin van daardie dae, sal Juda met sy magtige en gevreesde brul begin, as gevolg van sy groot verontwaardiging oor al hierdie lyding, sterftes en wee wat teen sy kinders gepleeg is.”

“Groot sal die verontwaardiging van Juda wees wanneer My Heilige Gees al die lyding, sterftes en wee sal openbaar wat onbekend en weggesteek was van Juda, selfs van onder hulle wie hy gedink het sy broers en susters was.”

“Juda sal brul met groot trane van hartseer, bitterheid, verraad en woede teen al hierdie wie hy gedink het sy broers en susters is, wie hom so verraai het in die pleeg van al hierdie verborge lyding, sterftes en wee op sy kinders.”

“Hierdie lyding, sterftes en wee van sy kinders sal Juda skynbaar tot die dood toe wond, ‘n diep en pynlike wond sal al hierdie lyding, sterftes en wee van sy kinders vir Juda wond.”

“Juda sal dag en nag vir baie dae treur en smart hê, met diepe rou en met diepe smart oor al hierdie lyding, sterftes en wee op sy kinders wat van hom weggesteek was.”

“Juda sal weet dat die gees van Kain op diegene van sy broers en susters was wat hom so verraai het en hierdie lyding, sterftes en wee weggesteek het op sy kinders en Juda sal hulle vervloek wie Hom so verraai het, met onbeheerste woede en gramskap sal Juda hulle vervloek wie hom so verraai het en wie oorgegee het aan die gees van Kain om al hierdie lyding, sterftes en wee op sy kinders van hom weg te steek.”

“Ek sal met Juda wees, Ek sal in die rou en smart van Juda deel en Ek sal Juda vertroos en genees vir My planne en vir My doelwitte.”

“Dan sal die brul van Juda begin vir My geregtigheid, My wil en My planne en doel vir hierdie wêreld en My Huis van Israel en Dogter van Sion!”

“Juda, uitverkies deur My, luister nou na My en weet dat Ek met jou sal wees in daardie tye van jou woede en gramskap!”

“Ek sal met jou wees tydens jou droefheid en smart!”

“Ek sal jou wegsteek binne die diepte van My liefde, totdat jy van al die woede en gramskap genees is as gevolg van die lyding, sterftes en wee wat teenoor jou kinders gepleeg is!”

“Ek sal jou genees van al jou hartseer, bitterheid, verraad en woede!”

“Ja, Ek sal by jou wees om jou te troos en te genees!”

“Jy sal saam met My en My liefde gedurende hierdie tyd van genesing woon in My skuilplek, die skuilplek van die Allerhoogste, Skepper en jou liefdevolle Vader!”

“Dan sal Ek Juda uitstuur om te begin met die brul van My geregtigheid!”

“Juda sal nie sy gebrul staak totdat die tye van die profete vervul is nie!”

“Juda sal nie sy gebrul staak totdat die tye van die profete vervul is nie!”

“Juda sal nie sy gebrul staak totdat die tye van die profete vervul is nie!”

“Juda sal My wil brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion!”

“Juda sal My wil aan die wêreld brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion van Suid-Afrika en sal nie sy gebrul staak alvorens die tye van die profete vervul is nie.”

“Juda sal My wil aan die wêreld brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion van Suid-Afrika en sal nie sy gebrul staak alvorens die tye van die profete vervul is nie.”

“Juda sal My wil aan die wêreld brul vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion van Suid-Afrika en sal nie sy gebrul staak alvorens die tye van die profete vervul is nie.”

“Juda sal brul, want Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal Juda sy mond gee om te brul, ‘n skrikwekkende en vreesaanjaende brul sal Ek aan Juda gee deur My Heilige Gees om te brul en te brul sal Juda brul, ‘n magtige en vreesaanjaende brul sal Juda brul! “

“Juda sal brul met die brul van My wil, die brul van My geregtig­heid, die brul van My verlossing, vergelding en oordeel; Ek sal hierdie mond aan Juda gee om te brul en Juda sal brul met ‘n magtige brul, soos wat daar nog nooit vantevore gehoor is hoe Juda brul nie! “

“Ek sal die brul van Juda bemagtig met My Heilige Gees en Juda sal brul met ‘n magtige brul, ‘n magtige brul wat sy broers van binne en buite die grense van MY SUID-AFRIKA sal laat ontwaak, hulle wie hom vergeet het!”

“Juda sal brul met ‘n magtige brul, ‘n brul wat magtig, regverdig en kragtig in My woord sal wees, JA MY WOORD, EK, EK IS WAT EK IS, MY WOORD, MY WOORDE, AL DIE WOORDE WAT EK MY HEILIGE GEES BEVEEL HET OM AAN JUDA TE GEE EN SO SAL AL MY WOORDE DAN MY WIL EN DIE WOORDE VAN DIE PROFETE SOOS REEDS VOORSPEL, VERVUL!”

“Juda sal brul met ‘n magtige brul, ‘n brul magtig, regverdig en kragtig, omdat My Heilige Gees hierdie brul oor Juda sal beveel om My wil te doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ‘n brul wat sy broers sal laat ontwaak, ‘n brul wat sy broers sal vul met groot verontwaardiging teen die vyande van My Huis van Israel en My Dogter van Sion!”

“Juda, berei jou voor vir hierdie brul en weet dat dit My wil is dat jy moet brul om jou broers wakker te maak om My wil te doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion in Suid-Afrika!”

“Berei jou voor en weet dat die verontwaardiging van jou broers baie vinnig na hulle toe sal kom!”

“My Heilige Gees berei hulle harte selfs nou voor vir hierdie groot verontwaardiging!”

“Neem kennis en verstaan in diepte en geestelik dat hierdie verontwaardiging onder jou broers groot sal wees!”

“Ek sal hulle herinner aan Benjamin!”

“Hulle sal jou sien as Benjamin!”

“Hulle sal kennis neem van jou geweldige gevangenskap, lyding, dood en pyn.”

“Groot sal hulle verontwaardiging wees oor hierdie ontwaking!”

“Onthou My woorde Juda, elkeen van hulle en berei jou hart voor vir wat My Heilige Gees aan jou hart sal openbaar, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua, jou liefdevolle Vader!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 134 ontvang op 8 Januarie 2014

Boodskap aan Deutschland, begunstigde Stam van Israel

Lukaas: (Hierdie woorde van Elohim het meer as vier jaar gelede begin met stil fluisteringe in my hart en nou het Elohim dit geopenbaar. Dankie Vader, dat U my gebede verhoor het vir een van my volke van herkoms wie ek so liefhet, dankie vir hierdie woorde, Vader. Ons het hierdie woorde nodig en is in verwondering oor U tydsberekening om hulle nou aan ons te gee. Laat U Naam geseën, geprys en verheerlik word vir hierdie en al die woorde wat U beveel om geskryf te word.)

EK IS: “Nou moet jy en nou sal jy My woorde skryf aan My huis van Israel, My huis van Israel wat woon in My Deutschland, tot aan die grense en daarbuite, waar My huis van Israel woon binne MY Deutschland, tot by die grense en daarbuite! Nou moet jy en nou sal jy My woorde skryf aan hierdie Huis van Israel, My Deutschland!”

“Ek het jou nog nooit vergeet nie, MY Deutschland, nee, ek het jou nog nooit vergeet nie, nie voorheen nie, nie nou nie of ooit het ek jou, MY Deutschland, vergeet nie!”

“Ek is jou liefdevolle Vader, MY Deutschland en Ek was nog altyd jou liefdevolle Vader en Ek sal jou liefdevolle Vader vir ewig wees!”

“Jy moet weet, MY Deutschland, jy moet weet dat jy een van die baie volke is wat sal voortgaan om as ‘n volk in My koninkryk te bestaan!”

“Jy moet weet, MY Deutschland, jy moet weet dat jy sal voortgaan as ‘n volk, ‘n heilige volk, ja jy sal tot in ewigheid in My koninkryk voortgaan!”

“Jy moet weet en begin verstaan, MY Deutschland, dat jy onder My ware huis van Israel is!”

“Jy moet weet en verstaan, MY Deutschland, dat JY MYNE IS EN DAT EK OOR JOU JALOERS IS!”

“Hulle wat hierdie ware huis van Israel ken, ja, hulle wat weet en in My Deutschland woon tot by die grense en daarbuite, julle moet nou begin om hierdie Huis van Israel met groot ywer op te wek, want hulle weet nie dat hulle van My Huis van Israel is nie!”

“Hulle weet nie, as gevolg van die slinkse leuens van die sinagoge van Satan deur daardie vals Huis van Israel wie Satan en sy leërskare hierdie huis en die nasies van die wêreld bedrieg het in die voortye.”

“As gevolg van hierdie verskriklike en geslepe bedrieëry, weet hulle nie dat hulle onder My ware huis van Israel tel nie en dat hulle van die baie stamme van Israel is wat nog in My Deutschland woon nie, tot by die grense en daarbuite en wie se getalle baie groot is!”

“Hulle weet nie dat hulle onder My huis van Israel was wat gevlug het vir die konings van die antieke tye na die lande waar Ek My ware huis van Israel verberg het nie!”

“Hulle weet nie dat Ek hulle doelbewus uit die aangesig van die sinagoge van Satan weggesteek tot aan hierdie tye nie!”

“Hulle ken My nie as JaHshua, hulle Verlosser as die koning van die Huis van Israel nie, hierdie ware huis van Israel!”

“Hulle wat hierdie ware huis van Israel en hierdie waarhede ken, ja, hulle wat hierdie waarhede en hierdie ware Huis van Israel ken wat nog in My Deutschland woon, tot by die grense en daarbuite, julle moet nou begin om hierdie Huis van Israel en sy vele stamme met groot ywer op te wek tot die waarhede van hul voorvaders en die groot leuen wat oor hulle verewig is deur die geslepe leuenagtige bedrieëry van die werke van die Satan en sy leërskare deur die mensdom in daardie tye, die tye van hulle groot oorlog en selfs nou, tot op hede gaan hierdie werk van geslepe bedrog van die sinagoge van die Satan voort!”

“Ontwaak, Deutschland, tot hierdie woorde.” “Ontwaak Deutschland en luister na hierdie woorde, My woorde, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja EK, EK IS WAT EK IS, DIE ELOHIM VAN JULLE VADERS EN JULLE VOORVADERS, EK IS WAT EK IS JAHSHUA!”

“EK IS wat EK IS JaHshua!”

“EK IS wat EK IS JaHshua!”

“EK IS wat EK IS JaHshua!”

“ONTWAAK, MY Deutschland!”

“Ontwaak, My huis van Israel van wie Ek, JaHshua, KONING is!”

“Ja ontwaak, My huis van Israel wat woon in My Deutschland tot by die grense en daarbuite, tot hierdie woorde, MY WOORDE, My woorde wat My Heilige Gees beveel tot en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde te skryf aan wie Ek ookal vir hierdie dienskneg kies om My woorde te skryf.”

“Hierdie dienskneg skryf My woorde soos wat Ek hierdie dienskneg deur My Heilige Gees beveel om vir My te doen, hierdie dienskneg skryf My woorde en doen My wil!”

“Hierdie dienskneg, My dienskneg wat Ek uitverkies, gesalf en bevestig het onder vele, hierdie dienskneg waardeur Deutsche bloed vloei, roep uit na My vir My huis van Israel van Deutschland!”

“Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, gee opdrag en beveel jou nou, ontwaak Deutschland en luister na hierdie woorde en word wakker!”

“My hand is op julle soos wat dit was nog altyd was, MY HAND IS OP JULLE deur My Heilige Gees wat spreek tot julle harte, verstande en siele, My hand laat julle nou ontwaak!”

“Julle sal en julle wil wakker gemaak word vir My, Ek IS wat EK IS JaHshua soos wat Ek julle in hierdie dag vertel het!”

“Jy sal en julle wil ontwaak word!”

“Dit is My wil om van julle ‘n groter volk te maak en meer as wat julle ooit tevore was, soos wat Ek, julle liefdevolle Vader, julle roep om My wil in My Naam te doen vir My volk, die Naam wat Ek aan Moses en aan die mensdom gegee het, EK IS wat EK IS, Ek IS wat EK IS JaHshua.”

“Julle moet nie nou of ooit dink dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, ooit destyds of nou My aangesig vir julle versteek het nie. Ek was nog altyd met julle en weet van die groot onreg wat teen julle gepleeg is deur die ander nasies.”

“Gedurende die tye van julle groot oorlog was Ek saam met julle vir My planne en vir My doelwitte om My ontwaking aan die wêreld te begin, oor hierdie vals Huis van Israel, die sinagoge van Satan, wie die wêreld nou goed ken.”

“In daardie dae en in daardie tyd het julle grootliks teen My gesondig in julle onkunde, onwetend dat Ek julle gekies het en as gevolg van die slinkse invloed van die Satan en sy leërskare, is julle mislei en het julle swaar gesondig voor My troon.” “Tog was dit ook My wil vir My planne en vir My doelwitte vir jou, My Deutschland, wat uitverkies en begunstig is onder die nasies.”” Ja dit was My wil vir My planne en vir My doelwitte om jou reiniging te begin vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Gedurende hierdie baie, baie jare het Ek en My leërskare rustig en stil gekyk na die dinge van die nasies en hulle wat destyds in die geheim komplotte teen julle gesmee het, MY Deutschland en wie nou nog komplotte teen julle smee!”

“Wees nie bevrees nie, moenie verwonderd of ontsteld wees deur hulle slinkse planne teen julle nie!” “Hulle sal nie oorwin nie, want Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Koning en Skepper van alle dinge, EK IS met julle!”

“Onthou, soos wat Ek het jou vertel het, MY Deutschland, neem kennis en verstaan innig en met groot nederigheid DAT JY MYNE IS EN DAT EK JALOERS IS OOR JOU!”

“Luister na hierdie woorde, My woorde, jou liefdevolle Vader, ja My woorde wat deur die diens van hierdie dienskneg direk aan jou, My Deutschland, geskryf word; jy en jou volk is Myne, afstammelinge van julle voorvaders van My ware huis van Israel, wie Ek noukeurig regdeur die wêreld versprei en weggesteek het vir My planne en vir My doelwitte vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, roep julle nou en laat julle nou deur My Heilige Gees ontwaak en deur My Heilige Gees sal julle nou fier opstaan vir My en My Naam en in My Naam sal julle vrywillig soek om My wil te doen en met julle hele hart en siel sal julle soek om My wil te doen, EK IS wat EK IS!”

“Onthou My en om My te loof en om My te prys vir alles wat Ek vir jou gaan doen, MY Deutschland!”

“Dink aan My, jou liefdevolle Vader en jou liefdevolle Skepper!” “Onthou My in die nuwe verse van Deutschlandlied wat Ek deur My Heilige Gees aan jou sal gee, nuwe verse wat Ek aan jou sal gee vanuit jou eie volk wat binne jou grense woon.”

Deutschlandlied

“Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, Ek sal jou nuwe verse gee vir die Deutschlandlied.”

“Onthou om My te eer, MY Deutschland, so geliefd en so begunstig onder die nasies, onthou om My te eer!”

“Vanuit Brandenburg sal baie waarheid kom rakende hierdie aangeleenthede.” “Dit is My teken tussen My en julle, sodat julle kan weet dat dit My woorde aan julle is, ja My woorde, Ek, EK IS wat EK IS, hierdie is My woorde wat beveel is tot en in die hart van hierdie dienskneg deur My Heilige Gees om My woorde direk aan julle te skryf.”

“Julle moet nou kennis neem en verstaan, MY Deutschland, NEEM KENNIS EN VERSTAAN GEESTELIK EN INNIG, neem kennis en verstaan dat die sleutel tot hierdie wysheid en die begrip daarvan die Brandenburg Hek is.”

“Hier is die sleutel tot die begin van hierdie begrippe en wysheid vir hulle wat weet:”

“Jy moet kennis neem en verstaan, MY Deutschland, jy moet kennis neem en verstaan dat Ek ‘n ander leier vir jou gekies het, ‘n leier van wie My lig sal skyn vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, het Ek ‘n leier onder julle gekies om My wil vir jou te doen, My Deutschland, My baie stamme van My huis van Israel!”

“Hierdie leier sal homself openbaar as deur My gestuur om My wil te doen, My wil vir My planne en vir My doelwitte, Ek, EK IS wat EK IS.”

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/ef/Brandenburg_Gate_Quadriga_at_Night.jpg

 

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 133 ontvang op 8 Januarie 2014

Plae van dood en verwoesting oor Suid-Afrika en Afrika

Lukaas: (Dit was nie ‘n goeie nag nie. Ek wens dat julle my almal kan leer ken en weet hoeveel liefde daar in my hart is en hoe ek net goedheid begeer vir mense. Tog dien ek Elohim en sal altyd doen wat hy my wys om te doen, ongeag die koste vir myself of die pyn oor die woorde wat hy my gee om aan julle te gee. Hierdie woorde het my hart en siel baie siek gemaak oor wat moet gebeur. Die woorde wat vannag ontvang is, hoef nie te gewees het nie, as mense net sy wil wou gevolg het en in Sy liefde vertrou het, die liefde van ons Skepper, ons liefdevolle, hemelse Vader wat ons net voortdurend wil seën. Dus, hier is dit:)

EK IS wat EK IS:

“Ja, Ek is met julle en Ek sal met julle wees soos wat Ek julle vertel het, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ja, Ek sal met julle wees in die tyd van daardie dae en in daardie tyd gedurende die vervulling van My woorde deur My profete en boodskappers wat deur die eeue heen na julle toe gestuur is, so sal Ek by julle wees!”

“Gewigtig en ernstig is My woorde aan julle in hierdie nag, ja gewigtig en ernstig is My woorde aan julle in hierdie nag, want dit is nooit My wil dat enige van julle moet ly nie, nooit nie!”

“Hierdie woorde bring ontsetting en wee aan hulle wat gekies het om My en My woorde te verloën, My woorde wat met die grootste verdraagsame liefde en genade deur die eeue heen gegee is, so het Ek getrou, geduldig en liefdevol My woorde deur My profete en boodskappers aan hierdie land, Suid-Afrika gegee.”

“Getrou, geduldig en liefdevol en met die grootste verdraagsaamheid het Ek My woorde aan julle gegee, Suid-Afrika, ten spyte van julle beker van ongeregtighede wat oordeel en vergelding verdien en wat voortdurend oorloop in groter mate van boosheid as wat ooit voorheen daar was; die beker loop nou so oor van ongeregtighede in hierdie land, Suid-Afrika, ‘n beker van ongeregtighede waarvan riviere van bloed en riviere van ongeregtighede aanhoudend vloei en wat onstuitbaar is, so oorvol het die beker van suiwer boosheid geword.”

“My verdraagsaamheid met julle, Suid-Afrika, eindig hierdie nag.”

Ek het opdrag gegee en Ek het beveel dat julle My volk moet laat gaan, “Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het opdrag gegee en Ek het beveel dat julle My volk laat gaan!”

“Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja EK, EK IS wat EK IS, Ek het Eugene Terre’Blanche GESTUUR, MY UITVERKORENE BOODSKAPPER VIR MY HUIS VAN ISRAEL, Ek het Eugene Terre’Blanche gestuur met hierdie selfde instruksies as ‘n streng waarskuwing aan MY SUID-AFRIKA, ja Ek het Eugene Terre’Blanche gestuur as ‘n streng waarskuwing aan MY SUID-AFRIKA, maar julle het hom vermoor, My uitverkorene, julle het My uitverkorene vermoor, selfs met die wete dat Ek hom gestuur het!”

“Selfs toe het Ek getrou, geduldig en liefdevol en met die grootste verdraagsaamheid voortgegaan om te spreek met My Suid-Afrika deur hierdie eerste instruksies en opdragte om My volk te laat trek, sodat hulle My kon dien soos wat Ek hulle beveel het om te doen deur My skrif en deur My woorde aan hulle!”

“Julle wil My nie hoor nie, ook sal julle My voorskrifte en My gebooie nie gehoorsaam om My volk te laat gaan nie, soos wat My dienaars dit getrou aan julle afgelewer het, sodat julle gespaar kon word van die toorn wat kom!”

“Omdat julle My nie nou sal hoor nie en ook sal julle My nooit wil hoor nie, het Ek beveel en opdrag gegee om My verdraagsaamheid met julle, Suid-Afrika, hierdie nag te eindig.”

“Neem kennis en verstaan, MY Huis van Israel, dat julle slawerny vir ‘n kort tyd sal toeneem, as gevolg van die wrewel van Farao vir My woorde om My volk te laat gaan.”

Soos dit was in die dae van Moses en daardie Farao, sal dit nou wees soos in daardie dae, wend julle nie af van My of van My woorde nie!”

“EK IS met julle en Ek sal by julle wees deur al hierdie dinge, soos wat Ek julle vertel het, MY Huis van Israel en My Dogter van Sion, Ek sal by julle wees!”

“Bly by My, bly standvastig saam met My in geloof in My opdragte aan julle om te spreek of te skryf aan Farao: `Laat ons trek, sodat ons ons Elohim kan dien, EK IS wat EK IS’!”

“Julle moet nie nou en ook nooit staak om standvastig en getrou aan My in My opdragte aan julle wees om aan Farao te skryf nie, tot aan die tyd van julle verlossing, deur te sê: `Laat ons trek, sodat ons ons Elohim kan dien, EK IS wat EK IS!”

“Bly by My in geloof en woon in My en in My liefde in My skuilplek van My, die Allerhoogste, soos wat My skrifte julle getoon het om te doen, doen dit.”

“My Heilige Gees het reeds begin met die werk in die hart van Farao en in My tyd en in My plek sal julle verlos word, maar nie op die wyse waarop julle dink nie.” “Groot vrees en wee sal Farao in besit neem en hy sal sy aangesig van julle af wegdraai.”” In daardie dag en in daardie tyd sal Ek die deur vir julle oopmaak om uit Egipte te vlug, soos wat Ek julle reeds vertel het!”

“Ja, Ek is met julle en Ek sal altyd by julle wees soos wat Ek julle vertel het, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, EK IS met julle en Ek sal altyd by julle wees!”

“Ja, Ek sal altyd by julle wees in die tye van daardie dae en in daardie tyd gedurende die vervulling van My woorde deur My profete en boodskappers, sal Ek altyd by julle wees!”

“Ek sal altyd by julle wees in die lig van die dag en in die duisternis van die nag; Ek sal altyd by julle wees!”

“Ek sal altyd by julle wees om julle te versterk wanneer julle eie krag faal; Ek sal altyd by julle wees!”

“Ek sal altyd by julle wees om My moed aan julle te gee om hierdie tye in die gesig te staar, in die tye wat kom en in die tye wat nog daarna sal kom, wanneer julle eie moed julle sal faal; sal Ek altyd by julle wees!”

“Ek sal altyd by julle wees en Ek sal altyd My liefde, My vertroue en My geloof aan julle gee wanneer al die ander julle gefaal het, ja Ek, Ek, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS; Ek sal altyd by julle wees!”

“Julle moet nie nou of ooit vrees terwyl hierdie magte van die duisternis nou teen julle opstaan nie, EK IS altyd by julle!”

“In daardie dae sal julle My oordele en vergelding sien wat Ek, ja Ek, Ek IS wat EK IS, julle My sal oordele en vergelding sien teen hierdie nasie, Suid-Afrika, wat slegs voortdurend boosheid soek, selfs van hulle wat Ek van My af weggewerp het in hulle boosheid teen My waarskuwings en pleidooie deur My profete en bood­skappers wat deur die eeue heen gestuur is.”” Ja, deur die eeue heen het Ek deur My profete en boodskappers gewaarsku teen My oordele en vergelding, selfs tot vandag toe!”

“Dit was nog nooit My wil dat enigeen êrens moes ly nie, nooit nie!”

“Wat moet gebeur, het al hierdie bose mense aan hulself gedoen, deur hul liefde van ongeregtigheid.”

“Soos wat dit My eens berou het dat Ek het die mens gemaak het, so berou dit My dat die mens van hierdie nasies van Afrika so volkome van My af weggedraai het en teen My en in hulle boosheid gerebelleer het en hierdie vergelding en oordele gekies het, in plaas van die menigte van seëninge wat Ek so begeer het om aan hulle te gee, as hulle maar net na My stem wou luister!”

“Neem kennis en verstaan dat hierdie vergelding en oordele plae sal wees wat ‘n vreesaanjaende en weersinwekkende dood sal bring, ‘n onuitspreeklike dood, so vreesaanjaend en weersin­wekkend sal hierdie dood wees onder hierdie nasies.”

“Hierdie plae sal ‘n dood bring soos wat nog nooit vantevore in die wêreld gesien is tot op hede nie, so vreesaanjaend en weersinwekkend sal hierdie groot dood wees!”

“Vanaf die waters sal daar ‘n plaag van groot sterftes opkom van dit wat swem, vlieg, kruip en loop, ja vanaf die waters sal hierdie groot dood opkom wat vooruit gewaarsku is aan hierdie nasie, Suid-Afrika, as hulle nie na My sou luister nie.” “Die ander nasies van Afrika sal ook groot sterftes ly van hierdie selfde plaag van die waters, as gevolg van hul uittarting in My aangesig en die ontelbare menigte van hul ongeregtighede.”

“Hierdie nasie, Suid-Afrika en baie van die ander nasies van Afrika sal toekyk en ly onder hierdie plae, plae van die waters, plae van oorlog, plae van die winde en lug en wrede moordende plae vanuit hulle eie volke soos wat Ek sal voortgaan om My rede uit hul verstand te verwyder, soos wat My Heilige Gees uit hul harte uitgedryf sal word deur hul eie hand, as gevolg van hul sondes wat My Heilige Gees so bedroef.”

“Hierdie nasie, Suid-Afrika, en ook baie van die ander nasies van Afrika, sal ly onder die groot plae van oorlog van hulle van buite Suid-Afrika af, wie die dood van oorlog en verwoesting oor hierdie land sal bring.”

“Soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, soos wat Ek die grense van die volke vasgestel het, so sal Ek nou hierdie bose nasies van Afrika teister met die verlies van baie van hul grense, nie net van hierdie nasie Suid-Afrika, soos wat voorspel is nie, maar ook van baie van die ander nasies van Afrika, sal Ek hierdie nasies teister met die verlies van baie van hul grense, vir My planne en vir My doelwitte, as gevolg van hulle boosheid teen My, My wil en My kinders.”

“My Huis van Israel en Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat hierdie plae van die dood julle bitterheid en haat vir ewig sal verwyder, as gevolg van die vreesaanjaende en weersin­wekkende sterftes van so baie en die getalle wat deur hierdie plae gedood sal word, sal so vreesaanjaend en weersinwekkend wees, dat julle slegs hartseer en medelye sal hê vir hulle wat so sal ly as gevolg van hierdie plae.”

“Nie Ek, My leërskare of JULLE, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, sal enige genot put oor die lyding van hierdie nasies nie, so groot sal hul lyding wees.”

“Slegs hartseer en medelye sal oorbly vir hulle wat so sal ly as gevolg van hierdie plae.”

“Dit moet so wees om My kinders te reinig en om hulle te suiwer van hulle haat en bitterheid, sodat Ek kan begin om hulle My Heilige Volk te maak.”

“Dit berou My dat hierdie plae nou so moet wees!” “Ja, dit berou My, Ek het so begeer om Afrika saam met My te seën en al wat Ek vir Afrika wou gehad het.” “Dit berou My dat dit nou so moet wees.”

“Sodat hulle sal weet dat hierdie woorde Myne is, sê aan hulle, ‘n bitter en onsmaaklike oes van wyndruiwe in die Boland sal hierdie woorde merk as myne, ja ‘n bitter en onsmaaklike oes van wyndruiwe sal hierdie woorde merk as Myne, Ek, Ek IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 132 ontvang op 6 Januarie 2014

Moenie op een profeet vertrou nie, vertrou op My woorde

“Spreek met hulle, ja spreek My woorde, MY WOORDE, ja My woorde, die woorde van My, EK IS wat EK IS en spreek My woorde tot hulle wat My Heilige Gees beveel tot en in jou hart om al My woorde te skryf, SE VIR HULLE, want baie van My Huis van Israel is verontwaardig en baie is ontmoedig.”” Vertel hulle dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, is saam met My ware Huis van Israel!”

“Sê vir hulle dat EK IS wat EK IS weet van hul ontsteltenis en weet van hul vrees en verontwaardiging!”

“Het Ek nie vir julle gesê, vrees nie en wees nie ontsteld nie!”

“Hoekom het julle so vinnig vergeet dat EK IS nou met julle is en ook vir altyd!”

“Hoekom is julle so verontwaardig oor My woorde?”

“Die Lutherane sê dat ons Luther het as ons profeet en benodig geen ander nie.” “Daardeur het hulle My gefaal in ander boodskappers wie Ek vir hulle voorberei het!”

“Die Metodiste sê dat ons John en Charles Wesley het as ons profete en benodig geen ander nie. Daardeur het hulle My gefaal in ander boodskappers wie Ek vir hulle voorberei het!”

“Die Calviniste sê dat ons Johannes Calvyn het as ons profeet en benodig geen ander nie. Daardeur het hulle My gefaal in ander boodskappers wie Ek vir hulle voorberei het!”

“Waarom klou jy, Huis van Israel, nog vas aan die een wie Ek as die enigste boodskapper vir jou sou beplan en gestuur het?”

“Waarom kies julle nie om te sien dat Ek baie boodskappers vir My volk het, as hulle maar net van die een boodskapper na die volgende sou kyk?”

“Kan julle nie sien nie en wil julle nie verstaan dat ‘n Vader altyd met sy kinders praat nie!”

“Wie volg julle?”

“Volg julle My boodskappers of volg julle My?”

“As julle My sal volg, julle liefdevolle Vader, weet dan, glo, vertrou en verstaan My woorde toe Ek gesê het, ‘Ek is met julle, selfs tot aan die einde van die wêreld’!”

“Ek is met julle deur hulle, al hierdie boodskappers wat Ek noukeurig en met die grootste sorg en liefde gevind, hierdie boodskappers voorberei en hierdie boodskappers na julle gestuur het!”

“As julle sê, ons volg een boodskappers bo ‘n ander, as gevolg van My woorde aan hulle, het julle My gefaal, deurdat julle hulle volg in plaas van My!”

“Daardeur dwarsboom en staak julle My werk onder julle, omdat julle slegs na een boodskapper luister en klou aan hierdie een boodskapper as die enigste boodskapper wat julle dink Ek vir julle beplan het!”

“As julle die woorde hoor van My boodskappers en op meer boodskappers in My naam wag, dan doen julle My wil, want dan kan My werk onder julle voortgaan met meer woorde en groter geestelike waarhede, waarskuwings, onderrig, My wysheid en soveel meer wat Ek vir julle beplan het in julle voortdurende groei in julle harte en onder My volk as julle hulle maar net sal ontvang wie Ek aan julle gestuur het!”

“Neem kennis, glo en verstaan op hierdie dag wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, neem kennis, glo en verstaan op hierdie dag wat Ek vir julle in hierdie woorde vertel het!”

“Julle verlossing is nader as wat julle dink!”

“Het julle al van die toets vergeet wat Ek aan Abraham gegee het met sy enigste seun?”

“DIT WAS ‘N TOETS!”

“Het Ek nie met Abraham ingegryp nie?”

“Dus gryp Ek nou in met julle, soos wat Ek met Abraham gedoen het!”

“Het julle nog nooit gelees waar Ek My volk moes toets en beproef om My volk in hul geloof te versterk en om hulle aan te moedig op hul paaie nie, wat so moet wees vir My planne en vir My doelwitte nie?”

“Ek het gekies om My woorde voor die vasgestelde tye te lewer, as gevolg van die nabyheid van julle verlossing!”

“‘n Huis het baie lede, so ook die Huis van Israel.” “As julle dan My wil doen, as julle dan My wil dien in liefde vir julle broers en susters en as julle geloof nog swak is, IS JULLE NOG STEEDS MYNE!”

“Vrees nie nou nie en vrees ook nooit nie!”

“Vrees nie nou nie en vrees ook nooit nie!”

“Vrees nie nou nie en vrees ook nooit nie!”

“Dit wat Myne is, IS MYNE VIR EWIG!”

“Diegene wat Ek verkies het, hulle wat My gekies het, IS MYNE VIR EWIG!”

“Het julle vergeet en het julle nie gelees wat Ek herhaaldelik vertel het dat EK JALOERS IS OOR MYNE NIE!”

“Het julle vergeet en het julle nie gelees wat Ek julle herhaaldelik vertel het dat diegene wat Myne is, NOOIT VAN MY WEGGENEEM KAN WORD NIE of NOOIT OOIT SAL HULLE VAN MY AF WEGGENEEM WORD NIE, VIR EWIG!”

“Julle moet geloof hê, kleine kinders, julle moet geloof hê!”

“Ek het julle reeds julle oorwinning aangedui in die tye wat kom.”

“Elke dag is hierdie oorwinning voor julle oë!”

“Elke dag sien julle Juda!”

“Maak julle oë oop deur julle harte en sien vir Juda, want Ek het dit gewil dat julle Juda elke dag sal sien, sodat julle My woorde sal glo en sodat julle My profete en boodskappers sal glo, as julle maar net julle oë sal oopmaak en My hand sien wat dit so laat gebeur!”

“In die volheid van tyd sal Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, sal Ek My Suiderkruis bekend maak aan julle.” “Hierdie Suiderkruis is binne-in My hemele in My koninkryk wat Ek gekies het as ‘n plek van vlug vir baie.”

“Dit Suiderkruis is soos Juda wat elke dag voor julle oë is!”

“Dit Suiderkruis, MY SUIDERKRUIS word dag of nag gesien.” “Dag of nag word hierdie Suiderkruis gesien!”

“Ja, Huis van Israel, My Suiderkruis is voor julle oë, as julle maar net julle oë deur julle hart wil oopmaak en sien!”

“Julle moet eers kyk om My Juda te vind waar julle ookal binne My Suid-Afrika mag wees, kyk en julle sal sien!” “Dan sal julle weet om My Suiderkruis te vind!” “Dan sal julle sien en verstaan dat voor hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, ja, voor hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, sal julle My hand sien in al die sake van die mens, selfs voordat daar tyd was, was My hand altyd daar in al die sake van die mens!”

“Ek is so lief vir julle en koester julle so, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 131 ontvang op 5 Januarie 2014

EK IS wat EK IS skei die vals Huis van Israel. Die Nuwe Jerusalem in Suid-Afrika weggesteek.

“Vertel en verklaar aan almal dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, vertel en verklaar aan almal van hulle dat Ek, die EK IS wat EK IS jou gestuur het en jou BEVEEL HET om My te betuig aan almal van hulle in hierdie land, My volk, My Suid-Afrika en dat Ek beveel dat My Huis van Israel bevry moet word om My te volg en om My wil te doen soos wat Ek julle onderrig en beveel het deur almal wie Ek aan julle gestuur het deur al julle geslagte tot op hierdie dag; Huis van Israel, BETUIG MY!”

(Lukaas: Hierdie woorde het vroeg vanmiddag gekom en was bedoel vir die einde van die een-en-twintig dae, daardie drie periodes van sewe dae.

Baie tyd is in gebed bestee op soek na Sy raad, want sy Heilige Gees het begeer om hierdie woorde voor die bestemde tyd te plaas en dit het my baie in my hart gegrief oor ons volk.)

“Jy moet nie My Heilige Gees weerstaan om hierdie woorde aan My volk voor die vasgestelde tye te gee nie, want dit is dienstig vir My planne en vir My doelwitte dat jy hierdie woorde nou gee soos wat My Heilige Gees jou beveel om te doen.”

“Dit is My wil dat My volk weet van die komende oordele wat sal kom as hulle nie na My luister nie.”

“Verset jou nie om hierdie woorde te gee nie.”

“Ek het jou gebede regdeur hierdie dag gehoor soos wat jy deur My Heilige Gees gebid en My raad gevra het in hierdie aangeleentheid.”

“Lewer hierdie woorde voor die vasgestelde tyd, sodat hulle wat huiwer en hulle wat My teenstaan, moontlik hul geloof in heroorweging sal neem en My wil doen.”

“Lewer hierdie woorde voor die vasgestelde tyd, sodat My volk My welwillende genade en liefde kan sien wat met hul harte pleit om weg te draai van hul vals leerstellings en vals dogma, sodat hulle My wil sal doen en My en My woorde soek, terwyl My Heilige Gees nog steeds tot hul harte pleit.”

“Sewe dae was aan My Huis van Israel binne en buite Suid-Afrika gegee om hulle te toets en te beproef om te sien of hulle by My sou staan, Ek IS wat EK IS.” “Ja, daar was sewe dae toegestaan aan hierdie Huis van Israel binne My Suid-Afrika, om te sien of hulle by My sou staan al dan nie.”” Tog het slegs min by My gestaan.”

“Nog sewe dae was aan My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika toegestaan om hulle te toets en te beproef om te sien of hulle by My sou staan, Ek IS wat EK IS.” Ja, nog sewe dae is aan hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika toegestaan om te sien of hulle saam met My, hulle Skepper, sou staan.”

“Nog sewe dae was toegestaan as gevolg van die paar wat My wil gedoen en by My in hulle geloof gestaan het.”

“Nog sewe dae was toegestaan as gevolg van die paar wat My ywerig gesoek het en as gevolg van die paar wat ernstig en met groot nederigheid vir hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika gebid het om My wil te doen.” “Ja, as gevolg van hierdie paar was nog sewe dae toegestaan.”” Tog het min by My gestaan, hulle liefdevolle Vader wat so begeer om hierdie Huis van Israel te seën.”

“‘n Groot verontwaardiging het onder die Huis van Israel ontstaan oor hierdie woorde, tog het Ek ter wille van My getroues nog sewe dae toegestaan om My volk nog een keer te toets en te beproef om te sien of hulle in die geloof by My sal staan en My wil sal doen.”

“Nog sewe dae was toegestaan as gevolg van die paar wat My ywerig gesoek het en as gevolg van die paar wat ernstig en met groot nederigheid gebid het vir hierdie Huis van Israel.”

“As gevolg van die getroue harte van hierdie paar was nog sewe dae toegestaan.”

“Die verontwaardiging teen hierdie woorde van hierdie Huis van Israel, ja, die verontwaardiging teen My woorde, EK IS wat EK IS, MY WOORDE, die verontwaardiging teen My woorde is selfs groter as voorheen in hierdie Huis van Israel se uittarting van My en My wil!”

“Dit was so en dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte om hierdie vals Huis van Israel aan julle te openbaar.”

“Kom kinders en kyk na My heilige stad Jerusalem!”

“Ja kinders, kom kyk na My heilige stad, Jerusalem!”

“Dit is My heilige stad wat binne-in My koninkryk vertoef, heilig en suiwer is hierdie stad wat binne-in My koninkryk vertoef”

“Kom nou My kinders, Ek wil aan julle ‘n raaisel toon.”

“Hierdie heilige stad is My stad waarin Ek My ware Huis van Israel en dogter van die mens weggesteek het wie na My luister en wie My wil doen.”

“Ek het My ware Huis van Israel en dogter van die mens in die hemele weggesteek, in die hemele en in die Suiderkruis het Ek hierdie ware Huis van Israel en die dogter van die mens versteek, wie My so liefhet en My wil in alle dinge doen, selfs daardie dinge wat hierdie dogter van die mens gewond het om haar te versterk en haar aan te moedig vir die reis wat voor haar lê, soos wat sy vir ‘n tyd alleen sal moet loop om My planne en My doelwitte vir My ware Huis van Israel te vervul.”

“Hierdie ware Huis van Israel is hulle wie vir My opgestaan het en My wil verklaar het vir My Huis van Israel in My Suid-Afrika.”

“Ja, dit is My ware Huis van Israel wat na My luister en by My in die geloof staan om My wil vir My volk aan Farao te verklaar.”

“Tog is die getalle van hierdie ware Huis van Israel te min om hierdie ware Huis van Israel te verlos volgens die profete en My wil, tog is hierdie getalle te min.”

“Vrees nie en wees nie ontsteld nie, ware Huis van Israel van My wie Ek in My Jerusalem versteek het, vrees nie en wees nie verskrik nie.” “Dit was nog altyd My plan om jou te skei van die vals Huis van Israel wat haarself versier met die goud en silwer van Egipte.”” Dit was so om jou te skei van jou broers en susters wat die gemak van Egipte en Farao gekies het, in stede van My, hulle liefdevolle Vader en Skepper.”

“Dit is daardie Huis van Israel wat My drie keer voor Farao sal verloën, twee keer het reeds verbygegaan.” “Drie keer sal dit wees, maar dit sal die drie keer wees wat hierdie vals Huis van Israel My sal verloën en My sal verraai vir die liefde van hul geriewe en goud en vir die vergulde hokke van hul wonings, deur Farao aan hulle gegee vir hul slawerny in Egipte.”

“Dit is daardie Huis van Israel wat My en My volk in My aangesig verraai.”

“Dit is daardie Huis van Israel wat die gemak van Farao en die slawerny van Egipte gekies het, omdat hulle bang is om die Heilige Volk te word wat Ek so graag van hierdie Huis van Israel wou maak, so desperaat is hulle vir die nasie wat hulle begeer, ‘n nasie van hul eie begeertes en luste, ‘n nasie wat nooit sal wees nie, soos wat dit eens in sy verloëning van My was nie.”

“Dit is daardie Huis van Israel wat sy fondament op haat gebou het.”

“Dit is daardie Huis van Israel wat sy broers en susters verag en ontken.”

“Dit is daardie Huis van Israel wat homself die enigste seun van Israel verklaar, so arrogant en hoogmoedig het hierdie vals Huis van Israel vir My geword in sy oneerbiedigheid aan My en My wil.”

“Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sien jou, vals Huis van Israel en alles wat jy gedoen het, terwyl jy met Farao aan sy tafel gesit en die verbode lekkernye geëet en gedrink het.” “Selfs uit die einste hand en selfs uit die einste mond van Farao eet en drink jy van die verbode lekkernye.”” Hierdie lekkernye het die muise en die varke geword waarvan Ek gepraat het dat jy dit in die geheim doen.”

“Ja, Ek sien alles wat jy in die geheim doen en omdat jy My en My volk verloën het om te sit en te eet en te drink saam met Farao, selfs om My volk in jou vergaderings te verraai aan Farao, so gee Ek jou nou oor aan Farao en verloën Ek jou aan Farao soos wat jy aan My gedoen het.”

“Sowaar as wat Ek leef, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS van alles wat is, was en sal wees, ja, EK, EK IS wat EK IS skei hierdie vals Huis van Israel voor die wêreld, soos wat Ek julle gewaarsku het dat Ek sal”.

“Sowaar as wat Ek leef Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het reeds My Heilige Gees onder julle gestuur om julle te ontbloot aan julle gemeentes en julle vergaderings en hulle sal van julle af wegvlug en julle naak en beskaamd laat.” “Ja, Ek sal My Heilige Gees uitstuur om julle te ontbloot voor julle gemeentes en voor julle vergaderings.” “Vanuit hulle sal die kom wat deel van My ware Huis van Israel sal word, wat Ek sal verlos soos wat Ek belowe het.”

“Jy het My verraai, vals Huis van Israel, jy het My beskaam voor die wêreld in jou weiering om by My te staan en om jou geloof in My en in My wil te verklaar!”

“Jy het hierdie dinge gedoen, want jy het geen geloof in My nie, want jy het nog nooit geloof in My gehad nie!”

“Ek was maar woorde op jou lippe om aan My kinders te lees, te praat en te preek vir jou wil, jou planne, jou doelwitte en alles daarvan vir jou eie selfsugtige begeertes.”

“Jy dien jou vader, die duiwel en het van hom alles ontvang wat hy aan jou getoon het wat hy aan jou sal gee, toe jy op die krans gestaan het waarheen hy jou geneem het en jou die rykdom en krag van die wêreld gewys het wat hy jou sal gee as jy hom sou kies en dien soos wat jy gewillig gedoen het.”

“Jy het sy woord gekies en alles wat hy jou sou gee bo My woord en nou sal jy, vals Huis van Israel, oorgelewer word in die hand van die vader wie jy dien, die duiwel en in sy hand om met jou te doen soos wat hy wil.”

“Jy sal sterf in jou rykdom en jy sal sterf in jou slawerny wat jy bo My gekies het.”

“Soos wat dit geskryf is en soos wat dit voorspel is, die verraad kom nie van die kinders van Gam nie, maar van hierdie vals Huis van Israel wie My volk listig mislei in hul skynheiligheid.” “Ja, in hul leuenagtige skynheiligheid het hierdie vals Huis van Israel My verraai en My volk mislei op elke denkbare wyse, selfs om My boodskappers wat deur My gestuur is om hulle te red, te vervloek, so desperaat is hierdie vals Huis van Israel om te bly soos wat hulle is, sodat hulle kan voortgaan om die slawerny van Egipte en al die verbode lekkernye en al die goud en silwer te geniet wat hierdie vals Huis van Israel so vetmes.”

“Soos wat Israel My as JaHshua verraai het vir dertig silwer­stukke, so het julle nou, hierdie vals Huis van Israel, My weer verraai en My volk verraai vir silwer en goud”

“Daarom, vals Huis van Israel, omdat jy My woord versmaad het, so sal My woord jou nou versmaad, en nou sal My woord ‘n verlatenheid van verlatenhede vir jou word vir jou verraad, vals Huis van Israel.” “Ja, My woord word nou `n verlatenheid vir jou en My woord vervloek jou nou en oordeel jou nou, omdat jy My en My kinders verraai het, waarmee Ek jou vertrou en in jou sorg gelaat het.”

“As gevolg van jou, vals Huis van Israel, ja, as gevolg van jou sal die slawerny van My volk selfs nog meer toeneem.”

“Dit was nooit My wil nie!

“Ek het gereedgestaan om julle te red, as julle maar net by My in geloof gestaan het en My instruksies gevolg het!

“Deur jou sal die sterftes van My volk nog meer toeneem en soos wat Ek julle alreeds vertel het, van hierdie dag af aan, jy vals Huis van Israel, ja, van hierdie dag af aan, julle vals en leuenagtige wagters van My Huis van Israel wat versuim het om My volk te waarsku, soos wat Ek die wagters van My Huis in My woord onderrig en beveel het, van hierdie dag af aan sal elke vloek, elke verontwaardiging, elke wee en lyding en elke sterfte van My volk deur My van julle hand geëis word op die dag van oordeel, EK IS wat EK IS; Ek het jou so liefgehad, nou werp Ek jou van My af weg!”

“Tog het Ek My ware Huis van Israel gespaar, hierdie ware Huis van Israel in My Suid-Afrika wat My en My kinders so liefhet.”

“Wees nie bevrees nie, My ware Huis van Israel, wees nie bevrees nie!”

“Ek het jou weggesteek in My heilige stad, Jerusalem en jy sal nie gevind word totdat die tye aanbreek waarin dit My begeerte sal wees dat jy gevind word vir My planne en vir My doelwitte nie.”

“Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, jou liefdevolle Skepper het jou vermom en jou verberg totdat die tye wat kom sal aanbreek, dan sal Ek jou openbaar aan My ware Huis van Israel wat tans nog buite die stad vertoef, sodat hulle na jou kan vlug in daardie tye wat voorspel is.”

“Ek sal hulle lei tot waar Ek jou onder die sterre in die Suiderkruis weggesteek het, daarheen sal Ek hierdie ware Huis van Israel heen lei, jou broers en susters wat buite die poorte van My Heilige Stad vertoef.”

“Wees nie bevrees nie, Huis van Israel, wees nie ontsteld nie, dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte.”

“Nou sal My ware Huis van Israel, binne en buite die poorte van My Heilige Stad, ja nou sal My ware Huis van Israel sy vals broers en susters leer ken, hierdie vals broers en susters wat nie by My in geloof wou staan nie en My nie aan hierdie volk, My Suid-Afrika, betuig het soos wat Ek beveel het nie.”

“Ja, nou sal julle hierdie vals Huis van Israel ken wat nie in geloof by My wou staan nie. Nie net sal hulle nie in geloof by My staan nie, hulle doen dit in wrewel teenoor My en nie as gevolg van swak geloof nie.”

“Hierdie vals Huis van Israel sal nie by My staan nie, want hulle dink dat Ek slegs aan hulle behoort, onderworpe aan hulle en dink dat Ek hulle wil moet dien, so hoogmoedig en arrogant is hulle om sulke dinge van My te dink, ja Ek, EK IS wat EK IS, die Skepper, so hoogmoedig en arrogant is hierdie vals Huis van Israel om sulke dinge van My te dink!”

“Nee, maar wie is jy, vals Huis van Israel, dat jy, wat deur My geskape is, wie is jy, blote sterflike mens, dat jy dit durf waag om My te omvorm na jou beeld en om My te onderwerp aan jou wil?”

“Nee, maar wie is jy, vals Huis van Israel, WIE IS JY, jy wie deur My geskape is, wie is jy blote sterflike mens, WIE IS JY WAT DIT DURF WAAG OM MY TE OMVORM TOT JOU BEELD EN OM ANDER TE ONDERRIG IN DAARDIE BEELD WAT JY VALSLIK VAN MY GESKEP HET, WIE IS JY? “

“Moenie dink dat Ek julle nie ken nie, vals Huis van Israel, Ek ken julle, blote sterflike mense van hierdie vals Huis van Israel wat soos die Satan geword het, om My te omvorm na hulle beeld en om My te omvorm aan hulle wil, op soek na hul troon bo Myne!”

“My woord sal ‘n verlatenheid van verlatenhede word vir jou verraad, vals Huis van Israel, ja My woord word ‘n verlatenheid vir jou!”

“Nou sal jy almal van hulle ken wat jou verraai het, My ware Huis van Israel!”

“Ja, nou ken julle hierdie vals Huis van Israel wat openlik gekies om My en My wil te verloën voor hierdie wêreld en deur hul eie keuse, gekies het om Farao te dien en om slawe te bly.”

“Ja, hierdie vals Huis van Israel het My en almal van My ware Huis van Israel, wie My woord hoor en My wil doen, verraai.”

“As gevolg van hulle wat valslik getuig van My in hierdie Huis van Israel, ja, as gevolg van hulle moet julle verlossing uitgestel word vir ‘n tyd.”

“Onthou My raaisel en wag vir My, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader!”

” Kom nou, My kinders en sien My stad Jerusalem!”

“Ja kinders, kom kyk na My heilige stad Jerusalem, versier soos ‘n bruid!”

“Dit is My stad, My heilige stad wat vertoef in My koninkryk en wat die woonplek is van hierdie dogter van die mens.”

“Dit is My stad waarin Ek My ware Huis van Israel vir ‘n kort rukkie weggesteek het vir My planne en vir My doelwitte, terwyl Ek voorberei om My ware Huis van Israel in My Suid-Afrika te verlos.”

“Hierdie weggesteekte Huis van Israel binne My heilige stad is die Huis van Israel wat saam met My opgestaan het en My wil betuig het vir My Huis van Israel in My Suid-Afrika, ja dit is My Huis van Israel wat vir My in geloof opgestaan het.”

“Maar vir ‘n tyd moet hierdie Huis van Israel weggesteek word van die oë van Farao, totdat alles gereedgemaak is vir My Huis van Israel wat buite die poorte van hierdie stad wag vir My woord om in te gaan.”

“Vrees nie en wees nie ontsteld nie, ware Huis van Israel van My binne en buite die poorte van My Heilige Stad wat Ek in My Jerusalem binne-in My Koninkryk weggesteek het.”

“Vrees nie en wees nie ontsteld nie.”

“Dit was nog altyd My plan om jou af te skei van daardie vals Huis van Israel as hulle nie na My wou luister nie, hierdie vals Huis van Israel wat haarself versier met Egipte en wie Egipties in gees geword het om hulle eie begeerlikhede en luste te bevredig, eerder as om My te dien en alles wat Ek vir hierdie Huis van Israel, hierdie vals Huis van Israel wou gedoen het, wie Ek voor die wêreld geskei het.”

“Vrees nie en wees nie ontsteld nie, ware Huis van Israel van My, want daardie getalle wat uit daardie vals Huis van Israel sal vlug, is die getalle wat Ek gekies het as My heilige volk wat Ek saam met jou as My ware Huis van Israel sal bou. EK IS wat EK IS.”