Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 130 ontvang op 3 Januarie 2014

Die kledingstukke van die huwelik van die dogter van My volk

“Julle moet nou kyk na My kleremakers, ja julle moet nou kyk na My kleremakers!”

“Kyk en sien die kledingstukke van die huwelik wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, ja, julle moet nou kyk en die kledingstukke sien van die huwelik wat Ek nou voorberei vir My bruid!”

“Met My eie hand op hierdie kleremakers word hierdie kledingstukke voorberei en elke kledingstuk word voorberei volgens die ontwerp wat Ek bedink het en elkeen volgens haar werke het Ek hierdie kledingstukke van die huwelik ontwerp!”

“Julle moet nou kyk en My bruid sien!”

“Sy wandel rustig onder My Huis van Israel, arbei eindeloos, onsigbaar en is geklee in bywoner klere.”

“Liefdevol en nederig is sy, opreg in alles wat sy doen vir My en My kinders.”

“Vrygewig, vriendelik en vergewensgesind is hierdie nederige dogter van My volk wat My wil doen vir My.”

“Dikwels sing sy vir My van haar liefde vir My en daagliks, oomblik vir oomblik, soek sy My wil in alle dinge wat sy vir My en My kinders doen, ja, oomblik vir oomblik soek sy My wil in al die dinge wat sy vir My en My kinders doen.”

“Kyk na My bruid, want sy weet nie sy is My bruid nie en weet nie dat Ek haar uitverkies het om My bruid te wees nie, so nederig is sy onder My volk, in haar diens tot My en alles wat Ek van haar gevra het.”

“Dikwels het Ek haar gewond en alleen in die wildernis gekry, gewond en alleen waar sy haar eie wonde verbind.”

“Dikwels was sy gewond en dikwels was sy deur haar eie broers gewond, wreed en harteloos is hulle, haar broers wat haar nie liefhet nie en wie haar haat in hul jaloesie oor alles wat Ek vir haar gedoen het en ook vir hulle sou gedoen het, al hulle maar net in My geglo het toe Ek met hulle gespreek het oor My wil.”

“Ja, dikwels is sy in hierdie wildernis gewond en alleen gelaat om haar eie wonde te verbind, tog het sy elke keer dapper en met groot moed herstel en voortgegaan om My in alles te soek wat Ek van haar gevra het om vir My en My kinders te doen, selfs al weet sy dat daar baie meer wonde sal wees.”

“Daagliks roep sy uit na My vir My woord, so honger is sy vir My woord!”

“Daagliks pleit sy in alle opregtheid en liefde by My vir My woord, en sy soek My woord en daagliks roep sy uit na My vir net een krummeltjie van My woord, so honger is sy, My bruid, vir My en My woord!”

“Sy was ook deur My stilte van die afgelope sewe dae getoets en in hierdie afgelope sewe dae het sy in pyn en angs na My uitgeroep, ja in pyn en angs oor My stilte aan haar het hierdie dogter van My volk na My uitgeroep vir My woorde aan haar, maar sy het nederig, maar met groot hartseer, My besluit eerbiedig en My stilte van die afgelope sewe dae aanvaar.”

“Luister na My, dogter van My Huis van Israel, LUISTER NA MY, EK IS WAT EK IS, luister na My, nooit weer sal Ek vir jou swyg nie, want Ek sien jou wee en Ek sien jou angs en Ek het jou nederige aanvaarding van My wil gesien en Ek het die groot wee en angs gesien wat dit jou besorg het toe Ek met My hele volk gespreek het, dat alles waarin My volk ly, Ek ook ly.”

“Nooit weer nie, dogter, sal Ek vir jou swyg nie!” “Vervolgens het Ek winde en briesies aan jou toegewys.”

“Onder die winde en onder die briesies wat die aarde deurkruis het Ek hierdie winde en briesies aan jou toegewys as ‘n teken tussen My en jou.”

“Winde en briesies wat jou saggies sal streel en aanraak en tot jou sal spreek van My liefde vir jou in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, sal Ek hierdie winde en briesies stuur om jou saggies streel en aan te raak gedurende daardie tye wat jy My die meeste nodig sal hê.”

“Ek ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie winde en briesies toegewys om My woorde aan jou te wees, wanneer My geskrewe en gesproke woorde sal ophou gedurende daardie tye wat My geskrewe en gesproke woorde vir ‘n tyd sal moet ophou vir My planne en vir My doelwitte.”

“Onthou hierdie winde en briesies omdat Ek hulle aan jou sal stuur!”

“Onthou, dogter van My volk, luister na My deur hierdie woorde, beveel deur My Heilige Gees tot en in die hart van hierdie dienskneg om hierdie woorde aan jou te skrywe!”

“Onthou en weet dat Ek jou gekies het om My bruid te wees, ja Ek, EK IS wat EK IS het jou gekies om My bruid te wees!”

“Onthou om My vyeboom te besproei en te voed soos wat Ek aan jou gewys en openbaar het, besproei en voed My vyeboom, onthou dit!”

“Jy moet nou rus van jou arbeid, dogter van My volk, jy moet nou vir ‘n tydjie rus van jou arbeid vir My, want die reis wat voorlê sal jou volwasse maak en jou voorberei om hierdie kledingstukke van die huwelik van My te ontvang, EK IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 129

[Die boodskap het verlore gegaan en is nie beskikbaar nie]

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 128 ontvang op 28 Desember 2013

Soek julle bevestiging van hierdie dienskneg van die Boerevolk deur die liefde

“Daar bly nog 6 dae oor wat My Heilige Gees hierdie dienskneg getoon het wat nog moet verloop voordat My Heilige Gees tot en in die hart van hierdie dienskneg sal beveel om My woorde aan julle te skrywe, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wat binne en buite die grense van My Suid-Afrika woon, ja MY SUID AFRIKA!”

“Dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte.”

“In hierdie nag is aan hierdie dienskneg opdrag gegee om hierdie woorde neer te skryf aan diegene wat hierdie antwoorde soek, want Ek het julle gebede gehoor rakende hierdie aangeleenthede en weet van die groot kommer onder My volk.”

“Julle moet weet, Huis van Israel, julle moet weet Dogter van Sion, DIT IS EK!”

“Ja, dit is Ek, EK IS wat EK IS, ja, EK IS wat EK IS, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob!”

“Ja, dit is Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS wat hierdie dienskneg op en in sy hart beveel deur My Heilige Gees om My woorde aan julle te skryf, My Huis van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne en buite die grense van My Suid-Afrika.”

“Dit is die antwoord op daardie vrae waarna julle soek.”

“Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie dienskneg uit ‘n ver land geroep vir hierdie tye, vir die tye wat moet kom en die tye daarna soos wat Ek gesê het Ek sou, vir My planne en vir My doelwitte vir hierdie Huis van Israel en hierdie Dogter van Sion wat binne en buite die grense van My Suid-Afrika woon.”

“Hierdie dienskneg is geroep en gestuur aan My volk, die Boere en aan die Boere alleen is hierdie dienskneg gestuur om My wil te doen vir My volk. Dit is die een verklaring deur My, EK IS wat EK IS wat die sleutel is tot die verstaan van al die woorde wat Ek deur My Heilige Gees gespreek het tot en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan julle te skryf!”

“Julle moet altyd onthou, julle moet altyd hierdie sleutel onthou om al die woorde te verstaan wat Ek deur My Heilige Gees gespreek het en sal spreek tot en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan julle te skryf, My volk, My geliefde volk, Myne, ja My BOEREVOLK!”

“Ek, ja Ek, julle liefdevolle Vader, Skepper, Ek IS wat EK IS, het hierdie dienskneg gesalf en hom onder vele bekragtig om My wil te doen tot aan die einde van sy dae en selfs tot by My koninkryk sal hierdie dienskneg altyd My wil doen soos wat Ek reeds gespreek het deur die woorde wat aan hierdie dienskneg gegee is om vir My te skryf.”

“Julle moet die bevestiginge van hierdie dienskneg soek in liefde deur My Heilige Gees en deur My liefde moet julle hierdie bevestiginge soek.”

“Ja, hy is My dienskneg, na My geroep, deur My verseël en deur My gesalf om My wil te doen vir hierdie Huis van Israel en hierdie Dogter van Sion, wat binne en buite die grense van My Suid-Afrika woon, ja, hy is Myne, Ek IS wat EK IS. “

Boodskap No 129 aan Lukaas van Hout op 3 Januarie 2014

Herhaling van boodskap 127 as gevolg van weiering van die Huis van Israel om na Farao te gaan

“Diegene onder julle wat My wil doen en My stem hoor deur hierdie woorde, laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie, weet dat daar ‘n vyeboom is wat groei, want EK, JA EK, EK IS WAT EK IS HET HIERDIE BOOM MET MY EIE HAND GEPLANT!

Met My eie hand het Ek hierdie boom geplant en met My eie hand het Ek hierdie boom doelbewus verbloem en dit onder julle versteek sodat dit nie gevind sal word nie alvorens die tye aanbreek wat Ek gekies het om hierdie boom aan julle te openbaar!”

“Laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie!”

“Laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie!”

“Laat julle harte nie ontsteld word en julle geloof nie beproef word nie, want Ek het julle belowe dat EK IS met julle is, nou en elke enkele oomblik van elke dag is Ek met julle in alle dinge!”

“Sewe dae was aan My Huis van Israel binne en buite die grense van My Suid-Afrika gegee om My wil te doen, soos wat Ek My Huis van Israel beveel het om te doen deur die woorde wat Ek aan julle gegee het deur hierdie dienskneg aan wie My Heilige Gees bevel gegee het tot en in hierdie hart om My woorde aan julle te skryf, ja MY WOORDE wat deur My Heilige Gees aan hierdie dienskneg beveel is om aan julle te skrywe, My Huis van Israel binne en buite die grense van My Suid-Afrika.”

“Sewe dae is deur My toegestaan, julle liefdevolle Vader en julle Skepper, sewe dae was deur My toegestaan om te sien of My Huis van Israel My woorde na Farao sal neem soos wat Ek beveel het.”

“Sewe dae was toegestaan deur My, JULLE LIEFDEVOLLE VADER en JULLE SKEPPER.”

“Sewe dae was deur My toegestaan om te sien of julle saam met My sal staan, EK IS wat EK IS, ja, sewe dae was verleen om te sien of julle saam met My in die geloof sal staan, soos wat Ek hierdie Huis van Israel beveel het om vir My as ‘n toets van hulle geloof te doen.”

“Is julle nog steeds so blind en so doof vir My dat julle nie kan verstaan of dat julle geen tyd afstaan om te verstaan dat Ek en My leërskare hierdie einste oomblik gereedstaan om daardie dinge in vervulling te laat gaan waarop julle wag nie?”

“Weer sê Ek aan julle, Huis van Israel, Ek en My leërskare staan gereed om in hierdie einste oomblik daardie dinge waarop julle wag, in vervulling te laat gaan!”

“Julle arrogansie en eiegeregtigheid in julle onwilligheid om in julle geloof in My woord op te staan, openbaar julle harte aan My as ‘n opstandige en hardnekkige Huis van Israel, deur julle eie onwilligheid om na nie My te luister en nie My wil te doen nie en so verhoed julle julle verlossing deur My!”

“Julle het My en My volk verraai as gevolg van julle arrogansie en eiegeregtigheid in die ontkenning van hierdie woorde aan My volk en in julle onwilligheid om saam met My in julle geloof op te staan en My wil te doen!

“Ek spreek nie van hulle wat na My woorde geluister het en die wat My woorde gelewer het soos wat Ek hierdie Huis van Israel beveel het om vir My te doen nie.”

“Sommige het My woorde aan Farao gegee, alhoewel hulle min is.”

“As hierdie Huis van Israel nie nou vir My in die geloof sal opstaan nie, dan sal Ek nie vir hierdie Huis van Israel in hierdie tye opstaan om daardie dinge te doen wat Ek belowe het om te doen nie.”

“Julle moet weet en my ernstig verstaan, Huis van Israel, soos wat Ek van ewigheid tot ewigheid leef, soos wat Ek leef voordat daar ‘n begin was en verder as dit wat `n einde het, soos wat Ek leef, EK, JA EK, SKEPPER VAN ALLE DINGE, EK, JA EK! EK IS WAT EK IS, SAL EK ANDER VIND EN MY BELOFTES DEUR HULLE VERVUL!”

“Ja, Ek sal ander vind en My beloftes deur hulle vervul!”

“Wat! Dink julle dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dink julle dat Ek nie nuwe omstandighede volgens My woord kan of sal skep om hierdie beloftes, sowel as My profesieë, in vervulling te laat gaan nie?”

“Wat! Dink julle dat Ek nie nuwe leiers onder My volk en onder die kinders van Gam kan of sal kies om daardie profesieë in vervulling te laat gaan vir die tyd wat nog moet aanbreek nie?”

“Ek kan en Ek sal, as julle nie saam met My sal staan nie, Huis van Israel, Ek kan en Ek sal as julle nie in geloof by My sal staan en My woorde aan Farao oordra soos wat Ek beveel het nie!”

“As julle, Huis van Israel, nie wil doen soos wat Ek opdrag gegee en beveel het nie, dan sal Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, ja EK, die enigste EK IS WAT EK IS, dan sal Ek die vervulling van hierdie profesieë vir nog ‘n tyd vertraag om diegene uit My volk en uit die kinders van Gam op te wek om die toneel weer op te stel vir ‘n toekomende tyd, vir die vervulling van My woorde deur My Profete, soos wat Ek gespreek het!”

“My wil en My woorde sal in vervulling gaan, maar dit sal slegs vervul word vir hulle wat waarlik begeer om die heilige volk te word wat Ek so begeer om van hulle te maak!”

“My wil en My woorde sal vervul word, maar dit sal slegs vervul word vir ‘n volk wat gereed is om van slawerny bevry te word en gereed is om hulself af te skei van hierdie wêreld en wat My en slegs My en My wil sal soek, deur My lewende, geskrewe en gesproke woorde!”

“Onthou julle nie julle voorvaders nie?”

“Spreek My woord nie van julle voorvaders nie?”

“Selfs julle voorvaders het van My geweet en het vir meer as vierhonderd jaar na My uitgeroep vir hulle verlossing uit die hand van Farao!”

“Ek het met hulle gespreek soos wat Ek nou met julle spreek, luister na My woorde en glo dat Ek en My leërskare gereed is om julle te verlos, as julle maar net My woorde wil ontvang en saam met My in die geloof sal staan en die woorde sal spreek of skryf wat Ek beveel het om te doen!”

“Dit is dieselfde toets wat Ek aan julle voorvaders gegee het toe Ek vir Moses gestuur het om vir My te spreek met daardie Huis van Israel en met daardie Farao in daardie dae en in daardie tyd.”

“Deur My wil te doen, soos wat Moses en Aäron deur My beveel is, het die volk van My Huis van Israel vir Moses en Aaron geglo en toe daardie Huis van Israel saam met My in die geloof gestaan het deur Moses en Aaron, toe eers het Ek myself aan Farao en die land van Egipte geopenbaar en My volk verlos volgens My beloftes, soos wat Ek nou gereed is om te doen vir julle, hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika!”

“Ja, Ek en My leërskare staan gereed om die woorde van die profete te vervul, as julle maar net na My sal luister, My wil doen, in My sal glo en vertrou, EK IS wat EK IS, want Ek staan gereed om julle te verlos!”

“Vir die wat in My glo, vir die wat My vertrou, vir die wat gereedstaan om My wil te doen en vir die wat hulle geloof in My geplaas het om hulle te verlos uit hierdie moderne land van Egipte en slegs vir hulle sal Ek die woorde vervul wat Ek gespreek het deur My profete en boodskappers, ja slegs vir hulle sal hierdie profesieë in vervulling gaan!”

“Groot is My teleurstelling in julle, o Huis van Israel, groot is My teleurstelling in julle vir die versuim om saam met My te staan in julle geloof in My, om op My te vertrou om My wil te doen, groot is My teleurstelling in julle!”

“Neem kennis en verstaan, dat as julle nie saam met My, julle Skepper kan of wil staan nie, as julle nie saam met My kan of wil staan nie, dan sal Ek nie saam met julle staan nie.”

“Ek sê vir julle, Huis van Israel, Ek sê nou vir julle, daar was meer regverdiges in Sodom as in hierdie Huis van Israel wat My aanhoudend faal in hul uittarting in My aangesig as gevolg van hul rebelse en arrogante, hardkoppige eiegeregtigheid!”

“Onthou, Huis van Israel, Ek het julle as ‘n wag opgestel, waak nou en doen My wil, want as julle nie by My kan of wil staan in die geloof en as julle nie My wil sal doen nie, dan sal hierdie tye uitgestel word na die toekoms.”

“Neem kennis en verstaan, hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan, dat as julle nie by My in die geloof kan of wil staan en My wil doen nie, dan sal Ek hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika, ja, Ek sal hierdie Huis van Israel verantwoordelik hou vir elke sterfte in My volk en die bloed van elke sterfte in My volk sal Ek van die hand van hierdie Huis van Israel eis!”

“Ja, elke sterfte, elke wee, elke lyding van My volk sal Ek van die hand van hierdie Huis van Israel eis in die dag van oordeel.”

“Neem kennis en verstaan, hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan dat dit in die dag van oordeel beter sal gaan met Sodom en Gomorra, as met hierdie eiegereg­tige, arrogante Huis van Israel, wat voortdurend blindheid en doofheid van My woorde nastreef, so duister het hul bose harte vir My geword in hul strewe na ‘n nasie vir hulle eie selfsugtige begeertes en luste en nie na die heilige nasie wat Ek begeer om aan hulle te gee en saam met hulle te bou nie.”

“Neem kennis en verstaan dat as julle nie kan of wil staan saam met My, julle Skepper nie, as julle nie kan of wil staan saam met My nie, dan sal Ek hierdie Huis van Israel skei, soos wat Ek dit met julle voorvaders gedoen het in die tye van die eerste egskeiding van daardie Huis van Israel, so sal Ek dit ook doen aan hierdie Huis van Israel in My Suid-Afrika wat My so versaak!”

“Tog sal Ek met julle pleit soos ‘n liefdevolle Vader, as gevolg van hulle wat met alle opregtheid van hart en siel bid vir hierdie Huis van Israel, tog sal Ek met julle pleit soos ‘n liefdevolle Vader!”

“Tog sal Ek met julle spreek as julle liefdevolle Vader om hierdie waarhede met julle hele hart en siel te soek, as gevolg van hulle wat met alle opregtheid van hart en siel vir hierdie Huis van Israel bid, tog sal Ek met julle as julle liefdevolle Vader spreek om hierdie waarhede met julle hele hart en siel te soek!”

“Julle moet nou ywerig soek, ja soek nou ywerig na hierdie waarhede deur My Heilige Gees in My Naam, EK IS wat EK IS, JaHshua, soek nou na hierdie waarhede, Huis van Israel, JULLE MOET NOU HIERDIE WAARHEDE SOEK!”

“As julle hierdie waarhede sal soek, dan sal Ek hierdie waarhede aan julle openbaar, soos wat Ek julle beloof het!”

“Ek sal hierdie waarhede aan julle openbaar deur My Heilige Gees, sodat Ek julle kan verlos, soos wat Ek julle belowe het deur die vele profete wat deur die eeue aan julle gestuur is; selfs nou in hierdie tyd het Ek My profete en boodskappers aan julle gestuur, sodat Ek julle kan verlos soos wat Ek julle belowe het as julle maar na hierdie waarhede sal soek en My wil sal doen!”

“Ja Ek het die sommiges gesien wat My wil in hierdie dinge gedoen het en ja, Ek het die vele gebede gehoor van die paar in hierdie Huis van Israel wat daarna soek om My wil te doen in hierdie dinge, alhoewel hulle min is.”

“Ek sê nou vir julle, hierdie Huis van Israel, Ek sê nou vir julle, dat as gevolg van hierdie paar, Ek julle nog sewe dae sal gee om My wil te doen soos wat Ek julle beveel het deur die woorde wat My Heilige Gees beveel het tot en in die hart van hierdie dienskneg om aan julle te skrywe; en Ek beveel nou hierdie dienskneg om hierdie boodskap te herhaal vir julle, Huis van Israel in My Suid-Afrika, luister hierna, na My woorde, luister na hierdie woorde en doen My wil!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 127 ontvang op 26 Desember 2013

Julle sal My betuig as My Heilige Volk

“Ek het jou gebede gehoor dat jy op soek is na groter begrip vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Neem kennis en verstaan dat die woorde wat deur My Heilige Gees op jou hart beveel is om vir My te skryf aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, Ek IS wat EK IS, weet en verstaan dat hierdie woorde slegs gegee kan word op die tye en in die plekke van My keuse vir die vervulling van My planne en My doelwitte vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion in hierdie volk, My volk Suid-Afrika.”

“Nou kan jy hierdie woorde skryf soos wat My Heilige Gees tot en in jou hart beveel om hierdie woorde te skryf, so sal jy skryf, want voordat EK My volk sal verlos, moet hulle eers getoets word om te sien of hulle in hulle geloof by My sal staan al dan nie.”

“As My Huis van Israel, wie so geliefd en gekoester word deur My, nie kan of nie wil staan by My in hul geloof nie, dan is dit vir My onmoontlik om hulle te verlos, want hulle harte sal nie in staat wees om hierdie verlossing te dra teen die bose leërskare in daardie tye en die tye daarna nie.”

“Hulle geloof sal nie voldoende wees om in My te glo nie en al wat EK grootliks begeer om te doen en sal doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion in daardie tye wat kom en die tye daarna, daarin sal hulle geloof so swak wees in My, hulle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, om in My te glo en wat Ek grootliks begeer om vir die Huis van Israel en My Dogter van Sion binne die grense van My volk Suid-Afrika te doen.”

“Nooit sal My hand, die hand van hulle liefdevolle Vader, ooit ‘n volk verlos wat swak in die geloof is nie, wetende dat dit tot hul eie ondergang sou lei, veral hierdie Huis van Israel en hierdie Dogter van Sion wie so deur My gekoester en geliefd is in My Suid-Afrika.”

“As My Huis van Israel nie nou in hul geloof saam met My sal kan staan nie, dan sal My Huis van Israel in daardie tye en die tye wat nog moet kom, van My af wegdraai en My Huis van Israel in hierdie volk, My Suid-Afrika, sal afvallig raak soos wat baie reeds begin het om te doen.”

“Aan My Huis van Israel, aan My Dogter van Sion binne die grense van My Suid-Afrika, skryf aan hulle met die grootste liefde, ja, met die grootste liefde, skryf hierdie woorde, My woorde, die woorde van My, ja Ek, EK IS wat EK IS, skryf hierdie woorde wat My Heilige Gees jou tot en in jou hart beveel om aan My Huis van Israel te skryf, aan My Dogter van Sion, SKRYF MY WOORDE MET DIE GROOTSTE LIEFDE!”

“Luister na My deur hierdie woorde, My Huis van Israel!”

“Luister na My deur hierdie woorde, My Dogter van Sion!”

“Luister na My stem deur hierdie woorde!”

“Maak julle harte oop om hierdie woorde te hoor!”

“Soek My stem in hierdie woorde deur My Heilige Gees wat julle harte sal open om My stem te hoor deur hierdie woorde, ja hierdie woorde, My woorde, beveel tot en in die hart van hierdie dienskneg om aan julle te skryf!”

“Huis van Israel, Dogter van Sion!”

“Huis van Israel, Dogter van Sion!”

“Huis van Israel, Dogter van Sion!”

“Luister na My, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, LUISTER NA MY DEUR HIERDIE WOORDE!”

“Die tyd het nou aangebreek, ja nou het die tyd aangebreek vir julle, My Huis van Israel en Dogter van Sion, nou het die tyd vir julle aangebreek om te begin om My te betuig, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, ja, die tyd het nou aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS, aan die leiers, aan al die leiers van julle volk.”

“Nou het die tyd aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS!”

“Nou het die tyd aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS!”

“Nou het die tyd aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS aan die leiers van julle volk!”

“Betuig My soos wat Ek Moses opdrag gegee het om My te betuig voor Farao, betuig My!”

“Betuig My aan julle volk op enige wyse waartoe julle in staat is, betuig My, betuig My, My Huis van Israel en Dogter van Sion, betuig My in elke stad, in elke dorp, op enige plek waar mense woon waartoe julle in staat is om MY te betuig, betuig My, BETUIG MY DEUR DIE NAAM, DIESELFDE NAAM WAT EK AAN MOSES GEGEE HET, DIE NAAM VAN EK IS WAT EK IS, BETUIG ME!”

“Spreek, skryf en op enige wyse waartoe julle in staat is, vertel aan almal van hulle dat julle My Huis van Israel en My Dogter van Sion is!”

“Vertel almal van hulle dat julle My Huis van Israel en Dogter van Sion is wat aan My behoort, ja aan My, EK IS wat EK IS!”

“Vertel almal van hulle dat julle My Huis van Israel en die Dogter van Sion is oor wie Ek jaloers is!”

“Vertel en betuig aan almal van hulle dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, vertel en betuig aan almal van hulle dat Ek, die EK IS wat EK IS julle gestuur het EN JULLE BEVEEL HET om My te betuig aan almal van hulle in hierdie volk, My volk, My Suid-Afrika en dat Ek beveel dat My Huis van Israel bevry sal word om My te volg en om My wil te doen, soos wat Ek julle onderrig en beveel het deur almal wat Ek deur al julle geslagte heen gestuur het tot op hierdie dag; Huis van Israel, BETUIG MY!”

“Julle moet nie nou of ooit vrees om My wil te doen nie!”

“Moses en Aaron was maar twee mense wat vreesloos voor Farao gaan staan het en hierdie selfde dinge betuig het, en in My Naam, en in My Naam, EK IS wat EK IS, het Moses en Aaron dieselfde dinge, naamlik My wil, vreesloos gedoen, soos wat Ek julle nou opdrag gee om My wil te doen!”

“My Huis van Israel in My Suid-Afrika is baie meer as hierdie twee en My Huis van Israel in Suid-Afrika ken reeds My woorde en My geskrifte in hierdie verband!”

“Soos wat Ek leef en soos wat EK was en soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS altyd sal wees, vertel Ek julle nou dat Ek saam met julle sal wees soos wat Ek saam met Moses en Aäron en al My knegte was, deur al die geslagte van die mens, SAL EK MET JULLE WEES, om julle harte te versterk, om julle geloof te verhoog, om julle moed te vermeerder, om aan julle geduld te gee, al hierdie dinge sal Ek vir julle sal doen deur die krag van MY HEILIGE GEES wat julle reeds voorberei vir hierdie finale toets van julle geloof in My voordat hierdie, die tye wat moet kom, sal aanbreek.”

“Met die grootste geloof, met die grootste moed, met die grootste geduld en met die grootste liefde wat Ek aan julle sal gee deur My Heilige Gees, Ek, EK IS wat EK IS, sal julle die krag kry om My te betuig aan almal van hulle, Ek, EK IS wat EK IS en My wil vir My Suid-Afrika, soos wat julle weet dat My wil sal wees deur hulle wie Ek deur die eeue heen gestuur het.”

“Met die grootste geloof, met die grootste moed, met die grootste geduld en met die grootste liefde sal julle, My Huis van Israel, My wil betuig aan My Huis van Israel in hierdie volk, My volk, My Suid-Afrika! “

“Dit moet so wees, vir My planne en My doelwitte, MOET DIT SO WEES!”

“Dit moet so wees, sodat hierdie volk, My volk, My Suid-Afrika en al die volke van die wêreld sal weet dat My Huis van Israel in My Suid Afrika woon en dat My Huis van Israel My wil doen, en dat My Huis van Israel opstaan vir My en My sonder vrees betuig in My Naam, EK IS wat EK IS!”

“Dit moet so wees!”

“Dit moet julle verklaring wees, Huis van Israel en Dogter van Sion; dit moet julle verklaring en julle lewende testament van julle geloof in My wees aan die volke van die wêreld!”

“Dan sal al die woorde van die profete in vervulling gaan, wanneer Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS geopenbaar word aan al hierdie profete regdeur die geslagte van die mens, tot op hierdie dag.”

“In daardie dae en in daardie tyd, wanneer julle in julle geloof sal opstaan vir My en My wil betuig vir hierdie Huis van Israel in Suid-Afrika, in hierdie dae en in daardie tyd sal julle in verwondering staan oor al die woorde wat My Heilige Gees in julle harte sal plaas om vir My te spreek en te skryf soos wat EK julle opdrag gegee het om op hierdie dag te doen.”

“Neem kennis en verstaan dat daar vervolging onder julle sal wees, sommige tot die dood toe, sommige sal aangerand word, sommige sal lasterlik vervloek word en sommige sal gemartel word, sommige van hulle vanuit julle eie volk en sommige van buite julle eie volk en sommige deur die ander volke.”

“Neem kennis en verstaan dat daar vervolging sal wees, maar Ek, ja Ek, EK wat EK IS sal met julle wees deur die krag van My Heilige Gees om julle te versterk en om julle `n groot geloof te gee, asook groot moed om My woorde te spreek en te skryf soos wat Ek julle vandag beveel.”

“In vreesagtige, bewende ontsag vir julle sal baie van hulle wees oor die groot geloof en moed wat Ek aan julle sal gee om vir My te spreek en te skryf, en in groter getalle sal daar deur hulle wat baie sal vervolg, baie meer wees wat My woorde sal hoor deur julle wat in My Naam sal spreek en skryf.”

“Neem kennis en verstaan, dat as gevolg van julle, julle wat sal spreek en skryf, dat baie, baie mense vanuit die volke van die wêreld My en My verlossing sal vind!”

“Neem kennis en verstaan, Huis van Israel en Dogter van Sion binne My volk, My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan dat julle die vyeboom is wat Ek as JaHshua geseën het!”

“Ja, julle is die vyeboom wat nou in hierdie oes vrugte sal dra en julle sal eindeloos en vir ewig vrugte dra!”

“Ja, My geliefde Huis van Israel en gekoesterde Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat julle die vyeboom is wat Ek as Jahshua geseën het!”

“In daardie dae en in daardie tyd wanneer julle in julle geloof opstaan vir My en My en My wil betuig vir hierdie Huis van Israel in Suid-Afrika, dan sal die wêreld weet dat dit teen My Huis van Israel en My Dogter van Sion is wat hierdie groot boosheid gekom het.”

“Die wêreld moet weet dat dit My Huis van Israel en My Dogter van Sion is in My Suid-Afrika wat vir My in geloof sal opstaan om My wil te doen!”

“Dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte, sodat die hele wêreld kan weet en verstaan dat EK IS wat EK IS lewe en dat EK IS wat EK IS woon in al die sake van die mens!”

“Die wêreld moet weet dat My Huis van Israel en My Dogter van Sion in My Suid-Afrika MY HUIS VAN ISRAEL EN MY DOGTER VAN SION IS!!”

“Dit moet so wees, sodat al die volke van die wêreld kan sien en sodat al die volke van die wêreld eendag met een stem sal kan sê; `daar is geen Elohim soos die Elohim van die Huis van Israel EN DIE Dogter van Sion van Suid-Afrika nie, daar is niemand groter nie, lof en eer aan die Elohim van Israel’!”

“Deur julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, deur julle, My byna vergete, ware en getroue Huis van Israel en Dogter van Sion, wat woon binne die grense van My Suid-Afrika, ja deur julle sal die wêreld ontwaak tot My, EK IS wat EK IS en soos wat Ek julle alreeds gesê het, as gevolg van julle groot geloof in My, as gevolg van julle groot beproewings waarin julle vir My gely het in My Naam, sal JULLE, ja JULLE, My, JA MY diep en geliefde klein Huis van Israel en My Dogter van Sion in My Suid-Afrika, sal JULLE nou die maatstaf word waaraan alle ander volke geoordeel sal word!”

“Julle sal die Heilige Volk word wat Ek julle belowe het julle sal wees!”

“Julle sal bekend wees in die tye na die tye wat sal wees en vir ewig as `Elohim se Huis van Israel van Suid-Afrika,Getrou en Waar’, EK IS wat EK IS.”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 126 ontvang op 26 Desember 2013

Die tyd van vlug

“Ek het julle gebede die afgelope klompie dae gehoor.”

“Ek hoor al die gebede van My Huis van Israel en My Dogter van Sion in Suid-Afrika!”

“Het Ek nie volumes van My woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion geopenbaar deur hierdie en nog baie ander van My diensknegte nie?”

“Het Ek julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, nie vertel dat Ek My woorde aan julle sal vermeerder deur hierdie dienskneg en op onverwagte wyses nie?”

“Waarna julle op soek is, aangaande die tye wat kom en die tye daarna, kan gevind word in die woorde wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS reeds aan julle geopenbaar het deur My Heilige Gees wat gespreek het en dan My woorde tot en in die hart van hierdie dienskneg beveel het, My woorde, al My woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna!”

“Aangaande die tye, dit sal wees soos wat reeds voorspel is van die tye wat moet kom, dit sal sonder waarskuwing en skielik kom, alhoewel dit nou nog op die horison is; oor die tye wat nog moet kom, sal My woorde geopenbaar word aan die vergaderings van My Huis van Israel en My Dogter van Sion in daardie plekke wat Ek vir hulle vooraf bestem het.”

“My woorde sal kom soos wat Ek julle reeds opdrag gegee oor die wyse waarop dit sal kom vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

“Ja, Ek hoor julle gebede, al julle gebede van: `Wanneer Vader, wanneer’?”

“Ek hoor hierdie gebede!”

“Julle moet die antwoorde soek in die woorde wat reeds gegee is!”

“Ek het julle reeds gesê dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, ja, Ek het vir julle gesê om My stem af te wag rakende die tyd van vlug!”

“Nou sal Ek die geheim van hierdie tyd van vlug openbaar, sodat julle sal hoor en sodat julle sal weet dat dit My stem is, ja Ek, Koning van die konings, Skepper, EK IS wat EK IS JaHshua!”

“EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel!”

“EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham!”

“EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob!”

“EK IS WAT EK IS, JULLE LIEFDEVOLLE VADER!”

“As julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion in My Suid-Afrika, nog nooit voorheen na My geluister het nie deur hierdie woorde wat beveel is tot en in die hart van hierdie dienskneg wat My woorde nou aan julle skryf, LUISTER NOU NA MY STEM DEUR HIERDIE WOORDE, BEVEEL DEUR MY HEILIGE GEES TOT EN IN DIE HART VAN HIERDIE DIENSKNEG OM HIERDIE WOORDE TE SKRYF, MY WOORDE, DIREK VIR JULLE GESKRYF, MY HUIS VAN ISRAEL, JA, MY WOORDE, EK IS WAT EK IS!”

“Die tyd van vlug is vir die ene, vir tweë en vir drieë, klein getalle van julle, Huis van Israel, tydens hierdie tyd van vlug.”

“Die tyd van vlug is vir diegene wat min is.”

“Die tyd van die vlug vir elkeen van hierdie sal wees soos wat My Heilige Gees aan elkeen van hulle sal openbaar, ELKEEN OP SY EIE TYD EN ELKEEN OP SY EIE PLEK EN NIE IN GROOT GETALLE NIE!”

“Ene, tweë en drieë, julle wat baie is en julle wat min is, begin nou om die stem van My Heilige Gees in julle harte te soek deur julle liefde vir My en deur My liefde vir julle!”

“Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!”

“Ene, tweë en drieë, julle wat baie is en julle wat min is, begin nou om die stem van My Heilige Gees in julle harte te soek deur julle liefde vir My en deur My liefde vir julle!”

“Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!”

“Ene, tweë en drieë, julle wat baie is en julle wat min is, begin nou om die stem van My Heilige Gees in julle harte te soek deur julle liefde vir My en deur My liefde vir julle!”

“Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!”

“Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!”

“Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!”

“My Heilige Gees sal die tyd van vlug openbaar aan almal van julle, ELKEEN OP SY EIE TYD EN ELKEEN OP SY EIE PLEK EN NIE IN GROOT GETALLE NIE!”

“Vertrou My Heilige Gees gedurende die tyd van vlug om julle paaie aan julle te openbaar wat sal lei na daardie plekke wat Ek vir julle vooraf bestem het om heen te gaan!” “Baie van julle weet reeds van daardie plekke wat Ek aan julle gewys het.”

“LUISTER NA MY HEILIGE GEES IN AL HIERDIE DINGE!”

“Berei voor om My Heilige Gees te volg op watter pad julle ookal gelei sal word om te volg en DOEN SO!”

“Dit was nooit My plan dat julle in groot getalle moet vlug, soos wat baie van julle valslik gelei was om te glo nie!” “Dit was die plan van hom wat My teenstaan, hy en sy bose leërskare wat sal poog om My volk tydens die massavlugte te verslind!”

“Tydens hierdie massavlugte van My volk sal hulle agtervolg word deur hulle wat julle reeds gemerk het!”

“Hulle wag in groot getalle om julle besittings te steel en om julle op allerhande wyses te kwel tydens hierdie vlugte, hierdie vlugte wat deur mense beplan is en wat nie deur My verorden is nie!”

“Onthou wat Ek alreeds vir julle gesê het, die tyd van vlug is vir ene, vir tweë en drieë, klein getalle van julle, My volk, tydens hierdie tyd van vlug!”

“Die tyd van vlug is vir hulle wie se getalle min sal wees!”

“Onthou, die tyd van vlug vir almal van hulle sal wees soos wat My Heilige Gees aan almal van hulle sal openbaar, ELK OP HUL EIE TYD EN PLEK, EN NIE ALMAL VAN JULLE IN GROOT GETALLE NIE!”

“Onthou, glo, vertrou, en woon in My woning van My liefde en weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, weet dat Ek vir julle lief is, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, weet dat Ek julle sal lei en met julle sal spreek deur My Heilige Gees soos wat Ek julle belowe het dat Ek julle sal lei en met julle deur My Heilige Gees sal spreek!”

“Weet dit, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, dat EK IS by julle is in ALLE DINGE, ja, Ek, EK IS wat EK IS!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 125 ontvang op 24 Desember 2013

Nuwe profete en boodskappers sal opgewek word

“Dit is laat en tog is jy altyd gereed om My wil te doen. Dag of nag ter enige tyd soek jy altyd om My wil te doen.”

“Ek verheug My in jou getrouheid in jou begeerte om My wil te doen vir die liefde van My Huis van Israel, ja, Ek verheug My in die getrouheid van jou begeerte om My wil te doen vir die liefde van My Huis van Israel.”

“Ek hoor jou gebede vir hierdie Huis van Israel.”

“Ek hoor jou gebede vir die Skrifgeleerdes en die Fariseërs en hulle wat jou veroordeel.”

“As gevolg van hierdie gebede sal My Heilige Gees nog ‘n bietjie langer voortgaan om tot hulle harte te spreek en om tot hul harte te pleit om na My woorde te luister, ja My woorde, EK IS wat EK IS, My woorde, as gevolg van jou gebede en jou liefde vir hierdie van My Huis van Israel, sal My Heilige Gees voortgaan om tot hulle harte te spreek en tot hul harte te pleit om My woorde vir nog ‘n klein tydjie te hoor.”

“Skryf nou My woorde op wat My Heilige Gees jou in jou hart beveel om vir My te skryf, skryf met alle ywer en skryf met alle haas die woorde op wat My Heilige Gees in jou hart beveel om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.”

“LUISTER NA MY, HUIS VAN ISRAEL, O MY HUIS VAN ISRAEL, LUISTER NA MY deur My stem wat tot julle harte spreek deur hierdie woorde wat My Heilige Gees beveel om op en in hierdie hart te skryf van My af aan julle, My seer geliefde Huis van Israel!”

“LUISTER NA MY, MY HUIS VAN ISRAEL, LUISTER NA MY, Skepper, Koning van Konings, EK IS wat EK IS, EK IS wie Ek is, EK IS wat EK IS, Hy wat is voordat daar iets was en hy wat anderkant dit is wat was, luister na My, na julle liefdevolle Vader!”

“Soos wat Ek deur hierdie dienskneg gedoen het, hierdie stem wat uitroep na julle in die woestyn, maak die pad oop vir EK IS wat EK IS, om My aan julle en aan die wêreld bekend te maak en aan te kondig, in hierdie Naam, hierdie Naam wat Ek aan die mensdom gegee het, EK IS wat EK IS, het hierdie dienskneg gedoen soos wat Ek hom beveel het om deur My Heilige Gees te doen.”

“Soos wat Ek deur hierdie dienskneg gedoen het, om My woorde in My Naam, EK IS wat EK IS, te skryf en te spreek, so berei Ek ook nou baie ander onder julle eie mense voor, wat sal doen soos wat hierdie dienskneg gedoen het en wat sal skryf en spreek in My Naam, EK IS wat EK IS, al die woorde wat Ek op en in hul harte sal spreek deur My Heilige Gees om vir My te spreek en te skryf aan My Huis van Israel in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, so sal Ek spreek en skryf deur hulle vanuit julle eie volk.”

“Soek nou, soos wat reeds aan julle gesê is, soek nou diegene onder julle uit wat van groot geloof is, hulle wat My in alle ywer en in alle liefde en in alle opregtheid en nederigheid dien, soek nou hierdie uitverkorenes van My Huis van Israel!”

“Soek hulle wat sal woon onder die vergaderings van My Huis van Israel wanneer Ek My Huis van Israel sal lei na daardie plekke wat Ek voorafbepaal het vir die tye wat kom en die tye daarna.”

“Dit is hulle onder julle wat nie omgee oor die dinge van hierdie wêreld nie!”

“Dit is hulle onder julle wat nie belangstel in selfverheer­liking of eiegeregtigheid of om deur mense gesien te word nie.”

“Dit is hulle onder julle wat nie bang is vir enige mens of enigiets om My woorde te spreek of te skryf nie, enige woorde wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, enige woorde wat My Heilige Gees mag beveel aan en in hulle harte om vir My te spreek of om te skryf, My woorde, aan My Huis van Israel in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Dit is hulle onder julle wat Ek uitverkies het om My woorde aan julle te spreek en te skryf op enige manier wat Ek wil, so sal hulle vir My spreek en skryf aan My Huis van Israel vir julle besker­ming, bevryding, onderrig en waarskuwings in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Dag of nag en te enige tyd sal hulle My woorde aan julle spreek of skryf, soos wat My Heilige Gees mag beveel en op die einste oomblik wat julle My woorde mag nodig hê vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings, sal hulle My woorde aan julle in My Naam, EK IS wat EK IS, spreek of skryf!”

“Die tyd van vlug kom nader en Ek het hulle aangestel vir julle, My Huis van Israel, vir elke een van julle byeenkomste wat sal bymekaarkom in daardie plekke wat Ek vir julle voorafbepaal het gedurende die tye van vlug, dieselfde plekke waarheen Ek julle sal lei en wat Ek aan julle sal toon.”

“Het Ek julle nie van hierdie dinge vertel nie?”

“Het julle vergeet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, het Ek nie alreeds vir julle van hierdie dinge gesê nie en het Ek ook nie gesê dat julle nooit sonder My woord sou wees nie!”

“Wat? Julle dink dat Ek slegs van My geskrewe woord gespreek het?”

“Liewe kinders, My woord is alles betreffende My woord; lewend, geskrewe en gesproke en lewend, geskrewe en gesproke sal My woord altyd wees met My Huis van Israel, soos wat Ek aan julle belowe het!”

“Dit is waarom Ek hulle gekies het vir julle vergaderings!”

“Die tyd kom nader in hierdie plekke van vlug, dat elkeen van hierdie vergaderings van My Huis van Israel van My uitverko­renes onder hulle sal hê, om die woorde wat Ek beveel deur My Heilige Gees om te spreek en te skryf aan en in hul harte, om My woorde aan hierdie vergaderings van My Huis van Israel te spreek en te skryf vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings in daardie tye en in die tye wat nog moet kom!”

“Hulle sal My woorde aan julle spreek en skryf, al My woorde en enige van My woorde wat hierdie vergaderings van My Huis van Israel sal nodig hê in die tye wat kom en die tye daarna, dieselfde oomblik wat hierdie vergaderings van My Huis van Israel My woorde mag nodig hê vir hul beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings, sal hulle wat Ek vir julle vergaderings uitverkies het, My woorde aan julle spreek en skryf, al My woorde!”

“Dit is hoe Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS julle sal lei, met julle sal spreek en aan julle sal skryf!”

“Het Ek nie vir julle gesê dat Ek julle sal lei nie?”

“Het Ek nie alreeds vir julle gesê dat Ek julle sal lei nie!”

“Kleine kinders, hierdie vele maande het Ek met julle gespreek en geskryf deur hierdie woorde wat Ek op en in hierdie hart beveel het om aan julle te skryf.”

“Baie van hierdie woorde wat Ek tot hierdie hart gespreek het, het baie waarhede openbaar wat reeds gespreek en bevestig was.”

“Ek het hierdie dienskneg uit ‘n verre land gekies, ‘n land van groot afvalligheid en valse leerstellings, ‘n dienskneg wat nie kennis gedra het van enige van hierdie kennis wat baie van julle al julle hele lewens geken het nie.”

“Ek het hierdie kneg gekies en aan hierdie dienskneg baie van die dinge geopenbaar wat julle reeds geweet het.” “Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie dienskneg gekies om al hierdie dinge te doen, sodat julle sal weet en glo dat al die woorde wat deur die profete gespreek is en al die woorde wat aan hierdie dienskneg gegee is, waar is!”

“Baie van hierdie woorde wat Ek tot die hart van hierdie dienskneg gespreek het, het baie dinge geopenbaar wat nog moet kom, en baie het sedertdien plaasgevind en nog vele meer sal plaasvind om aan julle te toon dat hierdie My woorde is, ja, My woorde, Ek, EK IS wat EK IS, ja! Hierdie is My woorde!”

“Onthou, Huis van Israel, in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, soek nie My woorde van hulle wat Ek uitverkies het om vir My te spreek en te skryf nie!”

“Soek My woorde van My en net van My, EK IS wat EK IS JaHshua, soos wat Ek julle deur gebed getoon het.”

“Soek My woorde van My af en net van My af en Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sal julle antwoord deur My Heilige Gees in die harte van hulle wat Ek vir julle vergaderings gekies het om vir My te spreek en te skryf!”

“Julle moet nie nou of ooit My woorde soek van hulle wat Ek uitverkies het om My woorde te spreek of te skryf om hulle harte te grief of te bekommer nie.”

“Ek sal My woorde spreek aan hulle wat Ek uitverkies het vir julle vergaderings in die tyd en op die plek wat Ek sal kies vir My planne en vir My doelwitte.”

“Ek sal spreek tot die harte van hulle wat Ek uitverkies het, die einste uur wat My woorde benodig sal word vir julle vergaderings, sal Ek, EK IS wat EK IS My woorde spreek aan hierdie vergaderings soos wat dit nodig sal wees.”

“Onthou, soek nie My woorde van hulle wat Ek uitverkies het om vir My te spreek en te skryf nie.”

“Soek nie My woorde van hulle wat Ek uitverkies het om vir My te spreek en te skryf nie.”

“Soek nie nou of soek nooit daarna om hulle harte te bedroef of te bekommer nie, want die oomblik wat julle dit sal doen, sal hierdie optredes My Heilige Gees bedroef, wat daarna verlang om te antwoord, maar wat slegs op die vasgestelde tyd kan antwoord vir My planne en vir My doelwitte.”

Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel, wie Ek so liefhet, onthou hierdie woorde, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 124 ontvang op 23 Desember 2013

Aan die Skrifgeleerdes en Fariseërs

“Die nag sal jy slegs skryf aan die Skrifgeleerdes en Fariseërs en My woorde aan hulle verklaar, want hulle weet wie EK IS!”

“Wie is My Huis van Israel?”

“Wie is My Dogter van Sion”

“WIE IS JULLE BROERS EN SUSTERS?”

“Ek sê weer vir julle.”

“WIE IS MY HUIS VAN ISRAEL?”

“WIE IS MY DOGTER VAN SION!”

“WIE IS JULLE BROERS EN SUSTERS?”

“Steun nie op julle eie insig soos wat julle tot op hede gedoen het of soos in die verlede nie, maar soek eerder hierdie begrip van My woorde, JA MY WOORDE, EK IS wat EK IS, julle moet julle antwoorde in My woorde soek!”

“Soek hierdie antwoorde met alle ywer, nederigheid, opregtheid en deemoed, want julle saligheid hang af van die waarhede, die vele waarhede rakende hierdie sake!”

“Soek nou hierdie begrip, MY BEGRIP van hierdie vrae, deur My Heilige Gees wat ALLE DINGE onthul aan die mens, ALLE DINGE!”

“Soek nou die dieper begrippe!”

“Soek nou die dieper geestelike insigte!”

“Soek nou, MY DIEPER INSIGTE en MY DIEPER GEESTELIKE BEGRIPPE van die waarhede van hierdie vrae deur My Heilige Gees wat ALLE DINGE onthul aan die mens, ALLE DINGE!”

“Steun nie op julle eie insig soos wat julle gedoen het nie, sodoende het julle julle harte en gedagtes en julle geeste verblind vir My stem, wat tot die harte van die mens spreek deur My Heilige Gees en My liefde, My GODDELIKE LIEFDE.”

“Soek nou, soos wat Ek julle vertel het, en Ek sal hierdie begrippe in julle harte plaas deur My Heilige Gees.”

“Soek My nou met julle hele hart, Skrifgeleerdes en Fariseërs, soek My nou met julle hele hart, terwyl Ek nog gevind kan word, want die tyd om My te soek, is byna verstreke.”

“Soek My nou, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is en sal wees, soek My nou, terwyl Ek nog gevind kan word!”

“Soek My nou, julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, soek My nou en julle mag My nog vind, ja Ek, EK IS wat EK IS, soek My nou!”

“Julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, JA JULLE Skrifgeleerdes en Fariseërs, kan julle nie My stem hoor deur hierdie woorde wat My Heilige Gees op en in die hart van hierdie dienskneg beveel om aan julle te skryf nie?”

“Kan julle nie My stem hoor deur hierdie woorde nie, My stem, ja Ek, julle liefdevolle Vader, kan julle nie My stem hoor wat in julle harte pleit om My deur hierdie woorde te hoor en om My te soek nie?”

“As julle My maar net in die liefde wil soek soos wat Ek aan julle getoon het! As julle maar net My koninkryk wil soek soos wat Ek dit aan julle getoon het met alle ywer, nederigheid, opregtheid en deemoed, as julle My net wil soek in liefde, vertroue en geloof, sal julle My alreeds hier vind, wagtend op julle!”

“Daar is soveel meer woorde wat nog moet kom van My af aan julle, nie net van hierdie dienskneg af nie, maar van baie ander waarmee EK IS selfs nou mee spreek en deur skryf en nog vele meer in die tye wat moet kom vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings, soveel is die woorde wat geskryf moet word en aan julle gespreek moet word, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

“Ja, daar is baie, baie meer woorde wat nog moet kom, en julle moet leer om na My te luister en om op My stem te vertrou deur almal wie Ek gekies het en aan julle gestuur het soos wat Ek julle vertel het deur die profete!”

“Nooit sal dit die wil van enige liefdevolle Vader wees dat enige van sy kinders verlore moet gaan nie! Dit is ook nie My wil dat enige van julle Skrifgeleerdes en Fariseërs moet vergaan nie! Julle is nog steeds deel van My Huis van Israel, julle is nog steeds My kinders en daar is nog tyd oor vir julle om na My stem te luister!”

“Hierdie woorde word in hierdie nag aan julle geskryf, want die tyd is baie min en daar is sommige onder julle wie se harte daarna streef om MY stem te hoor. Dit is aan hulle wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dit is aan hulle wat daarna streef om My stem te hoor, wat deur hierdie woorde spreek wat aan en binne die hart van hierdie kneg beveel is om hierdie woorde te skryf, My woorde aan julle wat daarna streef om My stem te hoor!”

“Luister nou na My en soek nou na My, sodat julle kan leer om My stem te hoor en leer om My stem te vertrou, want die tyd is naby en die tye sal kom wanneer julle My sal soek en julle My nie sal vind nie, so bedorwe sal julle harte geword het deur die boosheid van Satan en sy leërskare, wat selfs nou en in die tye wat kom julle met groot geslepenheid sal bedrieg om net hulle stemme te hoor, wat allerhande verleiding van ongeregtigheid sal spreek, so geslepe is hulle!”

“In daardie dae en in daardie tyd sal julle so mislei wees, dat julle My met al julle harte sal soek, met al julle harte sal julle My soek en in plaas daarvan net geestelike verlatenheid van hart en gees vind.”

“In daardie dae en in daardie tyd, wanneer baie van julle Skrifgeleerdes en Fariseërs mislei is en deur die Satan en sy leër oorweldig is, sal julle My soek en die geestelike verlatenheid wat julle sal vind, sal die wete wees dat julle My slegs vir julle eie selfverheerliking gesoek het, vir julle eiegeregtigheid en vir julle eie begeertes van hierdie wêreld.”

“In daardie dae en in daardie tyd sal julle Esau geword het.”

“Esau het Ek tot op hierdie dag gehaat, vir dieselfde geestelike boosheid en dieselfde geestelike verlatenheid, toe hy met minagting en vermakerig sy eersgeboortereg verkoop het vir ‘n bakkie pap, so korrup was sy hart in sy selfverheerliking, sy eiegeregtigheid en sy soeke na slegs die begeertes van hierdie wêreld, eerder as die groot rykdom van geestelike kennis en waarhede wat Ek verlang het om aan hom deur die eersgeboortereg te gee.”

“Staak nou jou skrywe, want My toorn teen Esau brand nog steeds in My, want Ek sien al die boosheid wat Esau bewerk het regdeur die geskiedenis van die mens, tot aan die einde van die wêreld, ja, tot aan die einde van die wêreld sien Ek al die boosheid wat Esau bewerk het, ja Ek, EK IS wat EK IS “

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 123 ontvang op 19 Desember 2013

Teken aan die Van Allen-gordel

“O, MY HUIS VAN ISRAEL weet verseker dat Ek julle so liefhet, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, o, huis van Israel weet dat Ek julle so liefhet! “

“Huis van Israel, julle moet dus oplet en kennis neem, julle moet oplet en kennis neem dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS nou besig is om ‘n groot teken vir julle voor te berei sodat julle die nabyheid van My stem kan ken wanneer julle moet vlug.”

“Let op en neem kennis dat Ek ‘n groot versteuring in die Van Allen-gordel voorberei. Dit is en sal My teken wees om julle voor te berei om My stem te hoor om te vlug!”

“Huis van Israel, julle moet dus oplet en kennis neem, julle moet oplet en kennis neem dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS nou besig is om ‘n groot teken vir julle voor te berei sodat julle die nabyheid van My stem kan ken wanneer julle moet vlug.”

“Huis van Israel, julle moet dus oplet en kennis neem, julle moet oplet en kennis neem dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS nou besig is om ‘n groot teken vir julle voor te berei sodat julle die nabyheid van My stem kan ken wanneer julle moet vlug.”

“Let op en neem kennis dat Ek ‘n groot versteuring in die Van Allen-gordel voorberei. Dit is en sal My teken wees om julle voor te berei om My stem te hoor om te vlug!”

“JULLE MOET OPLET, JULLE MOET KENNIS NEEM EN VERSTAAN!”

“EK IS met julle soos wat Ek julle belowe het, MY HUIS VAN ISRAEL, EK IS is met julle soos wat EK JULLE BELOWE HET dat Ek altyd by julle sal wees, destyds, nou en vir alle tye sal Ek by julle wees, MY HUIS VAN ISRAEL, ja Ek, EK IS wat EK IS! “

Nuus:

Hierdie woorde is ontvang beginnend om 09:00 nm op 19 Desember 2013, gepos op Facebook 19 Desember 2013 – 21:31

Vandag, 20 Desember het ek begin met navorsing oor die Van Allen gordels en het na ‘n tyd hierdie gevind;

http://spaceweather.com/

M-CLASS SOLAR FLARE: For more than two weeks, solar activity has been low. Hours ago, a new sunspot broke the quiet with an M3.5-class solar flare. NASA’s Solar Dynamics Observatory recorded the extreme ultraviolet flash at 23:16 UT on Dec. 19th:

Radiation from the flare produced a brief wave of ionization in the upper atmosphere over the Pacific side of Earth. Otherwise, the blast was not particularly geoeffective. It did not produce an Earth-directed CME.

The instigating sunspot is still emerging over the sun’s southeastern limb. Without a top-down view of the sunspot’s magnetic field, it is difficult to assess the region’s flare-producing potential. NOAA forecasters are estimating a 30% chance of more M-class flares on Dec. 20th. Solar flare alerts: text, voice

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 122 ontvang op 19 Desember 2013

Kom na die lig toe

Kom na die lig toe, spreek ‘n stem, kom na die lig toe!

Wandel saam met My en Ek sal saam met jou wandel!

Soek My en jy sal My vind!

Wees lief vir My en ek sal jou liefhê!

Daar is geen einde aan hierdie lig nie, is daar geen einde aan hierdie wandeling nie!

Met elke tree word die wandeling makliker en makliker!

Die lig raak meer en meer eindeloos!

Die liefde word meer en meer en groter en groter word hierdie liefde.

Waarom is ons beperk tot hierdie woorde wat nie eens kan begin om al hierdie dinge uit te druk nie!

Hierdie woorde blyk flou pogings te wees om alles hiervan uit te druk, maar dit is die beste wat gedoen kan word!

In alle dinge, is Hy waarlik is meer as wat jy jou kan voorstel!

“O, MY HUIS VAN ISRAEL weet verseker dat Ek julle so liefhet, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, o, huis van Israel weet dat Ek julle so liefhet! “

“Huis van Israel, julle moet dus kyk en weet, julle moet kyk en weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS nou besig is om ‘n groot teken vir julle voor te berei om die nabyheid van my stem te leer ken om te vlug.”

“Kyk en weet dat Ek die voorbereiding van ‘n groot versteuring in die Van Allen-gordel. Dit is en sal my teken wees om voor te berei om te hoor my stem te vlug!”

“Huis van Israel, kyk julle dus en weet, kyk na julle en weet dat Ek, ja my, Ek is dat Ek is is nou besig om ‘n groot teken vir julle die nabyheid van my stem te vlug om te weet!”

“Kyk en weet dat Ek die voorbereiding van ‘n groot versteuring in die Van Allen-gordel. Dit is en sal my teken wees om voor te berei om te hoor my stem te vlug!”

“Huis van Israel, kyk julle dus en weet, kyk na julle en weet dat Ek, ja my, Ek is dat Ek is is nou besig om ‘n groot teken vir julle die nabyheid van my stem te vlug om te weet!”

“Kyk en weet dat Ek die voorbereiding van ‘n groot versteuring in die Van Allen-gordel. Dit is en sal my teken wees om voor te berei om te hoor my stem te vlug!”

“Watch julle, ken julle en verstaan!”

“Ek is met julle as Ek julle belowe, my huis van Israel: Ek is met julle as Ek het belowe dat Ek sou wees met wat julle altyd dan nou en vir alle tye is Ek by julle MY huis van Israel, ja my EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 121 ontvang op 19 Desember 2013

Dogter van Sion se kleed

Hierdie het sowat twee weke gelede gekom en in die stormloop van ander gebeure is dit vergeet en duik toe op in ‘n soektog vir iets anders;

8 Desember 2013

Dogter van Sion, ja My Dogter van Sion, Ek weet dat jy wag op woorde van My, EK IS wat EK IS, ja, Ek weet! Ek het baie woorde vir jou voorberei vir die tye wat gaan kom en hierdie woorde sal kom, maar moet elke keer kom op die oomblik wat Ek, EK IS wat EK IS dit voorberei het vir jou. Dit moet so wees vir die begrip van My volk, My kinders, My huise van Israel en My ander dogters van Sion binne en buite die grense van Suid-Afrika. Hou goeie moed en wees baie vreugdevol oor die woorde wat nog van My af moet kom, want Ek het baie woorde vir jou voorberei vir hierdie tye, daardie tye en die tye wat nog moet kom, vanaf My, jou liefdevolle Vader, minsaam en barmhartig, EK IS wat EK IS!

[Ongelooflik! In aanmerking nemende die woorde wat nou net gekom het. Ongelooflik! – Lukaas]

19 Desember 2013

“Dogter van Sion”

“Dogter van Sion”

“Dogter van Sion”

“Ja, Dogter van Sion, want omdat daar slegs een Dogter van Sion is en hierdie Dogter glo al My woorde soos wat Ek My woorde regdeur die hele mensdom gegee het aan wie Ek uitverkies het om My woorde te gee regdeur die geslagte van die mens tot op hierdie tye, die tye wat gaan kom en die tye daarna, glo hierdie Dogter, My Dogter van Sion.”

“Hierdie Dogter weet en hierdie Dogter glo deur die geloof wat My Heilige Gees vrylik gee aan haar en enigeen wat My Heilige Gees soek, ja, hierdie Dogter weet dat dit Ek, EK IS wat EK IS is wat tot haar spreek deur die woorde wat beveel is aan en in die hart van hierdie dienskneg, om My woorde te skryf aan jou, My geliefde Dogter, ja My geliefde Dogter van Sion, My Heilige Gees gee opdrag aan en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan jou te skryf! “

“Dogter, jy loop van die wêreld en in die wêreld, eenvoudig geklee en dra alles wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, aan jou getoon het om te doen vir My Huis van Israel.”

“Ek het jou dag vir dag gevoed en geklee en in die oomblikke van jou behoeftes het Ek, jou liefdevolle Vader, in al jou behoeftes voorsien vir in die einste uur van jou behoefte, want jy glo My en omdat jy al jou geloof en al jou vertroue in My plaas om te voorsien in jou behoeftes, daarom sal Ek jou selfs meer voed en selfs meer klee, maar nie met die voedsel of die kleding van hierdie wêreld nie. “

“Ek spreek van My geestelike klere, My geestelike kleding van die wysheid, die waarheid, die kennis en die diep geestelike waarhede en begrip van alles wat EK IS selfs nou voorberei op en in julle harte deur My Heilige Gees, My Heilige Gees wat is en wat hierdie dinge aan julle harte sal openbaar in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, sal Ek julle beklee met hierdie diep geestelike waarhede en begrip van alles wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS vir julle voorberei het!”

“Jy loop in en van die wêreld in die eenvoudige kleding wat Ek aan jou gegee het om mee te loop en so loop jy in alle nederigheid en in alle opregtheid en dra alle vloeke en verdoemenis wat hierdie wêreld teen jou opgehoop het omdat jy doen wat Ek jou gewys het om te doen.”

“Ek het hierdie kleding aan jou gegee om jou te toets, om jou te vermaan, om jou te tugtig en om jou soms tereg te wys.”

“Dogter, My nederige Dogter, te midde van al hierdie vloeke, verdoemenis en toetse doen jou nog en gaan jy in jou groot geloof en vertroue voort om My met vreugde en blydskap te soek in die aangesig van al hierdie vloeke, verdoemenis en toetse.”

“Deur dit te doen het jy My woord van liefde nagekom om al hierdie vloeke en verdoemenis te dra, soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, dit vir die mensdom gedra het toe Ek by die mens was, ja, jy My Dogter, het My woorde vervul soos wat Ek, Ek IS wat EK IS JaHshua gespreek en geleer het rakende hierdie aangeleenthede.”

“Ek sien jou, Dogter en Ek het al jou laste en al jou pyn gedeel soos wat Ek jou vertel het dat Ek dit gaan doen!”

“Ek het saam met en vir jou gehuil en in jou reis na My toe en Ek het jou so liefgehad, liewe Dogter, My Dogter van Sion “

“Ek het hierdie kleding aan jou gegee om jou te merk en om jou te hou as My Dogter, ja MY DOGTER VAN SION, want daar is nog baie meer wat Ek vir jou voorberei het, soveel meer en Ek sal voortgaan om jou te klee met My kledingstukke, My kledingstukke van geestelike klere, My wysheid, My waarheid, My kennis en My diep geestelike waarhede.”

“Ja, hierdie is die kledingstukke wat EK IS voorberei het vir jou en sal jou in hierdie kledingstukke klee, en met elkeen van hierdie kledingstukke sal Ek jou klee, elkeen daarvan in die tyd en op die plek wat jy My Dogter, hierdie kledingstukke sal nodig kry, daarmee sal Ek jou beklee! “

“Jy, My Dogter van Sion, wat getrou aan My was in alles wat Ek jou gegee het om te doen”

“Jy, My Dogter van Sion, gaan voortdurend, oomblik na oomblik, uur na uur, dag na dag, aanhoudend en eindeloos voort om My te soek in alle dinge!”

“Jy, My geliefde Dogter, het geword soos die mense van Berea, wat nooit hul soektog na My gestaak het nie en met alle liefde, ywer, opregtheid en nederigheid van hart het hierdie mense van Berea My gesoek!”

“Jy, ja jy, My Dogter van Sion, jy soek My voortdurend en voortdurend loop jy vooruit in jou geloof en oortuiging op soek na My!”

“Tog is jy in en van die wêreld, eenvoudig geklee in die kennis wat Ek aan jou gegee het.”

“Tog loop jy in en van die wêreld, geklee in eenvoudige kleding, as ‘n eenvoudige, maar sterk vrou in geloof loop jy in en van hierdie wêreld, eenvoudig geklee in hierdie kledingstuk wat Ek aan jou gegee het.”

“Maar Vader, vra jy, dit was U wat My al hierdie dinge gegee het?” “Hoe het ek U mishaag dat U nou van my dink as in en van die wêreld, eenvoudig geklee?

“Dogter, dierbare Dogter, natuurlik was dit Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja Dogter, dit was Ek wat jou op hierdie wyse geklee het en dit was Ek wat jou in en van hierdie wêreld geplaas het met alles wat Ek aan jou gegee het!”

“In daardie dae en in daardie tyd het jy gedink dat alles groot seëninge van My af was, jou liefdevolle Vader!”

“Ja, dit was My seëninge aan jou!”

“Dit was My wil dat jy op hierdie wyse geklee sal wees met die kleding wat Ek daardie tyd aan jou gegee het!”

“Dit was Ek wat jou paaie in en van die wêreld gerig het, eenvoudig geklee in hierdie kleding wat Ek aan jou gegee het om voor te berei vir dit wat gaan kom, sodat jy die groter seëninge kan begryp wat vir jou voorberei het!”

“In die tye wat kom, in die tye wat sal wees en die tye daarna, sal Ek jou seën en klee soos wat Ek gesê het dat al hierdie voormalige seëninge sal lyk soos snuisterye, so groot sal die seëninge wees wat nog vir jou moet kom en wat Ek vir jou voorberei het! “

“Vir ‘n tyd moet jy en sal jy in alle nederigheid en liefde voortgaan om in en van hierdie wêreld te loop, geklee in die kledingstukke waarmee jy nou beklee is.”

“Dit is My wil vir My planne en vir My doelwitte wat jy sal ken en verstaan in die tye wanneer My Heilige Gees hierdie waarhede aan jou sal openbaar.”

“Onthou My Dogter, My dierbare en seer geliefde Dogter van Sion, dit is My wil vir jou, want EK HET JOU LIEF!”

“Ek trek jou so aan en Ek het jou in en van hierdie wêreld gehou vir ‘n tyd vir My planne en My doelwitte vir jou en vir My Huis van Israel, so het Ek, EK IS wat EK IS, jou gehou.”

“Moet nie nou of ooit dink nie, Dogter, dat jy swak is of dat jy My mishaag het nie, omdat Ek jou hierdie dinge vertel het!”

“Tog het jy in hierdie eenvoud ‘n sterk baken van lig geword!”

“Tog het jy ‘n pilaar van krag, geloof en vertroue vir My Huis van Israel geword in hierdie kleding en in hierdie eenvoud!”

“Tog sien hulle van en in die wêreld jou as hierdie eenvoudig geklede vrou en tog moet jy vir ‘n tyd so bly vir My planne en My doelwitte vir My Huis van Israel.”

“Dierbare Dogter, onthou dat groter seëninge nog gaan kom, groter werke van My deur jou gaan nog kom!”

“Gaan voort om in en van die wêreld te wandel in My liefde, geklee in hierdie kledingstukke wat Ek aan jou gegee het, ja, gaan voort om in en van die wêreld te wandel in My liefde, geklee in hierdie kledingstukke wat Ek aan jou gegee het!”

“Dit moet so wees, want hulle wat dophou, is meer as waarvan jy weet en hulle wat dophou, kyk met openheid, maar bewaakte harte.”

“Hulle wat dophou, word voorberei deur My Heilige Gees om jou te sien soos wat jy nou is en om jou te sien wanneer hierdie groter seëninge aan jou gegee sal word.”

“‘n Dodelike slag word deur die bose een en sy leërskare teen jou voorberei, soos wat Ek reeds vir jou gesê en jou gewaarsku het.”

“Dit sal nie gebeur nie, alhoewel dit in daardie tyd so sal lyk.”

“Dit moet so wees, want dit is wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, toegelaat het vir My planne en vir My doeleindes vir hulle wat kyk.”

“In daardie tyd en in die tye wat Ek jou sal klee in hierdie groter kledingstukke, sal die oë, harte en verstande van die wat dophou, ten volle geopen word vir jou, My Dogter van Sion en in daardie dae sal hulle weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, jou bo almal uitverkies het om My werk te begin vir My heilige volk, My Huis van Israel! “

“Hulle wat dophou, is hulle wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS uitverkies het voordat die wêreld was.”

Ek het hulle wat dophou uitverkies vir die werk wat Ek aan hulle sal openbaar om vir jou, Dogter van Sion te doen in daardie tye wanneer Ek aan hulle wat dophou, die werk sal openbaar wat hulle vir jou sal doen, MY DOGTER VAN SION, EK IS wat EK IS, – glo net!