Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 120 ontvang op 18 Desember 2013

Die sprinkane van mense oor Suid-Afrika

Gelei om te herplaas vanaf 28 April 2013:

En jy Suid-Afrika, het voor My gekom, oor die land sal hulle neerdaal en alles in hulle weg verslind, kyk, die plaag kom soos sprinkane oor die land om alles in hul weg te verslind, waansinnige wilde wesens sonder denke, gedryf deur blinde waansin sal hulle op die land neerdaal; die tyd is naby, o Suid-Afrika, wanner sprinkane van mense losgelaat sal word en dan sal hulle My en My leërskare van aangesig tot aangesig ontmoet, en dan sal hulle My leër van die hemel sien, vreesaanjaend en skrikwekkend is hierdie vernietigingsengele van My wat hulle van die land sal vee, in ‘n reiniging soos wat die wêreld nog nooit gesien het nie. ‘n Groot menigte sal kom van oor die see, ‘n groot menigte wat liedere sing van vorige oorwinnings, liedere van geloof en feesvieringe soos wat Ek, die lewende Allerhoogste, hulle persoonlik herstel in die lande wat Ek aan hulle gegee het, voor die grondlegging van die wêreld, huilend en wenend sal hulle voor My kom in nederige dankbaarheid en Ek sal met hulle wees deur al hierdie dinge, en in daardie tye sal die inligting aan hulle getoon word dat ek altyd met hulle was, ALTYD, en dat daardie dinge wat hulle seergemaak het, so deur My toegelaat was, sodat ek die wêreld kon toon deur hierdie Boere van My, dat hulle altyd Myne was en spesiaal is voor My, die EK IS. En dan sal die nasies bewe, want Ek sal hul groot sondes aan hulle toon wat hulle in die begeerlikhede van hulle harte en in hulle groot boosheid teen My volk gepleeg het. Daar sal geen ontkoming wees nie. In daardie tye wanneer My gees uit die mensdom geneem is en die deur van redding gesluit het, sal hulle kerm en treur en kreun en baie ly in hul gees oor hierdie waarheid van hul ellendige weë. En dan sal die Seun van die Mens kom om My volk te verlos, regdeur die wêreld. EK IS wat EK IS het vandag deur hierdie dienaar gespreek en aan vele ander. Daar sal bevestigings wees, sodat My volk nie meer in My sal twyfel nie en dat hulle geloof so solied soos rots sal word. EK IS wat EK IS vir ewig.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 119 ontvang op 17 Desember 2013

Aan die Skrifgeleerdes en Fariseërs

“Wie soek julle?”

“Soek julle vir Lukaas of soek julle vir My?”

“Wie soek julle?”

“Julle moet My soek deur My woorde en soek nie nou of soek nooit die naam van enige dienskneg wat My wil doen nie, want dit is MY WERK onder julle!”

“Soek julle My deur hierdie woorde deur My Heilige Gees, of soek julle net om hierdie woorde te oordeel en te veroordeel?” “Ja, hierdie woorde, My woorde, EK IS wat EK IS, MY WOORDE!”

“Dit wat julle soek in hierdie gees van oordeel en veroordeling, ja, wat julle soek, sal julle vind en in groot oorvloed sal julle dit vind en in groot oorvloed sal julle die oordeel en veroordelings vind van wat julle soek, maar nie die oordele en veroordelings wat julle gedink het om daar te vind nie. “

“Die oordeel en veroordelings wat julle voortdurend soek om binne hierdie woorde te vind deur julle bedrieglike en leuenagtige harte in julle vals diens aan My, ja hierdie selfde oordele en veroordelings sal julle vind, maar dit wat julle sal vind, sal die oordele en veroordelings teen julleself wees, ja, dit is wat julle sal vind!”

“Hierdie woorde en al die woorde het Ek, EK IS wat EK IS gespreek en beveel deur My Heilige Gees op en in die hart van hierdie dienskneg om My woorde aan My hele volk, My kinders, al My huise van Israel te skryf, al My dogters van Sion en MY Dogter van Sion!”

“Ja, al hierdie woorde is deur My aan hierdie dienskneg beveel om deur My Heilige Gees My woorde aan julle te skryf!”

“Nou sal jy, gehoorsame dienskneg, My woorde neerskryf en met die vaardighede waarmee jy My woorde skryf, sal jy My woorde skryf, al My woorde wat Ek, Ek IS wat EK IS op en in jou hart beveel om vir My te skryf deur My Heilige Gees, dit sal jy nou en in die tye wat kom vir My skryf en op die wyse waarop Ek jou vertel het om te skryf, sal jy skryf.”

“Ja, gehoorsame dienskneg, nou sal jy My woorde neerskryf met die vaardigheid waarmee jy My woorde skryf, so sal jy My woorde neerskryf, JA, MY WOORDE, EK IS wat EK IS, MY WOORDE!”

“Jy sal My woorde skryf soos wat My Heilige Gees jou op en in jou hart beveel om vir My te skryf.”

“In die verlede was jy gehoorsaam aan My en het geskryf soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS jou beveel het om te skryf en in hierdie skryf formaat het Ek, EK IS wat EK IS jou beveel om My woorde so te skryf soos wat Ek jou beveel het om te skryf. “

“Selfs ten spyte van die vloeke en verdoemenis oor die wyse waarop jy My woorde geskryf het, soos wat Ek jou getoon het, ja selfs ten spyte van hierdie vloeke en verdoemenis, het jy in liefde, My liefde vir My volk, steeds My woorde in alle gehoorsaamheid geskryf en daardeur is jou hart vir baie maande gegrief deur al hierdie vloeke en verdoe-menis oor die wyse waarop Ek jou My woorde gegee het om te skryf.”

“Ja, hierdie afgelope paar maande het jy My woorde geskryf op die wyse waarop Ek jou beveel het om My woorde deur My Heilige Gees te skryf, wie My woorde op en in jou hart beveel het om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.”

“Nou sal Ek, EK IS wat EK IS aan jou en aan almal van julle begrip gee in hierdie aangeleenthede en waarom dit so was.”

“Dit was so, sodat Ek, JA EK, Ek, EK IS wat EK IS, hierdie Ek Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle kon vermaan en tugtig, wat dink dat Ek op ‘n sekere wyse moet skryf of spreek soos wat die eenvoudige sterflike mens dink Ek moet skryf of spreek.”

“Geveinsdes en eiegeregtig is hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle wat dit durf waag om uitsprake te maak oor hoe Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat Ek IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja, vir My, Ek IS WAT EK IS JAHSHUA moet spreek; geveinsdes en eiegeregtig is hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle wat dit durf waag om die wyse te veronderstel waarop Ek, ja Ek, Ek IS wat EK IS met My volk, MY SKEPPING moet spreek!”

“Geveinsdes en eiegeregtig is hierdie blote sterflike mense wat dit durf waag om die wyse te veronderstel waarop Ek met MY VOLK, MY KINDERS, MY HUISE VAN ISRAEL EN MY DOGTERS VAN SION sal spreek!”

“Hulle einde sal wees volgens hulle eie werke en die talle oordele, veroordelings en verdoemenis wat hierdie eiegeregtige Skrifgeleerdes en Fariseërs gespreek het en in die geheim gedoen het teen enig en almal van hulle wie EK GEKIES HET om aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion te gee volgens MY WIL. Ja, hulle einde sal wees volgens hierdie werke!”

“Dit was so, sodat Ek, JA EK, Ek, EK IS wat EK IS, die ware natuur kon openbaar, die ware harte en die ware gees van hulle onder julle wat kom in My Naam, maar wat van hom is wat My teenstaan, die Satan.”

“Dit is die uitgehongerde wolwe waarvan Ek gespreek het, die uitgehongerde wolwe in skaapsklere!”

“Dit was so om die ware natuur van hul duister harte en leuenagtige tonge te openbaar aan My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion!”

“Dit was so om een van die baie beginpunte van die sifting en reiniging van My hele volk te merk.”

“Dit was so om My hele volk te leer en aan My hele volk My geestelike insigte en My geestelike wysheid te gee wat My hele volk sal benodig in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

“Dit was so om die oë van My volk te open vir die geestelike onderskeiding wat Ek belowe het om aan My hele volk te gee, sodat My volk kon begin om My stem te leer ken, kon begin om My stem te vertrou en kon begin om My stem duidelik en sonder enige twyfel te hoor, want in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, moet My volk My stem ken, sodat My volk nooit weer mislei word nie!”

“Dit moet so wees om My heiligheid in My volk te begin!”

“Ja Ek, EK IS wat EK IS sal weer vir julle sê, almal van julle, My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion, Ek sal weer vir julle sê dat alles so moet wees om die ware natuur van die duister harte en die leuenagtige tonge van die te openbaar wat gekom het en dié wat onder My Naam sal kom na My hele volk toe om My volk te mislei en om My volk weg te lei van My, My woord en My wet af!”

“As hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs werklik onder My Naam en in My liefde gekom het en gepoog het om My deur al hierdie woorde te soek, dan sou My Heilige Gees hulle alles getoon het wat hulle kon leer en alles wat hulle kon verstaan en al die geestelike wysheid van al hierdie woorde wat Ek deur My Heilige Gees gespreek het in die hart van hierdie dienskneg om hierdie woorde te skryf, My woorde! Ja, My Heilige Gees sou hulle alles getoon het wat hulle kon leer en alles wat verstaan kon word van al hierdie woorde!”

“As hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle My in alle nederigheid, opregtheid en liefde opgesoek het in hierdie woorde, dan sou hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle My gevind het!”

“As hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle My in alle nederigheid, opregtheid en liefde in hierdie woorde opgesoek het, dan sou hulle My stem gehoor het!”

“Het Ek nie hierdie dinge vir julle vertel nie?”

“Het Ek julle nie gewaarsku en gesmeek om My koninkryk in hierdie aangeleenthede te soek nie?”

“Het Ek julle nie dikwels vertel en het Ek julle nie dikwels gewaarsku om My in alle liefde, nederigheid en opregtheid en in alle ywer te soek soos broers, liefdevolle broers en liefdevolle susters wat My en My koninkryk soek nie?”

“Het Ek julle nie dikwels en met die grootste liefde vertel dat as julle My in alle nederigheid, opregtheid en liefde sal soek, julle My sou vind nie, maar dan slegs in alle nederigheid, opregtheid en liefde sal enigeen van julle My, EK IS wat EK IS ooit vind “

“Waarom murmureer julle nog teen My en waarom murmureer julle teen hulle wie Ek in My Naam gestuur het om My woord, wat julle uit Egipte sal lei, te spreek en te skryf?”

“Waarom murmureer julle so, Skrifgeleerdes en Fariseërs?”

“Het Ek nie baie, baie wonderlike dinge vir julle gedoen nie?”

“Het Ek julle nie geseën nie?”

“Het Ek nie julle nie gelei uit die afvalligheid van julle voorvaders en in die lig van My liefde en waarheid nie?”

“Groot en wonderbaarlik was My werke vir julle, maar nog steeds murmureer julle!”

“Dink nie nou of dink nooit dat die geheime van julle nietige harte vir My Heilige Gees weggesteek is nie!”

“Ek ken die ydelheid van julle harte, julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, wat aan My volk lieg in julle eie ydelheid!”

“Ek weet dat julle My woord vals onderrig en My wet en My liefde met groot bedrog onderrig aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion, ja, Ek, EK IS wat EK IS weet van hierdie groot bedrog waarmee julle My kinders leer!”

“Maar nog steeds dink julle in julle harte, maar Vader, kyk na al ons werke wat ons in U Naam gedoen het!”

“Kyk hoe ons U wet onderrig!”

“Kyk en aanskou hoe ons die volk voorberei het vir die tye wat gaan kom!”

“Ek sê vir julle, Skrifgeleerdes en Fariseërs, tweegesigte, leuenaars, julle lieg nog steeds vir My en nog lieg julle aan julle eie ydele harte!”

“Julle het My verraai!”

“Julle het vir julleself en vir My gelieg deur al hierdie vals werke wat julle in My Naam gedoen het!”

“Julle het My verraai en My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion, ja julle het My en My volk verraai!”

“Julle het My verraai, omdat julle weier om lief te hê.”

“Julle het My verraai, omdat julle dink julle is geregverdig in julle haat en bitterheid wat julle daagliks voed!”

“Julle het My wil verraai aan My volk, omdat julle werke net lippediens is aan My, want julle het Egipte nog steeds lief!”

“Ja, julle is nog steeds lief vir Egipte en gewilliglik ontbloot julle julle rûe vir die swepe van die drywers om voort te gaan met julle lewens soos dit is, so belieg en bedrieg julle My volk om met julle lewens as slawe voort te gaan!”

“Julle het My verraai, want julle onderrig My hele volk dat hulle geloof in julle moet hê en nie in My nie!”

“Julle het My verraai, want julle leer My hele volk om geloof in julle te hê!”

“Julle het My verraai, omdat julle teen My wil geleer het om op die werke van hul hande te vertrou en op hul baie voorrade wat hulle voorberei het vir die tye wat gaan kom.”

“Het Ek nie vir julle regdeur die geskiedenis van julle wêreld vertel en het Ek julle nie oor en oor gewys om op My te vertrou en net op My nie en dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS in die behoeftes sal voorsien vir My hele volk in daardie tye wat gaan kom?”

“Het Ek julle nie regdeur die geskiedenis van julle wêreld vertel en het Ek nie oor en oor gewys dat Ek dag vir dag in al julle behoeftes sal voorsien en selfs op die oomblik wat hierdie behoeftes ontstaan, sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle voorsien nie!”

“Dit moet so wees om julle geloof in My te versterk en nie in die mens nie!”

“Dit moet so wees om julle geloof in My te versterk en net in My, JA EK, Skepper, Koning van die Konings, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja, EK IS wat EK IS het julle hierdie dinge vertel, sodat julle geloof in My versterk kan word en net in My!”

“Tog wil julle My nog nie hoor in hierdie woorde wat EK, JA EK, EK, EK IS WAT EK IS AAN HIERDIE DIENSKNEG BEVEEL OM TE SKRYF NIE, JULLE WIL MY NIE HOOR NIE, want julle, in julle leuenagtige, bedrieglike en ydele harte het vrywillig gekies om julle harte te verhard teen My en My woorde vir julle liefde van die wêreld en julle aardse besittings!”

“Ja julle, Skrifgeleerdes en Fariseërs en julle wat lei, julle wat onderrig en julle wat herders is, enigeen van julle wat nog hierdie dinge doen, kies nog steeds Egipte en slawerny bo My en het My en almal in My volk verraai wat julle moes lei, onderrig en pastor!”

“Deur dit te doen, het julle My en My volk verraai!”

“Julle het gekies om slawe te bly uit vrees, ja, uit vrees vir dit wat julle in julle harte weet moet gebeur om julle ‘n heilige nasie vir My te maak, vir die liefde van die wêreld en julle besittings wat julle weier om oor te gee!”

“Julle het gekies om slawe te bly van julle besittings, afgode en rykdom!”

“Slawe, julle het gekies om slawe te wees, want in julle ydele harte het julle die dinge van die wêreld heimlik meer lief as vir My en My koninkryk!”

“Tog het Ek, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, tog het Ek gehoor en geluister na die talle gebede van hierdie dienskneg en die talle gebede van My hele volk in My Suid-Afrika, ja, Ek hoor julle gebede vir verlossing!”

“Ek is met julle en Ek sal julle uit Egipte lei soos wat Ek julle beloof het!”

“Ek sal julle lei na daardie plekke wat Ek aan julle beloof het, beide in hierdie wêreld en in My geestelike koninkryk sal Ek, julle liefdevolle Vader, julle lei in die tye wat kom, soos wat Ek reeds vir julle gesê het!” “Ek, ja EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja, Ek, EK IS wat EK IS JaHshua, Ek sal julle lei soos wat Ek julle belowe het en Ek sal voorsien in al julle behoeftes en in die einste uur van julle behoeftes, sal Ek in julle behoeftes voorsien!”

“Neem kennis, almal van julle wat My stem hoor deur My woorde, weet en verstaan dat as gevolg van hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs onder julle, ja as gevolg van hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs en hulle leuenagtige tonge, het groot getalle van julle broers en susters hulle verstande gesluit vir My woorde.”

“Hierdie broers en susters van julle hoor My nie nou nie en hulle sal nie My stem hoor wanneer Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, daardie oomblik die opdrag aan My volk gee om te vlug nie, as gevolg van hierdie Skrifgeleerdes en Fariseërs en hulle leuenagtige tonge wat die verstand van julle broers en susters verblind het vir My woorde, ja, My woorde wat hulle kon gered het!”

“Hulle sal vlug deur hul eie toedoen en uit eie aandrang en van hulle wat op hierdie wyse gaan vlug, sal groot getalle van julle broers en susters omkom in die haglike tye wat voorlê!”

“Aan hulle, ja almal van hulle wat die verstand van My volk verblind het vir My woorde, ja almal van hulle, julle uiteinde sal wees volgens julle eie werke en die talle oordele, veroordelings en verdoemenis wat julle uitgespreek het en in die geheim uitgevoer het teen elkeen van hulle wie EK GEKIES en aan My volk gegee het.”

“Julle einde sal wees volgens julle eie werke, EK IS wat EK IS!”

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 118 ontvang op 15 Desember 2013

Geloftedag 16 Desember 2013

Hierdie dag, ja vandag, 15 Desember 2013, hierdie dag het Ek, EK IS wat EK IS gekies om hierdie woorde aan julle te gee, voordat die dag aanbreek wat julle aan My gegee het as `n herinnering aan alles wat Ek vir julle gedoen het by Bloedrivier. Weet en verstaan dat Ek julle liefhet. Weet en verstaan dat Ek julle nog moet sif en reinig! Weet en verstaan dat Ek alles van julle moet verwyder wat My aanstoot gee! Wat Ek by Bloedrivier gedoen het, sal Ek weer in hierdie tye doen, in die tye wat kom en die tye daarna, sal Ek al hierdie dinge doen! Ek sal al daardie dinge doen wat Ek gedoen het by Bloedrivier en meer as wat julle kan dink in die tye wat kom, soos wat Ek reeds gesê het. Ja, hierdie dag het Ek, EK IS wat EK IS gekies om hierdie woorde aan julle te gee, sodat julle met dieselfde hart, verstand en gees, dieselfde geestelike eerbied, nederigheid en dankbaarheid, ja met dieselfde harte van julle voorvaders, het Ek julle hierdie woorde gegee, sodat julle dit met dieselfde eerbied sal onthou! Deurdink die harte van julle voorvaders baie deeglik, toe hulle voor My gestaan en aan My die dag van herinnering gegee het en hul eed aan My afgelê het, Geloftedag, 16 Desember 1838. Ja, deurdink die harte van julle voorvaders deeglik, toe hulle voor My gestaan en hierdie Gelofte afgelê het! Ja, deurdink dit deeglik deur My Heilige Gees en bepeins daaroor! Dink aan die groot gevaar van hul lewens in ‘n woeste en wrede land en aan alles wat hulle liefgehad het, dink daaraan hoe hulle na My geroep het met hulle hele hart en siel, en toe deur My hand verlos is! Wat, sê julle maar net die woorde van die Gelofte op vir julle eie selfver­heerliking om deur die mense gesien te word wanneer julle dit opsê? Het julle nog nooit tyd daaraan spandeer om te dink en te bepeins oor die harte van julle voorvaders, soos wat hulle in daardie dag was, die dag toe die Gelofte aan My afgelê is nie? Hierdie Gelofte, hierdie dag van die Gelofte is ‘n dag wat gekoester word tussen My en My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in My Suid-Afrika woon. Ja, hierdie dag moet gekoester word tussen My en julle! Moet nie nou of ooit die woorde van die Gelofte onbesonne, of onverskillig, of vir julle eie selfverheerliking opsê om deur mense gesien te word nie. Soek nou daarna om hierdie woorde met dieselfde eerbied te verstaan, asof julle, ja julle, julleself, voor My staan om hierdie Gelofte af te lê! Soek nou daarna om dieselfde eerbied te verstaan! Soek nou daarna vir hierdie selfde eerbied van My Heilige Gees! Oorweeg elke woord van hierdie Gelofte deeglik met julle hele hart! Oorweeg elke reël van die Gelofte deeglik en met julle hele hart! Oorweeg al die woorde van hierdie gelofte deeglik met julle hele hart en met dieselfde eerbied! Poog altyd om hierdie woorde af te lê met die grootste eerbied en die grootste liefde, My liefde, so moet julle hierdie woorde van hierdie Gelofte aflê! Dit moet so wees om die saad van My heiligheid (apartheid) in julle harte en siele te plant! Ja, dit moet so wees om hierdie sade van My heiligheid binne julle harte te plant vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om `n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as `n dankdag soos `n Sabbat sal deurbring; en dat ons `n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee

We stand here before the Holy God of heaven and earth, to make a vow to Him that, if He will protect us and give our enemy into our hand, we shall keep this day and date every year as a day of thanksgiving like a sabbath, and that we shall erect a house to His honour wherever it should please Him, and that we will also tell our children that they should share in that with us in memory for future generations. For the honour of His name will be glorified by giving Him the fame and honour for the victory.

ISR Skrif.

Mattheus 3:9: En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat Elohim mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.

3:8: Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat Elohim mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.

Vanwaar dink julle het hierdie woorde gekom? Dink julle dat hierdie woorde van My, EK IS wat EK IS JaHshua, dink julle dat hierdie woorde niksseggend en leeg is in hierdie dae? Bestaan My woord nie vir ewig en ewig nie? Bestaan My woord nie as ‘n voorbeeld vir al die geslagte van die mens om dit te oorweeg en te bepeins nie? Tog dink julle dat julle los is van hierdie woorde. In julle arrogansie en hoogmoed dink julle self los van hierdie woorde en verhewe bo My wet, want Ek het hierdie mense uit My volk gekies, My Suid-Afrika, om ‘n lig vir die wêreld te wees soos wat voorspel is deur My profete en deur almal wat Ek gekies en gestuur het om My woorde aan julle te spreek en te skryf, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion wat woon in My Suid-Afrika. Tog spreek julle dieselfde woorde wat julle voorvaders tot My gespreek het, EK IS WAT EK IS JaHshua, hierdie selfde woorde, “Ons het Abraham as ons vader!” Ek sê vir julle, soos wat Ek vir julle vaders gesê het, dat EK, JA EK, EK IS WAT EK IS JAHSHUA in staat is om kinders van Abraham uit klippe op te wek en op enige ander wyse wat Ek verkies om kinders van Abraham op te wek, SAL EK. Julle moet nie nou of ooit dink dat julle alleen verhewe staan bo My woord of My wet nie, as gevolg van die woorde en die beloftes wat Ek aan hierdie volk gegee het deur hulle wie Ek uitverkies en gestuur het na My Suid-Afrika, MY SUID-AFRIKA! Ek is die meester van hierdie wingerd en Ek het My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in My Suid-Afrika woon, opdrag gegee, ja, aan almal het Ek opdrag gegee om hierdie lande te bedien en My woorde te bedien deur almal wie Ek gekies en na hierdie lande gestuur het volgens My geskrewe, lewende en gesproke woord. Ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie groot opdrag opgedra aan My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in My Suid-Afrika woon. Hierdie mense in My volk is gekies om My planne en My doelwitte vir hierdie wêreld te vervul! Dit is My werk deur almal van julle, MY WERK! Laat julle nie mislei word soos wat julle voorvaders was om te dink dat omdat hulle die kinders van Abraham was, hulle los gestaan het VAN MY LEWENDE WOORD OF VERHEWE WAS BO MY WET NIE! Laat julle nie nou of ooit mislei word soos wat julle voorvaders was om te dink dat, omdat Ek My volk uitverkies in hierdie nasie in Suid-Afrika, om hierdie lig vir die wêreld te wees, julle nou spesiale bevoorregting by My geniet nie. Want Ek het reeds vir julle gesê deur daardie woorde wat aan julle voorvaders geskryf is, ja, Ek het julle reeds gesê dat Ek kinders van Abraham uit klippe kan en sal oprig. Julle sê, ons het die wet van Elohim, julle sê, ons het die woord en beloftes van Elohim vir hierdie nasie deur Sy profete. Julle sê, ons het die profesieë van wat nog moet plaasvind. Tog het julle vergeet dat dit Ek is, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ja, julle het My vergeet, Ek, JA VIR MY, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en van al wat is, was en sal wees, ja, vir My! Julle het My in al hierdie werke vergeet wat julle dink aan julle behoort! DIT IS MY WERKE! MY WERKE! MY WOORD, LEWEND, GE­SKREWE EN GESPROKE, MY WETTE, MY KONINKRYK EN DIE HELE SKEPPING IS MYNE, die hele skepping is Myne om te doen na My goeddunke en op enige wyse wat Ek, ja Ek, EK IS WAT EK IS goeddink om te doen. Maar nee, o Israeliet, wie is jy om dit te waag om te dink dat hierdie werke jou werke is! Wie is jy in My Koninkryk, ja, MY KONINKRYK om dit te durf waag om aan te neem dat jy bo MY WET, MY WOORD EN MY WIL is! Ek het nie die engele gespaar wat teen My gesondig het nie en sal geeneen van julle verskoon wat dit durf waag om te dink dat hierdie werk julle werk is nie! Soek in die Skrif! Soek in julle geskiedenis! Soek deeglik in al My profesieë wat Ek aan julle gegee het deur hulle wat Ek van binne af en van buite julle nasie gestuur het, hierdie nasie, Suid-Afrika! Ja, julle moet soek en bewend verstaan dat sowaar as wat Ek, EK IS wat EK IS leef, as My volk nie na My woorde gaan luister nie en as My volk nie My wette gaan nakom nie en as My volk My gaan vergeet en My uitdaag in My aangesig in hul arrogansie, ydelheid en eiegeregtigheid, dan sal Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal ‘n ander nasie vind om hierdie lig te wees! Ek sal ‘n ander nasie vind om My heilige nasie en My heilige volk te wees, selfs as Ek hierdie nasie moet oprig uit klippe om die saad van Abraham te wees, sal Ek al hierdie dinge doen! Het Ek nie al dikwels vir julle gesê dat julle ‘n heilige volk vir My sal wees nie? Het Ek nie dikwels hierdie woorde vir julle gesê deur die talle wat Ek gekies het en vir julle gestuur het nie? Het Ek, EK IS wat EK IS nie al hierdie mense na julle gestuur om My woorde bekend te maak vir MY PLANNE EN MY DOELWITTE NIE! Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, is alle dinge vir MY PLANNE EN MY DOELWITTE VIR MY WIL SOOS WAT EK DIT GOEDDINK! Julle sal ‘n heilige nasie vir My wees soos wat Ek julle beloof het, want Ek het julle so lief en julle was op so baie maniere getrou aan My! Ja, julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat woon in My Suid-Afrika, julle was getrou aan My! JULLE was getrou aan My op meer wyses as enige van die ander nasies. Ja liewe kinders, julle was getrou aan My. Selfs in julle groot sondes teen My, volg julle nog die groot opdragte waarvan Ek gespreek het in hierdie woorde. Ja, julle, almal van julle, My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat woon in My Suid-Afrika, almal van julle volg en gehoorsaam My nog steeds in hierdie groot opdragte. Het Ek julle nie vertel van die sifting en reiniging wat moet kom nie? Het Ek julle nie vertel en julle gewaarsku van al hierdie dinge wat nou op julle is nie? Julle sal gesif word! Julle sal gereinig word! Julle sal My heilige nasie word, liefdevol en gehoorsaam in volmaakte gehoorsaam­heid in julle liefde vir My, EK IS wat EK IS. In volmaakte gehoorsaamheid van julle liefde vir My en My wil, wat My wil kan ookal mag wees, sal julle gehoorsaam wees in volmaakte gehoorsaamheid in julle liefde vir My, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS. Nooit weer sal julle My of My wil bevraagteken in enige aangeleentheid van My, ja MY SKEPPING nie! Kan julle nie onthou of het julle julle voorvaders vergeet wie Ek uitgelei het uit die hand van Farao? Met ‘n sterke hand het Ek, EK IS wat EK IS julle voorvaders uitgelei uit die hand van Farao! Soos wat Ek dit vir julle voorvaders gedoen het, so sal Ek dit vir julle doen, en selfs groter dinge sal Ek vir julle doen, want Ek het julle so lief! Kan julle nie onthou of het julle vergeet dat onder hierdie baie voorvaders wat uit Egipte gevlug het onder My hand, ja, dat meeste van hulle ander gode gevolg het, of in afvalligheid van My woorde geglo het? Kan julle nie onthou of het julle vergeet van die omswerwing van julle voorvaders in die woestyn van Sinai? Kan julle nie onthou nie of het julle vergeet dat dit Ek was, ja Ek, EK IS wat EK IS wat hulle altyd gelei en gevoed het en hulle My wil en My wette en My liefde geleer het, deur Moses en ander wat deur My geroep was nie? Kan julle nie onthou of het julle vergeet dat dit Ek was, EK IS wat EK IS, wat al hierdie dinge vir julle voorvaders gedoen het nie? Kan julle nie onthou of het julle vergeet van die geslagte van julle voorvaders in hierdie woestyn? Vanuit hierdie geslagte van julle voorvaders wat Egipte verlaat het om die beloofde land in te gaan, was daar maar net `n paar wat in Egipte gewoon het! Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het My volk vir veertig jaar in die woestyn gelei om hulle ‘n heilige nasie vir My te maak, wat My wet sou volg om My lig vir die wêreld te wees, ‘n lig van My liefde, My wysheid, My geregtigheid en die groot geestelike waarhede wat Ek vir die mensdom voorberei het. Ja, julle voorvaders sou hierdie lig gewees het, as hulle My maar net onthou het! Die tye is kort vir die vervulling van My planne vir hierdie nasie en hierdie wêreld. Die tyd van julle reiniging sal ook aansienlik verkort word na ‘n paar jaar toe, in hierdie moderne Sinaï om julle ‘n heilige nasie vir My te maak, om My lig vir die wêreld te wees. Ja, die tyd van julle reiniging sal aansienlik verkort word om My werk in julle te vervul om julle My heilige nasie te maak. Julle sal ‘n heilige nasie vir My wees soos wat Ek belowe het! Julle sal hierdie lig wees soos wat Ek gespreek het! Julle sal gesif word van die kaf! Julle sal gereinig en verfyn word en VOLMAAK gemaak word deur My, deur die reinigende vuur van My Heilige Gees! Julle moet nou weet en verstaan dat hierdie reiniging gedoen gaan word deur en van My Heilige Gees, soos wat Ek alreeds gesê het. Hierdie reiniging sal wees soos ‘n oond van vuur wat alles sal wegneem wat vir My tot aanstoot is, alles wat in julle harte, verstand en gees woon. Alles in julle wat vir My tot aanstoot is, sal in hierdie oond van reiniging verwyder word. Julle sal ‘n heilige nasie vir My wees wanneer julle uitkom uit hierdie Sinai in hierdie tye en in die tye wat moet kom. Julle sal in alle dinge gehoorsaam wees in volmaakte gehoorsaamheid aan My woord, My wet en My wil, sonder om dit te bevraagteken en altyd in liefde, My liefde sal julle hierdie gehoorsame en heilige nasie vir My wees. Hierdie reiniging- en siftingsproses het gekom en sal kom en op baie maniere sal hierdie REINIGING- EN SIFTINGSPROSES KOM! Weet en verstaan dat deur My wysheid en diep geestelike insig wat deur My Heilige Gees ingegee word, weet en verstaan dat die woorde wat Ek tot die hart van hierdie dienskneg gespreek het om vir My te skryf, ja, die woorde wat Ek gespreek en beveel het deur My Heilige Gees om vir My te skryf aan die goeie kinders van Gam, daardie woorde en woorde wat nog moet kom, is deel van hierdie reiniging en sifting wat moet kom. Soek daarna om My woorde te verstaan, al My woorde deur My Heilige Gees, Wie alle dinge openbaar! My woord sal voortgaan deur hierdie dienskneg soos wat Ek alreeds gesê het en deur baie ander diensknegte wat Ek uitverkies het om My woorde aan julle te gee, geskrewe en gesproke. Soek My nou terwyl Ek nog gevind kan word! Soek My met julle hele hart en met julle hele gees en met julle hele verstand, soek My! Soek My deur My liefde en soek My koninkryk! Gehoorsaam My en MY WETTE soos aan Moses gegee en deur My in liefde bevestig toe Ek na julle wêreld gekom het as JaHshua. Luister na My woorde deur hulle wat Ek uitverkies het om My woorde aan julle te spreek en te skryf, soek daarna om al hierdie woorde te verstaan deur My Heilige Gees en moet nooit probeer om My woord, lewend, geskrewe en gesproke, te verstaan deur julle eie insig nie, EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua!

Mattheus LombardVanmiddag op 15 Desember te Bloedrivier het ‘n handjievol volk ‘n belofte namens die toekomstige volk afgelê vir die behoud van die toekomstige volk. Hulle het geweet dat net God Almagtig die vyand kan laat swig en nie hulle kennis nie. Dit was net Sy genade en liefde vir die handjievol volk wat besef het dat hulle belofte in opregte geloof en totale vertroue in God die omkeer gebring het. Op 16 Desember by Bloedrivier het die groepie volk besef dat soos hulle nou glo, so moet hulle geloof in die toekoms uit dankbaarheid wees teenoor die Begenadigde.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 117 ontvang op 13 Desember 2013

Genesis 2: 1-4 (Boek van Herinnering)

2 SO is dan voltooi die Hemele en die Aarde met hulle ganse Leërmag

2 En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi wat HY gemaak het, en op die sewende dag gesabbatteer van al SY werk wat HY gemaak het.

3 En Elohim het die sewende dag geseën en dit apart gestel; omdat Elohim daarop gesabbatteer het van al die werk wat HY geskep en gemaak het.

4 Dit is die stamboom van die Hemele en die Aarde toe hulle geskape is.

Goeie kinders van Gam, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie geseënde dag gekies, ja hierdie geseënde dag, My heilige Sabbat om hierdie woorde te openbaar wat My Heilige Gees die hart van hierdie kneg beveel het om hierdie woorde aan julle te skryf, My woorde aan julle op hierdie dag, My heilige Sabbat. Ek het hierdie dag gekies om hierdie woorde aan julle te openbaar, as ‘n teken van My liefde vir julle in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, het Ek hierdie dag van dae gekies om hierdie woorde en hierdie waarhede aan julle te openbaar. Weet en verstaan dat hierdie woorde en hierdie waarhede vir ‘n tyd in die hart van hierdie dienskneg was en dit was My keuse dat hy hierdie woorde in sy hart hou, totdat die tyd sou aanbreek waar My Heilige Gees hierdie dienskneg sou beveel om hierdie woorde aan julle te skryf, goeie kinders van Gam. My Heilige Gees het hierdie woorde in sy hart bewaar tot vandag toe, op hierdie dag, My heilige Sabbat. Ek, ja Ek, Ek IS wat EK IS beveel en spreek My woorde deur My Heilige Gees in die hart van hierdie dienskneg, want hy vrees geen mens of enigeen van hierdie wêreld om My woorde te skryf op enige manier en aan enigie­mand wie Ek kies nie, om My woorde en My waarhede te openbaar aan My mense wie en waar hulle ookal sal wees. Hierdie dienskneg vrees niemand om My woorde te skryf nie, wat My woorde ook al sal wees. Goeie kinders van Gam, ja MY, MYNE, MY GOEIE KINDERS VAN GAM, vrees nie en wees nie ontsteld nie, want Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die Ek IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja Ek, EK IS wat EK IS is met julle in hierdie tye, in die tye wat moet kom en die tye daarna! Vrees nie en wees ook nie ontsteld nie. Glo in My, EK IS wat EK IS en aan alles wat aan julle gespreek sal word deur hierdie dienskneg wie My Heilige Gees in sy hart bevel gee om hierdie woorde te skryf, ja, al die woorde wat aan sy hart beveel is deur My Heilige Gees om vir My, EK IS wat EK IS te skryf. Julle moet nou begin om My te soek, binne en buite julle harte en gedagtes! Ja, soek na My, EK IS wat EK IS! Soek My deur My liefde en in hierdie liefde sal julle My vind! Woon in My in My liefde! Bou julle geestelike woning in My woning van liefde en daar sal julle die vrylating van die vrees vind waarmee die bose een julle dag en nag teister in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, waarmee die bose een sal voortgaan om julle mee te teister. Soek My deur My woorde, geskrewe, lewend en gesproke! Soek My deur My geskrifte! Soek My in alle dinge! Hierdie tye is die begin van die tye wat moet kom waarvan reeds gespreek is deur My profete, Siener van Rensburg, Johanna Brandt en deur baie, baie ander is daar van hierdie tye en die tye wat moet kom gespreek. Julle moet nou begin om My te soek deur hul woorde, want deur hul woorde het Ek, EK IS wat EK IS, ja, in hierdie woorde is baie woorde wat julle tot beter begrip van My geskrifte sal lei, wat reeds gebind is in die boek van baie boeke wat die mensdom “Die Bybel” noem. Soek na My en My wil vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion. Soek My en My wil in hierdie boek van boeke. Soek My en My wil vir julle, goeie kinders van Gam. Soek My wil vir julle deur die baie, baie kommunikasie van hulle wat reeds hierdie kommunikasie begin het oor My wil vir julle. Ek het baie studies aan hierdie dienskneg gegee rakende hierdie aangeleenthede. Hierdie studies is getitel met dieselfde of soortgelyke titels naamlik “Die Tabel van Nasies”. Ek het aan hierdie dienskneg opdrag gegee om hierdie studie bekend te maak aan almal wat daarna soek. Hierdie studies kan gevind word in die oorgroot web van kennis wat die mensdom raadpleeg deur daardie toestelle wat toegang gee tot hierdie groot bronne van kennis van die mensdom. Soek na hierdie studies deur die titels “Die Tabel van Nasies of in Engels, The Table of Nations” Wees versigtig, want julle word direk deur My gewaarsku, EK IS wat EK IS, wees gewaarsku, want daar is baie van hierdie studies wat boos is, en wat boosheid spreek en wat My wil vir die mensdom verdraai deur hierdie genelyne van julle en julle broers. Julle sal hierdie valse leerstellings en lering herken deur die aard van hul skryfwerk en die gees waarin dit geskryf is. Enigeen van hierdie leerstellings en lering waarin ‘n gees van haat of boosheid teenwoordig is, is nie van My of deur My geïnspireer nie, want EK IS, ja Ek, EK IS wat EK IS is liefde! In hierdie leerstellings en lering sal julle My liefde onderskei en weet dat die lering en onderrig deur My, EK IS wat EK IS geïnspireer is. Soek My in hierdie aangeleenthede, weet en verstaan dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, EK IS is en sal altyd met julle wees in hierdie tye, die tye wat moet kom en in die tye daarna sal Ek met julle wees! Goeie kinders van Gam, het jy geen broers nie? Het jy nog nooit hierdie vraag oordink nie? Ek vra julle weer, goeie kinders van Gam, het julle geen broers nie? Weet julle dan nie of kan julle nie vir Sem en Jafet, JULLE BROERS, onthou nie? Ja hierdie Sem en Jafet IS JULLE BROERS! Hulle is ook julle broers waaruit die groot genelyne van die mensdom en die doelwitte van al die genelyne van die mensdom begin het. Ja, dit het met jou en jou broers, Sem en Jafet begin. Jou broers, Sem en Jafet het jou, Gam, doelbewus en eiegeregtig vergeet, as gevolg van hul eie ydelheid in hul harte en hul eie gierigheid en begeertes vir die rykdom van die wêreld het jou broers jou vergeet. Hulle het uit eie vrye wil verkies om te luister na die bose influisteringe van Satan en sy leërskare tot hul ore, geeste en harte, in hierdie bose en slegte begeertes en onwilligheid om hierdie seëninge met julle te deel. Hulle het verkies om jou te vergeet en het gepoog om jou gedagtenis as BROER te verwyder! Almal van julle, Sem, Gam en Jafet was geseën deur julle Vader, Noag. In hierdie seëninge was die doelwitte van al hierdie genelyne van die mensdom gegee. Hierdie doelwitte vir jou en jou broers was deur My Heilige Gees in die hart van Noag gespreek! Al hierdie doelwitte is aan almal van julle as seëninge gegee, sodat die hele mensdom sou kon deel in hierdie seëninge wat Ek aan julle gegee het deur die seëninge van julle vader, Noag! Nooit was hierdie seëninge ooit gegee om enigeen van julle te onderwerp of te verslaaf nie! My woorde van hierdie seëninge is bedrieglik deur die bose en slegte gekonkel van die Satan en sy leërskare aan die mensdom verwronge gemaak om jou en jou broers te verdeel, sodat julle mekaar kon haat en oorlog voer met mekaar soos wat jy en jou broers met mekaar gedoen het toe hierdie seëninge van My woorde verwronge geraak het. Ja, deur die bose en leuenagtige tonge van Satan en sy leërskare, regdeur die hele geskiedenis van die mensdom, en deur die mensdom het My seëninge aan jou en jou broers verwronge geword en is dit sleg gepraat, so groot is die bose een in sy bedrog aan jou en jou broers ! Nou haat julle mekaar en het vergeet dat julle broers is. Julle wil mekaar doodmaak en wil oorlog maak met mekaar! Ja, almal van julle is skuldig aan hierdie sonde om julle broers te vermoor, wie Ek so ryklik geseën het, sodat julle MEKAAR KON LIEFHÊ en met mekaar kon deel in al hierdie seëninge deur al julle geslagte! Ek het vir julle gesê, elkeen van die genelyne van die mensdom moes saamwerk in hierdie seëninge wat Ek aan jou en jou broers met hierdie eerste seëninge gegee het waarmee Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle, goeie kinders van Gam, mee geseën het en ook julle broers, Sem en Jafet. Moenie jy nou of ooit dink dat jou broers, Sem en Jafet, die kloue van die bose een en sy demoniese leër ontsnap het nie! Hulle het nie en soos wat daar bose en slegte kinders van Gam is, so is daar bose en slegte kinders van Sem en Jafet. Bose en slegte kinders wat My verraai het, hulle liefdevolle Vader, ja, hulle het My op elke moontlike manier verraai, deur die ydelheid van hulle harte en deur hulle begeertes en verlange na die wêreld. Ja, hulle het My met die werke van hul hande verraai waarmee My volk geseën moes word! Hulle het die groot geestelike waarhede verraai wat aan hulle gegee was om My, My liefde en al die geestelike kennis en wysheid te openbaar wat Ek liefdevol voorberei het vir die mensdom, en dit vervang met die groot afval van ‘n hele wêreld, so het jou broers My verraai! So waar as Ek leef, die broers wie jy moes dien in die werke wat Ek aan jou gegee het, werke van seëninge wat jou broers sou geseën het, die werke van seëninge wat hulle sou gelei het na die werke wat Ek aan hulle gegee het om te doen, in hierdie werke moes hulle jou onthou het en met jou gedeel het in die menigte van belonings waarmee hulle geseën was. Sowaar as wat Ek leef, hulle sal gestraf word vir die groot boosheid en verraad wat hulle teen My volk en julle, goeie kinders van Gam, gepleeg het. Die tye wat sou kom, het begin en in hierdie tye onthou om My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in Suid-Afrika woon, by te staan, ja, staan My volk by. Help elkeen van hulle, want hulle moet My planne en My doelwitte vervul deur die menigte seëninge waarmee die ganse mensdom mee geseën sal word, gedurende die tye wat nog moet kom. HELP HULLE op enige wyse waarop julle in staat is om hulle te help in hierdie en in die tye wat kom! Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, sal My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion wat woon in Suid-Afrika, lei na daardie plekke wat Ek vir hulle voorberei het om in te woon. Sommige van hierdie plekke is in die fisiese wêreld en sommige van hierdie plekke is in My koninkryk in hul harte, ja, Ek sal hulle lei! Goeie kinders van Gam, help hulle, wees hulle genadig en spaar hulle, want Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sal almal van hulle na daardie plekke toe lei. In daardie dae en in daardie tyd sal Ek hulle wat My dien, My wil en My wet doen, afskei van hulle wat die Satan en sy leërskare dien deur middel van hul eie selfsugtige en selfdienende begeertes en luste. Ja, Ek sal die goddelose kinders van Sem en Jafet afskei van My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion wat in Suid-Afrika woon. Hierdie reiniging van My volk sal baie van julle, goeie kinders van Gam, aanskou en getuie wees sodat julle sal sal weet en dat julle sal sien en dat julle sal verstaan dat Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK, EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK, EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK, EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is, was en sal wees, ja, Ek, EK IS wat EK IS, JA VIR MY sal julle al hierdie dinge getuig en weet dat EK IS ‘n liefdevolle, regverdige en barmhartige Elohim is vir almal wat My soek, aan almal wat My liefhet en aan almal wat My woord en wette gehoor­saam. Onthou, goeie kinders van Gam, onthou al die woorde wat aan julle gegee is deur hierdie dienskneg. EK IS met julle en meer woorde sal Ek deur My Heilige Gees spreek tot die hart van hierdie dienskneg wat die woorde skryf soos wat aan sy hart beveel is om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 116 ontvang op 13 Desember 2013

My Groot Biblioteek

Lukaas van Hout

Hierdie woorde het met groot moeite gekom.

Vanoggend, toe ek wou begin om te skryf, was my hande getref met ‘n verskriklike uitslag wat my verhoed het om te skryf as gevolg van die pyn en styfheid.

Dringende sake het voorgeval en hierdie geskryf is gestaak en toe ek terugkom, het ek hierdie uitslag na ‘n broer en suster vir gebed geneem.

Die teisteraar van my hande is geopenbaar as naby aan my huis, ‘n bose een deur die Satan gestuur en is bestraf deur ‘n ander suster. Die salf om my hande te salf vir genesing was aan haar getoon.

Die genesing het gekom en hierdie taak van ons liefdevolle Vader kon afgehandel word.

Dit blyk dat die bose een nie wou gehad het dat ons kennis moes dra oor hierdie visioen van die toekoms nie.

EK IS wat EK IS

Kleine kinders, ja, my kleine kinders waarin Ek My verlustig en almal van julle wie se laste Ek, EK IS wat EK IS, gewillig en met die grootste liefde dra! Almal van hulle! Ja kleine kinders, luister na My!

Ek het julle so lief!

Ek het julle so lief!

Ek het julle so lief!

Het Ek nie, sedert My eerste woorde tot die mensdom gespreek is, het Ek nie altyd My waarhede aan julle geopenbaar deur elkeen van hulle regdeur die geskiedenis van die wêreld nie, ja elkeen wat Ek gekies en gestuur het om My woorde te spreek en te skryf nie, het Ek het nie altyd My waarhede aan julle openbaar nie? Op elke moontlike manier het Ek, EK IS wat EK IS hulle aan julle gestuur, om met julle te spreek en aan julle te skryf en om My aan julle te openbaar! Het Ek nie dikwels vir julle gesê van die baie, baie wonderlike seëninge wat Ek vir julle voorberei het nie? Het Ek julle nie vertel dat Ek hierdie seëninge sal openbaar nie, elkeen daarvan op daardie tye en in daardie plekke wat Ek voorbestem het vir hierdie seëninge wat Ek beplan vir die mensdom en vir My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion en My Dogter van Sion binne en buite die grense van My Suid-Afrika nie? Ek spreek nou met julle soos enige liefdevolle Vader en Moeder! Ja, Ek spreek nou met julle soos enige Vader en Moeder wat `n behae daarin het oor die versigtige keuses en oorwegings van die geskenke wat hulle liefdevol aan hul kinders gee. Dit is met hierdie selfde sorg, hierdie selfde liefde en hierdie selfde keur wat Ek, EK IS wat EK IS, hierdie gawes kies, My seëninge van liefde vir die nasies en vir My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter Sion binne en buite die grense van My Suid-Afrika! Ek verlustig My daarin om hierdie gawes van My seëninge aan julle te gee! Ek verlustig My in die hoor, sien en voel van julle vreugde, wanneer hierdie geskenke van My liefde deur julle ontvang word, My liefdevolle en veel geliefde kinders! Julle moet nou luister en ontvang nou hierdie groot seën wat EK IS nou vir julle voorberei het, binne-in julle harte deur My Heilige Gees! Hierdie groot seën sal wees vir die tye wat gaan kom wanneer My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion en My Dogter van Sion in die nuwe nasies van die Millennium koninkryk binne hierdie lande van Suid-Afrika sal woon. Julle moet nou luister deur hierdie woorde wat hierdie dienskneg vir My skryf, julle moet nou luister na hierdie seëning, My seëning! Kleine kinders, soos wat julle hierdie woorde lees, ontvang die visioen van die beeld van hierdie seëning wat My Heilige Gees beveel is om te openbaar aan diegene wat hierdie boodskap sal ontvang! Weet julle, ja, weet almal van julle hoe dit My verheug om hierdie seëning aan julle te toon, hierdie een van baie, baie groot seëninge wat Ek vir julle voorberei het! Ja, hierdie groot seëninge wat Ek vir julle beplan het en hierdie groot seëninge waaroor Ek deur al diegene gespreek het wat My woorde op enige wyse gespreek en geskryf het om My te openbaar aan My volk, al My kinders, al My huise van Israel, al My dogters van Sion en My Dogter van Sion. Berei julle nou voor om hierdie visioen van die beeld te ontvang wat My Heilige Gees, ja MY HEILIGE GEES sal openbaar wat Ek, EK IS wat EK IS vir julle beplan het vir die Millennium! Aan hulle wat skryf en aan hulle wat rekords hou, aan hulle wat die gebeure van die mens opteken en aan hulle wat beelde opvang, ja aan al hierdie en die vakmanne en ambags­manne, skryf hierdie woorde aan My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne en buite hierdie lande van Suid-Afrika. Skryf ook aan hulle broers en susters wat hierdie lande verlaat het vir ander oewers en ander nasies, ja, skryf hierdie woorde aan hulle van My af, wie se Naam EMMANUEL IS! KONING VAN DIE KONINGS! WONDERBAAR! BARMHARTIG! LIEFDEVOL! EK IS WAT EK IS! Ja, skryf hierdie woorde aan elkeen van hulle van My, EK IS wat EK IS! Skryf hierdie woorde wat My Heilige Gees op en in jou hart beveel om vir My, Ek IS wat EK IS, te skryf, skryf hierdie woorde, want in daardie tyd van die Millennium koninkryk, sal al die volke van al die nasies vloei na hierdie lande van Suid-Afrika, ‘n nimmerein­digende vloei van mense na hierdie lande, op soek na die kennis van die werke en dade wat deur My gedoen is en die werke en dade wat in My Naam gedoen is deur My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat sal woon binne hierdie lande van Suid-Afrika. Hulle wat opteken en hulle wat die gebeure van die mens te boek stel, hulle wat beelde opvang en die vakmanne en ambagsmanne, ja, aan almal van julle, julle moet nou ‘n rekord opstel, gaan voort met die rekord en beveilig hierdie rekords met elkeen van My volk binne en buite die grense van hierdie lande waarin julle broers en susters woon. Julle moet nou ‘n rekord opstel, gaan voort met hierdie rekord en beveilig hierdie rekords aan een en almal wat hierdie rekords sal bewaar tot aan die tyd van die Millennium koninkryk. ‘n Groot taak lê voor, My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat binne hierdie grense van hierdie nasie van My Suid-Afrika woon. ‘n Groot en wonderlike werk lê voor, want in daardie dae en gedurende die tyd van die Millennium koninkryk, sal al hierdie rekords versamel word vanuit My volk regdeur die hele wêreld. Al hierdie rekords sal te boek gestel word. Hierdie boeke sal die geskiedenis van My volk binne die grense van My Suid-Afrika begin en daarmee voortgaan. Hierdie nuwe geskiedenis wat opgeteken sal wees en te boek gestel sal word deur My hele volk in My Suid-Afrika, sal My krag en My eer aan die wêreld toon en verklaar, rakende alle aangeleenthede van My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel, en My Dogter van Sion wat woon binne-in My Suid-Afrika en tot in die kleinste detail sal hierdie boeke My krag verklaar! Hierdie boeke sal aan die wêreld verklaar dat Ek binne en buite alle aangeleenthede van die mens leef en tot in die kleinste aksie leef Ek in al die aangeleenthede van die mens! Ontvang nou die visioen van die seën waarvan Ek gespreek het, die visioen wat My Heilige Gees vir julle voorberei het om te ontvang, die visioen van die beeld. Aanskou dit wat in My Naam gebou sal word, EK IS wat EK IS. Dit is die seën en dit is die visioen. ‘n Groot Biblioteek sal gebou word, ja ‘n Groot Biblioteek, ‘n Groot Biblioteek van verbasing, skoonheid en verwondering vir almal wat hierdie groot biblioteek sal aanskou wat My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne hierdie grense van die land van My Suid-Afrika vir My, EK IS wat EK IS, sal bou! Julle moet nou voorberei, die vakmanne en die ambagsmanne vanuit julle midde; julle moet nou voorberei vir hierdie groot taak! Soek My nou oor die wyse waarop hierdie groot biblioteek gebou moet word, My vakmanne en ambagsmanne, soek My en begin voorberei vir die bou van hierdie Groot Biblioteek wat julle vir My, ja, vir My sal bou. Vir EK IS wat EK IS sal julle hierdie groot biblioteek van My bou! Ja, hierdie groot biblioteek sal vir My gebou word, sodat elkeen van die nasies wat regdeur die millennium rus van hierdie aarde, na My nuwe Suid-Afrika sal vloei, ja, elkeen van hulle wat sal kom om te bepeins en sal kom om te studeer en sal kom om te lees van al hierdie werke wat vir My aangeteken, te boek gestel, uitgebeeld en gemaak is deur die hande van My volk, soos wat Ek hulle sal lei in hierdie groot werk. Ja, hulle sal kom om al hierdie werke en al hierdie geskrifte van julle hande te aanskou, wat sal getuig en leef as ‘n testament aan My, EK IS wat EK IS. Hulle vanuit die nasies van die wêreld sal kom om al hierdie werke en al hierdie geskrifte van My groot krag te aanskou in al die aangeleenthede van die mensdom en in al die aangeleenthede van My hele volk, al My kinders, al My huise van Israel en My Dogter van Sion wat woon binne hierdie nuwe grense van My nuwe Suid-Afrika wat sal kom, volgens My woord wat aan julle gegee is deur My profete van hierdie nasie, MY SUID-AFRIKA! Hierdie testamente sal aan die wêreld elke detail van daardie gebeure verklaar wat Ek, EK IS wat EK IS, ja Ek, EK IS wat EK IS wil, want al hierdie testamente sal die werke van My en My hemelse leërskare verklaar in al die werke wat ons saam met en vir My hele volk gedoen het, al My kinders, al My huise van Israel, My dogters van Sion en My Dogter van Sion gedurende hierdie tye, die voortye, en in die tye wat nog moet kom, sal al hierdie aangeleenthede verklaar word deur hierdie testamente. Sien julle nou hierdie beeld van hierdie Groot Biblioteek wat volgens My wil sal wees, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 115 ontvang op 9 Desember 2013

Soek die innerlike betekenis van hierdie woorde

Skryf aan My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion wat in Suid-Afrika woon. Skryf aan hulle, ja almal van hulle, skryf daardie woorde wat My Heilige Gees jou nou in jou hart beveel om vir My te skryf. Hulle weet wie EK IS. Moenie so dink, elkeen in My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion, binne en buite die land van Suid-Afrika, moenie so dink nie, moenie so sien nie, moenie so hoor en ook moet ook nie so verstaan, nie nou nie en nooit met dieselfde begrip as julle voorvaders wat in Israel gewoon het in die tyd toe Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua gekom het. Hierdie voorvaders, ja hierdie voorvaders, het net hulle selfsugtige begeertes van hulle harte as ‘n koninkryk gesoek, wat nie van My af is nie en nie My maaksel is nie. Ja hierdie voorvaders, julle stamvaders, het hierdie koninkryk gesoek, wat nie van My af is nie, om die begeertes en drange van hulle harte te bevredig vir die koninkryk wat hulle wou gehad het. Hulle het hierdie valse koninkryk gesoek, want hulle wou nie verstaan nie en hulle wou nie sien nie en hulle wou nie My geestelike waarhede en wysheid hoor wat My koninkryk met hulle harte gespreek het, oor die wyse waarop My koninkryk sou kom nie. Omdat hierdie voorvaders dit gedoen het, het hulle My nie gesien nie en het hulle My koninkryk nie gesien nie. Moet nie ooit dink, sien, of hoor met hierdie selfde denke, dieselfde geeste, dieselfde harte of dieselfde blindheid en doofheid van hierdie voorvaders nie, want in hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna, sal julle nie die dieper geestelike begrippe van die woorde wat My Heilige Gees binne die hart van hierdie dienskneg gespreek het om vir My te skryf, verstaan nie, julle sal nie sien nie en julle sal nie hoor nie. Soek nou, ja, soek nou My Heilige Gees, soek nou en in die tye wat kom en in die tye daarna, soek na My Heilige Gees vir hierdie begrippe! Steun nie op jou eie insigte nie. Die dag wanneer julle jul eie begrippe sal soek, sal julle nie My dieper geestelike waarhede, My wysheid en My boodskappe aan julle oor hierdie woorde, ja al hierdie woorde wat hierdie dienskneg vir My skryf, verstaan nie, julle sal nie sien nie en julle sal nie hoor nie. Dit is op hierdie wyse gegee om die Satan te verblind en om sy demoniese leërskare te verwar. Ja, vir die bose een en sy leërskare wat deur die mensdom werk, is baie van hierdie woorde geskryf, op so ‘n wyse dat die bose een verblind en verwar word vir My planne en My doeleindes! Dit is met die grootste sorg gedoen en voorberei en met die grootste liefde vir My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion binne en buite die lande van Suid-Afrika deur My, ja, deur My, Ek, EK IS wat EK IS gegee. Soek My wysheid en soek My verstand, sien en hoor met die oë en ore, dieselfde hart, ja My oë en My ore en My hart wat Ek aan julle sal gee deur My Heilige Gees. Soek al hierdie begrippe, luister en kyk met dieselfde sorg en met dieselfde liefde. Weet ook en verstaan dat baie van hierdie woorde duidelik met julle spreek, My volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion binne en buite die lande van Suid-Afrika. Weet en verstaan dat hierdie woorde ook duidelik met julle sal praat van hierdie tye, die tye wat moet kom en die tye daarna. Neem kennis en verstaan. Soek die leiding van My Heilige Gees in alle nederigheid en opregtheid van hart, verstand en gees in al hierdie aangeleenthede en in al hierdie aangeleenthede sal My Heilige Gees julle antwoord en die dieper waarhede, wysheid en begrip openbaar wat Ek, Ek IS wat EK IS versteek het binne hierdie woorde vir julle begrip alleen. Kyk nou, luister nou en verstaan nou met julle hart, verstand en gees deur My Heilige Gees, EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 114 ontvang op 9 Desember 2013

Oproep tot onderrig in die Liefde

DOGTER VAN SION, MY ARK IN HIERDIE TYE, HIERDIE TYE WAT GAAN KOM EN DIE TYE WAT NOG VOORLÊ, LUISTER NA MY EN VERSTAAN, LUISTER NA MY, FILADELFIA! LUISTER NA WAT EK, JA, EK, EK IS WAT EK IS JULLE NOU BEVEEL! LUISTER NA MY, ALMAL VAN JULLE WAT WOON AS HIERDIE DOGTER VAN SION!

Dogter van Sion, almal van julle wat woon as hierdie Dogter, ja almal van julle, begin nou, net soos wat julle in die verlede gedoen het, maar meer nog as gedurende daardie vorige tye, moet julle nou begin om My liefde te onderrig en My liefde te leef soos wat Ek getoon het deur My Boek van Liefde wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle gegee het. Ja julle moet nou begin om in die grootste liefde en ywer My liefde te onderrig, soos wat Ek julle gewys het in die Boek van Liefde. Op elke moontlike manier, LIEFDE! Dit is die derde bevestiging wat gesoek is. Hy wat weet, sal hierdie derde bevestiging verstaan! Hierdie is die derde bevestiging! Begin julle nou, almal van julle, ‘n nuwe begin op die wyse waarop julle My liefde onderrig en My liefde lewe. Almal van julle, ja, almal van julle wat woon as My Dogter van Sion binne hierdie ark, julle sal My liefde met die grootste liefde onderrig en lewe soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dit aan julle sal gee deur My Heilige Gees wie hierdie liefde in alle nederigheid en opregtheid van hart, verstand, gees en siel soek, ja, Ek sal, Ek, EK IS wat EK IS sal hierdie liefde gee, My liefde en deur My Heilige Gees sal Ek hierdie liefde gee. Op hierdie dag moet julle elke vooropgestelde idee en kennis laat vaar wat julle het van liefde. Die liefde buite My liefde, soos onderrig deur die wêreld in die harte van die mens, moet julle nou verwyder, want dit is nie My liefde nie. Hierdie liefde, geleer vanaf hierdie wêreld tot in die hart van die mens, is nie van My nie. Dit is ‘n valse liefde, geslepe geprakseer en geslepe geplaas deur die bose een in die harte van die mens, vermom as My liefde. My liefde kan net kom van die uitstorting van My Heilige Gees. My liefde kan slegs kom wanneer die mens alles oorgee wat hy is en alles wat hy besit en alles oorhandig aan My met alle opregtheid van hart, verstand, gees en siel. Die mens moet alles oorgee aan My, EK IS wat EK IS. Ek het ‘n groter liefde, ‘n onpeilbare liefde, ‘n nimmerein­digende liefde waarmee Ek wag om dit in julle harte te giet om My wil te doen vir My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion. Dit moet so wees, want die getalle is groot van die wat Ek, EK IS wat EK IS, nou besig is om na julle toe te stuur! Dit moet so wees, want hulle wat gaan kom, sal kom met hul voormalige oortuigings en hul voormalige gelowe in stukke gebreek. In groot moedeloosheid van die hart, gees, verstand en siel sal hulle kom, hulle wie Ek voorberei het om na julle toe te kom, Dogter van Sion. Onderrig My liefde, pleit My liefde en smeek My liefde aan My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My dogters van Sion. Ja, onderrig My liefde, pleit My liefde en smeek My liefde aan enigeen wat na My woorde van liefde sal luister! Diegene onder julle wat My liefde nie op hierdie wyse wil onderrig nie, moet julle stilmaak, weerlê, bestraf en vermaan! My liefde is My liefde en Ek, ja Ek, Ek, EK IS wat EK IS is jaloers op My volk op die wyse waarop My liefde gegee word. My liefde is nie ‘n wapen van wreedheid teenoor My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion nie. NEE! NEE, My liefde is nooit of sal nooit ‘n wapen van wreedheid wees teen My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion nie! Ook sal My liefde nooit as ‘n wapen van wreedheid teen My volk, My kinders, My huise van Israel, en My dogters van Sion onderrig word nie, NEE, NOOIT NIE! Hulle wat My liefde nie hoor nie, is nie uit My nie en is nie deur My gestuur nie. Wees wat baie waaksaam, want hulle sal kom en hulle sal gestuur word deur die Satan en sy demoniese leërskare. Hulle is nie van My nie en is die gestuurdes van die bose een en sal stil-stil en met die geslepenheid van die bose een, wandel om verdeeldheid onder julle te versprei. Dit sal deur My aan julle geopenbaar word deur My Heilige Gees. Hulle, ja almal van hulle sal deur My eie hand onder julle uit verwyder word in die tye wat Ek hulle sal verwyder vir My planne en My doeleindes. Ek, EK IS wat EK IS sal hulle verwyder met My eie hand. Onthou, onthou, en onthou weer alles wat Ek julle geleer het en alles wat Ek julle sal leer en alles wat Ek mee sal voortgaan om aan julle te openbaar van My liefde! Ek IS wat EK IS en EK IS LIEFDE!

Gebed van Lukaas:

In die Naam van EK IS wat EK IS, JaHshua, neem ons die beloftes van Elohim in ons hand vir ons volk en ons land teen die magte van die duisternis!

Ons gryp U, Ek IS wat EK IS, JaHshua aan soos wat Jakob dit in alle opregtheid, liefde en nederigheid gedoen het, nooit sal ons los nie, NOOIT, omdat U Vader, al is wat ons oor het in die ruïnes van ons land en die ruïnes van ons lewens deur ons eie sondes wat ons verwaand teenoor U en in U aangesig gepleeg het in ons nietigheid.

Vergewe ons Vader, van hierdie sondes wat ons teenoor U en U heilige woord deur U heilige wet gepleeg het!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 113 ontvang op 9 Desember 2013

Belofte van meer Woord van EK IS

Dogter van Sion, ja, My Dogter van Sion, Ek weet dat julle op woorde wag van My, EK IS wat EK IS, ja, Ek weet! Ek het baie woorde vir julle voorberei vir die tye wat kom en hierdie woorde sal kom, maar moet elke keer kom op die oomblik wat Ek, EK IS wat EK IS dit vir julle voorberei het, vir die woorde wat nog moet kom. Dit moet so wees vir die begrip van My volk, My kinders, My huise van Israel en My ander dogters van Sion binne en buite die grense van Suid-Afrika. Hou goeie moed en wees vol vreugde oor die woorde wat nog van My af moet kom, want Ek het baie woorde vir julle voorberei vir hierdie tye, daardie tye en die tye daarna van My, julle liefdevolle Vader, genadig en barmhartig, EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 112 ontvang op 8 Desember 2013

Die wit tente

Hulle weet wie EK IS. Dus, skryf nou die woorde wat My Heilige Gees jou in jou hart beveel om vir My te skryf, EK IS wat EK IS, want die tyd is kort en My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat woon in hierdie lande van My Suid-Afrika moet weet om hulle geloof, vertroue en trou in My te verhoog. EK IS wat EK IS. Ek het die gebede en die oordenking van jou hart gesien en gehoor. Ek het jou dopgehou soos wat jy getrou die aangeleenthede van die afgelope paar dae oorweeg het, terwyl jy My wil en My raad gesoek het. Ja, Ek, EK IS wat EK IS het al hierdie dinge gehoor en gesien soos wat jy op hierdie dag gebid en hierdie dinge oorweeg het. Ek het jou hart en die harte gesien en gehoor van My hele volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat woon in hierdie land van My Suid-Afrika. Ja, Ek het almal gesien en gehoor wat My soek in hierdie aangeleenthede, wie ywerig bid, mediteer en die woorde van My profete oorweeg en al My woorde deur almal van hulle wie Ek regdeur die geskiedenis van die mens gestuur het, vir hierdie huidige tye. Nou sal Ek die waarheid en begrip openbaar van die wit tente aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat in die lande van MY SUID-AFRIKA woon! Ja, MY SUID-AFRIKA! Ek het jou gebede verhoor! Nou sal Ek, EK IS wat EK IS die begrip van die wit tente openbaar aan julle, ja, julle, My volk! My kinders! My huise van Israel en My Dogters van Sion sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie waarhede en hierdie begrippe aan julle openbaar. Hierdie waarhede moet nou geopenbaar word om julle geloof te verhoog en julle vertroue te verhoog en julle trou in My te verhoog, EK IS wat EK IS en in almal van hulle wie Ek na julle toe stuur en sal stuur om My woorde te spreek en te skryf aan julle, soos wat My Heilige Gees hulle beveel om in hierdie dae en daardie dae wat nog moet kom vir My te spreek of te skryf. Het jy nog nooit diep daaroor nagedink waarom hierdie visioen gegee is as wit tente nie, ja WIT TENTE wat nog meer ooglopend is? Het julle nog nooit nagedink waarom hierdie tente leeg staan nie? Die antwoorde was nog altyd voor julle, maar omdat die openbaring van die betekenis nie vir vorige tye was nie, het My Heilige Gees julle harte verblind vir hierdie waarhede en hierdie betekenisse vir daardie tye wat nog moet kom. Dit was om die bose en slegte gekonkel van die Satan en sy leërskare te dwarsboom. In sy gierigheid deur die mens­dom, het die bose een Afrika gesoek vir sy eie planne en vir sy eie doelwitte en vir sy eie gierigheid en wellus, onwetend dat hy besig was om My wil uit te voer vir My planne en My doelwitte. Nou het daardie tye aangebreek vir My planne en vir My doelwitte. Nou moet die begrip van hierdie visioen van wit tente geopenbaar en verstaan word. Nou, ja nou, sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie openbaring van hierdie begrip vir julle openbaar, want Ek het julle so lief. Nou het die tyd aangebreek dat julle die nimmereindigende diepte van My natuur, My wysheid, My heerlikheid en My krag regdeur die heelal en in al die aangeleenthede van die mens en in al die aangeleenthede van die koninkryke en nasies van die mens kan verstaan, want Ek, EK IS wat EK IS, is in alle dinge. Hierdie tente verteenwoordig tydelike plekke van woning, ja tydelike plekke van woning wat wag op ‘n bevel vir die bewoning daarvan, of vir ‘n opdrag om met haas te trek waar ookal en wanneer ookal so ‘n opdrag om te woon of te trek gegee sal word. Hierdie tente staan onbewoon en wag op ‘n tyd van bewoning. ‘n Tyd van bewoning wat sal kom vanaf ‘n opdrag. ‘n Tyd van bewoning vir hulle wat nog nie beveel is om hierdie tente te bewoon nie, omdat hulle wat hierdie tente sal bewoon, van ander nasies af kom. As hierdie visioen mense ingesluit het, dan moes hierdie visioen vir hulle gewees het wat reeds binne ‘n nasie woon, daarom dat die visioen gegee is van onbewoonde tente. Hierdie is die tente van hulle wat oorloë gaan voer, hierdie tente verteenwoordig die leërs van die mens. As die visioen ‘n visioen was van eenvoudige wonings, dan sou die visioen gewees het vir mense wat in hierdie eenvoudige wonings woon, mense en nie van leërs nie. Die wit van die tente verteen­woordig geestelike suiwerheid, geestelike waarhede en gees­telike reiniging. Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie vertel dat hulle van hierdie wêreld sou kom oor land, oor see en deur die lug nie? En so het baie alreeds gekom deur die leërs van die mens! Hulle is reeds bewoners van die lande van Afrika. Baie meer van hierdie leërs gaan kom. Baie, baie meer gaan nog kom van die nasies van die mens! Eers moet hierdie leërs kom om die weg voor te berei vir hulle van die uittog vanuit die nasies van die wêreld wat in daardie tye na Suid-Afrika toe sal kom en op die tye wat vasgestel is vir hulle van die uittog wat moet kom! In daardie dae en in daardie tyd sal hierdie leërs die grense oopmaak vir almal in hierdie uittog uit die nasies na My Suid-Afrika. Hierdie leërs, gestuur van die mens, het gekom vir die redes en doelwitte van hulle nasies en hulle leiers, hierdie leërs van die mens sal nog nie gesuiwer, gereinig, verseël of na My in My Naam, EK IS wat EK IS, geroep wees nie. Hulle sal gereedstaan vir ander redes om die wil van hulle nasies en die wil van hul leiers te doen. Tog sal Ek, EK IS wat EK IS ingryp op My tyd en in My plek vir My planne en My doelwitte. Ja, Ek, EK IS wat EK IS sal ingryp in al hierdie leërs van die mens. Weet, oorweeg dit diep en verstaan dat baie van julle broers en susters van Ruben en Manasse hulle reeds binne hierdie leërs bevind en is in die lande van Afrika, soos wat dit voorspel was. In daardie dae en in daardie tyd sal Ek Ruben en Manasse laat ontwaak om daardie profesieë te vervul wat gespreek is deur My profeet, Siener van Rensburg. Die tyd is naby; die tyd breek aan van die groot oorloë tussen die nasies van julle wêreld. Dit is in daardie dae en dit is in daardie tye wanneer hierdie nasies gaan val, dat hierdie leërs hulle geloof in hulle nasies en hul geloof in hul leiers sal verloor. In daardie dae en in daardie tye, wanneer die harte en geeste van hierdie leërs gebreek is deur diepe angs en wanhoop, in daardie tyd sal My Heilige Gees spreek tot die harte en tot die geeste en tot die verstande van hierdie leërs. In daardie dae en in daardie tyd, sal hierdie leërs hulle wend na My, in alle nederigheid en in alle opregtheid van hart, pleitend op hul knieë en plat op hul aangesig voor My in hulle skynbaar onblusbare hartseer oor die verlies van hul nasies wat nie My raad, My leierskap en My genesing met hul hele hart en met hulle hele gees en met al hulle gedagtes gesoek het nie, so gebroke hulle sal wees. In daardie dae en in daardie tyd sal Ek, EK IS wat EK IS hulle alreeds antwoord deur My Heilige Gees en Ek, EK IS wat EK IS sal My planne en My doelwitte aan hierdie leërs toon. Hierdie leërs van die mens sal kom uit al daardie plekke in Afrika waar hulle ookal sal wees en waar hulle ookal woon, sal hierdie leërs na My toe kom, ja, hulle sal na My toe kom, Ek, ja, na My, EK IS wat EK IS. Ek sal hierdie leërs van die mens My planne en My doelwitte toon vir My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat in die lande van Suid-Afrika woon. Ja, Ek sal My planne en My doelwitte toon aan hierdie leërs van die mens. Ek sal hulle oë oopmaak. Ek sal hulle geeste oopmaak. Ek sal hulle verstande oopmaak. Ek sal hulle harte oopmaak deur My Heilige Gees vir hierdie kennis. Hierdie kennis sal soos ‘n onstuitbare vloed wees tot in die kern van hul bestaan, so geopen sal hulle wees vir die onthullings van My Heilige Gees. Dan sal hierdie leërs van die mens, baie en die meeste van hierdie leërs, weet en ten volle verstaan dat hulle Israeliete is wat gestuur is om My wil te doen. My Heilige Gees sal al hierdie dinge openbaar aan hierdie leërs wat deur My gekies is om My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat in die lande van Suid-Afrika woon, te red. Hierdie, ja baie en die meeste van hierdie leërs van die mens sal skoongemaak word , gesuiwer en verseël word vir My en vir My planne en vir My doelwitte vir MY SUID-AFRIKA! Dan, deur My leërskare sal hierdie leërs neerdaal op MY SUID-AFRIKA en van elke rigting sal hulle dan neerdaal op die lande van Suid-Afrika vanuit die lug, vanaf die land en vanuit die see, sal al hierdie leërs neerdaal op Suid-Afrika. Onstuitbaar sal hierdie leërs wees wanneer hulle neerdaal op die lande van Suid-Afrika, want hulle sal kom in My Naam, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel! EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham! EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob! Ja hierdie leërs van die mens, MY ISRAELIET LEËRS sal kom om My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion te red wat in die lande van MY SUID-AFRIKA woon. In daardie dae en op daardie tyd, sal hulle wat My teengestaan het en hulle wat die voorspelde sprinkane geword het in die land, so ‘n bose voorkoms hê, dat hierdie leërs nie sal huiwer om hulle heeltemal te vernietig en om hulle heeltemal te verslaan uit die lande van My Suid-Afrika nie. Hierdie leërs, ja hierdie leërs, My leërs, My Israeliet leërs sal verenig met hulle broers en met hulle susters wat woon in die lande van Suid-Afrika. Ja, hulle sal verenig met hulle broers en susters en hulle, My Israeliet leërs, sal hierdie bose leërskare van sprinkane uitdryf uit die lande van Suid-Afrika. Dag en nag sal hierdie leërs, in hul woede, My woede wat My Heilige Gees hulle sal gee, ja in My woede sal hierdie leërs van die mens, My Israeliet leërs, hierdie sprinkane agtervolg na die noorde, ooste en weste van die noordelike lande van Afrika na daardie grense toe en oor dit wat Ek, EK IS wat EK IS vooraf bepaal het. Hulle sal hierdie sprinkane agtervolg anderkant hierdie grense totdat Ek, EK IS wat EK IS hul woede laat uitwoed deur My Heilige Gees en hierdie leërs onttrek, ja MY LEERS! MY ISRAELIET LEERS! hierdie leërs onttrek, My Israeliet leërs tot by die grense wat Ek vooraf bepaal het. Dan sal hierdie leërs, My Israeliet leërs terugkeer na My Suid-Afrika. In daardie dae en in daardie tyd sal hierdie leërs, My Israeliet leërs ‘n nuwe vaandel vasstel in Suid-Afrika. Hierdie nuwe vaandel sal hulle wet, hulle militêre wet wees. Tog sal hierdie besettingsleërs, My Israeliet leërs hul aan My wil en My wet onderwerp. Deur My Heilige Gees sal hierdie leërs, My Israeliet leërs die grense vasstel van My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat binne hierdie lande van Suid-Afrika woon. Met ‘n magtige en verwoede hand van vergelding teen die sprinkane wat sal oorbly, sal hierdie leërs, My Israeliet leërs gewilliglik hierdie grense vasstel vir My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. In daardie dae en in daardie tyd sal My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, wat grootliks gely het gedurende die tye van die oorloë in hierdie lande, ja hulle sal uitkom vanuit al die plekke waarheen Ek hulle gelei het. Hulle sal uitkom met baie trane van vreugde en harte gevul met dankbaarheid en erkentlikheid aan hierdie leërs, My Israeliet leërs wat van My gestuur was om My kinders te red, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat in hierdie lande van My Suid-Afrika woon. Hierdie leërs van die mens, My Israeliet leërs sal ten volle weet en verstaan dat dit die geloof was en is van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat in hierdie land van My Suid-Afrika woon, ja, dit was hul geloof en slegs hul geloof in My, EK IS wat EK IS, wat hierdie leërs, My Israeliet leërs geroep het en hierdie leërs deur My leërskare gelei het om My Suid-Afrika te verlos. Hierdie leërs sal dan My vaandel hys, EK IS wat EK IS en My wet, ja, hulle sal hierdie vaandel in Pretoria, Philadelphia hys. Hulle sal die vaan­del van My en My wet hys en die vaandel van My huis van Israel, My Dogter van Sion sal weereens wapper bo die Uniegebou van My Pretoria, Philadelphia. Met groot vreugde en met groot ver­wondering en met groot dankbaarheid sal hierdie leërs, My Israeliet leërs die Huis van Israel en My Dogter van Sion aanskou wat in die lande van Suid-Afrika woon. Ja, hulle sal hierdie Huis van Israel en My Dogter van Sion aanskou vir hul groot geloof in My, EK IS wat EK IS om hulle te verlos uit die hand van Farao deur hierdie leërs, My Israeliet leërs wat Ek uitverkies het om My Suid-Afrika te verlos. Hierdie leërs van die mens, hierdie Israeliet leërs sal vir ewig dankbaar en vol erkenning wees vir al hierdie dinge wat hulle gelei het om te ontdek wie hulle werklik was as My volk, My Israeliet volk. Nou, My kinders, nou, My huise van Israel en nou, My Dogters van Sion, nou begin julle eers, ja, nou eers begin julle om te sien en te verstaan dat alle dinge, ja alle dinge, selfs dit wat lyk of dit nie My wil is nie, dat alles My wil dien? Nou kan julle begin om te verstaan dat alle dinge My planne en My doelwitte dien in die tye wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS besluit waar en wanneer alles My planne en My doelwitte moet dien? Nou kan julle begin sien en nou kan julle begin verstaan dat daar niks nêrens is wat nie My wil dien nie? Nou kan julle begin om die natuur, die krag, die heerlikheid en My wysheid in alle dinge te verstaan? Julle verlossing kom slegs van My af, deur hulle wat Ek roep en na julle stuur en nooit vanuit hulle wat hul eie krag en hul eie eer soek buite My en My wil, EK IS wat EK IS nie.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 111 ontvang op 8 Desember 2013

My leërskare berei die Dogter van Sion voor

EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel!

EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham!

EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob!

EK IS wat EK IS, die EK IS wat EK IS JaHshua, Skepper, hy wat uitgekom het uit die afgrond van voor daar niks was nie, as suiwer en absolute liefde, ja Ek, EK IS. Berei julle nou voor vir My besoeke! Ja, My besoeke deur My leërskare aan hierdie wêreld, My wingerd, die Aarde. Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het die opdrag aan My leërskare gegee om die finale voorbereidings te begin vir die vervulling van My profesieë wat deur die eeue heen aan die mensdom gegee is. Aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, skryf die woorde wat My Heilige Gees jou nou in en op jou hart beveel om vir My te skryf, EK IS wat EK IS. Skryf met toegewyde haas, want hulle gebore vanuit die mens en nie vanuit My nie, roep al die demoniese leërskare op! Sê aan hulle van My, berei nou voor vir hierdie besoeke van My leërskare in hierdie lande, My lande, hierdie land, Suid-Afrika. Berei nou voor en berei nou voor met ernstige en diep en geestelike insig wat julle moet soek deur My Heilige Gees. Berei julle nou voor en berei voor met ernstige en groot haas, want hulle gebore vanuit die mens en nie van My nie, ontplooi al die demoniese leër! Berei julle nou voor vir hierdie besoeke van My leërskare, want Ek het My leërskare vooruitgestuur om hierdie lande te besigtig, te besigtig en om te verseker dat alles gereed is vir die begin van die vervulling van daardie profesieë wat deur My profete aan hierdie land gegee is, Suid-Afrika. Berei julle nou voor omdat julle, ja julle, baie van julle van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, My leërskare onder julle sal sien in hierdie besigtiging. Julle sal My leërskare in baie vorme sien. Julle sal My leërskare onder die volk sien. Julle sal My leërskare binne en buite julle plase en onder julle diere sien. Julle sal My leërskare in julle stede sien onder die menigtes van mense. Julle sal My leërskare in die land sien, in die berge, in die veld en oor die see. Julle sal hulle sien, My leërskare wat hierdie finale opname doen in hierdie lande. Ja hierdie lande van Suid-Afrika, My Suid-Afrika, My wingerd en die wonings van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Kyk op na die hemele, want Ek, EK IS wat EK IS berei nou hierdie leërskare voor sowel as hulle in My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion en hulle sal baie tekens in die lug sien en baie tekens in die hemele en baie tekens aan die son en die sterre, van hierdie besoeke en die teenwoordigheid van My leërskare in hierdie wingerd wat uitvoering gee aan hierdie finale opname. Berei julle nou voor en kyk om die begin van My krag te sien, ja, My krag, Ek, EK IS wat EK IS, en begin julle nou om na hierdie krag te kyk, want dit is slegs die begin van die wonders van die wonders wat Ek beplan het vir My Suid-Afrika en My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat binne hierdie lande van Suid-Afrika woon. Hierdie besoeke moet so wees om julle geestelike oë voor te berei om hierdie groter wonders van wonders te sien en te glo wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS eerste beplan het vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion in hierdie lande van Suid-Afrika en dan aan die wêreld. Dit moet so wees, want dit is die begin van My krag aan die wêreld en aan die mensdom. Ja, dit is die begin van My krag om My en My krag te openbaar aan die wêreld, beginnend met My Suid-Afrika. Dit moet so wees om die lig te begin wat wink, hierdie lig van baie ligte wat die baken in die wêreld sal word vir hul uittog na Suid-Afrika. Julle, Dogter van Sion onder My Dogters van Sion moet na die beste van julle vermoë alles opteken wat gesien en alles wat gehoor is van hierdie besoeke en op enige wyse wat julle in staat is, moet julle alles opteken wat gesien en wat gehoor is van hierdie besoeke. My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, as Julle Myne is, ja Myne, sal julle hierdie besoeke opteken na die beste van julle vermoë as ‘n rekord vir My leërskare, vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wat binne hierdie lande van Suid-Afrika woon. Dit moet so wees, want hierdie rekord van hierdie besoeke aan My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion sal deur die hele wêreld gesien word gedurende die tye wat Ek voorberei het vir hulle om hierdie rekord te sien en te ontvang. Hierdie rekord van hierdie besoeke sal as ‘n testament van My en My heerlikheid staan. Hierdie testament van hierdie boekstawing van gebeure, hierdie rekord, is die begin van baie testamente van My krag in die aangeleenthede van die mens, om die wêreld voor te berei en om die mensdom voor te berei om van My, EK IS wat EK IS en van My krag te getuig in al die aangeleenthede van die mens. Dit moet so wees en sal so wees om die saad te plant vir die opening van die geestelike oë van die mens en hul geestelike bewustheid van My, EK IS wat EK IS! Hierdie boekstawing van gebeure, hierdie rekord sal staan vir alle tye in My boek van herinneringe. Hierdie boek van herinneringe van hierdie boekstawing van die Aarde sal een van die vele boeke word van die geskiedenis van julle wêreld vir die hele skepping om te sien en vir die hele heelal om al die wonders en al die seëninge te sien wat ‘n eenvoudige geloof in My bewerk het op ‘n wêreld waarvan gedink is dat sy verlore is. EK IS wat EK IS sê; berei voor!