Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 58 ontvang op 18 Oktober 2013

Ek was op My knieë vir julle

Julle het gehoor, julle het gelees dat deur My Heilige Gees het Ek, EK IS wat EK IS julle liefgehad en sedert My tyd as JaHshua, toe Ek My hemelse koninkryk verlaat het, liefdevol onder julle gewandel en die boete vir die sondes van die wêreld betaal het met My eie lewe, het Ek, EK IS wat EK IS julle liefgehad, kinders van die mens! Ek, EK IS wat EK IS het My liefde en genade uitgestort oor julle sodat julle My en My liefde kon leer ken. Op My knieë, ja op My knieë het Ek, EK IS wat EK IS, julle Skepper, in alle nederigheid met julle harte gepleit deur My Heilige Gees. Op My knieë het Ek julle gesmeek, ja julle gesmeek om My liefde en genade te ontvang, ja Ek, EK IS wat EK IS het julle gesmeek en Myself verneder voor julle as julle liefdevolle Vader om My liefde en genade te ontvang.

Dit is geskryf met betrekking tot die tye wat gaan kom, die tye wat gaan kom wanneer My Heilige Gees, wat met julle harte pleit om julle te laat omdraai na My toe, onttrek sal word uit die mensdom. Dit is deur die eeue heen geskryf op elke moontlike manier en wyse wat Ek kon kry om julle te waarsku van hierdie tye wat gaan kom. Dit is nou op julle en soos wat Ek julle gewaarsku het, sal Ek, EK IS wat EK IS nie meer op My knieë bly voor julle nie, om My te verneder om by julle te pleit om My redding te aanvaar sodat julle gespaar mag word van die komende oordele, veroordelings en wraak wat gaan kom nie, want dit sal kom vanuit My eie hand en vanuit die monde en hande van diegene van die mensdom wat gekies is om dit aan julle te gee soos wat Ek dit nou sal doen. Dit is My wil, EK IS wat EK IS wil dit so! Ek sal nou opstaan in hierdie en in die tye wat gaan kom en die wêreld sal nie meer onder My genade en liefde wees nie, behalwe diegene wat My verlossing so vrylik ontvang het, wat so sag en so liefdevol vir die mensdom aangebied was sedert Ek die eerste keer die asem van die lewe in sy liggaam geblaas het en die mens in My wil begin lewe het. MY WIL! Ek het julle so liefgehad! Dit was My wil dat nie een moet vergaan nie, so groot is My liefde vir die mensdom! Vir te lank was Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alles wat was, is en is nog sal wees, getuie van die lyding van My volk, elkeen in hul eie lewens, oomblik vir oomblik het Ek al hul pyn en lyding gedra en in ‘n oomblik het Ek al die pyn en lyding van die mensdom alles op een slag omvergewerp en alles op een slag verduur Ek, EK IS wat EK IS elke pyn en elke enkele lyding en elke enkele dood wat ooit was, is en sal wees, toe, nou, in die tye wat nog moet kom en uiteindelik by die oordeel van die mensdom en die nasies sal Ek hierdie lyding vir julle dra. Julle het gelees en julle het gehoor dat in hierdie en in die tye wat sal kom, Ek, EK IS wat EK IS sal opstaan vir My volk soos wat Ek gedoen het in die dae van ouds en Ek sal dit doen. Dit is My wil om so te doen. Nie meer sal die mensdom ‘n Elohim van liefde en genade sien nie, behalwe vir My gereddenes, want hulle sal steeds onder My liefde en genade voortgaan soos wat Ek belowe het om almal wat My soek en ontvang, te spaar van die naderende oordele, veroordelings en wraak wat nou oor die mensdom en die wêreld gaan kom. Julle het gelees en gehoor van die sifting wat gaan kom en hierdie sifting van die harte van die mensdom sal vinnig en verseker wees en met ‘n vurige swaard van geregtigheid van My woorde sal die mensdom van My af gesif word. Hulle wat nou en later onder My Naam kom en My woorde spreek en skryf, sal My woorde met groot krag en gesag spreek en skryf. Hierdie wie Ek, EK IS wat EK IS sal stuur, sal die harte, geeste en siele van die mensdom uitmekaar sny met My woorde wat Ek aan hulle sal gee om te spreek en te skryf en sal niemand spaar nie. Hierdie gestuurdes van My sal nie vrees om in die gemeentes op te staan en waar Ek hulle ookal sal vra om op te staan om My wraak, veroordelings en oordele vir die mensdom uit te spreek nie. Ek sal hul harte versterk om onverskrokke vir My te spreek en te skryf en onverskrokke sal hulle spreek en skryf. In hierdie, ja, al hierdie woorde en geskrifte sal hulle veel verontwaardiging opwek van diegene van die wêreld en hulle wat My valslik gevolg het vir hul eie selfsugtige begeertes en luste van hulle harte vir persoonlike gewin. Baie sal doodgemaak word omdat hulle My woorde gespreek en geskryf het, tog sal Ek, EK IS wat EK IS vir elke een wat vermoor word, selfs nog meer opwek om My woorde te spreek en te skryf, met selfs groter woede teen die mensdom en met ‘n woede, My woede en die onverskrokke harte wat Ek aan hulle sal gee, sal hulle hierdie woorde spreek en skryf, so groot is My toorn teen die boosheid van die mensdom. Selfs wanneer hulle gedood word, sal hulle My woorde spreek en skryf en in die uur van hul dood sal Ek, EK IS wat EK IS My woede uitskreeu vanaf hul lippe. Ek sal opstaan in wraak en woede. In woede en wraak sal Ek, EK IS wat EK IS opstaan en diegene swaar straf wat My weer en weer in My gesig uitgedaag het en My op elke moontlike manier en wyse My in My gesig verag het. Selfs nou, in die bose verbeelding van hul bedorwe harte van enige denkbare soort nietigheid en boosheid, skep en vind hulle nog nuwe weë en maniere om MY uit te daag. Ek, EK IS wat EK IS sal opstaan en Ek sal opstaan met ‘n wraak en woede oor almal van hulle en deur almal van hulle sal die wêreld My ken, EK IS wat EK IS! As dit nie was vir die verseëling van My volk aan My deur My Heilige Gees nie, sal hulle ook vergaan het, so groot is My woede, My toorn en My grimmigheid teen hulle van die mensdom wat die Satan dien, die eerste moordenaar en die eerste leuenaar wat die dood in bestaan gebring het, toe hy en sy leërskare teen My gerebelleer het in die koninkryk van die hemele. Hy en sy leërskare wat soveel verwoesting bewerk het, vernietiging wat Ek nog berouvol nie van wil spreek nie, so groot was die vernietiging en rebellie wat bewerk is deur sy bose verbeelding en sy hande wat aanmatigend en vir sy eiegereg­tigheid in die minagting van My wet, ingemeng het in My konin­kryk. Julle wat My oordeel, julle wat My eng oorweeg, julle het in My gesig gespuug toe Ek smekend op My knieë met julle gepleit het om julle af te wend van julle boosheid, en om My liefde te ontvang, julle sal nou My wraak, woede en grimmigheid ontvang. Julle het gelees en julle het gehoor dat EK IS wat EK IS gesê het dat die wraak Myne is en dat Ek sal vergeld en vergeld sal Ek vir die grootste wonde wat julle My kinders toegedien het en vir kleinste wonde wat julle My kinders toegedien het en vir die mees walglike, vuil woorde wat julle met julle verdraaide, leuenagtige tonge aan My volk gespreek het, sodat die geringste van hierdie woorde deur My, EK IS wat EK IS vergeld sal word, selfs vir die mees infinitesimale deeltjies van julle boosheid sal Ek, EK IS wat EK IS vergeld!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 57 ontvang op 18 Oktober 2013

Esau het Ek gehaat

Esau het Ek tot op hierdie dag gehaat en tot aan die einde van tye sal Ek, EK IS wat EK IS vir Esau haat. Dwarsdeur die geslagte, sedert hy My aanvanklik verwerp het, het sy gees van rebellie en selfbevrediging vooruitgegaan. Hy het homself ver­meerder en verhoog deur al sy selfsugtige, selfbevredigende be­geertes van die vlees, geweld en die swaard en hy het My, EK IS wat EK IS verwerp. Ieder en elke keer het hy My verwerp en sy geloof in homself geplaas, al het Ek My genade vir hom uitgebrei. Dwarsdeur hierdie geslagte het Ek, EK IS wat EK IS hierdie genade verleng, My genade en indien Esau die woorde gevolg het wat Ek in die mond van sy vader geplaas het, sou hy in die vettigheid van die land geleef het wat sy broer, Jakob aan hom sou gegee het. Hy het teen My in opstand gekom en die geeste­like kennis van My verwerp, ook het hy geen geestelike kennis van My begeer nie en het slegs ‘n valse, selfbevredigende aanbidding van My verlang. Sy rebellie het in al hierdie dinge vermeerder regdeur alle geslagte. As Esau sy broer gedien het soos wat Ek, EK IS wat EK IS deur sy pa gespreek het, sou hy selfs groter kennis gekry het as wat aanvanklik gegee was om sy broer gedurende die voortyd te dien. In daardie dae en in daardie tye het Ek baie kennis aan Esau gegee en hierdie kennis was met sy broer gedeel. Die wortels van die moderne kennis van daardie dae en daardie tye was aan Esau gegee, en dit was die wyse van diens wat Ek, EK IS wat EK IS aan Esau gegee het deur middel van sy vader. Dit was deur daardie kennis en nog meer kennis wat Ek vir jou wou gegee het Esau, dat jy jou broer sou kon dien. Maar Esau het dit begeer wat Ek geseën en aan Jakob gegee het en het in opstand gekom deur sy eie selfaan­bidding van dit wat hy sonder My deur sy eie hande verkry het en nooit het hy in nederige dankbaarheid na My gekyk nie. Met elke geslag het sy selfaanbidding baie groter geword as die vorige geslagte s`n en met elke geslag het Esau selfs verder van My wegbeweeg en tot vandag verwerp hy My, EK IS wat EK IS en EK IS wat EK IS as JaHshua. Ek, EK IS wat EK IS het Esau gehaat omdat hy My verwerp en alles wat Ek vir hom wou gedoen het, tog verwerp hy My nog aanhoudend en spottend vind hy nuwe maniere om My te verwerp. Selfs nou in hierdie dae en in hierdie tye spuug Esau sy minagting van My en My kinders in My aangesig en deur My kinders in My aangesig en tot My kinders spot en vloek hy My vermakerig, terwyl hy vergeet dat dit Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS was wat al hierdie dinge aan hom gegee het. Esau het gekies, vermakerig en gewillig die dood gekies bo verlossing wat tydens sy geboorte aangebied is en met elke geslag het hy hierdie gewillige wrewel in My verlossing minagtend in My gesig gespuug, omdat hierdie dienaar van Satan slegs dit soek wat hy kan vermoor, bedrieg, besteel en belieg van ander, om die begeertes van sy selfbevredigende, swart hart te bereik. So het die korrupte afgunstige hart van Esau geword oor dit wat Ek aan Jakob gegee het. Is dit nie ‘n bewys wat julle kinders van die mens soek dat Esau nie nou gered wil word nie, ook sal hy nie kies om gered te word nie en is dus ongered en kan nie gered word nie, Esau van die geslagte van die mens, sedert hy die eerste keer gelewe het? Laat hy wat wysheid het, verstaan. Die geskiedenis van julle wêreld uiter ‘n oorverdowende gebrul van sy onuitspreeklike misdade wat by die uur vererger, tog kyk die wêreld weg en wil nie sien dat Esau nog in die geslagte leef as gebroedsel van sy heupe nie. Ek het Esau, die mens, gehaat omdat hy My verwerp het en Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS haat Esau nog selfs vandag. Nie nou nie en ook nooit sal hy My hoor pleit in sy hart deur My Heilige Gees nie. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS, gewaarsku het en My volk voorberei het ter wille van geregtigheid vir die tye wat gaan kom, nou sal Ek, EK IS wat EK IS julle waarsku! Esau, jy sal nou My stem hoor deur die woorde van hierdie en ander geskrifte van My, EK IS wat EK IS. Jy is deur My vervloek, vanaf hierdie nag, hierdie uur, hierdie oomblik, is jy vervloek vir en van jou verwerping van My. Hierdie nag, hierdie uur, hierdie oomblik, sal My Heilige Gees, wat jou weerhou het van jou versoekings en wat jy vermakerig verwerp het, vir ewig van jou onttrek word en jy sal soos ‘n besetene gedrewe word met die luste en begeertes van julle bose, bedorwe en korrupte harte. En met hierdie waansin sal hierdie begeertes toe­neem en vergroot na pure boosheid in julle strewe na wêreldse begeertes en versoekings en rykdom. Nie meer sal jy geestelike kennis van My of ‘n skyn van geestelike kennis van My begeer nie, want jy het My en My Heilige Gees vir te lank verwerp, te lank het jy My verwerp. Ek, EK IS wat EK IS word deur geen mens bespot nie, minste van almal Esau. Julle sal teen mekaar draai soos wat hierdie waansin gaan toeneem en in die voleinding van tyd sal julle mekaar vernietig oor hierdie luste en begeertes van die wêreld. Baie sal bly tot aan die tyd van die einde, as ‘n herinnering aan die wêreld van hierdie groot sondes van Esau en ‘n herinnering aan hulle dat Ek, EK IS wat EK IS lewe en dat niemand die werke van hul hande of vlees sal ontkom nie. Soos wat Ek, EK IS wat EK IS lewe, nog altyd geleef het en vir ewig sal leef, sal die wêreld My vergelding sien aan die huis van Esau regdeur die hele wêreld, waar hulle hulleself ookal bevind, veral hulle wat My huise van Israel vervloek het waar hulle hulleself ookal bevind. Ek het vir duisende jare waarskuwings gegee en EK het jou gewaarsku Esau, berei nou voor vir My vergelding, My GODDELIKE vergelding. Hierdie vergelding, My Goddelike vergelding sal oor jou kom soos wat dit hier en elders geskryf is in die woorde wat Ek gegee het en in daardie dae en in daardie tyd, sal jy, Esau, My sien, jy Esau, sal met ‘n skreeuende stem bely, EK IS wat EK IS lewe! EK IS wat EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 56 ontvang op 16 Oktober 2013

Ontvang My Goddelike Liefde

Praat met hulle, hierdie kinders van My, My huis van Israel in Suid-Afrika. Dit is My GODDELIKE Liefde wat julle sal ontvang, GODDELIKE Liefde waardeur geen boosheid kan bly staan nie, want sy kom uit die mees innerlike van My Ewige Wese en is al wat Ek, EK IS wat EK IS, was en sal wees buiten die ewigheid van die ewigheid, so groot en sterk is My GODDELIKE Liefde en die teenwoordigheid van My GODDELIKE Liefde. My GODDE­LIKE Liefde is soos die warmste vuur en verteer alle sonde in haar teenwoordigheid en so kragtig is sy om te verteer, dat selfs geen ding van die sonde sal oorbly nie, so verterend is My GOD­DELIKE Liefde. Sy is ‘n Liefde wat slegs in die kleinste brokkies gedeel kan word vir julle, My kinders, anders sal sy julle onbe­doeld vernietig waar julle staan, so groot is hierdie GODDELIKE Liefde. Nietemin, deur die krag van My almagtige wese, wat was van voordat daar ‘n begin was tot by die ewigheid van die ewigheid, is My krag om julle harte te vervul met My Liefde deur My Heilige Gees, so kragtig is My eenvoudige wese van wat EK IS wat EK IS. Hierdie gawe wat Ek, EK IS wat EK IS bereid is om aan julle te gee, is slegs vir hulle wie dit mag kry. Ek het julle opdrag gegee om mekaar lief te hê en vir sommige en baie is die beoefening van hierdie liefde wat Ek aan julle beveel het, genoeg. My GODDELIKE Liefde is voorberei vir hulle wie Ek gekies het voordat julle wêreld vir My doeleindes geskape is, wat Ek sal openbaar aan die­gene wat My GODDELIKE Liefde ontvang in daardie tye wat Ek, EK IS wat EK IS hierdie doeleindes sal onthul. Wanneer julle My GODDELIKE Liefde soek deur My Heilige Gees, soos wat Ek julle getoon het om te doen, berei voor om hierdie GODDELIKE Liefde te ontvang, want sy is ‘n Liefde verskillend van menslike liefde en sy is so verskillend van menslike liefde, soos wat ‘n mier verskil van ‘n sterrestelsel, so groot is hierdie GODDELIKE Liefde. Gee julleself baie tyd om hierdie Liefde te ontvang, laat veel tyd toe vir haar om woning te maak in julle hart, gees en siel, want julle sal baie tyd benodig om haar wortel te laat skiet. EK IS wat EK IS en wanneer julle hierdie GODDELIKE Liefde ontvang, berei ook voor vir diepgaande kennis en wysheid en betwyfel nie hierdie kennis en wysheid soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle sal gee nie, want dit is Myne wat Ek gekies het om aan julle te gee by die ontvangs van My GODDELIKE Liefde. Wanneer Ek, Ek IS wat EK IS die hart, siel en verstand van die mens deurweek om My GODDELIKE Liefde te ontvang, is dit ‘n direkte skakel na die essensie en kern van My wese, EK IS wat EK IS en gedurende daardie oomblikke wanneer My GODDELIKE Liefde julle sal vervul, sal Ons hart, gedagte en siel een wees vir daardie oomblikke. Hierdie kennis en wysheid is so diepgaande, meer as wat begryp kan word deur die verstand van die mens en baie daarvan sal vinnig vervaag, so baie sal op een slag kom! Tog sal Ek, EK IS wat EK IS dit afdruk op julle verstand, sodat julle dit sal kan onthou gedurende daardie tye van vurige gebed, wanneer julle hierdie kennis en wysheid sal soek in die tye wat moet kom. Diegene wat met ‘n valse hart sal soek na dit wat Ek in hierdie nag gespreek het, sal vergaan en opdroog van die kennis en wysheid wat hulle onmiddellik sal oordeel en veroordeel. Sommige sal waansinnig word en hul verstand verloor. EK IS wat EK IS en Ek, EK IS wat EK IS sal hierdie water uit hierdie put gee aan almal wat vra. Doen dit met absolute berou en suiwerheid van hart, gees en siel en in alle nederigheid moet julle hierdie GODDELIKE Liefde soek, maar dit sal ook gegee word aan diegene wat hierdie gawe valslik soek. Dit sal gegee word en op die wyse wat in hierdie woorde geskry­we is, as ‘n waarskuwing aan ander, sal dit gegee word. Pasop en wees gewaarsku, enigeen van julle wat hierdie gawe met valsheid soek. EK IS wat EK IS, soek hierdie GODDELIKE Liefde met baie voorafgaande gebed!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 55 ontvang op 16 Oktober 2013

Boodskap aan Filadelfia

Skryf hierdie woorde van EK IS aan die berg van My stad, Filadelfia. Was dit nie Ek, EK IS wat EK IS wat julle gelei het na hierdie naam, Filadelfia, My stad, My Dogter van Sion, nie? Die stad van broederlike liefde en ‘n stad van broederlike liefde moet julle in alle dinge wees en in alle dinge moet julle liefhê, My liefde waarmee Ek julle harte sal vervul, waarmee Ek deur die Godde­like krag van die Heilige Gees julle harte sal vervul met My liefde, ‘n groot liefde, ‘n liefde waarteen geen boosheid sal staan nie! Hierdie berg is hierdie liefde, ‘n berg van liefde sal Ek gee aan al diegene wat in hierdie kamp woon, wanneer hulle dit in alle opregtheid en nederigheid van hart, gees en siel sal soek, sal Ek, Ek IS wat EK IS hierdie liefde gee. Bose, ellendige dae sal op julle wees, te midde van die seëninge wat Ek sal voortgaan om oor julle uit te stort. Hierdie liefde wat Ek aan julle sal gee, sal My krag wees, Ek IS wat EK IS deur julle om hierdie bose aanvalle te weerstaan wat voor die deur is. Staan vas in hierdie liefde, seën hulle wat julle vervloek, en bid vir hulle wat julle met alle middele beskikbaar sal aanval, want hulle berei ‘n groot boosheid van woorde en dade voor. Met elke aanval moet julle aan hulle goeie wense gee. Wens aan hulle en hulle huise My seëninge toe en ook aan almal wat saam met hulle is, moet julle dit ook toewens! Vrees nie, wees nie ontsteld nie, en laat julle harte nie bedroef word nie! EK IS wat EK IS het groot beproewinge en swaarkry toegelaat om julle voor te berei vir wat gaan kom, soos wat aan julle voorspel is deur die profete wat Ek lank gelede na die land gestuur het. Dit is om julle die geloof te gee wat julle nodig sal hê in daardie dae en in daardie tyd. Selfs nou, wanneer hierdie groot booshede oor julle gaan kom, moet julle lofliedere van dankbaar­heid sing en gebede van feesvieringe bid vir die groot oorwin­nings wat Ek, EK IS wat EK IS julle mee gaan verras wanneer hierdie aanvalle sal staak. Hierdie aanvalle het Ek, EK IS wat EK IS toegelaat, sodat julle naam regdeur die land bekend sal word en meer as wat julle julleself kan indink, sal julle naam bekend word, en Ek sal julle seën deur die baie, baie mense wat julle naam sal leer ken deur hierdie aanvalle. Met elke aanval moet julle doen soos wat Ek julle beveel het, gebede, dank- en loflie­dere vir julle oorwinnings, al lyk dit ver weg wanneer julle ly tydens hierdie aanvalle wat sal begin. Onthou My, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, het groot seëninge voorberei vir julle en julle kamp wanneer hierdie aanvalle sal staak. Onthou My vorige woorde toe Ek gespreek het van seëninge wat na julle toe sal kom en dat Ek, EK IS wat EK IS vir julle gesê het dat Ek glimlag vir die verrassing wat hierdie seëninge sal bring? Daardie seëninge het na julle kamp gekom en almal wat hierdie seëninge ontvang het, was verbaas en het saam met My geglimlag soos wat Ek geglimlag het. EK IS wat EK IS, Ek sal altyd met julle wees deur woorde, liedere, gebede en enige ander manier wat sal Ek kies om te wees, selfs in die voëls van die hemel sal EK IS wat EK IS met julle wees om deur hulle te sing van My liefde vir julle. Kleine kinders, Ek is so lief vir julle, onthou EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 54 ontvang op 16 Oktober 2013

Elke kleinste detail word na gekyk

Lukaas: “Wanneer sal ons verlos word Vader, daaglikse roep ons uit na U, wanneer, wanneer sal hierdie tyd aanbreek.”

Hoe dikwels praat Ons nie van hierdie dinge nie, My liewe, liewe kinders! Tallose kere `n dag hoor Ek hierdie woorde van julle in die gesproke gebede en in die gedagtes van julle harte. As julle maar net geweet het van My droefheid vir julle in al julle pyn en lyding, as julle maar net geweet het hoe Ek, Ek IS wat EK IS al hierdie dinge in ‘n oomblik sien en hoor, in een oomblik sien en hoor Ek al hierdie dinge. Tog is alle dinge moontlik met My, soos wat Ek julle regdeur die geskiedenis van julle wêreld getoon het. Dwarsdeur julle geskiedenis was Ek nog altyd in alle dinge met julle, soos wat Ek selfs nou met julle is. Die taak wat voor My en My leërskare lê, is geen geringe saak vir julle uittog en bevryding nie en Ek kan nie en Ek sal nie selfs die kleinste detail oor die hoof sien nie, so groot is Ons liefde vir Ons kinders, hierdie huise van Israel van Suid-Afrika. Die tyd sal aanbreek en dit sal op tyd aanbreek wanneer almal en alles tot in die fynste detail voltooi is, voordat Ek, EK IS wat EK IS, die opdrag sal gee. Weet dat hierdie opdrag geen maklike opdrag is nie, want wanneer dit eenmaal van My lippe af gekom het, sal alles vervul word soos wat voorspel is. Hierdie opdrag sal wees soos die stofstorms of sandstorms op die horison, oënskynlik ver in die verte, dan sal hierdie storm skielik losbars oor die land, hierdie storm, My opdrag wat gespreek is en wanneer dit gespreek is, sal dit nie weer teruggetrek kan word nie.

Dit sal ‘n tyd van goddelike vergelding wees,

Dit sal ‘n tyd van goddelike vergelding wees,

Dit sal ‘n tyd van goddelike vergelding wees, ‘n tyd wanneer die wêreld My hand direk in die sake van die mensdom sal sien. Dit sal ook ‘n tyd van dood vir baie van My kinders wees, wie Ek persoonlik in My koninkryk sal ontvang, maar tog sal Ek nog steeds hul dood betreur, soos wat My leërskare saam met My sal treur. Dus liewe kinders, wanneer sal hierdie tyd aanbreek? Ek, EK IS wat EK IS, sal in daardie uur direk in julle harte spreek, en in daardie uur sal Ek, EK IS wat EK IS met julle harte spreek en julle waarsku en julle vertel om voor te berei. Nietemin is dit ‘n teken wat julle soek, daarom vir julle lyding en pyn wat Ek saam met julle dra en oor die geloof en vertroue wat julle in My geplaas is in julle nederigheid, sal Ek julle hierdie teken gee, wanneer die kleur van My majesteit oorheersend in die land sal wees soos wat dit nog nooit voorheen was nie, weet dat dit voor die deur is. Ek IS wat EK IS, ja Ek is julle Vader wat julle so liefhet!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 53 ontvang op 16 Oktober 2013

Die salwing vir die uittog

In die uur van die salwing, wat julle sal moet doen voor die uittog van My volk, beveel Ek, EK IS wat EK IS My volk dat julle My volk sal salf op hierdie manier, – hierdie salfolie van die vrug van die olyfboom en wat suiwer moet wees. Julle moet die olie warm maak en julle moet die duim van julle regterhand in die olie steek, sodat die olie dik op julle duim sal wees. Julle moet dan julle duim op die kroon plaas van die persoon wat gesalf moet word, op die kroon van sy kop moet julle hierdie salwing doen; drie keer moet julle hierdie salwing doen. Tydens hierdie salwing moet julle hierdie woorde spreek;

“Vader in U Naam, Ek IS wat EK IS, salf ons hierdie persoon, hierdie kind van U met hierdie salwing van hierdie verwarmde olyfolie, wat die warmte van U liefde vir ons voorstel. Vader, met ‘n magtige hand het U ons voorvaders onder die hand van Farao uitgebring en uit die hand van Farao het U ons voorvaders gebring soos wat U U voorvaders belowe het oor hierdie verlos­sing uit die hand van Farao. Vader, ons salf hierdie kind van U in U Heilige Naam; EK IS wat EK IS, deur die beloftes wat U gemaak het deur ons profete, toe U gespreek het van ons verlos­sing uit hierdie moderne Farao wat ons volk regeer. In U Naam, EK IS wat EK IS, vra ons U en bedank ons U vir ons verlossing en beskerming tydens ons uittog uit die hand van hierdie Farao, na daardie plekke wat U vir ons voorberei het.”

Drie maal moet julle die kruin van hul hoof salf en drie keer moet julle hierdie gebed opsê, voordat julle hul hoof op hul kroon salf. Dit is ‘n teken tussen My en julle en My Skeppingsleërmag om julle by te staan gedurende die tyd van die uittog.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 52 ontvang op 11 Oktober 2013

Dogter van Sion, kom nader aan My

Dogter van Sion, Berg Sion, haal vrylik asem en wees vol vrede. EK IS wat EK IS, Ek ken julle beproewinge en Ek ken julle verdrukkings, almal daarvan. Onthou om My woorde te oorweeg wat aan julle gegee is! Baie antwoorde op die vrae waarna julle soek, sal daarin gevind word. Ek het vir julle baie beproewinge en verdrukkings gegee en Ek het selfs versoekings aan julle gegee om julle te toets en om julle te verfyn, sodat almal van julle My liefde kan reflekteer in alle dinge wat Ek in julle kamp toegelaat het om julle te versterk vir die tye wat sal kom. In die tye wat kom, sal slegs julle geloof in My, wat Ek sal verhoog deur My Heilige Gees, julle verlos op al maniere wat Ek in julle hart sal plaas om julle te red. Al julle behoeftes, bekommernisse en vrae moet julle altyd na My bring in gebed, ALLE DINGE en Ek, EK IS wat EK IS sal julle antwoord soos wat Ek julle deur My ander woorde en seëninge getoon het, wat Ek onder julle uitgestort het! Ek sal julle altyd antwoord en voortgaan om julle in alles te voorsien wat julle nodig sal hê in woeste en verlate tye wat sal kom en hierin moet julle geloof volkome wees, selfs al blyk die tye wat gaan kom, julle te verswelg en om julle onder te kry, moet julle standvastig bly in die geloof in My, EK IS wat EK IS, om alles te doen vir julle. Wees nie soos die huis van Israel van ouds wat ‘n koning in plek van My gekies het nie en in My aangesig het hulle gespreek, begerig vir ‘n koning van mense eerder as Ek, Ek IS wat EK IS. Nietemin het Ek hulle hulle koning gegee en hulle geskiedenis staan nou vir alle tye vir almal wat hierdie kennis soek, hoe konings van mense hul eie eer dien, selfs diegene wat My Naam geken het. In hierdie tye wat kom, moet julle altyd glo dat EK IS wat EK IS met julle is en vir julle sal voorsien soos wat Ek gesê het Ek sal. Hou vas aan My! Ek het toegelaat dat die waar­skuwings in My woorde van hulle wat vir julle sal vervloek, beide binne en buite julle kamp sal slaag in klein dingetjies. Julle het gesien hoedat hierdie dinge gebeur en dit is slegs klein dingetjies om julle te herinner aan hulle wat julle vervloek en dat hulle wat julle in hierdie klein dingetjies vervloek, julle in nog groter dinge sal vervloek! Onthou My instruksies in My woorde aan julle! Wanneer julle van hierdie vervloekinge hoor, bid dag en nag tot My en wanneer julle hoor van hierdie vervloekinge, bid tot My vir julle verlossing en vir hulle wat julle vervloek, want onbekend aan julle, word selfs groter vervloekinge voorberei teen julle en julle werke. Nie net van woorde nie, maar ook dade en hierdie gebede tot My moet oombliklik wees wanneer hulle, wat deur die bose een gestuur is om julle te vervloek, begin om julle te vervloek. Julle moet nie toelaat dat ‘n sekonde in hierdie gebede verbygaan wanneer julle van hierdie vloeke hoor nie en julle moet onmid­dellik bid teen hierdie vloeke! Dogter van Sion, berei voor om die antwoord te ontvang vir die nood wat julle bedroef. Dit sal kom en sal in meer maniere kom as wat julle kan dink. Dit is om julle te wys dat hierdie woorde waaragtig is, dat julle werke en mense geseën is deur My, EK IS wat EK IS en dat julle geloof verhoog sal word om My hand so onverwags in hierdie seëninge te sien werk, so onverwags sal die bronne van hierdie seëninge wees. EK IS wat EK IS en EK IS glimlag in die voorkennis van wat Ek vir julle, Dogter van Sion in hierdie seëninge voorberei het. EK IS in alle dinge.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 51 ontvang op 11 Oktober 2013

Julle wat My Huis van Israel vervloek!

EK IS!

So Ek sê aan julle op hierdie dag, julle wat My huis van Israel vervloek, julle wat My arbeiders vervloek, julle wat die werke van hul hande vervloek, al hierdie dienaars van My, almal van hulle is MYNE!, MYNE!, MYNE! Onthou julle nie My woorde nie? Onthou julle nie al die waarskuwings wat Ek aan die mensdom gegee het ten opsigte van My huis van Israel en waar hulle ookal gevind sal word nie, selfs My Dogters van Sion? Onthou julle nie My woorde dat Ek diegene sal seën wat die huise van Israel seën en diegene vervloek wat hierdie huise van Israel vervloek? Het julle My woorde vergeet dat Ek, EK IS wat EK IS jaloers is op My volk? Tog vervloek julle hulle, tog oordeel julle hulle, met die eng begrip van `n mens vervloek en oordeel julle hulle en hulle werke. So­waar as wat Ek leef en soos wat Ek, EK IS wat EK IS nog altyd sonder begin of einde geleef het, sê Ek aan julle op hierdie dag, dat julle nie gehoor gegee het aan My waarskuwings nie, julle het nie geluister na die sagte fluistering van My Heilige Gees in julle harte nie, verduisterde harte wat poog om boosheid te doen in My Naam, IN MY NAAM soek julle om boosheid te doen en vervloek julle My kinders. In My Naam en in My woorde vervloek julle My kinders! EK IS wat EK IS sal julle woorde laat terugkeer. Ek IS wat EK IS sal julle woorde en julle oordele en julle vervloekinge na julle laat terugkeer en al julle vervloekinge sal op julleself kom. So sal julle EK IS wat EK IS ken deur hierdie vervloekinge, deur julle eie lippe gespreek, wanneer dit na julle sal kom, dan sal julle My Naam ken! Dan sal julle julle knie buig voor My en sonder ophou sal julle voor My bely. In daardie uur en in daardie tyd, tensy julle bekeer en vergifnis soek, sal julle uitgegooi word uit die hemele. Ek IS wat EK IS, vrees die boosheid wat julle in My Naam gedoen het en My woorde wat valslik gebruik is vir boosheid, want dit sal dan na julle toe terugkeer en in hierdie lewe sal dit na julle toe terugkeer en almal wat dit sal sien, sal bewe en weet dat EK IS wat EK IS julle werke aan julle teruggestuur het en terugstuur sal Ek, sewevoudig!

EK IS!

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 50 ontvang op 7 Oktober 2013

Oordele vir die Raad van Kerke

Aan die Raad van Kerke, hierdie valse plekke van aanbidding wat hulleself huise van die Here noem in Suid-Afrika, skryf hierdie woorde, EK IS wat EK IS. In hierdie nag sal My woorde woes en leeg word vir julle van nou af tot by die tyd van oordeel, so groot is My verontwaardiging vir julle, omdat julle My huis van Israel in Suid-Afrika verraai het. Ieder en elke valse dag van aanbidding wat julle voor mense sal staan om te spreek, sal julle hierdie woorde hoor, “woes en leeg is My woord aan julle, woes en leeg is My woord”. Julle gemeentes sal val voor die woestheid van die woorde wat julle probeer om in My Naam te spreek, beide van My geskrewe en gesproke woorde en in die denke van julle gemeen­tes sal hulle slegs die verwoesting van die woorde hoor wat julle tevergeefs sal poog om aan hulle oor te dra. Julle sal ‘n spieël van verwoesting word vir hulle eie woeste en leë siele. Julle het My heilige Sabbat ontheilig en buig neer voor die stad van Afvalligheid, in hierdie setel van alle Afvalligheid buig julle julleself neer voor die dag van die son, Dias Sol, ‘n dag ingestel en onbetwis deur julle deur middel van hierdie gruwel van alle gruwels van valse leerstellings, tradisies en aanbidding. Julle wie julleself dienaars van die Allerhoogste en dienaars van My wet noem, het openlik die merk van hierdie gruwelike dwaling ontvang op hierdie valse dag van aanbidding waar julle die leuenaar van leuenaars, die eerste moordenaar, Satan aanbid. EK IS wat EK IS.

Kategorieë
Lukaas van Hout (Afrikaans)

Boodskap 49 ontvang op 7 Oktober 2013

Rykdom vir die Dogter van Sion

Dogter van Sion, groot rykdom het Ek vir julle berei na die tyd van vlug. Ek, EK IS wat EK IS, sal julle oë open vir hierdie groot ryk­dom waarmee Ek die volk sal voer. Soek nie hierdie rykdom in die land nie, want dit kan nie gevind word soos wat die mens na rykdom soek daarin nie.